God se uitverkiesing van mense is deel van sy soewereine raadsplan van ewigheid af, en berus nie op grond van Sy voorkennis van persoonlike verdienste of lidmaatskap van ‘n sekere groep mense of ‘n volk nie. Christus self het uitsprake hieroor gemaak. Dat God almal nooi maar weinig uitverkies, is nie strydig met sy aard nie. Net soos die uitverkiesing, berus die verwerping ook op God se wil.

1984. 19 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 22 ‘n Bevestiging van hierdie leervan die uitverkiesing aan die hand van Skrifgetuienis

1. Botsende opvattings oor die uitverkiesingsleer en God se voorkennis van die mens se verdienste🔗

Al die stellings wat ons hierbo gemaak het, word deur baie mense betwis en dan veral die vrye uitverkiesing van die gelowiges. Dit kan nogtans nie aan die wankel gebring word nie. Oor die algemeen is hulle trouens van mening dat Godonderskeid tussen mense maak na gelang Hyvooraf sien wat elkeen se verdienstes gaan wees; dat Hy derhalwe diegene tot sy kinders aanneem van wie Hy vooraf weet dat hulle sy genade nie onwaardig sal wees nie en dat Hy diegene van wie se geaardheid Hy bemerk dat dit tot boosheid en goddeloosheid geneig is, aan die verdoemenis van die dood uitlewer.1 Deur hierdie dekmantel van voorkennis so tussenin te skuif verduister hulle nie alleen die uitverkiesing nie, maar hulle versin ook 'n oorsprong van elders af daarvoor.

En hierdie algemene opvatting is nie net die van die gewone mens nie, want dit het oor al die eeue belangrike voorstanders gehad,2Dit erken ek ruiterlik, sodat niemand miskien moet vertrou dat dit ons saak grootliks sal skaad as hulle name daarteenoor gestel word nie. God se waarheid is hier immers te seker om geskok te word en te duidelik om deur die gesag van mense verduister te word. Maar ander mense wat nie  in die Skrif geoefen is of enige instemming verdien nie, verskeur die gesonde leer met sulke groot goddeloosheid dat hulle voortvarendheid ondraaglik is. Omdat God volgens sy oordeel sommige mense uitverkies en ander verbygaan, dreig hulle Hom met 'n hofsaak.3Maar as die saak self bekend is, wat sal dit hulle baat om met God te twis?

Ons leer niks wat nie deur die ervaring bewys is nie, naamlik dat dit God altyd vrygestaan het om sy genade te gee aan wie Hy wil.4Ek sal nie vra waarom Abraham se nageslag bo ander uitgestaan het nie behalwe in daardie aansien waarvan die rede nie buite God te vinde is nie. Laat hulle my antwoord5waarom hulle mense eerder as beeste of esels is; hoewel dit in God se hande was om van hulle honde te maak, het Hy hulle na sy beeld gevorm. Sal hulle redelose diere toestaan om met God oor hulle lot te twis asof dit 'n onregverdige onderskeid was?6Dit is sekerlik niks billiker as dat hulle 'n voorreg wat hulle besit sonder enige verdienstes verkry het, as dat God sy weldade na die maat van sy oordeel verskillend uitdeel nie.

As hulle dan na persone oorspring waar die ongelykheid vir hulle nog aanstootliker is, behoort hulle ten minste by die voorbeeld van Christus terug te deins daarvan om nie so onbekommerd oor hierdie geheimenis te babbel nie. Hy word uit die saad van Dawid as 'n sterflike mens ontvang. Volgens watter deugde, sal hulle sê, het Hy verdien om juis in die moederskoot die Hoof van die engele, die eniggebore Seun van God, die beeld en die heerlikheid van die Vader, die lig, geregtigheid en verlossing van die wêreld te word7

Augustinus merk verstandig op dat die helderste spieël van die vrye uitverkiesing juis in die Hoof van die kerk is, sodat dit ons wat onder sy lede is, nie mag verwar nie,8en dat Hy nie deur regverdig te leef die Seun van God geword het nie maar dat so 'n groot eer verniet aan Hom gegee is sodat Hy daarna ander mense deelgenote in sy gawes kon maak.9As iemand hier sou vra waarom ander nie soos Hy was nie of waarom ons almal so ver van Hom verskil, waarom ons almal bedorwe en Hy reinheid is, sal hy nie alleen sy dwaasheid openbaar nie maar tegelyk ook sy skaamteloosheid. As hulle10voortgaan om Hom sy vrye reg om uit te verkies en te verwerp te ontneem, moet hulle tegelyk ook wegneem wat aan Christus gegee is.

Nou moet ons let op dit wat die Skrif van elkeen (uitverkiesing en verwerping) verklaar. Wanneer Paulus leer dat ons voor die skepping van die wëreld in Christus uitverkies was,11neem hy beslis alle inagneming van ons eie aansien weg. Dit is trouens asof hy gesê het dat die hemelse Vader sy oë op sy Christus gevestig het omdat Hy in die hele saad van Adam niks gevind het wat sy uitverkiesing verdien het nie. Sy doel daarmee was om asof uit sy liggaam lede uit te kies om in die lewe te deel. Laat hierdie rede dus onder gelowiges geld: dat ons in Christus tot die hemelse erfenis aangeneem is omdat ons in onsself nie tot so 'n uitnemendheid in staat was nie. Hy maak dieselfde opmerking ook elders wanneer hy die Kolossensers tot dankbetoon aanspoor omdat hulle van Godsweë bekwaam gemaak is om in die lot van die heiliges te deel.12As die uitverkiesing dan aan daardie genade van God om ons bekwaam te maak om die heerlikheid van die toekomstige lewe te verkry, voorafgaan, wat sal God self dan in ons vind om Hom te beweeg om ons uit te verkies?

'n Ander uitspraak van Paulus sal selfs nog duideliker uitdruk wat ek wil sê. Hy sê: "Hy het ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld, na die welbehae van sy wil om rein en onbevlek en onberispelik voor sy aangesig te wees".13 Daarin stel hy God se welbehae teenoor enige van ons verdienstes.

2. 'n Regsinnige vertolking van Ef. 1:4 weerlê die opvatting dat God se uitverkiesing van sy voorkennis afhang🔗

Om die bewys nog stewiger te maak is dit 'die moeite werd om op elke deel van die verwysing14 afsonderlik te let wat, sodra dit in same hang gebring is, geen twyfellaat nie. Wanneer hy hulle uitverkorenes noem, is daar geen twyfel daaroor dat hy gelowiges aanspreek soos hy ook weldra verklaar nie. Daarom mtsvorm-diegene wat die woord verdraai tot die tyd waarin die evangelie geopenbaar is, dit met 'n alte skandelike verdigsel. 15Wanneer hy sê dat hulle vóór die skepping van die wêreld uitverkies was, neem hy alle inagneming van hulle aansien weg. Want watter grond het daar bestaan om te onderskei tussen diegene wat nog nie bestaan het nie en diegene wat later in Adam hulle gelykes sou wees? As hulle nou in Christus uitverkies is, volg daaruit nie alleen dat elkeen sonder inagneming van homself verkies is nie maar ook dat sommiges van ander afgesonder is omdat ons sien dat nie almallede van Christus is nie. Die byvoegsel dat hulle uitverkies is om heilig te wees, weerlë duidelik die dwaling wat die uitverkiesing van (God se) voorkennis aflei omdat Paulus uitroep dat al die deugde wat in mense na vore kom, die gevolg van die uitverkiesing is.

As ons nou na 'n hoër oorsaak soek,16antwoord Paulus dat God dit so voorbeskik het en wel na die welbehae van sy wil. Met hierdie woorde werp hy al die middele tot hulle uitverkiesing waarvan mense hulle verbeel dat dit in hulleself is, omver. Hy leer trouens dat al die weldade wat God met die oog op die geestelike lewe skenk, uit hierdie een  enkele bron voortkom, naamlik dat God diegene verkies het wat Hy wou, en dat Hy nog voordat hulle gebore is, vir elkeen afsonderlik die genade wat Hy hulle waardig geag het, weggebëre het.

