In hierdie hoofstuk weerlê Calvyn die besware wat teen oordeelsvryheid aangevoer word. Hy bespreek die volgende besware: 1) dat sonde vermy kan word, 2) dat straf en loon hul betekenis verloor as die mens nie self kan kies nie, 3) dat alle mense dieselfde natuur sou hê indien hul nie ‘n keuse tussen goed en kwaad gehad het nie, 4) dat vermanings tevergeefs is as ‘n sondaar nie self daarop kan reageer nie en 5) dat die mens self alles kan volbring wat in die wet en die Skrif geëis word.

Die wet van God is ten nouste met Sy beloftes verweef. Die eise daarin toon duidelik dat die mens tot niks in staat is nie. Selfs ons goeie werke word aan ons geskenk. Bekering is dus uitsluitlik die werk van God.

Verder bespreek Calvyn ‘n paar skrifgedeeltes: Genesis 4:7, Deuteronomium 30:11, Hosea 5:15, Lukas 10:30, Romeine 9:16 en 1 Korintiërs 3:9.

1984. 28 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 5 ‘n Weerlegging van die besware wat gewoonlik ter verdediging van oordeelsvryheid aangevoer word

1. 'n Weerlegging van die Eerste beswaar dat noodwendige sonde nie sonde is nie en dat Vrywillige sonde vermy kan word.🔗

Die indruk sou kon ontstaan dat ons genoeg gesê het in verband met die onderdanigheid van die mens se oordeel as dit nie was dat sekere mense bepaalde redes lynreg daarteen inspan om ons opvatting te bestry nie. Hulle probeer om ons siening met 'n valse opvatting van vryheid te laat intuimel. Hulle maak eerstens 'n klomp ongerymde redenasies bymekaar om ons opvatting daarmee gehaat te maak net asof dit teen die algemene gevoel indruis. Daarna meet hulle met Skrifgetuienis daarmee kragte. Ons sal albei hulle werktuie in volgorde platslaan.

Hulle sê: "As sonde uit noodwendigheid begaan word, hou dit op om sonde te wees. As die sonde egter vrywillig is, kan dit dus.vermy word".1 Dit was ook die wapens waarmee Pelagius Augustinus aangeval het. Tog wil ons ons teenstanders nie nou al met sy naam verswaar voordat ons hulle nie oor die werklike toedrag van sake bevredig het nie.

Ek ontken dus dat iets minder as sonde beskou moet word omdat dit noodwendig is; verder ontken ek die slotsom wat hulle aanvoer, naamlik dat die sonde vermy kan word omdat dit vrywillig is. As iemand met God wil twis en met hierdie dekmantel sy oordeel wil ontvlug omdat hy dan nie anders kan as om te sondig nie, het hy die voor die hand liggende antwoord wat ons ook elders aangevoer het,2 naamlik dat dit nie uit sy skepping is nie maar uit sy bedorwe natuur dat die mens 'n slaaf van die sonde geword het en niks anders as kwaad wil doen nie. Waarvandaan kom die mens se magteloosheid wat die goddelose mense graag as dekmantel voorhou anders as net uit die feit dat Adam homself uit syeie aan die dwingelandy van die duiwel uitgelewer het? Hieruit ontstaan ons bedorwenheid en deur die ketting hiervan word ons vasgeknel naamlik hieruit dat die eerste mens van sy Maker afgewyk het. As al die mense dus met reg aan die eerste mens se afvalligheid skuldig is, moet hulle nie dink dat hulle hulle met noodwendigheid kan verontskuldig nie. Juis daarin het hulle die duidelikste oorsaak van hulle verdoemenis. Dit het ek hierbo duidelik uiteengesit. Ek het ook juis in die duiwel 'n voorbeeld voorgehou waaruit dit duidelik is dat iemand wat noodwendig sondig, nietemin vrywillig sondig. In die geval van die uitverkore engele hou die wil byvoorbeeld nie op om die wil te wees nie, al sou dit nie van die goeie kan afwyk nie. Dit leer Bernardus ook verstandig wanneer hy sê dat ons ellendiger is omdat ons noodwendigheid vrywillig is.3 Dit verbind en lewer ons nogtans so daaraan uit dat ons diensknegte van die sonde is soos ons tevore vertel het.

Die tweede deel van hulle redenasie is vals, omdat hulle verkeerdelik van vrywillige na vrye oordeeloorspring. Ons het egter hierbo bewys dat iets nogtans vrywillig plaasvind ten spyte daarvan dat dit nie aan vryen keuse onderworpe is nie.

2. Die Tweede Beswaar: As die mens nie Oordeelsvryheid in sy keuse tussen goed en kwaad het nie, verloor straf en loon hulle betekenis.🔗

Hulle maak verder die beswaar dat as deug en ondeug nie uit 'n vry oordeelskeuse voortkom nie, dit nie konsekwent is dat die mens gestraf  of beloon word nie.4 Hoewel die redenasie sy oorsprong by Aristoteles het,5 erken ek nogtans dat Chrysostomos6 en Hieronymus dit iewers gebruik. Hieronymus steek dit trouens nie weg dat dit aan die Pelagiane baie bekend was nie en hy haal ook hulle eie woorde soos volg aan: "As die genade van God in ons werk, sal sy genade bekroon word en nie ons nie, omdat ons nie werk nie!"7

Sover dit die straf aangaan, is my antwoord dat dit met reg op ons gelê word omdat die skuld vir die sonde uit ons kom. Want van watter belang is dit of die sonde uit 'n vrye of 'n slaafse oordeel begaan word as dit uit 'n vrywillige begeerte kom, veral aangesien die mens as sondaar aangekla word omdat hy hom onder die slawerny van die sonde bevind? Sover dit die loon van geregtigheid aangaan: hoe 'n groot ongerymdheid sou daarin wees as ons sou erken dat dit eerder van God se goedertierenheid as van ons eie verdienstes afhang? Hoe dikwels kom die woorde nie by Augustinus voor dat God nie ons verdienstes bekroon nie maar sy gawes. Hy verklaar dat die bekroning 'n beloning genoem word, nie omdat God dit vir ons verdienstes aan ons verskuldig is nie maar omdat Hy die gawes wat Hy alreeds aan ons gegee het, daarmee vergoed.8 Hulle merk ten minste met skerpsinnigheid op dat daar dan geen plek meer vir verdienste is nie as ons werke nie uit die bron van ons oordeelsvryheid voortkom nie.9 Omdat hulle dit beskou as iets wat grootliks onpaslik is, is hulle heeltemal verdwaal. Want Augustinus aarsel nie om dit wat hulle so verkeerd ag om te bely, as noodwendigheid te leer nie. Dit is duidelik wanneer hy sê: "Wat is tog die verdienstes van die mens? Wanneer Hy wat alleen vry van die sonde en Bevryder van die sonde is, nie met verdiende loon nie maar met onverdiende genade kom, bevind Hy dat alle mense sondaars is".10 Net so verklaar hy: "As dit wat aan jou verskuldig is, aan jou teruggegee word, moet jy gestraf word. Maar wat gebeur? God gee nie aan jou die straf wat Hy jou verskuldig is nie, maar Hy skenk aan jou sy genade, wat Hy nie aan jou verskuldig is nie. As jy dan vervreemd wil wees van sy genade, roem dan op jou verdienstes!''11 So sê hy ook: "Uit jouself is jy niks;  jou sondes is jou eie, jou verdienstes behoort egter aan God.]y moet gestrafword, en wanneer jou loon kom, sal Hy sy gawes bekroon en nie jou verdienstes nie".12

Elders leer hy in dieselfde betekenis dat die genade nie uit die verdienste nie maar die verdienste uit die genade is. 'n Bietjie later kom hy tot die slotsom dat God sy gawes voor alle verdienstes laat kom om daaruit sy eie verdienstes te ontlok, en dat Hy dit volkome verniet aan die mens gee omdat Hy by die mens niks aantref om hom salig te maak nie.13

Maar waarom is dit nodig om 'n baie lang lys van sy uitsprake saam te stel wanneer sulke uitsprake gedurig in sy geskrifte voorkom?14 En tog sal die apostel hulle nog beter van hulle dwaling bevry as hulle maar net luister uit watter bron hy die heerlikheid van heiliges aflei, Hy verklaar: "Hy het die wat Hy vantevore verkies het, geroep; en die wat Hy geroep het, het Hy ook regverdig gemaak; en die wat Hy regverdig gemaak het, het Hy ook verheerlik".15 Waarom word die gelowiges dan volgens die getuienis van die apostel bekroon16 Omdat hulle deur die barmhartigheid van die Here en nie deur hulle eie ywer uitverkies, geroep en regverdig gemaak is nie. Weg dus met die sinlose vrees dat daar geen verdienstes meer sal wees as die mens se oordeelsvryheid nie meer bestaan nie. Want dit is die grootste dwaasheid om van dit waartoe die Skrif ons roep, afgeskrik te word en dit te vermy. Die Skrif sê: "As jyalles ontvang het, waarom roem jy dan asof jy dit nie ontvang het nie?"17 U  sien dat hy alles van die mens se oordeelsvryheid wegneem om geen plek vir sy verdienstes te laat nie. Soos God se milddadigheid en vrygewigheid onuitputlik en menigvuldig is, so vergeld Hy ook die genadegawes wat Hyaan ons gegee het, asof dit ons eie deugde is omdat Hy dit tot ons eiendom maak.

3. Die Derde Beswaar: Alle mense sou of goed of sleg gewees het as hulle nie 'n keuse tussen goed en kwaad gehad het nie.🔗

Hierbyvoeg hulle 'n beswaar wat skynbaar aan Chrysostomos ontleen is. Dit is naamlik dat alle mense dieselfde natuur sou hê en dat almal sleg of almal goed sou wees as die mens se wil nie die verrnoë gehad het om tussen goed of kwaad te kies nie.18 Wie ook al die skrywer van die boek Die roeping van die .heidene is, hy verskil nie veel van hierdie opvatting nie. Dit gaan tans rond onder die naam van Ambrosius. Hy redeneer dat niemand ooit van die geloof sou afgewyk het as die genade van God ons nie in 'n toestand gelaat het om 'n verandering te ondergaan nie.19 Dit is verbasend dat sulke groot manne so vergeetagtig kon wees! Want hoe kon dit nie in Chrysostomos se gedagtes opgekom het dat dit die verkiesing van God is wat so 'n onderskeid tussen mense maak nie? Sover dit ons aangaan, deins ons nie daarvan terug om toe te gee wat Paulus met groot gloed verklaar nie, naamlik dat alle mense bedorwe is en dat almal aan die boosheid uitgelewer is.20 Saam met hom voeg ons egter by dat dit deur God se barmhartigheid gebeur dat almal nie in hulle boosheid bly nie. Aangesien ons dus almal saam van nature aan dieselfde kwaally, word slegs die mense gesond aan wie dit die Here behaag het om sy hand ter genesing te reik. Die res, wat Hy volgens sy regverdigeoordeel verbygaan, kwyn in hulle verrotting weg totdat hulle heeltemal verteer word. Dit is ook die rede waarom sommige mense tot die einde toe volhard en ander by die begin van die wedloop ineenstort. Volharding is ook 'n gawe van God wat Hy nie sonder onderskeid aan almal gee nie maar slegs aan diegene skenk aan wie dit Hom behaag. As ons dan na die oorsaak vir die verskil vra waarom sommige mense bestendig volhard maar ander uit onbestendigheid swig, dan het ons nie 'n ander rede daarvoor nie as net dat die Here eersgenoemdes met sy krag versterk en onderskraag sodat hulle nie ten gronde gaan nie en dat Hy aan laasgenoemdes nie dieselfde krag gee om hulle onstandvastigheid te bewys nie.

