Hierdie hoofstuk bespreek die geloof en die verhouding daarvan tot regverdigmaking en wedergeboorte. Die volgende word ook aangespreek:
• Osiander se leer van 'wesenlike geregtigheid'
• sondevergifnis
• Christus as ons soenoffer
• goeie werke
• genade
• die wet
• dwaalleer van die Sofiste en die Skolastici

1984. 35 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 11 Regverdigmaking deur die Geloof: Vooraf 'n beskrywing van die woord en onderwerp

1. 'n Samevatting van die voorgaande verduideliking oor die geloof en 'n inleiding tot die bespreking van die verhouding tussen regverdigmaking en wedergeboorte.🔗

Nou lyk dit vir my asof ek hierbo noukeurig genoeg verduidelik het hoe die mens wat deur die wet vervloek is, net een hulpmiddel het om sy saligheid te herwin, naamlik in die geloof.1 Aan die ander kant het ek ook os duidelik genoeg aangedui wat geloof is en watter weldade van God dit aan die mens toebring en watter vrugte dit in hom dra.2 Samevattend het dit hierop neergekom: Christus is deur die goedertierenheid van God aan ons gegee, en deur die geloof gryp ons Hom aan en neem Hom in besit. Deur in Hom deel te hê, ontvang ons veral 'n tweevoudige genade, naamlik dat ons deur sy onskuld met God versoen word en nou 'n genadige Vader as Regter in die hemel het; ten tweede dat ons deur sy Gees geheilig is en oor onskuld en 'n rein lewe nadink. Oor die wedergeboorte, wat die tweede genade is, het ek inderdaad soveel gesê as wat vir my voldoende gelyk het.3 Ek het daarom maar net liggies aan die wyse van regverdigmaking geraak, omdat dit vir die onderwerp van belang was om ten eerste te verstaan hoe die geloofwat nie sonder goeie werke is nie, die enigste middel is waardeur ons alleen die onverdiende geregtigheid en barmhartigheid van God kry.4 Ons het ook aangedui wat die aard is van die goeie werke van die heiliges, waarin 'n deel van hierdie vraagstuk geleë is.5

Dit is dus 'n vraagstuk waarna ons nou dieper ondersoek moet instel en ons moet dit so deurvors dat ons in gedagte hou dat dit die belangrikste spil is om ons godsdiens staande te hou6 en dat ons daarom groter aan dag en sorg daaraan moet bestee. Want as jy nie eerste van alles onthou watter plek jy by God beklee en wat sy oordeel oor jou is nie, het jy geen basis waarop jy jou saligheid kan vestig en geen fundament waarop jy jou godsvrug tot God kan rig nie. Maar die noodsaaklikheid van hierdie kennis sal uit die kennis self beter skitter.

2. Die betekenis daarvan om voor God regverdig gestel te word en deur die geloof of deur die werke regverdig gemaak te word.🔗

Om ons verder nie juis op die drumpel hiervan te pletter te loop nie iets wat wel met ons sou gebeur as ons oor 'n onderwerp waarvan ons geen kennis dra nie, begin debatteer - sal ons eers verduidelik wat die volgende uitdrukkings beteken: die mens word voor God regverdig gemaak; die mens word deur die geloof of deur die werke regverdig gemaak.

Daar word gesê dat iemand voor God regverdig gestel word as hy volgens God se oordeel regverdig geag word en vanweë sy geregtigheid God behaag. Want soos ongeregtigheid vir God verfoeilik is, so kan 'n sondaar nie in sy oë genade vind in soverre hy 'n sondaar is en so lank hy as sodanig gereken word nie. Oral waar derhalwe sonde is, kom God se toorn en wraak aan die lig. Iemand wat nie as 'n sondaar nie maar as 'n regverdige beskou word, word egter regverdig gemaak en in daardie hoedanigheid kom hulle voor die regbank van God te staan waar alle sondaars beswyk. As 'n onskuldige man byvoorbeeld voor die regbank van 'n billike regter aangekla word en hy in ooreenstemming met sy onskuld beoordeel word, word daar gesê dat hy voor die regter geregverdig is. Net so word iemand voor God regverdig gestel wat uit die getal van die sondaars weggeneem is en God as Getuie en Verdediger van sy geregtigheid het. Om hierdie rede sal derhalwe gesê word dat iemanddeur sy werke regverdig gemaak word in wie se lewe so 'n reinheid en heiligheid aangetref kan word dat dit by God se troon getuienis van geregtigheid verdien; of iemand wat as gevolg van die opregtheid van sy werke aan God se oordeel kan beantwoord en daaraan kan voldoen. Aan die ander kant sal iemand deur die geloof regverdig gemaak word as hy geen geregtigheid van die werke het nie maar Christus se geregtigheid deur die geloof aangegryp het. As hy daarmee beklee is, verskyn hy nie as 'n sondaar nie maar as 'n regverdige voor God se aangesig.

So vertolk ons regverdigmaking eenvoudig as die aanneming waardeur God ons in genade ontvang en as regverdiges beskou en ons sê dat dit in sondevergiffenis en in die toerekening van Christus se geregtigheid geleë is.

3. Verskillende betekenisskakeringe van die woord 'regverdigmaking'.🔗

Daar is baie duidelike Skrifgetuienisse om hierdie standpunt te bevestig. Ten eerste kan nie ontken word dat dit die egte en gebruiklikste betekenis van die woord is nie. Omdat dit egter te lank sou duur om al die verwysings bymekaar te maak en met mekaar te vergelyk, sou dit genoegsaam wees om my lesers daarop te wys. Hulle sal dit trouens vanself maklik opmerk. Ek sal slegs 'n paar voorbeelde aanhaal waar hierdie regverdigmaking waaroor ons gesprek nou gaan, uitdruklik behandel word.

Ten eerste: wanneer Lukas vertel dat die volk Christus gehoor het en dat hulle God geregverdig het,7 en wanneer Christus verklaar dat die wysheid deur al sy kinders geregverdig word,8 dui die woord regverdigmaking daar nie aan om geregtigheid te verleen nie, want geregtigheid bly altyd ten volle by God al sou die hele wêreld probeer om dit van Hom weg te neem. Hier beteken ook nie om die leer van saligheid regverdig te maak nie, want dit is op sigself regverdig maar albei uitdrukkings dra soveel krag, naamlik om aan God en aan sy leer die lof te gee wat dit verdien. Wanneer Christus die Fariseërs aan die ander kant verwyt dat hulle hulleself regverdig,9 verstaan Hy nie daaronder dat hulle deur reg te handel geregtigheid verkry nie, maar dat hulle eergierig gretig daarna gryp om vir hulle geregtigheid geroem te word terwyl hulle dit nie het nie. Mense wat met Hebreeus vertroud is, verstaan hierdie betekenis beter. In hierdie taal word nie alleen die wat bewus is van hulle oortreding nie, maar ook die wat 'n vonnis van veroordeling ondergaan, goddeloses genoem. Want wanneer Batseba10 sê dat sy en Salomo misdadigers sal wees,11 erken sy nie hulle misdaad nie, maar sy kla dat dit haar en haar seun tot skande gehou sal word, sodat hulle as verwerptes en veroordeeldes gereken sal word. Uit die verband blyk dit egter maklik dat hierdie woord ook in Latyn nie anders as relatief opgeneem kan word nie, maar dan nie so dat dit een of ander hoedanigheid (van die persoon) aandui nie.12

Sover dit die onderwerp onder bespreking aangaan, die volgende: Wanneer Paulus sê dat die Skrif voorsien het dat God die heidene uit die geloof regverdig sou maak,13 wat kan 'n mens daaronder verstaan anders as dat God geregtigheid uit die geloof hulle toereken? Net so wanneer hy sê dat God diegoddeloses wat uit die geloof van Christus is, regverdig maak,14 wat kan die betekenis daarvan wees anders as dat God die goddelose deur die weldaad van die geloof verlos van die verdoemenis wat hulle goddeloosheid verdien het? Hy stel dit nog duideliker in die slot van sy betoog wanneer hy soos volg uitroep: "Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie sal veroordeel? Christus is dit wat gesterf het; ja, wat opgestaan het en nou vir ons intree".15 Dit is trouens net asof hy bedoel het: "Wie sal beskuldiging inbring teen diegene wat God vrygespreek het? Wie sal diegene verdoem wat Christus deur sy voorspraak verdedig?"

Om regverdig te maak is derhalwe niks anders as om iemand wat aangekla is, van die aanklag vry te spreek asof sy onskuld bewys is nie. Aangesien God ons gevolglik vanweë die tussentrede van Christus regverdig maak, spreek Hy ons vry - nie op grond van 'n bewys van ons eie onskuld nie maar deur sy toerekening van geregtigheid. Die gevolg daarvan is dat ons wat in onsself dit nie is nie, in Christus as regverdiges beskou word. So verklaar Paulus ook in sy rede in Handelinge 13: "Deur Hom word vergiffenis van sondes vir julle aangekondig en van alles waarvan julle nie in die wet van Moses geregverdig kon word nie, word elkeen wat in Hom glo, geregverdig".16 'n Mens kan sien dat die regverdigmaking na die vergewing van sondes as 'n vertolking daarvan gestel word; 'n mens kan sien dat regverdigmaking uitdruklik as kwytskelding opgeneem word; 'n mens kan sien dat regverdigmaking van die werke van die wet losgemaak word; 'n mens kan sien dat regverdigmaking louter 'n weldaad van Christus is; 'n mens kan sien dat regverdigmaking deur die geloof ontvang word; 'n mens kan ten slotte sien dat voldoening tussenin gestel word wanneer hy sê dat ons deur Christus van ons sondes regverdig gemaak word.

Wanneer daar byvoorbeeld gesê word dat die tollenaar geregverdig uit die tempel uitgegaan het,17 kan ons nie beweer dat hy geregtigheid as gevolg van die een of ander verdienste van sy werke gekry het nie. Daar word dus gesê dat hy voor God as regverdig beskou is nadat hy vergiffenis vir sy sondes gekry het. Hy was dus regverdig nie vanweë 'n bewys van sy werke nie maar vanweë die vrye kwytskelding van God. Daarom stel Ambrosius dit pragtig wanneer hy sondebelydenis wettige regverdigmaking noem.18

4. Die woord 'regverdigmaking' word in die Skrif weergegee met o.a. aanneming, toerekening, geluksaligheid, sondevergiffenis, versoening ensovoorts.🔗

Maar die stryd oor die woord daargelaat. As ons die saak self ondersoek soos dit vir ons beskryf word, sal daar geen twyfel daaroor gelaat word nie. Paulus dui tewens met die woord aanneming sekerlik regverdigmaking aan wanneer hy in Efesiërs 1 vers 519 sê: "Ons is tevore beskik tot aanneming deur Christus na die welbehae van God tot lof van sy heerlike genade waardeur Hy ons aangeneem en begenadig het". Hy bedoel daarmee trouens wat hy gewoonlik elders sê, naamlik dat God ons uit genade (of verniet) regverdig maak.20 In die vierde hoofstuk van sy brief aan die Romeine noem hy regverdigmaking egter eers toerekening van geregtigbeid, en hy aarsel nie om dit in die vergewing van sondes in te sluit nie. Hy sê: ''Dawid noem die mens geluksalig wat God behaag en aan wie Hy geregtigheld sonder sy werke toereken: Soos geskryf is: 'Salig is diegene wie se ongeregtighede vergewe is'" ensovoorts.21 Hy redeneer daar in elk geval nie oor 'n deel van die regverdigmaking nie maar juis oor die geheel daarvan. Hy getuig voorts dat die omskrywing deur Dawid gegee is wanneer Hy verklaar dat die mense geluksalig is aan wie vrye vergiffenis van hulle sondes gegee word. Daaruit is dit duidelik dat hierdie geregtigheid waarvan hy praat, eenvoudig teenoor skuld gestel word.22 Maar die heel beste verwysing vir hierdie onderwerp tref ons aan waar hy leer dat die som van die boodskap van die evangelie is dat ons met God versoen word omdat Hy ons deur Christus in genade wil ontvang deur ons sondes ons nie toe te reken nie.23 My lesers moet die hele verband van sy woorde sorgvuldig oorweeg. Want 'n bietjie later voeg hy by wyse van verklaring by dat Christus wat sonder sonde was, vir ons sonde geword het,24 om die manier van versoening aan te dui. Hy verstaan ongetwyfeld onder die woord versoening niks anders as regverdigmaking nie. Dit wat hy elders sê, naamlik dat ons deur die gehoorsaamheid van Christus regverdig gestel word25 sou dan inderdaad nie stand kon hou tensy ons in Hom en buite ons voor God as regverdiges gereken word nie.

5. Inleiding: Osiander se leer van 'wesenlike geregtigheid.26🔗

Omdat Osiander egter die een of ander gedrog van wesenlike geregtigheid ingevoer het, is dit nodig dat ek eers hierdie waansinnigheid weerlê voordat ek na ander onderwerpe oorgaan. Hoewel hy nie vrye geregtigheid met hierdie wesenlike geregtigheid tot niet wou maak nie, het hy dit tog so in 'n rookwolk toegevou dat dit godvrugtiges se verstand verduister het en hulle van die ernstige gewaarwording van Christus beroof.

