In hierdie hoofstuk weerlê Calvyn die besware wat teen oordeelsvryheid aangevoer word. Hy bespreek die volgende besware: 1) dat sonde vermy kan word, 2) dat straf en loon hul betekenis verloor as die mens nie self kan kies nie, 3) dat alle mense dieselfde natuur sou hê indien hul nie ‘n keuse tussen goed en kwaad gehad het nie, 4) dat vermanings tevergeefs is as ‘n sondaar nie self daarop kan reageer nie en 5) dat die mens self alles kan volbring wat in die wet en die Skrif geëis word.