Aardse goed en lewensmiddele is gawes van God en moet gebruik word om die mens se roeping te vervul. Hou die volgende in gedagte:
• Die gebruik daarvan moet lei tot kennis, liefde en eerbied vir die Skepper.
• Dié wat oorvloed het, moet matigheid voor oë hou.
• Dié wat gebrek lei, moet geduld hê.
• God sal van ons rekenskap eis oor alles wat ons het.