BybelsDie meeste van ons het Bybels (in die meervoud) op ons rak. Ons praat hier van 'n wye verskeidenheid- verskillende vertalings, groottes, tale, met verklarings en nog meer.  

Bevoorreg? Definitief! Daar is baie wat nie so bevoorreg is nie. Ken jy dalk so iemand? Iemand wat dalk nie 'n Bybel het nie? Iemand wat nie 'n Bybel in sy/haar eie taal het nie? Iemand wat daarna hunker om God beter te leer ken, en baat kan vind by 'n ander verklaring? Of dalk 'n jongmens wat net 'n bietjie aansporing nodig het om meer tyd aan Bybelstudie te spandeer? Dalk 'n ouer persoon wat nie meer regkom met die teksgrootte van hul jarelange Bybel nie? Miskien ken jy iemand wat baie tyd op die pad of die Gautrein spandeer en die MP3-formaat Bybel baie goed kan gebruik?

By Boekenhout-Folmer is daar meer as 40 Bybels op ons uitgebreide lys. In verskillende vertalings, tale, met verskillende omslae (denim, kurk, met blomme ens) en in verskillende groottes en formate (MP3 of hardekopie). Daar is ook studiemateriaal, handboeke, konkordansies, Bybelse woordeboeke en ensiklopodieë beskikbaar om jou tydens Bybelstudie te help. As gesin kan julle gerus van die beskikbare speletjies om Bybelkennis te verbeter saam speel of 'n Bybelse tydlyn aankoop.

Kontak Boekenhout:  boekenhout@aros.ac.za / 012 332 3227