4. Die Vierde Beswaar: Vermanings, Waarskuwings en Bestrawwing sou tevergeefs wees as 'n sondaar geen oordeelsvryheid het om daarop te reageer nie.🔗

Daarbenewens dring hulle daarop aan dat vermanings tevergeefs onderneem word, dat dit onnodig is om waarskuwings te gebruik en dat bestrawwings belaglik is as die sondaar nie by magte is om dit te gehoorsaam nie.21 Toe dergelike besware eenmaal teenoor Augustinus geopper is, is hy gedwing om sy boekie Bestrawwing en genade te skryf. Hoewel hy daarin sy teenstanders se besware breedvoerig weerlë het, roep hy hulle tog op om hierdie samevatting daarvan te weerspreek: "O mens, leer uit die wet wat jy moet doen; leer uit bestrawwing dat jy as gevolg van jou bedorwenheid niks het nie, leer uit jou gebed uit watter bron jy ontvang wat jy wil hê''.22 Sy boek Die Gees en die letter het byna dieselfde redenasie. Daarin leer hy dat God die gebooie van sy wet nie aan die mag van mense meet nie maar dat Hy aan sy uitverkorenes verniet die verrnoë gee om dit te volbring wanneer Hy hulle dit wat reg is, gebied.23

Ons hoef nie 'n lang getwis oor die onderwerp te voer nie. Eerstens is nie net ons in hierdie saak nie maar ook Christus en al die apostels. Laat hulle maar toesien hoe hulle sal oorwin in 'n stryd wat hulle met sulke teenstanders aanknoop. Christus getuig dat ons sonder Hom tot niks in staat is nie,24 maar berispe en tug Hy dié mense wat sonder Hom kwaad bedryf, dan minder? Spoor Hy elkeen daarom minder aan om hom op goeie werke toe te lê? Hoe heftig bestraf Paulus nie die Korinthiërs omdat hulle die liefde verwaarloos nie?25 Tog bid hy dat die liefde deur die Here aan hulle gegee mag word. In sy brief aan die Romeine getuig hy dat dit nie afhang van een wat wil of van een wat hardloop nie, maar van God, wat barmhartig is.26 Tog sien hy daarna nie af daarvan om te vermaan, aan te spoor en te bestraf nie. Waarom verkwalik hulle die Here dan nie daarvoor dat Hy sy werk nie so tevergeefs moet aanwend deur van die mens dinge te vereis wat slegs Hy kan gee, en hulle vir oortredinge te tugtig wat as gevolg van 'n gebrek aan sy genade began word nie? Waarom vermaan hulle Paulus nie om die mense te spaar in wie se hand dit nie is om te wil of te hardloop nie tensy God se barmhartigheid, wat hulle nou verlaat het, hulle vooruitgaan? Net asof die Here nie die beste metode van sy onderwysing ken nie terwyl dit geredelik beskikbaar is vir die mense wat godvresend daarna soek! Paulus dui inderdaad aan hoeveel leer, vermaan en bestraf op sigselfvermag om die gemoed van die mens te verander wanneer hy skryf dat hy wat plant en hy wat natmaak, niks is nie maar dat die Here, wat wasdom gee, alleen kragtig werk.27 So sien ons dat Moses die voorskrifte van die wet streng bevestig28 en dat die profete heftig daarop aandring en oortreders dreig. Tog erken hulle dat die mens eers verstandig is wanneer 'n hart aan hom gegee word om te verstaan;29 dat dit God se eie werk is om hulle harte te besny30 en in die plek van harte van klip aan hulle harte van vleis te gee;31 en om sy wet in hulle binneste in te skrywe,32 kortom: om deur die vernuwing van ons siele33 te maak dat sy leer kragtig is.

5. Die Doel van Vermaning.🔗

Wat is dan die doel van vermanings? Dit is naamlik om vir die goddelose as getuienis te dien wanneer hulle voor die regbank van die Here kom, as hulle die vermanings halsstarrig verag. Ja, selfs nou slaan en gésel vermanings hulle gewete, want al sou al die voortvarendste mense die spot daarmee dryf, kan hulle tog nie die teendeel bewys nie. Maar wat, sal jy sê, moet 'n ellendige mensie doen wanneer die versagting van sy hart, wat vir gehoorsaamheid noodsaaklik is, hom geweier word? Ja, waarheen moet hy hom wend, aangesien hy die hardheid van sy hart net aan homself kan toeskryf? So word die goddeloses, wat maar te gereed en bereid is om met vermanings die spot te dryf as hulle kan, deur die krag daarvan neergevel of hulle nou ook al wil of nie. Ons moet egter die voordeel wat dit vir gelowiges inhou, as die belangrikste voordeel van vermanings beskou. Want soos die Here alles deur sy Gees in hulle werk, laat Hy sy Woord as middel nie agterweë nie, maar Hy gebruik dit ook doeltreffend.

Laat dit dan as die waarheid vas bly staan dat al die krag van godvrugtiges in die genade van God geleë is, volgens die woorde van die profeet: "Ek sal aan hulle 'n nuwe hart gee om daarin te wandel."34 En tog sal jy die beswaar opper: "Waarom word hulle nou oor hulle plig vermaan en word hulle nie liewer aan die bestiering van die Gees oorgelaat nie? Waarom word hulle met vermanings aangepor wanneer hulle hulle nie vinniger kan haas as wat die aansporing van die Gees toelaat nie? Waarom word hulle gestraf wanneer hulle van die weg afgewyk het omdat hulle as gevolg van die noodwendige swakheid van hulle vlees geval het?"

Mens, wie is jy dat jy aan God 'n wet kan voorskryf? As dit sy wil is om ons deur vermaning juis voor te berei om die genade te ontvang om sy vermaning te gehoorsaam, watter rede het jydan om God se beleid te belaster en te beledig? As vermanings en bestrawwings geen ander voordeel vir godvrugtiges inhou as net om hulle van hulle sonde aan te kla nie, moet ons dit juis daarom nog as nuttig beskou. Aangesien vermanings tesame met die inwendige werking van die Gees baie vermag om by godvrugtige mense die begeerte na die goeie te laat ontvlam, om hulle traagheid van hulle af te skud en om die genot en giftige bekoorlikheid van die ongeregtigheid van hulle weg te neem, maar daarteenoor ook om 'n haat en afsku van die sonde te kweek, wie sou dan nog waag om spottenderwys te sê dat vermanings oorbodig is?

As iemand 'n duideliker antwoord as dit verlang, laat hy dan met die volgende tevrede wees. God werk op twee wyses in sy uitverkorenes, naamlik inwendig deur sy Gees en uitwendig deur sy Woord.35 Deur sy Gees maak Hy van hulle nuwe skepsels deur hulle verstand te verlig en hulle harte te vorm om sy geregtigheid lief te hê en dit te eerbiedig. Deur sy Woord wek Hy hulle op om hierdie vernuwing te begeer, te soek en te verkry. In albei openbaar Hy die kragtige werking van sy hand volgens die manier waarop Hy dit toewys. Wanneer Hy dieselfde Woord op die verwerptes rig, maak Hy dit nuttig vir iets anders as hulle verbetering, naamlik om in die lewe hier deur die getuienis van hulle gewete gekwel en op die oordeelsdag nog meer sonder verontskuldiging gemaak te word. Hoewel Christus verklaar dat niemand na Hom toe kom as sy Vader hom nie trek nie, en dat die uitverkorenes na Hom toe kom nadat hulle dit van die Vader gehoor en geleer het,36 het Hy nogtans nie sy plig as Leraar verwaarloos nie, maar met sorg nooi Hy met sy eie stem die mense uit wat inwendig deur die Heilige Gees geleer moet word om enige vordering te maak. Paulus leer ons ook dat die onderwysing vir die verwerptes nie tydverkwisting is nie, want dit is vir hulle 'n reuk van die dood tot die dood, maar vit God is dit 'n aangename reuk.37

6. Die Redenasie dat die mens se vermoë tot by die Voorskrifte van die Wet van God strek, getuig van die grofste onkunde.🔗

Hulle sloof hulle af om getuienis uit die Skrif bymekaar te maak. Hulle doen dit ook toegewyd om ons ten minste met die getal van hulle aanhalings toe te gooi, as hulle dit dan nie met die gewig daarvan kan doen nie. Wanneer 'n mens in 'n oorlog handgemeen raak, word die menigte onervare krygers dadelik met 'n paar houe uitmekaar gedryf en op die vlug gejaag ten spyte van hulle praal en grootdoenerige vertoon. Net so saldit vir ons baie maklik wees om ons teenstanders en hulle aanhangers uitrnekaar te jaag. Want al die aanhalings wat hulle teen ons misbruik, kom net in 'n baie klein handjievol punte saam as hulle almal in groepe onderverdeel word. Een antwoord sal dus genoeg wees vir verskeie van hulle redenasies en dit sal nie nodig wees dat ons ons hoef in te span om een vir een te weerlê nie.

Hulle stel die belangrikste krag van hulle redenasie in die gebooie. Hulle meen dat dit op so 'n wyse by ons vermoëns aangepas is dat ons gevolglik noodwendig alles kan volbring waarvan daar in die gebooie bewys gelewer word dat dit van ons geëis word.38 Hulle snel dus oor elkeen van die gebooie heen en na aanleiding daarvan meet hulle ons kragte. Hulle sê: "Want anders dryf God die spot met ons wanneer Hy heiligheid, godsvrug, gehoorsaamheid, kuisheid, liefde en sagmoedigheid gebied; en wanneer Hy onreinheid, afgodediens, onkuisheid, toorn, roof, hoogmoed en dergelike euwels verbied, eis Hy slegs die dinge wat binne ons verrnoë is". Verder kan byna al die voorskrifte wat hulle opstapel, in drie groepe onderskei word. Sommige vorder eers bekering tot God; sommige spreek eenvoudig van die onderhouding  van die wet; sommige gebied die mens om in die genade van God wat hulle ontvang het, te volhard. Laat ons eers oor almal in die algemeen praat; dan salons op elkeen se eienaardighede terugkom.

