Deur die geloof weet ons dat God die wêreld nie net geskape het nie, maar steeds onderhou, voed en versorg. Niks is aan die “noodlot” oorgelaat of gebeur toevallig nie, maar alles word deur die verborge raadsplan van God van die begin af regeer. Hy is aktief en betrokke en niks kan gebeur sonder Sy wil en wete, sonder Sy toestemming of los van Sy plan nie.
God se voorsienigheid is nie net algemeen nie (natuurorde), maar ook spesifiek (gebeurtenisse).