Calvyn gee ‘n historiese oorsig oor die ontwikkeling van die ampte in die kerk. Die kerk van ouds het biskoppe (opsieners), aartsbiskoppe en patriarge geken. Die diakens het die kerklike eiendom, kerkfondse en liefdesgawes aan die armes beheer. Uitgesoekte jongmanne is van jongs af vir die ampte voorberei. Met verloop van tyd het addisionele vereistes ontstaan, soos die selibaat.

Die verkiesing en bevestiging van ampsdraers en die gesag van burgerlike owerheid word ook bespreek.

1984. 20 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 4 Die toestand in die Kerk van ouds en die regeringswyse wat voor die pousdom in gebruik was

1. In die kerk van ouds was die Skrif die enigste norm.🔗

Tot dusver het ons oor die orde van die kerkregering gepraat soos dit uit die suiwer Woord van God aan ons oorgelewer is, en oor die dienste soos dit deur Christus ingestel is.1 Om dit alles nou nog duideliker en bekender te maak, en om dit selfs nog beter in ons gedagtes in te prent, sal dit nuttig wees om in hierdie dinge die gestalte van die kerk van ouds te ondersoek wat 'n bepaalde beeld van die Goddelike instelling daarvan vir ons voor oë sal stel. Hoewel die biskoppe van daardie tye trouens baie reëls uitgevaardig het waarin dit lyk asof hulle meer uitgedruk het as wat in die heilige Skrifte uitgedruk was, het hulle hulle hele organisasie nogtans met soveel versigtigheid na die enigste rigsnoer van God se Woord saamgestel dat jy maklik kan opmerk dat hulle in hierdie opsig amper niks gehad het wat vreemd was aan God se Woord nie. Omdat hulle trouens met opregte ywer gepoog het om God se instelling te bewaar en hulle ook nie soveel daarvan afgewyk het nie, selfs al sou daar in hulle instellings die een of ander leemte voorkom, sal dit van die grootste belang wees om hier bondig weer te gee hoe hulle dit in die praktyk toe gepas het.

Soos ons geleer het dat in die Skrif drie2 groepe dienaars aan ons voorgehou word, so het die kerk van ouds al die ampte wat dit gehad het, in drie range verdeel. Uit die rang van presbiters is deels herders en leraars gekies, die res was aan die hoof van die sensuur oor die sedes en bestrawwings. Die versorging van die armes en die uitdeling van die liefdesgawes is aan die diakens opgedra.3 Voorlesers en altaardienaars4 het egter nie bepaalde ampte beklee nie. Dit was diegene wat hulle geestelikes (clerici) genoem het en wat hulle van jongs af met bepaalde oefeninge gewoond gemaak het daaraan om die kerk te dien sodat hulle 'n beter begrip kon hê van die doel waarvoor hulle bestem is en sodat hulle beter voorberei is om met verloop van tyd tot hulle ampsplig toe te tree. Ek sal dit weldra uitvoeriger aantoon.5 Toe Hieronymus dus vyf kerklike range voorgehou het, het hy bishoppe (opsieners), presbiters (ouderlinge), diakens, geknotges en kategete vermeld.6 Hy het egter nie daarin 'n eie plek ingeruim vir die ander geestelikes en die monnikke nie.

2. Die biskop (opsiener) in die kerk van ouds.🔗

Diegene aan wie die leeramp opgedra is, het hulle almal presbiters genoem. In elke stad het hulle onderling een van hulle gekies en aan hom het hulle besonderlik die titel biskop gegee om te voorkom dat tweedrag vanweë hulle gelykheid (van rang) sou ontstaan soos gewoonlik gebeur. Die biskop was nogtans nie soveel hoër in eer en aansien dat hy oor sy kollegas geheers het nie. Soos dit die voorsitter se taak in 'n  vergadering is7 om oor hulle besigheid verslag te doen, hulle menings te vra en sommiges deur advies, vermaning en aansporing voor te gaan, die hele handelswyse deur sy gesag te reël en uitvoering te gee aan dit wat volgens die algemene besluit bepaal is: so het die biskop in die vergadering van die presbiters hierdie plig vervul.8 En die skrywers van ouds erken ook dat dit met algemene instemming vanweë die behoeftes van die tye ingevoer is. Daarom sê Hieronymus in sy kommentaar oor die brief aan Titus: "'n Biskop is dieselfde as 'n presbiter".9 En voordat daar op aanstigting van die duiwel tweedrag in die godsdiens plaasgevind het en daar onder die (kerk)volk gesê is: 'Ek is van Paulus; ek is van Kefas',10 is kerke volgens die algemene besluit van die presbiters regeer.11 Om die kiem van tweedrag uit te roei, is volle toesig oor die kerk later aan een amp opgedra. Soos die presbiters dus daarvan bewus was dat hulle volgens die kerklike gebruik ondergeskik is aan die een wat aan hulle hoof staan, so het die biskoppe ook geweet dat hulle uit gewoonte eerder as deur die waarheid van die Here se beskikking belangriker as die presbiters is en dat hulle die kerk saam met hulle behoort te regeer.12 Elders leer Hieronymus nogtans hoe 'n ou instelling dit was. Hy sê dat die presbiters in Alexandrië altyd van Markus die Evangelis af tot by Herakles en Dionysius een wat uit hulle verkies is, in 'n hoër rang gestel en hom biskop genoem het.13 Elke stad het dus 'n vergadering van presbiters gehad wat uit herders en leraars bestaan het. Hulle het trouens almal enersyds die amp om te leer, aan te spoor en te berispe onder die (kerk)volk vervul soos Paulus aan biskoppe opdra,14 en andersyds het hulle hulle almal ingespan om jongmanne wat hulle aangemeld het vir heilige krygsdiens, op te lei om saad (vir die kerk) agter te laat.15 'n Bepaalde streek is aan elke stad toegewys om daaruit presbiters te werf en daar is gereken dat dit as't ware aan die liggaam van daardie kerk behoort.16 Soos ek gesê het, was elke vergadering onder een biskop slegs met die oog op die behoud van die organisasie en die vrede. En hoewel hy die ander in aansien oortref het, was hy nogtans ondergeskik aan die vergadering van sy medebroeders. Maar as die gebied wat onder sy episkopaat was, te groot was sodat hy nie in staat was om oral die ampspligte van biskop na te kom nie, is presbiters in bepaalde plekke in sy gebied aangewys om in sy plek minder belangrike take te vervul. Hulle het hulle chorepiskopi (distriksbiskoppe) genoem omdat hulle die biskop in sy distrik verteenwoordig het.17

3. Die ampspligte van 'n biskop in die kerk van ouds.🔗

Maar sover dit die ampsplig aangaan wat ons nou behandel: bishoppe sowel as presbiters moes hulle toelê daarop om die Woord te verkondig en die sakramente te bedien.18 Want soos Sokrates in die negende boek van sy Driedelige geskiedenis19 sê, was daar slegs in Alexandrië die reëling dat 'n presbiter nie voor die (kerk)volk mag preek nie omdat Arius die kerk daar in beroering gebring het. Hieronymus steek nogtans nie sy misnoeë daaroor weg nie.20 Dit sou beslis as iets onnatuurliks beskou gewees het as iemand hom as 'n biskop sou voordoen terwyl hy in werklikheid nie kon toon dat hy waarlik 'n biskop is nie. Die mense was in daardie tye derhalwe so streng dat alle bedienaars verplig was om hulle amp te vervul soos die Here dit van hulle vereis het. En nou verwys ek nie na 'n gewoonte van een bepaalde eeu nie want selfs nie eens in die tyd van Gregorius toe die kerk amper heeltemal in duie gestort het - dit het beslis baie van die ou suiwerheid daarvan ontaard -, het die mense verdra dat 'n biskop hom weerhou daarvan om te preek nie. Iewers sê hy: '''n Priester sterf as geen klank van hom gehoor word nie want hy haal hom die toorn van die verborge Regter op die hals as hy sy gang gaan sonder die klank van die (Woord)verkondiging".21 En elders sê hy: "Wanneer Paulus getuig dat hy rein is van die bloed van almal,22 word ons aangekla; ons word betrap en skuldig bewys - ons wat priesters genoem word en wat buiten ons eie rampsaligheid ook nog die dood van ander byvoeg, omdat ons soveel mense doodmaak as wat ons elke dag sien doodgaan terwyl ons lou en stil toekyk".23 Hy sê dat hy en ander stilbly omdat hulle minder toegewyd aan die werk is as wat hulle betaam het. Aangesien hy selfs nie eens diegene spaar wat hulle plig half gedoen het nie, wat dink jy dan sou hy gedoen het as iemand heeltemal daarmee opgehou het? Hierdie beginsel het dus lank in die kerk gegeld dat die belangrikste taak van 'n biskop was om die (kerk)volk met die Woord van God te voed en die kerk in die openbaar of privaat met die gesonde leer te bou.