Dit is nou alreeds 'n geruime tyd dat die mense oor die algemeen begin sê het dat die mens se vermoëns  God strek, en dit lyk ook aantreklik. Dit kom egter voort uit die grofste onkunde oor die wet. Want hulle beskou dit as 'n ontsettende sonde as gesê word dat die onderhouding van die wet onmoontlik is, en beroep hulle op die kragtigste bewys, naamlik dat die wet anders tevergeefs gegee is.39 Dit is immers hoe hulle praat - net asof Paulus nêrens van die wet gepraat het nie. Want wat, vra ek jou, bedoel die volgende: dat die wet gegee is vanweë die oortredinge;40 dat deur die wet die kennis van die sonde is;41 dat die wet sonde veroorsaak;42 dat die wet bygekom het sodat die sonde meer kan word.43 Was die bedoeling daarvan dan om dit tot ons kragte te beperk, sodat dit nie tevergeefs gegee is nie? Nee, dit gee eerder te kenne dat dit ver buite ons bereik is om ons van ons magteloosheid te oortuig. Volgens sy beskrywing is die liefde in elk geval die doel en voleinding van die wet.44 Wanneer hy bid dat die gemoed van die Thessalonicense daarmee gevul mag word,45 beken hy genoeg dat die wet sonder voordeel in ons kern daarvan in ons harte afdruk nie.46

7. Die Wet is ten nouste met die Beloftes van God verweef.🔗

As die Skrif ons inderdaad niks anders leer as dat die wet 'n reël van die lewe is waarvolgens ons ons optrede moet inrig nie, sou ek onverwyld na hulle opvauingoorgegaan het. Maar aangesien die Skrif die menigvuldige gebruik van die wet noukeurig en duidelik vir ons uiteensit,47 betaam dit ons om na aanleiding van die Skrif se interpretasie daarvan te oorweeg watter invloed die wet op die mens het. Sover dit vir ons huidige onderwerp van belang is: sodra die Skrif voorgeskryf het wat ons moet doen, leer dit ons dat die krag om dit te gehoorsaam uit die goedertierenheid van God kom. Dit nooi ons daarom om gaardeur te vra dat krag aan ons gegee mag word. Asdaar slegs 'n bevel sonder 'n belofte sou wees, sou ons ons kragte op die proef moes stel of dit genoegsaam is om op die bevel te antwoord. Die beloftes is egter terselfdertyd daarin saamgeweef, en dit roep uit dat nie alleen onderskraging nie maar ook al ons krag in die bystand van God se genade geleë is. Dit getuig derhalwe meer as genoeg dat ons heeltemal onbekwaam, ja, heeltemal onopgewasse is om die wet te onderhou. Laat die verhouding tussen ons kragte en die voorskrifte van die wet daarom nie meer vir ons 'n kwelling wees nie net asof die Here die reël van geregtigheid wat Hy van voorneme was om in die wet aan ons te gee, na die geringe maat van ons swakheid sou meet! Na aanleiding van sy beloftes moet ons eerder daaroor nadink hoe onbekwaam ons uit onsself is, omdat ons in elke opsig sy genade so nodig het.

"Maar," sê hulle, "wie sal glo dat die Here sy wet op boomstompe en klippe gerig het?"48 Maar daar is tog niemand wat probeer om iemand hiervan te oortuig nie! Want goddelose mense is nie rotse en stompe wanneer hulle deur die wet geleer is dat hulle begeertes teen God stry en hulle op hulle eie getuienis skuldig word nie. Ook godvrugtige mense is nie stompe of klippe wanneer hulle oor hulle magteloosheid vermaan word en hulle toevlug tot sy genade neem nie. Die plegtige opvattings van Augustinus het dieselfde strekking: "God gebied iets wat nie in ons mag is nte, sodat ons kan weet wat ons van Hom moet vra.49 Die gebooie het groot nut as ons aan die mens se oordeelsvryheid slegs dit sou toestaan dat die genade van God nog meer geëer moet word.50 Die geloof verkry dit wat die wet gebied;51 ja, die wet gebied sodat die geloof dit wat deur die wet gebied word, kan verkry, ja, God eis juis geloofvan ons, en Hy vind nie wat Hy eis, tensy Hy dit gee om dit te vind nie".52 Net so: "Mag God gee wat Hy gebied en mag Hy gebied wat Hy wil".53

8. Die Eis van die Wet ten opsigte van Bekering, Gehoorsaamheid en Volharding in die Genade toon aan dat ons uit onsself tot niks in staat is nie.🔗

Ons sal dit nog duideliker kan waarneem wanneer ons die drie vorms van voorskrifte wat ons hierbo aangeroer het, behandel.54 In die wet sowel as in die profete gebied die Here ons baie dikwels om ons tot Hom te bekeer.55 Maar aan die ander kant roep die profeet: "Bekeer my, o Here, en ek sal bekeer wees. Want nadat U my bekeer het, het ek berou gehad," ensovoorts.56 Hy gebied ons om die voorhuid van ons harte te  besny.57 Maar deur Moses verklaar Hy dat die besnydenis deur sy eie hand geskied.58 Oral eis Hy die vernuwing van ons harte59 maar elders getuig Hy dat dit deur Hom self gegee word.60 Soos Augustinus sê, doen ons nie vanself deur ons oordeel of ons natuur wat God belowe nie, maar Hy doen dit self deur sy genade. Dit is hierdie opmerking wat dieselfde skrywer onder die reëls van Ticonius vyfde plaas, naamlik dat ons goed moet onderskei tussen die wet en die beloftes of tussen gebooie en genade.61 Laat dié mense dus maar begaan wat uit die voorskrifte aflei wat die mens se verrnoë is om gehoorsaam te wees, om sodoende die genade van God tot niet te maak waardeur die voorskrifte juis volbring word.

Die voorskrifte van die tweede kategorie is eenvoudig. Daarvolgens word ons gebied om God te eer, om sywil te dien en aan te hang, om die dinge wat Hom behaag, te onderhou en sy leer na te volg. Maar daar is ontelbare aanhalings wat daarvan getuig dat alle geregtigheid, heiligheid, godsvrug en reinheid gawes van God is.

Tot die derde kategorie voorskrifte behoort daardie aansporing waarvan Lukas vermeld dat Paulus en Bárnabas dit tot die gelowiges gerig het, naamlik dat hulle in die genade van God moet bly.62 Dieselfde Paulus leer ons elders vanwaar ons die krag vir so 'n standvastigheid moet vra. Hy sê: "Verder, my broeders, wees kragtig deur die Here".63 Elders verbied hy ons om die Gees van God te bedroefwaardeur ons tot die dag van ons verlossing verseël is.64 Maar omdat die mens nie kan nakom wat Hy daar van hom eis nie, bid Paulus die Here vir die Thessalonicense dat Hy hulle vir hulle heilige roeping waardig moet ag en dat Hy elke goeie voorneme van sy goedertierenheid en elke werk van die geloof in hulle volkome mag maak.65 Wanneer hy in die tweede brief aan die Korinthiërs die aalmoese behandel, prys hy hulle goeie en godvrugtige wil baie dikwels op dieselfde wyse aan.66 En tog dank hy God 'n rukkie later daarvoor dat Hy dit in Titus se hart gegee het om die las op hom te neem om hulle aan te spoor.67 As Titus dan nie eens sy mond kon gebruik om  ander aan te spoor sonder dat God die verrnoë om dit te doen aan hom voorsien het nie, hoe sou ander mense dan gewillig kon wees om sy aansporings uit te voer tensy God self hulle harte gerig het?

9. Bekering is nie die werk van die mens én die werk van God nie.🔗

Mense wat listiger as hulle is, dryf die spot met al hierdie getuienis, omdat niks dan sou verhinder dat ons ons eie kragte inspan en dat God aan ons swak pogings bystand sou verleen nie. Hulle voer ook aanhalings aan waaruit dit lyk asof die bewerking van ons bekering tussen God en ons verdeel word. So byvoorbeeld: "Keer terug na My, en Ek sal na julle terugkeer".68 Ons het hierbo alreeds aangetoon69 wat die aard van die bystand is wat die Here aan ons verleen, en dit is nie nodig om dit hier te herhaal nie. Ek wil hê dat slegs hierdie een toegewing aan my gemaak word, naamlik dat die vermoë om die wet te volbring tevergeefs van ons geëis word, omdat die Here ons beveel het om dit te gehoorsaam.70 Dit staan immers vas dat ons die genade van die Wetgewer, wat  ook aan ons belowe is, nodig het om al die voorskrifte van God te volbring. Daaruit blyk dit ten minste dat meer van ons geëis word as wat ons kan betaal. Jeremia se getuienis kan ook deur geen valse beskuldigings afgetakel word nie. Hy sê dat die verbond wat God met sy volk van die ou tyd gesluit het, tot niet gegaan het, omdat dit slegs 'n verbond van die letter was; dat dit egter wel bevestig word wanneer die Gees bykom, omdat Hy hulle harte vorm om daaraan gehoorsaam te wees. Die verklaring: "Keer terug na My en Ek sal na julle terugkeer",71 keur ook nie hulle dwaling goed nie. Want daar word nie melding gemaakvan die inkeer tot God, waardeur Hyons harte tot bekering vernuwe nie, maar van die inkeer waardeur Hy getuig dat Hy ons welwillend en goedgesind is deur aan ons voorspoed te gee. So gee Hy soms deur teenspoed te kenne dat Hy vertoorn is. Want toe sy volk deur baie ellendes en rampe geteister is, het hulle gekla dat God Hom van hulle af weggekeer het. Die Here antwoord daarop dat sy goedertierenheid hulle nie sal ontbreek as hulle na 'n regskape lewe en na Hom, wat self die ewebeeld van geregtigheid is, terugkeer nie. Die verwysing word dus verkeerdelik verdraai wanneer dit so vertrek word dat die werk van bekering tussen God en die mens verdeel word. Ons het hierdie onderwerp bale bondig bestryk omdat daar vir hierdie redenasie te geleëner tyd geleentheid sal wees wanneer ons die wet vollediger behandel.72

10. Met Sy versoeke ''As julle wil en as julle luister", verleen God nie aan ons vrymag om te wil of te luister nie.🔗

Die tweede groep van hulle redenasies staan baie na aan die voorgaande. Daarvoor voer hulle die beloftes aanwaardeur die Here 'n verbond sluit met ons wil. Sulke beloftes is byvoorbeeld: "Soek die goeie en nie die bose nie, en julle sal lewe",73 "As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet, maar as julle nie gewillig is nie, sal die swaard julle verslind, want die mond van die Here het dit gespreek".74 Net so:  "As jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, sal jy nie uitgedryf word nie",75 "As jy luister na die stem van die Here jou God, en al sy gebooie doen en bewaar, sal die Here jou verhoog bo al die volke van die aarde''76 en dergelike voorbeelde.77 Hulle meen dat die weldade wat die Here ons in sy beloftes aanbied, onpaslik en as 'n bespotting aan ons wil toevertrou word as dit nie in ons verrnoë is om dit te bevestig of tot niet te maak nie. Dit is inderdaad maklik om die onderwerp met welsprekende klagtes te vergroot, naamlik dat ons wreedaardig deur God bespot word wanneer Hy verklaar dat sy goedertierenheid van ons afhang, as ons wil juis nie in eie reg kan bestaan nie. Net so kan gesê word dat dit 'n voortreflike milddadigheid van God sou wees as Hy sy weldade op so 'n wyse aan ons voorsit dat ons nie die verrnoë het om dit te geniet nie! Net so: dat dit 'n verbasende sekerheid van sy beloftes is wat van 'n onmoontlike saak afhang sodat die beloftes nooit vervul kan word nie.78 Ons sal elders praat oor die beloftes waarby 'n voorwaarde gevoeg is.79 Daaruit sal dit duidelik wees dat daar niks ongerymds in die onmoontlike vervulling daarvan is nie!

