Calvyn verstaan onder die woord wet nie slegs die tien gebooie nie, maar ook die vorm van godsdiens wat God aan Moses gegee het. Die sedewet sowel as die seremoniële wet is gegee met die oog op Christus se koms. Hy is die voleinding van die wet tot saligheid vir elkeen wat glo.

Dit is onmoontlik om die wet volkome na te kom. Slegs omdat God ons uit genade, sonder inagneming van ons werke aangryp, het die beloftes van die wet nog waarde.

Die sedewet is eerstens soos ‘n spieël waarin ons ons magteloosheid, ongeregtigheid en vervloeking kan waarneem. Dit stroop ons van ons hoogmoed sodat ons ons toevlug tot God alleen sal neem. Tweedens bedwing hierdie wet die onregverdiges en lei dit ander tot verootmoediging. Die derde en belangrikste voordeel van die wet is om God se wil te leer ken.

Die wet van Moses het onder Christene nog steeds bestaansreg. Dit is nie afgeskaf nie, maar slegs die vloek daarvan. Christus het met sy koms egter wel aan die seremonies van die wet ‘n einde gemaak. Daarom het die voorhangsel van die tempel met sy dood in twee geskeur.

1984. 23 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 7 Die Wet is gegee nie om die volk van ouds daaraan te hou nie maar om die hoop op saligheid in Christus tot Sy koms te voed

1. Uit die genade wat die Jode aangebied is, is dit duidelik dat die wet nie sonder Christus is nie.🔗

Uit die aaneenlopende reeks verwysings wat ons vermeld het, kan ons aflei dat die wet ongeveer vierhonderd jaar na Abraham se dood gegee is.1 Die doel daarvan was nie om die uitverkore volk daarmee van Christus af weg te neem nie maar om hulle harte tot sy koms in spanning te hou, hulle aan te vuur om na Hom te verlang en hulle in hulle verwagting te versterk om nie as gevolg van 'n te langdurige verwagting moed te verloor nie. Onder die woord wet verstaan ek nie slegs die tien gebooie wat 'n reël vir 'n godvrugtige en regverdige lewe voorskryf nie,  maar ook die vorm van godsdiens wat God deur die hand van Moses aan ons oorgelewer het. Want Moses is nie as wetgewer gegee om die seën wat aan die geslag van Abraham belowe is, tot niet te maak nie, inteendeel, ons sien dat hy die Jode oral herinner aan die genadeverbond wat met hulle vaders gesluit is en waarvan hulle die erfgename was. Dit is net asof hy gestuur is om die verbond te hernieu.2

Dit is deur die seremonies baie duidelik gemaak. Want wat kan ydeler of sinloser wees as dat mense 'n stinkende walm van beesvet offer om hulle met God te versoen? Wat kan groter onsin wees as dat hulle hulle toevlug neem tot besprinkeling met water of bloed om hulle eie vuilheid af te was? Kortom: die hele eerbiediging van die wet sou heeltemal 'n speletjie wees as dit op sigself deurdink sou word en dit nie skadu's en beelde sou insluit waarmee die waarheid ooreenstem nie. Daarom word die verwysing waar God Moses beveel om alles wat by die tabernakel hoort, volgens die voorbeeld wat op die berg aan hom getoon is, te maak, nie sonder rede so noukeurig in die preek van Stefanus en in die brief aan die Hebreërs opgeweeg nie.3 Want as iets geesteliks nie aan hulle voorgehou is om na te strewe nie, sou die Jode hulle inspanning, net soos die heidene in hulle onbenullighede, tevergeefs daarmee verspeel het. Onheiliges wat ywer vir godvrugtigheid nooit met erns beoefen het nie, verdra nie om na so baie ritusse te luister sonder om 'n afkeer daarvan te kry nie. Hulle wonder nie alleen waarom God die volk van ouds met so 'n groot massa seremonies vermoei het nie, maar hulle verag en bespot dit ook as kinderspeletjies. Hulle let egter nie op die doel daarvan nie, want as die gestaltes van die wet van die doel geskei sou word, moet dit noodwendig as nikswerd veroordeel word. En tog het daardie weergawe4 aangetoon dat God die offerandes nie maar net aan sy dienaars opgedra het om hulle met aardse oefeninge besig te hou nie maar eerder om hulle verstand hoër op te hef.

Dit kan ook duidelik uit sy natuur na vore kom. Aangesien Hy geestelik is, het Hy slegs in 'n geestelike diens behae. Soveel uitsprake van die profete getuig hiervan. Hierin beskuldig hulle die Jode van onverstandigheid omdat hulle dink dat hulle offers vir God van enige belang was. Of was die profete van plan om hiermee iets uit die wet weg te ruim? Hoegenaamd niet Aangesien hulle egter waaragtige vertolkers van die wet was, was hulle doel dat die volk se oë so op die eindpunt gerig moes word waarvan hulle afgedwaal het. Uit die genade wat die Jode aangebied is, kan ons met sekerheid aflei dat die wet nie sonder Christus was nie. Want Moses het aan hulle voorgehou dat dit die doel van hulle aanneming was om vir God 'n priesterlike koninkryk te wees.5 Dit kon hulle egter nie verkry nie, tensy hulle 'n groter en voortrefliker versoening kry as een wat uit beesbloed sou ontstaan.6 Want dit is glad nie paslik dat die kinders van Adam, wat almal met hulle erflike verval as slawe van die sonde gebore word, tot die waardigheid van 'n koning verhefword en daardeur deelgenote in die heerlikheid van God word as so 'n voortreflike seën hulle nie van elders sou bereik nie. Hoe kon die priesterlike reg ook onder hulle van krag wees terwyl hulle as gevolg van die vuilheid van hulle sondes vir God afstootlik was as hulle nie in 'n heilige Hoof geheilig was nie?

Daarom keer Petrus Moses se woorde pragtig om wanneer hy ons leer dat die volheid van die genade wat die jode onder die wet gesmaak het, in Christus geopenbaar is. Hy sê: "Julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom".7 Want die omskakeling van die woorde het die strekking dat die mense aan wie Christus deur die evangelie verskyn het,  meer verkry het as hulle vaders, want hulle het almal priesterlike en koninklike eer, sodat hulle kan waag om vrymoedigvoor die aangesig van God te verskyn omdat hulle op die Middelaar steun.

2. Christus is die Voleinding van die Wet tot Saligheid vir elkeen wat Glo.🔗

Hier moet ons terloops daarop let dat die koninkryk wat uiteindelik in die huis van Dawid opgerig is, 'n deel van die wet is en onder die bediening van Moses ingesluit word. Die gevolgtrekking waartoe daaruit geraak kan word, is dat Christus sowel in die hele geslag van Levi as in die nageslag van Dawid asof dit in twee spieëls was, aan die oë van die volk van ouds voorgehou is. Want, soos ek so pas gesê het, kon hulle nie anders konings of priesters voor die aangesig van God wees nie, omdat hulle slawe van die sonde en die dood en deur hulle eie bedorwenheid besoedel was. Hieruit is dit duidelik dat dit wat Paulus leer, baie waar is, naamlik dat die Jode onder toesig van 'n tugmeester gehou is, totdat die saad sou kom ter wille van wie die belofte gegee is.8 Omdat hulle Christus nog nie met vertroue geken het nie, was hulle soos kinders9 wat as gevolg van hulle swakheid nog nie die volle kennis van die hemelse dinge kon verdra nie. Tevore is reeds gesê en uit baie getuienisse van die profete kan ons beter aflei hoe hulle deur seremonies met die hand na Christus toe gelei is. Hoewel hulle elke dag met nuwe offers tot God moes nader om Hom te versoen, belowe Jesaja nogtans dat al hulle sondes met slegs een offerande gereinig sou word.10 Daniël stem ook hiermee saam.11 Priesters wat uit die stam van Levi aangewys is, het gewoonlik die heiligdom betree. Maar van die enige priester is daar eenmaal gesê dat Hy met 'n eed deur God uitverkies is om vir ewig 'n priester te wees volgens die orde van Melgisédek.12 Daar was toe 'n sigbare salwing met olie, maar na aanleiding van 'n gesig verkondig Daniël dat daar 'n ander salwing sal wees.13 Maar om nou nie op meer getuienis aan te dring nie, die skrywer van die brief aan die Hebreërs dui van die vierde tot die elfde hoofstuk oorvloedig en duidelik aan dat die seremonies van geen waarde was nie en ook ydel totdat hulle by Christus sou kom.

