Vrede
Volmaak
Waar danksegging erkenning is van God vir wat Hy skenk, is aanbidding erkenning van God vir Wie Hy is.
Dankbaarheid is ʼn blom wat slegs groei in die tuin van genade.
As die liefde nie sigbaar is nie, sien ons niks. Ook nie geloof en hoop nie.
Die ware ekonomie is die ekonomie wat reken vanuit die eskatologie (wederkoms van Christus).
Sagmoedigheid is om jou stem skreeuend te verhef vir die welsyn van jou naaste, ten koste van jouself.
Iemand wat sagmoedig is, staan sterk waar God se belange aangetas word, maar weet ook om terug te staan wanneer dit oor sy eie belange gaan.