Ten eerste is hierdie leer 'n spekulasie van louter benepe nuuskierigheid. Hy stapel wel baie Skrifgetuienisse op om daarmee te bewys dat Christus een met ons is en ons op ons beurt met Hom.27 Dit het egter geen bewys nodig nie. Hy woel homself trouens in 'n strik vas omdat hy nie op die band van hierdie eenheid let nie. Vir ons is dit egter maklik om al hierdie knope deur te hak, omdat ons weet dat ons deur die verborge krag van die sy Gees met Christus verenig word. Dié man het 'n teorie ontwikkel wat verwant is met die Manicheërs s'n sodat hy hom beywer om die Wese van God in die mens oor te stort.28 Hieruit kom die volgende onsin van hom: dat Adam na die beeld van God gevorm is omdat Christus alreeds voor die val as 'n voorbeeld van die menslike natuur bestem was.29

Omdat ek my egter vir bondigheid beywer, sal ek my net op die onderwerp onder bespreking toespits. Hy sê dat ons een is met Christus.30 Dit erken ek wel. Intussen ontken ons dat Christus se Wese met ons s'n vermeng word. Verder sê ons dat hierdie beginsel verkeerdelik deurgetrek word na daardie set van hom, naamlik dat Christus vir ons regverdigheid is omdat Hy ewige God, die bron van geregtigheid en die geregtigheid van God self is.31

My lesers sal my vergewe as ek nou 'n onderwerp slegs aanroer waarvan die metode van my onderwysing vereis dat ek dit vir latere bespreking uitstel.

Hoewel hy homself daarmee verontskuldig dat hy met die uitdrukking wesenlike geregtigheid niks anders bedoel as om die opvatting teen te gaan dat ons om Christus ontwil as regverdiges gereken word nie,32 druk hy nogtans duidelik uit dat hy nie met so 'n geregtigheid tevrede is wat deur die gehoorsaamheid en die offer van die dood van Christus vir ons verkry is nie, en hy skep die versinsel dat ons wesenlik in God regverdig is omdat God se Wese en hoedanighede in ons uitgestort is.33 Dit is trouens die rede waarom hy so heftig volhou dat nie alleen Christus nie maar ook die Vader en die Gees in ons inwoon.34 Hoewel ek erken dat dit waar is, sê ek nogtans dat dit verkeerd deur hom verdraai word. Want hy behoort die wyse van inwoon versigtig te oorweeg, naamlik dat die Vader en die Gees in Christus is. Soos die volle Godheid in Hom inwoon,35 so besit ons God ten volle in Hom. Alles wat hy dus van Christus afsonderlik sonder die Vader en die Gees in die kalklig stel, het geen ander doel as om eenvoudiges van Christus af te trek nie.36

Verder voer hy 'n wesensvermenging in waardeur God Hom in ons oorgiet en ons as't ware 'n deel van Hom maak. Want oor die algemeen ag hy die feit dat dit deur die krag van die Heilige Gees geskied dat ons met Christus saamgroei en dat Hy ons Hoof en ons sy ledemate feitlik van nul en gener waarde is as sy Wese nie met ons vermeng word nie. 37 Maar soos ek gesê het, openbaar hy sy opvatting duideliker in die geval van die Vader en die Gees.38 Hy beweer naamlik dat ons nie slegs deur die genade van die Middelaar regverdig gemaak word nie en dat geregtigheld nie maar doodeenvoudig of ten volle in sy Persoon vir ons  aangebied word nie maar dat ons deelgenote in God se geregtigheid word wanneer God na sy Wese met ons verenig word.39

6. 'n Weerlegging van Osiander se dwaling ten opsigte van sondevergiffenis en wedergeboorte.🔗

As hy slegs maar gesê het dat Christus deur'n wesenlike binding ons eie word wanneer Hy ons regverdig maak en dat Hy nieslegs ons Hoof is in soverre Hy mens is nie maar dat die wesenlike van sy Goddelike natuur ook in ons uitgegiet word, sou hy hom met minder skade aan sulke lekkernye versadig geëet het. Miskien sou hy ook nie vanweë hierdie dwaasheid so 'n groot rusie ontketen het nie. Hierdie beginsel is egter soos 'n inkvis,40 wat swart troebel bloed uitspuit en baie tentakels daaronder wegsteek. As ons daarom nie willens en wetens wil toelaat dat daardie geregtigheid van ons weggeneem word wat alleen vir ons die vertroue om op ons saligheid te roem teweegbring nie, moet ons dit heftig teengaan. Want in hierdie hele bespreking brei hy die naamwoord geregtigheid en die werkwoord om regverdig gemaak te word só tot twee dele uit dat om regverdig gemaak te word nie alleen beteken om uit onverdiende genade met God versoen te word nie maar ook om regverdiges gemaak te word.41 dat geregtigheid nie onverdiende toerekening beteken nie maar heiligheid en opregtheid wat die Wese van God wat in ons inwoon, in ons inblaas.42 Verder ontken hy heftig dat Christus self ons geregtigheid is in soverre Hy deur as priester vir ons sondes versoening te doen, die Vader met ons versoen het, maar wel in soverre Hy ewige God en die Lewe is.43

Om sy eerste argument te staaf, naamlik dat God ons nie alleen deur vergewing (van sondes) nie maar ook deur wedergeboorte regverdig maak, vra hy of God die wat Hy regverdig maak, los soos hulle van nature was sonder om enige van hulle gebreke te verander.44 Die antwoord hierop is baie rnaklik. soos Christus nie in dele opgeskeur kan word nie, so is hierdie twee dinge, geregtigheid en regverdigmaking, wat ons tegelyk en gesamentlik in Hom verkry onskeibaar. God skenk dus tegelyk aan almal wat Hy in genade aanneem die Gees van aanneming, en deur die krag daarvan hernuwe Hy hulle tot sy beeld. Maar as die son se glans nie van sy hitte geskei kan word nie, sal ons daarom beweer dat die aarde deur die son se lig verwarm maar deur sy hitte verlig word? Daar is nie 'n gepaster vergelyking vir die onderhawige onderwerp as hierdie nie. Deur sy hitte koester die son die aarde en maak dit vrugbaar; met sy strale skyn die son op die aarde en verlig dit. Die band tussen die twee is wedersyds en onskeibaar. 'n Mens se rede self laat hom nie toe om iets wat besonderlik aan een hiervan behoort, op die ander oor te dra nie.

In hierdie mengsel van 'n tweevoudige genade wat Osiander aan ons opdis, is 'n soortgelyke ongerymdheid. Want wanneer God diegene wat Hy uit genade as regverdiges beskou, vernuwe om geregtigheid te beoefen,45 vermeng hy die gawe van wedergeboorte met hierdie vrye aanneming, en hy hou vol dat dit een en dieselfde ding is ten spyte daarvan dat die Skrif albei verbind en tog uitdruklik van elkeen melding maak sodat die veelvuldige genade van God vir ons duideliker kan wees. Paulus se verklaring dat Christus tot regverdigheid en regverdigmaking aan ons gegee is, is immers nie onnodig nie.46 En elke keer wanneer hy uit die saligheid wat vir ons verwerf is, uit die vaderlike liefde van God  vir ons en uit die genade van Christus redeneer dat ons tot heiligheid en reinheid geroepe is, dui hy openlik aan dat om regverdig gemaak te word iets anders beteken as om nuwe skepsels gemaak te word. Maar wanneer dit by die Skrif kom, verdraai Osiander alles wat hy daaruit aanhaal. Wanneer Paulus byvoorbeeld sê dat geloof nie iemand wat werk nie, maar iemand wat in Hom glo wat die goddeloses regverdig maak, toegereken word,47 verklaar hy dit asof hy die goddeloses regverdig maak.48

Met dieselfde roekeloosheid verdraai hy die hele vierde hoofstuk van Paulus se brief aan die Romeine,49 en hy aarsel nie om die deel wat ek so pas aangehaal het,50 met dieselfde valsheid in te kleur nie: "Wie sal die uitverkorenes van God beskuldig? God is dit wat regverdig maak".51 Daar is dit duidelik dat dit eenvoudig net om beskuldiging en vryspraak gaan en dat die betekenis wat die apostel daaraan heg, van die teenstelling tussen beskuldiging en vryspraak afhanklik is. So bevind ons dus dat Osiander sowel in sy redenasie as in sy aanhalings van Skrifgetuienis alte onbetroubaar is.

Hy redeneer ook niks beter oor die woord geregtigheid nie, wanneer hy sê dat sy geloof Abraham tot geregtigheid gereken is, nadat hy Christus, wat God se geregtigheid en God self is, omhels het en in uitnemende deugde uitgetroon het.52 Daaruit is dit duidelik dat hy uit twee dinge wat 'n geheel is, verkeerdelik een bedorwe ding maak. Want die geregtigheid wat daar vermeld word, is nie op die hele verloop van sy roeping van toepassing nie. Die Gees getuig eerder dat, hoewel Abraham se deugde uitnemend voortreflik was en hy dit deur lank daarin te volhard ook laat toeneem het, hy God nogtans slegs behaag het omdat hy die genade wat hom in die belofte aangebied is, deur die geloof ontvang het. Daaruit volg dat daar in regverdigmaking geen plek virwerke is nie, soos Paulus verstandig verklaar.

7. Die verhouding tussen geloof en regverdigmaking.🔗

Sover dit Osiander se beswaar aangaan dat geloof op sigself nie die vermoë het om ons regverdig te maak nie maar slegs in soverre dit Christus aanneem,53 gee ek dit geredelik toe. As geloof trouens op sigself of, soos hulle sê,54 met sy eie inwendige krag ons regverdig sou maak, sou dit slegs gedeeltelik daarin kon slaag, omdat dit altyd swak en onvolmaak is. So sou 'n regverdigheid wat net 'n krumrneltjie heil aan ons besorg, mankoliekerig wees. Sover dit ons aangaan, beeld ons ons niks van die aard in nie, maar om reguit te praat, verklaar ons dat dit God alleen is wat regverdig maak. Verder dra ons hierdie selfde vermoë ook op Christus oor, omdat Hy tot geregtigheid aan ons gegee is. Ons vergelyk geloof met 'n soort houer, omdat ons Christus nie kan bevat nie tensy ons ons ontledig en, met die mond van ons siel oop, tot Christus nader om Hom om genade te vra. Hieruit kan afgelei word dat ons nie die vermoë om regverdig te maak van Christus af wegneem wanneer ons leer dat ons Hom eers in die geloof moet aanneem voordat ons sy geregtigheid kan ontvang nie.

Tog gee ek intussen nie toe aan die verwronge verbeeldingsvlugte van hierdie Sofis55 wanneer hy beweer dat die geloof Christus is nie 56 - net asof 'n erdepot 'n skat is omdat goud daarin versteek is. Die redenasie is tewens dieselfde, naamlik dat geloof, selfs al sou dit op sigself geen aansien of waarde hê nie, Christus na ons toe bring en ons regverdig maak, net soos 'n pot wat vol geld is, iemand ryk maak. Ek verklaar dus dat geloof wat bloot 'n instrument is om geregtigheid te verkry, onverstandig met Christus verwar word, wat die grondoorsaak en terselfdertyd die Bron en Bedienaar van so 'n groot weldaad is.

Nou het ons ook die knoop deurgehak, naamlik hoe die woordjie geloof verstaan moet word wanneer dit om regverdigmaking gaan.

8. Osiander se opvatting dat Christus slegs na sy Godheid ons geregtigheid geword het en nie na sy menswees nie, is vals.🔗

In die aanneming van Christus raak hy nog verder in vervoering. Hy beweer naamlik dat die inwendige woord ontvang word deur die bediening van die uitwendige woord met die doel om ons van die priesterskap van Christus en sy Persoon as Middelaar na sy ewige57 Godheid oor te bring. Sover dit ons aangaan, verdeel ons Christus nie, maar ons verklaar dat dieselfde Christus wat ons in sy vlees met die Vader versoen en aan ons geregtigheid geskenk het, ook die ewige Woord van God is. Ons bely verder dat Hy sy amp as Middelaar slegs kon volbring en die geregtigheid vir ons kon verkry as Hy ewige God was. Maar Osiander se opvatting is dat, aangesien Christus God en mens is, Hy ten opsigte van sy Goddelike natuur maar nie ten opsigte van sy menslike natuur nie vir ons geregtigheid geword het.58 En tog, as dit besonderlik by die Godheid pas, sal dit nie 'n besondere kenmerk van Christus wees nie maar ook 'n gemeenskaplike kenmerk van die Vader en die Gees omdat die geregtighetd van die een nie van die geregtigheid van die ander verskil nie. Verder sou dit ook nie rym dat gesê word dat Hyvir ons geregtigheid geword het nie, omdat Hy dit van nature van ewigheid af was. Maar gestel nou ons sou toegee dat God vir ons geregtigheid geword het - hoe sal dit wat Paulus intussen gestel het, naamlik dat Hy deur God geregtigheid geword het, nog pas? Dit is gewis en seker 'n besondere kenmerk van sy Persoon as Middelaar. Hoewel dit sy Goddelike natuur insluit, word sy Persoon as Middelaar tog hier met 'n besondere benaming aangedui waardeur Hy afsonderlik van die Vader en die Gees onderskei word.