4. Die instelling van aartsbiskoppe en patriarge.🔗

Dat elke provinsie egter een aartsbiskop onder die biskoppe gehad het24 en dat so ook in die sinode van Nicea patriarge aangestel is wat die aartsbiskoppe in rang en aansien oortref het,25 was gemik op die behoud van dissipline. Dat dit egter 'n uiters seldsame gebruik was, kan ons in hierdie bespreking nie buite rekening laat nie. Hierdie range is dus hoofsaaklik ingestel sodat, as daar iets in enige kerk voorgeval het wat nie goed deur 'n paar afgehandel kon word nie, dit na 'n provinsiale sinode verwys kon word.26 As die omvang of die moeilikheidsgraad van die saak ook groter bespreking vereis het, is die patriarge met die sinode byeengebring en van hulle af was daar geen appèl nie behalwe na 'n algemene sinode.27 Sommiges het die regering wat aldus ingestel is, 'n hiërargie genoem,28 maar na my mening, heeltemal onvanpas en beslis nie so in die Skrifte gebruik nie. Die Heilige Gees wou trouens daarteen waak dat iemand hom sou verbeel dat hy oppergesag of heerskappy het wanneer dit oor die kerkregering gaan.29 Maar as ons die word (hiërargie) ter syde laat en die saak self in oënskou neem, sal ons vind dat die biskoppe van ouds nie 'n ander vorm van kerkregering wou instel as die een wat God in sy Woord voorgeskryf het nie.

5. Diakens, onderdiakens en aartsdiakens in die kerk van ouds.🔗

Destyds was die aard van die diakenamp ook nie anders as onder die apostels nie.30 Want hulle het die daaglikse offers van die gelowiges en die jaarlikse inkomste van die kerk ontvang om dit vir die egte gebruik daarvan aan te wend. Dit beteken dat hulle dit verdeel het gedeeltelik om die bedienaars en gedeeltelik om die armes te onderhou en dit volgens die oordeel van die biskop aan wie hulle jaarliks rekenskap van hulle verdeling moes gee.31 Want dat die kerkreëls die biskop oral voorhou as die uitdeler van al die kerk se goed, moet nie so verstaan word asof daardie taak deur hom selfverrig is nie. Ons moet daaronder wel verstaan dat dit sy taak was om vir die diaken voor te sê wie openbare onderhoud van die kerk moes ontvang, en aan te wys aan wie en hoeveel van dit wat oor was, aan elkeen gegee moes word. Hy moes trouens toesig hou daaroor of die diaken sy ampsplig getrou uitgevoer het. Ons lees trouens in die kanons wat hulle aan die apostels toeskryf, soos volg: "Ons beveel aan dat die biskop die kerk se besittings in sy mag moet hê. As die siele van mense wat kosbaarder is, aan hom toevertrou is, is dit veel meer betaamlik dat hy ook die fondse moet versorg sodat alles volgens sy bevoegdheid deur die presbiters en die diakens aan die armes uitgedeel en met vrees en alle sorgsaamheid beheer kan word".32 En op die konsilie van Antiochië is besluit dat biskoppe aan bande gelê moes word as hulle sonder die, medewete van die presbiters en die diakens kerksake doen.33

Ons hoef egter nie te lank daaroor uit te wei nie aangesien dit uit uiters baie briewe van Gregorius duidelik is dat, ook toe ander kerklike instellings bedorwe geraak het, die handhawing hiervan nogtans bly voortbestaan het, naamlik dat die diakens onder toesig van die biskop die versorgers van die armes was.34 Waarskynlik is daar aanvanklik onderdiakens aan die diakens toegeken om van hulle in hulle werk vir die armes gebruik te maak maar die onderskeid tussen hulle is geleidelik uitgewis.35

Toe die omvang van die kerk se besittings 'n nuwe en noukeuriger wyse van bediening vereis het, het hulle begin om aartsdiakens aan te wys,36 hoewel Hieronymus vertel dat dit reeds in sy tyd bestaan het.37 Hulle moes die inkomste, die besittings, die voorrade en daaglikse offers behartig. Daarom sê Gregorius aan die aartsdiaken van Salona dat hy skuldig gehou sal word as iets van die kerk se eiendom as gevolg van enigiemand se agtelosigheid of bedrog verlore sou gaan.38 Die voorlesing uit die evangelie voor die (kerk)volk is ook aan hulle opgedra39 asook die aansporing om te bid;40 net so is hulle ingespan om die beker in die heilige nagmaal aan te gee.41 Die doel daarvan was om hulle amp te versier sodat hulle dit met groter eerbied kon vervul aangesien hulle met sulke tekens vermaan is dat dit nie die een of ander aardse goedkoop diens was wat hulle moes verrig nie maar 'n geestelike funksie wat aan God gewy was.

6. Die aanwending van die kerk se besittings.🔗

Hieruit kan ons ook oordeel wat die gebruik van die kerk se besittings was en hoe dit verdeel is. In sowel die besluite van die sinodes as onder die ou skrywers kan jy oral vind dat alles wat die kerk besit het - grond of geld -, die erfdeel van die armes was.42 Hierdie refrein is derhalwe dikwels daar vir biskoppe en diakens gesing dat hulle moet onthou dat hulle nie met hulle eie middele werk nie maar met middele wat vir die nooddruf van die armes bestem is en dat hulle aan hulle bloed skuldig sal wees as hulle dit ter kwader trou sou terughou of verkwis.43 Daarom word hulle vermaan om die middele met die grootste bewing en eerbied asof hulle voor God se aangesig staan, sonder inagneming van persone uit te deel aan diegene aan wie dit verskuldig is. Hieruit ontstaan ook daardie ernstige betuigings by Chrysostomos, Ambrosius, Augustinus en dergelike biskoppe waarmee hulle hulle onkreukbaarheid voor die volk verklaar het.44

Aangesien dit egter billik en ook deur die wet van die Here bekragtig is dat diegene wat vir die kerk werk, op openbare koste van die kerk onderhou moet word,45 en aangesien sommige presbiters in daardie tyd hulle eiendom aan God gewy en vrywillig armlastiges geword het,46 is die besittings van die kerk so verdeel dat onderhoud vir bedienaars nie ontbreek het en die armes ook nie verwaarloos is nie. Intussen is daar nogtans gewaak dat bedienaars self nie soveel sou besit dat hulle dit vir weeldeartikels of vir plesier sou misbruik nie omdat hulle vir ander 'n voorbeeld van spaarsamigheid moes stel; aan hulle moes slegs soveel gegee word as wat vir hulle behoefte nodig was. Hieronymus sê: "Kerkdienaars wat met die besittings van hulle ouers onderhou kan word, pleeg heiligskennis as hulle iets wat aan die armes behoort, aanneem en deur so 'n misbruik eet en drink hulle 'n oordeel oor hulleself'''.47

7. Verdeling van inkomste in die kerk van ouds.🔗

Aanvanklik was die beheer (oor kerkfondse) vry en vrywillig aangesien die biskoppe en diakens vanself betroubaar was en die onkreukbaarheid van hulle gewete en lewensonskuld vir hulle as wette gegeld het.48 Toe daar later vanweë die hebsug en verkeerde neigings van sommiges slegte voorbeelde ontstaan het, is reëls opgestel om hierdie gebreke reg te stel. Hiervolgens is die kerk se inkomste in vier verdeel: hulle het een deel aan die geestelikes toegewys, 'n tweede deel aan die armes, 'n derde vir die herstel van kerke, ander geboue en dakke en 'n vierde deel vir armlastiges, vreemdelinge sowel as boorlinge onder hulie. Dat ander reëls hierdie laaste deel aan die biskop toewys, maak geen verskil in die verdeling waarvan ek gepraat het nie. Hulle bedoeling was immers nie dat dit sy eiendom is om alleen te verswelg of na sy goeddunke te verkwis nie, maar voldoende te hê om die gasvryheid te betoon wat Paulus van so 'n rang vereis.49 So vertolk Gelasius en Gregorius dit ook. Gelasius voer trouens geen ander rede aan waarom die biskop enigiets vir homself sou eis as net om dit aan gevangenes en vreemdelinge te kan skenk nie.50 En Gregorius praat selfs nog duideliker: "Dit is die apostoliese setel se gewoonte om aan 'n biskop by sy bevestiging te beveel om al die inkomste wat inkom, in vier te verdeel, naamlik een deel vir die biskop en sy huishouding, vir gasvryheid en onderhoud; 'n tweede deel vir geestelikes; 'n derde deel vir die armes en 'n vierde deel vir die herstel van kerke".51 Dit was 'n biskop dus nie geoorloof om iets vir sy eie gebruik te neem nie behalwe wat vir matige en spaarsamige voedsel en kleding nodig was. As iemand begin het om sy maat te buite te gaan, of deur weelderigheid, of deur vertoonsug en pronkery, is hy dadelik deur sy kollegas berispe, as hy nie daaraan gehoor gegee het nie, is hy sy ereposisie ontneem.