Sover dit die huidige onderwerp betref: Ek verklaar dat God nie gevoelloos met ons die spot dryf wanneer Hy ons nooi om sy weldade te verdien hoewel Hy weet dat ons heeltemal magteloos is om dit te doen nie. Aangesien sy beloftes aan gelowiges sowel as aan goddelose mense aangebied word, het hulle in elkeen van die gevalle 'n eie toepassing. So prikkel God die gewete van die goddelose om te verhoed dat hulle hulle uitermatig lekker in hulle sondes sou verlustig sonder om sy oordele in gedagte te hou. So getuig Hy met sy beloftes ook hoe onwaardig hulle sy goedertierenheid is. Want wie sou kon verklaar dat dit nie die toppunt van billikheid en paslikheid is dat die Here sy weldade aan die mense bewys deur wie Hy gedien word nie, maar dat Hy Hom in ooreenstemming met sy strengheid wreek op die mense wat sy majesteit verag? God handel dus behoorlik en ordelik wanneer Hy in sy beloftes hierdie wet aan die goddeloses wat deur die boeie van die sonde vasgebind is, stel, naamlik dat hulle eers sy weldade sal geniet as hulle van hulle boosheid afsien - en dit slegs vanweë die feit dat hulle moet besef dat hulle tereg daarvan uitgesluit word, omdat dit net aan die mense wat God waarlik eer, verskuldig is.

Omdat Hy aan die ander kant trag om die gelowiges op elke moontlike wyse aan te spoor om Hom om sy genade te smeek, sal daar nooit 'n wanklank in wees as Hy ook met sy beloftes beproef wat Hy met sy voorskrifte met groot vrug teenoor hulle doen nie, soos ons aangetoon het. Wanneer ons deur die voorskrifte van God in verband met ons wil onderrig is, word ons op ons ellende gewys, terwyl ons met ons hele hartso afkerig daarvan is. Terselfdertyd word ons opgewek om sy Gees aan te roep om deur Hom op die regte pad gelei te word. Omdat ons traagheid egter nie genoeg deur sy voorskrifte opgeskerp word nie, word sy beloftes daar bygevoeg om ons met die een of ander soetheid te lok om dit lief te hê. Hoe groter ons verlange na sy geregtigheid is, hoe vuriger word ons om die genade van God te soek. Nou kan ons sien hoe die Here nie met die versoeke "As julle wil en as julle luister" aan ons 'n vrye mag verleen om te wil of te luister nie en dat Hy ons nogtans nie vanweë ons magteloosheid bespot nie.

11. Die Roomse Redenasie dat God se bestrawwing geen betekenis sou hê as die mens nie oordeelsvryheid het nie, is onsinnig.🔗

Die derde kategorie het ook baie gemeen met die voorgaande. Want hulle voer verwysings aan waarin God sy ondankbare volk daaroor bestraf dat dit slegs deur hulle toedoen is dat hulle nie elke soort goed uit sy goedgunstigheid ontvang het nie. Die volgende is voorbeelde van hierdie kategorie: "Die Amalekiete en Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur hulle swaard val, omdat julle nie in die Here wou berus nie";80 "omdat Ek julle geroep het en julle nie geantwoord het nie, sal Ek aan hierdie huis doen soos Ek aan Silo gedoen het".81 Net so: "Die volk het nie na die stem van die Here hulle God geluister nie en sy tugtiging nie aangeneem nie;82 daarom is dit van die Here af weggewerp''.83 Net so: "Omdat julle julle harte verhard het en die Here nie wou gehoorsaam nie, het al hierdie kwaad met julle gebeur''.84

Hulle sê: "Hoe sou sulke bestrawwings kon pas by mense wat dadelik kan antwoord: 'Ons het inderdaad voorspoed begeer en teenspoed gevrees, maar die feit dat ons die Here nie gehoorsaam het nie en na sy stem nie geluister het nie ter wille daarvan om voorspoed te verkry en teenspoed te onrwyk, het plaasgevind omdat ons aan die heerskappy van die sonde onderworpe was. Ons word dus tevergeefs vir die kwaad bestraf, omdat ons nie by magte was om dit te ontwyk nie'". Ek laat hulle dekmantel van noodwendigheid buite rekening. Die verdediging wat hulle daarop bou, is wankelmoedig en onsinnig. My vraag is of hulle hulle skuld kan verontskuldig. Want as hulle van enige skuld aangekla staan, reken die Here hulle dit nie sonder rede toe dat dit as gevolg van hulle bedorwenheid gebeur het dat hulle die vrug van sy sagmoedigheid nie ervaar het nie. Laat hulle dus antwoord of hulle kan ontken dat hulle bose wil die oorsaak van hulle weerspannigheid was! As hulle dan die oorsprong van die kwaad binne-in hulleself vind, waarom is hulle dan so gretig om na oorsake van buite te soek om nie vir hulleself  na die bewerkers van hulle eie ondergang te lyk nie? Maar as dit waar is dat sondaars nie as gevolg van 'n ander se sonde nie maar as gevolg van hulle eie van die weldade van God beroof en dus deur sy wraak gekasty word, is dit 'n belangrike rede waarom hulle na die verwyte uit God se mond moet luister. Hulle moet leer dat as hulle hardnekkig in hulle sonde volhard, hulle in teenspoed hulle eie boosheid moet aankla en verafsku eerder as om God van onregverdige wreedheid te beskuldig. As hulle hulle volleerdheld nie laat vaar nie, moet hulle, vasgegryp deur hulle afkeer van die sonde (en hulle sien dat hulle dit verdien om ellendig en verlore te wees) na die regte pad terugkeer, en hulle moet dit met alle erns belyen erken waaraan die Here hulle herinner wanneer Hy hulle teregwys.

Uit die plegtige gebed van Daniël in hoofstuk nege is dit duidelik dat die bestrawwingsvan die profete wat hier aangehaal word, hierdie voordeel onder godvrugtiges ontlok het.85 Ons sien 'n voorbeeld van die eerste toepassing daarvan by die Jode. Jeremia is gebied om die oorsaak van hulle ellendes aan hulle mee te deel, hoewel dit tog nie anders sou verloop as wat die Here voorsê het nie. "Jy moet al hierdie woorde aan hulle meedeel, maar hulle sal na jou nie luister nie. Jy sal na hulle roep, en hulle sal jou nie antwoord nie."86 Met watter doel het hy dan vir dowes geprofeteer? Sodat hulle teen wil en dank kon besef dat dit waar is wat hulle gehoor het, naamlik dat die goddeloses heiligskenners is as hulle die skuld vir hulle boosheid wat binne-in hulleself is, aan God sou toeskryf.

'n Mens sou hom met baie groot gemak met 'n paar weerleggings kon loswoel uit die eindelose hoop getuienisse wat die vyande van die genade van God gewoonlik uit sy voorskrifte en teregwysings teen die oortreders van die wet versamel om 'n beeld vir hulle oordeelsvryheid op te rig. In 'n psalm word daar smadelik na die jode verwys: "'n Goddelose geslag wat hulle harte nie gerig het nie".87 In 'n ander psalm vermaan die profeet die mense van sy tyd om hulle harte nie te verhard nie, omdat al die skuld vir hulle weerspannigheid aan die bedorwenheid van die mens vaskleef.88 Maar die onverstandige afleiding word daaruit gemaak dat die hart, waarvan die voorbereiding van God af kom, hom na enige van die twee kante kan wend. Die profeet sê: "Ek het my hart geneig om U gebooie te bewaar",89 omdat hy hom met graagte en met blymoedige geneigdheid aan God oorgegee het. Nogtans roem hy nie daarop dat hy self die bewerker van sy geneigdheid was nie. In dieselfde psalm bely hy trouens dat dit 'n gawe van God is.

Ons moet dus Paulus se vermaning in gedagte hou. Hy beveel die gelowiges om hulle saligheid met vrees en bewing uit te werk, omdat dit God is wat die wil en die volvoering in hulle werk.90 Hy ken aan hulle wel die taak om te werk toe, sodat hulle nie aan die traagheid van hulle vlees sou toegee nie. Wanneer hy vir hulle vrees en onrustigheid voorskryf, maak hy hulle daarmee ootmoedig dat hulle moet onthou dat juis dit wat hulle beveel word om te doen, God se werk is. Daarmee druk hy duidelik uit dat gelowiges, om dit so te stel, passief werk in soverre die verrnoë uit die hemel aan hulle voorsien word, sodat hulle heeltemal niks vir hulleself kan toe-eien nie. Wanneer Petrus ons vermaan om deug by die geloof te voeg,91 ken hy nie aan ons 'n tweede rol in die werk toe asof ons afsonderlik iets kan doen nie, maar hy skud slegs die luiheid van ons vlees wakker waardeur die geloof juis meestal versmoor word. Paulus se verklaring het dieselfde strekking. Hy sê: "Blus die Gees nie uit nie",92 want van tyd tot tyd bekruip traagheid die gelowiges as dit nie reggestel word nie. As iemand egter daaruit aflei dat dit binne hulle oordeel val om die lig wat hulle aangebied is, te bewaar, sal hulle onverstandigheid maklik weerlê kan word, omdat hierdie ywer wat Paulus vereis, net van God af kom. Want ons word ook dikwels gebied om ons van elke smet te reinig hoewel die Gees vir Hom alleen die werk van heiligmaking opeis.93

Uit die woorde van Johannes is dit ten slotte baie duidelik dat iets wat  God toekom, dikwels by wyse van toegewing op ons oorgedra word. Hy sê: "Hy wat uit God is, bewaar homself".94 Die voorstanders van oordeelsvryheid gryp hierdie woorde aan net asof ons deels deur die krag van God en deels deur ons eie krag-bewaar word en asof ons juis die bewaring waarvan die apostel melding maak, nie uit die hemel het nie. Daarom vra Christus die Vader om ook ons van die bose te bewaar.95 Ons weet ook dat godvrugtiges net met die wapens van God die oorwinning behaal wanneer hulle teen die Satan stry.96 Wanneer Petrus ons dus beveel om ons siele tot gehoorsaamheid aan die waarheid te reinig, voeg hy dadelik as 'n verbetering by: deur die Gees.97

Kortom: Johannes toon kortliks aan hoe nietig al die mens se kragte in sy geestelike stryd is wanneer hy leer dat die wat uit God gebore is, nie kan sondig nie,98 omdat die saad van God in hulle bly. Elders gee hy as rede daarvoor aan dat ons geloof die oorwinning is wat die wêreld oorwin.99

12. 'n Bespreking van Deut. 30:11 e.v.🔗

Getuienis word nogtans uit die wet van Moses aangehaal wat skynbaar heftig in stryd is met ons oplossing. Want na die afkondiging van die wet roep hy die volk soos volg as getuie daarvoor: "Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is nie verborge nie en nie ver van jou nie. Dit is nie in die hemel nie, maar baie naby jou, in jou mond en in jou hart om dit te doen".100 As ons daaronder verstaan dat dit bloot oor die voorskrifte van die wet gesê is, erken ek dat dit vir ons huidige onderwerp groot gewig inhou. Hoewel dit geringe moeite sou verg om die probleem te ontwyk, omdat dit hier nie gaan om die gemak en geneigdheid om dit te onderhou nie maar om dit te ken, sou daar daarna miskien tog enkele probleme oorbly. Die apostel ruim inderdaad alle twyfel byons daaroor  uit die weg wanneer hy dit ondubbelsinnig so verklaar en bevestig dat Moses hier oor die leer van die evangelie gepraat het.101 As iemand egter baie weerbarstig daarteen sou stry omdat dit gewelddadig deur Paulus verdraai is om op die evangelie betrek te kan word, is daar tog bewyse om hom bo en behalwe die gesag van die apostel te weerlê, hoewel so 'n man se aanmatigende houding nie sonder goddeloosheid sal wees nie. As Moses net van die voorskrifte van die wet alleen gepraat het, sou hy die volk met die ydelste selfvertroue opgeblaas het. Want wat sou hulle anders gedoen het as om hulleself tot 'n val te bring as hulle met hulle eie kragte tot die onderhouding van die wet sou toetree asof dit nie 'n moeilike taak is nie? Waar is so 'n geredelike gemak beskikbaar om die wet te onderhou wanneer daar geen toegang daartoe is behalwe langs 'n gevaarlike afgrond nie? Daarom is daar niks sekerder as dat Moses met hierdie woorde die genadeverbond bedoel het, wat hy saam met die eis van die wet afgekondig het nie. Want enkele reëls tevore het hy geleer dat ons harte deur die hand van God besny moet word sodat ons Hom kan liefhê.102 Hy het dus hierdie gemak waarvan hy weldra praat, nie in  die mens se krag nie maar in die bystand en onderskraging van die Heilige Gees gestel wat sy werk kragtig in ons swakheid volvoer. Tog moet ons onder die verwysing nie bloot die voorskrifte van die wet verstaan nie maar eerder die beloftes van die evangelie. Dit versterk egter nie die vermoë om die geregtigheid in ons te verkry nie maar ontneem ons heeltemal daarvan.