Dit is trouens belaglik dat Osiander hom oor een enkele word verkneuter waar Jeremia belowe dat die Here ons geregtigheid sal wees.59 Tog sal hy daarmee niks anders ontlok as net dat Christus, wat ons geregtigheid is, God is wat in die vlees geopenbaar is nie.60 Elders het ons uit Paulus se rede aangehaal61 dat God deur sy eie bloed vir Hom 'n kerk verkry het.62 As iemand daaruit sou aflei dat die bloed waardeur vir die sondes versoening gedoen is, Goddelike bloed is en van sy Goddelike natuur - wie sou so 'n afstootlike dwaling kon duld? En tog dink Osiander dat hy met so 'n kinderagtige drogredenasie alles reggekry het: hy swel van trots op; hy juig en stop etlike bladsye vol met sy hoogdrawendheid, hoewel die oplossing eenvoudig en voor die hand liggend is, naamlik dat die Here wel godvrugtiges se geregtigheid sal wees wanneer Hy die nageslag (saad) van Dawid word. Maar Jesaja leer die betekenis waarin dit sal gebeur: "Deur die kennis van Homself sal my kneg, die Regverdige, baie regverdig maak".63 Ons moet daarop let dat dit die Vader is wat hier aan die woord is en dat Hy die amp van regverdigmaking aan die Seun toeskryf. Daarby voeg Hy ook 'n rede, naamlik dat Hy die Regverdige is. Hy stel die wyse of middel tot regverdigmaking in die leer waardeur Christus geken word. Dit is immers pasliker om die woord da 'al (kennis) in passiewe sin op te neem.64

Hieruit lei ek af dat Christus geregtigheid geword het toe Hy Hom met die gestalte van 'n dienskneg beklee het.65 Ten tweede lei ek af dat Hy ons regverdig maak in soverre Hy gehoorsaamheid aan die Vader betoon het. Hy doen dit daarom nie vir ons kragtens sy Goddelike natuur nie maar volgens sy beskikking daaroor wat op Hom gelê is.

God alleen is die bron van geregtigheid en ons is regverdig slegs wanneer ons in Hom deel het. Omdat ons egter deur die ongelukkige afwyking van sy geregtigheid vervreem is,66 moet ons ons noodwendig op hierdie swakkermiddel verlaat sodat Christus ons deur die krag van sy dood en sy opstanding regverdig kan maak.

9. Regverdigmaking geskied deur die soenoffer van die Middelaar.🔗

As Osiander die beswaar sou opper dat hierdie werk sy menslike natuur vanweë die uitnemendheid daarvan ver te bowe gaan en dat dit daarom slegs aan sy Goddelike natuur toegeskryf kan word,67 gee ek wel sy eerste stelling toe. Maar sover dit sy tweede stelling aangaan, verklaar ek dat hy onverstandig is en aan sinsbegogeling lei. Want hoewel Christus ons siele nie met sy bloed kon reinig nie en hoewel Hy die Vader nie met sy offer kon versoen en ons nie ons skuld kon vryskeld nie, hoewel Hy verder nie sy Priesteramp kon volvoer nie, tensy Hy waarlik God was, omdat die vermoë van sy vlees nie vir so 'n groot las opgewasse was nie, staan dit nogtans vas en seker dat Hy na sy menslike natuur al hierdie dinge volbring het. Want as ons vra hoe ons regverdig gemaak is, antwoord Paulus: "Deur Christus se gehoorsaamheid".68 Of was Hy anders gehoorsaam as in die gestalte van 'n dienskneg wat Hy aangeneem het?

Hieruit kan ons tot die gevolgtrekking geraak dat geregtigheid in sy vlees aan ons geopenbaar is. Net so stel Paulus in ander woorde die bron van geregtigheid nie elders as net in die vlees van Christus nie. Ek is tewens erg verbaas daaroor dat Osiander nie skaam kry om Paulus se verklarings so dikwels aan te haal nie. Paulus verklaar: "God het Hom wat die sonde nie geken het nie, vir ons sonde gemaak sodat ons in Hom God se geregtigheid kan wees".69 Osiander raak met opgeblaasde kieste in vervoering oor God se geregtigheid en hy sing 'n triomflied net asof hy ons oortuig het dat daardie skim van wesenlike geregtigheid wel bestaan. Paulus se woorde lui egter heeltemal anders, naamlik dat ons regverdig is deur die versoening wat deur Christus geskied het.

Dit behoort selfs vir beginners bekend te wees dat die regverdigheid van God opgeneem word as 'n regverdigheid wat vir God behaaglik is. By Johannes word die eer van God byvoorbeeld met die eer van mense vergelyk.70 Ek weet dat geregtigheid waarvan God self die oorsprong is en wat Hy aan ons skenk, soms die geregtigbeid van God genoem word. Lesers met gesonde verstand begryp egter sonder dat ek daaroor hoef te praat, dat hier niks anders verstaan word as dat ons deur die offer van Christus se dood onderskraag is en voor die regbank van God staan nie. Die betekenis van die woord is ook nie van soveel belang nie mits Osiander dit maar met ons eens is dat ons in Christus geregverdig word in soverre Hy vir ons 'n soenoffer geword het - iets wat indruis teen sy Goddelike natuur.

Wanneer Christus die geregtigheid en saligheid wat Hy vir ons te weeggebring het, wil verseël, stel Hy ook om dié rede die gewisse pand daarvan in sy vlees. Hy noem Homself wel die brood van die lewe.71 Hy verklaar egter die rede hiervoor wanneer Hy byvoeg dat sy vlees waarlik voedsel en sy bloed waarlik drank is.72 Ons kan hierdie onderwysingsmetode ook in die geval van die sakramente bemerk.73 Hoewel die sakramente ons geloof ten volle en nie net halfpad nie op Christus rig, leer hulle ons nogtans tegelyk dat die stof van ons geregtigheid en saligheid in sy vlees geleë is. Die rede daarvoor is nie dat Hy as blote mens vanself regverdig of lewend maak nie maar omdat dit God behaag het om dit wat in Hom verborge en onbegryplik was, in die Middelaar te openbaar. Daarom sê ek gewoonlik dat Christus soos 'n fontein is wat vir ons oopgemaak is en waaruit ons kan put wat andersins vrugteloos en in daardie diepte verborge sou wees wat in die Persoon van die Middelaar vir ons opwel. In hierdie sin en betekenis ontken ek nie dat Christus God en mens soos Hy is - ons regverdig maak of dat Hy saam met die Vader en die Heilige Gees aan die bewerking daarvan deel het of ten laaste dat die geregtigheid waarin Christus, ons laat deel, die ewige geregtigheid van die ewige God is nie, as Osiander maar net die onomstootlike en duidelike redes wat ek aangehaal het, toegee.

10. Die betekenis daarvan dat Christus ons geregtigheid is.🔗

Om voorts te verhoed dat Osiander onkundiges met sy skelmstreke mislei, erken ek dat ons van hierdie groot en onvergelyklike seen verstoke is totdat Christus ons eiendom word. Ons stel dus die band tussen Hoof en ledemate, die inwoning van Christus in ons hart; kortom: die mistieke heilige74 eenwording op die hoogste vlak sodat Christus ons eiendom word en Hy ons deelgenote maak in die gawes waarmee Hy toegerus is. Ons sien Christus dus nie van ver af buite ons, sodat sy geregtigheid ons toegereken word nie. Omdat ons ons egter met Hom beklee het en ons in sy liggaam ingelyf is75 en Hy ons verder waardig geag het om ons een met Hom te maak, roem ons daarop dat ons saam met Hom gemeenskap in sy geregtigheid het.

So word Osiander se valse beskuldiging dat ons geloof as geregtigheid beskou, weerlê.76 Net asof ons Christus van iets waarop Hy geregtig is, beroof wanneer ons sê dat ons deur die geloof sonder iets van ons eie tot Hom nader om vir sy genade plek te maak, sodat Hy alleen ons kan vul. Maar Osiander vertrap hierdie geestelike band en dring 'n growwe mengsel van Christus en die gelowiges aan ons op. Daarom noem hy almal ook haatlik Zwingliane wat nie sy waansinnige dwaling in verband met wesenlike geregtigheid onderskryf nie, omdat hulle nie voel dat hulle Christus wesenlik in die nagmaal eet nie,77

Vir my is dit inderdaad die grootste eer om hierdie belediging te hoor van 'n hooghartige mens wat aan eie oëverblindery uitgelewer is. Tog beledig hy my nie alleen nie, maar hy vee ook al die skrywers plat wat hy met agting moes bejeën omdat hulle aan die wêreld bekend genoeg is. Dit raak my trouens nie 'n duit nie, omdat ek nie my persoonlike saak hier aan die orde stel om hierdie saak met groter opregtheid te behandel78 terwyl ek vry van alle verkeerde motiewe is nie. Die feit dat hy dus so knaend op wesenlike geregtigheid en die wesenlike inwoning van Christus in ons aandring, is ten eerste daarop gemik dat, volgens sy growwe mengsel, God Hom in ons oorgiet soos sy versinsel van 'n vleeslike ete in die geval van die nagmaal dit wil. Ten tweede dat Hy sy geregtigheid in ons inblaas sodat ons daardeur waarlik saam met Hom regverdig kan wees, aangesien hierdie geregtigheid sowel God self is as die regskapenheid of die heiligheid of die opregtheid van God.79 Ek sal nie baie moeite daaraan bestee om die getuienisse wat hy aanvoer, te weerlê nie. Hy verdraai dit in elk geval verkeerdelik van die hemelse lewe na ons huidige lewenstaat. Petrus sê: "Deur Christus is kosbare en baie groot beloftes aan ons gegee om ons deelgenote in sy goddelike natuur te maak"80 - net asof ons inderdaad nou alreeds waarlik is soos die evangelie belowe dat ons met Christus se laaste koms sal wees. Ja, Johannes leer dat ons God dan sal sien soos Hy is omdat ons soos Hy sal wees.81

Ek wou my lesers maar net effens hieraan laat proe het, en ek laat hierdie onsin doelbewus buite beskouing - nie dat dit moeilik is om dit te weerlê nie, maar omdat ek my lesers nie met oorbodige inspanning wil erger nie.

11. 'n Weerlegging van Osiander se opvatting dat God sy geregtigbeid in ons inblaas sodat ons wesenlik een met Hom is.🔗

Verder skuil daar meer gif in die tweede deel van sy opvatting waar hy leer dat ons saam met God regverdig is.82 Hoewel hierdie leer nie so verderflik is nie, meen ek tog dat ek alreeds genoegsaam bewys het dat dit vir verstandige en godvrugtige lesers met reg onaanneemlik moet wees omdat dit kil en betekenisloos is en vanweë die niksseggendheid daarvan uitmekaarval. Maar dit is ondraaglike goddeloosheid dat hy onder dekmantel van 'n tweevoudige geregtigheid ons vertroue op saligheid wil laat wankel83 en ons tot bo die wolke wegsleep om nie die genade van versoening met die geloof te omhels en God met geruste gemoed aan te roep nie.

Osiander lag vir mense wat leer dat die woorde om regverdig te maak regstaal is, omdat ons volgens hom in werklikheid klaar regverdig moet wees.84 Daar is ook niks wat hy meer verwerp as dat ons deur onverdiende toerekening regverdig gemaak word nie.85 Kom nou! As God ons nie regverdig maak deur ons vry te spreek en te vergewe nie, wat gee Paulus se bekende uitspraak dan te kenne wanneer hy sê: "God was in Christus toe Hy die wêreld met Hom versoen en die mense hulle sondes nie toegereken het nie. Want Hy het Hom wat geen sonde gedoen het nie, vir ons sonde gemaak sodat ons in Hom God se geregtigheid kan wees"?86 Ten eerste bewys ek hieruit dat diegene as regverdiges gereken word wat met God versoen word. Die wyse waarop dit geskied, word dan ingevoeg, naamlik dat God ons regverdig maak deur ons te vergewe. So word regverdigmaking byvoorbeeld iewers teenoor beskuldiging gestel. Die teenstelling dui duidelik aan dat hierdie spreekwyse aan die regsgebruik ontleen is.87 Iemand wat Hebreeus maar net effens verstaan, weet dat hierdie uitdrukking sy oorsprong in die regsgebruik het. Hulle weet ook wat die strekking en betekenis daarvan is as hulle maar net kalm daaroor nadink.88 Laat Osiander my nou antwoord of dit 'n volle of 'n halwe beskrywing van geregtigheid is wanneer Paulus geregtigheid sonder die werke deur Dawid beskrywe word wanneer hy sê: "Salig is dié wie se ongeregtighede vergewe is".89 Hy haal in elk geval nie die profeet as getuie by asof hy leer dat sondevergiffenis 'n deeltjie van geregtigheid is of dat dit 'n bydrae lewer om die mens regverdig te maak nie. Hy sluit die volle geregtigheid by die onverdiende vergiffenis in en verklaar dat dié mens salig is wie se sondes bedek is, wie se ongeregtighede God vergewe het en wie se oortredings Hy hom nie toereken nie. Hy waardeer en weeg die mens se geluk daaruit dat hy so regverdig is, nie deur die saak self nie maar deur toerekening.

Nou teken Osiander beswaar aan. Hy beweer dat dit 'n belediging vir God en strydig met sy natuur sal wees as Hy mense regverdig wat in inderdaad goddeloos bly.90 Tog moet ons onthou wat ek reeds gesê het, naamlik dat die genade van regverdigmaking nie van wedergeboorte losgemaak kan word nie al sou dit onderskeie dinge wees. Maar omdat dit uit ons ervaring meer as genoeg bekend is dat daar altyd oorblyfsels van die sonde in die regverdiges oorbly, moet die regverdiges noodwendig heeltemal anders regverdig gemaak word as wat hulle tot 'n nuwe lewe hervorm word.91 Want God begin hierdie tweede aspek op so 'n wyse in sy uitverkorenes en Hy laat hulle geleidelik en soms selfs stadig tydens hulle hele lewensloop daarin vorder dat hulle steeds voor sy regbank aan die oordeel van die dood onderworpe is.92

God maak sy uitverkorenes nie net gedeeltelik regverdig nie maar so dat hulle met vrymoedigheid in die hemel kan verskyn asof hulle met Christus se reinheid beklee is. 'n Deeltjie geregtigheid sou ons gewetens trouens nie met rus laat nie totdat bepaal is dat ons God behaag omdat ons sonder uitsondering voor Hom regverdig is. Daaruit volg dat die leer van die regverdigmaking verdraai en tot op sy fondamente vernietig word wanneer mense se gemoedere aan die twyfel gesit, hulle vertroue op saligheid geskok en hulle vrymoedige en vreeslose aanroeping van God verhinder word; ja, wanneer die mens se rus en gerustheid nie op geestelike blymoedigheid gebaseer is nie. Daaruit bewys Paulus met teenoorgestelde stellings dat hierdie erfdeel nie uit die wet kom nie,93 want so sou geloof tot niet gemaak word.94 Want as die geloof op werke gerig is, gaan dit aan die wankel. Niemand van die heiligste mense sal dan in die geloof iets aantref waarop hy sy vertroue kan bou nie.

