Die mense moet totaal nuut gemaak word, want sy verstand en wil – sy hele vleeslike natuur – is só verdorwe dat hy onvermydelik sondig. Dit word slegs deur God se genade in toom gehou. Hý begin en volbring alle goeie werke in ons, Hý vernuwe ons en Hý gee ons volharding. Die mens is nie ‘n medewerker aan al hierdie dinge nie, maar ontvang alles uit onverdiende genade.