Paulus bevestig dit ook met hierdie getuienis wanneer hy daaroor nadink dat ons saligheid nie in die evangelie onder 'n onverbiddelike, moeilike en onmoontlike voorwaarde waarvolgens die wet met ons handel, aan ons voorgehou word nie (naamlik dat slegs dié mense uiteindelik die saligheid sal verkry wat al die gebooie van die wet volbring het) maar dat ons ons saligheid met 'n maklike en ongehinderde voorwaarde en oop toegang bekom.103 Hierdie getuienis dra dus niks daartoe by om vryheid vir die mens se oordeel op te eis nie.

13. Die Betekenis van God se "afwagting" soos Hosea 5:15 te kenne gee.🔗

Gewoonlik word sommige ander besware geopper om daarmee aan te toon dat God soms die bystand van sy genade onttrek, die mens beproef en afwag waarop die mens hom gaan toelê. So staan daar in Hoséa: "Ek sal na my woonplek gaan totdat hulle hulle skuld beken en myaangesig soek".104 Volgens hulle sou dit belaglik wees as God sou oorweeg of Israel sy aangesig sou soek as hulle nie buigsame harte gehad het sodat dit hulle volgens hulle eie mag in enige van die twee rigtings kon laat neig nie - net asof dit nie 'n baie algemene gebruik onder die profete was om God voor te stel as 'n God wat sy volk verstoot en verwerp totdat hulle hulle lewe verbeter het nie!

Maar wat sal ons teenstanders nou eintlik uit sulke dreigemente kan aflei? As hulle bedoel dat 'n volk wat deur God verlaat is, hulle bekering uit hulleself kan behartig, sal hulle dit doen terwyl die hele Skrif hom daarteen verset. As hulle erken dat God se genade vir bekering noodsaaklik is, waarom twis hulle dan met ons? Hulle gee egter op so 'n wyse toe dat God se genade noodsaaklik is dat hulle tog die mense se verrnoën wil behou. Waaruit bewys hulle dit? Sekerlik nie uit die verwysing hierbo en dergelike verwysings nie! Want dit is een ding dat God Hom van die mens onttrek en kyk wat hy doen wanneer hy aan himself oorgelaat word, maar 'n heel ander saak dat God die mens se kragte vanweë sy swakheid ietwat te hulp kom.105

"Maar wat", sal iemand vra, "gee sulke spreekwyses te kenne?" My antwoord is dat dit net soveel krag dra asof God sou sê: "Aangesien daar by hierdie wederstrewige volk deur vermaning, waarskuwing en bestrawwing geen vordering is nie, sal Ek My'n rukkie van hulle onttrek en stilswyend toelaat dat hulle verdruk word. Ek sal sien of hulle uiteindelik na langdurige teenspoed aan Mysal dink om my aangesig te soek". Dat die Here egter ver weggaan, beteken dat Hy sy profesie wegneem. Om te kyk wat die mens gaan doen, beteken dat God hulle met verskeie verdrukkinge stilswyend en asof Hy Homself verberg, 'n tyd lank beproef. Hy doen albei hierdie dinge om ons nog meer tot ootmoed te bring. Want ons sou eerder deur die géselslae van ons teenspoed verpletter word as om verbeter te word, behalwe as Hy ons deur sy Gees sou vorm om dit te leer. Wanneer die Here deur ons onverswakte weerstrewigheid vertoorn en as 't ware vermoei is, los Hy ons 'n rukkie natuurlik deur syWoord weg te neem waarin Hy gewoonlik sy teenwoordigheid aan ons openbaar -, en Hy stel op die proef wat ons sonder Hom sal doen. Daaruit word die valse afleiding gemaak dat oordeelsvryheid bepaalde vermoëns het wat God kan waarneem en kan ondersoek. Soms doen Hy dit met geen ander doel as om ons te dwing om ons eie nietigheid106 te erken nie.

14. Net so min as wat "ons daaglikse brood" ons s'n is, is "ons goeie werke" ons s'n.🔗

Hulle stry ook teen ons na aanleiding van die vaste spreekwyse wat sowel in die Skrifte as in die spraak van mense in swang is. Goeie werke word immers "ons s'n" genoem, en daar word gesê dat ons dit wat heilig en vir God welbehaaglik is, doen, net sowel as wat ons sonde doen. Maar as die sonde ons dan met reg toegereken word as sonde wat uit ons kom, moet om dieselfde rede ook iets van die werke van geregtigheid aan ons toegeskryf word. Want dit sou dan onredelik wees om te sê dat ons die dinge doen, terwyl ons onbekwaam is om dit uit eie beweging te verrig en ons soos 'n klip deur God beweeg moet word. Hoewel ons dus aan die genade van God die eerste plek verleen, dui sulke spreekwyses tog daarop dat ons werk daarin 'n sekondêre funksie het. As hulle dan op slegs die een toegewing sou aandring, naamlik dat die goeie werke "ons werke" genoem word, sou ek op my beurt daarteen beswaar kon maak dat die brood waarvoor ons bid dat God dit aan ons moet gee, "ons brood" genoern word.107 Waarop sal hulle nog na aanleiding van die besitlike voornaamwoord ons aanspraak maak, anders as op ander dinge wat glad nie aan ons verskuldig is nie, wat deur die goedertierenheid van God en sy onverdiende gawe ook ons eiendom word? Gevolglik moet hulle dit in die gebed van die Here as 'n ongerymdheid bespot, of hulle moet dit nie as belaglik beskou dat goeie werke ons werke genoem word nie, hoewel ons daarin niks het wat aan ons behoort nie behalwe dit wat God aan ons skenk. Hulle bewering dat die Skrif dikwels bevestig dat dit ons self is wat God dien, sy geregtigheid bewaar, sy wet gehoorsaam en vir goeie werke ywer, is tog 'n bietjie kragtiger. Aangesien dit besondere funksies van die verstand en die wil is, hoe sou dit dan rym dat hierdie funksies op die Gees toegepas en terselfdertyd aan ons toegeskryfword as daar dan nie 'n mate van gemeenskap tussen ons ywer en God se krag is nie? Ons salons sonder veel moeite uit hierdie beslommernisse loswoel as ons behoorlik nadink oor die wyse waarop die Gees van die Here in die heiliges werk.

Daardie vergelyking waarmee hulle ons nydig beswaar, is in elk geval vreemd. Want wie is so dwaas dat hy sou meen dat die beweging van 'n mens niks van die gooi van 'n klip verskil nie?108 Uit ons leer kan trouens geen gevolgtrekking van so 'n aard gemaak word nie. Onder die natuurlike vermoëns van die mens groepeer ons die volgende: om iets goed te keur of dit te verwerp; om iets. te wil of dit nie te wil nie, om iets na te jaag ,of te weerstaan, naamlik om ydelheid goed te keur en ware goed te verwerp; om die kwaad te wil en die goeie nie te wil nie: om na boosheid te strewe en geregtigheid teen te staan. Wat is die Here se werk hierin? As Hy sulke boosheid as 'n instrument van sy toorn wil gebruik, stuur en bestem Hy dit waarheen dit Hom behaag om sy goeie werk deur 'n gebrekkige hand te volbring. Salons dan 'n goddelose mens wat die mag van God dien terwyl hy hom inspan om syeie luste te gehoorsaam, met 'n klip vergelyk wat met geweld gegooi word en sonder emosie of gevoel of 'n eie wil voortsnel? Ons sien hoe groot die verskil tussen hulle is. Maar wat dan van die vromes oor wie die vraag in besonder gaan? Wanneer Hy sy ryk in hulle oprig, beteuel Hy hulle wil deur sy Gees dat hulle nie vanweë hulle natuurlike neiging deur onbeteuelde luste op en af geruk word nie. Hy buig, skik, vorm en stuur hulle wil volgens die reël van sy geregtigheid sodat dit na heiligheid en geregtigheid neig. Deur die krag van sy Gees bevestig en versterk Hy hulle wil om nie te struikel of te val nie. Daarom skryf Augustinus: "Jy sal vir my sê: 'Ons word dus aangedryf en doen self niks nie'. Ja, jy werk en word terselfdertyd aangedryf. Jy werk goed wanneer jy deur die goeie aangedryf word. Die Gees van God wat jou aandryf, help die wat werk. Die woord help gee te kenne dat jy ook iets doen".109 In die eerste deel hiervan leer hy ons dat die werk van die mens nie deur die beweging van die Heilige Gees weggeneem word nie, omdat sy wil uit die natuur kom en so geregeer word dat dit die goeie najaag. Die feit dat hy egter  dadelik byvoeg dat ons uit die woord help kan aflei dat ons ook iets werk, moet ons nie so verstaan asof hy iets aan ons afsonderlik toeken nie. Maar om nie ons traagheid aan te por nie versoen hy God se werk op so 'n wyse met ons werk dat ons wil uit ons natuur kom en ons wil om goed te doen uit die genade. Daarom het hy 'n rukkie vantevore gesê: "As God ons nie help nie, salons nie alleen nie oorwin nie maar selfs nie eens kan stry nie".110

15. Alles wat God in ons werk, word deur Sy goedertierenheid ook ons s'n, en dit is Hy wat ons verstand, wil en ywer ten goede stuur.🔗

Hieruit is dit duidelik dat God se genade - soos hierdie woord gebruik word wanneer die wedergeboorte ter sprake is - 'n reël van die Gees is om die mens se wil te stuur en te beheer. Maar die Gees kan die wil van die mens nie beheer sonder om dit te verbeter, te hervorm en weer nuut te maak nie. Vandaar dat ons sê dat die begin van ons wedergeboorte daarin geleë is dat alles wat aan ons behoort, tot niet gemaak word. Terselfdertyd kan die Gees die wil van die mens nie beheer sonder om dit te beweeg, te bewerk, aan te dryf, te dra en te onderhou nie. Daarom sê ons tereg dat al die werke wat daaruit ontstaan, geheel en al syne is. Intussen ontken ons nie dat dit wat Augustinus leer, baie waar is nie, naamlik dat die wil nie deur die genade vernietig word nie maar eerder daardeur herstel word.111 Albei kan immers baie goed saam bestaan, sodat daar gesê kan word dat die mens se wil herstel word wanneer sy gebrekkigheid en bedorwenheid reggestel is en dit waarlik op die reel van geregtigheid gerig word. Daar kan gesê word dat daar terselfdertyd 'n nuwe wil in die mens geskep word omdat dit so gebrekkig en bedorwe is dat dit noodwendig 'n volkome nuwe geaardheid moet aanneem.