3. "Hy het ons met 'n heilige roeping geroep, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy voorneme en genade wat in Christus van ewigheid af aan ons geskenk is."(2 Tim. 1:9)🔗

Oral waar hierdie welbehae van God trouens regeer, kom werke nie in aanmerking nie. Hy laat wel nie die teenstelling hier volg nie, maar ons moet dit nogtans so verstaan soos hy dit self elders verduidelik. Hy sê: "Hy het ons met 'n heilige roeping geroep, nie volgens ons werke nie maar volgens sy voorneme en die genade wat voor die rye van die eeue deur Christus aan ons gegee is" .17En ons het reeds aangetoon dat in dit wat daarop volg, naamlik "sodat ons heilig en onbevlek mag wees", alle besware uit die weg geruim word. Want as jy sê: "Omdat Hy voorsien het dat ons heilig sal wees, het Hy ons uitverkies", dan keer jy Paulus se orde om. Daarom kan jy veilig die volgende afleiding maak: "As Hy ons uitverkies het om heilig te wees, het Hy ons nie uitverkies omdat Hy vooraf gesien het dat ons sodanig sal wees nie". Daar is immers 'n botsing tussen hierdie twee stellings: dat godvrugtiges dit aan die uitverkiesing te danke het dat hulle heilig is, en dat hulle op grond van hulle werke tot die uitverkiesing kom.18

En hier het die uitvlug waarmee hulle soms ontvlug, geen krag nie, naamlik dat die Here die genade van uitverkiesing nie vir voorafgaande verdienstes vergeld nie maar dat Hy dit nogtans vir toekomstige verdienstes gee.19Want wanneer gesê word dat gelowiges uitverkies is om heilig te wees, word tegelyk te kenne gegee dat die heiligheid wat hulle later sal hê, van hulle uitverkiesing af begin. Hoe sal dit dan rym om te sê dat dinge wat uit die uitverkiesing afgelei word, die uitverkiesing veroorsaak het? Dit lyk juis asof hydit wat hy reeds gesê het, later nog meer bekragtig wanneer hy sê "volgens die voorneme van sy wil wat Hy in Homself voorgeneem het".20 Want die feit dat God in Homself iets voorgeneem het, dra net soveel gewig as wat gesê sou word dat Hy buite Homself niks in ag geneem het om in sy besluit in aanmerking te neem nie. Hy het derhalwe dadelik bygevoeg dat die volle som van ons  uitverkiesing hierop gemik moet wees, naamlik om tot lof van God se genade te wees.21God se genade alleen verdien beslis om in ons uitverkiesing verkondig te word slegs as dit onverdiend is. Dit sal voorts nie onverdiend wees as God self in die uitverkiesing van die wat aan Hom behoort, bepaal hoedanig elkeen se werke sal wees nie. Daarom is ons bevinding dat dit wat Christus vir sy dissipels gesê het, oor die algemeen vir alle gelowiges geld, naamlik "Iulle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies" .22Daar sluit Hy nie alleen verdienstes uit nie, maar Hy gee te kenne dat hulle in hulleself niks het om uitverkies te word as Hy Hom nie vooraf uit barmhartigheid tot hulle gewend het nie. En hoe moet ons die volgende stelling van Paulus verstaan: "Wie het eerste aan Hom iets gegee, en wie sal vergelding ontvang?23 Hy wil immers aantoon dat God se goedertierenheid so voor mense uitgaan dat Hy nog in die verlede nog in die toekoms iets by hulle vind om Hom met hulle te versoen.

4. 'n Regsinnige uitleg van Rom. 9 - 11🔗

Wanneer Paulus nou in sy brief aan die Romeine hierdie redenasie met groter diepgang herhaal en uitvoeriger behandel, sê hy dat nie almal Israeliete is wat uit Israel gebore is nie. 24Hoewel hulle almal immers volgens die erfreg geseën is, het die opvolging daartoe tog nie gelyk op hulle almal oorgegaan nie. Hierdie twispunt het uit die hooghartige en bedrieglike pralery van die jode ontstaan, want aangesien hulle vir hulleself die naam van die kerk toegeëien het, wou hulle hê dat die waarheid van die evangelie van hulle oordeel afhanklik moet wees. So sou die pousgesindes hulle graag vandag nog met hierdie valse versinsel25in God se plek wou stel.

Hoewel Paulus toegee dat Abraham se nageslag vanweë die verbond heilig is, verklaar hy nogtans dat vele daarin buitestaanders is en dit nie alleen omdat hulle ontaard het sodat hulle van onwettige kinders basters word nie, maar omdat God se besondere uitverkiesing wat alleen sy aanneming vas en seker maak, oor alles uitstaan en oor alles heers. As hulle eie godsvrug sommiges in hulle hoop op saligheid sou bekragtig en ander se afvalligheid26 hulle dit sou ontsê, sou Paulus sy lesers inderdaad dwaas en onsinnig tot die verborge uitverkiesing opgehef het.27As God se wil, waarvan die oorsaak nie buite Hom blyk of gesoek moet word nie, die een van die ander onderskei sodat nie al die kinders van Israel waarlik Israeliete is nie, verbeel mense hulle verniet dat elkeen se toestand in homself begin.

Daarna sit hy die onderwerp voort aan die hand van die voorbeeld van Jakob en Esau.28 Hoewel albei immers kinders van Abraham was, en hulle tegelyk in hulle moeder se skoot ingesluit is,29word die eersgeboorteeer op Jakob oorgedra.30Hierdie verandering was daarom soos 'n wonderteken, en nogtans verklaar Paulus dat die uitverkiesing van die een en die verwerping van die ander daardeur beseël is. Die vraag gaan hier om die oorsprong en oorsaak (van die uitverkiesing), wat na die mening van die mense wat die voorkennis (van God) leer, in die deugde en die ondeugde van die mense geleë is. Dit is trouens vir hulle 'n maklike pad om te sê dat God in die persoon van Jakob getoon het dat Hy diegene uitverkies wat sy genade waardig is, maar dat Hy in die persoon van Esau bewys het dat Hy diegene verwerp van wie Hy voorsien dat hulle dit nie waardig is nie. 31So vermetel redeneer hulle inderdaad. Maar wat sê Paulus? "Toe hulle nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie maar uit Hom wat roep, is vir haar  gesê: 'Die oudste sal die jongste dien'. Soos geskryf is: 'Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat" .32As (God se) voorkennis enige krag gehad het in hierdie onderskeiding van die broers, sou die vermelding van die tyd beslis onvanpas gewees het. Laat ons toegee dat Jakob uitverkies is omdat hy die waardigheid daartoe deur sy toekomstige deugde verkry het -waarom sou Paulus dan sê dat hy nog nie gebore was nie? Dit sou ook onoorwoë wees dat bygevoeg word dat hy nog niks goeds gedoen het nie, omdat die beswaar dan voor die hand liggend sal wees dat niks vir God verborge is nie en dat Jakob se vroomheid gevolglik ook voor hom aanwesig was. As werke genade bewerk, moes die waarde daarvan toe alreeds vir hulle vasgestaan het - voordat Jakob gebore is, asof hy toe alreeds volwasse was. Die apostel gaan verder om die knoop te ontrafel, en hy leer dat die aanneming van Jakob nie uit sy werke voortgekom het nie maar uit die roeping van God.33 Hy stel geen toekoms ofverlede in werke nie en hy stel dit kort en klaar teenoor God  se roeping met die bedoeling om die ander een uitdruklik weg te neem deur een te stel. Dit is asof hy gesê het dat ons ag moet slaan op wat God behaag het en nie wat die mense uit hulleself aangebied het nie. Ten slotte is dit uit die woorde uitverkiesing en voorneme seker dat al die oorsake wat mense gewoonlik sonder die raadsplan van God uitdink, van hierdie oorsaak verwyder is.34

5. 'n Weerlegging van die opvatting dat werke in die geval van Jakob en Esau die grond vir die uitverkiesing is🔗

Watter voorwendsel sal diegene wat 'n plek in die uitverkiesing aan die werke van öf die verlede öf die toekoms toeken, aanbied om hierdie redenasies te verduister? Dit beteken immers om deur en deur te spot met dit wat die apostel verklaar, naamlik dat die onderskeid tussen hierdie broers nie van enige inagneming van hulle werke nie maar louter van die roeping van God afhang omdat dit vasgestel is toe hulle nog nie gebore was nie. Hulle spitsvondige redenasies35sou inderdaad ook nie vir hom onbekend gewees het as dit enige vastigheid gehad het nie. Omdat hy egter baie goed geweet het dat God niks goeds in die mens kon voorsien behalwe dit wat Hy reeds vooraf deur die weldaad van sy uitverkiesing besluit het om aan hom te skenk nie, neem hy sy toevlug nie tot die verkeerde orde, naamlik om goeie werke bo hulle oorsaak te stel nie.