Sover dit die Tien Gebooie aangaan, moet ons eweneens Paulus se vermaning net so in gedagte hou, naamlik dat Christus die voleinding van die wet is tot saligheid vir elkeen wat glo.14 'n Tweede uitspraak is dat Christus die Gees is15 wat die letter, wat op sigself dood is, lewendig maak.16 Want met die eerste verwysing gee hy te kenne dat geregtigheid tevergeefs deur die gebooie geleer word, totdat Christus dit uit genadige toerekening en dèur die Gees van wedergeboorte verleen. Daarom noem hy Christus tereg die vervulling of voleinding van die wet. Dit sou immers geen voordeel vir ons inhou om te weet wat God van ons eis nie, tensy Christus ons te hulp kom terwyl ons onder 'n juk en ondraaglike las swoeg en neergedruk word. Elders leer hy ons dat die wet ter wille van ons oortredings gegee is, naamlik om die mens van sy verdoemenis te oortuig en ootmoedig te stem.17 Omdat dit verder die ware en enigste voorbereiding is om Christus te soek, kom alles wat hy met verskillende woorde leer, goed met mekaar ooreen. Hy was egter in  'n stryd met verkeerde leraars gewikkel, wat die wanopvatting geskep het dat ons deur die werke van die wet gerègtighetd kan verdien. Om dus hulle dwaling te weerlê is hy soms gedwing om die wet bloot in enger sin aan te neem.18 Andersins is dit nogtans met die verbond van vrye aanneming ingeklee.

3. Omdat geeneen van ons die Wet na behore kan Eerbiedig nie, kan ons daarin net die dood baie naby aan ons sien.🔗

Dit is nogtans die moeite werd om kortliks te wete te kom hoe ons nog meer sonder verontskuldiging is wanneer ons deur die sedewet geleer  is, sodat ons skuld ons daartoe kan opwek om vergifnis te vra. As dit waar is dat ons in die wet geleer word om die geregtigheid te volbring, volg daaruit dat absolute eerbiediging daarvan volkome geregtigheid voor die aangesig van God is. Daarvolgens word die mens natuurlik voor die regbank van die hemele as regverdig beskou en gereken. Daarom het Moses nie geaarsel om die hemel en die aarde as getuies aan te roep daarvoor dat hy lewe en dood, goed en kwaad aan Israel voorgehou het toe hy die wet afgekondig het nie.19 Ons mag ook nie ontken dat regmatige gehoorsaamheid aan die wet met die ewige saligheid beloon word nie, soos die Here belowe het.

Aan die ander kant is dit ook die moeite werd om agter te kom of ons wel die gehoorsaamheid betoon, deur die verdienste waarvan ons wel die vertroue mag koester dat ons so 'n beloning sal ontvang. Want van hoe weinig betekenis is dit dat ons kan sien dat die loon van 'n ewige lewe in die eerbiediging van die wet geleë is, as dit nie bowendien ook duidelik is of ons met daardie weg die ewige lewe kan bereik nie? In hierdie opsig vertoon die swakheid van die wet homself. Omdat daar trouens by geeneen van ons so 'n eerbiediging van die wet te vinde is nie, is ons van die belofte van 'n ewige lewe uitgesluit en val ons heeltemal onder die vloek. Ek sê nie wat gebeur nie maar wat noodwendig moet gebeur. Aangesien die aanleer van die wet die mens se verrnoë ver te bowe gaan, kan die mens wel die beloftes wat dit inhou, van ver af sien, maar tog kan hy geen vrug daarvan pluk nie. Daar bly dus net hierdie een ding oor om uit die goeie van die beloftes sy eie ellende beter te kan waardeer wanneer hy daaroor nadink dat die hoop op saligheid vir hom afgesny is en dat die dood sekerlik oor hom hang. Teenoor die beloftes dreig verskriklike strafbepalings wat nie net 'n paar van ons nie maar almal tot die laaste een verstrik en verstrengel. Ek herhaal: dit bedreig en jaag ons met onverbiddelike hardvogtigheid na sodat ons in die wet die dood baie naby aan ons kan sien.

4. Die Beloftes van die Wet sou waardeloos wees as God ons nie uit Genade sonder inagneming van ons werke omhels en ons Sy goedertierenheid wat in die Evangelie geopenbaar is, in die geloof aangryp nie.🔗

As ons dus ons oë slegs op die wet rig, kan ons nie anders as om moed te verloor, verslae en wanhopig te word nie, omdat ons almal op grond  daarvan verdoem en vervloek word,20 en ons word ver weg gehou van die geluksaligheid wat die wet aan dié wat dit eerbiedig, voorhou. "Maar", sal jy sê, "speel die Here dan so met ons? Want hoe weinig verskil dit nie van bespotting nie dat dit die hoop op geluksaligheid aan ons toon, dat dit ons daartoe uitnooi en aanspoor, dat dit getuig dat dit aan ons voorgehou is, terwyl dit intussen vir ons geslote en dit vir ons onmoontlik is om daartoe in te gaan?"

My antwoord daarop is dat, selfs al sou die belofte van die wet insoverre dit voorwaardelik is, van die volkome gehoorsaamheid aan die wet afhang, wat by niemand te vind is nie, dit nogtans nie verniet gegee is nie. Ons leer dat die beloftes21 vir ons waardeloos en kragteloos sal wees, tensy God ons uit sy genadige goedertierenheid sonder inagneming van ons werke omhels en ons daardie goedertierenheid wat deur die evangelie aan ons geopenbaar is, in die geloof aangryp. Dan is die beloftes tewens nograns nie kragteloos nie, selfs al sou daar 'n voorwaarde daaraan verbind wees. Hy verleen immers aan ons alles uit genade, sodat Hy by sy stapel weldade nog byvoeg dat Hy ons halfvolmaakte gehoorsaamheid nie verwerp nie en dat Hy ons alles wat ontbreek om  dit te vervolmaak, vergewe en asof ons die voorwaarde vervul het, die vrug van die beloftes van die wet laat geniet. Maar omdat ons hierdie vraagstuk in die behandeling van die regverdigmaking deur die geloof breedvoerig moet bespreek,22 sal ons die onderwerp vir die huidige nie verder opvolg nie.

5. Dit is onmoontlik om die Wet in hierdie lewe te volbring.🔗

Ons moet egter ons stelling dat dit onmoontlik is om die wet te onderhou, met enkele woorde verduidelik en terselfdertyd ook versterk. Dit word trouens gewoonlik oor die algemeen as 'n baie dwase opvatting beskou - dermate dat Hieronymus nie geaarsel het om die banvloek daaroor uit te spreek nie.23 Met Hieronymus se opvatting gaan ek my nie laat ophou nie. Laat ons eerder soek na die waarheid. Ek sal hier nie 'n lang omhaal van woorde oor die verskillende moontlikhede invleg nie. Ek noem iets onmoontlik wat nog nooit was nie en volgens God se verordening en besluit ook verhinder word om ooit in die toekoms te wees. As ons dan die gryse verlede kan ophaal, verklaar ek dat daar geeneen van die heiliges was wat in hierdie doodsbestaan24 die teiken van die liefde bereik het nie, naamlik om God met sy hele hart, met sy hele verstand, met sy hele siel en met al sy kragte lief te hê nie.25 Ek sê weer eens dat daar nie een van hulle was wat nie onder sy begeertes ges loof het nie. Wie sou sy stem daarteen verhef? Ek sien wel watter soort heiliges die dwase bygeloofvir ons optower26 - mense wie se suiwerheid byna met die engele in die hemel ooreenstem! Maar die Skrif  en ons redelike ervaring is in stryd daarmee. Eweneens verklaar ek dat daar hierna niemand sal wees wat die teiken van ware volmaaktheid sal  bereik nie tensy hy van die las van sy liggaam verlos is. Hiervoor is daar ten eerste duidelike getuienis van die Skrif. Salomo het gesê: "Daar is geen regverdige op die aarde wat nie sondig nie".27 Dawid sê: "Voor u aangesig sal niemand wat lewe, regverdig gemaak word nie".28 Job bevestig dit op baie plekke.29 Paulus sê dit die duidelikste van almal, naamlik dat die vlees teen die Gees begeer en die Gees teen die vlees.30 Hy gebruik nie 'n ander rede om te bewys dat almal wat onder die wet is, aan die vloek onderworpe is nie, as bloot dat daar geskryf is dat almal vervloek is wat nie in al sy gebooie gebly het nie.31 Daarmee gee hy natuurlik te kenne of, liewer, aanvaar hy uitdruklik dat niemand in die wet kan bly nie. Alles wat ons egter in die Skrif voorsê is, behoort as ewig en daarom as noodsaaklik beskou te word.

