God het burgerlike regerings tot ons voordeel aangestel. Hulle moet godvresend, regverdig en met toewyding regeer, die Christelike godsdiens beskerm en reg laat geskied met behulp van billike wetgewing.

Omdat God self die gesag aan die owerheid gee, is onderdane hul eerbied en gehoorsaamheid verskuldig in soverre sy bevele met die Woord van God ooreenkom. Selfs onregverdige regerings moet gehoorsam word omdat hul deur God aangestel is.

1984. 39 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 20 Burgerlike Regering

1. Die Noodsaaklikheid daarvan om christelike onderwys oor Burgerlike Regering te gee.🔗

Ons het vroeër vasgestel dat daar 'n tweevoudige regering in die mens aanwesig is.1 Oor die een hiervan wat in die siel of in die innerlike mens geleë en op die ewige lewe gerig is, het ons elders breedvoerig genoeg gepraat.2 Hierdie hoofstuk vereis dat ons ook oor die tweede aspek wat slegs op die onderwysing van die burgerlike en uiterlike regverdigheid van die sedes betrekking het, een en ander moet sê. Hoewel die rede vir hierdie betoog op die oog af vreemd is aan die geestelike geloofsleer wat ek my ten doel gestel het om te behandel, sal dit, na mate ons vorder, blyk dat dit met reg deur my bygevoeg word, of liewer, dat ek deur nood daartoe gedryf word om dit te doen.

Die rede hiervoor is veral dat waansinnige en onbeskaafde mense aan die een kant poog om hierdie orde wat van Godsweë ingestel is, uit raserny omver te werp.3 Aan die ander kant aarsel vleiers van owerhede nie om die mag van keisers teenoor God se heerskappy te stel en dit mateloos te verhef nie.4 As ons hierdie euwel nie teengaan nie, sal die opregtheid van ons geloof verlore gaan. Hierbenewens is dit vir ons van groot belang om te weet hoe goed God die belange van die mensdom in hierdie opsig ter harte geneem het sodat 'n groter ywer vir godsvrug in ons kan leef om ons dankbaarheid aan Hom te betuig.

Voordat ons egter by die onderwerp self kom, moet ons eers die onderskeid onthou wat tevore deur ons gestel is, naamlik dat ons nie hierdie twee regerings wat heeltemal van mekaar verskil, onverstandig  moet vermeng soos oor die algemeen met baie mense gebeur nie. Wanneer hulle trouens hoor dat 'n soort vryheid in die evangelie aan hulle beloof word wat geen koning en geen owerheid onder mense erken nie, maar wat op Christus alleen sien, meen hulle dat hulle nie die vrug van hulle vryheid kan geniet solank hulle merk dat 'n ander mag bo hulle uittroon nie. Gevolglik meen hulle dat niks veilig sal wees tensy die hele wêreld in 'n nuwe gedaante hervorm word waar daar geen regbanke is nie, geen wette, geen owerhede of iets dergeliks wat volgens hulle mening hulle vryheid aan bande kan lê nie.5

Iemand wat egter weet hoe om tussen liggaam en siel, tussen hierdie teenwoordige en verganklike lewe en die toekomstige en ewige lewe onderskeid te maak, sal maklik verstaan dat die geestelike koninkryk van Christus en burgerlike orde onderwerpe is wat ver van mekaar verskil. Aangesien dit derhalwe op Joodse ydelheid neerkom om die koninkryk van Christus onder die elemente van hierdie wêreld te soek en daaronder in te sluit, en wanneer ons oor die geestelike vrug nadink wat ons uit Christus se weldaad bekom, moet ons eerder onthou wat die Skrif ons uitdruklik leer, naamlik dat ons hierdie vryheid wat ten volle in Christus aan ons beloof en aangebied word, binne perke moet hou. Wat beteken die feit dat juis dieselfde apostel wat ons beveel om staande te bly en ons nie aan die juk van slawerny te onderwerp nie,6 diensknegte elders beveel om nie oor hulle toestand bekommer te wees nie,7 anders as dat geestelike vryheid uiters goed met politieke onderdanigheid saam kan bestaan?

Die volgende uitsprake van hierdie apostel moet in dieselfde betekenis opgeneem word: "In die koninkryk van God is daar nie Jood of Griek nie, nie man of vrou nie, nie slaaf of vryman nie".8 Net so: "Daar is geen Jood of Griek nie, geen onbesnedene, of besnydenis nie, geen barbaar of Skithiër nie, geen slaaf of vryman nie, maar Christus is alles in almal".9 Met hierdie woorde gee hy te kenne dat dit van geen belang is watter toestand jy onder mense beklee nie, en onder watter volk se wette jy leef nie, want Chrustus se koninkryk is geensins in hierdie dinge geleë nie.

2. 'n Weerlegging van die Doperse beswaar dat Burgerlike Wette nie op 'n Christen van toepassing kan wees nie.🔗

Hierdie onderskeid het egter nie die strekking dat ons moet dink dat die hele basis van burgerlike regering besoedel is en niks met Christene te doen het nie. Waansinnige mense wat weliswaar teuellose vryheid geniet, roep luidkeels uit en roem soos volg: "Nadat ons deur Christus vir die elemente van hierdie wêreld gesterf het,10 na die koninkryk van God oorgedra is en onder die hemelbewoners sit, is dit ons nie waardig, en dit is ook ver benede ons uitnemendheid om ons met sulke onheilige en onrein bekommernisse besig te hou wat oor wêreldse aangeleenthede handel en heeltemal vreemd aan 'n Christen is".11 Hulle vra verder: "Wat is die doel van wette sonder regspraak en regsbanke? Wat het regspraak self met 'n Christen te doen? Ja, as ons nie mag doodmaak nie, waarom het ons wette en vonnisse nodig?"12

Ons het so pas geleer dat hierdie soort regering verskil van die geestelike en innerlike koninkryk van Christus. Net so moet ons ook weet dat daar geen botsing tussen hulle is nie. Dit laat inderdaad reeds op aarde sekere beginsels van die koninkryk van die hemel in ons posvat, en op 'n sekere manier laat dit reeds die onsterflike en onbederflike geluksaligheid in hierdie sterflike en verganklike lewe in ons 'n aanvang neem. Maar so lank ons onder mense verkeer, is hierdie regering bestem om die uiterlike godsdiens te koester en te beskerm; die gesonde leer van godsvrug en die toestand van die kerk te beskerm; ons lewe na die gemeenskap van mense te skik; ons sedes volgens burgerlike geregtigheid te vorm; ons met mekaar te versoen en die gemeenskaplike vrede en rus te voed.

Ek erken egter dat dit alles onnodig is as die koninkryk van God soos dit tans in ons is, die huidige lewe uitblus. Maar as dit dan God se wil is dat ons vreemdelinge op aarde moet wees terwyl ons na ons ware vaderland streef, het ons vreemdelingskap inderdaad sulke hulpmiddels nodig. Diegene wat 'n medemens sulke hulpmiddels ontneem, ontruk hom sy menslikheid.

Wat betref hulle beskuldiging dat daar in die kerk so 'n groot volmaaktheid van God aanwesig behoort te wees dat dit voldoende beheer in plaas van die wet kan uitoefen: daarin beeld hulle hulle stompsinnig so 'n volmaaktheid in wat nooit in die gemeenskap van mense aangetref kan word nie. Aangesien die moedswilligheid van goddelose mense so groot, en hulle gemeenheid sa hardnekkig is dat dit beswaarlik met groot strengheid van wette aan bande gelê kan word, wat verwag ons sal hulle dan doen as hulle merk dat vir hulle goddeloosheid 'n teuelloosheid sonder straf beskikbaar is? Dit is dié mense wat nie genoegsaam met geweld gedwing kan word om nie kwaad te doen nie.

3. Burgerlike regering is nie alleen in die aardse dinge vir ons tot voordeel nie, maar dit dra ook by tot die uitbreiding van die evangelie🔗

Maar ons sal elders 'n pasliker geleentheid hê om oor die voordeel van burgerlike regering te praat.13 Vir die huidige wil ons slegs hê dat begryp moet word dat dit verskriklike barbaarsheid is om net daaraan te dink om dit uit te wis. Omdat dit trouens onder mense nie minder voordeel inhou as brood, water, die son en lug nie, oortref die waarde hiervan dit baie ver. Burgerlike regering is immers nie slegs daarop gerig - soos dit trouens 'n kenmerk van al die bogenoemde dinge is -,om mense asem te laat haal, te laat eet, drink en hulle te onderhou nie, hoewel dit beslis al hierdie dinge insluit wanneer dit bydra om alle mense saam te laat leef; ek herhaal: dit dien nie slegs hiervoor nie, maar ook dat afgodery, geen  heiligskennis teen God se Naam, geen laster teen sy waarheid en ander ergernisse teen die godsdiens in die openbaar sou ontstaan en onder die volk uitgestrooi word nie, dat die openbare rus nie versteur word nie, dat elkeen dit wat aan hom behoort,14veilig en ongeskonde mag behou; dat mense onderling ongestoord handel mag dryf en dat eerbaarheid en seltbeheersing onder hulle geëerbiedig mag word. Kortom: dat 'n openbare beeld van hulle godsdiens onder Christene moet bestaan en beleefdheid onder mense onder mekaar.15

Dit moet niemand egter skok dat ek nou die taak om die godsdiens reg te orden op die burgerlike regering oordra terwyl ek dit klaarblyklik hierbo buite die oordeel van mense gestel het nie.16 Wanneer ek 'n burgerlike orde goedkeur wat daarop toegespits is om te voorkom dat die ware godsdiens wat in die wet van God saamgevat is, openlik en deur openbare heiligskennis ongestraf geskend en verontreinig word, laat ek mense hier nie meer toe om na eie goeddunke wette oor die godsdiens en die aanbidding van God te maak as tevore nie. As ons egter die onderafdelings van burgerlike regering afsonderlik behandel, sal my lesers deur die duidelikheid van die volgorde van my uiteensetting gehelp word om beter te verstaan wat hulle houding oor burgerlike regering moet wees.

Daar is drie onderafdelings: die owerheid wat die beskermer en bewaker van die wette is; wette waarvolgens die owerheid regeer; die volk wat deur die wette regeer word en die owerheid moet gehoorsaam.17 Laat ons derhalwe eerstens die funksie van die owerheid ondersoek - of dit 'n owerheid is en hoe groot die mag is wat dit het. Ten tweede: deur watter wette 'n Christelike staat regeer moet word; en ten laaste, watter voordeel die volk uit wette put en watter gehoorsaamheid hulle aan die owerheid verskuldig is.

4. Die taak van die Owerheid.🔗

Die Here getuig nie alleen dat die taak van die owerheid deur Hom goedgekeur word en Hom behaag nie, maar Hy het die aansien daarvan ook met uiters eervolle lofliedere verhef en dit wonderbaarlik by ons aangeprys. Om maar net 'n paar te vermeld: almal wat 'n owerheidsamp beklee, word gode genoem.18 Niemand moet egter meen dat hierdie benaming van weinig belang is nie. Hiermee word immers aangetoon dat hulle 'n opdrag van God het; dat hulle met Goddelike gesag beklee is en God se Persoon ten volle dra omdat hulle in 'n sekere sin as sy plaasvervangers optree.

Dit is geen spitsvondigheid van my nie, maar Christus se vertolking. Hy sê:"Die Skrif noem diegene gode tot wie die Woord van God gekom het".19 Wat beteken dit anders as dat die taak deur God aan hulle opgedra is om Hom in hulle amp te dien? En Moses en josafat het byvoorbeeld aan die regters wat hulle in al die stede van Judea aangestel het, gesê dat hulle reg moes beoefen, nie voor die mense nie maar voor God.20 Wat die wysheid van God deur die mond van Salomo verklaar, het dieselfde strekking, naamlik dat dit sy werk is dat konings regeer en raadslede regverdige besluite neem; dat vorste heers en dat al die regters van die aarde weldadig is.21 Dit dra trouens net soveel krag asof gesê is dat dit nie deur menslike verwrongenheid gebeur dat die gesag oor alle dinge op aarde in die hande van konings en ander owerhede is nie, maar deur die voorsienigheid en heilige beskikking van God wat dit goedgevind het om die sake van mense so te bestier. Hy staan hulle immers by en is selfs aanwesig wanneer hulle wette maak en billikheid in hulle uitsprake beoefen.

Paulus leer dit uitdruklik wanneer hy owerstes onder die gawes van God reken.22 Hoewel dit volgens die verskeidenheid van die genadegawes verskillend uitgedeel is, behoort hulle deur Christus se diensknegte tot opbou van die kerk aangewend te word. Want hoewel hy daar eintlik van 'n vergadering van gewigtige manne praat wat in die eerste kerk ingestel is om beheer oor die openbare dissipline uit te oefen - 'n taak wat hy in die brief aan die Korintiërs regering23 noem -, kan daar geen twyfel daaroor bestaan dat hy daar elke soort regverdige oppergesag by ons aanprys nie· omdat ons merk dat die doel van burgerlike regering weer daarop terugval. Hy sit dit inderdaad baie duideliker uiteen wanneer hy 'n grondige redenasie oor hierdie onderwerp aanpak. Hy leer immers dat mag ook die beskikking van God is24 en dat daar geen ander magte is as die wat deur God beskik is nie.25 Hy leer verder dat vorste God se dienaars is, vir diegene wat goed doen, tot lof, maar vir die slegtes tot wraak.26

Hierby kom ook die voorbeeld van heilige manne. Sommige van hulle het oor koninkryke regeer soos Dawid, Josia en Hiskia, party weer oor stadhouerskappe soos Josef en Daniël; ander het met burgerlike owerhede oor 'n vry volk regeer soos Moses, Josua en die Rigters. Hiervan het die Here verklaar dat hulle funksies deur Hom goedgekeur is. Daarom hoort daar by niemand twyfel te bestaan dat burgerlike mag 'n roeping is wat nie alleen voor God heilig en wettig is nie, maar ook uiters heilig en in die hele lewe van sterflike mense by verre die eerbaarste van almal.

5. 'n Weerlegging van die beswaar dat Burgerlike Regering vir die Jode ingestel is, en nie vir Christene nie.🔗

Diegene wat begeer om anargie te weeg te bring,27 opper hierteen die beswaar dat, hoewel konings en rigters eertyds oor die growwe Joodse volk aangestel is, so 'n slaafse soort regering vandag hoegenaamd nie met die volmaaktheid wat Christus met sy evangelie meegebring het, strook nie.28 Hierin bring hulle nie alleen hulle eie onkunde aan die lig nie, maar ook hulle duiwelse lis wanneer hulle hulle so 'n volmaaktheid toe-eien waarvan nie eens 'n honderdste deel in hulle te bespeur is nie. Watter soort mense hulle ook al is: dit is nogtans maklik om hulle te weerspreek.