Hierdie onderskeid tussen regverdigmaking en wedergeboorte wat Osiander verwar en tweevoudige geregtigheid noem,95 word pragtig deur Paulus uitgedruk. Wanneer hy tewens van sy werklike geregtigheid praat of van die opregtheid wat aan hom geskenk is, en wat Osiander as wesenlike geregtigheid brandmerk, roep hy jammerlik uit: "Ek ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?"96 Maar as hy sy toevlug neem tot die geregtigheid wat alleen in die barmhartigheid van God ingebed is, dryf hy trots met lewe en dood, met versmading en honger, met die swaard en met alle teenspoed die spot: "Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat hulle regverdig maak".97 Ek is in elk geval gewis oortuig dat niks ons van sy liefde in Christus sal skei nie."98 Hy verkondig duidelik dat hy 'n geregtigheid het wat alleen ten volle vir sy saligheid voor God genoegsaam is sodat die jammerlike slawerny waarvan hy bewus was en wat  hom 'n rukkie tevore sy lot laat betreur het, hom nie weerhou of verhinder van sy vertroue om (op sy saligheid) te roem nie. Hierdie verskeidenheid is bekend genoeg en so gewoon vir al die heiliges wat onder die las van ongeregtigheid sug en intussen met seëvierende vertroue bo alle vrees uitstyg.

Osiander se beswaar dat dit nie met God se natuur strook nie, val terug op homself. Ofskoon hy die heiliges trouens met 'n tweevoudige geregtigheid as 't ware soos met pelsuitgevoerde klere beklee, word hy nogtans gedwing om te erken dat niemand God behaag as sy sondes nie vergewe is nie.99 As dit waar is, moet hy ten minste 'n gedeelte na verhouding, soos die uitdrukking lui, van toerekening toegee, naamlik dat mense as regverdiges beskou word wat dit in werklikheid nie is nie.100 Maar tot waar sal 'n sondaar hierdie onverdiende aanneming laat strek wat in die plek van geregtigheid gestel word - tot elftwaalfdes of tot eentwaalfde? Hy sal inderdaad hink en pink en vertwyfeld bly, want hy sal nie soveel geregtigheid as wat vir vertroue nodig is, vir homself mag neem nie. Dit is goed dat hy nie arbiter van hierdie saak is nie, omdat hy vir God 'n wet sou wil voorskryf.

Verder sal hierdie verklaring onwrikbaar vas bly staan: "Sodat U in u woorde regverdig gemaak sal word en sodat U sal oorwin wanneer U geoordeel word".101 Hoe groot is die vermetelheid nie wat die hoogste Regter durf verdoem terwyl Hy onverdiend kwytskeld sodat die uitspraak nie meer van krag is nie: "Ek sal My ontferm oor wie Ek My sal ontferm''?102 En tog het Moses se voorbidding waarop God met hierdie woorde perke gelê het, nie die strekking gehad dat Hy niemand moes spaar nie maar dat Hy tegelyk almal se skuld moes uitdelg en hulle dit moes kwytskeld ofskoon hulle skuldig was.

Sover dit ons aangaan, verklaar ons daarom dat mense wat verlore is, voor God regverdig gemaak word omdat hulle sondes begrawe is. Aangesien Hy sonde haat, kan Hy slegs mense wat Hy regverdig maak, liefhê. Maar dit is 'n sonderlinge wyse van regverdigmaking dat gelowiges deur die geregtigheid van Christus bedek is en nie terugdeins vir die oordeel wat hulle verdien nie en dat hulle buite hulleself as regverdiges geag word terwyl hulle hulleself tereg veroordeel.

12. Verdere weerlegging van verskeie aspekte van Osiander se dwaalleer.🔗

Tog moet my lesers gemaan word om versigtig aandag aan die geheim te gee waarvan Osiander roem dat hy dit nie vir hulle wil wegsteek nie.103 Nadat hy trouens lank en breedvoerig uitgewei het dat ons nie alleen deur die toerekening van Christus se geregtigheid guns by God vind nie, want104 dit sou (dan) vir God onmoontlik wees om mense wat dit nie is nie, as regverdiges te beskou - ek span nou sy eie woorde in -, kom hy uiteindelik tot die slotsom dat Christus nie kragtens sy menslike natuur nie maar kragtens sy Goddelike natuur tot geregtigheid aan ons gegee is.105 Hy verklaar dat, hoewel hierdie geregtigheid slegs in sy Persoon as Middelaar aangetref kan word, dit nogtans nie die mens se geregtigheid nie maar God s'n is.106 Nou vleg hy sy tou nie meer uit twee geregtighede nie maar hy neem die amp van regverdigmaking oop en bloot van Christus se menslike natuur weg.107 Dit loon egter die moeite om te onthou hoe hy baklei. Hy sê: "In dieselfde Skrifverwysing word gesê dat Christus (vir ons) wysheid geword het. Dit strook slegs met die ewige Woord. Gevolglik is Christus as mens ook nie geregtigheid nie".108

My antwoord hierop is dat die eniggebore Seun van God inderdaad sy ewige wysheid was maar dat hierdie benaming in 'n heeltemal ander sin by Paulus aan Hom toegeken word, want109 in Hom is al die skatte van wysheid en kennis weggebêre.110 Dit wat Hy dus by die Vader gehad het,111 het Hy aan ons geopenbaar. So het Paulus se verklaring ook nie betrekking op die Wese van die Seun van God nie maar op die voordeel wat dit vir ons inhou, en dit word, soos dit hoort, by Christus se menslike natuur aangepas. Hoewel die lig immers in die duisternis geskyn het voordat Hy vlees aangeneem het,112 was die lig nogtans verborge tot dat dieselfde Christus in die natuur van 'n mens as die son van geregtigheid verskyn het.113 Daarom noem Hy Homself die lig van die wêreld.114

Hy opper ook onverstandig die beswaar dat die mag om regverdig te maak sowel engele as mense se vermoë ver te bowe gaan, want dit hang nie van 'n skepsel se aansien nie maar van God se beskikking af. As die engele aan God voldoening wou gee, sal hulle niks bereik nie, want hulle is nie hiervoor bestem nie. Dit was egter 'n sonderlinge eienskap van die Mens Christus, wat aan die wet onderwerp is om ons van die vloek van die wet te verlos.115

Mense wat verklaar dat Christus nie kragtens sy Goddelike natuur ons geregtigheid is nie, beskuldig hy uitermatig skandelik daarvan dat hulle slegs een deel van Christus laat bly en - iets wat nog slegter is - dat hulle twee gode maak. "Want", beweer hy,"hulle erken wel dat God in ons inwoon, maar hulle roep nogtans luidkeels uit dat ons nie deur die geregtigheid van God regverdig is nie."116 Want as ons Christus die bron van die lewe noem in soverre Hy die dood ondergaan het om hom wat oor die dood geheers het, te vernietig,"117 beroof ons die volle Christus nie in die minste mate van hierdie eer soos Hy as God in die vlees geopenbaar is nie. Ons onderskei slegs die wyse waarop die geregtigheid van God ons bereik sodat ons dit kan geniet. Hierin het Osiander hom skandelik misgis. Ons ontken inderdaad ook nie dat dit wat openlik in Christus aan ons voorgehou is, uit die verborge genade en krag van God ontspring nie. Ons het ook geen stryd daarmee dat die geregtigheid wat Christus aan ons gee, God se geregtigheid is, wat van Hom af kom nie. Ons hou egter standvastig vol dat ons die geregtigheid en die lewe in Christus se dood en opstanding het.

Ek laat maar die skandelike hoop Skrifverwysings agterweë waarmee hy sonder onderskeid en sonder gesonde verstand sy lesers oorlaai het om te bewys dat hierdie wesenlike geregtigheid verstaan moet word oral waar daar sprake van geregtigheid is.118 Wanneer Dawid byvoorbeeld God se geregtigheid aanroep om hom te hulp te kom, en hoewel hy dit meer as honderd maal doen, aarsel Osiander nie om soveel uitsprake te verdraai nie.119

Sy volgende beswaar is niks kragtiger nie. Hy verklaar dat dit eg en reg geregtigheid genoem word waardeur ons beïnvloed word om reg tedoen, maar dat alleen God die wil en volvoering daarvan in ons werk.120 Ons ontken immers nie dat God ons deur sy Gees tot lewensheiligheid en geregtigheid hervorm nie, maar ons moet eers nagaan of Hy dit deur Homself en sonder middel doen of deur die hand van sy Seun aan wie Hy die hele volheid van die Heilige Gees toevertrou het om deur sy oorvloedigheid die gebrek van sy ledemate te onderskraag. Ten tweede, hoewel geregtigheid uit die verborge bron van sy Godheid tot ons kom, volg daaruit tog nie dat Christus wat Homself om ons ontwil in die vlees geheilig het,121 kragtens sy Goddelike natuur ons geregtigheid is nie. Die volgende stelling wat hy aanvoer, is nie minder sinloos nie. Hy beweer dat Christus self vanweë God se geregtigheid regverdig was, want as die wil van die Vader Hom nie daartoe gedryf het nie, sou Hy dan selfs nie eens die ampte wat op Hom gelê is, kon voltooi het nie.122 Hoewel ons trouens elders123 gesê het dat al Christus se verdienstes uit die loutere welbehae van God voortvloei, het dit tog niks te doen met hierdie skim waarmee Osiander sy volgelinge en eenvoudiges se oë vol sand strooi nie. Wie sou iemand immers toelaat om die afleiding te maak dat ons wesenlik regverdig is en dat die Wese van God se geregtigheid in ons woon omdat God die bron en oorsprong van ons geregtigheid is? Jesaja sê: "Om sy kerk te verlos het God sy geregtigheid aangetrek soos , 'n wapenrusting''.124 Het God dit gedoen om Christus van die wapens te beroof wat Hy aan Hom gegee het met die doel dat Hy nie die volmaakte Verlosser sou wees nie? En tog bedoel die profeet niks anders as dat God niks van buite Hom leen nie en dat Hy geen hulp nodig gehad het om ons te verlos nie. Paulus het dit bondig met ander woorde aangedui toe hy gesê het dat Hy saligheid aan ons gegee het om sy geregtigheid te bewys.125 Maar dit wat hy elders leer, naamlik dat ons deur die gehoorsaamheid van een mens regverdig is,126 word hoegenaamd nie hierdeur omvergegooi nie.

Kortom: iemand wat 'n tweevoudige geregtigheid invoer met die doel dat ellendige siele nie louter en alleen in God se barmhartigheid  berusting vind nie, plaas 'n gevlegte doringkroon op Christus om met Hom die spot te dryf.

13. Die leer dat geregtigheid deur die geloof alleen bekom word, verval as geregtigheid deur goeie werke verkry kan word.🔗

Maar omdat 'n groot groep mense hulle verbeel dat geregtigheid uit geloof en werke saamgestel is127 moet ons ook vooraf bewys dat geregtigheid van die geloof en geregtigheid van werke so van mekaar verskil dat as die een bly staan, die ander noodwendig tot niet gemaak word.

Die apostel sê dat hy alles as drek beskou het om Christus as wins te verkry en in Hom bevind128 te word nie met sy eie geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met die geregtigheid wat uit die geloof in Iesus Christus is - die geregtigheid wat deur die geloof uit God is.129 Jy kan sien dat teenoorgestelde dinge hier met mekaar vergelyk word en dat aangedui word dat iemand wat Christus se geregtigheid wil verkry, sy eie geregtigheid moet laat vaar. Daarom leer hy elders dat dit die rede vir die Jode se ondergang was dat hulle hulle eie geregtigheid wou vestig en hulle nie aan God se geregtigheid onderwerp het nie.130 As ons deur ons eie geregtigheid te vestig God se geregtigheid verdryf, moet die een inderdaad volkome tot niet gemaak word om die ander te verkry. Hy bewys dieselfde stelling ook wanneer hy sê dat ons roem nie deur die wet uitgesluit word nie maar deur die geloof.131 Daaruit volg dat ons nog 'n mate van stof tot roem het so lank as wat die geringste geregtigheid van ons werke by ons bly.

As die geloof dan alle roem uitsluit, kan geregtigheid van die werke hoegenaamd nie met geregtigheid van die geloof saamgaan nie. In die vierde hoofstuk van sy brief aan die Romeine praat hy so duidelik in hierdie sin dat hy geen plek vir bedrog of ontvlugting laat nie. Hy sê: "As Abraham deur sy werke regverdig gemaak is, het hy (iets) om op te roem".132 Dan voeg hy by: "Maar hy het nie roem by God nie". Daaruit volg dus dat hy nie deur sy werke geregverdig is nie. Verder poneer hy'n tweede bewys uit die teenoorgesteldes. Wanneer werke beloon word, geskied dit uit skuld en nie uit genade nie.133 Geregtigheid word egter kragtens die genade aan geloof toegeskryf. Dit is dus nie uit die verdienste van die werke nie. Vaarwel dus aan die droom van mense wat 'n geregtigheid wat uit geloof enwerke saamgeflans is, versin.