8. Liefdesgawes aan die armes.🔗

Voorts was die uitgawe wat hulle aan die versiering van hulle kerke bestee het, aanvanklik uiters karig. Toe die kerk later 'n bietjie ryker geword het, het hulle nogtans matigheid in hierdie opsig gehandhaaf. En al die geld wat daar beskikbaar gestel is, het nogtans ongedeerd vir die armes gebly as daar die een of ander groter nood sou voorval. Toe hongersnood die provinsie van Jerusalem oorval het en die gebrek nie anders ondervang kon word nie, het Cyrillus die vaatwerk en klere verkoop en aan die onderhoud van die armes bestee.52 Net so het Acatius, die biskop van Amida, die geestelikes bymekaargeroep toe 'n groot menigte Perse amper van honger vergaan het en die volgende voortreflike toespraak gelewer: "Ons God het nie borde en bekers nodig nie omdat Hy nie eet en ook nie drink nie". Toe het hy die vaatwerk opgesmelt om vir die arme mense kos en verlossing te bring.53 Ook wanneer Hieronymus hom vertoorn oor die uitermatige praal van kerke, vertel hy ter ere van Exuperius, in sy tyd biskop van Toulouse, dat hy die liggaam van die Here in 'n gevlegde mandjie en sy bloed in 'n glashouer bedien het, maar nie toegelaat het dat 'n arm mens honger ly nie.54

Wat ek sopas van Acatius gesê het, vertel Ambrosius ook van homself. Toe die Ariane hom ernstig verkwalik het dat hy die heilige vaatwerk stukkend gebreek het as 'n losprys vir gevangenes, het hy die volgende uiters pragtige verskoning aangebied: "Hy wat sy apostels sonder goud uitgestuur het, het sy kerke ook sonder goud versamel. 'n Kerk het goud, nie om te bewaar nie maar om uit te betaal en in nood hulp te verleen. Is dit nodig om iets te bewaar wat geen hulp bied nie? Of weet ons nie hoeveel goud en silwer die Assiriërs uit die Here se tempel verwyder het nie?55 Is dit nie beter dat 'n priester dit opsmelt as onderhoud vir die armes as ander hulpmiddels ontbreek liewer as dat 'n heiligskennige vyand dit verwyder nie? Sal die Here nie sê: 'Waarom het jy toegelaat dat soveel hulpelose mense van honger sterf? Jy het tog sekerlik goud gehad om hulle te onderhou? Waarom is soveel as gevangenes weggeneem en geen losprys is vir hulle betaal nie? Waarom is soveel deur die vyand doodgemaak? Dit sou vir jou beter gewees het om houers van lewendige mense te bewaar as van metale.' Hierop sal jy geen antwoord kan gee nie want wat sou jy kon sê? 'Ek was bang dat die tempel van God sonder versiering sou wees'? Hy sou daarop antwoord: 'Die sakramente het nie goud nodig nie en dinge wat nie met goud gekoop kan word nie, skep geen behae in goud nie. Verlossing van gevangenes is 'n sieraad van die sakramente'".56 Kortom: ons sien dat dit wat dieselfde Hieronymus elders sê, die grootste waarheid is, naamlik dat alles wat die kerk destyds besit het aan die behoeftiges bestee is.57 Net so sê hy dat 'n biskop niks gehad het wat nie aan die armes behoort het nie.58

9. Voorbereiding vir die ampte.🔗

Die ampte wat ons opgenoem het, was die ampte van die kerk van ouds. Die ander wat kerklike skrywers59 vermeld, was trouens eerder oefeninge en voorbereidings as bepaalde ampte. Om 'n kweekplek vir die kerk agter te laat, het daardie heilige manne jongmanne wat met hulle ouers se instemming en gesag vir geestelike krygsdiens aangemeld het, onder hulle sorg en beskerming, en ook onderrig opgeneem. En hulle het hulle van jongsaf so gevorm dat hulle nie ongeletterd en as nuwelinge sou kom om 'n amp te vul nie.60 Almal wat hulle met so 'n eerste krygsdiens besig gehou het, is met die algemene benaming geestelikes beskryf.61 Ek sou inderdaad verkies het dat 'n ander naam wat pasliker is, aan hulle gegee is.62 Hierdie benaming het trouens vanweë dwaling of in elk geval vanweë 'n verkeerde houding ontstaan63 aangesien die hele kerk deur Petrus geestelikes genoem word, dit is, die erfdeel van die Here.64 Dit was nogtans 'n besonder heilige en heilsame instelling dat diegene wat hulleself en hulle werk aan die kerk wou wy, so onder die wakende oog van die biskop opgelei kon word dat niemand die kerk sou dien tensy hy vooraf goed daarvoor gevorm en van sy jeugjare af sowel die heilige leer ingedrink het as vanweë die baie streng dissipline 'n ernstige en heiliger lewenswyse aangeneem het, asook om aan wêreldse sorge vreemd en aan geestelike sorge en studies gewoond te word nie.

Soos rekrute egter met skyngevegte vir 'n werklike ernstige geveg toegerus word, so was daar sekere basiese beginsels waarin hulle in die geestelikheid geoefen is voordat hulle tot die ampte self bevorder is. Hulle is derhalwe eerste die taak om die kerk oop en toe te maak opgedra en hulle het hulle deurwagters65 genoem. Later was daar ander wat bekend gestaan het as altaardienaars (akoliete)66 om die biskop in sy huislike pligte by te staan en hom voortdurend te vergesel aanvanklik ter wille van die eer maar later sodat daar geen verdenking  (oor hom) sou ontstaan nie. Daarbenewens was die doel ook dat hulle geleidelik aan die (kerk)volk bekend moes word en aanbeveling vir hulleself kon verwerf. Om te leer om deur almal gesien te word en voor almal te praat, is die geleentheid om van die kansel af te lees terselfdertyd aan hulle gegee om te voorkom dat, wanneer hulle presbiters word en na vore kom om te leer, hulle skaam en ontsteld sou word.67 So is hulle trap vir trap bevorder om hulle ywer te bewys totdat hulle onderdiakens geword het.68 Hiermee bedoel ek slegs dat dit eerder die eerste begin van beginners as funksies was wat onder die ware ampspligte van die kerk gereken word.

10. In die kerk van ouds is Paulus se voorskrif hoofsaaklik gevolg.🔗

Ons het reeds gesê wat die eerste en tweede oorwegings in die beroeping van bedienaars is, naamlik watter soort mense om te kies en hoe groot die omsigtigheid is wat daarin aan die dag gelê moet word.69 Daarin het die kerk van ouds die voorskrif van Paulus en die voorbeelde van die apostels gevolg.70 Hulle het trouens die gewoonte gehad om bymekaar te kom om herders met die grootste eerbied en met ernstige aanroeping van God se Naam te kies.71 Hierbenewens het hulle ook 'n ondersoekformulier gehad waarvolgens hulle die leer en lewe van die wat gekies moet word, volgens Paulus se maatstaf ondersoek het.72 As gevolg van hulle uitermatige strengheid het hulle hierin egter ietwat gesondig omdat hulle in 'n biskop meer wou vereis as wat Paulus vereis het - en met verloop van tyd besonderlik die selibaat.73 Vir die res was hulle beskouing in ooreenstemming met Paulus se beskrywing.

Sover dit die derde punt betref wat ons geponeer het,74 naamlik wie bedienaars moet aanstel, het hulle nie altyd net by een volgorde gehou nie. In die ou tyd is niemand selfs nie eens in die vergadering van die geestelikes opgeneem sonder die instemming van die hele (kerk) volk nie. Daarom maak Cyprianus versigtig verskoning daarvoor dat hy 'n sekere Aurelius as voorleser aangestel het sonder om die kerk te raadpleeg omdat dit nie volgens die gewoonte was nie ofskoon hy dit nie sonder rede gedoen het nie. Hy lei die onderwerp soos volg in: "Baie geliefde broeders, by die instelling van geestelikes het ons die gewoonte om julle vooraf in 'n gemeenskaplike vergadering oor die sedes en die verdienstes van elkeen te raadpleeg en dit te oorweeg".75 Omdat daar egter in die minder belangrike oefeninge76 nie veel gevaar was nie, en hulle na langdurige keuring in 'n amp wat nie so belangrik was nie, opgeneem is, het die gewoonte om die instemming van die (kerk) volk te vra tot 'n einde gekom.

Later het dit ook in die geval van die oorblywende ordes, met die uitsondering van die episkopaat, gebeur en die (kerk)volk het die oordeel en verkiesing aan die biskop en die presbiters oorgelaat om diegene wat geskik en dit waardig was, te ondersoek77 - behalwe miskien wanneer nuwe presbiters aan gemeentes toegewys is, want dan moes die gemeente van die streek uitdruklik daarmee instem.78 Dit is geen wonder dat die (kerk)volk hulle in hierdie opsig nie veel bekommer het daaroor om hulle reg te behou nie want niemand het 'n onderdiaken geword as hy nie lang ervaring in die geestelike diens onder die streng dissipline wat toe gegeld het, opgedoen het nie. Nadat hy hom in die rang bewys het, is hy as diaken aangestel. As hy hom getrou gedra het, het hy die amp van 'n presbiter bereik. SA is niemand bevorder as hy nie in werklikheid baie jare toetsing onder die oë van die (kerk) volk deurgegaan het nie. Daar was ook baie reëls om hulle gebreke te straf sodat'n kerk nie met slegte presbiters of diakens belas hoef te gewees het as dit nie die teenmiddels verwaarloos het nie.79 In die geval van presbiters is die instemming van die (gewone) burgers ook vereis soos die eerste kanon wat aan Anacletus toegeskryf word, getuig.80 Verder het al die verkiesings (van die ampte) op vasgestelde rye van die jaar plaasgevind ten einde te voorkom dat iemand sonder instemming vann die gelowiges ongemerk sou insluip of met uitermatige gemak sonder getuies bevorder sou word.81