Wanneer Dawid alle konings en vorste aanspoor om die Seun van God te soen,29 beveel hy hulle nie om hulle heerskappy te laat vaar en na 'n privaat lewe terug te keer nie, maar hy beveel hulle om die mag waarmee hulle toegerus is, aan Christus te onderwerp sodat Hy alleen bo hulle almal kan uittroon. Net so wanneer Jesaja beloof dat konings voeders en koninginne voedsters van die kerk sal wees,30 ontneem hy hulle nie hulle eer nie, maar hy stel hulle met eervolle lofbetuiging as beskermers vir godvrugtige dienaars van God aan. Dit is trouens 'n profesie wat op die koms van Christus betrekking het.

Ek laat doelbewus baie Skrifgetuienis wat oral voorkom, agterweë, en veral in die Psalms waarvolgens hulle reg vir alle owerstes opgeëis word.31 Die bekendste voorbeeld van almal is inderdaad wanneer Paulus Timoteus vermaan dat mense in openbare byeenkomste vir konings moet bid, en hy dadelik die rede daarvoor byvoeg, naamlik sodat ons onder hulle 'n rustige lewe in alle godsvrug en eerbaarheid kan voer.32 Met hierdie woorde prys hy hulle as beskermers en voogde van die kerk by ons aan.

6. Owerhede moet daarom met Godvresendheid, Regverdigheid en Toewyding regeer.🔗

Owerhede moet daarom gedurig (aan hulle roeping) dink omdat dit vir hulle 'n geweldige prikkel is om hulle tot hulle plig op te wek, en omdat dit sonderlinge vertroosting vir hulle kan bied om die probleme van hulle amp wat beslis baie swaar is, te verlig. Hoeveel onkreukbaarheid, insig, beleefdheid, selfbeheersing en beywering vir onskuld moet diegene hulle immers self oplê wat weet dat hulle as dienaars van God se geregtigheid aangestel is? Met watter vertroue sal hulle onregverdigheid op hulle regbanke toelaat wanneer hulle hoor dat dit die troon van die lewende God is? Met watter moedswilligheid sal hulle 'n onregverdige vonnis uitspreek met 'n mond wat hulle weet, as 'n instrument vir die waarheid van God bestem is? Sal hulle met 'n skoon gewete besluite onderteken met die hand waarvan hulle weet dat dit bestem is om die handelinge van God te onderskryf? Kortom: as hulle in gedagte hou dat hulle plaasvervangers van God is, moet hulle met alle sorgsaamheid, deeglikheid en ywer waak om vir die mense 'n beeld van Goddelike voorsienigheid, bewaring, goedheid, welwillendheid en geregtigheid weer te gee. En hulle moet hulleself voortdurend die volgende influister: as almal vervloek is wat traag is om God se werk van wraak te doen.33dat diegene nog swaarder vervloek word wat bedrieglik optree in 'n wettige roeping.

Toe Moses en Josafat dus hulle regters tot hulle plig wou aanspoor, het hulle niks kragtiger gehad om hulle gemoedere te beïnvloed as dit wat ons reeds vroeër34 aangehaal het nie: "Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie maar vir God; en Hy is by julle in die regspraak. Mag die skrik van die Here dan nou op julle wees. Kyk en doen, want by die Here ons God is daar geen onreg nie".35 Elders word gesê dat God in die midde van die gode in die vergadering regspreek36 sodat hulle tot hulle plig aangemoedig kan word wanneer hulle hoor dat hulle God se gesante is aan wie hulle rekenskap van die verrigting van hulle taak moet gee. En hierdie vermaning behoort tereg baie swaar by hulle te weeg want as hulle hulle plig versuim, veronreg hulle nie alleen die mense wat hulle skandelik treiter nie, maar hulle krenk God self omdat hulle sy heilige oordele verontreinig.37 Aan die ander kant het hulle egter ook rede om hulle pragtig te troos wanneer hulle daaroor nadink dat hulle hulle nie besig hou met onheilige sake wat vreemd is aan 'n dienskneg van God nie, maar met 'n uiters heilige amp omdat hulle God se gesantskap verrig.

7. Die Doperse beroep op en vertolking van Christus se woorde: "Maar so moet julle nie wees nie", is vals🔗

Diegene wat nie deur soveel Skrifgetuienis beweeg word om nie hierdie heilige diens te belaster asof dit iets is wat strydig is met die Christelike godsdiens en godsvrug nie, wat doen hulle anders as om God self te beledig omdat veragting van Hom noodwendig aan die belediging van sy diens verbind is? Hulle keur nie alleen die owerheid af nie, maar hulle verwerp God om nie oor hulle te regeer nie. As dit met waarheid deur die Here van die Israeliete gesë is omdat hulle Samuel se gesag verwerp het.38waarom sal dit vandag met minder waarheid gesê word van diegene wat hulleselfvergun om al die owerhede wat deur God ingestel is, te belaster?

Toe die Here egter aan sy dissipels gesê het dat heidense konings oor hulle heers, maar dat dit nie onder hulle so moet wees nie omdat die eerste onder hulle die geringste moet word,39is alle Christene volgens hierdie mense verbied om aan koninkryke en owerhede deel te neem.40
O, vaardige vertolkers wat hulle is! Daar het 'n rusie onder die dissipels ontstaan oor wie belangriker as die ander was. Om hulle eergierigheid dus aan bande te lê, het die Here hulle geleer dat hulle bedieningsamp nie soos koninkryke is waarin een mens bo al die ander uitstaan nie. 41
Maar nou vra ek jou: wat dra hierdie vergelyking daartoe by om die waardigheid van 'n koning te beledig? Ja, wat bewys dit hoegenaamd anders as dat die koninklike amp nie dieselfde is as die diens van die apostels nie?

Hoewel daar verder verskeie regeringsvorms onder owerhede voorkom, is daar in hierdie opsig geen verskil nie, naamlik dat hulle almal as instellings van God aanvaar moet word. Paulus vat dit immers ook almalos saam wanneer hy sê dat daar geen mag bestaan nie behalwe van God.42
En die mag van alle magte wat die mens die minste aangestaan het, is met uitnemende getuienis bo ander magte aangeprys, naamlik die mag van een mens alleen. Omdat dit egter die openbare ondergeskiktheid van alle mense veroorsaak - met uitsondering van die een heerser aan wie se wil die mag alles onderwerp -, kon mense met grootse en uitnemende verstand dit eertyds nie goedkeur nie. Maar om hulle onbillike oordele teen te gaan, verklaar die Skrif uitdruklik dat dit die voorsienigheid van God se wysheid is dat konings regeer43en die Skrif skryf ook aan ons voor dat konings besonderlik geëer moet word44

8. 'n Bespreking van die drie regeringsvorms: monargie, aristokrasie en demokrasie🔗

Dit sou in elk geval heeltemal nutteloos wees as privaat mense moes redeneer oor die beste staat vir die burgerlike regering waar hulle woon omdat hulle nie oor die instelling van 'n openbare aangeleentheid 'n beslissing kan neem nie. Verder sou dit eenvoudig nie anders as onbesonne beskryf kan word nie omdat 'n belangrike aspek van sa 'n redenasie van die omstandighede afhang. As jy die staat van regering sonder die omstandighede met mekaar sou vergelyk, is dit nie maklik om te onderskei watter een die swaarste weeg nie - sa kom hulle in gelyke toestande ooreen. Dit is baie maklik om van 'n koninkryk in 'n tirannie te verval, maar dit is nie veel moeiliker om van 'n aristokrasie na 'n oligargie oor te gaan nie. Die maklikste is egter om van 'n demokrasie tot anargie oor te gaan.45

As die drie regeringsvorms wat filosowe poneer,46op sigself oorweeg word, ontken ek nie dat öf 'n aristokrasie, öf 'n regering wat daaruit en uit die burgery saamgestel is, 'n regering is wat ver bo ander regeringsvorms uitmunt nie - weliswaar nie op sigself nie, maar omdat dit uiters seldsaam voorval dat-konings hulle so kan beheers dat hulle wil nooit van wat regverdig en reg is, afwyk nie. Verder is dit ook sa dat sulke regeerders met so 'n groot skerpsinnigheid en verstandigheid begaafd is dat elkeen kan sien hoeveel voldoende is. Mense se gebreke of tekortkomings veroorsaak dus dat dit veiliger en draagliker is dat meer mense die regering in hulle hande moet hê sodat die een die ander wedersyds hulp kan verleen, mekaar kan leer en onderling kan vermaan;  as iemand hom meer as wat billik is, verhef, dat daar baie sensors en leiers kan wees om sy losbandigheid hok te slaan. Dit is deur die ervaring self bewys en die Here het dit ook met sy eie gesag bekragtig toe Hy 'n aristokrasie wat naby die burgerlike regering was, onder die Israeliete ingestel het. Dit was trouens sy wil om hulle in die heel beste toestand te hou47totdat Hy 'n beeld van Christus in Dawid aan hulle voorsien het.

En terwyl ek met graagte erken dat geen soort regering gelukkiger is as die een waar die vryheid by 'n betaamlike gematigdheid aangepas en behoorlik ingerig is om langdurig te wees nie, so beskou ek ook diegene wat hierdie toestand kan geniet as die gelukkigste mense. En ashulle kragtig en bestendig daarvoor werk om hierdie vryheid te handhaaf en te behou, gee ek toe dat hulle niks doen wat vreemd is aan hulle plig nie.

Ja, die owerheid behoort hom met die grootste sorgsaamheid daarop toe te lê om te voorkom dat die vryheid waarvan hulle die beskermers is, in enige opsig verminder word - om nie eens te praat daarvan dat hulle nie mag toelaat dat dit geskend word nie. As die owerheid hierin onverskillig is en hulle weinig daaroor bekommer, is hulle ontrou in hulle amp en verraaiers van hulle vaderland.48

Maar as mense dit op hulle toepas aan wie die Here 'n ander regeringsvorm gegee het om daardeur aangehits te word om 'n verandering in die regeringsvorm te soek, sal so 'n gedagte nie alleen dwaas en oorbodig wees nie, maar ook heeltemal skadelik. As jy jou oë trouens nie slegs op een staat vestig nie, maar tegelyk die hele wêreld in oënskou neem en bekyk, sal jy inderdaad vind dat dit nie sonder rede so deur die voorsienigheid van God beskik is dat verskillende lande deur verskillende regeringsvorms bestuur word nie. Soos die elemente trouens vanweë 'n onegalige klimaat aan mekaar verbind is, so word sulke regerings ook deur 'n sekere ongelykheid die heel beste gehandhaaf. Dit alles word nogtans verniet vir mense gesê wat tevrede is met die Here se wil. As Hy dit immers goedgevind het om konings oor koninkryke aan te stel, en senate of raadslede oor state, is dit ons plig om aan hulle onderdanig en gehoorsaam te wees - wie Hy ook al in die streek waar ons woon, aangestel het.

9. Die owerbeid se plig is, ten eerste, om die Christelike godsdiens te beskerm, en ten tweede, om reg en geregtigbeid te laat geskied🔗

Nou moet ons hier terloops aandui wat die plig van owerhede is soos dit deur die Woord van God beskryfword, en waarin dit geleë is. As die Skrif ons nie leer dat dit oor beide tafels van die wet strek nie, moet ons dit inderdaad van heidense skrywers leer. Nie een van hulle het trouens oor die plig van die owerheid, oor die maak van wette en die staat geskryf sonder om by die godsdiens en die aanbidding van God te begin nie. So het hulle almal erken dat geen burgerlike regering gelukkig saamgestel kan word tensy 'n mens eers sorg vir godsvrug nie; en dat wette verkeerd is as hulle God se reg verontagsaam en slegs mense se belange ter harte  neem.49 Aangesten die religie dus die eerste plek onder al die filosowe ingeneem het, en dit ook altyd met die eenstemmigheid van alle volke gehandhaaf is, moet Christelike vorste en owerhede hulle vir hulle laksheid skaam as hulle hulle nie daarop toelê om dit te versorg nie.

Ons het reeds aangetoon dat hierdie funksie besonderlik deur God hulle ogelê is. Daarom is dit billik dat hulle werk daarvan maak om God se eer te beskerm en staande te hou omdat hulle sy plaasvervangers is en omdat hulle deur sy weldadigheid regeer. Die heilige konings in die Skrifword juis om hierdie rede lof toegeswaai omdat hulle die diens aan God in ere herstel het nadat dit bedorwe geraak en uitgewis is, of omdat hulle oor die godsdiens besorg was sodat dit suiwer en ongeskonde onder hulle kon bloei.

Daarteenoor stel die heilsgeskiedenis dit onder die gebreke van anargie dat daar nie 'n koning in Israel was nie en dat elkeen daarom gedoen het wat hy wou.50Na aanleiding hiervan word die dwaasheid van diegene aan die kaak gestel wat wil hê dat owerhede hulle slegs op die regspraak tussen mense moet toespits sonder om hulle oor God te bekommer. Net asof God owerhede in sy Naam aangestel het om geskille op aarde te besleg, maar dit wat inderdaad by verre van die grootste belang was, agterweë gelaat het, naamlik dat Hysuiwer volgens die gebod van sywet gedien moes word. Maar 'n begeerte om alles sonder straf nuut te maak dryf onrustige mense hierheen sodat hulle begeer dat daar nie regters moet wees om die skenders van godsvrug te wreek nie. 51

Sover dit die tweede tafel van die wet aangaan: Jeremia vermaan konings om reg en geregtigheid te doen; om iemand wat met geweld onderdruk is, van die hand van sy lasteraars te verlos; om die vreemdeling, die weduwee en die weeskind nie te bedroef nie, en om nie onskuldige bloed te vergiet nie.52 Die vermaning wat ons in Psalm 82 lees, het dieselfde strekking: dat hulle reg aan die arm en behoeftige mens moet doen; dat hulle die hulpelose en behoeftige mens moet verlos; dat hulle die arm en behoeftige mens uit die hand van die onderdrukker moet red. 53Moses beveel die leiers wat hy in sy plek aangestel het, inderdaad om die saak van hulle broers aan te hoor; dat hulle tussen een man, sy broer en die vreemdeling moes oordeel; dat hulle in hulle regspraak geen persoon in aanmerking moes neem nie, dat hulle na klein sowel as na groot moes luister en geen mens moes vrees nie omdat dit God se regspraak is.54Ek laat maar agterweë dat konings nie baie perde moes hë nie, dat hulle hulle nie op gierigheid moes toelê nie, dat hulle hulle nie bo hulle broers moes verhef nie, dat hulle al die dae van hulle lewe daarmee besig moes wees om die wet van God te oordink.55dat regters nie na die een of ander kant moes afwyk nie, dat hulle geen omkoopgeskenke moes aanneem nie56en dergelike voorskrifte wat oral in die Skrif te lese is. My bedoeling in hierdie uiteensetting van die plig van owerhede is egter nie soseer om die owerhede self te onderrig nie, maar om ander mense te leer wat die owerheid is en met watter doel hulle deur God daargeste1 is.