Uit die woorde van die apostel weet ons dat die saligheid van gelowiges op die oordeel van die Goddelike uitverkiesing alleen gegrond is en dat hierdie guns nie met werke verwerf word nie maar dat dit uit die genadige roeping36kom. Ons het as 'r ware 'n voorbeeld37daarvan wat ons voorgehou is. Esau en Jakob is broers, gebore uit dieselfde ouers, albei nog ingesluit in diè moederskoot en albei nog nie gebore nie. In hulle is alles gelyk, en tog is God se oordeel oor hulle verskillend. Want Hy neem die een aan en die ander een verwerp Hy. Dit was slegs die eersgeboortereg waarin die een bo die ander uitgestaan het. En tog word dit ook verbygegaan en aan die jongste verleen wat die oudste geweier word. Ja, dit lyk asof God altyd ook in ander gevalle volgens sy raadsbeskikking die eersgeboortereg verontagsaam het om die vlees alle stof tot roem te ontneem. Hy verwerp Ismael en sit sy hart op Isak;38Hy  stel Manasse ter syde en eer Efraim eerder.39

6. God het die geestelike verkiesing van Jakob met 'n aardse teken verduidelik🔗

Iemand sou my met die beswaar in die rede kon val dat ons nie uit hierdie onbelangriker en geringer weldade iets in verband met die  toekomstige lewe moet vasstel nie sodat iemand wat tot die eer van die eersgeboortereg verhef is, daarom gereken moet word as een wat tot die erfenis van die hemel aangeneem is nie. Daar is tewens baie mense wat Paulus selfs nie eens spaar nie, net asof hy in die aanhaling van hierdie getuienisse die Skrif tot 'n vreemde betekenis verdraai het!40

Myantwoord hierop is soos tevore dat die apostel nög deur onbesonnenheid gestruikei het nög dat hy hierdie Skrifgetuienisse doelbewus misbruik het.41Maar hy het gesien - en dit is iets wat hulle nie verdra om in aanmerking te neem nie - dat God die geestelike verkiesing van Jakob wat andersins by sy ontoeganklike regterstoel verborge is, met 'n aardse teken wou verklaar. Want as ons nie die eersgeboortereg wat hom gegun is, op die toekoms betrek nie, sal dit 'n leë en belaglike soort seën wees omdat daaruit niks anders as veelvuldige rampe, moeilikhede, droewige ballingskap en baie bitterhede van droefheid en bekommernisse hom te beurt geval het nie. Toe Paulus dus sonder om daaroor te twyfel bemerk het dat God met sy uiterlike seën betuig het watter geestelike en onverganklike seën Hy in sy koninkryk vir sy dienskneg voorberei het, het hy nie geaarsel om 'n bewys uit die uitwendige seën te put om die geestelike seën te bewys nie. Ons moet ook in gedagte hou dat die land Kanan die pand van die hemelse tuiste was, sodat ons glad nie daaroor moet twyfel dat Jakob saam met die engele in Christus se liggaam ingeplant is om dieselfde lewe te d.eel nie.42Jakob word dus uitverkies.
Esau word verwerp, en deur die predestinasie van God word Jakob van hom onderskei hoewel hy in verdienstes niks van hom verskil het nie.
As jy na die oorsaak hiervan vra, gee die apostel die volgende: "Want vir Moses is gesë. 'Ek sal My ontferm oor wie Ek My sal ontferm en Ek sal barmhartig wees teenoor wie Ek barmhartig sal wees'" .43Nou vra ek jou: Wat beteken dit? Die Here verklaar naamlik baie duidelik dat Hy in die mense geen rede vind om aan hulle goed te doen nie maar dat Hy dit uit sy barmhartigheid alleen put om dit te doen44en dat die saligheid van die wat aan Hom behoort, sy werk is.45Aangesien God jou saligheid in Hom alleen stel, waarom kom jy na jouself terug? Aangesien Hy sy barmhartigheid alleen aan jou toeken, waarom sal jy jou toevlug tot jou eie verdienstes neem? Aangesien Hy jou gedagtes op sy ontferming vestig, waarom wend jy 'n deel hiervan af om dit op jou werke te vestig?
Ons moet dus by daardie kleiner volk uitkom van wie Paulus elders skryf dat God hulle vooraf geken het.46Maar dan nie soos hulle47 hulle verbeel nie, naamlik dat Hy ledig bly en vooraf die dinge weet wat Hy self nie doen nie, maar in die betekenis waarin mense dit dikwels opvat.
Wanneer Petrus immers in Lukas sê dat Christus volgens die bepaalde raadsplan en voorkennis van God aan die dood oorgelewer is,48 stel hy God beslis nie as 'n toeskouer voor nie maar as die Oorsprong van ons saligheid.49Wanneer dieselfde Petrus byvoorbeeld sê dat die gelowiges aan wie hy skryf, uitverkies is volgens God se voorkennis. 50druk hy eintlik daardie verborge predestinasie uit waarvolgens God diegene wat Hy wou, as sy kinders gemerk het. En aangesien die woord voorneme, wat hyas sinoniem byvoeg, oral 'n vaste besluit uitdruk, soos mense oor die algemeen praat, leer hy ongetwyfeld dat God nie buite Homself uitgaan wanneer Hydie Bewerker van ons saligheid is nie. In hierdie sin sê hy in dieselfde hoofstuk dat Christus die Lam was wat voor die grondlegging van die wêreld vooraf geken is.51

Want wat is dwaser of betekenisloser as dat God uit die hoogte kyk waarvandaan saligheid vir die mensdom sal kom? Die volk wat vooraf geken is, het dus vir Paulus dieselfde betekenis as die geringe deel wat met die menigte gemeng is wat valslik God se Naam as voorwendsel voorhou. Elders sê Paulus ook dat God diegene ken wat aan Hom behoort.52 om die mense wat hulleself slegs met 'n masker bedek en voor die wêreld vir hulle onder die godvrugtiges die eerste plek aanmatig, se grootpratery teen te gaan. Kortom: met hierdie woord dui Paulus vir ons twee soorte volke aan, naamlik een uit die geslag van Abraham en die ander een daaruit afgesonder en wat, weggesteek onder God se oë, verborge is vir mense se oë. Ongetwyfeld ontleen hy dit aan Moses. Hy verklaar dat God barmhartig sal wees teenoor wie Hy wil 53of skoon die uitverkore volk daar ter sprake was wie se toestand op die oog af gelyk was. Dit is asof hy gesê het dat daar in die algemene aanneming by Hom 'n besondere genade jeens sommige mense soos 'n heiliger skat ingesluit is en dat die algemene verbond nie verhinder dat 'n geringe getal van daardie gewone rang54uitgesonder word nie. En terwyl Hy Hom die vrye Uitdeler en Beoordelaar hiervan wil maak, verklaar Hy kort en klaar dat Hy Hom oor die een eerder as oor die ander sal ontferm bloot omdat dit Hom behaag. Want wanneer ontferming iemand wat daarna soek, te beurt val, verwag hy of verwerf hy ten dele nogtans die guns waavan God die lof vir Homself opeis al verduur Hy wel nie weiering daarvan nie.