11. Die kerkvolk se vryheid in die verkiesing van biskoppe in die kerk van ouds.🔗

Om te voorkom dat iemand aan hulle opgedring word wat nie vir almal aanvaarbaar was nie, is die vryheid van die (kerk)volk in die verkiesing van biskoppe lank gehandhaaf. Op die konsilie van Antiochië is daar dus 'n verbod daarop geplaas dat iemand teen hulle sin aan die (kerk) volk opgedring word.82 Leo I bevestig dit ook nadruklik. Hieruit het die volgende uitsprake ontstaan: "Laat die een verkies word wat die geestelikes en die (kerk)volk of die meerderheid vereis het."83 Net so: "Iemand wat aan die hoof van almal gaan staan, moet deur almal verkies word. Want as iemand wat onbekend en onbeproef is, oor hulle aangestel word, moet hy noodwendig met geweld aan hulle opgedring word".84 Net so: "Laat hy verkies word wat deur die geestelikes gekies en deur die (kerk)volk verlang word; laat hy dan deur die provinsiale biskoppe volgens besluit van die hoofstad se biskop ingeseën word".85 Die heilige vaders het sodanig daarteen voorsorg getref dat hierdie vryheid van die (kerk)volk ingekort word dat, toe 'n algemene sinode wat in Konstantinopel vergader het, Nectarius (as biskop) aangewys het, hulle nie bereid was om dit sonder die goedkeuring van die hele geestelikheid en die (kerk)volk te doen nie - soos hulle brief aan die sinode van Rome getuig het.86 Wanneer 'n biskop dus 'n opvolger vir homself aangewys het, is dit daarom slegs bekragtig as die hele (kerk) volk daartoe ingestem het. In die geval van die nominasie van Eraclius (Eradius) kan jy nie alleen 'n voorbeeld daarvan by Augustinus vind nie maar ook die formulier.87 En wanneer Theodoretus vertel dat Petrus deur Athanasius as sy opvolger benoem is, voeg hy dadelik by dat die priesterorde dit bekragtig het en dat die owerheid en die leiers sowel as die hele (kerk)volk dit met toejuiging goedgekeur het.88

12. Die verkiesingsprosedure.🔗

Ek erken weliswaar dat daar om die heel beste redes op die konsilie van Laodicea vasgestel is dat 'n verkiesing nie aan die massa oorgelaat moet word nie.89 Want dit gebeur selde of ooit dat soveel hoofde 'n saak eenstemmig kan besleg en oor die algemeen is dit waar dat 'n twyfelende massa in teenoorgestelde belange verskeur word.90 Die heel beste middel is inderdaad teen hierdie gevaar aangewend. Want die geestelikes het eerste alleen hulle keuse gemaak; dan het hulle hulle keuse aan die owerheid of die raad en die leiers voorgelê. Nadat hulle daaroor beraadslaag het, het hulle die verkiesing beseël as dit vir hulle gegrond gelyk het. As hulle dit nie goedgekeur het nie, het hulle iemand anders wat hulle eerder goedgekeur het, gekies. Dan is die saak na die gemeente verwys en hoewel hulle nie aan die vorige besluite gebind was nie, kon hulle nogtans nie oproer daaroor veroorsaak nie. Of as hulle by die gemeente begin het, het dit slegs gebeur sodat hulle te wete kon kom wie die gemeente besonderlik verlang. Wanneer die wense van die (kerk)volk aangehoor is, het die geestelikes uiteindelik die keuse gemaak. So was dit nàg vir die geestelikes geoorloof om iemand wat hulle wou, aan te stel nòg was dit vir hulle nodig om die dwase begeertes van die (kerk)volk te volg. Leo poneer hierdie orde ook elders wanneer hy sê: "Die wense van die burgery, die getuienis van die (kerk)volk, die oordeel van hoogwaardigheidsbekleërs en die keuse van die geestelikes moet afgewag word".91 Net so: "Daar moet aan die getuienis van hoogwaardigheidsbekleërs, die onderskrywing van die geestelikes en die instemming van die burgerlike orde en die (kerk )volk gehou word".92 "Redelikheid," sê hy, "laat nie toe dat dit anders gedoen word nie."93 En die bedoeling van die besluit van die sinode van Laodicea is ook nie anders as net dat die geestelikes en leiers hulle nie deur die ondeurdagte menigte moet laat meesleur nie maar dat hulle eerder deur hulle verstandigheid en erns die menigte se dwase begeertes moet onderdruk as dit by geleentheid nodig is.94

13. Die verkiesingsprosedure in tye van openbare onrus en die gesag van burgerlike owerhede.🔗

Hierdie verkiesingsmetode het gegeld tot in die tyd van Gregorius en dit het waarskynlik lank daarna nog voortgeduur. Daar bestaan nog baie briewe van hom wat duidelik hiervan getuig. Want so dikwels as wat dit oor die verkiesing van 'n nuwe biskop iewers gehandel het, het hy die gewoonte gehad om aan die geestelikes, die (burgerlike) ordes en die (kerk)volk te skryf, en soms selfs aan die regeringsleier na gelang die stadsregering saamgestel was.95 Maar as hy vanweë onordelike toestande in 'n kerk die toesig oor die verkiesing aan 'n naburige biskop opgedra het, vereis hy nogtans altyd 'n plegtige besluit wat deur die ondertekening van almal bekragtig is.96 Ja, selfs toe 'n sekere Constantius biskop van Milaan geword het en baie inwoners van Milaan as gevolg van die invalle van die barbare na Genoa toe gevlug het, het hy gedink dat dit slegs 'n wettige verkiesing sou wees as hulle ook almal saamgeroep is en hulle instemming daarmee betuig het.97 Ja, daar het nog nie vyfhonderd jaar verloop sedert die tyd waarop pous Niklaas die volgende besluit in verband met die verkiesing van die Roomse pous geneem het nie, naamlik dat kardinaal-biskoppe die leiding moes neem; dat die res van die geestelikes by hulle moet aansluit en dat sy verkiesing ten slotte deur die instemming van die (kerk)volk bekragtig moet word. En aan die einde haal hy die besluit van Leo wat ek so pas aangehaal het, aan en beveel dat dit ook vir die toekoms moet geld. Maar as die kwaadwilligheid van goddelose mense so toeneem dat die geestelikes gedwing word om 'n stad te verlaat om 'n suiwer verkiesing te hou, beveel hy nograns dat sommiges van die (kerk)volk daar saam met hulle aanwesig moet wees.98

Die instemming van die keiser is, sover ons kan aflei, inderdaad slegs in twee kerke vereis, naamlik in Rome en in Konstantinopel omdat die twee setels van die keiserryk daar gevestig was. Dat Ambrosius deur Valentinianus na Milaan gestuur is met die volmag om die verkiesing van 'n nuwe biskop daar te reël, was 'n buitengewone gebeurtenis as gevolg van die ernstige oproer wat daar onder die burgers vlam gevat het.99 In Rome het die gesag van die keiser eertyds in die aanwysing van 'n biskop soveel gewig gedra dat Gregorius sê dat hy op die keiser100 se  bevel in die regering van die kerk aangestel is, hoewel hy nogtans reeds op die gebruiklike wyse deur die kerkvolk geroep is.101 Die gewoonte het egter bestaan dat, wanneer die owerheid, die geestelike orde en die (kerk) volk iemand aangewys het, hy hom dadelik na die keiser moes begewe sodat hy die verkiesing deur sy goedkeuring kon bekragtig of deur sy afkeuring kon herroep.102 En die dekrete wat deur Gratianus saamgestel is, bots nie met hierdie gewoonte nie. Daarin word slegs gesê dat 'n koning nie toegelaat moet word om 'n reëlmatige verkiesing tersyde te stel en willekeurig 'n biskop aan te stel nie, verder dat iemand wat so deur keiserlike geweld bevorder is, nie deur die stedelike biskoppe bevestig moet word nie.103 Dit is trouens een ding om die kerk so van sy reg te stroop dat dit ten volle op die willekeur van een mens oorgedra word, maar iets heeltemal anders om hierdie eer aan 'n koning of 'n keiser te gee om deur sy gesag 'n wettige verkiesing te bekragtig.

14. Die bevestiging van bedienaars.🔗

Nou volg daar dat ons die seremonie moet behandel waarvolgens bedienaars van die kerk van ouds na hulle verkiesing in hulle amp bevestig is.104 Die Latynse kerkvaders het dit ordening105 of konsekrasie106 genoem en die Griekse kerkvaders hand-opheffing107 of soms selfs handoplegging108 - hoewel die woord handopheffing eintlik van die soort verkiesing gesê word waar die stemming deur die opsteek van hande aangedui word.109 Daar bestaan egter 'n besluit van die konsilie van Nicea dat die stedelike biskoppe met al die biskoppe van die provinsie byeen moet kom om iemand wat verkies is, te bevestig. As 'n lang reis of siekte of die een of ander noodtoestand dit verhinder, (het dit bepaal) dat ten minste drie biskoppe nogtans byeen moes kom en dat die afwesiges hulle instemming skriftelik per brief moes betuig.110 En toe hierdie reël in onbruik verval het, is dit daarna deur verskeie sinodes hernieu.111 Almal, of ten minste diegene wat geen verskoning gehad het nie, is daarom beveel om teenwoordig te wees om 'n baie ernstige ondersoek te doen na die leer en sedes van een wat bevestig moes word want dit was 'n saak wat nie sonder ondersoek afgehandel is nie.112 En uit Cyprianus se woorde is dit ook duidelik dat hulle gewoonlik nie na die verkiesing byeengeroep is nie, maar dat hulle eertyds by die verkiesing aanwesig was en juis met die doel dat hulle as 't ware beheerders daarvan moes wees om te voorkom dat daar onder die massa wanorde sou ontstaan. Want nadat hy gesê het dat die (kerk)volk die bevoegdheid het om waardige priesters te kies of onwaardiges te verwerp, voeg hy 'n bietjie later by. "Ons moet daarom die Goddelike en apostoliese tradisie noulettend handhaaf en daaraan vashou - en dit is waaraan ons en feitlik al die provinsies vashou - dat, ten einde bevestigings na behore na te kom, al die naburige biskoppe van dieselfde provinsie by daardie gemeente waar die voorgestelde biskop bevestig gaan word, byeen moet kom, en dat die biskop in die teenwoordigheid van die (kerk) volk verkies moet word."113 Maar aangesien hulle soms baie traag was om bymekaar te kom, en die gevaar bestaan het dat sommiges die vertraging sou misbruik om guns te werf, het hulle besluit dat dit voldoende sou wees as hulle daarheen sou gaan nadat die benoeming afgehandel is en hom te bevestig nadat hy in 'n wettige ondervraging goedgekeur is.114