Ons merk dus dat owerhede as beskermers en regters aangestel word met die oog op openbare onskuld, beskeidenheid, eerbaarheid en rustigheid. Hulle enigste belangstelling moet wees om vir die algemene welvaart en vrede van almal te sorg. Dawid beloof dat hy 'n toonbeeld van hierdie deugde sal wees wanneer hy tot die koninklike troon verhoog word, dat hy naamlik nie met booswigte sal saamspan nie, maar dat hy goddelose mense, lasteraars en hooghartige mense sal verafsku en dat hy van alle kante af regskape en betroubare raadgewers sal bekom.57

Owerhede kan dit egter nie bereik nie tensy hulle goeie mense teen die onregte van goddelose mense beskerm, onderdruktes met raad en daad onderskraag en hulle ook met die mag bewapen om kwaaddoeners en misdadigers openlik en streng te straf omdat die openbare rus deur hulle misdadigheid in oproer gebring of versteur word. Ons ervaar immers selfwat Solon gesê het, naamlik dat elke staat op twee dinge rus, naamlik loon en straf; en verder dat die hele staatsorde in duie stort en tot niet gaan as hierdie twee uit die weg geruim word.58Want die oor dit wat billik en regverdig is, koel in baie mense se gemoedere af as hierdie deugde nie geëer word nie. Misdadigers se grille kan ook slegs in bedwang gehou word as dit met strengheid en strawwe aan bande gelê word.

Hierdie twee aspekte is deur die profeet saamgevat toe hy konings en owerstes beveel het om reg en geregtigheid te doen.59Geregtigbeid beteken om onskuldiges in beskerming te neem, hulle te omhels, te verdedig, hulle reg op te eis en hulle te bevry. Oordeel is egter om die geweld van goddelose mense te weerstaan, hulle geweld aan bande te lê en hulle misdade te straf.

10. 'n Weerlegging van die Doperse opvatting dat die owerheid nie die swaardmag besit nie🔗

Maar hier ontstaan oënskynlik 'n swaar en moeilike vraagstuk: as alle Christene volgens die wet van God verbied word om iemand dood te maak.60
en die profeet ook van die heilige berg van God, dit is die kerk, verkondig dat hulle niemand daarin mag verdruk of skade mag aandoen nie,61hoe kan owerstes tegelyk godvrugtige mense en bloedvergieters wees?62Maar as ons begryp dat 'n owerheid in die uitvoering van strawwe nie uit homself iets doen nie, maar dat hy juis die oordele van God tot uitvoer bring, sal hierdie probleem nie vir ons 'n struikelblok wees nie.

Die wet van die Here verbied ons om iemand dood te maak, maar om te voorkom dat moord ongestraf gelaat word, gee Hy as Wetgewer self die swaard in die hand van sy dienaars om dit teen alle moordenaars te ontbloot. Om mense te onderdruk en skade aan te doen is nie 'n kenmerk van godvrugtige mense nie, maar om die onderdrukking van godvrugtiges volgens die gebod van die Here te straf beteken nie om skade aan te doen en te verdruk nie. Het ons tog maar ons gedagtes altyd hiermee besig gehou dat dit alles gebeur, nie vanweë die onbesonnenheid van die mens nie, maar op gesag van God wat die mens beveel om alles te doen, En as God ons daarin voorgaan, dwaal ons nooit van die regte pad af weg nie.

Behalwe miskien as iemand sou beweer dat God se geregtigheid hierdeur aan bande gelê word sodat dit nie Hy is wat misdadigers straf nie. Maar as dit ons nie geoorloof is om vir Hom 'n wet neer te lê nie, waarom sou ons dan sy dienaars met laster dreig? Paulus sê dat hulle die swaard nie verniet dra nie want hulle is God se dienaars en wrekers van sy toorn teen die wat kwaad doen.63As vorste en owerhede dus weet dat niks vir die Here aangenamer as hulle gehoorsaamheid is nie, moet hulle hulle vir hierdie diens inspan as hulle hulle weliswaar beywer om hulle godsvrug, regverdigheid en onkreukbaarheid vir God te bewys.
Moses is natuurlik deur hierdie gesindheid aangedryf toe hyagtergekom het dat hy deur die krag van die Here as verlosser vir sy volk bestem is en hy die Egiptenaar doodgeslaan het.64Daarna het hyop een dag drieduisend mense doodgemaak en hom op die heiligskennis teen sy volk gewreek.65Dawid het ook so opgetree toe hy aan die einde van sy lewe sy seun Salomo beveel het om joab en Simeï dood te maak.66Daarom noem hy dit ook onder die deugde van 'n koning om goddelose mense van die aarde af uit te roei sodat al die bewerkers van ongeregtigheid uit die stad van God uitgedryfkan word.67Die lofwat aan Salomo toegeskryf word, het dieselfde strekking: "ïv het geregtigheid lief gehad en onreg gehaat" .68Hoe ontbrand die saggeaarde rustige geaardheid van Moses tot so 'n groot woede dat hy, toe hy reeds met die bloed van sy broers besprinkle en deurdrenk was, deur die kamp kon storm om nog bloed te vergtet?69 Hoe kon Dawid, 'n man wat sy hele lewe so vriendelik was, in sy laaste asemteue so 'n bloedige testament maak, naamlik dat sy seun die grys hare van Joab en Simeï nie na hulle graf moes dra nie?70 So het hy inderdaad albei sy hande, wat hy sou verontreinig het deur hulle lewens te spaar, geheilig deur teen hulle in woede uit te bars toe hy die wraak wat deur God aan hom opgedra is, ten uitvoer gebring het. Salomo sê: "Dit is 'n gruwel onder konings om onreg te pleeg want 'n troon is op geregtigheid gevestig" .71Dan weer: '''n Koning wat op die troon van geregtigheid sit, strooi sy oë oor al die kwaad uit".72Net so: "'n Wyse koning verstrooi die goddelose en laat die wiel oor hulle draai".73 Net so: "Neem die skuim uit die silwer weg en daar sal 'n vat vir die smelter te voorskyn tree; verwyder die goddelose voor die gesig van die koning, en sy troon sal op geregtigheid bevestig word".74Net so: "Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige verdoem, hulle altwee is vir die Here 'n gruwel".75 Net so: "'n Weerspannige mens soek die kwaad, en 'n wrede boodskapper word teen hom gestuur" .76Net so: "Wie vir die goddelose sê: 'Jy is regverdig', hom sal volke en nasies vervloek" .77

As dit dan hulle ware geregtigheid is om skuldiges en booswigte met getrekte swaarde te vervolg, sal hulle hulle aan die hoogste pligsversuim skuldig maak as hulle hulle swaarde in die skede steek en hulle hande rein van bloed hou terwyl misdadigers intussen goddeloos met moord en doodslag wegkom. Verre sy dit daarvan dat hulle dan lof vir hulle goedheid en regverdigheid sou behaal!

Weg egter met 'n kortgebonde wrede strengheid wat tereg die rots van misdadigers78 genoem word. Ek is trouens nie 'n soort mens wat onpaslike wreedheid voorstaan nie, of een wat meen dat 'n billike oordeel uitgespreek kan word sonder dat sagmoedigheid wat die beste en sekerste raadgewer van konings is, en soos Salomo sê, die bewaarder van 'n koning se troon is,79daarmee gepaard gaan nie. Vroeër het iemand ook met waarheid gesê dat sagmoedigheid die vernaamste gawe van vorste is.80 Intussen moet die owerheid egter toesien dat hy nie of deur uitermatige strengheid mense krenk eerder as genees nie, of met bygelowige vertoon van sagmoedigheid in die wreedste vorm van onmenslikheid verval as hy in 'n sagteen overskillige genadigheid tot verderf van baie mense opgaan nie. Tydens die regering van Nerva is daar trouens om 'n goeie rede gesê dat dit wel 'n euwel is om onder 'n vors te leef onder wie niks geoorloof is nie, maar dat dit baie slegter is om onder een te leef onder wie alles geoorloof is.81

11. Die owerheid het ook die plig om onder bepaalde omstandighede oorlog te voer🔗

Omdat konings en volke soms die wapens moet opneem om sulke openbare wraak te neem, kan uit die voorgaande redenasie afgelei word dat oorloë wat so gevoer word, wettig is.82Die mag is immers aan hulle gegee om die rustigheid van hulle regering te verdedig, die oproerigheid van rustelose mense te onderdruk, diegene wat met geweld onderdruk is, te help, en bose dade te straf. Kan 'n gepaster geleentheid hom dan voordoen (om hierdie mag uit te oefen) as om die waansin van iemand te bedwing deur wie sowel die rus van elkeen afsonderlik, as die rustigheid van die hele gemeenskap versteur word? Van iemand wat oproerig raas en deur wie gewelddadige onderdrukking en skandelike wandade gepleeg word? As owerhede dan die bewaarders en beskermers van die wette behoort te wees, moet hulle net so die waaghalsige streke van al die mense vernietig deur wie se misdadigheid die dissipline van die wette bederfword. Ja, as hulle rowers met reg kan straf deur wie se onregmatige optrede slegs 'n paar mense geraak word, moet hulle dan toelaat dat 'n hele landstreek deur rooftogte geteister en geplunder word sonder om dit te straf? Dit is van geen belang of dit 'n koning of iemand uit die laagste stand van 'n volk is wat sonder enige reg daartoe 'n ander se land inval en dit vyandig plunder nie. Hulle moet almal eweveel as rowers beskou en gestraf word.

Natuurlike billikheid en die basis van hulle amp sê dus aan ons voor dat vorste gewapend moet wees om nie alleen persoonlike misdade met geregtelike strawwe te bedwing nie, maar ook om landstreke wat aan hulle toevertrou is, met oorlog te verdedig wanneer dit vyandig aangeval word. En die Heilige Gees verklaar met baie Skrifgetuienisse dat sulke oorloë wettig is.83

12. 'n Weerlegging van die beswaar dat daar nêrens in die Nuwe Testament 'n voorbeeld voorkom waarvolgens dit Christene veroorloof is om oorlog te verklaar nie🔗

Nou word die beswaar teen my ingebring dat daar geen getuienis of voorbeeld in die Nuwe Testament bestaan wat leer dat oorlog iets is wat vir Christene geoorloof is nie.84 My antwoord hierop is ten eerste dat 'n rede om oorlog te voer wat destyds gegeld het, vandag nog geldig is en dat daar aan die ander kant geen rede bestaan wat die owerheid daarvan weerhou om hulle onderdane te verdedig nie.
Ten tweede moet ons nie in die briewe van die apostels na 'n uitdruklike weergawe van sulke dinge soek nie want hulle doel was nie om daarin 'n burgerlike regering te vorm nie, maar die geestelike koninkryk van Christus te onderrig.

Ten slotte word daarin ook te kenne gegee dat Christus met sy koms niks in hierdie verband verander het nie. Om Augustinus se woorde te gebruik: "As die Christelike leer alle oorloë sou verdoem, sou vlr die soldate wat raad gevra het om hulle saligheid te bekom, liewer gesê gewees het dat hulle hulle wapens moes weggooi en hulle heeltemal van krygsdiens moes onttrek. Daar is egter vir hulIe gesê: 'Julle moet niemand geweld aandoen nie; niemand veronreg nie en wees tevrede met julle soldy' .85Toe hy hulle beveel het om met hulle soldy tevrede te wees, het hy hulle in elk geval nie verbied om oorlog te maak nie."86
Maar dit is alle owerhede se plig om grootliks daarteen te waak om selfs nie eens in die geringste mate aan hulle begeertes gehoorsaam te wees nie. Ja, as straf gewens is, moet hulle nie deur blindelingse woede en haat meegesleur word nie: hulle moet nie met onversoenlike strengheid brand nie maar, soos Augustinus sê, selfs medelye betoon met die algemene natuur van een wat hulle vanweë sy oortreding straf.87Of as hulle wapens teen 'n vyand opneem, dit is teen 'n gewapende rower, moet hulle nie ligtelik 'n rede daarvoor soek nie, inteendeel, selfs as so 'n rede hom voordoen, moet hulle dit nie aanvaar tensy hulle deur die uiterste nood daartoe gedryf is nie. Want as ons baie liewer moet doen wat die bekende heiden vereis het wat die opvatting gehuldig het dat oorlog slegs gevoer moet word om vrede te bekom,88moet ons beslis eers alles beproef voordat ons die saak met wapens besleg. In albei gevalle moet hulle ten slotte nie toelaat dat hulle deur persoonlike gevoel meegesleur word nie, maar hulle moet hulle slegs deur die openbare belang laat lei. Andersins misbruik hulle hulle mag uiters nadelig, terwyl dit nie tot hulle voordeel aan hulle gegee is nie, maar tot die beswil en in diens van ander mense.

Die grondslag vir die verkryging van hulptroepe, verdrae en ander burgerlike beskermingsmiddels hang van dieselfde reg om oorlog te voer af. Onder hulptroepe verstaan ek die magte wat in state gestasioneer word om die grense van 'n gebied te beskerm. Onder verdrae verstaan ek ooreenkomste wat met naburige vorste gesluit word met die doel om wedersyds aan mekaar hulp te verleen en kragte saam te snoer om gemeenskaplike vyande van die mensdom te onderdruk as daar enige oproer in 'n gebied voorval. Onder burgerlike beskermingsmiddels verstaan ek die middels waarvan in die krygskuns gebruik gemaak word.

13. Die staat het ook die plig om belastings en fondse te in🔗

Ten slotte wil ek ook hier byvoeg dat belastings en staatsvorderings wettige inkomste van vorste is. Hulle moet sulke fondse in om veral die openbare laste van hulle amp te dra. Hulle kan egter ook daarvan gebruik met die oog op die voortreflikheid van hulle huishouding wat in 'n sekere sin met die aansien van die regering wat hulle bestuur, verbind is. So sien ons byvoorbeeld dat Dawid, Hiskia, ]osia, Josafat en ander heilige konings, asook ]osef en Daniël, volgens die waardigheid van hulle amp weelderig van staatsfondse geleef het sonder om hulle godsvrug skade aan te doen. En in Esegiël lees ons dat uitgestrekte landerye aan die konings toegewys is.89Hoewel Esegiël die geestelike koninkryk van Christus hierin teken, ontleen hy die voorbeeld vir sy beeld aan 'n wettige koninkryk onder mense.

