Hierdie boek ondersoek verskillende aspekte van die vorming en begeleiding van die leerlinge in die skool. Dit gee aandag aan temas soos die beeld van die leerling, die doel van Christelike opvoeding, gedragsuitdagings, beloning by prestasie, orde en dissipline, en onderlinge verhoudinge.