Die beloftes van die Ou en die Nuwe Testament is een dieselfde en het dieselfde fondament, naamlik Christus, maar nogtans is daar verskille:
-
Die Ou Verbond het die beloftes bedek aan die Israeliete geleer, terwyl dit duideliker in die Nuwe Verbond openbaar word.
-
In die Ou Testament is beelde en seremonies gebruik, maar in die Nuwe Testament word die waarheid in sy volheid deur die bloed van Christus openbaar.