Op hulle beurt moet vorste egter daaraan gedagtig wees dat hulle belastings nie soseer hulle persoonlike skatte is nie, maar dat dit die skatkis van die hele volk is soos Paulus trouens getuig.90 Hulle kan dit daarom nie verkwis of verspil sonder openlike verontregting nie. Of anders gestel: hulle moet daaraan gedagtig wees dat belastings byna die bloed van die volk is, en as hulle dit nie spaarsamig sou gebruik nie, dat dit die wreedste onmenslikheid sou wees. Hulle moet ook daaroor nadink dat hulle belastingskattings, bydraes en ander vorms van belastings niks anders as hulpmiddels is om die openbare nood te verlig nie, en dat dit tirannie en roof is om die arm mense sonder rede daarmee te belas.

Hierdie stellings moedig vorste nie aan tot uitspattigheid en oordadige uitgawes nie terwyl dit beslis nie nodig is om die vlam van hulle begeertes wat vanself meer as wat reg is, aangevuur is, nog verder aan te blaas nie. Aangesien dit egter van die grootste belang is dat hulle alles wat hulle aandurf, met 'n rein gewete voor God moet aanpak, moet hulle geleer word hoeveel hulle geoorloof is. Hierdie leer is egter nie oorbodig vir gewone mense nie sodat hulle hulleself nie moet toelaat om elke uitgawe van vorste ondeurdag en voortvarend te beskinder al sou hulle die gewone en burgerlike perk te buite gaan nie.

14. Die nut en noodsaaklikheid van wette🔗

In burgerlike regering volg wette na die owerheid. Wette is die uiters kragtige senuwees van die staat, 91of soos dit by Plato en Cicero genome word, wette is die siel van die staat. 92Daarsonder kan geen owerheid bestaan nie. Aan die ander kant, het wette geen krag sonder die owerheid nie. Daarom kan niks met groter waarheid gesê word as dat die wet 'n stom onderwyser is en die owerheid 'n lewende wet nie.93

Dat ek onderneem het om te sê op watter wette 'n Christelike staatsbestel gevestig moet word, bied egter geen gronde daarvoor dat iemand 'n lang betoog oor die beste soort wette moet verwag nie. Dit sou ook 'n ontsaglike taak wees, en dit is nie die bedoeling en plek van die huidige redenasie nie. Ek sal slegs met 'n paar woorde, en dit ook maar terloops, aandui van watter wette die owerheid godvrugtig voor die aangesig van God gebruik kan maak en deur watter wette die staat na behore onder mense geadministreer kan word. Ek sou selfs verkies het om hierdie onderwerp heeltemal in stilte verby te laat gaan as dit nie was dat ek besefhet hoe gevaarlik baie mense hierin dwaal nie. Daar is trouens mense wat beweer dat 'n staat wat Moses se staatsreëlings verontagsaam en kragtens die gewone wette van volke regeer word, nie 'n staat is wat reg georden is nie.94 Ander mense moet maar ondersoek instel na hoe gevaarlik en opruiend hierdie opvatting is. Vir my is dit voldoende dat ek aangetoon het dat dit 'n valse en dwase opvatting is.

Ons moet egter let op die gewone wetsverdeling wat die hele wet van God wat deur Moses afgekondig is, in sedeliee, seremoniële en regswette verdeel. Verder moet ons elke afdeling afsonderlik ondersoek om te begryp wat daarvan op ons betrekking het en wat nie. Intussen moet niemand hom daaroor bekommer dat regte en seremonies ook op die sedes betrekking het nie. Hoewel die skrywers van ouds wat hierdie verdeling geleer het, goed daarmee bekend was dat die twee voorgaande afdelings ook oor die sedes handel, het hulle dit nogtans nie sedewette genoem nie omdat hulle verander en herroep kon word sonder enige skade aan die sedes. Hulle het die eerste afdeling besonderlik sedewette genoem omdat ware sedelike heiligheid en 'n  onveranderlike maatstaf om reg te leef nie daarsonder kan bestaan nie.

15. 'n Kort samevatting van die inhoud van die sedewet, die seremoniële wet en regswette🔗

En om eerste daarmee te begin: die sedewetword onder twee hoofpunte saamgevat waarvan die een ons doodeenvoudig gebied om God met 'n suiwer geloof en godsvrug te dien, en die tweede om ons medemense met opregte liefde te omhels.95Dit is 'n waaragtige en ewige reël van geregtigheid wat aan mense van alle volke en tye voorgeskryf is wat begeer om hulle lewe volgens God se wil te skik. Sy ewige en onveranderlike wil is immers dat Hy deur ons almal geëer moet word, en dat ons mekaar moet liefhê.

Die seremoniële wet was vir die jode 'n onderwysing 96waarmee die Here dit goedgevind het om hierdie volk in sy kinderjare te oefen totdat die volheid van die tyd sou kom97waarin Hy sy wysheid ten volle aan die wêreld sou openbaar, en Hy die werklike inhoud van die dinge wat destyds deur beelde afgeskadu is, sou toon.

Regswette wat as 'n burgerlike regering aan hulle gegee is, het hulle bepaalde reëls van billikheid en regverdigheid geleer om daarvolgens in onskuld en rustigheid met mekaar saam te leef. Die seremoniële oefening het weliswaar eintlik op die leer van godsvrug gesien omdat dit die kerk van die Jode aan die diens en eerbiedsbetoon van God gehou het, maar dit kon nogtans van godsvrug onderskei word. Net so het hierdie vorm van regte iets gehad wat dit van die liefdesgebod onderskei het, hoewel dit ook daarop gerig was om juis hierdie liefde te be hou wat volgens die ewige wet van God voorgeskryf word. Soos die seremonies sonder skade aan hulle godsvrug afgeskafkon word omdat dit ongeskonde gebly het, so kan die ewige liefdespligte en gebooie bly bestaan al sou regsinstellings ook opgehef word. As dit wel waar is, is die Vryheid beslis vir elke volk gelaat om dié wette te maak wat hulle voorsien het tot hulle voordeel sou strek. Dit moet nogtans aan die ewige liefdesreël gemeet word sodat hulle wel in vorm kan verskil maar altyd dieselfde grondslag moet hê. Ek meen trouens dat barbaarse en wrede wette soos dié wat diewe vereer het, of wat vleeslike omgang sonder onderskeid toegelaat het, en ander wette wat baie afstootliker en absurder is, glad nie as wette beskou moet word nie. Hulle is immers nie alleen strydig met alle geregtigheid nie, maar ook met alle menslikheid en sagsinnigheide

16. 'n Bespreking van die bepaling en billikheid van 'n wet🔗

Wat ek gesê het, sal duidelik word as ons, soos dit ons betaam, in alle wette op twee aspekte let, naamlik die wetsbepaling en die billikheid daarvan. 'n Wetsbepaling is op die redelikheid van billikheid gegrond en steun hierop. Omdat billikheid iets natuurliks is, kan dit nie anders as om een en dieselfde by alle volke te wees nie. Daarom moet alle wette volgens die aard van die saak dieselfde doelstelling hê. Omdat wetsbepalings bepaalde omstandighede het waarvan dit gedeeltelik athanklik  is, is dit geen struikelblok dat wette verskillend is nie - mits hulle almal eweveel die doelstelling van billikheid in die oog het. Dit staan vas dat die wet van God wat ons die sedewet noem, niks anders is as 'n getuienis van die natuurwet, en van die gewete wat deur God in die gemoedere van mense ingegraveer is nie. 98Die billikheidsbeginsel waarvan ons nou praat, is dus ten volle in die sedewet voorgeskryf. Daarom moet die sedewet die doel, sowel as die reël en die eindbestemming van alle wette wees. Ons het dus geen grond om wette wat volgens hierdie reel gevorm, op hierdie doel gerig en deur hierdie eindbestemming bepaal is, af te keur nie - al sou hulle ook van die Joodse wet, of selfs onderling van mekaar verskil.

Die wet van God verbied diefstal. Ons kan in Eksodus sien watter straf in die burgerlike regering van die jode vir diefstal bepaal is.99Die oudste wette van ander volke het diefstal gestraf deur dubbele herstel van wat gesteel is. Wette wat later gevolg het, het tussen openlike en bedekte diefstalonderskei. Sommige wette het hiervolgens verbanning, ander géseling, en ander uiteindelik die doodstraf voorgeskryf.

Valse getuienis is onder die jode met vergelding gestraf;100 elders slegs met verskriklike skande: onder sommige volke deur die beskuldigde op te hang, en onder ander deur hom te kruisig. Alle wette wreek moord eweveel met bloedvergieting, maar nogtans met verskillende vorms van die dood. Swaarder strawwe is in sommige streke teen owerspelige mense uitgevaardig, op ander plekke weer ligter strawwe.

Ons merk nogtans dat hulle ten spyte van die verskeidenheid op een en dieselfde doel gerig is. Hulle vel immers eenstemmig 'n straf vir misdade wat deur die ewige wet van God verdoem is, naamlik vir moord, diefstal, owerspel en valse getuienis. Hulle stem egter nie in die manier van straf ooreen nie. Dit is ook nie nodig of voordelig nie. Daar is lande wat dadelik ten gronde sou gaan as gevolg van moord en roof tensy die owerheid met verskriklike voorbeelde teen moordenaars sou optree.

Daar is tye wat toenemende harde strawwe vereis. As daar oproer in 'n staat ontstaan, moet die kwaad wat gewooonlik daaruit ontstaan, met nuwe wetsbepalings reggestel word. In tye van oorlog en wapengedruis sou alle beskaafdheid in duie stort tensy dit met ongewone vrees vir straf aan bande gelê word. Alles sal in tye van droogte of pes verlore gaan tensy groter strengheid aan die dag gelê word. Daar is volke wat meer tot 'n bepaalde oortreding geneig is tensy dit uiters skerp onderdruk word.
Hoe kwaadwillig en vol haat oor die openbare welvaart sou iemand dan nie wees wat aanstoot neem aan so 'n groot verskeidenheid wat die beste aangepas is om God se wet in stand te hou nie? Dit is die grootste onsin dat sommige mense beweer dat die wet van God wat deur Moses gegee is, beledig word wanneer dit afgeskaf en nuwe wette in die plek daarvan ingestel word. Ander wette word trouens nie bo die wet van Moses gestel wanneer daaraan voorkeur verleen word nie - nie by wyse van 'n eenvoudige vergelyking nie, maar met inagneming van die omstandighede van die tyd, die plek en die volk; of selfs as hierdie wet afgeskaf word wat nooit aan ons gegee is nie. Die Here het dit immers nie deur die hand van Moses oorgedra om onder alle volke afgekondig te word en oral te geld nie. Omdat Hy egter die Jode in sy sorg, beskerming en bewaring geneem het, was dit ook sy wil om besonderlik vir hulle 'n Wetgewer te wees en Hy het in die maak van hierdie wette besonderlik met hierdie volk rekening gehou - wat 'n eienskap van 'n wyse wetgewer is!

17. Die voordeel van burgerlike regering vir die volk en die gehoorsaamheid wat die volk aan die owerheid verskuldig is🔗

Nou bly daar nog oor dat ons ondersoek moet instel na dit wat in die voorgaande bespreking as voorneme gestel is, naamlik watter voordeel wette, regte en owerhede vir die gewone gemeenskap van Christene inhou. Daaraan is ook 'n verder vraagstuk verbind, naamlik hoeveel eerbied gewone mense aan die owerheid moet betoon en hoe ver hulle gehoorsaamheid teenoor die owerheid moet gaan.

Baie mense meen dat die amp van die owerheid onder Christene oorbodig is omdat hulle hulle nie in alle godsvrug op die owerheid kan beroep nie aangesien regswraak, regseise en regsvoering vir hulle verbode is.101Paulus getuig egter dat die owerheid 'n dienaar van God ons ten goede is.102 Daaruit verstaan ons dat die owerheid sa deur God beskik is dat ons deur die mag en bystand van die owerheid teen die goddeloosheid en onregte van misdadigers beskerm word en rustig en veilig kan leef.103 Maar as die owerheid nie doelloos deur die Here as beskerming aan ons gegee is nie, en as ons so 'n weldaad mag gebruik, is dit duidelik genoeg dat ons die hulp van die owerheid kan inroep en dat ons ons sonder gewetenswroeging daarop kan beroep.

Hier kry ek nou inderdaad met twee groepe mense te doen. Daar is immers uiters baie mense wat van so 'n groot waansin om regsgedinge te voer, kook, dat hulle nooit rus vir hulleself het tensy hulle met ander mense stry nie. Hulle dryf hulle hofgedinge met dodelike bitter haat en met 'n waansinnige begeerte om wraak te neem en skade te berokken.
Hulle vervolg hulle teenparty met onversoenlike hardnekkigheid totdat hulle ineenstort. Om egter te voorkom dat mense dink dat hulle anders as volgens die reg handel, verdedig hulle so 'n verwronge siening onder die dekmantel van regspleging. Maar as dit iemand wel geoorloof is om met sy medebroeder te regte te gaan, mag hy hom nie daarom dadelik haat, en hy mag nie deur 'n waansinnige ywer om hom skade aan te doen gedryf word om hom hardnekkig te vervolg nie.

18. Die liefde moet ook in regsgedinge seëvier🔗

Sulke mense moet dus weet dat regspleging slegs wettig is as iemand dit reg gebruik. En dit word reg gebruik deur die eiser sowel as die verweerder as laasgenoemde voor die hof gedaag word en hy op 'n bepaalde dag voor die hof verskyn. Met die regsrecenasies tot sy beskikking moet die eiser sy saak sonder bitterheid verdedig, slegs met die gesindheid om dit wat aan hom behoort, met die reg te beskerm.

Die verweerder tree reg op wanneer hy of in sy lewe of in sy goed onverdiend onderdruk is, en hy hom tot die beskerming van die owerheid wend, sy klag uiteensit en eis wat billik en goed is, maar sonder enige begeerte om sy teenstander skade aan te doen of wraak te neem, sonder bitterheid en haat en sonder twisgierigheid. Ja, hy moet eerder bereid wees om van sy goed afstand te doen en alles te verduur liewer as om deur 'n vyandige gesindheid meegesleur te word.

Aan die ander kant kan hulle optrede selfs in die regverdigste saak nie anders as goddeloos wees wanneer hulle gesindhede met kwaadwilligheid deurtrek, deur nydigheid bedorwe, deur toorn ontstoke, vol wraak, of kortom, so van strydlustigheid brand dat hulle die liefde tekort doen nie. Dit betaam alle Christene immers dat dit as grondslag vir hulle vasgestel moet wees dat 'n regsgeding, al sou dit ook hoe billik wees, nooit regverdig deur enigiemand gevoer kan word tensy hy 'n soortgelyke liefde en goedgunstigheid jeens sy teenstander betoon asof die saak waaroor die geskil handel, reeds vriendelik tussen hulle afgehandel en besleg is nie.