7. Christus se uitsprake oor die uitverkiesing🔗

Laat die hoogste Kenner en Meester nou oor die hele aangeleentheid uitspraak lewer. Toe Hy bemerk het dat daar onder sy luisteraars so 'n groot hardheid was dat Hy sy woorde voor die skare amper vrugteloos uitgestort het, het Hy om hierdie struikelblok reg te stel55uitgeroep: Alles wat die Vader My gee, sal na My toe kom. Want dit is die wil van die Vader dat Ek niks van dit wat Hy Mygegee het, sal verloor nie" .56Let op dat die gawe van die Vader die begin is daarvan dat ons in die troue sorg van Christus oorgegee word.57

Miskien sal iemand hier die sirkei omkeer en die beswaar opper dat slegs diegene as die besitting van die Vader gereken word wat hulle uit die geloof vrywillig aan Hom oorgegee het. En tog span Christus Hom slegs in om aan te toon dat selfs al skok die afvalligheid van ontsaglike groot skares die hele wêreld, God se raadsplan vas en bestendiger sal wees as die hemele self om sy uitverkiesing nooit te laat wankel nie.

Daar word gesê dat die uitverkorenes van die Vader bestaan het voordat Hy hulle aan syeniggebore Seun gegee het. Nou vra hulle of hulle van nature (so) was. Nee, diegene wat vreemdelinge was, maak Hy syne deur hulle na Hom toe te trek. In Christus se woorde is daar so 'n groot duidelikheid dat dit nie deur ontvlugting met enige wolk toegevou kan word nie. Hy sê: "Niemand kan na Mytoe kom tensy die Vader hom trek nie. Elkeen wat dit egter van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe" .58As almal sonder onderskeid die knie voor Christus sou buig, sou  die uitverkiesing algemeen gewees het. Nou kom die onderskeid duidelik na vore in die geringe getal gelowiges. Nadat Christus dus verklaar het dat die dissipels wat aan Hom gegee is, God die Vader se eiendom is,59voeg Hy 'n bietjie later by: "Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir die wat U aan Mygegee het omdat hulle aan U behoort".60 Hoe is dit moontlik dat die hele wêreld nie aan sy Skepper behoort nie behalwe dat die genade min uit die vloek en die toorn van God en die ewige dood uitruk wat andersins sou sterf; Hy laat egter die wêreld te gronde gaan soos dit bestem is.

Hoewel Christus Hom intussen as Middelaar aanbied, eis Hy nogtans die reg om saam met die Vader uit te verkies vir Hom op. Hy sê: "Ek praat nie van almal nie, Ek weet wie Ek uitverkies het" .61As iemand sou vra waaruit Hy hulle uitverkies het, gee Hy elders die antwoord: "Uit die wêreld" .62En Hy sluit die wêreld uit sy gebede uit wanneer Hy sy dissipels aan die Vader opdra.63 Ons moet dit inderdaad onthou dat wanneer Hy verklaar dat Hy weet wie Hy uitverkies het, Hy 'n bepaalde groep onder die mensdom aandui. Verder: dat die onderskeid nie na aanleiding van die gehalte van hulle deugde nie maar na aanleiding van 'n hemelse besluit getref word. Daaruit volg dat niemandA het verkeerdelik multos. uit die 64uit eie beweging of deur eie ywer uitmunt nie omdat Christus Homself die Bewerker van die uitverkiesing maak65

Die feit dat HyJudas tewens elders onder die uitverkorenes tel66hoewel hy 'n duiwel was, het slegs op die apostelamp betrekking, en hoewel dit 'n helder spieël van God se guns is - soos Paulus dikwels persoonlik erken67- bevat dit tog nie op sigself die hoop op die ewige lewe nie.

Aangesien Judas die apostelamp ontrou was, kon hy derhalwe slegter as die duiwel wees, maar Christus sal nie toelaat dat enigeen van die wat Hy eenmaal op sy liggaam ingelyf het, verlore gaan nie.68 In die bewaring van hulle saligheid sal Hy trouens gestand doen wat Hy beloof het,69naamlik dat Hy God se mag, wat groter as alle mag is, sal openbaar.70Dat Hy elders sê: "Vader, van die wat U aan My gegee het, het geeneen verlore 'gegaan nie behalwe die seun van die verderf",71gaan nie mank aan dubbelsinnigheid nie hoewel dit 'n misbruikte uitdrukking is.

Samevattend kom dit hierop neer: dat God deur genadige aanneming mense skep wat Hyas sy kinders wil hê, maar dat die rede daarvan binnein Homself is omdat Hy met sy verborge welbehae tevrede is.

8. Die kerkvaders se menings oor God se voorkennis🔗

Maar Ambrosius, Origenes en Hieronymus was van mening dat God sy genade onder mense uitdeel namate Hyvoorsien het dat elkeen dit goed sal benut.72 Hierbenewens het Augustinus ook eers die opvatting gehuldig,73maar toe hy beter vordering in sy kennis van die Skrif gemaak het, het hy dit nie alleen as onmiskenbaar onjuis teruggetrek nie maar ook kragtig weerlê.74Ja, nadat hy dit teruggetrek het en hy die Pelagiane tereggewys, omdat hulle in hierdie dwaling volhard, sê hy: "Wie sou nie daaroor verbaas wees dat die apostel nie so 'n uiters skerpsinnige insig gehad het nie? Want nadat hy 'n oorstelpende feit in verband met die (kinders) wat nog nie gebore was nie,75voorgehou het en hom daarna die vraag voorhou: 'Wat nou? Is daar dan enige onreg by God?', het hy die geleentheid gehad om te antwoord dat God die verdienstes van elkeen voorsien het.76Dit sê hy egter nie, maar hy neem sy toevlug tot God se oordele en sy barmhartigheid".77 En nadat hy elders alle verdienstes voor die uitverkiesing uit die weg geruim het, sê hy: "Hier gaan die onsinnige redenasie van daardie mense tot niet wat God se voorkennis teen God se genade verdedig en daarom sê dat ons voor die  grondlegging van die wêreld uitverkies is omdat God vooraf geweet het dat ons goed sal wees en dat Hy self ons nie goed sal maak niet Hywat sê: 'Julle het Mynie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies' ,78bedoel dit nie so niet As Hy ons trouens daarom uitverkies het omdat Hy vooraf geweet het dat ons goed sal wees, sou Hy tegelyk ook vooraf geweet het dat ons Hom sal uitverkies en wat daarop volg".79

Laat Augustinus se getuienis maar gerus geld onder diegene wat met graagte in die gesag van die kerkvaders berus. En tog laat Augustinus hom nie van die res skei nie, maar hy toon met klinkklare getuienis aan dat hierdie skeiding, met die blaam waarvoor die Pelagiane hom beswaar het, vals is. Want hy haal die volgende uit Ambrosius aan: "Christus roep hom oor wie Hy Hom ontferm" .80 Net so: "As dit sy wil was, sou Hy van ongewydes gewydes gemaak het, maar God roep diegene wat Hy waardig ag, en Hy maak diegene godsdienstig wat Hy wil" .81As ek uit Augustinus 'n hele boek aanrnekaar wou weef, sou dit vir my maklik wees om vir my lesers te bewys dat ek slegs sy woorde nodig het, maar ek wil hulle nie met 'n stroom woorde belas niet Maar kom ons verbeel ons dat die kerkvaders niks hieroor praat nie en laat ons op die onderwerp self let. 'n Moeilike vraag is geopper, naamlik of God regverdig gehandel het toe Hy sekere mense sy genade waardig geag het. Paulus kon hom met een woord daaruit losgewoel het as hy in- agneming van die werke voorgehou het. Waarom het hy dit dan nie gedoen nie? Waarom sit hy die gesprek voort en hou hy hom met dieselfde probleem besig? Waarom dan anders as dat hy nie moes nie?