14. Die Sofiste se opvatting dat Paulus slegs praat van die werke van mense wat nog nie weer gebore is nie, is vals.🔗

Die Sofiste wat vir hulle speletjies en plesier maak met die vervalsing van die Skrif en hulle niksseggende haarklowery, meen dat hulle 'n skerpsinnige uitvlug het. Hulle verduidelik die woord werke letterlik as dit wat mense wat nog nie weer gebore is nie, deur die inspanning van hulle oordeelsvryheid sonder die genade van Christus doen, en hulle beweer inderdaad dat dit niks met geestelike werke te doen het nie.134 Volgens hulle word die mens deur sy geloof sowel as deur sy werke regverdig gemaak, mits dit maar net nie sy eie werke is nie maar gawes van Christus en die vrug van sy wedergeboorte.135 Hulle beweer dat  Paulus nie om 'n ander rede so gepraat het nie as om die Jode wat op hulle eie kragte gesteun het, te oortuig dat hulle dwaas was om geregtigheid vir hulleself toe te eien aangesien slegs die Gees van Christus dit vir ons teweegbring en dat ons ywer daarvoor nie uit eie beweging van ons natuur ontstaan nie. Nogtans hou hulle nie in gedagte dat in die teenstelling tussen geregtigheid van die wet en geregtigheid van die evangelie wat Paulus elders aanvoer,136 alle werke, hoe dit ook al genoem word, uitgesluit word nie. Hy leer immers dat dit die geregtigbeid van die wet is dat iemand wat dit wat die wet gebied, volbring het, saligheid verkry, maar dat geregtigheid van die geloof dit is as ons glo dat Christus gesterf het en weer opgestaan het.137

Buitendien sal ons later op die regte plek daarvoor sien dat heiligmaking en geregtigheid onderskeie weldade van Christus is.138 Daaruit volg dat selfs nie eens geestelike werke in berekening kom wanneer die krag tot regverdigmaking aan die geloof toegeskryf word nie. Want wanneer Paulus soos ek so pas aangehaal het,139 verklaar dat Abraham geen rede het waarom hy by God sou roem nie omdat hy nie deur sy werke regverdig is nie, moet ons dit nie tot 'n letterlike en uitwendige skyn van deugde of tot die inspanning van sy oordeelsvryheid beperk nie. Hoewel die aartsvader 'n geestelike lewe byna soos 'n engel gehad het, het hy nogtans nie genoeg verdienste van sy werke gehad om vir hom geregtigheid voor God te verwerf nie. 

15. Die Skolastici se opvatting in verband met genade en goeie werke hou eweneens nie steek nie.🔗

Die Skolastlci140 se opvatting is 'n bietjie growwer. Hulle141 meng hulle preparate hieruit en nogtans deurweek hulle eenvoudiges en onversigtige mense nie minder met hulle valse leer wanneer hulle die barmhartigheid van God wat alleen onrustige siele tot rus kan bring, onder 'n dekmantel van die Gees en die genade wegsteek nie.142

Sover dit ons aangaan, bely ons inderdaad saam met Paulus dat mense wat die wet uitvoer, voor God regverdig gemaak word. Omdat ons almal egter ver te kort skiet in die onderhouding van die wet, lei ons hieruit af dat die werke wat die meeste tot ons geregtigheid moet bydra, ons niks help nie, omdat ons dit nie het nie.

Sover dit die gewone pousgesindes of die Skolastici143 aangaan, misgis hulle hulle hier op twee maniere, naamlik daarin dat hulle geloof gewetensekerheid noem waardeur 'n mens van God loon vir goeie werke moet verwag en ten tweede omdat hulle die genade van God nie as toerekening van onverdiende geregtigheid vertolk nie maar as die (Heilige) Gees, wat tot die ywer vir heiligheid 'n bydrae lewer. Hulle lees by 'n apostel dat iemand wat tot God nader, in die eerste plek moet glo dat God is en daarna dat Hy diegene beloon wat Hom soek.144 Maar hulle bemerk nie op watter wyse Hy gesoek moet word nie.

Dit word ook uit hulle geskrifte duidelik dat hulle inderdaad oor die woord genade dwaal. Lombardus vertolk die regverdigmaking wat deur Christus aan ons gegee is, trouens op twee maniere. Hy sê:"Eers regverdig die dood van Christus ons wanneer die liefde deur sy dood in ons harte opgewek word, en deur die liefde word ons regverdig gemaak. Ten tweede omdat die sonde deur dieselfde dood uitgewis is en die duiwel ons deur die sonde gevange gehou het sodat hy nou nie meer die mag het om ons te verdoem nie".145 Jy sien hoe hy God se genade besonderlik in die regverdigmaking raaksien, in soverre ons deur die (Heilige) Gees daarop gerig word om goeie werke te doen. Hy wou natuurlik Augustinus se opvatting navolg,146 maar hy volg dit maar van ver af en wyk selfs baie van die regte navolging daarvan af. As Augustinus 'n punt duidelik gestel het, verduister Lombardus dit en hy bederf iets wat by Augustinus nie so onsuiwer was nie. Die Skole147 het steeds van kwaad na erger afgedwaal totdat hulle uiteindelik halsoorkop in 'n vorm van Pelagianisme verval het.

Ons moet nie Augustinus se opvatting of altans sy manier om dit te stel in alles lukraak aanvaar nie. Want hoewel hy die mens voortreflik alle lof op geregtigheid ontneem en dit ten volle aan die genade van God toeskryf, laat hy die genade nogtans op die heiligmaking slaan, waardeur ons deur die Gees in 'n nuwe lewe weergebore word.148

16. Gegewens uit die Skrif oor 'regverdigmaking deur die geloof'.🔗

Wanneer die Skrif oor regverdigmaking deur die geloof praat, lei dit ons egter in 'n heeltemal ander rigting, naamlik dat ons ons oë van ons werke moet afwend en slegs na die barmhartigheid van God en die volmaaktheid van Christus moet opsien. Want die Skrif leer ons hierdie orde van regverdigmaking: dat God eerste die sondaarmens waardig geag het om hom uit loutere onverdiende goedertierenheid te omhels sonder om iets anders as net sy ellende in hom in aanmerking te neem waardeur Hy tot barmhartigheid beweeg kan word, want Hy sien dat die mens volkome verstoke van en sonder goeie werke is. Uit Homself soek hy rede om aan die mens goed te doen om die sondaar self met die gevoel van sy goedertierenheid aan te wakker om 'n wantroue in sy eie werke te ontwikkel en sy saligheid ten volle op God se barmhartigheid te werp. Die gevoel van geloofwaardeur 'n sondaar sy saligheid in besit neem, is naamlik wanneer hy uit die evangelie se leer te wete kom dat hy met God versoen is, dat hy deur die tussenkoms van Christus sondevergiffenis verkry en regverdig gemaak word. Hoewel hy deur die Gees van God wedergebore is, dink hy dan daaroor na dat die ewige geregtigheid nie in sy goeie werke waarop hy steun, geleë is nie maar alleen in die geregtigheid van Christus.

 Wanneer ons hierdie stellings een vir een oorweeg, sal hulle 'n duidelike uiteensetting van my opvatting gee, al sou hulle beter in 'n ander volgorde gestel kon word as wat hier voorgehou is. Dit is egter van weinig belang, mits hulle maar so 'n onderlinge same hang het dat ek die hele onderwerp na behore kan verduidelik en vas en seker bewys het.

17. Geregtigheid uit die wet en geregtigheid uit die geloof (Rom. 10:5, 6).🔗

Hier moet ons eers weer die verhouding tussen geloof en evangelie wat ons tevore gestel het,149 in die geheue oproep, naamlik dat gesê word dat die geloof regverdig maak omdat dit die geregtigheid wat in die evangelie aangebied word, aanneem en omhels. Die feit dat gesê word dat geregtigheid deur die evangelie aangebied word, sluit alle oorweging van werke uit. Paulus bewys dit dikwels in ander Skrifverwysings maar op sy duidelikste in twee daarvan. Wanneer hy trouens in sy brief aan die Romeine wet en evangelie met mekaar vergelyk, sê hy: "Geregtigheid wat uit die wet is, stel dit so: 'Die mens wat hierdie dinge doen, sal daarin lewe"'.150 Die geregtigheid van die geloof verkondig egter saligheid:151 ''As jy in jou hart glo en met jou mond die Here jesus bely en dat die Vader Hom uit die dood opgewek het".152 Sien jy hoe hy hierdie onderskeid tussen wet en evangelie tref - dat die wet geregtigheid aan die werke toeken en dat die evangelie sonder die bystand van werke onverdiende geregtigheid aan ons gee? Dit is 'n uitstekende Skrifverwysing wat ons uit baie probleme kan loswoel, as ons maar net besef dat die geregtigheid wat deur die evangelie aan ons geskenk word, vry is van die voorwaardes van die wet. Dit is die rede waarom hy skynbaar met groot teenstrydigheid die belofte telkens teenoor die wet stel, byvoorbeeld: "As die erfenis uit die wet is, is dit nie meer uit die belofte nie",153 en ander stellings met dieselfde betekenis wat in dieselfde hoofstuk te lees is.

Die wet het self sekerlik ook sy eie beloftes. Daarom moet daar in die beloftes van die evangelie iets wees wat dit van die beloftes van die wet onderskei en verskillend daarvan maak, tensy ons wil verklaar dat die vergelyking (hierbo) sinloos is. Hoedanig sal die beloftes van die evangelie wees anders as dat dit onverdiend en alleen in die barmhartigheid van God gegrond is, aangesien die beloftes van die wet van die voorwaarde van, die werke afhanklik is?

Nou moet niemand my hier toesnou dat alleen die geregtigheid verwerp word wat mense op eie stoom en volgens hulle oordeelsvryheid aan God wil opdring nie.154 Paulus leer trouens sonder om uitsonderings te maak dat die wet deur te gebied geen voordeel inhou nie,155 omdat daar niemand is - nie alleen van die gewone nie maar ook nie van die volmaakste mense nie wat dit kan volbring nie.

Die liefde is gewis die belangrikste aspek van die wet. Aangesien die Gees van God ons tot liefde vorm, waarom veroorsaak dit dan nie vir ons geregtigheid as dit selfs in die heiliges gebrekkig is en daarom nie vanself loon verdien nie?

18. Die regverdige sal uit die geloof lewe.🔗

Die tweede verwysing is die volgende: Dit is duidelik dat niemand uit die wet voor God geregverdig sal word nie, want die regverdige sal uit die geloof lewe.156 Die wet is egter nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daarin lewe.157 Hoe sou die redenasie andersins op vaste bene kon staan as dit nie vasstaan dat die werke nie by die geloof in berekening kom nie maar heeltemal daarvan geskei moet word nie? Hy (Paulus) sê: "Die wet verskil van die geloof". Waarom so? Omdat die werke vir die geregtigheid van die wet vereis word. Daaruit volg dus dat die werke nie vir die geregtigheid van die geloof vereis word nie. Uit hierdie vergelyking is dit duidelik dat mense wat deur die geloof regverdig gestel word, sonder verdienste van hulle werke, ja, buite die verdienste van hulle werke, regverdig gemaak word, omdat hulle geloof die geregtigheid ontvang wat die evangelie aan hulle skenk. Die evangelie verskil egter in dié opsig van die wet dat dit nie geregtigheid aan werke bind nie, maar dit in God se barmhartigheid alleen stel. Sy standpunt in die brief aan die Romeine is soortgelyk, naamlik dat Abraham geen stof tot roem het nie omdat sy geloof hom tot geregtlgheid gereken is.158 Ter bekragtiging hiervan voeg hy by dat geregtigheid van die geloof eers plaasvind wanneer daar geen werke is waarvoor loon verskuldig is nie. Hy sê: "Waar daar werke is, word daaraan die loon wat daarvoor verskuldig is, gegee. Wat egter aan die geloof gegee word, is onverdiend".159 Die betekenis van die woorde wat hy daar gebruik, het trouens ook hierop betrekking. Uit dit wat hy 'n bietjie later daar byvoeg, naamlik dat ons die erfdeel daarom uit die geloof verkry sodat dit volgens die genade is, lei hy hieruit af dat die erfdeel onverdiende genade is, omdat dit deur die geloof ontvang word.160 Waaruit ontstaan dit anders as net daaruit dat die geloof sonder bystand van die werke geheel en al op God se barmhartigheid rus? En hy leer ongetwyfeld elders in dieselfde sin dat die geregtigheid van God sonder die wet geopenbaar is hoewel dit die getuienis van die wet en die profete het.161 Deur die wet uit te sluit verklaar hy tewens dat regverdigmaking nie deur die werke aangehelp word nie en dat ons dit ook nie deur werk verkry nie maar dat ons met leë hande tot Hom nader om dit te ontvang.