Miskien sou iemand die tussenwerpsel maak dat so 'n selfbeheersing nooit in 'n regsgeding teweeggebring word nie sodat dit as 'n wonderwerk beskou sal word as so iets te vinde is. Ek erken in elk geval dat daar selde 'n voorbeeld van 'n opregte gedingvoerder voorkom soos die sedes van ons tyd tans is. 'n Saak hou egter nie op om goed en suiwer te wees as dit nie deur enige bykomstige kwaad besoedel is nie. Wanneer ons verder verneem dat die bystand van die owerheid '0 heilige gawe van God is, moet ons des te deegliker daarteen waak dat dit nie deur ons sonde besmet word nie.

19. Dit is Christene egter wel geoorloof om regshulp te soek🔗

Diegene wat alle regsgedinge kort en klaar verdoem, moet egter weet dat hulle God se heilige instelling, en 'n gawe van die soort wat vir die wat rein is, rein kan wees.104 tegelyk verwerp. Behalwe miskien as hulle Paulus van sonde wil beskuldig omdat hy die valse aanklagte van. Sy aanklaers en ook hulle bedrog en kwaadwilligheid oopgevlek en afgeweer het. 105Hy het ook die voorreg van Romeinse burgerskap vir hom opgeëts106 en toe dit nodig was, het hy hom teen die onbillike goewerneur op die regbank van die keiser beroep.107

Dat wraakgierigheid alle Christene verbode is, is egter geen struikelblok nie. Ons weer wraakgierigheid trouens baie ver van Christelike regbanke af weg.108 As 'n siviele geding gevoer word, betree 'n gedingvoerder slegs die regte pad as hy sy saak met onskuldige eenvoud by die regter as openbare beskermer aanbeveel sonder die minste gedagte daaraan om kwaad met kwaad te vergeld 109 wat 'n gesindheid van wraak is. Of as 'n kriminele of ernstiger geding gevoer word, vereis ons 'n aanklaer wat deur geen wraakbegeerte bedorwe en deur geen ergernis van persoonlike onreg geraak nie, na die regbank kom, slegs met die voorneme om die drange van 'n skadelike mens te dwarsboom om te voorkom dat die staat skade ly. Maar as jy 'n wraakgierige gesindheid wegneem, sondig jy nie teen die gebod waarvolgens wraak Christene verbied word nie.

"Maar", (sou iemand opmerk), "Christene word nie alleen verbied om wraak te begeer nie, maar hulle word gebied om ook op die hand van die Here te wag omdat Hy beloof het dat Hy as Wreker dié wat verdruk en verstoot is, sal bystaan.110Diegene wat dus hulp vir hulleself ofvir ander mense van die owerheid vra, voor-Kom die volle wraak van die hemelse Beskermer". Hoegenaamd nie, ons moet trouens daaraan dink dat die wraak van die owerheid nie die wraak van 'n mens is nie maar van God wat Hy, soos Paulus sê,111deur die diens van 'n mens aan die lig bring en uitvoer.

20. ''As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe" (Matt. 5:39)🔗

Net so min is ons in stryd met Christus se woorde waarvolgens Hy ons verbied om die kwaad teen te staan en ons gebied om die regterwang te draai na iemand wat ons op die linkerwang geslaan het, en om aan iemand wat jou onderklere gesteel het, ook jou boklere te gee112
Christus se bedoeling is om die gemoedere van die wat aan Hom behoort, so af te skrik van die begeerte om te vergeld dat hulle sal verdra om 'n tweede onreg aangedoen te word liewer as om te begeer om dit te vergeld. Ons lei hulle inderdaad nie van hierdie verdraagsaamheld af weg nie.

Christene moet inderdaad 'n groep mense wees wat gebore is om smaad en onreg te verduur, en blootgestel aan boosheid, ook die bedrog en bespottings van die slegste mense. En nie alleen dit nie, maar hulle moet al sulke euwels verdra. Dit beteken dat hulle in hulle gemoedere so georden moet wees dat hulie, nadat hulle een ergernis gely het, hulle gereed moet maak vir 'n tweede terwyl hulle hulle hele lewe lank niks anders beloof as om voortdurend die kruis te dra nie.

Intussen moet hulle goed doen aan die wat hulle veronreg, hulle moet bid vir die wat hulle vervloek113en hulle moet hulle inspan om die kwaad deur die goeie te oorwin114 - dit is hulle enigste oorwinning! As hulle so gesind is, sal hulle nie 'n oog vir 'n oog, of 'n tand vir 'n tand soek - soos die Fariseërs hulle dissipels geleer het om wraak te begeer nie -, maar hulle sal, soos ons deur Christus geleer word, verdra dat hulle liggame vermink en hulle goed hulle slu ontneem word op so 'n wyse dat hulle hierdie onregte sal vergewe en dit ook sal kwytskeld sodra dit teen hulle gepleeg is.115Dit sal hulle gemoedsrus en gematigdheid nogtans nie verhinder om met behoud van hulle vriendelikheid teenoor hulle vyande die hulp van die owerheid te gebruik om hulle goed te beskerm nie, of uit ywer vir die algemene welvaart te versoek dat 'n skuldige en verderflike mens gestraf moet word omdat hulle weet dat hy nie anders as deur die doodstraf verbeter kan word nie.

Augustinus se vertolking is trouens waar, naamlik dat al hierdie beginsels die strekking het dat 'n regverdige en godvrugtige mens bereid moet wees om die kwaadwilligheid van mense geduldig te verdra en hy moet die begeerte koester dat hulle goeie mense moet word om eerder die getal van die goeie mense te laat toeneem as om hom met eweveel kwaadwilligheid by die slegte mense te voeg. Verder sê hy dat dit op die innerlike voorbereiding van ons harte betrekking het eerder as op werk wat in die openbaar plaasvind. Die doel daarmee is dat verdraagsaamheid met goedgunstigheid in die verborgenheid van ons harte behou moet word, maar dat in die openbaar moet gebeur wat ons sien vir diegene tot voordeel kan strek teenoor wie ons goedgesind moet wees.116

21. "Gaan een gelowige met 'n ander hof toe? Waarom ly julle nie liewer onreg nie?" (1 Kor. 6:5 - 8)🔗

Die beswaar wat gewoonlik hierteen geopper word, naamlik dat hofgedinge heeltemal deur Paulus verdoem is,117 is ook vals. Uit sy woorde kan maklik afgelei word dat daar in die kerk van die Korintiërs 'n buitensporige waansinnigheid om hofgedinge te voer, ontstaan het – tot so 'n mate dat hulle die evangelie van Christus en die hele godsdiens wat hulle bely het, aan die bespotting en kwaadsprekery van goddelose mense blootgestel het. Ten eerste bestraf Paulus hulle daarvoor dat hulle vanweë die onmatigheid van hulle geskille die evangelie aan ongelowiges uitgelewer het. Ten tweede bestraf hy hulle omdat broers so in geskille met medebroers betrokke is. Hulle was trouens so ver daarvan om onreg te verduur dat party gierig na ander se goed gehunker het, dat hulle mekaar uitgedaag en skade aangedoen het. Paulus trek teen hierdie waansinnigheid om hofsake te voer te velde en nie eenvoudig teen allerlei verskille nie.

Maar hy verklaar dat dit heeltemal 'n gebrek of swakheid is dat hulle nie liewer skade aan hulle goed lyas om tot by hofgedinge moeite te doen om dit te be hou nie. Aangesien hulle so maklik deur enige skade omgekrap word, en hulle vir die geringste redes na die hof en gedinge wend, sê hy dat dit 'n aanduiding is dat hulle in hulle gemoed te liggeraak en te min bereid tot lydsaamheid is.

Christene moet in elk geval so optree dat hulle altyd moet verkies om van hulle reg afstand te doen liewer as om na die hof te gaan omdat hulle die hof beswaarlik kan verlaat sonder 'n gemoed wat versteur en met haat teen 'n medebroer ontstoke is.

Maar wanneer iemand sien dat hy sy goed sonder skade aan die liefde kan beskerm, en die verlies van sy goed vir hom 'n swaar verlies sou wees, en hy hom wel na die hof wend, sondig hy nie teen hierdie uitspraak van Paulus nie. Kortom: soos ons in die begin gesê het,118sal die liefde elkeen die beste raad gee. En ons poneer sonder teenspraak dat alle geskille wat sonder die liefde onderneem word, en dit selfs te buite gaan, onregverdig en goddeloos is.

22. Die eerbied wat onderdane aan die owerheid verskuldig is🔗

Die eerste plig van onderdane teenoor die owerheid is dat hulle hulle funksie met die grootste eerbied moet bejeën119terwyl hulle dit natuurlik erken as 'n bevoegdheid wat deur God aan die owerheid opgedra is, en dat onderdane daarom na hulle moet opsien, en hulle moet eerbiedig as dienaars en gesante van God. Jy sal egter sekere mense vind wat hulle baie gehoorsaam teenoor die owerheid betoon, en wat nie graag wil hé dat daar geen owerheid moet wees om hulle te regeer nie, maar nogtans van hulle owerhede dink dat dit niks anders as 'n noodsaaklike euwel is nie.

Petrus vereis tog iets meer van ons wanneer hy ons gelas om die koning te eer,120en Salomo wanneer hy gebied dat ons God en die koning moet vrees.121Petrus vat onder die woord eer trouens die opregte en egte opvatting oor die owerheid saam, en wanneer Salomo God en die koning saamvoeg, toon hy aan dat die koning vol eerbied en aansien is.

Hierby kom daar ook by Paulus 'n voortreflike lofbetuiging teenoor die owerheid voor wanneer hy sê dat ons die owerheid nie alleen vanweë straf nie, maar ook vanweë die gewete moet gehoorsaam.122Hiermee bedoel hy dat onderdane nie alleen deur vrees vir hulle vorste en owerhede daartoe gelei moet word om aan hulle ondergeskik te bly nie, - soos mense wat gewoonlik voor 'n gewapende vyand swig wanneer hulle sien dat die vyand gereed is om wraak te neem as hulle hom sou weerstaan -, maar ook dat hulle aan God self die gehoorsaamheid moet betoon wat hulle aan die owerheid bewys omdat die owerheid se mag van God kom.

Ek praat nou nie van mense (in die owerheid) asof dwaasheid, luiheid, of wreedheid en slegte maniere wat vol skande is, onder 'n masker van eerwaardigheid bedek moet word en dat die owerheid vir sy ondeugde die lofvan deugde moet kry nie. Ek sê wel dat die orde van die owerheid self eer en respek verdien sodat almal wat oor ons gestel is, vir ons kosbaar moet wees en vanweë hulle regering eerbied van ons moet ontvang.

23. Gehoorsaamheid aan die owerheid🔗

Hieruit volg verder ook 'n tweede plig, naamlik dat hulle met gemoe-dere wat toegeneë is om hulle in ag te neem, gehoorsaamheid aan die owerheid moet betoon, hetsy deur hulle verordeninge te gehoorsaam, hetsy deur belastings te betaal, hetsy deur openbare take en laste op hulle te neem wat daarop gemik is om die algemene welvaart te beskerm, hetsy om ander bevele uit te voer.

Paulus sê. "Elke siel moet hom aan die hoër magte onderwerp want iemand wat hom teen hulle mag verset, weerstaan die instelling van God" .123Hy skryf ook aan Titus: "Vermaan hulle om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees aan die owerhede en bereid te wees tot elke goeie werk" .124 En Petrus sê: "Wees onderdanig aan elke menslike skepping", of liewer, soos ek dit vertolk, "elke menslike verordening ter wille van die Here - of dit 'n koning is wat uitmunt, of die goewerneurs wat hy stuur om kwaaddoeners te straf, maar die wat reg doen, te prys".125Paulus voeg ook die volgende by sodat hulle kan getuig dat hulle geen onderdanigheid voorgee nie, maar opreg en van harte aan die owerheid onderworpe is, dat hulle die heil en voorspoed van die owerhede onder wie hulle leef, aan God moet opdra: "Ek vermaan julle dat smekings, gebede, voorbede en dankseggings vir alle mense gedoen moet word, vir konings en alle hooggeplaasdes sodat ons 'n stil en rustige lewe kan lei met alle godsvrug en eerbaarheid".126
Niemand moet hom hieroor mislei nie. Hy kan hom immers nie teen die owerheid verset sonder om hom tegelyk teen God te verset nie, selfs al sou dit lyk asof hy 'n owerheid wat sonder wapens is, straffeloos kan minag, is God nogtans gewapen om Hom kragtig op so 'n minagting te wreek.

Onder hierdie gehoorsaamheid sluit ek verder ook die selfbeheersing in wat mense in hulle persoonlike hoedanigheid hulleself tot die openbare welvaart moet opdra sonder om hulle in openbare sake in te meng en onbesonne op die werk van die owerheid in te bars of hoegenaamd iets wat by die staatsbelang hoort, aan te durf. As daar iets in die staatsbeleid voorkom wat reggestel moet word, moet hulle nie self daaroor in oproer kom nie, en hulle moet ook nie hulle hande aan die werk sit nie omdat hulle almal se hande in hierdie opsig gebind behoort te wees. Hulle moet dit egter ter kennisname onder die owerheid se aandag bring wie se hande alleen hierin los is. Ek verstaan dit trouens so dat onderdane niks moet doen as hulle nie beveel word om dit te doen nie, want wanneer die gesagvandie owerheid bykom, is hulle ook vanstaatsgesag voorsien. Soos die mense vorste se raadgewers gewoonlik hulle oë en ore noem.127sou iemand diegene wat hy volgens sy opdrag aanstel om iets te doen, tereg sy hande kon noem.

24. Christene se plig onder tirannie🔗

Omdat ons egter tot dusver 'n owerheid beskryf het wat waarlik is wat dit genoem word, naamlik 'n vader van die vaderland.128en soos die digter sê, 'n herder van sy volk, 'n bewaarder van die vrede, 'n beskermer van regverdigheid en 'n verdediger van onskuld.129sou iemand tereg as 'n waansinnige beoordeel moet word as hy so 'n regering nie goedkeur nie.

