Christene en Wedergebore Christene?
Christene en Wedergebore Christene?
⤒🔗
Of 'n Mens Tussen Christene en Wedergebore Christene kan Onderskei?←⤒🔗
Nee. 'n Christen is iemand wat "deur die geloof 'n lid van Christus is en daardeur deel het aan sy salwing" met die Heilige Gees (Kategismus, V/A 12). 'n Mens kry aan Christus se salwing met die Gees alleen deel deur die wedergeboorte. Die begrip "onwedergebore Christen" is dus 'n kontradiksie, in teëspraak met homself, net soos die uitdrukking 'n vierkantige sirkel.
Natuurlik is daar mense wat op die Christennaam aanspraak maak maar wat nie werklik Christene is nie. Van hulle lees ons in Openbaring 3:1. Die Nederlandse Geloofsbelydenis noem hulle huigelaars (art. 29) en die Heidelbergse Kategismus praat van "die wat onder die Christelike naam hulle onchristelik in leer of lewe openbaar" (V/A 85). Maar hulle is nie onwedergebore Christene nie. Hulle is glad nie Christene nie.