Jump to navigation
Onbekend
Is gebed jou stuurwiel of jou spaarwiel?
Onbekend
Voordat ons die kruis kan sien as iets wat vir ons gedoen is, moet ons dit eers sien as iets wat deur ons gedoen is.
Onbekend
Soms kalmeer die Here die storm; soms laat Hy die storm woed en kalmeer Hy sy kind.
Onbekend
Christenskap is hoop - dit kyk vorentoe en beweeg vorentoe.
Onbekend
Geen Christen gaan in die regte rigting as sy rug na God gekeer is nie.
Onbekend
Mense verwerp nie die Bybel omdat hulle foute daarin vind nie, maar omdat dit foute in hulle vind.
Onbekend
In God se werk sien ons sy hand, maar in sy Woord sien ons sy gesig.
Onbekend
’n Goeie Christelike moeder kan deur haar houding en gedrag baie doen om haar kinders te wys hoe God met ons omgaan.
Onbekend
Heiliging is die begin van die heerlikheid (in die hemel), die heerlikheid is die voltooiing van die heiliging.
Onbekend
Om steeds meer soos Christus te wees, wees steeds meer met Christus.
Onbekend
Godsdiens is die mens se soeke na God. Christenskap is God se soeke na die mens.
Onbekend
Die vraag is nooit of ons goed genoeg vir die verlossing is nie, maar eerder of ons Christus as goed genoeg ag vir ons verlossing.
Onbekend
Die onvergeeflike sonde is ’n konstante, moedswillige en hardnekkige onberou.
Onbekend
Liefde in die Nuwe Testament beteken altyd dat ’n Christen bewus is van sy verantwoordelikhede.
Onbekend
God het van sy grootste handewerk op sy kleinste skepsels verrig
Onbekend
Ons moenie ons ervarings die riglyn vir die Bybel maak nie, maar die Bybel die riglyn vir ons ervarings.
Onbekend
Ons kan slegs die boodskap van die Bybel verstaan as ons die eerste 3 hoofstukke van die Bybel glo en verstaan.
Onbekend
Die evangelie is nie ʼn menslike plan om boontoe na God te reik nie, maar ʼn heilige plan om af te reik na die mens.
Onbekend
In geloof kan ek sê dat ek genees word deur my siekte, verryk word deur my armoede, en gesterk word deur my swakheid.
Onbekend
Verwondering is die basis van erediens.
Onbekend
Hoe meer ek alles oorgee aan die Here, hoe makliker word die weggee van ander dinge aan my naaste.
Onbekend
Daar word op die oomblik in die kerk meer gepraat oor self-ontplooiing as oor self-opoffering.
Onbekend
Die gemeente moet die predikant vol-bid, dan sal die predikant die gemeente vol-preek.
Onbekend
Christelike toleransie maak altyd seer. As ons geen pyn voel nie, is dit nie toleransie nie, maar blote onverskilligheid.
Onbekend
Wat God se liefde wil bewerk, ontsê sy almag Hom nie.
Onbekend
Ons vra die Here te vinnig vir vergifnis, en te min vir berou oor ons sonde.
Onbekend
Net soos met die geloof, geld dit ook vir die gebed: Dit is nie die waarde of intensiteit van my gebed wat my aanneemlik voor God maak nie, maar Christus!
Onbekend
Laat ons versigtig wees om nie die Skrif te “bestudeer” totdat ons ons eie sin kry nie.
Onbekend
Die kerk sing haar lied in al hoër toon: Kersfees – God met ons; Paasfees – God vir ons; Pinkster – God in ons.
Onbekend
’n Skriftuurlike skuldgevoel is nie voorwaarde om genade te ontvang nie, maar is vrug van die genade wat ons ontvang het.
Onbekend
Daar is slegs een mens wat nie deur God vergewe kan word nie. Daardie mens wat weier om na Hom te kom vir vergifnis.
Onbekend