Die Heilige Gees, wat deur sy mond gepraat het, het trouens nie aan die gebrek van vergeetagtigheid gely nie! Hy antwoord derhalwe sonder dubbelsinnighede dat God sy uitverkorenes begenadig omdat Hy wil; dat Hy Hom oor hulle ontferm omdat Hy wil. Want die godspraak.82"Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig sal wees, en Ek sal Myontferm oor wie Ek My sal ontferrn'',83 het dieselfde betekenis asof gesê is dat God om geen ander rede tot ontferming beweeg word as dat Hy Hom wil ontferm nie. Derhalwe bly Augustinus se stelling waar, naamlik dat God se genade nie mense vind om uit te verkies nie maar dat Hy hulle bekwaam maak.84

9. Thomas se opvatting oor God se vooruitsiening van die verdienste van goeie werke is eweneens nie aanvaarbaar nie🔗

Ons talm selfs nie eens by Thomas se spitsvondige redenasie dat die voorkennis van verdienstes nie die oorsaak van die predestinasie is van die kant van 'n handeling van Hom wat predestineer nie, maar dat dit van ons kant in 'n sekere sin so genoem kan word, naamlik volgens 'n  besondere skatting van die predestinasie soos wanneer gesê word dat God vir die mens heerlikheid na aanleiding van sy verdienstes voorbeskik omdat Hy besluit het om aan hom genade te skenk om heerlikheid te verdien.85Aangesien dit immers die Here se wil is dat ons in die uitverkiesing ons oë op niks anders as op sy loutere goedertierenheid moet vestig nie, sal dit voorbarige pronkery wees as iemand begeer om iets meer hierin raak te sien. Maar as ons met skerpsinnigheid daaroor  wou stry, ontbreek dit ons nie aan die middel om daardie spitsvondigheidjie van Thomas te weerlê nie. Hy beweer self dat die heerlikheid in 'n sekere sin vir die uitverkorenes gepredestineer word na aanleiding van hulle verdienstes, omdat God die genade vir hulle voorbeskik waarmee hulle die heerlikheid kan verdien. Maar wat daarvan as ek die beswaar daarteen sou opper dat die predestinasie tot die genade, die uitverkiesing tot die lewe dien en as 't ware die dienskneg daarvan is en dat genade voorbeskik is vir diegene aan wie die heerlikheid lankal reeds toegewys is omdat dit die Here behaag om sy kinders van uitverkiesing tot regverdigmaking te bring? Daaruit sal tewens volg dat die predestinasie tot die heerlikheid die oorsaak van die predestinasie tot die genade is eerder as omgekeerd.

Maar vaarwel aan hierdie getwis, aangesien dit oorbodig is onder mense wat meen dat daar in God se Woord vir hulle genoeg wysheid is. 'n Kerklike skrywer het trouens eenmaal met waarheid gesë dat diegene wat God se uitverkiesing aan verdienstes toeskryf, wyser is as wat hulle behoort te wees.86

10. Dat God almal nooi maar weinig uitverkies, is nie strydig met sy aard nie🔗

Sommige mense teken beswaar aan dat God met Homself in stryd sal wees as Hy almal oor die algemeen na Hom toe nooi maar slegs 'n paar uitverkorenes na Hom toe laat kom.87So neem die veralgemening van die beloftes volgens hulle die onderskeid van die besondere genade weg.88 En dit is sekere gematigde mense wat so praat89- nie soseer om die saak van die waarheid te onderdruk nie as om netelige vrae te keer en die nuuskierigheid van baie mense te beteuel.90Hulle bedoeling is lofwaardig maar hulle doel glad nie goed te keur nie, want om weg te vlug is iets wat nooit verskoon kan word nie. Die laster van diegene wat die leer met groter voortvarendheid aanval, is beslis te afstootlik en hulle dwaling te skandelik.91

Ek het reeds elders92verduidelik - en ek sal weldra iets daarvan moet herhaal93- hoe die Skrif hierdie twee aspekte versoen, naamlik dat almal deur die uiterlike prediking tot boetvaardigheid en die geloof geroep word en dat die gees van bekering en geloof nogtans nie aan almal gegee word nie. Nou ontken ek wat hulle postuleer aangesien dit op twee maniere vals is. Want Hy wat dreig dat daar droogte oor een stad sal wees terwyl dit oor 'n ander een reën,94 Hy wat elders 'n honger na die leer aankondig95, bind Hom nie met 'n bepaalde wet om almal gelyk te roep nie. En Hy wat Paulus verbied om in Asië te praat96en hom van Bithinië afwegkeer en na Masedonië toe trek,97 toon dat Hy die reg het om hierdie skat na sy goeddunke uit te deel. Deur Jesaja toon Hy egter nog duideliker aan hoe Hy die beloftes van saligheid besonderlik vir die uitverkorenesbestem. Want Hy verkondig dat Hy slegs uit hulle dissipels sal hê en nie sonder onderskeid uit die hele mensdom nie.98

Hieruit is dit duidelik dat die leer van saligheid, waarvan gesê word dat dit slegs vir die kinders van die kerk en afsonderlik weggebête is, verkeerdelik aan enigiemand opgeveil word om hom kragdadig te bevoordeel.
Laat dit vir die huidige voldoende wees dat hoewel die evangeliewoord oor die algemeen almal aanspreek, die gawe van die geloof seldsaam is.
Jesaja skryf dit daaraan toe dat die arm van God nie aan almal geopenbaar is nie.99As hy sou sê dat die evangelie kwaadwillig en verkeerdelik verag word omdat baie hardnekkig weier om daarna te luister, sou hierdie aspek in verband met die algemene roeping miskien krag gehad het.100Die profeet se doel is trouens ook nie om die mense se skuld kleiner te maak wanneer hy leer dat die oorsprong van hulle blindheid is dat God Hom nie verwerdig om sy arm aan hulle te openbaar nie. Hy wys slegs daarop dat (mense se) ore tevergeefs met die uiterlike leer getref word omdat geloof 'n besondere gawe is. Ek sou egter graag van daardie geleerdes wou weet of die prediking alleen en of die geloof alleen kinders van God maak. Wanneer in die eerste hoofstuk van Johannes gesê word dat almal wat in die eniggebore Seun van God glo, self ook kinders van God word.101word daar nie 'n verwarde skare mense gestel nie, maar 'n besondere rang word aan die gelowiges gegee wat nie uit bloed en ook nie uit die wil van vlees en ook nie uit die wil van 'n man nie maar uit God gebore is.102

Maar, sê hulie, daar is 'n onderlinge ooreenstemming tussen die geloof en die Woord.103Dit is so, ja, naamlik oral waar die geloof is; maar daar is niks nuuts daaraan dat die saad tussen dorings104 en op klipperige plekke105val nie - nie alleen omdat die grootste gros hulle in werklikheid teen God verset nie maar ook omdat nie almaloë en ore gekry het nie. Hoe sal dit dan rym dat God mense na Hom toe roep van wie Hy weet dat hulle nie sal kom nie? Laat Augustinus namens my antwoord: "Wil jy met my twis? Bewonder en roep saam met my uit: 'o diepte!' Laat ons beide in vrees ooreenstem, sodat ons nie in dwaling ten gronde gaan nie" .106