In byna alle tye val daar egter voorbeelde voor van sommige vorste wat hulle nie bekommer het om te sorg vir al die dinge waarop hulle bedag moes wees nie, en ver van alle bekommernis onbesorg in wellus geleef het; ander is net bedag op hulle eie belang en verkwansel alle regte, voorregte, vonnisse en begenadigingsbriewe; ander tap die arm mense leeg van hulle geld en verkwis dit op uitspattige geskenke, party vorste plunder huise, doen jong meisies en vrouens geweld aan, maak onskuldige mense dood en pleeg louter roof.

Nou kan baie mense nie oortuig word dat hulle sulke vorste moet erken aan wie se gesag hulle sover moontlik gehoorsaam moet wees nie. In so 'n onwaardige optrede en in sulke misdade wat so vreemd is nie alleen aan die plig van die owerheid nie, maar ook aan die plig van 'n gewone mens, sien onderdane geen gedaante van die beeld van God wat in die owerheid behoort te skitter nie. Wanneer onderdane geen spoor van so 'n dienaar van God wat aan goeie mense gegee is tot lof, en aan slegtes tot straf,130 in die owerheid kan raaksien nie, erken hulle hom ook nie as owerste nie ten spyte daarvan dat die Skrif sy aansien en gesag by ons aanbeveel. En hierdie gesindheid was beslis altyd in die gemoed van mense ingebore dat hulle tiranne met net soveel haat en vervloeking moet vervolg as wat hulle wettige konings met liefde en eerbied moet bejeën,

25. Alle owerhede, hetsy goed, hetsy kwaad, moet nogtans volgens die Skrif eerbiedig word🔗

Maar as ons ons oë na die Woord van God wend, lei dit ons verder, naamlik dat ons ons nie alleen aan die gesag van vorste moet onderwerp wat hulle taak teenoor ons behoorlik en met verskuldigde getrouheid uitvoer nie, maar ook aan die gesag van almal wat op enige manier regeer - al sou hulle glad nie doen wat die plig van vorste van hulle vereis het nie. Hoewel die Here betuig dat die owerheidsamp die hoogste gawe van sy goedheid ter behoud van die mens se heil is, en Hy sy eie perke aan owerhede voorskryf, verklaar Hy nogtans tegelyk dat owerhede hulle gesag slegs van Hom afkry - hoedanig hulle ook al is. Verder dat diegene wat tot voordeel van die publiek regeer, ware voorbeelde en bewyse van sy goedgunstigheid is, maar dat diegene wat onregverdig en swak regeer, deur Hom verwek is om die ongeregtigheid van 'n volk te straf, maar dat hulle almal met daardie majesteit beklee is waarmee Hy die wettige mag toegerus het.

Ek sal nie verder gaan voordat ek enkele en bepaalde getuienis hiervan insluit nie. Ons hoef egter nie te swoeg om te bewys dat 'n goddelose koning die Here se toorn oor 'n land is nie.131Ek meen dat daar niemand sal wees wat dit sal bestry nie. En wanneer ons dit van 'n koning sê, is daar van hom dieselfde gesê as van 'n rower wat jou eiendom steel; van 'n owerspeler wat jou bed besmet, of van 'n sluipmoordenaar wat hom inspan om jou te vermoor nie. Die Skrif ag al sulke teenslae immers as vervloekings van God.

Ons moet ons eerder daarop toelë om dit te bewys wat nie so maki ik vir die mens se verstand is om te bgryp nie, naamlik dat daar in die slegste mens wat alle eer die minste waardig is, maar in wie se hande openbare gesag geplaas is, ook daardie voortreflike mag van God gevestig is wat die Here in sy Woord aan dienaars van geregtigheid en reg verleen het; en dat hulle daarom deur hulle onderdane met dieselfde eerbied en agting bejeën moet word as waarmee hulle die heel beste koning sou bejeën as so 'n koning hulle gegun was.

26. Skriftuurlike bewyse wat aandui dat owerhede deur God ingestel is en daarom gehoorsaam moet word🔗

Ten eerste wil ek graag hë dat my lesers daarop moet let en hulle aandag versigtig moet vestig op die voorsienigheid van God waaraan ons nie sonder rede nie so dikwels in die Skrif herinner word, en op sy sonderlinge handelswyse in die uitdeling van koninkryke, en die aanstelling van konings wat Hy goedgevind het om aan te stel. In Daniël is daar geskryf: "Die Here verander die tye en die wisseling van tye: Hy sit konings af en Hystel konings aan" .132Net sa: "Sodat die wat leef, kan weet hoe magtig die Allerhoogste in die regering van mense is, en Hy sal dit gee aan wie Hy dit wil gee".133

Hoewel die Skrif oral vol sulke uitsprake is, kom dit nogtans veral bv die profeet Daniël voor. Nou is dit bekend watter soort koning Nebukadneser was wat jerusalem oorwin het, naamlik 'n invaller en verwoester van ander volke. Nograns verklaar die Here in Esegiël dat Hy Egipte aan Nebukadneser gegee het vir die gehoorsaamheid wat hy betoon het deur Egipte te vernietig.134En Daniël het vir hom gesê: "U, o koning, is die koning van die konings; want die God van die hemel het aan u 'n kragtige, 'n sterk en 'n eervolle koninkryk gegee; en Hy het al die landstreke waar die mensekinders woon, die diere van die veld en die voëls van die hemel in u hand oorgegee en Hy het u oor hulle laat heers".135Verder sê Daniël aan sy seun Belsasar: "Die allerhoogste God het aan u vader Nebukadneser die koningskap en grootheid en eer en heerlikheid gegee, en vanweë die grootheid wat Hyaan hom gegee het, het al die volke, nasies en tale voor hom gebewe en gesidder" .136
Wanneer ons hoor dat hy deur God aangestel is, moet ons terselfdertyd nadink oor die hemelse bevele om die koning te eer en te vrees. Dan sal ons nie twyfel om die slegste tiran so hoog te ag as wat die Here hom waardig geag het nie.

Toe Samuel aan die Israeliete verkondig het watter soort lyding hulle onder die konings sou ondergaan, het hy gesë. "Dit sal die koning wat oor julle regeer, se reg wees: hy sal julle seuns neem en hulle by sy wa aanstel, om hulle as perderuiters aan te stel; om sy landerye te ploeg, sy oes in te samel en sy wapens te maak. Hy sal julle dogters neem as salfmengers, kokke en baksters. En verder sal hy julle landerye neem en julle wingerde, en hy sal die beste olyfbome wegneem en aan sy diensknegte gee. Hy sal die tiendes van julle gesaaides en julle wingerde neem en dit aan sy hofdienaars en sy diensknegte gee. Hy sal julle slawe en julle slavinne, en julle esels neem en vir sy werk gebruik.

Hy sal die tiendes van julle vee neem, en julle sal sy slawe wees".137 Die konings sou dit beslis nie eiegeregtig gedoen het nie omdat die wet hulle uitstekend onderrig het om in alles beheers te wees.138Maar Samuel noem dit die reg van die koning teenoor die volk waaraan hulle gehoorsaam moes wees en wat hulle nie geoorloof was om teen te staan nie. Dit is asof Samuel gesê het: "Die begeerte van die konings sal tot so 'n vlak van teuelloosheid uitbars dat julle nie by magte sal wees om dit te beteuel nie. Daar sal vir julle slegs hierdie een ding oorbly, naamlik om sy bevele te ontvang en sy woord te gehoorsaam" .

27. Die gesag van die owerheid en die gehoorsaambeid wat volgens Jeremia aan die owerbeid verskuldig is🔗

By Jeremia kom daar 'n besonder merkwaardige en gedenkwaardige uitspraak voor, en hoewel dit ietwat breedvoerig is, sal ek nie spyt wees om dit hier aan te haal nie omdat dit hierdie hele vraagstuk sal besleg.

"'Met my groot krag en my uitgestrekte arm het Ek die aarde gemaak en die mense', së die Here, 'en die diere wat op die aarde is; en Ek gee dit aan wie behae in my oë gevind het. En nou het Ek al hierdie lande gegee in die hand van my diensknegNebukadneser, en al die nasies sal hom dien en al die magtige konings totdat die tyd van sy land ook sal kom. En dit sal gebeur dat Ek die volk en die koninkryk wat die koning van Babel nie dien nie, met die swaard, hongersnood en pes sal straf; dien daarom die koning van Babel en lewe"'.139

Ons sien dus met hoe 'n groot gehoorsaamheid die Here wou hê dat hierdie verskriklike wrede tiran gedien moes word - en dit om geen ander rede as dat hy die koningskap beklee het, nie. Dit op sigself het bewys dat hy volgens 'n hemelse bevel op die koninklike troon geplaas en in die koninklike majesteit opgeneem is - en dit is iets wat nie geskend mag word nie. As ons voortdurend in gedagte en voor oë hou dat selfs die slegste konings volgens dieselfde besluit van God aangestel word as waarmee die gesag van alle konings bepaal word, sal opruiende gedagtes nooit by ons opkom nie. Sulke gedagtes is byvoorbeeld dat ons 'n koning volgens verdienste moet behandel en dat dit nie reg is dat ons as sy onderdane aan hom gehoorsaamheid betoon terwyl hy van sy kant hom nie as koning aan ons betoon nie .140

28. 'n Weerlegging van die beswaar dat Jeremia se verklaring slegs vir die Jode gegeld het🔗

Iemand sou tevergeefs die beswaar opper dat hierdie gebod besonderlik vir die Israeliete gegeId het. Ons moet trouens let op die gronde waarop die Here hierdie gebod gevestig het. Hy sê: "Ek het die koningskap aan Nebukadneser gegee, dien hom daarom en lewe".141Dit staan derhalwe vas dat ons nie moet twyfel om enigiemand aan wie die koningskap verleen is, te dien nie. En sodra die Here iemand tot die koninklike hoogheid verhef het, maak Hy sy wil daarmee aan ons bekend - dat dit sy wil is dat hy koning moet wees.

Daar kom immers algemene getuienis in verband hiermee in die Skrif voor. Salomo sê byvoorbeeld in hoofstuk 28 (van spreuke). "Vanweë die ongeregtigheid van die land het dit baie vorste" .142 Net so sê Job in die twaalfde hoofstuk: "Hy neem onderdanigheiud van konings af weg en omgord hulle weer met mag" .143As ons dit erken, bly daar niks anders oor as om hulle te dien en te lewe nie.

By die profeet Jeremia kom daar ook 'n tweede gebod van die Here voor waarvolgens Hy sy volk beveel om die vrede van Babiion te soek waarheen hulle in gevangeskap weggevoer is; en dat hulle vir hierdie stad tot Hom moet bid want die vrede van hierdie stad sou ook hulle vrede wees.144Kyk, die Israeliete wat van al hulle eiendom gestroop, van hulle huise weggeskeur, in slawerny weggedryf, en in ellendige slawerny gewerp is, word gebied om vir die voorspoed van hulle oorwinnaar te bid - nie soos ons beveel word om vir die beswil van ons vervolgers te bid nie,145maar dat sy koninkryk veilig en vreedsaam bewaar mag word  sodat hulle ook onder hom voorspoed mag geniet.

Dawid was byvoorbeeld reeds volgens die beskikking van God as koning aangewys en met sy heilige olie gesalf. Hoewel hy, sonder dat hy dit verdien het, onregverdig deur Saul aangeval is, het hy nogtans die lewe van sy aanvaller heilig geag omdat die Here hom met die eer van die koningskap ge heilig het. Hy het gesê: "Verre sy dit van my dat ek voor die Here so iets aan my heer, die gesalfde van die Here, sou doen, om my hand teen hom uit te steek, omdat hy die gesalfde van die Here is".146Net so: "My siel het u gespaar, en ek het gesê: 'Ek sal my hand nie teen my heer uitsteek nie omdat hy die gesalfde van die Here is'''.147Net so. "Wie sal sy hand teen die gesalfde van die Here uitsteek en onskuldig bly? Die Here leef, en die Here sal hom slaan, of sy dag sal kom dat hy sal sterf, of hy sal tot die geveg uitgaan. Verre sy dit van my dat ek my hand teen die gesalfde van die Here sal uitsteek" .148

29. Mense wat onder 'n dwingelandy leef, moet in gedagte hou dat sulke heersers deur God aangestel is🔗

Ons is so 'n gesindheid van eerbied en godsvrug tot die uiterste toe verskuldig aan al ons owerhede -wat hulle geaardheid ook al mag wees.
Ek herhaal dit daarom baie dikwels sodat ons kan leer dat ons die mense (se persoonlikhede) nie moet ondersoek nie, maar tevrede moet wees om te weet dat hulle deur die wil van die Here so 'n persoonlikheid het waarop Hy 'n onskendbare majesteit afgedruk en ingegraveer het.

"Maar", sal jy sê, "owerhede het ook 'n wedersydse verpligting teenoor hulle onderdane". Ek het dit reeds erken. As jy egter na aanleiding hiervan tot die slotsom kom dat ons slegs aan regverdige bevele gehoorsaam moet wees, redeneer jy dwaas. Mans is trouens ook aan hulle vrouens, en ouers deur wedersydse verpligtinge aan hulle kinders verbind. Gestel nou dat ouers en mans hulle plig sou versaak, en ouers hulle so hardvogtig en ongenaakbaar teenoor hulle kinders gedra, terwyl hulle verbied word om hulle kinders te vertoorn.149dat hulle deur hulle liggeraakte houding vir hulle kinders 'n buitengewone ergernis is; en dat mans hulle vrouens uiters beledigend behandel, terwyl hulle beveel word om hulle lief te hê150en hulle as die swakkere te spaar,151moet kinders hulle ouers, en vrouens hulle mans dan minder gehoorsaam wees? Maar hulle word dan ook aan onregskape mense en pligsversakersonderwerp!
Ja, ons moet nie 'n sak wat op iemand anders se rug hang, deursoek nie.
Dit beteken dat ons nie die een die ander se pligte moet ondersoek nie maar elkeen moet die een plig wat sy besondere taak is, in die oog hou.
Dit behoort inderdaad besonderlik vir diegene te geld wat onder ander se mag gestel is. Asons daarom wreed deur 'n wrede vors getreiter word; as ons roofsugtig deur 'n gierige en uitspattige vors beroof word; as ons deur 'n luiaard verwaarloos word; as ons laastens deur 'n goddelose en heiligskennende vors vanweë ons godsvrug geteister word, moet ons  eerstens oor onseie oortredings nadink omdat dit ongetwyfeld met sulke gésels deur die Here getugtig word.152Na aanleiding hiervan sal ootmoedigheid ons onverdraagsaamheid beteuel.