Nou is daar niks wat verhinder dat tereg gesê kan word dat ons werk wat die Gees van God in ons werk nie - selfs al sou ons wil niks wat van sy genade losgernaak kan word, uit homself daartoe kon bydra nie. Daarom moet ons die verwysing wat ons elders uit Augustinus aangehaal het, in gedagte hou. Hy sê naamlik dat sommige mense hulle tevergeefs vermoei om in die mens se wil iets goeds van sy eie te vind.112 Want elke mengsel wat die mens poog om uit die krag van die vrye oordeel by die genade van God by te voeg, is niks anders as om die genade te bederwe nie. Dit is soos wanneer iemand sy wyn met modderige bitter water verdun. Hoewel alles wat in die mens se wil goed is, enkel en alleen op die ingewing van die Gees na vore kom, omdat die wil tog van nature by ons aangebore is, word daar nie sonder rede gesê dat ons iets werk waarvoor God met reg die lof vir Homself eis nie. Want ten eerste is alles wat Hy in ons werk, deur sy goedertierenheid ook ons s'n. Ons moet maar net besef dat dit nie uit ons ontstaan nie. Ten tweede is dit ons verstand, ons wil en ons ywer wat deur Hom ten goede gestuur word.

16. 'n Verklaring van Genesis 4:7: "Sy begeerte sal na jou wees en jy sal daaroor heers".🔗

Die getuienis wat hulle hierbenewens bymekaar raap en skraap, sou vir mense wat selfs 'n middelmatige verstand het en die voorafgaande oplossings behoorlik ingedrink het, nie veel moeite veroorsaak het nie. Hulle haal die volgende sin uit Genesis aan': "Sy begeerte sal na jou wees en jy sal daaroor heers".113 Hulle interpretasie daarvan is dat dit oor die sonde gaan, asof die Here aan Kain sou belowe dat die krag van die sonde nie die oorhand oor sy gemoed sou kry as hy hom maar net wou inspan om dit ten volle te oorwin nie. Ons beweer egter dat dit beter met die strekking van die woorde ooreenstem dat ons die uitspraak met Abel in verband bring. Want God se doel daar is om die onregverdige nyd wat Kain teen sy broer bedink het, tereg te wys. God doen dit op twee maniere. Hy sê ten eerste dat Kain tevergeefs 'n misdaad beplan om daarmee by God bo sy broer uit te styg, terwyl God slegs geregtigheid eer; ten tweede sê Hy dat hy uitermatig ondankbaar was om, nadat hy God se weldaad ontvang het, sy broer nie te verdra nie hoewel hyaan sy gesag onderworpe was.

Maar om te verhoed dat dit sou lyk asof ons hierdie interpretasie aanneem omdat die ander uitleg teen ons is, laat ons dan gerus toegee dat God hier van die sonde gepraat het. As dit die geval is, dan is dit wat die Here hier verklaar, 'n belofte of 'n gebod. As dit 'n gebod is, het ons alreeds aangetoon dat daaruit geen bewys van die mens se vermoë afgelei kan word nie. As dit 'n belofte is, waar word die belofte dan vervul aangesien Kain voor die sonde geswig het terwyl hy dan juis daaroor moes heers? Hulle sal sê dat daar in die belofte 'n stilswyende voorwaarde ingesluit is - net asof daar gesê word dat hy sou oorwin as hy teen die sonde sou stry. Wie sou egter so ·'n vergesogte uitleg aanvaar? Want as die heerskappy na heerskappy oor die sonde verwys, kan niemand daaroor twyfel dat hier sprake is van 'n bevel waarin daar nie beskryf word wat ons vermag nie maar wat ons selfs bo onsvermoë verskuldig is. Die werklikheid en die grammatika vereis nogtans dat ons Kain en Abel moet vergelyk, want die eersgebore broer sou nooit ná sy jonger broer gestel gewees het as hy nie as gevolg van sy eie oortreding slegter as hy was nie.

17. 'n Verklaring van Romeine 9:16: "Dit hang nie af van een wat wil of een wat loop nie, maar van God, wat barmhartig is", en 1 Kor. 3:9.🔗

Hulle haal ook die getuienis van die apostel aan. Hy sê dat dit nie van iemand se wil of sy hardloop afhang nie maar van die ontferming van God.114 Hieruit lei hulle af dat daar darem iets in ons wil en pogings is wat tog nie sonder welslae is nie, al sou dit op sigself swak wees, as God se barmhartigheid dit maar net bystaan.115

As hulle tog maar net nugter sou oorweeg wat die onderwerp is wat Paulus daar behandel, sou hulle sy uitspraak nie so onoorwoë misbruik het nie. Ek is bewus daarvan dat hulle Origenes en Hieronymus as ondersteuners van hulle verduideliking kan aanhaal. Ek sou op my beurt weer vir Augustinus as teenstander teen hulle kon aanhaal.116 Maar dit gaan ons nie aan wat hulle gedink het nie as dit duidelik is wat Paulus se bedoeling was. Hy leer daar dat saligheid wel die mense toekom wat die Here sy barmhartigheid waardig ag, maar dat die verderf en die dood op almal wag wat Hy nie uitverkies het nie. Hy het op die lot van die verwerptes gewys na aanleiding van die voorbeeld van Farao.117 Hy het ook die sekerheid van die onverdiende uitverkiesing met die getuienis van Moses bekragtig. "Ek sal My ontferm oor wie Ek My sal ontferm"118 Hieruit kom hy tot die slotsom dat dit nie afhang van iemand wat wil of hardloop nie, maar van die ontferming van God.119 As dit dan so verstaan word dat die mens se wil en inspanning nie genoeg is nie omdat dit nie teen so 'n groot taak opgewasse is nie, sou die woorde nie deur Paulus heeltemal paslik gesê gewees het nie. Weg dus met hulle drogredenasietjies: dit gaan nie om iemand se wil of sy hardloop nie, dus het hy 'n mate van wil en 'n mate van loop! Want Paulus se bedoeling is baie eenvoudig: Ons het geen wil en geen hardloop wat vir ons die weg tot ons saligheid kan voorberei nie. Dit is alleen die barmhartigheid van die Here wat dit doen. Want hy praat hier net soos wat hy vir Titus sê wanneer hy skryf dat die goedertierenheid van God en sy liefde vir die mens verskyn het, nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy eindelose barmhartighetd.120 Maar selfs nie eens die wat luidkeels skreeu dat Paulus te kenne gee dat daar tog 'n wil en tog 'n hardloop aanwesig is omdat hy ontken dat dit van iemand wat wil of iemand wat hardloop, afhang, sou my vergun om op dieselfde wyse te redeneer dat ons goeie werke gedoen het omdat Paulus ontken dat ons die goedertierenheid van God verkry het op grond van die werke wat ons gedoen het nie. As hulle 'n gebrek in hierdie redenasie raaksien, moet hulle hulle oë oopmaak, dan sal hulle sien dat hulle eie redenasie nie sonder soortgelyke bedrog is nie.

Die redenasie waarop Augustinus steun, is ook kragtig. Hy sê dat as dit dan nie gesê kan word dat dit van iemand wat wil of wat hardloop, afhang nie omdat sy wil en sy koers nie genoeg is nie, dat dit dan net sowel na die teendeel verdraai kan word, naamlik dat dit ook nie van God se barmhartigheid afhang nie, omdat Hy dit nie alleen werk nie. Aangesien die tweede stelling onsinnig is, kom Augustinus tereg tot die slotsom dat die uitspraak gelewer is omdat die mens geen goeie wil het nie, tensy dit deur die Here vir hom toeberei word121 - nie dat ons dan nie moet wil en moet hardloop nie, maar omdat God albei in ons werk.122 Sommige mense verdraai ook 'n ander uitspraak van Paulus ewe onverstandig. Hy sê: "Ons is medewerkers van God".123 Daar kan geen twyfel daaroor bestaan dat hy dit slegs tot bedienaars beperk en dat die mense sy medewerkers genoem word nie - nie omdat hulle 'n bydrae uit hulleself lewer nie maar omdat God hulle werk gebruik nadat Hy hulle bekwaam gemaak en met die nodige gawes toegerus het.

18. Ook die getuienis van Jesus Sirach bewys nie dat 'n mens oordeelsvryheid het nie.🔗

Hulle voer ook uit die boek Ecclesiasticus getuienis aan, hoewel hulle daarvan bewus is dat die skrywer se gesag in twyfel getrek word.124 Maar om hom nou nie te verwerp nie - iets wat ons met volle reg mag doen -, wat getuig hy nou eintlik in die guns van oordeelsvryheid? Hy sê dat die mens dadelik na sy skepping aan sy eie raad oorgelaat is; dat voorskrifte aan hom gegee is waardeur hy bewaar sou word as hy dit sou bewaar; dat lewe en dood, goed en kwaad aan die mens voorgehou is en dat aan hom alles gegee sou word wat hy verlang.125 Laat dit so wees dat die mens sedert sy skepping die verrnoë ontvang het om die lewe of die dood te verkry. Maar wat sal hulle doen as ons daarteenoor sou antwoord dat hy dit verloor het? Sover dit my aangaan, is ek in elk geval nie van voorneme om Salomo te weerspreek nie. Hy verklaar dat die mens van die begin afreg geskep is maar dat hy hom baie ontdekkings aangematig het.126 Omdat die mens ontaard het en homself sowel as al sy goed laat skipbreuk ly het, volg daaruit dat alles wat aan sy eerste skepping  toegeskryf word, nie eensklaps op sy bedorwe en ontaarde natuur van toepassing is nie.

My antwoord aan hulle en ook aan die skrywer van die boek Ecclesiasticus wie hy ook al was - is dus soos volg: As u die mens wil onderwys om die verrnoë om syeie heil te verkry in homself te soek, is u gesag nie vir ons so groot dat dit selfs die geringste vooroordeel teen die ontwyfelbare Woord van God by ons teweeg sou bring nie. Maar as u u slegs beywer om die boosheid van die vlees aan bande te lê, wat gewoonlik 'n sinlose verdediging onderneem en sy eie kwaad op God afskuif; as u antwoord hierop is dat regskapenheid aan die mens gegee is sodat dit duidelik is dat hy self die oorsaak van sy eie verderf is, dan stem ek met graagte daarmee saam. Maar dan moet ons ook ooreenkom dat die mens nou deur sy eie toedoen van die gawes wat die Here in die begin aan hom gegee het, beroof is. Eweneens moet ons bely dat die mens nou 'n dokter nodig het en nie 'n advokaat nie.

19. 'n Verklaring van die Gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:30 e.v.).🔗

Hulle het altyd 'n mondvol te sê oor die gelykenis van Christus in verband met die reisiger wat rowers halfdood op die pad neergegooi het.127 Ek weet dat dit 'n baie algemene opvatting onder amper alle skrywers is dat die rampspoedigheid van die hele mensdom in die voorbeeld van hierdie reisiger voorgestel word. Daaruit put ons teenstanders die redenasie dat die mens nie deur die roof van die sonde en die duiwel so vermink is dat hy nie reste van sy vorige goed behou nie. Daar word immers gesê dat hy halfIewendig daar agtergelaat is.128 Want waar is die ander helfte van sy lewe dan as daar nie 'n deeltjie van sy regte lewe, sy verstand en sy wil oorbly nie?

