Hierdie lywige hoofstuk handel oor die gebed as die belangrikste, noodsaaklike geloofsoefening waardeur ons daagliks God se seëninge ontvang. Die gelowige moet gereeld bid in heilige eerbied, onselfgenoegsaamheid en nederigheid. Op grond van God se beloftes kan die gelowige altyd reken op gebedsverhoring. Ook al lyk dit nie altyd so nie, weet ons dat God ons altyd gee wat vir ons beswil nodig is en kan ons geduldig daarin volhard.
Hierdie pamflet bespreek kortliks 'n baie wye verskeidenheid onderwerpe van gebed, soos die gesteldheid van die hart in gebed, aanbidding, onverhoorde gebede ens. Dit gee 'n mooi oorsig oor hoe breed en diep ons oor gebed moet dink.