Die Pelagiane het Augustinus met sulke spitsvondighede getreiter, naamlik dat God 'n onreg aangedoen word as gesê word dat Hy meer gebied as wat gelowiges deur sy genade kan lewer.32 Om aan hulle valse beskuldigings te ontkom het hy wel erken dat die Here, as Hy wil, in staat is om die sterflike mens tot die suiwerheid van 'n engel te verhef. Hy voeg egter by dat die Here dit nog nooit gedoen het of sal doen nie, omdat Hy in die Skrif anders getuig het.33 Ek ontken dit ook nie, maar ek voeg nogtans by dat dit onpaslik is om oor God se mag te redekawel asof dit met sy waarheid in stryd is. As iemand derhalwe sou sê dat iets nie kan gebeur nie omdat die Skrifverklaar dat dit nie sal gebeur nie, moet sy opvatting nie daarom bespotlik gemaak word nie. Maar as daar oor die woord onmoontlik geredekawel word: Wanneer sy dissipels die Here vra wie salig kon word, antwoord Hy hulle dat dit wel by mense onmoontlik is maar dat alles by God moontlik is.34 Augustinus verklaar ook met die kragtigste rede dat ons nooit in hierdie vlees die regmatige liefde wat ons aan Hom verskuldig is, aan God betoon nie. Hy sê: "Die liefde volg so op die kennis dat niemand God volkome kan liefhê, as hy nie eers vooraf sy goedertierenheid ten volle geken het nie. So lank as wat ons vreemdelinge in die wêreld is, sien ons deur 'n spieël en in 'n raaisel.35 Daaruit volg dus dat ons liefde onvolmaak is."36 Laat daar dan geen twis daaroor wees nie dat dit onmoontlik is om die wet in hierdie vlees te volbring as ons op die magteloosheid van ons natuur let,37 soos ook nog elders uit 'n brief van Paulus aangetoon sal word.38

6. Die Eerste Funksie van die sedewet: om die mens van sy verwaandheid en hooghartigheid te stroop en so tot selfkennis te bring.🔗

Maar om die hele saak nog beter bekend te stel moet ons die funksie en gebruik van die wet wat as die sedewet bekend staan, kortliks en ordelik saamvat. Sover ek dit verstaan, bestaan dit uit drie dele.39 Wanneer die sedewet die geregtigheid van God aan ons toon, dit is die geregtigheid wat alleen vir God aanvaarbaar is, is die doel daarvan in die eerste plek om elkeen oor sy ongeregtigheid te vermaan, om hom daarvan te verseker en ten slotte hom daaraan skuldig te vind en te verdoem. Want so moet die mens wat blind en beskonke van liefde vir homself is, terselfdertyd tot die kennis en die erkenning van sy eie.swakheid en sy eie onreinheid gedryf word, want as sy ydelheid nie onmiskenbaar aan die kaak gestel word nie, is die mens opgeblase van 'n waansinnige vertroue op sy eie kragte, en hy kan nooit so ver gebring word om die swakheid daarvan aan te voel so lank as wat hy dit aan die maat van syeie oordeel meet nie. Maar sodra hy sy kragte begin vergelyk met die probleme wat die wet gee, vind hy daarin iets om sy voortvarendheid te verminder. Want hoewel hy 'n groot dunk van sy kragte veronderstel het, kom hy tog weldra agter dat dit onder so 'n groot gewig na asem snak; daarna begin dit te wankel en te struikel, en uiteindelik stort dit in duie en beswyk. Wanneer hy onder toesig van die wet so onderwys is, stroop dit die verwaandheid waardeur hy eers verblind is, van hom af.

Net so moet hy van die tweede kwaal, naamlik hooghartigheid, waaronder hy swoeg, soos ons gesê het, genees word. So lank as wat hy toegelaat word om in sy eie oordeel te berus, verwar hy geveinsdheid met geregtigheid. As hy daarmee tevrede is, verhef hy hom met sekere gewaande geregtighede teen die genade van God. Nadat hy gedwing is om sy lewe in die weegskaal van die wet te weeg, laat vaar hy die verwaandheid van sy gewaande geregtigheid en hy sien dat hy oneindig ver weg is van heiligheid. Maar hy sien ook dat hy vol is van tallose gebreke, hoewel dit tevore vir hom gelyk het asof hy rein is. Want die kwaad van begeerte is in sulke diep en krom skuilplekke verborge dat hulle 'n mens se oë maklik ontgaan. Die apostel sê dus nie sonder rede dat hy begeerte nie sou geken het as dit nie was dat die wet gesë het: "Jy mag nie begeer nie",40 want as dit nie deur die wet in sy skuilplekke oopgevlek word nie, stuur dit die ellendige mens so heimlik in die verderf in dat hy die dodelike wapen daarvan nie bemerk nie.

7. Die Wet is soos 'n spieël waarin ons ons magteloosheid en uit ons magteloosheid ons ongeregtigheid en uit albei ons vervloeking kan waarneem.🔗

So is die wet soos 'n spieël waarin ons ons magteloosheid en uit ons magteloosheid ons ongeregtigheid en ten slotte uit albei ons vervloeking kan waarneem net soos 'n spieël vlekke op ons gesig weerkaats. Die mens se verrnoë het hom immers daarvan beroof om die geregtigheid te verkry, en hy moet noodwendig in die slyk van die sondes vassteek en daaraan bly kleef. Die vloek volg onmiddellik na die sonde. Hoe groter die sonde is waarin die wet die mens betrap en waarvan dit hom aankla, des te swaarder is die oordeel wat hy terselfdertyd oor hom. haal. Die woorde van die apostel het hierop betrekking: "Deur die wet is die kennis van die sonde".41 Daar dui hy slegs die eerste funksie van die wet aan, wat op sondaars wat nog nie wedergebore is nie, van toepassing is. Die volgende is nou hieraan verbonde, naamlik dat die wet bygekom het sodat die sonde meer kan word42 en dat dit dus die bediening van die dood is,43 wat toorn wek44 en doodmaak. Want ongetwyfeld neem die ongeregtigheid nog meer toe namate die mens se gewete deur duideliker kennis van sy sonde getref word, en by sy pligsversuim kom daar dan ook weerspannigheid teen die Wetgewer by. Daar bly dus net oor dat die wet die toorn van God tot verderf van die sondaar bewapen, want dit kan niks anders doen as om die sondaar aan te kla, hom te verdoem en in die verderf in te stuur nie.

Augustinus skryf byvoorbeeld: "As die Gees van genade ontbreek, is die wet maar net daar om die mens aan te kla en te dood".45 Met hierdie woorde word die wet nie gesmaad nie en geen afbreuk aan sy uitnemendheid gedoen nie. As ons wil ten minste volkome gevorm en ingestel is om dit te gehoorsaam, sou die kennis daarvan alleen alreeds vir ons saligheid voldoende gewees het. Aangesien ons vleeslike en bedorwe natuur egter vyandig teen die geestelike wet van God stry en daarin geen verbetering deur die onderwysing van die wet aangebring word nie, bly daar dus niks anders oor as dat die wet, wat vir ons saligheid aan ons gegee is as ons maar net daarna wil luister, die oorsaak van die sonde en die dood word nie.46 Omdat ons almal daaraan skuldig staan dat ons die wet oortree, ontmasker dit ons ongeregtigheid te meer namate dit God se geregtigheid duideliker na vore bring. Dit verseker ons des te meer van die ondergang van die onregverdiges namate dit met groter sekerheid bevestig dat daar 'n loon van die lewe en saligheid vir geregtigheid weggebête is. Tog is dit verre daarvan dat sulke beskrywings beledigend is vir die wet; dit dra tewens eerder daartoe by om God se goedertierenheid voortrefliker aan te prys. Daaruit blyk inderdaad dat ons sondigheid en boosheid ons verhinder om die geluksalige lewe wat deur die wet openlik aan ons voorgehou is, te geniet. As gevolg daarvan word God se genade, wat ons sonder die bystand van die wet onderskraag soveel aangenamer en sy barmhartigheid, wat aan ons sy genade verleen, soveel liefliker. Deur sy barmhartigheid leer ons dat Hy nooit moeg word om oor en oor sy weldade aan ons te betoon en ons met nuwe gawes te oorlaai nie.

8. Die Doel met die onderwysing van die Wet is dat die mens sy eie magteloosheid moet begryp en sy toevlug net tot die Barmhartigheid van God neem.🔗

As ons tog na behore daarin vordering maak, is die doel waarom ons almal se ongeregtigheid en verdoemenis deur die getuienis van die wet beseël word, nie dat ons uit wanhoop moet beswyk of uit moedeloosheid in 'n afgrond moet instort nie. Die verwerptes word sekerlik vanweë hulle koppigheid só beproef. By die kinders van God moet die onderwysing van die wet 'n ander doel dien. Die apostel getuig wel dat ons volgens die oordeel van die wet verdoem is, sodat elke mond daardeur gesnoer en die hele wêreld voor God skuldig word.47 Tog leer hy ons elders dat God almal onder die ongeloof ingesluit het, nie om almal die verderf te laat ingaan of almal verlore te laat gaan nie maar om Hom oor almal te ontferm.48 Die doel daarvan is dat die mens sy weerbarstige indruk van eie krag moet laat vaar en moet begryp dat hy slegs deur die hand van God staande bly en bestaan; dat hy naak en met leë hande sy toevlug tot sy barmhartigheid moet neem. Hierop moet hy hom volkome toelê; hierin moet hy hom heeltemal verberg en dit alleen as geregtigheid en verdienste aangryp wat in Christus aan almal geopenbaar is wat in ware geloof daarna strewe,en daarop wag. Want in die gebooie van die wet is God die Beloner van niks anders as net die volmaakte geregtigheid, waarvan ons almal verstoke is nie. Aan die ander kant verskyn Hy egter ook as die streng Regter van ons oortredinge. In Christus skitter sy gesig egter vol genade en sagmoedigheid – ook teenoor ellendige en onwaardige sondaars.49