Daarna moet die gedagte ook by ons opkom dat ons nie by magte is om sulke euwels te genees nie. Dan bly daar slegs dit vir ons oor, dat ons die Here se hulp moet inroepomdat konings se harte en koninkryke in sy hande is.153 Hy is die God wat in die vergadering van die gade sal staan en in hulle midde die gode sal oordeel.154 Al die konings en die regters van die aarde, wat sy Gesalfde nie gesoen het nie, sal voor Hom ineenstort en vergaan155 - diegene wat onregverdige wette gemaak het om die armes in die gereg te verdruk en die saak van die nederiges geweld aangedoen het, om weduwees as buit te hê en wese te beroof.156

30. God sal op sy tyd 'n onregverdige owerheid onttroon en met 'n ander owerheid vervang🔗

En hier openbaar Hy sy wonderbaarlike goedertierenheid sowel as sy magen voorsienigheid. Soms wek hy uit sy diensknegte .mense op as openbare wrekers en Hy rus hulle met sy gebod toe om 'n misdadige oorheersing te straf en 'n volk wat deur onregverdige maatreëls onderdruk is, van hulle ellendige rampsaligheid te verlos. Soms beskik Hy die toorn van mense wat iets anders in gedagte het en bedoel om iets anders te doen. So het Hydie Israeliete deur Moses van die dwingelandyvan Farao bevry,157en deur Otniël uit die geweld van Kusan, die koning van Sirië.158

Hy het die Israeliete ook deur ander konings en rigters van ander slawernye bevry. So het Hy die hooghartigheid van Tyrus deur die Egiptenare, die brutaliteit van die Egiptenare deur die Assiriërs, die wreedheid van die Assiriërs deur die Chaldeërs, en die oormoedigheid van Babilonië deur die Meders en Perse getem nadat Sirus reeds die Meders onderwerp het.

Hy het die ondankbaarheid en weerspannigheid van die konings van Juda en Israel ten spyte van soveel van syweldade nou deur die Assiriërs, en dan weer deur die Babiloniërs verpletter en gestraf hoewel Hy dit nie alles op dieselfde manier gedoen het nie.

Omdat die eerste groep hierbo deur die roeping van God opgeroep is om sulke dade wettig te verrig, het hulle deur die wapen teen hierdie konings op te neem glad nie daardie majesteit geskend wat volgens God se beskikking aan konings gegee is nie. Maarhulle is uit die hemel bewapen en het 'n kleiner mag met (God se) groter mag bedwing soos konings gewoonlik hulle stadshouers mag straf. Hoewellaasgenoemde groep deur God se hand bestem is vir dit wat Hy goedgevind het, en hulIe sy werk verrig het sonder dat hulle dit geweet het, het hulle nograns niks anders as goddeloosheid in gedagte gehad nie.

31. Die owerheid moet ten spyte van swak regering en goddelose optrede onder alle omstandighede gehoorsaam word🔗

Maar hoe hierdie dade van mense ook al op sigself geag word: die Here het sy werk nogtans deur die een sowel as deur die ander uitgevoer, aangesien hy die bloeddorstige septers van onbeskaamde konings verpletter het sowel as ondraaglike oorheersing tot niet gemaak het. Laat vorste dit hoor en verskrik word!

Intussen moet ons egter met die grootste sorg daarteen waak dat ons nie die owerheidgesag wat vol eerbiedwaardige majesteit is, sou verag of skend nie - al sou dit in die hande wees van die onwaardigste mense wat dit, so ver hulle kan, met hulle boosheid besoedel. As die wraak van die Here immers daarin bestaan om teuellose oorheersing te bestraf, moet ons nie daarom dadelik dink dat die bestrawwing ons toevertrou is nie.
Aan ons is slegs die gebod gegee om die owerheid te gehoorsaam en te verdra.
Ek praat nog deurgans van mense in hulle private hoedanigheid. Daar was wel sekere volksamptenare aangestel om die teuelloosheid van konings aan bande te lê, soos die epbori destyds teen die Spartaanse konings aangestel is, of die volkstribunes teen die Romeinse konsuis, of die distrikshoofde teen die senaat van die Atheners.159Soos sake tans staan, is die mag wat die drie stande wat in elke koninkryk is, uitoefen wanneer hulle hulle belangrikste vergaderings hou, miskien ook so. Ek verbied hulle nie om hulle kragtens hulle amp teen die woeste losbandigheid van konings te verset nie. Inteendeel, ek verklaar dat, as hulle konings wat onbeheers te kere gaan en nederige mense vertrap, oor die hoof sien, hulle optrede nie vry van goddelose troubreuk is as hulle dit verswyg nie. Hulle verraai immers bedrieglik die vryheid van dié volk waarvan hulle weet dat hulle kragtens God se beskikking as beskermers aangestel is.160

32. Die owerheid moet egter slegs gehoorsaam word in soverre sy bevele met die Woord van God ooreenstem🔗

In daardie gehoorsaamheid wat ons hierbo vasgestel het ons aan die bevele van die owerheid verskuldig is, moet ons altyd die uitsondering maak, of liewer, ons moet veral daarop let dat so 'n gehoorsaamheid ons nie wegneem van die gehoorsaamheid aan God nie. Die begeertes van alle konings moet trouens aan sy wil ondergeskik wees; al hulle bevele moet voor sy besluite swig en hulle septers moet aan sy majesteit ondergeskik wees.161 Hoe verkeerd sou dit inderdaad nie wees dat jy,om mense tevrede te stel, God se toorn verwek om wie se ontwil jy juis 'aan mense gehoorsaam is nie?
Die Here is die Koning van die konings. Wanneer Hy sy heilige mond oopmaak, moet ons voor en bo alle mense na Hom alleen luister. Eers daarna moet ons aan die mense wat oor ons gestel is, ondergeskik wees, maar slegs in Hom. As hulle 'n bevel teen Hom aan ons sou gee, moet dit geen plek ofwaarde byons hê nie. Die aansien wat die owerheid geniet, moet ons ook nie hiervan laat terugdeins nie. Hierdie aansien word trouens nie veronreg wanneer dit aan die sonderlinge en ware oppergesag van God ondergeskik gestel word nie.

Om hierdie rede verklaar Daniël dat hy geen sonde teen die koning begaan het toe hy sy goddelose bevel nie gehoorsaam het nie. 162Die koning het immers sy perke te buite gegaan en hy het nie alleen die mense veronreg nie, maar deur sy horing teen God te verhef, het hy self sy eie mag vernietig. Aan die ander kant worddie Israeliete veroordeel omdat hulle te inskiklik was teenoor 'n goddelose bevel van die koning.163 Want toe Jerobeam goue kalwers gemaak het, het hulle God se tempel verlaat om sy guns te wen en hulle het na nuwe.bygelowe afgewyk.164 Jerobeam se nageslag het hulle met dieselfde toegeeflikheid na die welgevalle van hulle konings geskik. Die profeet verwyt hulle streng omdat hulle die bevele van die koning gehoorsaam het. 165

Verre sy dit dus daarvan dat 'n dekmantel van onderdanigheid loftoegeswaai moet word. Dit is die dekmantel waarmee vleiers van die koninklike hof hulle skande bedek en eenvoudige mense mislei wanneer hulle beweer dat dit hulle nie geoorloof is om bevele wat deur konings aan hulle opgedra is, te weier niet Net as of God sy reg aan sterflike mense oorgedra het toe Hy hulle oor die mense aangestel het! Of net asof mag op aarde ingekort word wanneer dit aan die Skepper daarvan ondergeskik gestel word. Selfs hemelse vorste bewe immers smekend voor Hom!

Ek is bewus van hoe groot en dreigend die gevare is wat hierdie onwrikbare opvatting bedreig. Dit is met die grootste verontwaardiging dat konings vedra om geminag te word. Salomo sê immers dat hulle verontwaardiging die boodskapper van die dood is.166Aangesien die gebod dat ons God eerder as mense moet gehoorsaam,167 deur 'n hemelse boodskapper, naamlik Petrus, afgekondig is, moet ons ons met die gedagte vertroos dat ons eers dan die gehoorsaamheid wat die Here van ons eis, betoon wanneer ons liewer enigiets ly as om van ons , godsvrug af te wyk. En om te voorkom dat ons gemoed begin wankel, prikkel Paulus ons ook daarmee dat ons so duur deur Christus gekoop is as die prys waarop ons verlossing te staan gekom het sodat ons ons nie in gehoorsaamheid aan die begeertes van mense moet verpand nie – nog minder dat ons aan hulle goddeloosheid uitgelewer moet wees!168

