Jump to navigation
K. Schilder
Nie wanneer daar gesê word: “Dit was ’n mooi preek”, was die preek werklik geestelik nie, maar wanneer daar gesê word: Hoe ryk was die Woord!
K. Schilder
Wie slegs geleer het om te vlug na elke hoekie waar die wêreld hom ongemoeid laat, het geen staanplek nie, omdat die hele wêreld strydplek is in die worsteling teen Christus.
K. Schilder
In godsdiens is alles diens, diens, diens.
K. Schilder
Die ware vrede bring altyd die sterpste stryd.
K. Schilder
Ons redeneer te veel; ons bid te min.
K. Schilder
Daar is nie harder werk moontlik as in gebed nie.
K. Schilder
As dit oor sake van prinsipiële aard gaan, sal die liefde vir die vrede nie in die pad mag staan van die stryd vir die waarheid, nie.
K. Schilder
In die kerk het ons baie kommissies. Sommige help ons om ontydige besluite te neem; ander help vir ’n begrafnis, of om ’n begrafnis deftig te laat lyk.
K. Schilder
Die broederlike manier waarop ons praat, mag nie waarhede verswyg nie.
K. Schilder
As ons nie bewus en vrywillig en met toegeneë hart draers van die profetiese Woord is nie, sal ons slagoffers daarvan word.
K. Schilder
In alles wat ek skryf, skryf my ou mens saam. Maar in die heilige Skrif het my ou mens geen woord bygevoeg nie. Halleluja!
K. Schilder