9. Augustinus se Uitsprake in verband met die Eerste Doel van die Wet.🔗

Augustinus skrywe dikwels oor die nut van die wet om God om sy genade en bystand aan te roep. So skryf hy byvoorbeeld aan Hilarius: "Die wet gebied ons om te leer om die bystand van sy genade te vra, terwyl ons ons inspan om die gebooie na te kom en omdat ons deur ons swakheid onder die wet vermoei is".50 Ook aan Asellius skrywe hy: "Die nut van die wet is daarin geleë dat dit die mens oor sy swakheid aankla, en hom dwing om die geneesmiddel van die genade wat in Christus is, te vra".51 Net so ook aan Innocentius Romanus: "Die wet gebied; die genade voorsien die krag te om dit te werk".52 Aan Valentinus skryf hy: "God gebied wat ons nie kan volbring nie, sodat ons kan weet wat ons van Hom moet vra".53 Net so: "Die wet is gegee om julle aan te kla, en omdat julle aangekla is, dat julle kan vrees; en wanneer julle vrees, dat julle Hom om vergifnis kan vra, sodat julle nie op eie krag moet vertrou nie!"54 Verder: Die wet is met hierdie doel gegee om van 'n magtige mens 'n geringe te maak; om vir jou aan te toon dat jy uit jou eie geen krag het om geregtigheid te bereik nie maar dat jy hulpeloos, onwaardig en behoeftig jou toevlug tot sy genade moet neem".55 Daarna spreek hy  God aan: "Doen dan so, O Here; doen dan so, barmhartige Here; gebied wat nie volbring kan word nie, ja, gebied wat slegs deur u genade vervul kan word, sodat elke mond gesnoer en niemand vir homself magtig sou lyk nie aangesien die mens nie in staat is om dit uit eie krag te vervul nie. Laat almal gering wees en laat die hele wêreld voor God skuldig word''56 Maar ek is onbedrewe om soveel getuienis uit sy werke te versamel, aangesien die heilige man 'n hele werk hieroor geskrywe het. Die titel daarvan is Die Gees en die letter.57

Hy beskrywe die tweede voordeel van die wet nie so duidelik nie, omdat hy waarskynlik daarvan bewus was dat dit van die eerste voordeel afhang of omdat hy dit nie so goed begryp het nie of omdat hy nie woorde gehad het om sy gevoel, wat andersins reg is, so duidelik en glashelder toe te lig nie. Nograns hou die eerste voordeel van die wet nie by verwerpte mense op nie. Want hoewel hulle nie saam met die kinders van God so ver vorder dat hulle na die aflegging van die vlees innerlik hernuwe sou word en weer sou opbloei nie maar deur hulle eerste vrees verdwaas word en in wanhoop gaan lê, dien dit tog om die billikheid van God se oordeel te openbaar dat hulle gewetens deur sulke strominge gekwel word. Want hulle begeer maar altyd te graag om teen God se oordeel 'n uitvlug te soek. Hoewel die oordeel nou nog nie geopenbaar is nie, is hulle nograns deur die getuienis van die wet en hulle gewete so verslae en bring hulle self aan die lig wat hulle verdien het.

10. Die Tweede Funksie van die Wet is om die onregverdiges te bedwing.🔗

Party mense bekommer hulle nie oor dit wat reg en regverdig is nie, behalwe as hulle gedwing word om dit te doen wanneer hulle hoor dat daar verskriklike strawwe in die wet opgesluit is. Die tweede funksie van die wet is dus om sulke mense ten minste deur die vrees vir die strawwe in bedwang te hou. Hulle word ook in toom gehou, nie omdat hulle innerlik ontroer of beïnvloed word nie maar omdat hulle, asof hulle ingespan word, hulle hande van uitwendige werk af weghou en hulle boosheid tot hulle innérlike beperk, hoewel hulle hulle andersins moedswillig daaraan sou oorgee. As gevolg hiervan is hulle wel nie beter mense of regverdiger voor God nie. Want hoewel hulle nie deur  vrees of skaamte verhinder waag om hulle voornemens in werking te stel of die waansin van hulle begeertes openlik uit te blaas nie, het hulle tog  nie 'n hart wat daarop ingestel is om God te vrees en te gehoorsaam nie.

Inteendeel, hoe meer hulle hulle inhou, hoe kragtiger word hulle inwendig aangevuur; hulle word driftig en kook, gereed om enigiets te doen of in enige rigting uit te bars as hierdie vrees vir die wet hulle nie verhinder nie. En nie alleen dit nie, maar hulle ontwikkel die uiterste haat teen die wet en vervloek God, die Wetgewer, sodat hulle Hom, as hulle maar kon, met graagte tot niet sou wou maak, omdat hulle nie kan verdra dat Hy hulle moet gebied wat reg is, of dat Hy Hom op die veragters van sy majesteit moet wreek nie. Al die mense wat nog nie wedergebore is nie, het hierdie gevoel - sommige bedekter, ander openliker - dat hulle nie uit vrywillige onderwerping nie maar teen hulle sin en wederstrewig slegs deur die geweld van hulle vrees meegesleur word om hulle vir die wet te beywer.

Maar nograns is hierdie geregtigheid wat afgedwing en afgedruk is, noodsaaklik vir die algemene samelewing, waarvan die rus hier ter harte geneem word wanneer daarteen gewaak word dat alles nie deur oproer in verwarring gebring word nie.58 Dit sou gebeur as elkeen kon doen wat hy wil. Ja, dit is selfs vir die kinders van God nuttig om in hierdie skool geoefen te word so lank as hulle voor hulle roeping en terwyl hulle van die Gees van heiligmaking beroof is,59 nog aan die dwaasheid van hulle lees vrye teuels gee! Want wanneer hulle uit vrees vir God se wraak ten minste van hulle uiterlike moedswilligheid weggetrek word, al sou hulle vir die huidige weinig vordering maak omdat hulle nog nie in hulle gemoed getem is nie, word hulle tog deels daaraart gewoond  gemaak om die juk van geregtigheid te dra. Die doel daarvan is dat hulle nie heeltemal onkundig van of nuwelinge in die tug sou wees wanneer hulle daartoe geroep word nie. Die apostel het skynbaar eintlik hierdie funksie van die wet aangeroer toe hy geleer het dat die wet nie vir die regverdige opgestel is nie maar vir onregverdiges, halsstarriges, goddeloses en sondaars, misdadigers en onheiliges, vir vadermoordenaars, moordenaars, hoereerders, homoseksueles, ontvoerders, leuenaars en meinediges en enigiets anders wat met die gesonde leer in stryd is.60 Want hy toon aan dat die wet die uitbundigheid van die luste van die vlees aan bande lê omdat dit andersins mateloos hoogty sou vier.

11. Vir sommige mense dien die Wet tot verootmoediging en vir ander as teuel uir hulle losbandigheid.🔗

Dit wat hy elders sê, naamlik dat die wet vir die Jode 'n tugmeester was tot Christus se koms, kan trouens op albei funksies van die wet toegepas word.61Want daar is twee groepe mense wat die wet deur sy toesighouding met die hand na Christus toe lei. Die een groep is die mense van wie ons reeds gepraat het. Hulle is te vol vertroue op eie krag en geregtigheid en daarom onbekwaam om die genade van Christus te ontvang tensy hulle hulle eers van hulle selfvertroue ontledig het. Deur die erkenning van hulle ellende dwing die wet hulle tot ootmoed om hulle sodoende voor te berelom dit te soek waarvan hulle tevore ge dink het dat dit hulle nie ontbreek nie.