15. 'n Geleidelike afwyking van die prosedure van die kerk van ouds.🔗

Hoewel dit sonder uitsondering oral gebeur het, het 'n gewoonte wat heeltemal daarvan verskil, langsamerhand wortel geskiet, naamlik dat diegene wat verkies is hulle na die hoofstad gewend het om daar bevestig te word.115 Dit het vanweë ambisie en 'n verdraaiing van die ou orde eerder as vanweë die een of ander goeie rede plaasgevind. En ook nie veel later nie toe die gesag van die Roomse setel reeds toegeneem het, het 'n tweede gewoonte wat nog slegter was, posgevat, naamlik dat biskoppe van feitlik die hele Italië hulle bevestiging daar versoek het. Ons kan dit opmerk in die briewe van Gregorius.116 Die ou bepaling is slegs in 'n paar stede wat nie so maklik daarvan afgesien het nie, gehandhaaf soos byvoorbeeld in Milaan.117 Miskien het slegs die hoofstede hierdie voorreg behou want al die provinsiale biskoppe het in die hoofstad byeengekom om 'n aartsbiskop te bevestig.118

Maar die seremonie was handoplegging.119 Ek lees trouens van geen ander seremonie wat gebruik is nie - behalwe dat die biskoppe die een of ander tooisel in die plegtige vergadering gehad het om hulle van die ander presbiters te onderskei. Hulle het ook die presbiters en die diakens slegs met handoplegging bevestig maar elke biskop het in vergadering met sy presbiters sy eie presbiters bevestig.120 Hoewel almal saam opgetree het, is daar gesê dat dit "sy" bevestiging was omdat die biskop die presbiters voorgegaan het en sake onder sy toesig afgehandel is. Daarom kom dit dikwels onder die skrywers van ouds voor dat 'n presbiter nie van 'n biskop verskil nie behalwe daarin dat hy nie die mag het om iemand (in die ampte) te bevestig nie.121

