Sonde en die Gevolge Daarvan
Sonde en die Gevolge Daarvan
Die meeste mense stem saam dat die wêreld in ʼn haglike toestand is. Burgerlike opstand is die wêreld deur aan die orde van die dag. Misdaad neem steeds toe. Ons is voer ʼn stryd teen verdowingsmiddels, terrorisme en geweld. Die skepping self word verwoes, selfs weerpatrone is oënskynlik besig om te verander.
Daar is diegene wat meen dat oplossings vir hierdie probleme in ingrypende veranderings aan regerings of regeringsbeleid, omgewingsbewustheid en in opvoeding gevind moet word. Ander sê dat groot somme geld bestee moet word om verandering te weeg te bring; mense moet van voldoende onderwys, behuising en ander lewensnoodsaaklikhede verseker word. Dan eers sal daar verandering ten goede kom.
So baie weier om te besef dat die mens ʼn “hartprobleem” het. Hierdie hartprobleem kan tot by sy begin met die sondeval en ongehoorsaamheid van ons eerste voorouers, Adam en Eva, nagegaan word. Dié twee was volmaak geskape en bekwaam om God sonder sonde lief te hê en te dien.
Nogtans het Adam gesondig deur van die vrug van die verbode boom te eet (Gen. 3). Ons eerste voorouers het na die leuen van die duiwel, wat in die gedaante van die slang na hulle gekom het, geluister (Gen. 3:1-5; Openb. 12:9). Die mens het geglo dat hy soos God kan word.
Dit waarteen God gewaarsku het, het met Adam oor sy sonde gebeur: hy sterwe. Dit raak sy fisiese bestaan, wat in die graf eindig; en dit het, as daar nie ʼn weg tot redding verstrek sou word nie, die ewige hellestraf tot gevolg.
Hierdie sonde van Adam het vernietigende gevolge vir die hele mensdom gehad. Adam was verteenwoordiger en die eerste vader van almal. Deur sy een sonde het die dood tot alle mense deurgedring (Rom. 5:12). Die treurige gevolg is dat almal geestelik dood gebore word en onmagtig is om enige goed te doen (Rom. 3:10-19).
Die hartprobleem van die mens word “volslae verdorwenheid” genoem; die onvermoë om enigiets in die oë van God reg te doen. Die Skrif paraat van ʼn “hart van klip” (Eseg. 11:19) en ʼn “bose hart” (Jer. 16:12). ʼn Hart van klip teenoor God is die oorsaak van al die mens se moeite en verdriet.
Hierdie gevolge van die sonde tref nie net die mens se lewe in hierdie wêreld nie, maar ook sy hoop op die toekomstige wêreld. As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie eers sien nie (Joh. 3:3). Om weer geseënd te lewe, het die mens ʼn nuwe lewe en ʼn nuwe, of “rein hart” (Ps. 51:12) nodig; ʼn hart en lewe wat van God self moet kom.
Eers wanneer God sy groot genadewerk, die wedergeboorte en vernuwing van sy volk, voltooi het, sal daar enige hoop wees op ʼn einde aan die bose gevolge van die sonde. As ʼn gevolg van die sonde moet selfs die teenswoordige wêreld gereinig, en die ewige koninkryk van God tot stand gebring word. Politiek, opvoeding en maatskaplike hervorming sal dit nie doen nie.