Die tweede groep het teuels nodig om hulle terug te hou om nie aan die bandeloosheid van hulle vlees vrye teuels te gee nie, sodat hulle nie al hulle ywer vir geregtigheid heeltemal sou laat vaar nie. Want wanneer die Gees van God hulle nog nie regeer nie, borrel hulle luste soms so in hulle op dat die gevaar ontstaan dat hulle siele, wat daaraan blootgestel is, kan versink om God te vergeet en te verag, Dit sou kon gebeur as die Here dit nie met hierdie middel sou verhinder nie. As Hy hulle dus nie dadelik wederbaar nie, hou die Here die mense wat Hy as erfgename van sy ryk bestem het, deur die werke van die wet onder vrees terug tot by die tyd van sy besoeking.62 Dit is egter nie met die rein en suiwer vrees wat onder sy kinders moet wees nie, maar tog met 'n vrees wat nuttig is om hulle volgens hulle begripsvermoë in die ware godsvrug te onderwys. Hiervoor het ons soveel bewyse dat 'n voorbeeld hiervan glad nie nodig is nie. Al die mensewat hulle immers 'n tyd lank in onkunde in verband met God bevind het, sal erken dat dit met hulle gebeur het dat hulle deur die teuels van die wet aan die een of ander vrees en eerbied van God gehou is, totdat hulle deur die Gees wedergebore is en begin het om Hom van harte lief te hê.63

12. Die Derde en Belangrikste voordeel van die Wet, naamlik om deur die daagttese onderwysing daarvan nuwe vordering te maak om God se wil te leer ken.🔗

Die derde voordeel van die wet is ook die belangrikste en is nouer op die besondere doelstelling van die wet gerig. Dit is dus van toepassing op gelowiges in wie se harte die Gees van God alreeds kragtig is en heers. Want hoewel die wet met die vinger van God op hulle harte geskrywe en daarop ingegraveer is,64 dit is, dat hulle deur die bestiering van die Gees so gesind en besiel is dat hulle die begeerte het om God te gehoorsaam, maak hulle tog nog in twee opsigte vordering in die wet. Want die wet is vir hulle 'n uitmuntende instrument waardeur hulle van dag tot dag beter en met groter sekerheid kan leer wat die Here se wil is waarna hulle strewe en in die kennis waarvan hulle versterk word – net soos 'n dienskneg wat hom met sy hele hart beywer en gereed is om vir sy eienaar sy bruikbaarheid te bewys, dit nogtans nodig vind om sy eienaar se gewoontes baie noukeurig te ondersoek en dop te hou om hom daarvolgens te skik en daarby aan te pas. Geeneen van ons sou homselfvan die noodsaaklikheid hiervan kon vrystel nie. Want niemand  het al so ver tot die wysheid deurgedring dat hy nie uit die daaglikse onderwysing van die wet nuwe vordering sou kon maak om die wil van God nog suiwerder te ken nie.

Omdat ons in die. tweede plek nie alleen die onderwysing van die wet nodig het nie maar ook die aansporing daarvan, sal 'n dienskneg van God ook hierdie voordeel daaruit trek dat hy, deur dit gedurig te oordink, opgewek word om daaraan gehoorsaam te wees, daarin versterk en van die glibberige pad van die sonde teruggesleep te word. Want so behoort die heiliges by hulleself daarop aan te dring omdat hulle tog altyd deur die traagheid van hulle vlees belas word om met regmatige bereidwilligheid voort te gaan, al sou hulle hulle ook met groot vuur volgens die Gees vir die geregtigheid van God beywer. Die wet is 'n gésel vir hierdie vlees waardeur die mens soos 'n lui en trae donkie tot sy werk aangedryf word. Ja, omdat hy nog nie van die las van sy vlees verlig is nie, sal dit vir die geestelike mens voortdurend 'n prikkel wees wat hom nie toelaat om te luier nie.65

Dawid het hierdie voordeel van die wet in die oog gehad toe hy die wet met sulke treffende lofliedere gehuldig het: "Die wet van die Here is onbevlek; dit bekeer die siel; die geregtighede van die Here is reg, dit verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer, dit verlig die oë", ensovoorts.66 En net so: "U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad."67 Daar is tallose lofbetuigings wat in die hele Psalm daarop volg.68 Hierdie lofbetuigings is trouens nie in stryd met Paulus se uitsprake nie. Daarin word tewens nie aangedui watter voordeel die wet vir wedergeborenes inhou nie, maar wat dit op sigself aan die mens kan verleen. Die  profeet profeteer in verband hiermee met watter groot voordeel die Here die mense onderwys deur die wet te lees omdat Hy innerlik die bereidwilligheid aan hulle ingee om Hom te gehoorsaam. Hy benut nie alleen die gebooie nie maar ook die belofte van die genade wat aan die gebooie verbind is en wat alleen veroorsaak dat dit wat bitter is, soet word. Want wat sou onaangenamer wees as die wet as dit ons siele slegs deur géseling en dreigemente van vrees sou verontrus en die skrik op die lyf sou jaag? Dawid toon tewens in besonder aan dat hy die Middelaar in die wet aangeneem het. Daarsonder is daar geen blymoedigheid of soetheid nie.

13. 'n Weerlegging van die redenasie dat die Wet van Moses onder Christene geen bestaansreg het nie.🔗

Terwyl sommige onkundiges dit nie kan onderskei nie, verwerp hulle Moses driftig in geheel, en hulle beveel ons om die twee tafels van die wet vaarwel toe te roep. Hulle reken natuurlik dat dit vir Christene vreemd is om aan 'n leer verknog tebly wat die bediening van die dood insluit.69 Laat ons dus hierdie onheilige opvatting ver uit ons hart verdryf! Moses het immers pragtig geleer dat die wet wat by sondaars niks anders as die dood kan voortbring nie, onder die heiliges 'n beter en uitnemender toepassing behoort te hê. Want by sy afsterwe het hy die volk soos volg gelas: "Neem al die woorde ter harte waarvan ek vandag vir julle getuig dat julle julle kinders dit moet beveel en leer om al die gebooie wat in die boek van hierdie wet geskrywe is, te bewaar, te doen en te vervul, want die gebooie is nie vir julle vergeefs nie, maar die doel daarvan is dat elkeen daarin moet lewe".70 Maar as almal sal erken dat 'n absolute voorbeeld van geregtigheid daarin uitmunt, moet dit of vir ons geen reël wees om reg en regverdig te lewe nie, of dit is verkeerd om daarvan af te wyk. Want daar is nie baie lewensreëls nie maar net één wat ewig en onveranderlik is. Ons moet daarom die oordenking van die wet nie net op een leeftyd toepas nie, maar, soos Dawid, moet die hele lewe van die regverdige hom gedurig daarmee bemoei,71 omdat dit alle tye tot by die einde van die wêreld uitstekend pas. Ons moet ons daarom ook nie laat afskrik vir of terugdeins van die onderwysing van die wet omdat dit 'n baie vollediger heiligheid aan ons voorskrywe as wat ons kan lewer terwyl ons nog in hierdie wêreld lewe nie. Dit vervul immers nie die rol van 'n hardvogtige eiser teenoor ons wat nie tevrede gestel kan word tensy hy ten volle betaal is nie. Dit toon eerder in hierdie volmaaktheid waartoe dit ons aanspoor, vir ons die eindpunt waarvoor ons ons hele lewe moet inspan omdat dit vir ons net soveel voordeel inhou as wat dit met ons plig ooreenstem. As ons in ons inspanning nie beswyk nie, is dit goed. Want hierdie hele lewe is 'n renbaan, en as ons die volle afstand hardloop, sal die Here ons dit gun om daardie wenpaal waarheen ons ons inspan en waarheen ons van ver af swoeg, te bereik.72

14. 'n Weerlegging van die redenasie dat die Wet vir gelowiges afgeskaf is en dat hulle daarom vry is van die Wet.🔗

Die wet het dus nou die krag om gelowiges aan te spoor - nie om hulle gewetens deur die vloek daarvan vas te knel nie maar om hulle luiheid deur die gedurige aandrang daarvan te verdryf en hulle onvolmaaktheid te prikkel. Wanneer hulle die bevryding van dle vloek van die wet wil aandui, beweer baie mense dat die wet vir gelowiges afgeskaf is – ek praat nog van die sedewet - nie omdat die wet dan nie meer sou gebied wat reg is nie, maar slegs in die sin dat die wet nie meer vir hulle is wat dit voorheen was nie, naamlik dat die wet hulle gewetens nie meer verskrik en deurmekaar maak of verdoem en ten gronde laat gaan nie.73 Paulus leer in elk geval duidelik van so 'n afskaffing van die wet.74

Dat die Here dit ook verkondig het, blyk duidelik uit die feit dat Hy nie die opvatting, dat Hy die wet tot niet moes maak, sou weerlê het as dit nie onder die Jode veld gewen het nie. En aangesien die opvatting nie ondeurdag en sonder voorwendsel kon ontstaan nie, kan ons glo dat dit uit 'n valse vertolking van sy leer ontstaan het, soos feitlik alle dwalings  gewoonlik 'n geleentheid uit die waarheid benut. Om ons dus nie op dieselfde rots te pletter te loop nie moet ons noukeurig onderskei wat wel in die wet afgeskaf is en wat nou nog daarinvas bly staan. Wanneer die Here getuig dat Hy nie gekom het om die wet tot niet te maak nie maar om dit te vervul, en dat geen jota daarvan weg sal val totdat die hemel en die aarde vergaan sonder dat alles gebeur nie,75bevestig Hy duidelik genoeg dat sy koms geen afbreuk aan die onderhouding van die wet sal doen nie.76 En tereg ook, want Hy het eerder met die doel gekom om die oortreders van die wet te genees. Die leer van die wet is dus nie deur Chistus geskend nie en bly voortbestaan om ons te leer, te vermaan, te bestraf, te verbeter en vir elke goeie werk te vorm en te berei.77