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Inst. 4.1.5, 6; 4.3 hierbo.
  2. ^ Calvyn vermeld egter vier arnpte, naamlik herders, leraars, ouderlinge (presbiters) en diakens. Vgl. ook Inst. 4.3.4, 8, 9. Hierdie vier dienste vind later neerslag in die Dordtse Kerkorde van 1619. Dit word mettertyd egter duidelik dat Calvyn herders en leraars saam in 'n afsonderlike groep stel. Hy differensieer trouens hier nie so duidelik tussen die ampte dat presbiter as ouderling vertaal kan word nie. Daar is in sy beskrywing net twee groepe, naamlik presbiters en diakens. Uit die presbiters word inderdaad twee ampte, herdersen leraars (of liewer doktore), aangewys en die res is ouderlinge in die sin waarin dit vandag verstaan word. Bellarminus se vertolking hiervan is dat'Calvyn slegs drie ordes onderskei het, naamlik biskoppe wat hy liewer herders noem, presbiters of ouderlinge wat hy leraars of bedienaars van die Woord noem, en diakens' (a.w. 229). Hy bespreek daarna (a.w. 232 e.v.) die Roomse kerklike ordes, naamlik Ostiarii(deurwagte), Lectores (voorlesers), Exorcistae (besweerders), Acoluti (altaardienaars), Subdtaconi (onderdiakens), Diaconi en Sacerdotes (priesters). Onder laasgenoemde groep word episcopi (biskoppe) en presbyteri saamgevat hoewel biskoppe in die kerk van ouds volgens hom in sowel bevoegdheid as jurisdiksie groter gesag gehad het (a.w, 236 e.v.). Dit is opvallend dat die pous en kardinale (cardo beteken 'n skarnier) nie hierby ingesluit is nie
  3. ^ Vgl. art. 30 NGB waar dit oor die geestelike bestuurswyse (spirttuali politia) van die kerk gaan. Hiervoor moet daar "dienaars of herders wees; ook ouderlinge en diakens om saam met die herders die kerkraad te vorm" (Bakhuizen van den Brink, 119 - 121).
  4. ^ Voorlesers was volgens Bellarminus kerklike ordes wat van die kansel af sekere gedeeltes uit die Ou en die Nuwe Testamente voorgelees het en volgens kanon 8 van die vierde Konsilie van Karthago op 'n bepaalde manier bevestig moes word. Daaruit lei hyaf: ubi vides aliud esse legere in ecclesia, quodsolum Caluinus agnoscit; aliud ueropromoeertadordinem Lectoris:hieruit sien jy dat dit een ding is om in die kerk 'n voorlesing te hou soos Calvyn alleen erken, maar 'n ander ding om tot die orde van voorleser bevorder te word (a.w. 233; en Inst. 4.4.9 hieronder). Acoluthi se pligte was om die diakens met 'n brandende kers na die altaar te volg, die offerflesse en potte voor te berei en aan die diaken te gee. Die benaming ceroferarius beteken kersdraer. Vgl. Inst.4.19.23
  5. ^ Vgl. Inst. 4.4.9.
  6. ^ Marg. In Iesaiam cap. 9. Hieronymus, Com. in Iesaiam propb. 5.19.18 (MPL 24:185 - 186): quinque Ecclesiae ordines, episcopos, presbyteros, diaco os, ftdeles, catecbumenos - vyf kerklike ordes, biskoppe, presbiters, diakens, gelowiges en kategete. Volgens Bellarminus skets Hieronymus hier nie ordes van die kerk nie maar van Christene ooi' die algemeen wat in geestelikes en leke verdeel kan word (a.w. 230).
  7. ^ Calvyn gebruik in die Latynse uitgawe die Romeinse terme consul in senatu . die Romeinse konsul in die senaat. Die Franse uitgawe het un prësident en un conseil (Benoit 4:73)
  8. ^ Vgl. Ignatlus, Letters to the Magnesians 6, to the Trallians 3 (LCL Tbe Apostolic Fathers 1:200 - 203, 214 e.v.), Cyprianus, Ep. 14.4, 19.2,34.4 (Ep. 5, Ep. 13, Ep. 28 MPL4:234; 261; 301 - 302; CSEL 3,2:512,526,570 e.v.), Statuta ecclesiae antiqua capttula 22,23 (Mansi 3:953). Vir hierdie statu ta en die canones van die vierde Konsilie van Karthago (398) vgl. ook die Decr. Grat. 1.23.2 (MPL 187:129 - 131; Friedberg 1:79 - 80) en L.Smits 1:220
  9. ^ Vgl. Bellarminus, a.w. 236 waar hya antoon dat daar in die Roomse kerk wel 'n onderskeid tussen biskoppe en presbiters was en dat 'n biskop iure divino -volgens Goddelike reg - belangriker as 'n presbiter is, sowel in mag as in jurisdiksie. Hyverwys hier na die 23ste sessie van die Konsilie van Trente, hoofstuk 4: (Episcopos) Presbyteris superiores esse;asook na canon 6 en 7 van dieselfde Konsilie. VgL ook Thomas van Aquino, Summa 2.2.184.6 (Marietti 2:861 e.v.).
  10. ^ Vgl. 1 Kor. 1:12; 3:4 en Inst. 4.3.4.
  11. ^ Hieronymus, com. in Tit. 1 (MPL 26:597). Vgl. ook Decr. Grat. 1.93.24; 1.95.5 (MPL187:442 - 444; 448 - 449; Friedberg 1:327 e.v.; 332 e.v.
  12. ^ Ibid. (MPL 26:598).
  13. ^ Marg, Epist. ad Evagrium. Vgl. Hieronymus, Ep. 146.1 (MPL 22:1193 e.v.; eSEL 56:310).
  14. ^ Marg. Tit. 1.c.9. Vgl. OC 52:150 e.v.: nam ex Dei iudicio pendet legitima rerum omnium administratio: want die wettige bediening van alle dinge hang van God se oordeel af.
  15. ^ Hierdie uitdrukking voer die gedagtes onwillekeurig terug na Tertullianus se uitdrukking dat die bloed van die martelare die saad van die kerk was.
  16. ^ Fr. 1545 e.v.. + Et ainsi tant ceux de la ville que ceux des cbampsfaisoyent tous comme un corps d'Eglise (Benoit 4:74).
  17. ^ Hoewel chorepiskopoi - plattelandse biskoppe - nooit deel van die (Roomse) kerklike ordes geword het nie, is hulle gesag tog deur die konsilies erken en onder beheer van die stedelike biskoppe geplaas. Vgl. Bellarminus, a.w. 250: quasi Vicarii episcopi, seu loco episcoperum constituti ... Eiusmodi Cborepiscopi non poterantp resbyteros & diaconos ordinare, nee Chrismate fidelium frontes inungere, nee templa, aut altaria consecrare. cetera fere omnia praestare poterant: hulle is as 'r ware as plaasvervangers van 'n biskop of in die plek van 'n biskop aangestel. Sulke plattelandse biskoppe het nie die bevoegdheid gehad om presbiters en diakens te bevestig nie, nog om die voorhoof van gelowiges met die oliesel te salf, nóg om tempels of altare te heilig; oor die algemeen was hulle verder bevoeg om alles te doen. Vgl. egter canon 10 van die Konsilie van Antiochië (341) waarvolgens hulle wel die bevestiging van presbiters en diakens kon waarneem (Mansi, 2:1311) asook Conc. Ancyr. (314), canon 13 (Mansi 2:518); Conc. Neocaesar. (314), canon 14 (Mansi 2:542, 544).
  18. ^ Luther het reeds in sy Decaptiuitate Babylontea ecclesiae (1520) sterk klem gelê op die funksionele karakter van die amp. Die amp is volgens hom 'n ministerium verbi - diens van die Woord wat Woord- sowel as sakramentsbediening omvat en ministerium sowel as officium insluit (TRE 2:558 - 559; Inst. 4.3.1 n. 4). Hy stel die priesterlike aspek van die diens in perspektief wanneer hy skryf Sacerdotes uero quos cocamus ministri sunt ex nobis electi, qui nostro nomine omnia faciant, et sacerdotium aliud nihil est quam ministerium (WA 6:564: Diegene wat ons priesters noem, is inderdaad dienaars wat uit ons verkies is om namens ons alles te doen, en die priesterskap is niks anders as diens nie). Daarom is daar geen inklewende waardigheid aan die amp verbonde nie: Ex quibus fit, ut is, qui non praedicat verbum, ad hoc ipsum per Ecclesiam nocatus, nequaquam sit sacerdos Cibid.. Hieruit volg dat iemand wat nie die Woord verkondig nie hoewel hy [uis deur die kerk met die oog hierop beroep is, geensins 'n priester is nie). Hy vat dit bondig saam: Ministerium verbi facit sacerdotem et Episcopum (WA6:566: Woordbediening maak van iemand 'n priester en 'n biskop). Vgl. ook CA, art. 5 (Schaff, 3:10).
  19. ^ Vgl. Cassiodorus, Hist. Tripart. 9:38 (MPL 69:1156); Sokrates, Eccles. hist. 5.22 (MPG 67:626 e.v.).
  20. ^ Marg. Epist. ad Evagrium. Vgl. Hieronymus, Ep. (ad Nepotianum) 52.7 (MPL 22:534; CSEL 54:428
  21. ^ Marg. Epist. 24. Vgl. Gregorius, Regist. 1 ep. 25 (MPL 77:472 e.v.).
  22. ^ Marg. Act. 20.e.26. (Vgl. OC 48:467)
  23. ^ Marg. Homil. in Ezech. 11. Vgl. Gregorius, Homil in Ezech. lib. 1 homil. 11.10 (MPL 76:910). Dit is duidelik dat Calvyn die verval van die kerk in Gregorius se tyd sien intree. Vgl. ook Inst. 4.7.16,17.
  24. ^ Vgl. die Konsilie van Nicea (325), canon 4 en 6 (Mansi 2:670); die Konsilie van Antiochië (341), canon 9 (Mansi 2:1311); die Konsilie van Konstantinopel (381), canon 2 (Mansi 3:589); die Konsilie van Chalcedon (451), canon 28 (Mansi 7:369); Pseudo-Dionysius, De eccl. bierarcbia (MPG 3:369 e.v.), Socrates, Hist. eccl. 5.8 (MPG 67:579). Vgl. ook Bellarminus se bespreking hiervan, Controv. p. 532.
  25. ^ Vgl. die Konsilie van Nicea (325), canon 6 (Mansi 2:671); die Konsilie van Konstantinopel (381), canon 2 (Mansi 3:589); die Konsilie van Chalcedon (451), canon 28 (Mansi 7:369) en Socrates, Hist. eccl. 5,8 (MPL 67:579).