As die uitverkiesing hierbenewens volgens Paulus se getuienis die moeder van die geloof is, keer ek hulle redenasie terug na hulie, naamlik dat die geloof nie algemeen is nie, omdat die uitverkiesing besonders is. Want wanneer Paulus së dat ons met elke geestelike seen vervul is soos God ons voor die skepping van die wêreld uitverkies het,107 kan uit die reeks oorsake en gevolge maklik afgelei word dat hierdie rykdom nie aan almal gemeen is nie, omdat God slegs diegene uitverkies het wat Hy wou. Dit is die rede waarom hy elders die geloof van die uitverkorenes loof,108sodat niemand moet dink dat hy geloof vir  homself verkry nie maar dat hierdie eer in God se hande berus dat diegene wat Hy tevore uitverkies het, uit genade deur Hom verlig word.
Bernardus sê immers tereg: "Vriende luister afsonderlik ook wanneer hy aan hulle sê: 'Moenie vrees nie, klein kuddetjie:109omdat dit aan julle gegee is om die geheimenis van die koninkryk van die hemel te ken' .110
Wie is hulie? Natuurlik diegene van wie Hy vooraf geweet en wat Hy vooraf bestem het om aan die beeld van sy Seun gelykvormig te word111en aan wie sy groot en verborge raadsplan bekend geword het: 'Die Here weet wie syne is'.112Maar dit wat aan God bekend was, is aan die mense geopenbaar en Hyag slegs diegene waardig om in so 'n groot geheimenis te deel van wie Hy vooraf geweet het en wat Hy vooraf verorden het om syne te wees".113 'n Rukkie later sluit hyaf: "Die barmhartigheid van God is van ewigheid af tot ewigheid oor die wat Hom vrees.114Van ewigheid afvanweë die predestinasie; tot ewigheid vanweë die saligmaking waarvan die een geen begin en die ander geen einde ken nie''.115Maar waarom hoef ons Bernardus as getuie aan te haal as ons uit die Meester se eie mond hoor dat slegs diegene sien wat uit God is?116Met hierdie woorde dui Hyaan dat almal wat nie uit God weergebore is nie, by die glans van sy aangesig stom word. En die geloof word inderdaad paslik aan die uitverkiesing verbind mits dit die tweede plek inneem.

Elders druk Christus se woorde hierdie volgorde duidelik uit: "Dit is die wil van die Vader dat Ek nie verlore sal laat gaan wat Hy aan My gegee het nie. Want dit is sy wil dat elkeen wat in die Seun glo, nie verlore sal gaan nie117 As Hy almal wou verlos, sou Hy sy Seun as Bewaker oor hulIe gestel het en almal met die heilige geloofsband in sy liggaam ingelyf het. Nou is dit vas en seker dat die geloof 'n besondere pand van sy vaderlike liefde is wat weggebêre is vir sy kinders wat Hy aangeneem het.118Daarom sê Christus elders dat die skape hulle herder volg omdat hulle sy stem ken maar dat hulle 'n vreemdeling nie sal volg nie omdat hulle vreemdelinge se stem nie ken nie. 119Waaruit ontstaan hierdie onderskeid anders as daaruit dat hulle ore van Godsweë deurboor is? Want niemand maak van homself 'n skaap nie, maar hy word deur hemelse genade daartoe gevorm. Daarom leer die Here ook dat ons saligheid altyd vas en seker sal wees omdat dit deur God se onoorwinlike krag bewaar word.120Daarom kom Hy tot die slotsom dat ongelowiges nie van sy skape is nie121 omdat hulle naamlik nie uit die getal van diegene is van wie God deur Jesaja beloof het122dat hulle sy dissipels sal wees nie. 123 Omdat volharding verder deur die getuienisse wat ek aangehaal het, uitgedruk word, getuig dit tegelyk van die onbuigbare bestendigheid van die uitverkiesing.

11. Soos die uitverkiesing berus ook die verwerping op God se wil🔗

Nou moet ons praat van die verworpenes wat die apostel tegelyk daar byvoeg.124Want soos Jakob in genade aangeneem word terwyl hy nog niks met goeie werke verdien het nie, sa word Esau gehaat terwyl hy nog met geen oortreding bevlek was nie.125As ons ons oë na hullewerke wend, doen ons die apostel 'n onreg aan asof hy iets wat vir ons glashelder is, nie raakgesien het nie. Verder word dit bewys dat hy dit nie gesien het nie omdat hy dit uitdruklik benadruk dat die een uitverkies en die ander verwerp is hoewel hulle nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, om te bewys dat God se predestinasie nie in werke geleë is nie. Wanneer hy daarna die beswaar opper of God oe 698 onregverdig is, maak hy nie van dit wat die sekerste en duidelikste verdediging van sy geregtigheid sou wees, gebruik nie, naamlik dat God Esau volgens sy kwaad vergeld het. Maar hy is tevrede met 'n oplossing wat hiervan verskil, naamlik dat verworpenes verwek word met die doel dat God se heerlikheid deur hulle geopenbaar kan word. Uiteindelik voeg hy die volgende slotsom by. God ontferm Hom oor diegene oor wie Hy Hom wil ontferm, en Hy verhard diegene wat Hy wil verhard.126
Sien jy dat hy albei hierdie dinge in God se oordeel alleen stel? As ons derhalwe geen rede kan aantoon waarom Hy diegene wat aan Hom behoort, sy barmhartigheid waardig ag behalwe dat dit Hom behaag nie, dan het ons ook in die verwerping van ander mense geen ander rede as sy wil nie. Want wanneer gesê word dat God iemand verhard of dat Hy Hom ontferm oor wie Hy wil, word mense daarmee vermaan om geen rede buite sy wil te soek nie.