15. Die Onderwysing van die Wet is nie afgeskaf nie maar slegs die vloek om ons gewete te bind.🔗

Dit is inderdaad duidelik dat alles wat Paulus in verband met die vloek van die wet sê, nie op dieonderwysing daarvan betrekking het nie maar alleen op die krag daarvan om ons gewetens te bind. Want die wet leer ons nie alleen nie, maar dit eis ook gebiedend wat dit ons beveel.78 As ons nie daaraan sou voldoen nie, ja, as ons ons plig in enige opsig sou versuim, tref die bliksem van die vloek ons. Daarom sê die apostel dat almal wat uit die werke van die wet is, aan die vloek blootgestel is, omdat daar geskrywe is: "Vervloek is elkeen wat nie alles vervul nie".79 Hy sê  dat daardie mense onder die werke van die wet is wat die regverdigheid nie in die vergewing van sondes stel waardeur ons van die strengheid van die wet losgernaak word nie. Hy leer dus dat ons van die bande van die wet losgernaak moet word as ons nie droewig daaronder wil vergaan nie. Maar van watter bande? Natuurlik van die bande van die streng en dreigende eis wat volgens die hoogste reg geen verslapping toelaat of enige oortreding ongestraf laat niet Ek herhaal, Christus het vir ons die vervloeking geword om ons van hierdie vloek te verlos, want daar is geskrywe: "Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang".80 In die volgende hoofstuk leer hy wel dat Christus aan die wet onderworpe was om hulle wat onder die wet was, los te koop, maar dit het dieselfde betekenis. Hy voeg immers dadelik by: "Sodat ons die reg van aanneming tot kinders kon ontvang''.81 Wat beteken dit? Dat ons nie deur voortdurende slawerny onderdruk sou word om ons gewetens deur die angs vir die dood gevange te hou nie. Intussen bly dit steeds onwrikbaar dat daar niks van die gesag van die wet verminder het nie - ja, dit betaam ons om  dit altyd met dieselfde agting en gehoorsaamheid aan te neem.

16. Christus het met Sy koms die seremonies van die Wet tot 'n einde gebring en die krag en werking daarvan met Sy dood beseël.🔗

Met die seremonies is dit egter anders gesteld. Dit is wel afgeskaf, nie ten opsigte van die werking daarvan nie maar slegs ten opsigte van die gebruik. Die feit dat Christus deur sy koms 'n einde daaraan gemaak het, doen geen afbreuk aan die heiligheid van die seremonies nie maar prys dit eerder by ons aan en verklaar dit vir ons. Want soos dit vir die volk van ouds 'n sinlose skouspel sou gebied het as die seremonies nie die krag van die dood en die opstanding van Christus aan hulle sou toon nie, sou ons vandag nie kon onderskei met watter doel dit ingestel is as dit nie tot 'n einde gekom het nie. Om dus te bewys dat die onderhouding van die seremonies nie alleen oorbodig is nie maar selfs skadelik, leer Paulus dat dit skaduwees was waarvan die liggaam nou in Christus vir ons bestaan.82 Ons sien dus hoe die waarheid duideliker in die afskafflng daarvan skyn as wat hulle Christus nog van ver af en asof daar 'n kleed voor Hom gehou word, sou afbeeld terwyl Hy openlik verskyn het. Daarom het die voorhangsel van die tempel deur die dood van Christus in twee geskeur en afgeval,83 want die lewende en uitdruklike beeld van die seëninge van die hemel, wat slegs met vae buitelyrne begin is het reeds aan die lig gekom, soos die skrywer van die brief aan die Hebreërs sê.84

Die volgende woorde van Christus het ook hierdie strekking: "Die wet en die profete was tot by Johannes; van toe af is begin om die koninkryk van God te verkondig".85 Dit beteken nie dat die heilige vaders van die verkondiging wat die hoop op heil en die ewige lewe insluit, beroofwas nie, maar dat hulle slegs van ver af en onder afskaduwings gesien het wat ons vandag oop en bloot aanskou. Johannes die Doper verklaar waarom die kerk van God van die eerste beginsels af hoër moes opstyg wanneer Hy sê: "Die wet is deur Moses gegee, maar die genade en die waarheid is deur Iesus verwesenlik''.86 Hoewel daar in die offerandes van ouds waarlik versoening belowe is en die verbondsark 'n vaste borg van God se vaderlike guns was, sou dit nog ten volle 'n afskaduwing''87 gewees het as dit nie in die genade van Christus gegrond was, waar vaste en ewige bestendigheid gevind kan word nie. Dit moet dus onwrikbaar vas bly staan dat, hoewel die ritusse van die wet opgehou het om onderhou te word, uit die doel daarvan beter te wete gekom kan word hoe groot die nuttigheid daarvan voor die koms van Christus was. Deur die gebruik  daarvan op te hef het Hy die krag en werking daarvan met sy dood beseël.

17. Die Ware Betekenis van "die skuldbrief teen ons" in Paulus se brief aan die Kolossense.🔗

Die rede wat Paulus onder ons aandag bring, lewer 'n bietjie meer moeilikheid op. Hy sê. "En julle wat dood was deur julle oortredinge en die voorhuid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die oortredinge vergeef het en die skuldbrief teen ons wat in sy insettinge ons vyand was, tot niet gemaak het deur dit aan die kruis vas te nael", ensovoorts.88 Want skynbaar is die afskaffing van die wet ietwat breër uitgebrei asof ons nou niks meer met die insettinge  daarvan te doen sou hê nie. Mense wat dit bloot as die sedewet aanvaar, verkeer in dwaling omdat hulle dit só interpreteer dat die onverbiddelike strengheid van die wet eerder as die leer daarvan afgeskaf is.89 Ander mense weeg Paulus se woorde met groter skerpsinnigheid op, en hulle sien daarin dat dit eintlik op die seremoniële wet van toepassing is. Hulle toon ook aan dat die woord insettinge by Paulus meer as een maal weerklink.90 In sy brief aan die Efesiërs praat hy immers soos volg: "Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak het toe Hy die wet van die gebooie wat in insettinge bestaan, tot niet gemaak het, sodat Hy die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep".91 Ongetwyfeld handel dit daar oor die seremonies, want hy noem die wet 'n middelmuur waardeur die Jode van die heidene geskei word. Ek erken daarom dat eersgenoemde uitlêers met reg deur laasgenoemdes tereggewys word, maar dit lyk tog vir my asof laasgenoemdes nog nie die bedoeling van die apostel goed verklaar nie. Want ek neem glad nie genoeë daarmee dat altwee die aanhalings in alle opsigte met mekaar vergelyk word nie. Aangesien hy die Efesiërs in verband met hulle opname in die gemeenskap van Israel wou verseker, leer hy dat die struikelblok waardeur hulle vroeër daarvan weerhou is, weggeneem is. Die struikelblok was in hulle seremonies. Want die ritusse van afwassing en offerandes waardeur die Jode aan die Here gewy is, het hulle van die heidene afgesonder. Maar wie sou nie kon sien dat daar in die brief aan die Kolossense 'n verhewener geheimenis aangeroer word nie? Die stryd handel daar wel oor die onderhouding van die Mosaiese wette, waarheen die valse apostels die Christene probeer dryf het, maar soos hy in die brief aan die Galasiërs die geskil tot 'n spits dryf en dit in 'n sekere sin tot die oorsprong terugvoer,92 handel hy ook in hierdie aanhaling. Want as 'n mens in hulle ritusse niks anders bemerk as die noodsaaklikheid om dit te verrig nie, waarom word dit dan 'n skuldbrief teen ons genoem? Waarom stel hy feitlik die som van ons verlossing daarin dat die skuldbrief uitgedelg is?

