Christus het waarlik die menslike natuur aangeneem – uit die saad van die mens Dawid, gebore uit ‘n vrou – om sy amp as Middelaar te volbring. Hy was in alles aan sy broers gelyk en was tegelykertyd ware mens én ware God.
In wese verskil die ou verbond wat die Here met die aartsvaders in die Ou Testament gesluit het, niks van die verbond met ons nie. Die belofte van die evangelie was reeds in die ou verbond vervat en het ‘n geestelike en ewige lewe beloof.