Ten eerste, as ek hulle allegorie129 nie sou wou aanvaar nie, wat, vra ek jou, sal hulle dan doen? Want die inhoud is ongetwyfeld sonder die egte betekenis van die woorde van die Here deur die kerkvaders uitgedink. 'n Allegorie behoort trouens nie verder te gaan as waartoe die reël van die Skrif dit lei nie. Verre sy dit immers daarvan dat dit genoeg is dat die grondslae van 'n dogma daarop gebou kan word! Dit ontbreek my ook nie aan gronde waarmee ek hierdie hele versinsel aan fIarde kan skeur as ek wou nie. Want die Woord van die Here het nie 'n halwe lewe vir die mens gelaat nie, maar dit leer ons dat die mens heeltemal gesterf het sover dit sy geluksalige lewe aangaan. Wanneer Paulus van ons verlossing praat, sê hy nie dat ons halflewendig genees is nie maar dat ons opgewek is, hoewel ons dood was.130 Hy roep nie mense wat halflewendig is, toe om die verligting van Christus aan te gryp nie maar mense wat slaap en begrawe is.131 Die Here poneer self ook die stelling wanneer Hy sê dat die uur gekom het waarin die dooies deur sy stem sal opstaan.132 Met watter vermetelheid sou hulle so 'n ligsinnige toespeling teen soveel duidelike uitsprake kon aanvoer? Gestel nou dat hierdie allegorie as gewisse getuienis geld. Wat sal hulle daarmee uit ons afpers? Die mens is halflewendig. Hy het dus nog iets ongeskonde: hy het 'n verstand wat vatbaar is vir begrip, selfs al sou dit nie tot die hemelse en geestelike wysheid kon deurdring nie. Hy het 'n mate van oordeel oor dit wat eerbaar is. Hy het 'n gevoel van die Godheid, hoewel hy die ware kennis van God nie kan bekom nie. Waarop kom dit neer? Dit kan in elk geval nie veroorsaak dat die uitspraak van Augustinus, waarmee al die skole hulle instemming betuig, van ons weggeneem word nie. Hy sê dat die mens na die sondeval sy onverdiende goed waarvan sy saligheid afhang, ontneem is en dat sy natuurlike goed in der waarheid bedorwe en oesoedel is.133

Dus moet die ontwyfelbare waarheid, wat deur geen drogredenasies geskok kan word nie, by ons vas bly staan, naamlik dat die mens se verstand so volkome van die geregtigheid van God vervreem is dat dit niks bedink, niks begeer en niks aandurf wat nie goddeloos, verdraaid, skandelik, onrein en smadelik is nie: dat sy hart ten diepste met die gif van die sonde deurdrenk is, sodat dit niks anders as 'n verderflike stank kan uitadem nie. Maar as die mens hom dan nog soms onder 'n dekmantel van iets goeds voordoen, is sy verstand nogtans altyd deur geveinsdheid en 'n bedrieglike boosheid bedek, en sy gemoed bly  steeds in die boosheid van sy binneste verstrik.