Die werklikheid roep daarom uit dat ons dieper hieroor moet nadink. Sover dit my aangaan, vertrou ek dat ek die ware begrip daarvan gekry het as aan my toegegee word wat Augustinus iewers met groot waarheid geskrywe het of, liewer, wat hy uit die duidelike woorde van die apostel geput het.93 Hy sê naamlik dat daar in die Joodse seremonies eerder 'n belydenis van sonde as 'n versoening daarvan was. Want wat het hulle met hulle offerandes gedoen anders as om te erken dat hulle die dood skuldig was omdat hulle offerdiere in hulle eie plek gestel het? Wat was die doel van hulle reinigingsoffers anders as dat hulle getuig het dat  hulle self onrein is? So is die skuldbrief van hulle sonde en onreinheid dikwels hernieu. Hulle het egter nie daarmee getuig dat hulle daarvoor betaal het nie. Daarom skryf die apostel dat alleen deur die tussenkoms van die sterwe van Christus die loskoping van die aanklagte volbring is wat nog onder die ou verbond oorgebly het.94 Die apostel noem dit dus tereg skuldbrieure95 wat teen die aanvoerders daarvan is, omdat hulle daardeur hulle eie verdoeming en onreinheid openlik beseël. Die feit dat hulle saam met ons in dieselfde genade gedeel het, doen ook geen afbreuk hieraan nie. Want hulle het dit in Christus verkry en nie in hulle seremonies nie, wat die apostel daar van Christus onderskei. Die seremonies het immers die heerlikheid van Christus verduister, aangesien hulle in sy tyd nog in gebruik was. Ons verneem dan dat die  seremonies, as hulle afsonderlik ondersoek word, treffend en gepas skuldbriewe genoem word wat teen die saligheid van die mense uitgereik is. Dit was immers plegtlge instrumente om juis van hulle verpligting te getuig. Aangesien die valse apostels die Christelike kerk weer daaraan wou vasbind, het Paulus nie sonder rede die dieper betekenis daarvan opgediep en die Kolossense vermaan van die sonde waarin hulle sou verval as hulle sou toelaat dat hulle deur die valse apostels weer so onder die juk daarvan gebring word nie.96 Terselfdertyd sou die weldaad van Christus van hulle weggeneem word in soverre as wat Hy eenmaal ewige versoening volbring het en die daaglikse onderhouding daarvan afgeskaf het. Dit het trouens slegs die krag gehad om hulle sondes te beseël, maar dit kon hulle sondes nooit uitwis nie.