  26. ^ Vgl. die Konsilie van Nicea (325), canon 5 (Mansi 2:670) asook Tertullianus, Dejejuniis 13 (MPL 2:1023; CSEL20:292); Cyprianus, Ep. 75.4 (MPL 3:1206; CSEL3,2:812). Vgl. ook die Konsilie van Antiochië (341), canon 20 (Mansi 2:1315); Socrates, Bist. eccles. 5.8 (MPG 67:579); die Konsilie van Konstantinopel (381), canon 2 (Mansi 3:589); die Konsilie van Chalcedon (451), canon 19 (Mansi 7:366) en Balsamonus se kommentaar by die Canones sanct. apost. 36, 38 (MPG 137:112 e.v.). Beide die woorde konsilie en sinode is in die vroeë kerk gebruik om meerdere kerklike vergaderings aan te dui. Konsilie is egter gaandeweg meer gebruik om kerklike vergaderings van groter omvang, bv. ekumeniese, provinsiale of metropolitaanse, vergaderings aan te dui terwyl sinode gebruik is om kleiner vergaderings, bv. van 'n bisdom, te beskryf. Die besluite van ekumeniese (algemene) konsilies het uit die staanspoor 'n bepaalde regsgeldigheid (d.i. gesag as rykswette) gehad omdat die keiser die konsilie byeengeroep en die besluite van die vergadering bekragtig het (Nicea (325); Konstantinopel (381); Efese (431); Chalcedon (451)). Met die opkoms van die pouslike mag gedurende die Middeleeue het die Konsilies gaandeweg hulle gesag aan die pous ontleen en hierdie ontwikkeling is deur die Lateraanse Konsilie (1123) bekragtig en geld volgens die Tweede Vatikaanse Konsilie (1962 - 1965) vandag nog. In die Oosterse kerke word sinode gebruik om kerklike vergaderings vanaf ekumeniese tot plaaslike vergaderings te beskryf. In die Geref. Protestantisme word sin ode meesal gebruik om nasionale en provinsiale kerklike vergaderings aan te dui (CE 6:304; EW 6:208; 9:82; RPTK 19:262 - 277).
  27. ^ Fr. 1545 e.v.. la cognoissance oenoit aux Patriarcbes, qui assembloyent le Concile de tous les Evesques respondans à leur primautê, et de là il n y aoott point d 'appel qu 'au Concile gênéral (Benoit 4:76). Vgl. Eusebius, De vita Constantini3.6 (MPG 20:1059; GCS7:79) en die Konsilie van Konstantinopel canon 6 (Mansi 3:562 e.v.).
  28. ^ Vgl. Pseudo-Dionysius Areopag., De eccl. hier. (MPG 3:369 e.v.; Latynse vertaling van Erigena, MPL 122:1071 e.v.).
  29. ^ Vgl. Inst. 4.3.15; 4.5.11.
  30. ^ Vgl. Inst. 4.3.9.
  31. ^ Vgl. Gregorius, Reg. 1 Ep. 39, 46, 55, 56, 59,65 (MPL 77:493, 508 - 509, 516 - 519, 522).
  32. ^ Vgl. Decr. Grat. 2.12.1.24 (MPL 187:893; Friedberg 1:685); Balsamonus, Canones sanct. apost.41 (MPG 137:123 e.v.): Cyprianus, Ep. 5.1 (MPL Ep. 4 - 4:230; CSEL3,2:478· 479).
  33. ^ Marg. Cap. 35. Vgl. die Konsilie van Antiochië (341), canon 25 (Mansi :1319).
  34. ^ Vgl. Gregorius, Reg. 1 Ep. 18, 24,41,42,65 (MPL 77:463 e.v., 467 e.v., 494, 495, 522).
  35. ^ Cyprianus vermeld onder andere die onderdiakens Crernentius (Ep. 8 en 9), Optatus (Ep. 35) en Fortunarus (Ep. 36) in sy briewe (MPL Ep. 2, 3, 29, 30 - 4:224; 229; 302; 303; CSEL3,2:485 e.v., 489, 571,572). Vgl. ook Eusebius, Hist. eccl. 6.43 (MPG 20:622). Bellarminus (a.w, 234) verwys na die vierde Konsilie van Karthago, cap. 5 (Mansi 3:951) en die vierde Konsilie van Toletanus 5 cap. 27 (28) (Mansi 10:627) om aan te toon dat hierdie amp 'n permanente een was en dat Calvyn daarom fouteer. Hulle het by bevestiging 'n leë beker en bord ontvang om aan te dui dat hulle verantwoordelik was vir die bediening van die tafels.
  36. ^ Vgl. Leo I, Ep. 111.2; 112.1 (MPL 54:1021,1023).
  37. ^ Marg. Epist. ad Nepotianum. Vgl. Hieronymus, Ep. (ad Evangelum) 146.1 MPL 22:1194; CSEL 56:310).
  38. ^ Marg. Epist. 10. lib. 1. Vgl. Gregorius, Regist. 1 ep. 20, Reg. 4 ep. 20, Reg.6 ep. 3, 25 (MPL 77:466, 689,795 e.v., 815 - 817). Salona was die hoofstad van Dalmaslë.
  39. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 15.1, 38.2 (MPL (Ep. 33)4:327; CSEL 3,2:514, 582); Augustinus, Serm. 356.2 (MPL 39:1574).
  40. ^ Vgl. Const. apost. 8.9, 12, 13 (MPG 1:1086, 1091, 1110).
  41. ^ Ibid. 8.13 (MPG 1:1110).
  42. ^ Vgl. Decr. Grat. 2.12.1.24 (MPL 187:893; Friedberg 1:685); Deer. Gregor. IX 3.13.2 (Friedberg 2:513); Ambrosius, De off. minist. 2.28 (MPL 16:148 e.v.), Augustinus, Ep. 185.9.35 (MPL 33:808; CSEL 57:32).
  43. ^ Vgl. die Konsilie van Anttochtë (341), canon 24, 25 (Mansi 2:1317 - 1320).
  44. ^ Vgl. Chrysostomos, Sermo antequam tret in exsilium (MPG 52:431); Ambrosius, Sermo contra Auxent. 33 (MPL 16:1017); Augustinus, Ep. 126.8 -10; 185.9.35,36 (MPL33:480 e.v.;808 - 809; CSEL 44:13 e.v., 57:8 e.v.).
  45. ^ Vgl. 1 Kor. 9:12 . 14; Gal. 6:6.
  46. ^ Vgl. Augustinus, Sermo 355.2 (MPl39:1570).
  47. ^ Marg. Refert cap. clericos 1 & 2. Hierdie toespeling op 1 Kor. 11:29 kom nie in Hieronymus se werke voor nie maar is waarskynlik 'n aanhaling uit 'n foutiewe verwysing van pous Damasus: Deer. Grat. canon 41 2.12.1.23; 2.1.2.6 (MPl 187:892 e.v.; 543; Friedberg 1:685,409). Vir die inhoud van hierdie afdeling vgl. Augustinus, Ep. 185.9,35; 126.8 - 10 (MPl 33:809, 480 e.v.; CSEl 57:8 e.v., 32) hierbo vermeld.
  48. ^ Vir die tekening van onkreukbaarheid vgl. Sallustius, Bellum catil. 9.1 (LCL16 e.v.), Augustinus, De civ. Dei 2.17 (MPl 41:61 . 62; lCl 1:196 e.v.).
  49. ^ Marg. 1. Timo. 3.a.2. Vgl. OC 52:279 e.v.
  50. ^ Marg. Cap. Praesulum 16. quaest. 3. Vgl. Decr. Grat. 2.16.3.2 (MPL 187:1027; Friedberg 1:789 aangehaal uit Gelasius, Ep. 10 (ad episcopos siciliae) (MPL 59:57).
  51. ^ Marg. Refert. cap. Mos est, 12. quaest. 12 (recte: 2). Vgl. Deer. Grat. 2.12.2.30 (MPL 187:909; Friedberg 1:697) aangehaal uit Gregorius, Ep. ad Augustmum episcop. Anglorum Regist. ep. lib. XI Ep. 64 (MPL 77:1184).
  52. ^ Marg. Tripart. bist. lib. 5. Vgl. Cassiodorus, Hist. tripart. 5.37 (MPL69:1017); Sozomenos, Eccl. bist. 4.24; socrates, Eccl. bist. 7.21 (MPG 67:1187 e.v.; 781 e.v.).
  53. ^ Ibid. Lib. 11. cap. 16. Vgl. Cassiodorus, Hist. tripart. 11.16 (MPL 69:1198).
  54. ^ Marg. Ad Nepotianum. Vgl. Hieronymus, Ep. 125.20 (MPL 22:1085; CSEL 56:141). Hieronymus vergelyk Exuperius met die weduwee van Sarfat by Sidon wat aan Elia voedsel gegee het terwyl sy self gebrek gely het: 1 Kon. 17:9 - 16.
  55. ^ Vgl. 2 Kon. 18:15 . 16.
  56. ^ Marg. Lib. 2. De offic. cap. 28. Vgl. Ambrosius, De offic. minist. 2.28.137 e.v. (MPL 16:140).
  57. ^ Marg. Lib. 5. epist. 31. Vgl. Ambrosius, Ep. 18.16 (MPL 16:977).
  58. ^ Marg. lib. 5 epist. 33. Vgl.Ambrosius, Ep. 20.8 (MPL 16:997)
  59. ^ Fr. 1560: aux livres des Docteurs et aux Conciles (Benoit 4:80).
  60. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 55,8 (CSEL3,2:629); Leo 1, Ep. 12.4 (MPL 54:649 e.v.), Clemens Alexandrinus, Quis dives?42.2 (MPG 9:647; GCS 17:188).
  61. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 38.1, 2; 55.8 (MPL 3:787; 4:317 - 319; CSEL3,2:579 - 580; 629 e.v.), Pseudo Cyprianus, De rebapt. 10 (MPL3:1243; CSEL 3,2 (App.) 82); Eusebius, Hist. eccl. 6.43 (MPG 20:622 - 626); Hieronymus, Ep. 52.5 (MPL 22:531; CSEL 54:421).
  62. ^ Vir die etimologie van die Latynse benaming clericus en clerus vgl. Augustinus, Enar. in Ps.67.19 (CCSL39:882); Decr. Grat. 1.21.1 (MPL 187:115; Friedberg 1:67).
  63. ^ Vgl. egter Bellarminus se opmerkings hieroor a.w. 208 . 211.
  64. ^ Marg. 1. Pet. 5.a.3. Vgl. OC 55:285 e.v.
  65. ^ Deurwagters word die eerste keer deur Eusebius in sy Hist. eccles. 6.43 (MPG 20:622) vermeld. Hulle taak was waarskynlik soos Calvyn dit hier beskryf en het moontlik grootliks met dié van die huidige koster ooreengestem. In geskrifte uit die vierde eeu word dikwels na deurwagters verwys. Vgl. ook Bellarminus, a.w. 232.
  66. ^ Akoliete was een van die laer range van die geestelikes. Hulle word vir die eerste keer in briewe van Cyprianus uit die middel van die derde eeu vermeld. Vgl. bv. Cyprianus, Ep. 7, 24, 29, 38.1 (CSEL 3,2:485, 536, 548, 580, 629). Eusebius, Hist. eccl. 6.43 haal 'n bron uit dieselfde tyd aan, naamlik 'n brief van Cornellus, biskop van Rome (251) waarin akoliete ook vermeld word. Hulle belangrikste taak was om te sorg vtr die beligting van die kerkgebou (kerse ronddra) en om wyn vir die nagmaal te bekom. Vgl. ook Hieronymus, Ep. 52.5 (MPL22:531; CSEL 54:421) en Bellarminus. a.w. 234.
  67. ^ Calvyn verwys hier na voorlesers wat reeds in Tertullianus se tyd (omstreeks 200 n.e.) bekend was soos uit sy De praescript. 41 (MPL 2:69; CCSL 1:222) blyk. In die loop van die derde eeu het voorlesers oral in die kerk ingang gevind. Vgl. ook Eusebius, Hist. eccl. 6.43 (MPG 20:622); Cyprianus, CSEL(Ep. 29) 3,2:548; MPL(Ep. 24) 4:293; Hieronymus, Ep. 52.5 (MPL 22:531: CSEL 54:421).