Endnotes🔗

  1. ^ Niesel verwys na Conrad Wimpina se Sectarum errorum .,. Anacepbalaeosis (1528) en Clichtoveus se Improbatio (1533), wat albei hierdie aspekte uitvoerig vanuit die Roomse oogpunt behandel; vgl. os 4:379 n. 1.
  2. ^ Vir 'n behandeling van die predestinasieleer in die Patristiek voor Augustinus, vgl. A.D.R Polman, Depredestinatie/eer van Augustinus, Thomas van Aquino en Calvijn, T. Wever, Franeker 1936, p. 10 e.v.; vir 'n uiteensetting van Calvyn se siening vgl. ook Visscher, H., Van de leer der Praedestinatie bij Calvijn, Lonkhuyzen, Zeist, 1931; vgl. verder afdeling 8 (Afr. vert. 3:1183) hieronder.
  3. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 7, fo. 118b e.v.
  4. ^ Hoewel ealvyn die predestlnasleleer op die Skrif bou, toon hyaan dat dit ook deur ervaring bewys word. Hy lê veral in sy De praedestinatione Dei (OC 8:249 e.v.) sterk hierop klem.
  5. ^ Fr. 1560: Maïs encores que ie leur quitte cela, qu 'ils me respondent (Benoit 3:418).
  6. ^ Fr. 1560: de se plaindre de leur condition, accusans Dteu comme s'tt s'estoit portë cruellement envers elles (Benoit 3:418).
  7. ^ Vgl. Hebr. 1:2 e.v. en OC 55:10 e.v.
  8. ^ Marg. August. De corr. &gratia ad Valentinum, cap. 15. Item De bono perseoerantiae, cap. ultimo.
    Vgl. Augustinus, De cor. et grat. 11.30 (MPL 44:934 e.v.): De dono perseuerantiae 24.67 (MPL 45:1033 e.v.). Vgl. ook sy De praed. sanct. 15.30 (MPL 44:981 e.v.).
  9. ^ Marg. August. de verbis Apo. Serm. 8. Vgl. Augustinus, Serm. 174.2 (MPL 38:941).
  10. ^ Fr. 1560: ces canailles (Benoit 3:418).
  11. ^ Marg. Epbes. 1.a.4. Vgl. oe 51:147 - 148.
  12. ^ Marg. colos. 1.b. 12. Vgl. OC 52:82 - 83.
  13. ^ Marg. Epbes. 1.a.4.
  14. ^ Ef. 1:4 . 5.
  15. ^ Dit was Bolsec en Georgius Siculus se opvatting; vgl. die Congrégation faite en I"Egltse de Genève (OC 8:97 e.v.). In sy antwoord op Pighius se opvatting keer ealvyn in 1552 in sy De praedesttnatione Dei hierna terug (Oe 8:255 e.v., 260, 344).
  16. ^ Fr. 1560: + pourgouy les uns sont esleus plustost que les autres (Benoit 3:419).
  17. ^ Marg. 2. Tim. 1.e.g. Vgl OC 52:352 -353.
  18. ^ Fr. 1541 e.v.: et que par ieelle sainctetë tls ayent esté esleus (Benoit 3:420).
  19. ^ Vgl. Inst. 3.22.9 (Afr.ven. 3:1185 - 1186) hierbo. Thomas, Summa Theol. 1.23.5: Utrum praescientia meritorum sit eausa praedestinationis - of voorkennis van verdienstes die oorsaak van predestinasie is (Marietti 1:132 e.v.).
  20. ^ Marg. Ephes. 1.a.5. vgl. ook vers 9 en oe 51:148 e.v.
  21. ^ Vgl. Ef. 1:6.
  22. ^ Marg. lohan. 15.c.16. Vgl. OC 47:346 - 349.
  23. ^ Marg. Rom. 11.d.35. Vgl. OC 49:231 - 232.
  24. ^ Marg. Rom. 9.b.6. Vgl. OC 49:174 - 176.
  25. ^ Fr. 1560: sous ceste ombre du nom d l'Eglise, dont ils se fardent (Benoit 3:421).
  26. ^ Fr. 1560: ingratitude et (Benoit 3:421).
  27. ^ Fr. 1560: laquelle ne viendroit pas à propos (Benolt 3:421).
  28. ^ Vgl. Calvyn se preke Treze sermons de Iacob et Esau OC 58:17 - 198.
  29. ^ Ibidem, oor Gen. 25:21 (OC 58:31 e.v.).
  30. ^ Ibidem, oor Gen. 25:33 - 34 (OC 58:81 e.v.).
  31. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 7 fo. 117b; 9.2 fo, 157 e.v.
  32. ^ Marg. Ibidem, c. 11. (Rom. 9:11). Vgl. ook vers 12 en 13 en OC 49:177 - 179.
  33. ^ Ibidem; OAV: nie uit die werke nie maar uit Hom wat roep; NAV: dit hang dus nie af van wat 'n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
  34. ^ Vgl.OC 58:61 ·62: il (Jacob) n'a autre chose sinon la main qui tient Ie talon (de son frêre). Mats ti est là comme un avorton ... Iigardott la maison, ti estoit là comme un catgnardprès des cendres ... Il est là comme unfait-nëant (par mantëre de dire). C'est une instructien à ne point cbercber en nouspourquoy Dieu nous ëlise ... Quand Dieu nous êlit, ce n 'estpaspour nos beauxyeux, comme on dit
  35. ^ Fr. 1560: dont usent les sophistes (Benoit 3:422).
  36. ^ Fr. 1541: bonté (Benoit 3:422).
  37. ^ Fr. un miroir ou une peinture (Benoit 3:422).
  38. ^ Vgl. Gen. 21:12, 13.
  39. ^ Vgl. Gen. 48:20.
  40. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1230 ).
  41. ^ Vgl. Inst. 3.21.4, 7 (Afr. vert. 3:1163 - 1164,1169 - 1170).
  42. ^ Fr. 1560: Parquoy il ne faut douter que Iacob n 'ait esté incorporë en Jesus Christ, pour estre compagnon des Anges en une mesme vie (Benoit 3:423).
  43. ^ Marg. Rom. 9.c.15. Vgl. OC 49:181 - 182.
  44. ^ Vgl. Rom. 9:16 en OC 49:182 - 183.
  45. ^ Vgl. Calvyn se preek oor 2 Tim. (OC 54:48).
  46. ^ Marg. Rom. 11.a.2. Vgl. OC 49:211 - 213.
  47. ^ Fr. 1560: ces brouillons (Benoit 3:424).
  48. ^ Marg. Act. 2.d.23. Vgl. OC 48:38 . 40.
  49. ^ Fr. 1560: + Dont il s'ensuit que sa prescience emporte de mettre la main à l'oevure (Benoit 3:424).
  50. ^ Marg. 1. Pet. 1.a.2. vgl. OC 55:207 e.v.
  51. ^ Vgl. 1 Pet. 1:19 en OC 55:225
  52. ^ Marg. 2. Tim. 2.c.19. vgl. OC 52:369 e.v.
  53. ^ Vgl. Eks. 33:19.
  54. ^ Fr. 1560: du reng commun (Benoit 3:425).
  55. ^ Fr. 1560: + qui en pouuoit estre conceu par les infirmes (Benoit 3:425).
  56. ^ Marg. Johan. 6.d37. Vgl. ook vers 39 en OC 47:145 - 146.
  57. ^ Fr. 1560: + ainsi c'en est le vray principe (Benoit 3:425).
  58. ^ Marg. lohan. 6.e.44. Vgl. ook vers 45 en OC 47:149 - 150.
  59. ^ Vgl. Joh. 17:6 en oe 47:378 - 379
  60. ^ Marg. Iohan. l7.b.9. Vgl. OC 47:380 - 381.
  61. ^ Marg. Iohan. l3.b.l8. Vgl. OC 47:310 - 312.
  62. ^ Marg. Iohan. l5.c.l9. Vgl. OC 47:349 - 350.
  63. ^ Vgl. Joh. 17:9.
  64. ^ Fr. 1560 is dit duidelik dat hier nullos moes staan.
  65. ^ Fr. 1560: Dont il s'ensuit que tous ceux de l'ëlection, desquels lesus Christ se fait autheur, ne sont point excellens par dessus les autres de leur propre industrie (Benoit 3:426).
  66. ^ Vgl. Joh. 6:70.
  67. ^  Vgl. o.a. Gal. 1:16; Ef. 3:7; OC 50:179 en 51:180.
  68. ^ Marg. Iohan. 10.e.28. Vgl. OC 47:249
  69. ^ In 'n preek oor Ef. 1:4 -6 verduidelik Calvyn uitvoerig hoe die eenwording met Christus die basis is van die Christen se sekerheid oor sy saligheid; hy wys daarop dat gelowiges in Christus uitverkies is en dat Hyaan hulle die krag gee om in die geloof te volhard. Dan vervolg hy: "Car si nous sommes ses membres. et que nous le tentonspour nostre chef, comme il s 'est allië avec nous, et qu 'ü y a ceste union sacree, laquelle ne puet tamais estre rompue quand nous croyons à son Euangile, ilfaut que nous centons là ä fin d'estre asseurez de nostre salut (OC 51:282).
  70. ^ Vgl. Joh. 10:29.
  71. ^ Marg. Iohan. 17.b.12. Vgl. OC 47:382 - 383.
