Wat Presteer ek nou vir Hom?
Wat Presteer ek nou vir Hom?
Laat ons dit vir ons konkreet voorstel, want dan spreek ’n boodskap dikwels die sterkste tot ons. Gestel ons voel op ’n oggend weer terneergedruk in geestelike opsig. Ek was driftig teenoor my dogter, het met ’n leuen my onttrek aan ’n onplesierige werkie of het met verkeerde oë na ’n ander vrou gekyk. Elkeen kan vir homself ’n sonde bedink.
En stel u voor, dat ek slegs enkele ure later ’n mooi geleentheid kry om aan ’n ongelowige kennis van Christus te vertel. Die vraag lui dan: sou ek dit in volle vertroue dat God my sal help, kan doen so kort nadat ek gesondig het?
Laat ons die probleem baie persoonlik hou. Wie ken nie gesinne waarin alles om prestasies draai nie? Die mentaliteit kan so ver gaan dat die vraag ontstaan of ’n kind werklik aanvaar word op grond van hoe hy tuis, op skool, in die vriendekring, by sy musiekles of sportklubs presteer.
Onmoontlik? Nee, want ons hele samelewing is op prestasies gerig. Baie ou- en jongmense is onvoldaan en dink: ek voldoen nie aan die verwagtings nie.
So voel hulle miskien ook in hul verhouding met God. Hy kan byna nie deur my behaag word nie. Want presteer ek vir Hom?
Ons sal die voorafgaande in teologiese terme probeer omskryf. As ek myself afvra hoe my regverdigheid tot stand kom, aarsel ek nie ’n oomblik nie: deur genade. Christus het volledig betaal vir die vergewing van my sonde. En ek weet: wie dit glo word in die Hemel opgeneem.
Maar nou ’n ander vraag: hoe is dit met my heiliging gesteld? Heiliging beteken dat ek steeds meer aan Christus gelykvormig word, dat ek in denke, voel en wil doen wat God behaag. Hierdie proses speel ons hele lewe deur af. Hoe sien God dit? Kom dit opnuut aan op genade? Of maak die Here sy liefde vir my tog min of meer afhanklik van my werke? Ons lê baie klem op God se genade. Is dit bekend? Miskien. Maar het dit ons vlees en bloed geword? Laat ons onsself eers toets:
- Hoe dink ek diep in my hart oor die huisheer uit die gelykenis in Matt. 20? Stel u voor dat ek die hele dag in die warm son gewerk het en dan presies dieselfde ontvang as iemand wat aan die einde van die dag maar vir ’n uurtjie sy hande uit sy moue hoef te steek? Is ek dan nie geneig om die Here op my prestasies te wys nie?
- Kan ek met ’n paar konkrete voorbeelde aandui wat dit is om uit genade te leef en veral daarin te groei?
- Is ek so oorweldig deur God se genade dat dit my duiselig maak?
- Werk God se genade so in my, dat my medekerklidmate my ken as iemand wat verdraagsaam en vergewensgesind is (Kol. 3:13)?
Vind ons ons antwoorde op hierdie soort vrae tog nie heeltemal bevredigend nie? In die geval sou ons ’n boek wat onlangs verskyn het: “Genade: Het faillissement van de mens en de Goedheid van God” deur Jerry Bridges moet lees.
Verligting⤒🔗
Wie daar enigsins ’n besef van het, kan dit byna nie glo nie: God se genade wen ons nie deur ons verdienstes nie en ons verloor dit nie deur ons sondes nie. Dit staan lynreg teenoor wat in die wêreld normaal is, dat die Bybel wel baie duidelik daaroor spreek, as ons dit wil aanneem. Maar dit staan ook daar. Adam en Eva het so pas in sonde verval of die Here maak vir hulle klere.
En wat beloof God aan ’n volk wat Hom van meet af aan bedroef het deur allerlei kwaad? (Jer. 32:37-44).
En Petrus? Wat gelyk het op dat hy niks goed kan doen nie? Maar juis hy mag die groot pinksterpreek hou.
En die allersterkste bewys? Vóórdat ons vir Christus gevolg het, het Hy ons al liefgehad (1 Joh.4:19). Johannes skryf dat ons van Christus genade op genade ontvang.
Dit is soos die see op die strand: die een golf het nog nie nader gespoel nie of die volgende een kom al aan. Nee, nie alleen waar dit om verlossing gaan nie, ook ons heiligmaking is deur Christus verdien, Hy was in ons plek regverdig, rein, vergewingsgesind, barmhartig, heilig gewees (1 Kor. 1:30).
Is dit nie ’n enorme verligting nie? Soos prof. Makita uit Japan in ’n onderhoud gesê het: “Toe ek God se genade ontdek het, het die gras groener en die lug blouer geword. En dit het nooit weer weggegaan nie.”
As ons dit anders ervaar? As ons self geestelike armoede, gewoonte-Christendom en sleur, ’n neiging na reëls en regulasies aanhang? Dan kan dit wees dat ons God as ’n streng meester sien, wat altyd die uiterste van ons vra en van ons ’n straflys byhou.
Dan kan dit wees dat wettiese denke nie vreemd aan ons is nie: ons wil iets terugdoen om God se seën in ons daaglikse lewe te verdoen. In dié geval wys Jerry Bridges in sy “Genade” ’n beter weg.
Liefde←⤒🔗
Waarom dit nogeens na vore bring? Omdat toewyding (heiliging) wat losgemaak is van genade tot wettisisme lei. Ek word nou ’n bietjie bang, want sal so ’n nadruk op genade nie tot misbruik lei nie? Sal my kinders dan nie dink dat alles maar toelaatbaar is nie? Sonde word immers vergewe, en wat ek verkeerd doen, is deur die Here Jesus – in my plek – tog volmaak vergoed?
Die vrae is reëel. Maar ons antwoord kan tog wees dat ons aan die genade maar ’n bietjie werkheiligheid moet toevoeg.
Ons kan liewers ’n ander antwoord aan ons kinders gee. Ons kan aan hulle vertel dat die prys vir ons redding en heiliging ongelooflik hoog was: God se eie Seun.
Ons kan hulle laat merk dat ons die Here liefhet en waarom ons dit doen. Ons kan hulle leer dat ons iets van God se genade gesien het uit sy liefde en nie omdat die Tien Gebooie ons dwing tot wettiese gehoorsaamheid nie.
Genade op genade, want ook in ons geestelike groei is ons nie op onsself aangewese nie.
Weet ons wat in die Bybel die teenpool van genade is? Trots! Selfvoldaanheid?
Ons Westerse kultuur is daarvan vergiftig: ons wil nie afhanklik en swak wees nie. Waaksaamheid egter: dit is juis wat Christus wel van ons vra.
Baie Chinese Christene aan wie alles ontneem is, weet wat dit is. Hulle bid: “Heilige Gees, wil u my gee wat ek nie het nie, en in my doen wat ek nie kan nie?” En ons? Genade maak mens nie passief nie.
Inteendeel. Jerry Bridges noem vier middele waarmee ons die stryd kan aanknoop:
- Skaam jou in jou gebed nie vir jou swakhede nie, Christus het medelye met jou.
- Leef nie net van Sondag se preke nie maar gebruik jou Bybel intensief.
- Leer om God se Hand in jou lewe te sien en bly glo dat Hy jou liefhet.
- Soek ’n paar vriende by wie jy jou kwesbaar kan maak, sodat die Heilige Gees hulle kan gebruik om jou te help.
Wie God se genade ken, het genoeg.