  68. ^ Vgl. die Konsilie van Elvira (305), canon 30 (Mansi 2:10).
  69. ^ Vgl.Inst. 4.3.11. Calvyn behandel hierdie vraagstukke breedvoeriger in die res van hoofstuk 3 en in hoofstuk 4 hoe dit in die vroeë kerk hanteer is. Vgl. ook afd. 9 hierbo.
  70. ^ Calvyn verduidelik Paulus se voorskrif in Inst. 4.3.12 asook in sy kommentaar oor 1 Tim. 3 (OC 52:315 - 317). Oor hoe die kerk van ouds hierby aangesluit het, vgl. Clemens Romanus, Ep. 1.44.3 (LCL Apostolic fathers 1:82 - 85); ClemensAlexandrinus, Quis dives?42.3 (MPG 9:647); Cyprianus, Ep. 55.6, 7; 67.4 (MPl 3:791, 1062; CSEL 3,2:627, 629, 738); Leo I, Ep. 12.2 (MPL 54:647); Statuta eccl. antiqua canon 1 (Mansi 3:949 e.v.), Deer. Grat. 23.2 (MPL 187:129 e.v., Friedberg 1:79). Calvyn se siening het ook in latere Gereformeerde konfessies en kerkordes weerklank gevind, bv. in die slot van art. 30 NGB: So sal alles in die kerk behoorlik en ordelik geskied wanneer betroubare persone gekies word ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel Paulus in sy brief aan Timoteus daarvoor gee (Bakhuizen van den Brink, 121).
  71. ^ Marg. 1. Tim. 3.a.2. Vgl. ook vers 3 - 7 en OC 52:279 e.v.
  72. ^ Vgl. Leo 1, Ep. 12.2 (MPl 54:647) en die Vierde Konsilie van Karthago (398), Sta tu ta eccles. antiqua, canon 1 (Mansi 3:949 . 950) opgeneem in' die Decr. Grat. 1.23.2 (MPl 187:129 e.v., Friedberg 1:79 - 80).
  73. ^ Selibaat is die verpligte ongehude staat van R.-K.geestelikes wat hoer wyding ontvang het. Hierdie verbod het reeds vroeg in die vierde eeu in kerklike besluite na vore gekom. Die Konsilie van Elvira (305), canon 33 het byvoorbeeld bepaal dat biskoppe, presbiters, diakens en onderdiakens in Spanje na hulle bevestiging nie met vrouens saam mag leef nie (Mansi 2:11): Placuit in totum probibere Episcopis, Presbyteris. Diaconis ac Subdiaconis abstinere se a coniugibus et non generare filios: Die vergadering het besluit om biskoppe, presbiters, diakens en onderdiakens (huwelike) heeltemal te verbied en hulle te gebied om hulle van vrouens te weerhou en geen kinders te verwek nie. Hierdie verbod het spoedig in die hele westerse kerk gegeId en is deur die Konsilie van Nicea (325) bekragtig en deur die Konsilie van Worms (868) canon 9 (Mansi 15:871)opnuut bevestig. Die Konsilie van Trente het na aanleiding van die Protestantse optrede die verbod opnuut bekragtig. Vgl. ook Inst. 4.12.23, 4.13.8; die Conc. Ancyr. (314) canon 10 (Mansi 2:518); Deer. Grat. 1.28.8 (MPL 187:158; Friedberg 1:102 e.v.), Conc. Neocaesar. (314) canon 1 (Mansi 2:540); Decr. Grat. 1.28.9 (MPL 187:159; Friedberg 1:103); Siricius, Ep. (ad Htmerium Terrac.) 1.7 (MPL 13:1138 e.v.), Decr. Grat. 1.82.3,4 (MPL 187:397 e.v., Friedberg 1:291 e.v.), Conc. Cartbag. (390) 2.2 (Mansi 3:692); Deer. Graf. 1.31.3 (MPL 187:170; Friedberg 1:112); Innocentius I, Ep. (ad Victricium Rotamag.) 2.9 (MPL 20:475 e.v.), Decr. Grat. 1.31.4, 5 (MPL 187:170 e.v.; Friedberg 1:112); Conc. Lateran. 1 (1123) canon 3, 21 (Mansi 21:282, 286); Denzinger, Ench. nr. 89, 360 (p. 44, 176) en Bellarminus se heftige weerlegging van ealvyn se standpunt teen selibaat, a.w. 251 . 26
  74. ^ Vgl. Inst. 4.3.11.
  75. ^ Marg. Lib. 2. epist 5. Vgl. Cyprianus, Ep. 38 (MPL (Ep. 33) 4:325 e.v.; CSEL 3,2:579).
  76. ^ Fr. 1560: + comme de Lecteurs et Acolytes (Benoit 4:82).
  77. ^ Vgl. Decr. Grat. 1.67.1 (MPL 187:351; Friedberg 1:253).
  78. ^ Cyprianus, Ep. 55.8, 59.6 (MPL 3:787, 830; CSEL 3,2:629, 673 e.v.).
  79. ^ Vgl. Canones sanet. apost. 42 - 44 (MPG 137:125 e.v.).
  80. ^ Decr. Grat. 1.67.1 (MPL187:351; Friedberg 1:253).
  81. ^ Gelasius, Ep. 9.11 (MPL59:52); Deer. Grat. 1.75.7 (MPL187:368; Prtedberg 1:267). Die deelname van die gemeente aan verkiesings is met die Reformasie in die Gereformeerde kerke herstel. Beide bevestigingsformuliere (van predikante, ouderlinge en diakens) stel ten aanvange dat die bevestiging kan plaasvind omdat die verkose persone deur die gemeente goedgekeur is en "niemand ... enige wettige beswaar teen sy/hulle bevestiging voorgele het nie (Psalms, 656)
  82. ^ Vgl. die Konsilie van Annochië canon 18 (Mansi 2:1315); Decr. Grat. 1.92.5 (MPL 187:431; Friedberg 1:318).
  83. ^ Vgl. Leo I, Ep. 14.5 (MPL54:673).
  84. ^ Marg. Epist. 90. capite 2. Vgl. Leo I, Ep. 10.6 (MPL 54:634).
  85. ^ Leo I, Ep. 167 resp. 1 (MPL54:1203); Decr. Grat. 1.62.1 (MPL 187:325; Friedberg 1:234).
  86. ^ Vgl. Theodoretus, Hist. eccl. 5.9 (MPG 82:1217 e.v.).
  87. ^ Marg. Epist. 110. Vgl. Augustinus, Ep. 213 (MPL 33:966 e.v.; CSEL 57:373).
  88. ^ Marg. Habetur apud Theodoritum, lib. 4. cap. 20. Vgl. Theodoretus, Hist. eccl. 4.17 (MPG 82:1163).
  89. ^ Marg. Cap. 13. Vgl. die Konsilie van Laodicea (ca. 363) canon 13 (Mansi 2:565); Decr. Graf. 1.63.6 (MPL 187:329; Friedberg 1:236).
  90. ^ Vgl. Vergilius, Aen. 2.39 (LCL 1:296).
  91. ^ Marg. Epist. 87. Vgl. Leo I, Ep. 10.4 (MPL 54:632).
  92. ^ Vgl. Leo I, Ep. 10.6 (MPL 54:634)
  93. ^ Vgl. Leo I, Ep. 167 (MPL 54:1203); Decr. Grat. 1.62.1 (MPL 187:325; Friedberg 1:234).
  94. ^ Vgl. n. 90 hierbo.
  95. ^ Vgl. Gregorius, Regist. 1 ep. 57, 58, 78; Regist. 2 ep. 5,6,12,23; Regist. 5 ep. 23, 24 (MPL 77:517,518, 532, 541, 542, 558, 751 - 752; 753 - 754).
  96. ^ Marg.Id quoque epist. compluribus (d.i. ook dit in verskeie briewe). Vgl. Gregorius, Reg. 4. ep.39; Reg. 9. ep.81, 185; Reg. 13. ep. 17 (MPL (Reg. 4. ep. 41; Reg. 9. ep. 76,88; Reg. 13. ep. 14) 77:717, 1010, 1047, 1270).
  97. ^ Marg. Lib. 2. epist. 69. Vgl. Gregorius, Regist. 3 ep. 30 (MPL 77:627 e.v.)
  98. ^ Marg. Distinct. 23. capite, In nomine. Vgl. Decr. Nicolai II de electione Romani Pontificis, ex Conc. Rom. (1059) (Mansi 19:903); Decr. Grat. 1.23.1 (MPL 187:127; Friedberg 1:77)
  99. ^ Ambrosius, die goewerneur van die provinsie, is toe self as biskop gekies. Vgl. socrates, Hist. eccl. 4.30 (MPG 67:543 e.v.).
  100. ^ Fr. 1560: + à Maurice Empereur (Benoit 4:85).
  101. ^ Marg. Epist. 5. lib. 1. Vgl. Gregorius, Regist. 1 ep. 5 (MPL 77:450).
  102. ^ Vgl. Decr. Grat. 1.63.1 - 8, 18 (MPL 187:327 - 330; 333; Friedberg 1:234 - 237; 239 - 240).
  103. ^ Ibidem.
  104. ^ Vgl. Inst. 4.3.11.
  105. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 1,38,67 (CSEL 3,2:465 e.v.; 579; 736; MPL (ep. 66,33) 4:397 e.v., 317 e.v.).
  106. ^ Vgl. Gregorius, Regist. 3. ep. 30, 31 (MPL 77:627, 628).
  107. ^ Vgl. Clemens I, Const. apost. 8.4, 5,16,17 (MPG 1:1069 e.v.; 1073 e.v.; 1113 e.v.; 1115; 1116); Eusebius, De vita const. 1.51 (MPG 20:966); Inst. 4.3.15.
  108. ^ Vgl. Clemens I, Const. apost. 8.9 (MPG 1:1083); Eusebius, De vita Const. 4,61 (MPG 20:1213)
  109. ^ Hoewel die woord oorspronklik verkiesing (deur die opsteek van hande) aangedui het soos Calvyn opmerk, is dit later ook gebruik om ordening of bevestiging te beskryf. Vgl. Theodoretus, Hist. eccl. 4.20 (MPG 82:1181).
  110. ^ Vgl. Conc. Nicaen. (325) canon 4 (Mansi 2:670); Conc. Arelat. 1 (314), canon 20 (Mansi 2:473).
  111. ^ Vgl. Conc. Carthag. 3 (397), canon 39 (Mansi 3:886) aangehaal In Pseudo-Isidorus, Collect. canonurn 1.141 (MPL 84:194); Conc. Nicaen. 2 (787), canon 3 (Mansi 13:748); .
  112. ^ Vgl. Conc. Nicaen. (325), canon. 9, 19 (Mansi 2:671; 675 - 678).
  113. ^ Marg. Epist. 4. lib. 1. Vgl. Cyprianus, Ep. 67.3, 5 (MPL (Ep. 68) 3:1064; CSEL 3,2:737 e.v., 739).
  114. ^ Vgl. Decr. Grat. 1.64.1 e.v. (MPL 187:343; Friedberg 1:247).
  115. ^ Vgl. Leo 1, Ep. 10.5 (MPL 54:633).
  116. ^ Vgl. Gregorius, Reg. 3 Ep. 14; Reg. 4 ep. 39; Reg. 9 ep.81, 185; Reg. 13 ep. 17 (MPL 77:615 e.v.; 627; 713 e.v., 1013; 1272).
  117. ^ Marg. Lib. 2. Epist. 69, & 76. Vgl. Gregorius, Regist. 3 ep. 30, 31 (MPL 77:627 - 628).
  118. ^ Vgl. Conc. Nicaen. 1 (325), canon 4 (Mansi 2:670); Conc. Antioch. 1 (341), canon 19 (Mansi 2:1315).
  119. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 67.5 (MPL 3:1064; CSEL 3,2:739 e.v.).
  120. ^ Vgl. Statuta eccl. antiqua, canon. 3,4 (Mansi 3:951); Const. sanct. apost. 8.16 (MPG 1:1114); Decr. Grat. 1.23.8, 11 (MPL 187:133; Friedberg 1:82, 83); Pseudo-Isidorus, Collect. can. (Africae conc.) 15.3, 4 (MPL 84:200).
  121. ^ Vgl. Epiphanius, Adv. baer. (Panarios) 3.1.75.4 (MPG 42:507); Chrysostomos, In ep. ad Philip. homil. 1.1 (MPG 62:183); Hieronymus, Ep. 146.1 (MPL 22:1193; CSEL56:309 - 310); Com. in ep.ad Tit. 1 (MPL 26:595); Const. apost. 8.16,28 (MPG 1:1113 e.v.; 1123 e.v.).