Endnotes🔗

  1. ^ Die kontlik tussen die Roomse en Protestantse siening trek saam in die woorde necessarium (noodwendig) en voluntarium (vrywillig). 'n Merkwaardige voorspel van hierdie konflik is reedssigbaar in die debat van Augustinus en Julianus. KykAugustinus, ContraJul. Imp! op. 1.46-48, 1.60, 1.82, 1.84, 1.106 (MPL45:1067-1071, 1081, 1103-1104, 1119-1121). Vir die Roomse standpunt kyk Thomas, Summa Tbeol. 1.82 (Marietti 1:398-406); Eek, Bncb., hfst. 31 (Battles, 1978:216); Pighius, De lib. bom/nis arb. et div. grat. libri X. Dit is ook die brandpunt van die verskil tussen Erasmus en Luther se siening oor oordeelsvryheid. Vgl. Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1218; 1229E) en Luther, De servo arb. (WA 18:614).
  2. ^ Inst. 2.3.5 (Atr. ven. 2:413).
  3. ^ Marg. Ser. 81 in Cantica. Bernard vanClairvaux, Serm. in Cant. canticorum 81.7,9 (MPL 183:1174-1175).
  4. ^ Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1221C); Eek, Encb. (1532), hfst. 31 (Battles, 1978:213). Niesel verwys ook na Coehlaeus, De lib. arb. 1.D1a; 2.L3b;Alf. de Castro, Adv. omn. baer. 9. Fol. 152B; 10. Faber, De absoluta necessitate, opusc. 1538, E5a (OS 3:299, n.1).
  5. ^ Aristoteles, Eth. Nic. 3.5.1-7 (veral 3.5.7, LCL, 143-144).
  6. ^ Chrysostomos, Homil. oor Jer. 10:23: "Ek weet, 0 Here, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie, nie aan 'n man om te loop en sy voetstappe te rig nie" (MPG 56:155-156). Vgl. ook Benoit 2:84 n. 5.
  7. ^ Marg. In Epist. ad Ctesiphontem & Dial. 1. Hieronymus, Ep. 133.5 (MPL 22:1153; CSEL 56,3:249); Dial. contra Pelag. 3-5 (MPL 23:522 e.v.).
  8. ^ Augustinus, Ep. 194.5.19: ... cum deus coronat merlta nostra. nihil aliud coronatquam munera sua (...wanneer God ons verdienstes bekroon, bekroon Hy niks anders as syeiegawes nie -MPL 33:880; CSEL 57, 4:190). De grat. et lib. arb. 6.13, 6.15 (MPL 44:889-890)
  9. ^ Die verwysing isnawerke van Erasmus en Cochlaeus i.v.m. oordeelsvryheid (OS 3:299, n.6).
  10. ^ Die 1543-uitgawe het marginaal tereg hier Bpist. 52. Die uitgawes van 1545-1561 hetditverkeerdelikM na Ps. 70 geplaas. Dus: Marg. Epist. 52. Augustinus, Ep. (adMacedonium) 155.2.5 (MPL 33:669; CSEL 44:436).
  11. ^ Marg. In Psalmum 31. Vgl. Augustinus, Enar. in Ps.31 sermo2.7 (MPL 36:263); vgl. ealvyn, Com. in Ps.31 (Oe31:300 e.v.).
  12. ^ Marg. In Psalmum 70. Vgl. Augustinus, Enar. in Ps. 70 sermo 2.5 (MPL 36:895; eest 39:964); Calvyn, Com. in Ps. 70 (OC 31:653-654).
  13. ^ Marg. De verbis Apost. Serm. 15. Augustinus, Enar. in Ps. sermo 149.2.3 (MPL 38:917).
  14. ^ In sy antwoord aan Pighius (OC 6:297) wys Calvyn daarop dat Augustinus nog jonk en onervare was toe hy in verband met oordeelsvryheid en genade teen die Manicheërs geskryf het. Toe Pelagius en Coelestius met hulle dwaalleer na vore gekom het, was hy al ou er en het hy die vraagstuk noukeuriger deurdink en sy opvatting duideliker gestel.
  15. ^ Marg. Rom. 8.f29. Vgl. ook Rom. 8:30.
  16. ^ Marg. 2 Tim. 4.b.8.
  17. ^ Marg. 1 Cor. 4.b. 7.
  18. ^ Marg. Homil. 22 in Genesin. Chrysostomos, Homil. in Gen. 6 homil. 23.5 (MPG 53:204).
  19. ^ Marg. Lib. 2. cap. 4. Die probleem t.o.v. die skrywer van die werk word in die Admonitio (waarskuwing) van Migne bespreek. Daarvolgens kom die skrywer tot die slotsom dat dit Prosper Aequitanus was. Oor die algemeen gaan dit onder Pseudo-Ambrosius, De voc. omnium gentium (MPL 51:648 e.v. en in besonder 690). Calvyn het hier waarskynlik die gedagte van die skrywer saamgevat.
  20. ^ (Rom. 3:10.)
  21. ^ Vgl. o.a. Eek, Ench. (1541), hfst. 31.189 r (Battles, 1978:213); Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1226A);vgl. verder os 3:301, n. 1.
  22. ^ Augustinus, De corrept. et grat. 3.5 (MPL 44:918).
  23. ^ Augustinus, De spirit. et lit. (MPL 44:199 e.v.).
  24. ^ Marg. Iohan. 15.a.5.
  25. ^ (1 Kor. 3:3; 16:14.)
  26. ^ Marg. Rom. 9.d.16.
  27. ^ Marg. 1 Cor. 3.b. 7.
  28. ^ (Deut. 30:19.)
  29. ^ (Jeses. 5:24; 9:12-16; 16:11 e.v.; 44:10 e.v.; Dan. 9:11; Amos 2:4.)
  30. ^ (Deut. 10:16; Jer. 4:4.)
  31. ^ (Eseg. 11:19.)
  32. ^ (Jer. 31:33.)
  33. ^ (Eseg. 36:26.)
  34. ^ (Eseg. 11:19,20.)
  35. ^ Soos in die eerste boek (Inst. 1.7.4 - Afr. vert. 1:158-160) verbind ealvyn die inhoud van die Woord baie nou met die werking van die Heilige Gees. Vgl. ook Inst. 3.1.
  36. ^ Marg. Ioh. 6.c.44, & 45.
  37. ^ Marg. 2 Cor. 2. d.l6. Vgl. ook 2 Kor. 2:15.
  38. ^ Hierdie redenasie kom voor in die werke van die skrywers wat vroëer genoem is. Vgl. OS 3:304, n. 1-3. In 'n preek op 2 Januarie 1556 oor Deut. 22:1-4 het Calvyn die dwaling vfln die Rooms-Katolieke in verband hiermee duidelik uiteengesit: Car ils sontpreoccupez de ceste imagination diabolique, que Dieu ne commande rien qui ne soit possible aux hom mes: etfont là comme un contrepois ou une balance du franc-arbitre, et de tous les commandemens de Dieu. Qu 'ils regardent: Ne pouoons-nous point cela? Dieu donc ne l'a point commandë, et ne le doit pointfaire: et ce seroit exceder mesure, s'il l'aooit fait. Voire, comme si Dieu aooit perdu son droict, quand nous serons si corrompus et pervers de ne pouuoir accomplir ce qu 'il a ordonné (Serm. sur le Deutéronome 22:1-4 Serm. 25 - OC 28:14). Die Bybeltekste wat ealvyn vir sy preke oor Deut. 22:1-3 en Deut. 22:4 gebruik het, is opgeneem in oe 24:684 en 24:634.
  39. ^ Vgt: Inst. 2.7.5, 6, 10, 12 e.v. (Afr. vert. 2:374, 375,380, 383).
  40. ^ Marg. Galat. 3.c.19.
  41. ^ Marg. Rom. 3.c.20.
  42. ^ Marg. Ibidem 7.b.7. Rom. 7:7. Vgl. ook Rom. 7:8.
  43. ^ Marg. Rom. 5.d.20.
  44. ^ Marg. 1 Timot. 1.a.5.
  45. ^ Marg. 1 Thes. 3.d.12.
  46. ^ (Matt. 22:37-40.)
  47. ^ Vgl. Inst. 1.6.2 (Afr. vert. 1:150-152); 2.7.6, 10-12 (Afr. vert. 2:483 en 488-492).
  48. ^ Vgl. Eck, Encb. (1541) hfst. 31, 189 v. (Battles, 1978:214); Cochlaeus, De lib. arb. l.C4b; Origenes, De princ. 3.1.5 (MPG 11:254); Augustinus, Sermo 156.12.13 (MPL 38:857).
  49. ^ Vgl. Augustinus, De grat. et lib. arb. 16.32 (MPL 44:900).
  50. ^ Marg. Epist. 24.Augustinus, Ep. ad Hieronymum 167.4.15 (MPL 33:739; CSEL 44:603).
  51. ^ Marg. In Ench. ad Laurent. de gratia & lib. arbit. cap. 16.Augustinus, Ench. ad Laurent. 117.31 (MPL 40:287). Vgl. sy Ep. 157.2.8 (MPL 33:679) en Enar. in Ps. 118.16.2 (MPL 37:1545).
  52. ^ Marg. Homil. 29 in Ioban. Augustinus, In Joan. Ev. tract. 29.6 (MPL 35:1631).
  53. ^ Augustinus, Confes. 10.29.40; 10.31.45 (MPL 32:796, 798); De grat. et. lib. arb. 15.31 (MPL 44:899); De spirit. et lit. 13.22 (MP'L 44:214).
  54. ^ Inst. 2.5.6 (Afr. vert. 2:446).
  55. ^ Marg. Ioel 2.C.12. Vgl. ook Eseg. 18:30-32; Hos. 14:2.
  56. ^ Marg. Iere. 31.c.18. Vgl. ook 13:18, 19 Vg.
  57. ^ Marg. Deut. 10. d.16. Vgl. ook Jer. 4:4.
  58. ^ Marg. Ibidem 30. b. 6. Deut. 30:6.
  59. ^ (Eseg. 18:31); Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1234 D e.v.)
  60. ^ Marg. Ezech. 36.f.26; Ezech. 31.c.18. Vgl. ook Eseg. 11:19 (Vg.) en Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1234C).
  61. ^ Marg. Lib. de doct. Christ. 3. Augustinus, De doctr. Christ. 3.33.46 (MPL 34:83; CCSL 32:105).
  62. ^ Marg. Act. 13.f43. Hand. 13:43.
  63. ^ Marg. Ephes. 6.b.l0.
  64. ^ Marg. Ibidem 4.g.30. Ef. 4:30.
  65. ^ Marg. 2 Thess. 1.d.11.
  66. ^ Marg. 2 Cor. 8.b.11, c.l6.
  67. ^ 2 Kor. 8:16.
  68. ^ Marg. Zach. 1.a.3. Vgl. Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1225 e.v.) en Eck, Ench., hfst. 31 (Battles, 1978:212).
  69. ^ Inst. 2.5.7 e.v. (Afr. vert. 2:448).
  70. ^ Marg. Iere. 31.f32. Vgl. ook Jer. 31:33.
  71. ^ (Sag. 1:3.)
  72. ^ Inst. 2.5.10-14; 2.7.8,9 (Afr. vert. 2:451 - 460; 486 - 488).
  73. ^ Marg. Amos 5.d.14.
  74. ^ (Jes. 1:19-20.)
  75. ^ Marg. Iere. 4.a.l. Vgl. Calvyn, Praeleet. in Iere. Proph. et lament. 4:1 (Oe 37:572-574).
  76. ^ Marg. Deut. 28.a.l.
  77. ^ Marg. Levit. 26.a.3.
  78. ^ Vgl. die verwysings in OS 3:308.
  79. ^ Vgl. Inst. 2.7.4; 2.8.4 (Afr. vert. 2:481, 502); 3.17.1-3,6,7.
  80. ^ Marg. Nu. 14.g.43 (Vg.). Num. 14:43.
  81. ^ Marg. Iere. 7.c.13. Vgl. ook Jer. 7:14.
  82. ^ Marg. Ibidem 7.f28. Jer. 7:28.
  83. ^ (Jer: 7:29.)
  84. ^ Marg. Ibidem 32.c.32 (recte:Jer. 19:15).
  85. ^ (Dan. 9:4-19.)
  86. ^ Marg. Iere. 7.f27.
  87. ^ Marg. Psal. 78.a.8.
  88. ^ Marg. Psal. 95. b.8.
  89. ^ Marg. Psal. 119.112.
  90. ^ Marg. Philip. 2.b.12. Vgl. ook Fil. 2:13.
  91. ^ Marg. 2 Pet. 1.b.5.
  92. ^ Marg. 1 Thes.5.c.19.
  93. ^ Marg. 2 Cor. 7.a.l.
  94. ^ Marg. 1 Joh. 5.d.18.
  95. ^ Marg. lohan. 17.c.15.
  96. ^ (Ef. 6:13.)
  97. ^ Marg. 1 Pet. 1.d.22.
  98. ^ Marg. 1 Joh. 3.b.9.
  99. ^ Marg. Ibidem 5.a.4. 1 Joh. 5:4.
  100. ^ Marg. Deut. 30.c.11. Vgl. ook Deut. 30:12, 14; Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1225A e.v.), Eck, Ench., hfst, 31 (Battles, 1978:210).
  101. ^ Marg. Rom. 10.b.8.
  102. ^ Marg. Deut. 30. b.8. Vgl. ook Deut. 30:6.
  103. ^ (Rom. 10.)
  104. ^ Marg. Oseae 5. d.14. Vgl. ook Hos. 5:15.
  105. ^ Vgl. vir die kontrovers met Rome die Liber Ratisponensis (CR 4:191 e.v.).
  106. ^ oó6&"VCo."V.
  107. ^ (Matt. 6:11.)
  108. ^ Vgl. OS 3:314, n. 1.
  109. ^ Augustinus, Sermo 156.11.11 (MPL 38:856); De corrept. et grat. 2.4 (MPL 44:918).
  110. ^ Augustinus, Sermo 156.9.9; 156.11.11-12 (MPL 38:855-856). Vgl. Bernard van Clairvaux, De grat. et lib. arb. 6.16 (MPL 182:1010).
  111. ^ Augustinus, De grat. et lib. arb. 20.41 (MPL 44:905-906).
  112. ^ Augustinus, In Joan. ev. 49.8 (MPL35:1750); De nat. et grat. 53.62 (MPL44:277); Enar. in Ps.70:1, 2 (MPL 36:876 e.v.; eest, 39:940-943); kyk Inst. 2.2.11 (Afr. vert. 2:382).
  113. ^ Marg. Gen. 4.a.7 (Vg.). 1984 Afr. vert.: ... die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers. Vgl. Calvyn, Com. in Gen. 4:7 (Oe 23:88-90).
  114. ^ Marg. Rom. 9.d.16.
  115. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1230B).
  116. ^ Marg. Orige. lib. 7 in episto. ad Romanos. Hierony. dial. 1. in Pelag.Origenes, Com. in ep. ad Rom. 7.16 (kommentaar op Rom. 9:16 - MPG 14:1145); Hieronymus, Dial. adv. Pelag. 1.5 (MPL 23:523); Augustinus, En eh. ad Laurent. 9.32 (MPL 40:247-248).
  117. ^ (Rorn. 9:17.)
  118. ^ (Rom. 9:15; Eks. 33:19).Vgl. Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1230B).
  119. ^ (Rom. 9:16.)
  120. ^ Marg. Tit. 3.a. 4. Vgl. ook Titus 3:5.
  121. ^ Vgl. Augustinus, En eh. ad Laurent. 9.32 (MPL 40:248).
  122. ^ Marg. Epist. 107 ad Vitalem.Augustinus, Ep. 217.4.12 (MPL 33:983; CSEL 57:412).
  123. ^ Marg. 1 Cor. 3.b.9. Vgl. Eek, Bncb., hfst. 31; Erasmus, De lib. arb. (EOO 9:1237E).
  124. ^ Die skrywer was volgens die Vulgaat Jesus Sirach. Vgl. Inst. 1.13.7, n. 51 (Afr. vert. 1:221).
  125. ^ Marg. Eccli. 15.c.14. Jesus Sirach 15:14 (15:15-18 Vg.).
  126. ^ Marg. Eccles. 7.d.30 (Vg.). Afr. vert. Pred. 7:29.
  127. ^ Marg. Luc. 10.c.30.
  128. ^ In die gelykenis van die barmhartige Samaritaan word die Griekse woord tll.1Laavf'i (halfdood) in die Vulgaat as semivivus (halflewend) weergegee. Pseudo-Augustinus, (Hypomnestieon contra Pelag. 3.8.11 e.v. - MPL 45:1627-1628) gee aan die woord 'n half-Pelagiaanse kleur. Volgens sy allegorie hiervan is die sondige mens gekwes en daarom het hy nog 'n liberum arbitrium vulneratum ('n gekweste oordeelsvryheid). Vgl. Augustinus, Quaest ev. 2.19 (MPL 35:1340); Beda, In Luc. ev. exposiiio 3.10 (MPL 92:468-469: CCSL 120:222-223).
  129. ^ Allegone is die term vir 'n bepaalde soort beeldspraak wat soortgelyk aan gewone vergelyking is. Hierin word twee dinge, handelinge, weergawes of gelykenisse langs mekaar gestel en afleidings uit die een op die ander oorgedra. Die allegoriese metode van Skrifverklaring skryf aan die werklike en letterlike sin van die woorde 'n figuurlike of geestelike betekenis toe. Vgl. CE 1:142; RAC1:283 e.v. Calvyn het die allegoriese metode van Skrifuitleg by verskele geleenthede verwerp maar nërens so duidelik as in sy kommentaar op 2 Kor. 3:6 nie: ... valde pernieiosus error, quodputarunt scripturae leetionem non vanam modo, sed noxiam quoquefore, nisi ad allegortas traheretur. Hie error fons fuit multorum malorum. Neque enim modo permissa fuit licentia germanum scripturae sensum adulterandi: sed quo quisque audaeior fuit in eo genere, eo exeel/entior habitus fuit seripturae interpres. Ita impune luserunt multi ex veteribus saero Dei verbo, non seeus ae pila versatili,(OC 50:40 e.v. - ... dit is 'n verderflike dwaling dat die mense (natuurlik van Origenes af en verder) gedink het dat Skriflesing nie alleen tevergeefs nie maar selfs skadelik sal wees, as dit nie tot allegorieë deurgetrek word nie. Hierdie dwaling was die oorsaak van baie euwels. Dit het immers nie alleen 'n losbandigheid om die egte betekenis van die Skrif te verkrag toegelaat nie, maar namate elkeen brutaler daarin was, is hy ook as 'n uitmuntender verklaarder van die Skrif beskou. So het baie skrywers van die ou tyd met die Heilige Woord van God die spot gedryf sonder om daarvoor gestraf te word, net asof hulle met 'n bal speel). Kyk ook Inst. 3.4.4, 5 en Com. in ep. ad Gal. 4:22-26 (O'C 50:236-240). Vgl. ook sy Com. in Gen. 28 roe 23:385-398); Com. in Isaiam Propb. 33:18 coc 36:572-574); Prae/eet. in Ier. propb. 31:24 roe 38:641-642); Praeleet. in Dan. 8:20-25; 10:6 roe 41:114-122; 197-199).
  130. ^ Marg.Ephes. 2.a.5.
  131. ^ Marg. Ibidem 5.c.14. Ef. 5:14.
  132. ^ Marg. Iohan. 5.c.25.
  133. ^ Hierdie verwysing kom nie in Augustinus voor nie. Calvyn bedoel waarskynlik Lombardus, Sent. 2.25.8 (MPL 192:707). Vgl. Inst. 2.2.4, 12 (Afr. vert. 2:371, 383); os 3:245, n. 7 en 8.