19. 'n Verwerping van die Sofiste se beswaar teen die woord 'alleen' 'in die uitdrukking 'deur die geloof alleen'.🔗

Nou kan 'n leser merk hoe billik dit is dat die Sofiste vandag met ons leer die spot dryf wanneer ons verklaar dat 'n mens deur die geloof alleen regverdig gemaak word.162 Hulle durf egter nie ontken dat die mens deur die geloof regverdig gemaak word nie, omdat dit so telkens weer in die Skrif alleen opduik. Omdat die byvoeging alleen egter nêrens uitdruklik vermeld word nie, duld hulle nie dat dit bygevoeg word nie.163 Ja, maar wat sal hulle antwoord wees op die woorde van Paulus wanneer hy aanvoer dat die geregtigheid nie uit die geloof is nie tensy dit uit genade is?164 Hoe sal iets wat uit genade kom, met werke strook? Met watter skelmstreke sal hulle selfs dit wat hy elders sê, naamlik dat God se geregtigheid in die evangelie openbaar word,165 probeer ontwyk? As sy geregtigheid in die evangelie openbaar word, word dit sekerlik nie vermink en net halfpad nie maar volledig en volmaak daarin vervat. So het die wet dus geen plek in die evangelie nie. Hulle dring nie alleen met 'n valse nie maar ook met 'n opsigtelike belaglike uitvlug daarop aan dat die woordjie uitgesluit moet word. Of ken iemand wat die werke wegneem, nie alles volledig genoeg aan geloof toe nie? Liewe land! Wat beteken sulke uitdrukkings soos: "Geregtigheid is geopenbaar sonder die wet"; "die mens word deur die genade regverdig gemaak"166 en "sonder die werke van die wet"?167

Hier het hulle 'n slim manier om ons te pypkan. Hoewel hulle die plan nie self uitgedink het nie maar dit aan Origenes en party van die ou skrywers ontleen, is dit nogtans die toppunt van dwaasheid. Hulle babbel dat die werke van die wet wat op die seremonies betrekking het, uitgesluit word en nie dié wat op die sedewet betrekking het nie.168 In hulle rusies169 gaan hulle so ver dat hulle nie eens meer die eerste beginsels van die kuns om te redeneer onthou nie. Of dink hulle dat die apostel in 'n beswyming is wanneer hy sulke uitsprake ter bekragtiging van sy opvatting aanvoer: "Die mens wat dit doen, sal daarin lewe". En: "Vervloek is elkeen wat nie alles wat in die boek van die wet geskryf is, volbring nie".170 Tensy hulle van hulle verstand af is, sal hulle nie sê dat die lewe vir mense wat die seremonies onderhou, belowe is en dat slegs die mense vervloek word wat die bepalings van die seremoniële wet oortree nie. As ons die uitsprake van die sedewet moet verstaan, kan daar geen twyfel daaroor bestaan dat ook die werke van die sedewet uitgesluit word van die mag om ons regverdig te maak nie.

Die volgende redenasies waarvan die apostel gebruik maak, het dieselfde strekking: "Want deur die wet kom die kennis van die sonde";171 daarom kom geregtigheid nie deur die wet nie. "Die wet werk toorn";172 daarom werk dit nie geregtigheid nie. Omdat die wet die gewete nie sekerheid kan verleen nie, is dit daarom ook nie by magte om geregtigheid te verleen nie. Omdat geloof tot geregtigheid toegereken word, is geregtigheid dus nie die loon van die werke nie, maar dit word geskenk sonder dat dit verskuldig is.173 Omdat ons uit die geloof regverdig gemaak word, is die roem weggeneem.174 Want as 'n wet aan ons gegee is wat ons lewend kon maak, sou geregtigheid waarlik uit die wet gewees het. God het alles egter onder die sonde ingesluit, sodat die belofte aan gelowiges gegee kon word.175 Laat hulle nou klets as hulle genoeg durf het, dat dit by die seremonies pas en nie by sedes nie! Tog sou selfs ook kinders sulke skaamteloosheid uitlag. Laat dit dus by ons vas en seker bly dat daar van die hele wet gepraat word wanneer die vermoë om regverdig te maak van die wet weggeneem word.

20. Die betekenis van 'die werke van die wet'.🔗

As iemand wonder waarom die apostel nie tevrede was om net werke te vermeld nie maar ook van die wet bygevoeg het, is die rede voor die hand liggend. Dat die werke immers van soveel waarde geskat word, is te danke aan God se goedkeuring eerder as aan hulle eie waarde. Wie sou trouens waag om sy werke se geregtigheid aan God op te dring tensy hy dit self goedgevind het? Wie durf 'n loon eis asof dit daarvoor verskuldig is, anders as die loon wat Hy self daarvoor belowe het? Werke het dit dus aan God se weldadigheid te danke dat dit die naam geregtigheid het en so 'n loon waardig geag word.176 Hulle dra daarom slegs om hierdie een enkele rede gewig, naamlik wanneer dit daarop gemik is om gehoorsaamheid aan God te betoon. Om egter te bewys dat Abraham nie vanweë sy werke regverdig gemaak kon word nie, voer die apostel elders aan dat die wet eers gegee is nadat amper vierhonderd en dertig jaar na die verbondsluiting verloop het.177 Onverstandiges sou met so 'n redenasie die spot dryf omdat daar (volgens hulie) ook goeie werke voor die afkondiging van die wet kon wees. Omdat die apostel egter terdeë daarvan bewus was dat die werke slegs waarde gehad het vanweë die getuienis en waardigheid van God, het hy doelbewus aanvaar dat die werke voor die wet geen krag gehad het om regverdig te maak nie.

Nou verstaan ons waarom hy uitdruklik die werke van die wet by name noem wanneer hy die regverdigmaking daarvan wil wegneem. Sy rede is natuurlik dat slegs oor die werke van die wet 'n geskil kon ontstaan. Hy sonder nogtans soms sekere werke uit sonder om die woord wet by te voeg, soos wanneer hy byvoorbeeld sê dat geluksaligheid volgens Dawid se getuienis toegeken word aan die mens aan wie God geregtigheid sonder inagneming van sy werke toereken.178 Hulle kan ons dus met geen spitsvondighede sover bring om nie hierdie algemene uitsluiting (van alle werke) te behou nie.

Hulle probeer ook verniet om die onbeduidende spitsvondigheid aan te gryp wanneer hulle beweer dat ons geregverdig word alleen deur die geloof wat deur die liefde werk, sodat geregtigheid op die liefde gebaseer is.179 Saam met Paulus erken ons wel dat slegs die geloof wat deur die liefde werk ons regverdig maak.180 Maar hierdie geloof put nie sy krag om regverdig te maak uit die werking van die liefde nie, inteendeel, dit regverdig ons om geen ander rede as dat dit ons tot deelname in Christus se geregtigheid bring nie. Andersins sou die hele redenasie wat die apostel met soveel heftigheid aanvoer, in duie gestort het. Hysê: "Aan hom wat werk, word die loon nie na genade toegereken nie maar na skuld".181 Aan hom wat nie werk nie maar glo in Hom wat die goddeloses regverdig maak, word sy geloof tot geregtigheid toegereken.182 Kon hy dit nog duideliker uitgedruk het as wat hy dit hier doen? Hy verklaar dat daar geen geregtigheid van die geloof is behalwe waar daar geen werke is waarvoor 'n loon verskuldig is nie, en dat die geloof eers dan tot geregtigheid gereken word wanneer geregtigheid deur genade wat nie daaraan verskuldig is nie, toegereken word.

21. 'n Bespreking van die regsinnige leer dat geregtigheid van die geloof in die versoening met God bestaan en op sondevergiffenis gebaseer is.🔗

Laat ons nou ondersoek instel na die waarheid van die definisie wat ons gestel het, naamlik dat geregtigheid van die geloof in versoening met God bestaan wat op sondevergiffenis alleen gebaseer is.183 Ons moet altyd weer tot die grondstelling terugkeer dat God se toorn op alle mense rus solank hulle in hulle sonde volhard. Jesaja het dit pragtig met die volgende woorde aangetoon: "Die hand van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie verswaar184 dat Hy nie kan hoor nie, maar julle ongeregtighede veroorsaak skeiding tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg dat Hy nie na julle wil luister nie".185 Ons hoor dat die sonde skeiding maak tussen die mens en God en dat God sy gelaat van die sondaar af wegdraai. Dit kan ook nie anders nie, want dit is vreemd aan sy geregtigheid om enige verbondenheid met sonde te hê. Daarom leer die apostel dat die mens God se vyand is totdat hy deur Christus in genade herstel word.186 Daar word dus gesê dat die Here iemand regverdig maak wat Hy in sy gemeenskap opneem omdat Hy niemand in genade kan ontvang en ook met Hom kan verbind sonder om van 'n sondaar 'n regverdige mens te maak nie. Ons voeg hierby dat dit deur sondevergiffenis gebeur. Want as mense wat die Here met Homself versoen het, na aanleiding van hulle werke beoordeel word, sal daar inderdaad bevind word dat hulle nog steeds sondaars is hoewel hulle tog vry en rein van sondes behoort te wees. Dit is derhalwe duidelik dat diegene wat God (uit genade) omhels, slegs regverdig word omdat die vlekke deur sondevergiffenis van hulle afgewas word en hulle rein word, sodat so 'n regverdigheid kort en klaar sondevergiffenis genoem kan word.

22. God was in Christus toe Hy die wêreld met Hom versoen het en die mense hulle misdade nie toegereken het nie.🔗

Albei hierdie weldade kom pragtig na vore uit Paulus se woorde wat ek reeds aangehaal het,187 naamlik: "God was in Christus toe Hy die wêreld met Hom versoen, die mense hulle misdade nie toegereken het nie en die Woord van versoening by ons gelaat het."188 Daarna voeg hy 'n samevatting van sy eie bediening by. "Hy het Hom wat die sonde nie geken het nie, vir ons sonde gemaak, sodat ons in Hom God se geregtigheid kan word."189 Hier vermeld hy geregtigheid en versoening sonder onderskeid, sodat ons kan begryp dat die een onder die ander inbegrepe is. Hy leer ons ook die wyse waarop ons hierdie geregtigheid verkry, naamlik wanneer ons misdade ons nie toegereken word nie. Moet dus voortaan nie twyfel oor die wyse waarop God ons regverdig maak wanneer jy hoor dat Hy ons met Homself versoen deur ons misdade ons nie toe te reken nie. Hy bewys byvoorbeeld in sy brief aan die Romeine aan die hand van Dawid se getuienis dat geregtigheid sonder die werke die mens toegereken word omdat hy verklaar dat dié mens geluksalig is wie se ongeregtighede vergewe is, wie se sondes bedek is en vir wie die Here sy misdade nie toegereken het nie.190 Hy stel geluksaligheid daar ongetwyfeld in die plek van geregtigheid en aangesien hy verklaar dat dit is op sondevergiffenis gebaseer is, het ons geen rede om dit anders te beskryf nie. Daarom sing Johannes die Doper se vader, Sagaria, dat die kennis van saligheid in sondevergiffenis geleë is.191

Paulus volg hierdie reël in die preek waarin hy die hoofpunte van ons saligheid vir die Antiochiërs saamvat en, soos Lukas vertel, sluit hy sy preek soos volg: "Deur Hom word vergiffenis van sondes vir julle verkondig en elkeen wat in Hom glo, word van al die sondes waarvan julIe nie in die wet van Moses regverdig gemaak kon word nie, regverdig gestel."192 Die apostel verbind sondevergiffenis so met geregtigheid dat hy aantoon dat dit heeltemal een en dieselfde is. Daarom redeneer hy tereg dat die geregtigheid wat ons uit die goedertierenheid van God verkry, vir ons onverdiende geregtigheid is.

Die uitdrukking dat gelowiges nie deur hulle werke nie maar uit genadige aanneming voor God regverdig is, moet ook nie as 'n ongewone spreekwyse beskou word nie, aangesien dit enersyds dikwels in die Skrif voorkom en die skrywers van die ou tyd andersyds soms so praat. Augustinus verklaar trouens iewers dat die geregtigheid van die heiliges in hierdie wêreld eerder op sondevergiffenis as op die volmaaktheid van hierdie deugde berus.193 Bernardus se voortreflike uitspraak stem ook hiermee ooreen. Hy sê dat dit God se geregtigheid is om nie te sondig nie, maar dat die mens se geregtigheid God se goedertierenheid is.194 Hy het trouens tevore verklaar dat Christus deur vryspraak ons geregtigheid is en dat slegs die mense daarom regverdig is wat uit barmhartigheid vergiffenis gekry het.195

23. Gevolgtrekking: die mens word deur die geloof regverdig gemaak omdat hy die geregtigheid van Christus deur die geloof aangryp.🔗

Hieruit volg ook dat ons alleen deur die tussenkoms van Christus geregtigheid verkry en voor God regverdig gestel word. Dit dra net soveel gewig asof gesê word dat die mens nie vanself regverdig is nie maar omdat die geregtigheid van Christus deur toerekening met Hom gedeel word. Dit is 'n aspek wat noukeurige aandag verdien. Die onsin dat die mens deur die geloof regverdig gemaak word omdat die geloof dan deel het in die Gees van God deur wie hy regverdig gestel word, verdwyn immers.196 Dit is so strydig met die voorgaande leer dat dit nooit daarmee vereenselwig kan word nie. Daar kan tewens geen twyfel daaroor bestaan dat iemand wat geleer word om geregtigheid buite homself te soek, geen geregtigheid van sy eie het nie. Die apostel verklaar dit onomwonde wanneer hy skryf dat Hy wat die sonde nie geken het nie, vir ons as soenoffer vir die sonde gemaak is, sodat ons in Hom God se geregtigheid kon word.197

Nou merk jy dat ons geregtigheid nie in ons is nie maar in Christus en dat ons hierdie geregtigheid om geen ander rede verkry as net omdat ons in Christus deel het nie, want ons besit al sy rykdomme saam met Hom.198 Dit wat hy elders leer is geen struikelblok hiervoor nie. Hy verklaar naamlik dat die sonde deur die sonde in Christus se vlees verdoem is, sodat die geregtigheid van die wet in ons vervul kon word.199 Daar toon hy met die woord vervulling niks anders aan as dit wat ons deur toerekening bekom nie. Die Here Christus laat ons met die reg in sy geregtigheid deel sodat Hy op die een op ander wonderbaarlike manier sy krag in ons oorgiet vir sover dit op God se oordeel betrekking het.200

Uit 'n ander uitspraak wat hy 'n rukkie tevore gestel het, is dit duidelik genoeg dat hy nie anders daaroor gevoel het nie: "Soos ons deur die ongehoorsaamheid van een tot sondaars gestel is, so is ons deur die gehoorsaamheid van een regverdig gernaak".201 Wat beteken dit dat ons geregtigheid in Christus gestel word anders as dat ons daardeur alleen as regverdiges beskou word omdat verklaar word dat ons Christus se gehoorsaamheid toegereken word asof dit ons eie is?

