Die mens is na die gelykenis van God geskep (bestaande uit ‘n geskape liggaam en ‘n geskape siel) en kan daarom nie die skuld vir sy bedorwenheid op God afskuif nie. Deur die eerste Adam is ons vervreem van God, maar Christus, as die tweede Adam, hernuwe ons sodat ons weer die beeld van God kan vertoon.