Die mens is van nature in die sonde dood en moet lewend gemaak word. Hy kan geen bydrae tot sy geregtigheid lewer nie. Slegs ware geloof in die Seun van God, wat uit genade geskenk word, gee nuwe lewe.
Alle beproewing het ten doel dat gelowiges hulle liefde vir die wêreld sal afsterf en lewe om aan Christus gelykvormig te word. Hul doen en late moet op die hiernamaals gerig wees. In die lig hiervan is daar geen vrees vir die dood nie.