Daarom is my indruk dat Ambrosius 'n voorbeeld van hierdie geregtigheid pragtig in Jakob se seën gestel het, naamlik: soos hy die eerstegeboortereg nie vanself verdien het nie maar homself in die gestalte van sy broer versteek het en sy klere aangetrek het wat 'n baie goeie geur versprei het, het hy hom aan sy vader opgedring om tot sy eie voordeel sy vader se seën onder 'n ander se persoonlikheid te ontvang. So skuil ons onder die kosbare reinheid van ons eersgebore Broer, Christus, om tot ons geregtigheid voor God te getuig. Ambrosius stel dit soos volg: "Die feit dat Isak die reuk van die klere geruik het, beteken miskien dat ons nie deur ons werke nie maar deur die geloof regverdig gemaak word. Die swakheid van ons vlees is trouens vir ons werke 'n struikelblok, maar die helderheid van die geloof wat sondevergiffenis verdien, oorskadu die gebrek van ons werke".202

En so is die toedrag van sake ook. Om trouens tot ons saligheid voor die aangesig van God te verskyn moet ons die aangename geur (van Christus) versprei, en ons gebreke moet deur sy volmaaktheid bedek en daaronder begrawe word.

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Inst. 2.12.1; 3.2.1 (Afr. vert. 2:613; 3:707).
  2. ^ Vgl. Inst. 3.2 en 3 (Afr. vert. 3:707 en 769).
  3. ^ Vgl. Inst. 3.3.1.; 3.3.6 - 10 (Aft. vert. 3:769; 775 - 781).
  4. ^ Vgl. Inst. 3.3.1 (Afr. vert. 3:769).
  5. ^ Vgl. Inst. 3.3.6 (Afr. vert. 3:775).
  6. ^ Calvyn het reeds in 1539 in sy antwoord aan Kardinaal Sadoletus op die verskille in die standpunte van die Protestante en die Pousgesindes gewys. Hyskryf: "Eerstens raak u (Sadoletus) die vraagstuk in verband met regverdigmaking deur die geloof aan. Daaroor is ons in 'n heftige stryd met julle gewikkel - moet ons dit dan maar afmaak as 'n moeilike of in elk geval nuttelose onderwerp? Maar as ons nie daarvan kennis dra nie, word Christus se heerlikheid uitgewis, ons godsdiens vernietig, die kerk afgebreek en ons hoop op saligheid heeltemal verwees." Vgl. OC 5:396 - 397; die Apotogia Conf August. art 4.2; Melanchthon, Apotogia altera (CR 27:429 -440, 440 - 447); Loci com. 1535 (CR 21:420); en Pighius in sy inleiding tot sy Controversiae fo. 36a en 37a.
  7. ^ Marg. Luc. 7.e.21 (recte: Luk. 7:29). Vgl. OC 45:305 - 306.
  8. ^ Marg. Ibidem, 37 Luk 7:37 (recte: Luk. 7:35).
  9. ^ Marg. Luc. 16.d.15.
  10. ^ A: Bersabe (recte 1560: Betbsabë).
  11. ^ Marg. 1. Reg. 1.c.21.
  12. ^ Fr. 1560: que ce verbe mesme en Grec et en Latin ne sepeut autrementprendre, que pour estre estimê iuste, et n 'emporte point une qualitê d'effect (Benoit 3:206).
  13. ^ Marg. Galat. 3.a.8. Vgl. OC 50:207.
  14. ^ Marg. Rom. 3.d.26. Vgl. OC 49:63 - 64.
  15. ^ Marg. Rom. 8.f33 Vgl. OC 49:163 e.v.
  16. ^ Marg. Act. 13.f38. Vgl. OC 48:304 e.v.
  17. ^ Marg. Luc. 18.c.14. Vgl. OC 45:421.
  18. ^ Marg.In Psal. 118. serm. 10. Vgl. Ambrosius, Expositie in Psal. 118, serm. 10.47 (MPL 15:1418; CSEL 62:231).
  19. ^ Vgl. Ef. 1:5 e.v. (OC 51:148 e.v.).
  20. ^ Marg. Rom: 3.c.24.
  21. ^ Marg. Rom. 4.a.6. Vgl. ook verse 7 - 8 en OC 49:71 - 73.
  22. ^ Fr. 1551 e.v.: Dont il appert qu'il note ces deux choses comme oppositesi Estre iustifié, et estre tenu pour coulpable, à ce que le procès soit fait à l'bomme qui aura failly (Benoit 3:207).
  23. ^ Marg.2. Cor. 5.d.18. Vgl. OC 50:70 - 71
  24. ^ Vgl. 2 Kor. 5:21.
  25. ^ Marg. Rom. 5.d.19. Vgl. OC 49:101 - 102.
  26. ^ Vir 'n kort lewenskets van Osiandervgl. Vita (Afr. vert. 1:28, n.127). Vgl. verder Inst. 2.12.4 e.v. (Afr. vert. 2:616 n. 16); Calvyn se bondige samevatting van die hoofpunte van sy geskil met Osiander in sy Contra Osiandrum (OC 10,1:165 e.v.), Osiander se standpunt kom daarop neer dat Christus alleen deur sy Goddelike natuur ons geregtigheid is, en omdat Hy in gelowiges inwoon, het hulle deel aan sy sogenaamde wesenlike geregtigbeid. Calvyn behandel Osiander se standpunt soos dit opgeneem is In sy confessta en is gemik daarop om Christus se lyding en kruisdood wat volgens Osiander se leer geen betekenis meer het nie, 'n regmatige plek in die ortodoksie te gee. Vgl. ook Inst. 3.11.8 (Afr. vert. 3:937) hieronder.
  27. ^ Vgl. Conf fo. 4a.
  28. ^ Vgl. Augustinus, Sermo 182.4 (MPL38:986); De agone Christiano 10.11 (MPL40:297; CSEL 41:113114); De civ. Dei 11.22 (MPL41:336; eeSL48:340 - 341; CSEL40,1:542 - 544); Contra duas ep. Pelag. 2.2.2 (MPL44:572; CSEL 60,1:461 - 462); Op. imperf contra Jul. 3.186 (MPL45:1325). In sy An filius Dei (fo. B3a) het Osiander gepoog om te bewys dat Augustinus se siening dat die beeld van God wat in die mens se gees met sy drie dele geheue, verstand, en wil, opgeneem is, verkeerd is. Vgl. Augustinus, De Trinitate 10.12.19 MPL42:984; CCSL 50:332. Osiander gaan uit van die standpunt dat die duiwel ook hierdie eienskappe het (fo. B4a) en dat die beeld van God eerder opgesluit is (inclusa) in Christus se menslike natuur (fo. e2a) wat van ewigheid af in God was (fo. D1b). Hy beskryf Adam se oorspronklike geregtigheid as God se geregtigheid wat in Adam ingewoon het (fo. F4a). Fr. 1560: à la fantasie de Manicbëens. c'estque l'me est de l'essence de Dieu (Benoit 3:208).
  29. ^ Vgl. Osiander, Disputatio fo. E3b - 4a; D1b - 2a; Inst. 1.15.3 - 5; 2.12.4 -7 (Afr. vert. 1:289 - 295; 2:616- 624).
  30. ^ Vgl. Osiander, Conf fo. D3b - E1a.
  31. ^ Ibidem fo. Flab; f3b - Gla.
  32. ^ Ibidem fo. A4a.
  33. ^ Ibidem fo. A4b . B2a.
  34. ^ Ibidem fo. C4a . D`a; D2a - 3b.
  35. ^ Vgl. Kol. 2:9 (OC  52:104).
  36. ^ Fr. 1560: + à ce qu 'ils ne se tiennent point à luy (Benoit 3:209).
  37. ^ Conf fo. C4b - D1a; D3b.
  38. ^ Fr. 1560: Mais sur tout en mamtenant que la iustice que nous auons est celle du Père et de l'Esprit selon leur dioinitë (Benoit 3:209).
  39. ^ Conf fo. D2a - 3b.
  40. ^ Sepiae. inkvis of seekat. Vgl. Cicero, De nat. deorum 2.50.127 (LCL 244); Aristoteles, Hist. animalium 4.5 (LCL 2:45).
  41. ^ Vgl. o.a. Conf fo. E3a - F3a.
  42. ^ Ibidem fo. Fla - 2a; F3b - Gla.
  43. ^ Ibidem fo. Flab; K4b - L1b.
  44. ^ Ibidem fo. E4a.
  45. ^ Fr. 1560: + ce brouillon (Benoit 3:210).
  46. ^ Marg. 1. Cor. 1.d.30. Vgl. OC 49:330 . 332; Osiander, conf fo. L2a . M3b.
  47. ^ Marg. Rom. 4.a.5.
  48. ^ Fr. 1560: + que Dieu change les coeurs et la vie, pour rendre lesftdelès iustes (Benoit 3:210). Vgl. Osiander, Conf fo. E3ab.
  49. ^ Ibidem fo. 04a - P3a.
  50. ^ Vgl. Inst. 3.11.3 (Mr. vert. 3:929) hierbo.
  51. ^ Vgl. Rom. 8:33; Conf fo. E3b. Fr. 1560: comme s'il estoit dit qu 'üsfussent réalement iustes (Benoit 3:211).
  52. ^ Conf. fo. P1a.
  53. ^ Ibidem fo. G1a - 3a.
  54. ^ Hulle verwys waarskynlik na die skolastiese teoloë.
  55. ^ Fr. 1560: Quant à d'autres folies extravaguantes d'Osiander, tout homme de sain iugement les reiettera (Benoit 3:211).
  56. ^ Conf fo. E3ab; G1a - 3a; 04a - P3a; vgl. Panier, Instuution 3:200 n. 4; 201 n. 9. Wanneer bsiander Christus se verlossingswerk tot sy goddelike natuur wil beperk, weerlë Calvynsy standpunt heftig in afdeling 8 - 12 hieronder.
  57. ^ Ibidem fo. B3a - C2a; L1a.A: externam waarskynlik 'n tikfout vir aeternam. Fr. 1560: en quoy il destourne tant qu 'i1 est possible les lecteurs de la personne du Mëdiateur, lequel intercède pour nous avec son sacriftce, faisant semblant de les raotr à la divinitë d'iceluy (Benoit 3:212).
  58. ^ Conf fo. K3b - 4b; M3a.
  59. ^ Marg. Iere. 51.b.l0. Vgl. Jer. 23:6; 33:16 en OC 39:447 - 448; 38:413; 39:67 - 69.
  60. ^ Vgl. 1 Tim. 3:16 (OC 52:2·89 - 291).
  61. ^ Inst. 2.14.2 (Afr. vert. 2:636, n.20).
  62. ^ Marg. Act 20.f28. Vgl. oc 48:467 e.v.
  63. ^ Marg.Iesa. 53.d.ll. vgl. OC 37:264 - 267.
  64. ^ Vgl. n. 64 hierbo.
  65. ^ Vgl. Fil. 2:7 (OC 52:26 - 27).
  66. ^ Fr. 1560: toutesfcois pource que le mal-heureux divorse qui est venu par la cheute d'Adam, nous a aliénez et bannis de tous biens célestes (Benoit 3:213).
  67. ^ Conf fo. E3b - 4a; K4ab; M3ab.
  68. ^ Marg. Rom. 5.d.19.
  69. ^ Vgl. 2 Kor. 5:21.
  70. ^ Marg.Iohan. 10 (recte 1561: lohan. 12.. 43). Vgl. OC 47:300 - 301; Fr. 1560: signifiantque ceux desquels il parle ont nagë entre deux eaux, pource qu 'ils aimoyent mieux garder leur bonne réputation au monde que d'estre prises devant Dieu (Benoit 3:213).
  71. ^ Vgl. Joh. 6:48 (OC 47:151 e.v.).
  72. ^ Vgl. Joh. 6:55.
  73. ^ Vgl. Inst. 4.17.4 en Cadier, Institution 3:201 n. 4. Battles vestig die aandag daarop dat Calvyn die verhouding van die goddelike tot die menslike in die nagmaal ooreenstemmend met Christus se ampswerk as God en as mens in die regverdigmaking sien (Battles 1980:736, n.19).
  74. ^ A: mystica .., unio; Fr. 1560: union sacrëe (Benoit 3:214). Vgl. Inst. 3.2.24 (Afr. ven. 3:740); 4.17.812.