Endnotes🔗

  1. ^ (Gal. 3:17.)
  2. ^ Oor die verhouding van wet en verbond kyk Calvyn, Praelect. in Ier. 31 (OC 38:688); In Acta Apost. 13:16 roe 48:289).
  3. ^ Marg. Act. 7.f.44; Heb. B.b.5; Exo. 25.d.40.
  4. ^ Die Latyn, Ostendit typus ille word in die Fr. uitgawe weergegee met Mais ce patren duquel il estparlé monstre ... Benoit 2:116). Typus is dus 'n patroon, 'n afbeelding of'n weergawe of dan skadubeeld of afskaduwing (adumbratio) van die werklikheid. Vgl. Bartles 1:349, n. 2.
  5. ^ Marg. Exod. 19.a.6.
  6. ^ (Hebr. 9:12 e.v.)
  7. ^ Marg. 1 Pet. 2. b.9.
  8. ^ Marg. Galat. 3.d.24.
  9. ^ Vgl. Inst. 1.11.3 (Afr. vert. 1:188, n.16). In sy Com. in ep. ad. Gal. 4:1-9 (OC 50:223-230) vergelyk Calvyn die vryheid van die Israeliete met die vryheid van 'n minderjarige kind. So lank as wat hy minderjarig is, is hy wesenlik sy vader se slaaf. Eers by mondigwording kry hy sy vryheïd ten volle.
  10. ^ Marg. Iesa. 53. Vgl. ook Jes. 53:5.
  11. ^ Marg. Dan. 9. Vgl. ook Dan. 9:26-27.
  12. ^ Marg. Psal. 110. b.4. Vgl. ook Hebr. 5:6; 7:21.
  13. ^ (Dan. 9:24.)
  14. ^ Marg. Rom. 10. a. 4.
  15. ^ (2 Kor. 3:17.)
  16. ^ Marg. 2 Cor. 3.P.6.
  17. ^ Marg. Galat. 3.c.l9.
  18. ^ Dit is die wet na sy gebiedende karakter. Vgl. Fr. +: Comme si elle commandoit simptement de bien vivre (Benoit 2:118).
  19. ^ Marg. Deut. 30.d.19.
  20. ^ (Gal. 3:10.)
  21. ^ Vir Calvyn se begrip van die beloftes van die wetvgl. Inst. 3.17.6: Legales promissienes appello, non quae ubique sparsae sunt in libris mosaicis (quando in illis quoque evangelicae multae occurrunt)sed quaep roprie ad Leges ministerium pertinent (Die beloftes van die wet noem ek nie die beloftes wat oral in Moses se boeke versprei is nie, alhoewel daarin ook baie beloftes van die evangelie voorkom, maar dit is eintlik die beloftes wat op die bediening van die wet betrekking het -OC 2:594).
  22. ^ Inst.3.11.1-7.
  23. ^ Die woord anathema het in die klassieke Grieks 'n offergawe beteken. In die LXX is dit reëlmatig vertaal in die betekenis van verbod of afsondering, en vir weerspannige mense is dit gebruik in die sin van vloek. Dit is in die betekenis van banvloek in die kerklike woordeskat opgeneem, as sinoniem vir excommunicatie en sedert die Konsilie van Gangra in die RK kerk gebruik om die straf op oortreding van hulle kanons weer te gee (RAC 1:427 e.v.; vgl. Mansi passim). Hieronymus, Dial. contra Pelag. 1.10; 3.3 (MPL 23:525; obi/er 572; 599).
  24. ^ (Rom. 7:24). Lat.: ... Corpore mortis circumdatus ... Fr.: ... estant en ceste prison de corps mortel (Benoit 2:120). 1957 Afr. vert.: liggaam van die dood; 1984: doodsbestaan.
  25. ^ (Mark. 12:30.)
  26. ^ A:811 (recte: 118).
  27. ^ Marg. 1 Reg. 8.c.46. Vgl. ook Pred. 7:20.
  28. ^ Marg. Psal. I43.a.2. 1957 Afr. vert.: Niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie: 1984: ... is voor u onskuldig nie.
  29. ^ (Job 9:2). 1957 Afr. vert.: Hoe sou 'n mens dan regverdig wees by God?; 1984: ... wie kan sy saak teen God wen?; Job 25:4 1984: Hoe kan 'n mens reg hë voor God?
  30. ^ Marg. Galat. 5.c.I7. Lat. spiritus, maar Fr.: l'Esprit. 1984 Afr. vert.: Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer.
  31. ^ Marg. Galat. 3.b.10,. Deut. 27.d.26.
  32. ^ Vgl. Augustinus, De perf. just. hom. 3.8 e.v. (MPL 44:295 e.v.): De nat. et grat. 43.50: Deus non jubet impossibilia (MPL 44:271).
  33. ^ Calvyn gee hier in breë trekke die denke van Augustinus weer sonder om regstreeks aan te haal. Vgl. Augustinus, De nat. et. grat. 42.49; 59.69 e.v. (MPL 44:271; 281 e.v.).
  34. ^ Marg. Matt. 19.d.25. Vgl. ook Man. 19:26.
  35. ^ (1 Kor. 13:12.)
  36. ^ Marg. De spiritu & litera, in fine, & saepe alias. Die gedagte kom voor by Augustinus, De spirit. et lit. 36.64 e.v. (MPL 44:243; CSEL 60:223); vgl. De perf just. hom. 8.17 (MPL 44:299; CSEL 42:14).
  37. ^ Marg. Rom. 8.a.3.
  38. ^ Vgl. Inst. 2.12.4 (Afr. vert. 2:616); 3.4.27; 3.11.23.
  39. ^ Uit die res van die hoofstuk is dit duidelik hoe Calvyn die drie funksies van die wet sien, nl. (i) dat die wet in sy veroordeling ons na Christus uitdryf, (H) om die goddelose te bedwing en (iit) die gelowiges dieper in die kennis van die wil van God in te lei en tot gehoorsaamheid aan te spoor. Vgl. Luther se verklaring van die doel van die wet as tweedelig: primo ad eoereendas civiles transgressiones - usus ciuilis, politicus - deinde ad relevandus et augendas spirituales tra nsgressiones, usus tbeologicus, spiritualis (RPTK6:638). Vgl. ook Luther, Com. in ep. Pauli ad Gal. (1519): ... lex enim, ut dixi, ad gratiam praeparat, dum peccatum revelat et auget, bumüians superbos ad auxilium Christi desyderandum (WA 3:529). Die verdeling van die wet in drie dele soos by Calvyn kom ook by Melanehthon voor. Vgl. Melanehthon, Loci Communes (1535): Supra recensui tria (se. legis officia). Primum est civile, videlicet, ut coberceat omnes bomines disciplina quadam ... Secundum officium ac proprium legis diuinae et praecipuum est, ostendere peccata, accusare, perterrefacere et damnare conscientias ... Tertium officium legis in bis, qui suntfide iusti, est, ut et doceat eos de bonis operibus, quaenam opera Deo placeant, et praecipiat certa opera, in quibus obedientiam erga Deum exerceant. (Hierbo het ek drie funksies van die wet genoem. Die eerste daarvan is burgerlik van aard. Die doel daarvan is om alle mense te dissiplineer ... Die tweede besonderse en belangrike funksie van die wet van God is om ons sondes aan te toon, ons gewetens daarvan aan te kla, te verskrik en te verdoem ... Die derde funksie van die wet onder die gelowiges is om hulle te leer watter werke God nou eintlik behaag, en om sekere werke aan hulle voor te skryf sodat hulle daarin hulle gehoorsaamheid jeens God kan beoefen - CR 21:405-406). Dit kom ook voor by Bueer, Enar. in Ev., 1536, p. 123-127.
  40. ^ Marg. Rom. 7.b.7. Vgl. ook Ex. 20:17; Deut. 5:21.
  41. ^ Marg. Rom. 3.c.20. Die opvatting van die wet as spieël van die sonde is deur beide Luther en Melanchthon telkens benadruk. Vgl. Luther, De servo arb. (WA 18:677). Vgl. ook ibid. 766; Melanchthon Loci com. (eR 21:717-718).
  42. ^ Marg. Rom. 5.d.20.
  43. ^ Marg. 2 Cor. 3.b.7.
  44. ^ Marg. Rom. 4. c.l5.
  45. ^ Marg. De corrept & gratia. Augustinus, De corrept. et grat. 1.2 (MPL 44:917).
  46. ^ Marg. Vide Ambr. cap. 1. de. Jac. & vita beata, cap. 6. Ambrosius, De Iacob et oita.beata 1.4 e.v. (MPL 14:604 e.v.).
  47. ^ Marg. Rom. 3.c.19,
  48. ^ Marg. Rom. 11.d.32.
  49. ^ Calvyn, Instruction etconfession de foy (OC 22:45 e.v.): vgl. ook sypreke oor Gen. 15:6 (OC 23:701) en Deut. 5:21 (OC 26:382).
  50. ^ Marg. Epist. 89. Augustinus, Ep. (ad Hilarium Syracusanum) 157.2.9 (MPL 33:677; eSEL 44:455).
  51. ^ Marg. Epist. 200. Augustinus, Ep. (ad Asellicum) 196.2.6 (MPL 33:893; CSEL 57:220).
  52. ^ Marg. Epist. 95. Augustinus, Ep. (ad Innocentium Romanum) 177.5 (MPL 33:766; eSEL 44:673).
  53. ^ Marg. Lib. de corrept. & grat. Augustinus, De grat. et lib. arb. 16.32 (MPL 44:900).
  54. ^ Marg. In Psal. 70. Augustinus, In Psal. 70, sermo 1.19 (MPL 36:889; eest 39:957).
  55. ^ Marg. In Psal. 118. Augustinus, In Psal. 118, sermo 27.3 (MPL 37:1581; eest 40:1758).
  56. ^ Marg. Concione 27. Augustinus, l.c.,vgl. n. 56 supra.
  57. ^ Augusrinus, De Spirit. et lit. (MPL 44:201-246; CSEL 60:155-229).
  58. ^ Fr. het die aktiewe vorm en dui God se werk aan: ... à la communautë des hom mes, à la tranquillité de laquelle nostre seigneurprouuoit, quand il empescbe que toutes choses ne soyent renuersées en confusion (Benoit 2:125-126).
  59. ^ (Rom. 1:4, Vg.)
  60. ^ Marg. 1 Tim. 1.b.9, Vgl. ook 1 Tim. 1:10; Melanchthon, Loci com. (CR 21:405).
  61. ^ Marg. Galat. 3.d.24.
  62. ^ (1 Pet. 2:12.)
  63. ^ Vgl. Inst. 2.8.51-59 (Mr. vert. 2:553-562).
  64. ^ (Jer. 31:33; Hebr. 10:16.)
  65. ^ Vgl. Bucer, Metapb. in ep. Pauli (1536), 310-311.
  66. ^ Marg. Psal. 19.c.8.
  67. ^ Marg. Psal. 119.105.
  68. ^ (Ps. 119:114, 129, 137, 140, 142, 144, 151, 152, 160.)
  69. ^ Hier word waarskynlik op die Libertyne gesinspeel (vgl. Calvyn, Contre la secte pbantastique des Libertins, hfst. 19 -OC 7:206 e.v.). Calvyn se redenasie sluit hier aan by Luther se antwoord op die Antinomiane (1537) .soos Agricola en ander. Vgl. WA39,1:342 e.v. Onder die woord Antinomiane' (of Antinomiste) word dié mense saamgevat wat hulle teen die wet verset. Vgl. CE 1:226. Die Gnostici en Manieheers is voorbeelde uit die vroeë kerkgeskiedenis. In Calvyn se tyd was dit veral 'n groot groep uit die Wederdopers en geestelike Libertyne wat hulle öf op die genade van Christus öf op die geestelike vryheid van die mens beroep het. Die Wederdopers het geredeneer dat Christus die mens se skuld gedra het gekruisig is en weer opgestaan het. Daarom het Christene geen vernuwing deur die wet meer nodig nie. Calvyn se werk teen die Wederdopers is opgeneem in OC 7:49 e.v. en sywerk teen die Libertyne in OC 7:149 e.v. Onder die stellings van die Antinomiane (nommer 9) word die afleiding gemaak dat dit nie nodig is om die wet van Moses te leer nie - nie as beginsel of middel of doel van ons regverdigmaking nie (Vir "bediening van die dood" kyk 2 Kor. 3:7).
  70. ^ Marg. Deut. 32.g.46. Vgl. ook Deut 32:47.
  71. ^ Marg. Psal. 1.a.2.
  72. ^ (1 Kor. 9:24-26). Calvyn kom terug op hierdie positiewe funksie van die wet wanneer hy oor die heiligmaking handel (Inst. 3.6, 3.7.1)
  73. ^ Melanchthon groepeer ook die sofiste onder die mense wat die doel van die wet verdraai (Loci com. (1521) - CR 21:122 e.v.).
  74. ^ (Rom. 7:6.)
  75. ^ Marg. Matth. 5. b.17. Vgl. ook Matt. ):18.
  76. ^ Benoit wys daarop dat Bucer 'n soortgelyke permanensie aan die werking van die wet gegee het in o.a. sy Enar. in ev. (1536) en sy Metaphrasis et enar. Ep. D. Pauli Apost. (1536), 2.130.
  77. ^ (2 Tim. 3:16-17). Vgl. Calvyn se preek oor Deut. 4:32-35 (OC 26:209).
  78. ^ Hierdie onderskeiding in die funksie van die wet, naam lik om te onderrig én om gebiedend te eis is belangrik met die oog op die vryheid van die Christen. Omdat Christus vir ons 'n vloek geword het, geld 19.funksie niemeer vir die Christen nie: wat sy regverdiging betref, is die Christen vry van die wet. Die onderrig funksie geld egter ook vir die gelowiges, wat nou vrywillig die wil van God wil gehoorsaam (vgl. Inst. 3.19.2,4).
  79. ^ Marg. Galat. 3.b.10. Deut. 27.d.26.
  80. ^ Marg. Galat. 3.b.l3, & 4.a.4. Deut. 21.d.23.
  81. ^ (Gal. 4:4, 5.)
  82. ^ Marg. Coloss. 2.c.17 Ons vind hier'n toespeling op die gedagte van 'n progressiewe openbaring in die loop van Israel se geskiedenis sover dit die seremonies betref. Vgl. Com.in ep. ad Gal. 3:23-25 (Oe 50:219-221) en Inst. 4.20.15. Ons moet dit sien in verband met sy breër visie op die progressiewe openbaring as beleid en orde van God in die OT. Vgl. Inst. 2.10.20 (Afr. vert. 2:592, n. 137).
  83. ^ Marg. Matth. 27.f.51.
  84. ^ Marg. Cap. 10.a.1. Hebr. 10:1.
  85. ^ Marg. Luc. 16.d.l6.
  86. ^ Marg. Johan. 1.c.17.
  87. ^ Adumbratio. Fr.: cela n 'estoit qu 'un ombre (Benoit 2:131). DIe woord is reeds deur Ambrosius, Justinus en Hilarius gebruik om die Griekse skiagraphia weer te gee. Vir Calvyn se Interpretaste daarvan vgl. Inst. 1.5.5 (Afr. vert. 1:137, n. 34); 2.8.28, 29 (Afr. vert. 2:530, 531).
  88. ^ Marg. coloss. 2. c.l3. Vgl. ook Kol. 2:14.
  89. ^ Vgl. Melanchthon se uiteensetting van die krag van die wet in Loci communes (1521 - CR 21:120 e.v.). Vir sy uiteensetting van die betekenis van die skuldbrief (cbirograpbum) vgl. sy kommentaar oor Kol. 2:13 (CR 15:1256). Vir die regstegniese inhoud van die woord chirographumvgl. TLL 3:1009 e.v.
  90. ^ Calvyn verwys waarskynlik na Bucer se kommentaar op Kol. 2:14, supra.
  91. ^ Marg. Ephes. 2.c.l4. Vgl. ook Ef. 2:15.
  92. ^ (Gal. 3:10.)
  93. ^ Marg. Heb. 7.a.l0. Vgl. ook Hebr. 7:9; 10:1 e.v.; Luk. 4:16-21); Augustinus, De pec. mer. et rem. 1.27.54 (MPL 44:139).
  94. ^ Marg. Heb. 9.d.15.
  95. ^ (Kol. 2:14.)
  96. ^ (Kol. 2:16-23.)