GOD SY LOF169

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Inst. 3.19.15 (Afr. vert. 3:1074 . 1075). Die inhoud van hierdie hoofstuk sluit nou aan by Inst. 3.19 (Afr. vert. 3:1059 e.v.) wat in die 1536·uitgawe die eerste deel van hoofstuk 6 was. 'n Behandeling van die burgerlike regering met dieselfde inhoud as die huidige kom ook in hoofstuk 6 van daardie uitgawe voor. In die 1539-uitgawe het hierdie onderwerp die derde laaste hoofstuk beslaan en in die 1554·uitgawe die tweede laaste hoofstuk.
  2. ^ Vgl. Inst. 4.3 . 11 hierbo.
  3. ^ 'n Weerspieëling van die Doperse opstande in Münster in 1536 (vgl. Balke, p. 46).
  4. ^ Skynbaar 'n verwysing na Machiavelli se Il Principe wat in 1553 in Latynvertaal is (OS 5:471, n. 10).
  5. ^ n Verwysing na die Doperse wêreldmyding (vgl. Balke, p. 283 e.v.).
  6. ^ Marg. Gal. 5.a.1.
  7. ^ Marg. 1. Cor. 7.d.2l.
  8. ^ Marg. Gala. 3.d.28.
  9. ^ Marg. Coloss. 3.b.ll.
  10. ^ 1536: + Marg. Coloss. 2 (:20).
  11. ^ Die sesde artikel van die Doperse konfessie van Schleitheim (1527) verklaar openbare ampte vleeslik en dat die swaardmag van die owerheid deur Christene verwerp moet word. Vgl. in verband hiermee Balke, W., Calvyn en de Doperse Radihalen, p. 261 e.v. Vir die Konfessie van Schleitheim vgl. ibid. p. 191 e.v.
  12. ^ Volgens Niesel 'n weergawe van die Handlung oder acta gehalten er Disputation ... zu Zoffingen (1532), fo. 101.
  13. ^ Vgl. Inst. 4.20.8 hieronder.
  14. ^ Die woorde herinner aan die Inst. van]ustinianus 1.1.3 Iuris praecepta sunt baec: honeste oioere. alterum non laedere, suum cuique tribuere: die grondbeginsels van die reg is die volgende: om eerbaar te leef, 'n ander geen skade aan te doen nie en om aan elkeen te gun wat hom toekom.
  15. ^ Vgl. Inst. 2.7.10 (Afr.vert. 2:488 - 489) en Calvynse kommentaar oor Rom. 13:1 - 10 (OC 49:248 -263).
  16. ^ Vgl. Inst. 4.8.10 hierbo.
  17. ^ Vgl. Cicero, De legibus (LCLp. 460 e.v.).
  18. ^ Marg. Exod. 22.b.8; Psal. 82.a.1 & b.6.
  19. ^ Marg.Iohan. 10.f35.
  20. ^ Marg. Deut. 1.c.16; 1 (recte: 2) Para. 19,b.6 (2 Kronieke 19:6).
  21. ^ Marg. Prov. 8.b.14. Vgl. ook Spr. 8:15 - 16.
  22. ^ Marg. Rom. 12.b.8.
  23. ^ Marg. 1. Cor. 12.d.28
  24. ^ Vgl. Rom. 13:2.
  25. ^ Marg. Rom. 13.a.1.
  26. ^ Vgl. Rom. 13:3 - 4.
  27. ^ Fr. 1560: Ceux qui voudroyent que les bommes vesquissent pesle mesle comme rats en paille (Benolt 4:509 - diegene wat begeer dat mense in 'n harwar moet lewe soos rotte in strooi).
  28. ^ Vgl. Zwingli, De vera et falsa religione 27 (CR 3:875).
  29. ^ Marg. Psal. 3(2). c.12.
  30. ^ Marg. Iesa. 49.f23.
  31. ^ Vgl. o.a. Ps. 21; 22; 45; 72; 89; 110; 132.
  32. ^ Marg. 1. Tim. 2.a.2.
  33. ^ Marg. Iere. 48.b.ll (Jer. 48:10).
  34. ^ Vgl. Inst. 4.20.4 hierbo. Marg. Deut. 1.c.16.
  35. ^ Marg.2. Para. 19.b.6 (2 Kron. 19:6 e.v.).
  36. ^ Marg. Psal. 82.a.1.
  37. ^ Marg. Iesa. 3.c.14. Vgl. ook vers 15.
  38. ^ Marg. 1. Sam. 8. b. 7.
  39. ^ Marg. Luc. 22.c.25. Vgl. ook die daaropvolgende verse
  40. ^ Vgl. art. 6 van die Schleitheimse Konfessie en Calvyn se reaksie hierop (OC 7:89).
  41. ^ Vgl. Bellarminus, Controv. p. 533 e.v. waar spealflek na Calvyn se vertolking van Luk. 22:25 verwys word
  42. ^ Marg. Rom. 13.a.l.
  43. ^ Marg. Prov. 8.b.15 (Spr. 8:15).
  44. ^ .Marg. 1. Pet 2.c.17. Vgl. ook Spr. 24:21.
  45. ^ Vgl. Zwingli, Fidei Christiariae expositio CRZ 4:59.
  46. ^ In Fr. uitgawes vanaf 1541 stel Calvyn dit breedvoeriger: On conte tres espèces du regime civil: c 'est assauoir, Monarchie, qui est la domination d'un seul, soit qu 'on Ie nomme Roy, ou Duc, ou autrement, Aristocratie, qui est une domtnation gouvernée par les principaux et gens d 'apparence, et Démocratie, qui est une domination populaire, en laquelle chacun du peuple a puissance (Benoit 4:512). Calvyn se uiteensetting hier kan met vrug vergetyk word met Bellarminus Controv. p. 514 e.v. Vgl. ook Bohatec a.w. p. 116 - 164 en Plato, Politicus 291 (LCL 3:124 e.v.).
  47. ^ Vgl. Eks. 18:13 - 26; Deut. 1:9 - 17.
  48. ^ Bartles wys tereg daarop dat Calvyn die klem in sy staatsbeskouing bale swaar op vryheid libertas laat val. Dit kom trouens verskeie kere in sy kommentare voor, bv. oor Gen. 39:2, Jer. 38:25 - 26, 1 Kor. 10:29 ens
  49. ^ Vgl. Cicero, De legibus 2.7 e.v. (LCL- p. 388 - 415).
  50. ^ Marg. Iudic. 21.d.25 (Rlgters 21:25).
  51. ^ Niesel meen dat Calvyn Thomas More se Utopia (1518) in gedagte het (OS 5:480, n. 2).
  52. ^ Marg. Iere. 22.a.3.
  53. ^ Vgl. Ps. 82:3 e.v.
  54. ^ Marg. Deut. l.c.l6. Vgl. ook vers 17.
  55. ^ Marg.lbidem, 17.c.16 (Deut. 17:16 - 20).
  56. ^ Marg. Ibidem, 16.d.19 (Deut. 16:19).
  57. ^ Marg. Psal. 101. Vgl. Ps. 101:4 - 7.
  58. ^ Vgl. Cicero, Ep. ad Brutum 1.15.5.
  59. ^ Marg. Ierem. 21.d.12. Kyk ook Jer. 22:3.
  60. ^ Marg. Exod. 20.c.13; Deut. 5.b.17; Matth. 5.c.21.
  61. ^ Marg. Iesa. 11.b.9, & 65.d.25.
  62. ^ 1536: + Marg. Rom. 13.a.3. Vgl. ook vers 4.
  63. ^ Marg. Rom. 13.a.4.
  64. ^ Marg. Exod. 2.b.12; Act. 7.c.28 (recte: Hand. 7:24).
  65. ^ Marg. Exod. 32.f27. Vgl. ook die daaropvolgende verse.
  66. ^ Marg. 1. Reg. 2.a.5. Vgl. 1 Kon. 2:5 - 6; 8 - 9.
  67. ^ Vgl. Ps. 101:8.
  68. ^ Vgl. Ps. 45:8.
  69. ^ Vgl. Num. 16.
  70. ^ Vgl. 1 Kon. 2:S . 6, 8 - 9.
  71. ^ Marg. Pro. 16.b.12 (Spr. 16:12).
  72. ^ Marg. Ibidem. 20.b.8 (Spr. 20:8).
  73. ^ Marg. Ibidem 20.d26 (Spr. 20:26).
  74. ^ Marg. Ibidem 25.a.4 (Spr. 2S:4 e.v.).
  75. ^ Marg. Ibidem 17.b.15 (Spr. 17:15),
  76. ^ Marg. Ibidem 17.b.ll (Spr. 17:11).
  77. ^ Marg. Ibidem 24.c.24 (Spr. 24:24).
  78. ^ Marg. Tribunal Cassii. Vgl. Valerius Maximus, Memorabilia 3.7.9 waar die regbank van praetor 1. Cassius geskets word.
  79. ^ 1536: + Marg. Prover. 20.d.28 (Spr. 20:28).
  80. ^ Vgl. Seneca, De clementia 1.3.3 (LCLMoral essays 1:365 e.v.), Vgl. ook Calvyn se kommentaar oor hierdie gedeelte in OC 5:41 e.v.
  81. ^ Marg. Apud Dionem. Dio Cassius, Nervia Epitome libri 58.3 (LCL8:360 e.v.).
  82. ^ Vgl. Calvyn se kommentaar oor Jes. 3:4: Bellum per se damnandum non est; subsidium enim est conseruandae reipublicae: Ons moet nie oorlog op sigself verdoem nie, dit is immers 'n hulpmiddel om 'n staat te bewaar (OC 36:83).
  83. ^ Afdelings 11 en 12 is 'n weerlegging van Doperse standpunte soos dit opgeneem is in arts. 4 en 6 van die Schleitheimse konfessie (CRZ 3:395). Vgl. ook Calvyn se Briève instruction in OC 7:78.
  84. ^ Vgl. die vierde art. van die konfessie van Schleitheim (CRZ 3:395).
  85. ^ Marg. Luc. 3.c.14.
  86. ^ Marg.Aug. epist 5. ad Marcelli. Augustinus, Ep. 138 (Ad Marcellinum) 2.15 (MPL33:531 e.v.; CSEL 44:141 e.v.). Vgl. ook sy Sermo 13.7.3 - 13.8.4 (MPL 38:110 e.v.).
  87. ^ Augustinus, Ep. 153 (ad Macedonium) 3.8 (MPL 33:656; CSEL44:404).
  88. ^ Marg. Cic. in Off. Cicero, De officiis 1.23.79 en 1.11.35 (LCL p. 80 e.v., 36 e.v.).
  89. ^ Marg. Eze. 48.c.21.
  90. ^ Marg. Rom. 13.b.6
  91. ^ Vgl. Inst. 4.12.1: Dissipline dien as senuwees, en verder ook Inst. 2.7.16 vir die inhoud van afdelings 14 . 16.
  92. ^ Cicero, De legibus 2.4; 5.1 (LCLp. 378 e.v.).
  93. ^ Cicero, De legibus 3.2 (LCL p. 460 e.v.). VgJ. ook De republica 3.22.
  94. ^ Vgl. Thomas, Summa Theol. 2.1.89.4.
  95. ^ Vgl. Matt. 22:34 . 40; Mark. 12:28 . 33; Luk. 10:25 . 27.
  96. ^ paedagogia.
  97. ^ Marg. Galat. 4.a.4. 1536: + 3 (Gal. 3:23 . 24).
  98. ^ Vir Calvyn se behandeling van die sedewet vgl. Inst. 2.8.1 (Afr. vert. 2:499 e.v.). Vir die natuurwet vgl. Calvyn se kommentaar oor Rom. 1:21 - 27 en Rom. 2:14 - 15 roe 49:24 . 2B; 37 - 39). Vgl. ook Bohatec, a.w. p. 20 - 35.
  99. ^ Marg. Exod. 22.a.l. Vgl. ook Eks. 22:2 . 3; 21:37.
  100. ^ Marg. Deut. 19.d.18. Vgl. ook Deut. 19:19 . 21.
  101. ^ Vgl. die sesde art. van die konfessie van Schleitheim (CRZ 3:402 e.v.) en Calvyn se Briève instruction (OC 7:80 e.v.).
  102. ^ Marg. Rom. 14.a.4 (recte: Rom. 13:4).
  103. ^ Vgl. 1 Tim. 2:2.
  104. ^ Vgl. Tit. 1:15.
  105. ^ Marg. Act. 24.c.12.
  106. ^ Marg. Act. 22.a.l. Vgl. ook vers 25 en Hand. 16:37.
  107. ^ Marg. Act. 25.c.l0. Vgl. ook Hand. 25:11.
  108. ^ Marg. Lev. 19.d.18; Matth. 5.f.39; Deut. 32.e.35; Rom. 12.d.19.
  109. ^ Vgl. Rom. 12:7.
  110. ^ Vgl. Rom. 12:19.
  111. ^ Marg. Rom. 13.a.4.
  112. ^ .Marg. Matth. 5.f39. Vgl. ook art. 4 van die Schleitheim konfessie (CRZ 3:395).
  113. ^ Vgl. Mat. 5:44.
  114. ^ Marg. Rom. 12.d.21.
  115. ^ Marg. Matth. 5.f39. Vg1. ook vers 38.
  116. ^ Marg. Epist. ad Marcellinum. Augustinus, Ep. 138 (ad Marcellinum) 2.12, 13 (MPL 33:530; CSEL 44:138).
  117. ^ Marg. 1. Cor. 6.a.b (1 Kor. 6:5 - 8).
  118. ^ Vgl. Inst. 4.20.18 hierbo.
  119. ^ Vgl. Cicero, De legibus.3.2.5 (LCL p. 461 e.v.).
  120. ^ Marg. 1. Pet. 2.c.17.
  121. ^ Marg. Pro. 24.c.21 (Spr. 24:21).
  122. ^ Marg. Rom. 13.a.5 (Vg.).
  123. ^ Marg. Rom. 13.a.1. Vgl. ook vers 2.
  124. ^ Marg. Tit. 3.a.1.
  125. ^ Marg. 1. Pet. 2.c.13. Vgl. ook vers 14 (Vg.).
  126. ^ Marg. 1. Tim. 2.a.1. Vgl. ook vers 2 (Vg.).
  127. ^ Vgl. Xenophon, Cyropaedia 8.2.10 (LCL 2:336 e.v.).
  128. ^ Vgl. Homeros, Odyssea 2.234 (LCL Odyss. 1:52 e.v.) en Seneca, De clementia 1.14.2 (LeL p. 398 e.v.) en Calvyn se kommentaar hieroor in OC 5:106 e.v.
  129. ^ Vgl. Homeros. Ilias 2.243 (LCL Ilias 1:68 e.v.).
  130. ^ Vgl. 1 Pet. 2:14 Vg.
  131. ^ Marg. Iob. 34.d30 (Vg.); Oseae 13.c.11 (Hosea 13:11); Iesa. 3.a.4; Iesa. 10.a.5; Deut. 28.c.29.
  132. ^ Marg. Danie. 2.c.21, &f.37. (Daniêl 2:21, 37).
  133. ^ Vgl. Dan. 4:14, 17.
  134. ^ Marg. Ezec. 29.d.19.
  135. ^ Marg. Dan. 2.f.37. Vgl. ook vers 38 (Vg.).
  136. ^ Marg. Dan. 5.e.18. Vgl. ook vers 19 (Vg.)
  137. ^ Marg. 1. Sam. 8.c.11. Vgl. verse 11 - 17.
  138. ^ 1536:+ Marg. Deut. 17.c.16.
  139. ^ Marg. Ierem. 27.a.5. Vgl. Jer. 27:5 . 8, 17 (Vg.).
  140. ^ Vgl. Zwingli, Auslegen und Gründe der Schlussreden (1529) art. 42 (CRZ 2:342).
  141. ^ Marg. Iere. 27.c.17.
  142. ^ Marg. Prove. 28.a.2 (Spr. 28:2).
  143. ^ Marg. Iob. 12.c.18.
  144. ^ Marg. Iere. 29.b. 7.
  145. ^ Vgl.Matt. 5:44.
  146. ^ Marg. 1. Sam. 24.b. 7.11. Vgl. 1 Sam. 24:6 (Vg.).
  147. ^ Vgl. 1 Sam. 24:11 (Vg.).
  148. ^ Marg. 1. Sam. 26.b.9. Vgl. 1 Sam. 26:9 . 11 (Vg.).
  149. ^ Marg. Ephes. 6.a.1 (recte: Ef. 6:4). 1553: + Marg. 1. Petr. 3.a.1.
  150. ^ Marg. Ephes. 5.c.26. Vgl. Ef. 5:25.
  151. ^ Marg. 1. Pet. 3.b. 7
  152. ^ Marg. Dani. 9. b.7.
  153. ^ Marg. Prover. 21.a.l (Spr. 21:1).
  154. ^ Marg. Psal. 82.a.l.
  155. ^ Marg. Psal. 2.c.l0. Vgl. ook vers 11.
  156. ^ Marg. Iesa. 10.a.l. Vgl. Jes. 10:1, 2 (Vg.).
  157. ^ Marg. Exod. 3.b.7. Vgl. ook Eks. 3:8 - 10.
  158. ^ Marg. Iudi. 3.b.9 et sequentibus. Vgl. Rigters 3:9.
  159. ^ Vgl. Zwingli, Der Hirt (1524) (CRZ 3:36).
  160. ^ Vgl. Doumergue, Calvin 5:486 - 512 waar belangrike inligtlng in verband met Calvyn se opvatting datverkose volksamprenare weldie reg en ookdie plig vanversethet, uit verskeie bronnegesraaf word. Battles wys daarop dat hierdie sin 'n belangrike plek ingeneem het in sestiende eeuse Protestantse literatuur (Battles 1987:1518· 1519). Vgl. ook Calvyn se kommentaar oor Hand. 17:7: As die godsdiens (religio) ons dwing om ons soms teen die bevele van tiranne te verset wat ons verbied om verskuldigde eerbetoon aan Christus en diens aan God te verrig, mag ons ook met re getuig dat die mag van konings in so 'n geval nie deur ons geskend word nie. Hulle is immers nie so hoog verhewe dat hulle soos reuse God van sy troon mag probeer afwerp nie. Daniël se verontskuldiging was daarom waar (Dan. 6:23) dat geen onreg teen die koning gepleeg word wanneer iemand so 'n goddelose bevel nie gehoorsaam nie, en hy het geen sterflike mens veronreg omdat hy God bo hom gestel het nie. So moet ons ter goedertrou belastings aan vorste betaal en bereid wees om hulle in enige burgerlike opdrag te gehoorsaam. Maaras hulle nie met hulle stand tevrede is nie en ons van die vrees en diens vir God wil ontneem, het niemand rede om te sê dat hulle deur ons geminag word omdat ons God se regering en sy majesteit hoër as hulle s'n ag nie (OC 48:398). Vgl. ook die Ordonnances eccl. (1542) (OC 10,1:32).
  161. ^ VgL Inst. 2.8.38 (Afr. vert. 2:540 n. 164).
  162. ^ Marg. Dan. 6.f.22 (Vg.). Vgl. Dan. 6:23; Calvyn se Praelectiones in Danielem 6:22 (Oe 41:25,26) en sy kommentaar oor Hand. 4:19.
  163. ^ Marg. Oseae. 5.d.13 (Hosea 5:13).
  164. ^ Marg. 1. Reg. 12.8.30 (1 Kon. 12:30).
  165. ^ Vgl. Hos. 5:11.
  166. ^ 1536 - 1554: + Marg. Prover. 16.c.14 (Spr. 16:14).
  167. ^ Marg. Act. 5.e.29 (Hand. 5:29).
  168. ^ Marg. 1. Cor. 7.d.23.
  169. ^ In die oorspronklike volg hierna 'n inhoudsopgawe van die vier boeke van die Institusie (reeds in die inhoudsopgawes van die vertaling van elke boek verantwoord) wat afgesluit word met excudebat Robertus Stepbanus, Geneuae, Anno M.D.LIX. XVII Cal. Septembr.. Gedruk deur Robertus Stephanus in Genève in die jaar 1559 op 17 September. Dan volg daar die verbasende indeks van Augustin Marlorat wat slegs in Corsmann se vertaling erkenning gekry het. Hierdie werk is 'n uitstekende getuienls van Marlorat se deeglikheid en 'n pragtige voorbeeld van Middeleeuse indekseringstegnieke. Die feit dat dit nie in moderne vertalings voorkom nie, moet toegeskryf word daaraan dat vertalers eerder van die leesbaarder teks van die Opera se/ecta (OS) en miskien ook van die Opera Calvin; (OC) gebruik gemaak het. In beide hiervan word geen melding van die drukker of Marlorat se indeks gemaak nie en is dit verswyg. Sizoo misgis hom dus wanneer hy sy register baseer op die indeks van Marlorat, "voor het eerst toegevoegd aan de Franse editie van 1562". As hy die oorspronklike teks vir sy vertaling gebruik het, sou hy sekerlik nie hierdie fout gemaak het niet