  75. ^ Vir die belangrike plek wat die insitio in Christum - die inlywing in Christus - in Calvyn se leer inneem, vgl. Benoit 3:214, n.5 en verwysings na Calvyn se ander geskrifte.
  76. ^ Conf. fo. F1a, J2a.
  77. ^ Ibidem fo. J4a, L4ab.
  78. ^ Fr. 1560: Et tant plus suis-ie libre à dêmener ceste cause rondement, n 'estant point incitë d'affection priuëe, veu qu 'il ne s'est point attaché à moy (Benoit 3:215).
  79. ^ Conf fo. F3b.
  80. ^ Marg. 1. Pet. 1.a.4 (recte: 2 Pet. 1:2 - 4). Vgl. OC 55:443 - 447.
  81. ^ Marg. 1. Iohan. 3.a.2. Vgl. OC 55:330 - 332; Fr. 1560: + Osiander tire de là que Dieu a meslé son essence avec la nostre (Benoit 3:215).
  82. ^ Conf fo. N4b e.v.
  83. ^ Fr. 1560: + que ce resveur a voulu forger (Benoit 3:216).
  84. ^ Conf fo. E4b - Fla.
  85. ^ Ibidem fo. F3a.
  86. ^ Marg. 2. Cor. 5.d.21 (recte: 2 Kor. 5:19, 21).
  87. ^ Fr. 1560: Dont il appert que iustifter n 'est autre chose, sinon quand il platst à Dieu comme iuge nous absoudre (Benoit 3:216)
  88. ^ Vgl. Inst. 3.11.6, 11 (Afr. vert. 3:934,942). Osiander maak dikwels van die oorspronklike Hebreeus gebruik om sy stellings te staaf.
  89. ^ Marg. Rom. 4.a.7; Psal. 32.a.1. Vgl. ook Rom. 4:6 en OC 31:314 - 317.
  90. ^ Conf fo. F2a.
  91. ^ Vgl. Rom. 6:4 (OC 49:105 - 106).
  92. ^ Fr.: + et ne la (sc. ceste oeuvre) paracbëue point iusques à la mort (Benoit 3:217).
  93. ^ Marg. Galat. 3.c.18. Vgl. OC 50:214.
  94. ^ 1561: + Marg. Rom. 4.c.14. (Vg.)
  95. ^ Conf fo. P2a; vgl. Niesel (ZKG 46:418, 422).
  96. ^ Marg. Rom. 7.d.24. vgl. OC 49:134 - 135.
  97. ^ Marg. Rom. 8.f 33.
  98. ^ Vgl. Rom. 8:38 e.v.
  99. ^ Conf fo. A1a - 2a.
  100. ^ Fr.: que nous sommes réputez iustes Pro rata, comme on dit, de l'acceptation par laquelle Dieu nous a à gré (Benoit 3:217).
  101. ^ Marg. Psal. 51.a.6. Vgl. Vg: Psal. 50:6 en OC 31:510 - 512.
  102. ^ Marg. Exod. 21.d.19 (recte: Eks. 33:19).
  103. ^ Conf fo. E2b - 3a; Tla.
  104. ^ Fr. 1560: voire d'autant qu 'il n'a pas bonte de dire, qu'il (Benoit 3:218).
  105. ^ Conf fo. K3b - M3b.
  106. ^ Ibidem fo. M3a.
  107. ^ Ibidem fo. F3b, M3b.
  108. ^ Ibidem fo. M1a - 3a.
  109. ^ Fr. 1560: + c'est qu 'après qu 'il a pris nostre chair (Benoit 3:218).
  110. ^ Marg. Colos. 2.a.3. Vgl. OC 52:100.
  111. ^ Vgl. Joh. 17:5.
  112. ^ Vgl. Joh. 1:5
  113. ^ Calvyn gebruik die uitdrukking sol iustitiae - son van geregtigheid baie dikwels: Inst. 2.10.20 (Afr. vert. 2:592); 3.25.1 (Afr. vert. 3:1240); 4.8.7.
  114. ^ Marg. Iohan. 8.b.12. Vgl. OC 47:191 e.v.
  115. ^ Marg. Gatat. 3.b.13. Vgl. ook Gal. 4:5.
  116. ^ Conf fo. F1a.
  117. ^ Marg. Heb. 2.d.14. Vg1. OC 55:32 - 33.
  118. ^ Conf fo. N4b - O2b.
  119. ^ Ibidem fo. O2a.
  120. ^ Marg. Philip. 2.b.13. Vg1. OC 52:31 - 34; Conf fo. 02b.
  121. ^ Marg. Ioban. 17.c.19. Vg1. OC 47:385.
  122. ^ Conf fo. O3a.
  123. ^ Vg1. Inst. 2.17.1 (Afr. vert. 2:687).
  124. ^ Marg. Iesa. 59.d.17. Vgl. OC 37:348 - 349.
  125. ^ Marg. Rom. 3.d.25. Vgl. OC 49:62 - 63.
  126. ^ Marg. Rom. 5.d.19.
  127. ^ Vir die bronne in verband met hierdie onderafdeling van ealvyn se weerlegging van teenstanders van die Protestantse leer in verband met die regverdigmaking deur die geloof, vgl. n. 1 (Afr. vert. 3:927) hierbo.
  128. ^ A: repertret; 1539: invenietur in illo; 1543: recuperaret; 1554 - 1554 (recte: reperiretur).
  129. ^ Marg. Philip. 3.b.B. Vgl. OC 52:47 - 48.
  130. ^ Marg. Rom. 10.a.3. Vgl. ook verse 4 - 6.
  131. ^ Marg. Rom. 3.d.27.
  132. ^ Marg. Rom. 4.a.2.
  133. ^ Vgl. Rom. 4:4.
  134. ^ Calvyn verwys hier na sestiende eeuse verdedigers van die Middeleeuse denke waarvolgens regverdigmaking en genade sonder God se barmhartigheid slegs deur goeie werke verkry kan word. Vir werke in verband hiermee vgl. OS 4:198. n.l· Ó, 199, n.1 - 5.
  135. ^ Vgl. die Konsilie van Trente, sessie 6, Deer. de iustiftcatione (Denzinger 792a, 814; Mansi 33:32· 33, 40).
  136. ^ Marg. Gala. 3.b.11.12
  137. ^ 1561: + Marg. Rom. 10.a.5. b.9.
  138. ^ Vgl. Inst. 3.14.9 (Afr. vert. 3:989).
  139. ^ Calvyn verwys na die aanhaling van Rom. 4:2 in afdeling 13 (Afr. vert. 3:949J n. 134) hierbo.
  140. ^ Fr.: les théologiens Sorboniques (Benoit 3:222).
  141. ^ Fr.: ces renards dont i'ay parlë (Benoit 3:222).
  142. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 2J1.112.2 e.v. (Marietti 2:571). Die implikasies van die Konsilie van Trente vir die Roomse kerk word op dieselfde bladsyen verder uiteengesit. Vgl. ook Bonaventura, Sent. 1.41.1.2.
  143. ^ Fr.: Quant est des Sorboniques (Benoit 3:222).
  144. ^ Marg. Heb. 11.a.6. Vgl. OC 55:147 - 149; Eck, Ench. 5 fo. D2ab.
  145. ^ Marg. Lib. 3. sent. dist. 16. (recte 1539 - 1550: 19. Vgl. Lombardus, Sent. 3.19.1 (MPL 192:795 e.v.).
  146. ^ Ibidem (MPL 192:796).
  147. ^ Fr. 1541 e.v.: + Sorboniques (Benoit 3:223).
  148. ^ Augustinus, De spiritu et lit. 13.21 (MPL44:213·214; eSEL 60,1:173 - 175); Sermo 130.2 (MPL38:726 e.v.). Vgl. ook Smits 2:41.
  149. ^ Vgl. Inst. 2.9.2; 3.2.16 (Afr. vert. 2:565 e.v.: 3:731).
  150. ^ Marg. Rom. 10.a.5.
  151. ^ Vgl. Rom. 10:3 - 6.
  152. ^ 154 1553 - 1554: + Marg. Rom. 10.b.8 (recte: Rom. 10:9).
  153. ^ Marg. Gal. 3.c.l8.
  154. ^ Vgl. Eck, Ench. 5fo. e7b e.v.; Konsilie van Trente, Decr. de iustif. canon 1(Denzinger 81I,p. 295; Mansi 33:40); Schaff, Creeds 2:110.
  155. ^ Marg. Rom. 8.a.2 (recte: Rom. 8:3). Vgl. OC 49:137 - 140.
  156. ^ Vgl. Hab. 2:4.
  157. ^ Marg. Galat. 3.b.l2. Vgl. ook vers 11.
  158. ^ Marg. Rom. 4.a.2. Vgl. ook die volgende verse en Pighius, Controversiae fo. 83b - 84a.
  159. ^ Vgl. Rom. 4:16.
  160. ^ lbidem
  161. ^ Marg. Rom. 3.c.21. Vgl.  49:57 - 60.
  162. ^ Vgl. Rom. 3:28. Vir Pighius se beswaar teen die gebruik van die woord alleen, vgl. sy Controversiae 2 fo. 37a. Vgl. verder os 4:202, n. 4. Ook die Konsilie van Trente het die gebruik van die woord ten sterkste afgekeur; vgl. n. 156 hierbo. Vir Luther se standpunt in verband met sy vertaling van Rom. 3:28 (WA 56:263), vgl. sy Sendbriefvom Dolmetschen 1530 (WA 30,2:632 e.v.)
  163. ^ Vgl. Eck, Ench. 5 fo. D2a; Konsilie van Trente, sessie 6, Decr. de tustif. 9, canon 9 (Denzinger 802, 819, p. 289, 296; Mansi 33:36, 40).
  164. ^ Marg. Rom. 4.a.2. Vgl. ook die daaropvolgende verse.
  165. ^ Marg. Rom. 1.b.17. Vgl. OC 49:20 - 22.
  166. ^ Marg. Rom. 3.c.2l & 24.
  167. ^ Vgl. Rom. 3:28.
  168. ^ Calvyn se verwysing na Origenes is foutief. Vgl. os 4:203 wat dit terugvoer na Pelagius soos Hieronymus hom aanhaal in sy kommentaar by Rom. 3 (MPL 30:685, 687). Dit kom ook voor in Pseudo-Arnbrosius, Com. in ep.ad Rom. 3 (MPL17:79) en algemeen gebruik onder sestiende eeuse teoloë.
  169. ^ Fr. 1541 e.v.. en abayant sans Cesse en leurs eseoles 9 (Benoit 3:226).
  170. ^ Marg. Galat. 3.b.l0.12.
  171. ^ Marg. Rom. 3.c.20.
  172. ^ Marg. & 4.c.15. Rom. 4:15.
  173. ^ Vgl. Rom. 4:4 e.v.
  174. ^ Vgl. Rom. 3:27.
  175. ^ Marg. Galat. 3.d.2l. Vgl. oe 50:217 - 218.
  176. ^ Fr. 1541 e.v.: si aucunement elles en peuoent estre dignes (Benoit 3:226).
  177. ^ Marg. Galat. 3.c.17.
  178. ^ Marg. Rom. 4.a.6; 1539: + Rom. quarto.Marg. Rom. 4.a.6; 1539: + Rom. quarto.
  179. ^ Vgl. Eck, Ench. 5 fo. D2a.
  180. ^ Marg. Gal. 5.a. 6.
  181. ^ Marg. Rom. 4.a.4. NAV: 'n Arbeider se loon word nie vir hom as 'n guns gegee nie, maar as iets wat hom toekom.
  182. ^ Vgl. ook Rom. 4:5. NAV: ... maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof.
  183. ^ Vgl. Inst. 3.2 en 3.4 (Afr. vert. 3:707 en 804) hierbo.
  184. ^ NAV: doof.
  185. ^ Marg. Iesa. 59.a. 7 (recte 1553: Iesa. 59.a.l). Vgl. OC 37:337.
  186. ^ Marg. Rom. 5. b.8. Vgl. ook die daaropvolgende verse.
  187. ^ Vgl. Inst. 3.4 (Afr. ven. 3:804) hierbo.
  188. ^ Marg. 2. Cor. 5. d.19.
  189. ^ Marg. Ibidem, 21.2 Kor. 5:21.
  190. ^ Marg. Rom. 4.a.6. Vgl. ook verse 7 en 8.
  191. ^ Marg. Luc. 1.g. 77. Vgl. OC 45:51.
  192. ^ Marg. Act. 13.f38.
  193. ^ Marg. Lib. de Ciuitate Dei, cap. 27. Vgl. Augustinus, De civ. Dei 19.27 (MPL 41:657; CSEL 40,2:421 e.v.; CCSL 48:697 - 698).
  194. ^ Marg. Serm. 23 in Cant. Vgl. Bernardus, In Cantica Canticorum, sermo 23.15 (MPL 183:892).
  195. ^ Marg. Serm. 22. Vgl. Bernardus, Ibid., Sermo 22.6 (MPL 183:880).
  196. ^ Vgl. Lombardus, Sent. 2.27.6 (MPL 192:715); Duns Scotus, In sent. 2.27.1.3 (000 6,2:902 e.v.).
  197. ^ Marg. 2. Cor. 5.d.21.
  198. ^ Vgl. Calvyn se Kategismus 1538 (OC 5:335).
  199. ^ Marg. Rom. 8.a.3. Vgl. ook die daaropvolgende verse.
  200. ^ Fr. 1541 e.v.: Car le Seigneur Iesus communiqué en telle sorte sa iustice, que par une vertu inénarrable elle st transfërêe en nous, entant qu 'it apporttent au iugement de Dieu (Benoit 3:230).
  201. ^ Marg. Rom. 5. d.19.
  202. ^ Marg. Lib. 2. de Iacob & Vita Beata cap. 2. Vgl. Ambrosius, De Iacob et vita beata 2.2.9 (MPL 14:618; CSEL 32,2:37).