  72. ^ Vgl. Ambrosiaster (onder Ambrosius se werke), Com. in ep. ad Rom. 8:29 (MPL 17:134); Origenes, Com. in ep. ad Rom. 7:8 (MPG 14:1126); Pelagius (onder Hieronymus se werke), Com. in ep. ad Rom. 8:29, 15 (MPL 30:684 e.v., 711 e.v.): vgl. ook Justinus, Apol. 1.28 (MPG 6:371 . 372) en Tertullianus, Adv. Marc. 2.23 e.v. (MPL 2:338 e.v.; CSEL47:366 e.v., CCSL1:500 - 501).
  73. ^ Vgl. Augustinus, Quorumdam propositionum ex ep. ad Rom. expostio 60 (MPL 35:2078 e.v.).
  74. ^ Marg. Lib. Retract. 1. cap. 11.
    Vgl. Augustinus, Retract. 1.23.2 - 4 (MPL32:621 e.v.; CSEL36:107 e.v.), Depraedest. sanct. 3.7 (MPL 44:964 e.v.), De diuersis quaest. ad Simplicianum 1.2.5 (MPL40:114); Ep. ad Rom. expositie 55,60 (MPL 35:2076, 2078).
  75. ^ Fr. 1541 e.v.: touchant Esa et lacob (Benoit 3:427).
  76. ^ Fr. 1541 e.v.: s'il se fust voulu brièoement despecbé (Benoit 3:427).
  77. ^ Marg. Epist. ad. Sixtum 106 (recte: 1539: 105).
    Vgl. Augustinus, Ep. 194.8.35 (Ad Sixtum Romanum) (MPL 33:886 e.v.; CSEL57:204 e.v.). Vgl. ook De praedest. sanct. 3.7 (MPL 44:964 e.v.)
  78. ^ Marg. Iohan. 15.c.16.
  79. ^ Marg. Homil. in Ioban. 8 (recte: 86). Hierdie verwysing staan in A verkeerdelik voor die vorige verwysing, vgl. Augustinus, In Ioh. tract. 86.2 (MPL 35:1851).
  80. ^ Marg. Lib. de Praed. sanct. cap. 19. Vgl. Augustinus, De dono perseu. 19.49 (MPL 45:1024) na aanleiding van Ambrosius, Bxpositio ev. Lucae 1.10; 7.27 (MPL 15:1617; CSEL 32,4:293); vgl. ook
    Augustinus, De grat. Christi 1.46.51 (MPL 44:383).
  81. ^ Vgl. Augustinus, De dono persev. 19.49 (MPL 45:1024) na aanleiding van Ambrosius, Ep. 186.5.15 (ad Paulinum) (MPL 33:821; CSEL 57:57); vgl. ook Augustinus, De grat. Christi 1.46.51 (MPL 44:383).
  82. ^ Fr. 1541 e.v.: ce tesmoignage de Moyse qu'il allègue (Benoit 3:428).
  83. ^ Marg. Exod. 33. d.19. Letterlik staan hier: "Ek sal Myontferm oor wie Ek Mysal ontferm en Ek sal met ontferming omhels wie Ek met ontferming sal omhels."
  84. ^ 1543 - 1554: + Marg. Homil. in Iohan. 38. Vgl. Augustinus, Ep. 186.5.15 (MPL 33:821; CSEL 57:57); die verwysing na Augustinus se preek bevat niks wat hier van belang is nie
  85. ^ Marg. In 1. Sent. Tract. 25. quaest. 23. Thomas, In sent. 1.41.1.3; vgl. ook Summa Theol. 1.23.5 (Marietti 1:132 e.v.).
  86. ^ Marg. Ambr. de vocat. Gent. lib. 1. ca. 2. Calvyn misgis hom omdat hierdie stelling nie in PseudoAmbrosius, De vocatione Gentium (MPL 17:1073 e.v.; of MPL 51) voorkom nie. Vgl. Prosperus Aequitanus, De vocatione omnium gentium 1.9, 10, 21, 22 (MPL 51:657 - 663, 674 - 675
  87. ^ Vgl. o.a. Melanchthon, Loc. com. 1535 (CR 21:451 e.v., 914 e.v.).
  88. ^ Fr. 1560: + à ce que tout le monde soit en degrë pareil (Benoit 3:428).
  89. ^ Fr. 1560: quelques uns doctes et d'esprit modéré (Benoit 3:428) - nie soseer om die saak van die waarheid te onderdruk as om netelige vrae te keer en die nuuskierigheid van baie mense te beteuel nie.
  90. ^ Vgl. Melanchthon se briewe van 11 Mei en 12 )ulie 1543, waarin hy sy opvatting van die predestinasieleer aan Calvyn verduidelik en sy steun aan hom toesê in die geding teen Bolsec, Ep. 467,488 roe 11:540 e.v., 594 e.v.; Herminjard 8:343 e.v.). Ook in sy voorwoord by die Franse vertaling van Melanchthon se werk verwys Calvyn na die onrwyking van geskilpunte roe 9:849).
  91. ^ Calvyn verwys hier ongetwyfeld na Hieronymus Bolsec, wat in 1551 uit Genève verban is; Sebastian Castellio, wat traktate oor predestinasie, uitverkiesing en vrye oordeel geskryf het, en Frans Sampaulinus, predikant van Poitiers, oor wie se siening van hierdie leer daar toenemend twyfel ontstaan het, vgl. Annales 1548 OC 21:442. Fr. 1560: + en abbayent comme cbiens mastins (Benoit 3:429).
  92. ^ Vgl. Inst. 3.3.21 (Afr. vert. 3:796 - 798).
  93. ^ Vgl. Inst. 3.24 (Afr. vert. 3:1212 - 1239).
  94. ^ Marg. Amos 4.b. 7.
  95. ^ Marg. & 8.d.ll (Amos 8:11).
  96. ^ Marg. Act. 16.b.6. Vgl. OC 48:373 - 374.
  97. ^ Vgl. Hand. 16:7 e.v.
  98. ^ Marg. Iesa. 8.c.l6.
  99. ^ Marg. Iesa. 53.a.l.
  100. ^ Fr. 1560: ceux qui prëtendent que Ie salut est commun à tous auroyent quelque couteur, mals lis sont forclos de cela (Benoit 3:429)
  101. ^ Marg. Iohan. l.b. 12. Vgl. OC 47:10 - 12.
  102. ^ Vgl. Joh. 1:13.
  103. ^ Vgl. Inst. 3.2.6, 7 (Afr. vert. 3:715 - 716, 717 - 718, 749 . 751) en Melanchthon, Loci com. 1543 (CR 21:451,916).
  104. ^ Vgl. Matt. 13:7. Vgl. OC 45:356.
  105. ^ Vgl. Matt. 13:5.
  106. ^ Marg. August. de verb. Apost. Serm. 11. Vgl. Augustinus, Serm. 26.12.13 (MPL 38:177).
  107. ^ Marg. Epbes. 1.a.3. Vgl. ook vers 4.
  108. ^ Marg. Tit. 1.a.l. Vgl. OC 52:403 - 405.
  109. ^ Vgl. Luk. 12:32.
  110. ^ Vgl. Matt. 13:11.
  111. ^ Vgl. Rom. 8:29 en OC 49:159 - 161.
  112. ^ Vgl. 2 Tim. 2:19 en OC 52:255..
  113. ^ Marg. Ad Thomam praepositum Benerlae (recte. Beverlae) epist. 107.
    Vgl. Bernardus, Ep. 107.4 (MPL 182:244).
  114. ^ Vgl. Ps. 103:17; Vg.: Ps. 102:17. Vgl. OC 32:81 - 83.
  115. ^ Vgl. Bernardus, Ep. 107.5 (MPL 182:245).
  116. ^ Marg. Iohan. 6.e.46. Vgl. OC 47:150.
  117. ^ .Marg. Ibidem, d.39 (Ioh. 6:39). Vgl. ook vers 40.
  118. ^ Vir ealvyn is geloof nie die oorsaak of rede vir die uitverkiesing nie maar die bewys daarvan. Toe God ons uitverkies het, het Hyons geloof tewens net so min as ons werke in aanmerking geneem en aan ons geloof gegee omdat Hyons uitverkies het. Vgl. o.a. sy Com. in Acta apost. 13:48 (OC 48:314): Fide quidem efficimur fillii Dei: et ftdes, quantum ad nos spectat, salutis est ianua et principium. Sed alttor est Dei respectus. Neque enim eligere nos incipit, ex quo credimus, sed adoptattonem suam, quae occulta erat, fidei dono obsignat in cordibus nostris, ut manifesta et rata sit ... lam sifidei et salutis causa est Dei electio, qua nos ad vitam ordinat, nihil dignitati vel meritis residuurnfit- Deur die geloofword ons weliswaar God se kinders; en vir sover dit ons aangaan, is die geloof die deur en beginsel van ons saligheid. God rig sy oë egter hoër. Hy het ons tewens nie begin uitverkies van die tyd af waarop ons geglo het nie maar Hy beseël sy aanneming wat verborge was, deur die gawe van die geloof in ons harte sodat dit duidelik en vas en seker kan wees. As die uitverkiesing van God dan die oorsaak van die geloof en van die saligheid is, waardeur Hy ons tot die lewe verordineer, bly daar niks vir ons eie aansien of verdienste oor nie.
  119. ^ Marg. Iohan. 10.a.4. Vgl. ook vers 5 en OC 47:237.
  120. ^ Marg. Ibidem, f29 (Joh. 10:29).
  121. ^ Marg. Ibidem, e.26 (Joh. 10:26).
  122. ^ Vgl.Jes. 54:13.
  123. ^ Vgl. Joh. 10:4.
  124. ^ Vgl. Wendel, a.w. p. 212 e.v
  125. ^  Marg. Rom. 9.c.13. Vgl. OC 49:179.
  126. ^ Marg.lbidem, d.18 (Rom. 9:18).