Calvyn gee ‘n uitgebreide uiteensetting van die ontwikkeling van die pousdom in die Roomse kerk:
Aanvanklik is dit deur eenvoud gekenmerk. Met verloop van tyd het die Roomse setel mag oor ander kerke verkry. Daar was egter baie ongerymdhede in die vestiging van die oppergesag van Rome met betrekking tot mag, regsbevoegdheid, sensuur, sinodes, appèlle, ens. Die wêreldse gesag het ook ‘n bydrae gelewer in die groei van die mag van die Roomse pous.

Die konflik tussen Rome en Konstantinopel as oppergesag, met gepaardgaande wanpraktyke soos korrupsie en vervalsing, word ook uiteen gesit. Calvyn verwys onder andere na Gregorius, Leo en Johannes. Die Roomse setel het met verloop van tyd só verword dat die pous die Antichris genoem word.

1984. 35 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 7 Die begin en groei van die Roomse Pousdom totdat hy hom tot so ‘n hoogte verhef het dat die vryheid van die Kerk onderdruk en alle selfbeheersing omvergewerp is

1. Die plek van die Roomse setel tydens die konsilies van Nicea en Efese.🔗

Sover dit die oudheid van die primaat van die Roomse setel aangaan, is daar niks wat op die vestiging daarvan betrekking het wat ouer is as die dekreet van die Konsilie van Nicea waarop die eerste plek onder die patriarge aan die biskop van Rome toegeken en die versorging van die buitestedelike kerke ook aan hom opgedra is nie. Toe die Konsilie so tussen hom en die ander patriarge onderskeid gemaak het om aan elkeen sy eie gebied toe te wys, het dit hom beslis nie as hoof van al die ander aangestel nie maar hom een van die vernames gemaak.1 Vitus en Vincentius het dit in die naam van Julius2 bygewoon, omdat hy toe oor die kerk in Rome regeer het. Aan hulle is die vierde plek gegee.3 Nou vra ek jou: As Julius as hoof van die kerk erken was, waarom sou sy afgevaardigdes dan na die vierde plek terug geskuif word? Of moes Athanasius voorsitter van die Konsilie wees waar die beeld van die hiërargiese orde besonderlik moes skitter?4 Dit is duidelik dat Coelestinus wat destyds die Roomse pous was, op die Sinode van Efese 'n slimstreek gebruik het om die aansien van sy setel te verseker. Toe hy immers sy afgevaardigdes daarheen gestuur het, het hy volmag aan Cyrillus van Alexandrië gegee wat in elk geval die voorsitter daarvan sou wees.5 Wat was sy bedoeling met so 'n opdrag anders as om sy naam op die een of ander manier aan die voorsitterstoel te koppel? Sy afgevaardigdes het trouens 'n minderwaardiger plek ingeneem, word net soos die ander om hulle mening gevra en teken hulle name in volgorde. Intussen koppel die patriarg van Alexandrië Coelestinus se naam aan sy eie!6

Wat moet ek van die tweede Konsilie van Efese sê waar Dioscorus, die patriarg van Alexandrië, eiegeregtig as voorsitter opgetree het hoewel die afgevaardigdes van Leo daar teenwoordig was?7 Hulle sal die beswaar opper dat dit nie 'n egte konsilie was nie omdat die heilige Flavianus deur hierdie konsilie veroordeel en Eutyches vrygeskeld en sy goddeloosheid goedgekeur is.8 Maar toe die sinode byeengeroep is en die biskoppe die sitplekke onder mekaar verdeel het, het die afgevaardigdes van die kerk van Rome hulle plek onder die ander afgevaardigdes nie anders as op 'n heilige en wettige konsilie ingeneem nie. Hulle stry nogtans nie oor die eerste plek nie, maar staan dit aan 'n ander af9 wat hulle nooit sou gedoen het as hulle geglo het dat dit hulle met reg toekom nie. Roomse biskoppe het hulle trouens nooit geskaam om die grootste rusies vir hulle eie eer op tou te sit, en om hierdie rede alleen die kerk dikwels met baie vernietigende struwelinge te teister en in oproer te bring nie. Omdat Leo egter gesien het dat dit 'n te onregmatige eis sou wees as hy die eerste plek vir sy afgevaardigdes sou opeis, het hy daarvan afgesien.

2. Veranderinge by die Konsilie van Chalcedon en by die vyfde Konsilie van Konstantinopel.🔗

Daarna het die Konsilie van Chalcedon gevolg en daarop het die afgevaardigdes van die kerk van Rome deur 'n toegewing van die keiser die eerste sitplek ingeneem.10 Maar Leo self erken dat dit 'n uitsonderlike voorreg was want toe hy dit van keiser Marcianus en keiserin Pulcheria (Augusta) gevra het, het hy nie daarop aangedring dat dit aan hom verskuldig is nie, maar hy het as voorwendsel aangevoer dat die Oosterse biskoppe wat in die Konsilie van Efese die voorsitters was, toe alles deurmekaar gekrap en hulle mag misbruik het. Aangesien daar derhalwe 'n gewigtige voorsitter nodig was en dit onwaarskynlik was dat  diegene wat eertyds so ligsinnig en oproerig was, hiervoor geskik sou wees, versoek hy dat die taak om aan die hoof daarvan te wees vanweë die onbevoegdheid en dwaasheid van ander biskoppe aan hom opgedra moet word.11 Sy versoek wat kragtens 'n besondere privilegie en buitengewoon gerig word, is beslis nie uit die gemene reg afkomstig nie. Wanneer hierdie dekmantel voorgehou word slegs dat 'n nuwe voorsitter nodig is omdat vorige voorsitters hulle sleg gedra het, is dit duidelik dat dit iets is wat nie tevore gedoen is en ook nie vir altyd moet aanhou nie, maar dat dit slegs met die oog op dreigende gevaar gedoen  word. Die Roomse pous neem dus op die Konsilie van Chalcedon die eerste plek in - nie omdat dit aan hierdie setel verskuldig was nie maar omdat die sinode 'n behoefte aan 'n gewigtige en geskikte voorsitter gehad het terwyl die ander wat voorsitters daarvan moes wees, hulleself vanweë hulle onbeheerstheid en eiewilligheid daarvan uitgesluit het. Leo se opvolger het dit wat ek hier sê, in werklikheid bewys. Toe hy sy afgevaardigdes na die vyfde sinode van Konstantinopel gestuur het wat lank daarna plaasgevind het, het hy inderdaad nie getwis oor die eerste setel nie maar geredelik toegelaat dat Mennas, patriarg van Konstantinopel, voorsitter daarvan is.12 So sien ons dat dit nie die afgevaardigdes van die Roomse setel was wat op die Konsilie van Karthago waarby Augustinus aanwesig was, voorsitters is nie, maar Aurelius, aartsbiskop van die streek, ten spyte daarvan dat daar 'n geskil oor die gesag van die Roomse setel gevoer is.13 Ja, daar is in Italië selfs 'n algemene konsilie gehou die Konsilie van Aquileia - waarby die biskop van Rome nie teenwoordig was nie!14 Ambrosius wat toe groot gesag by die keiser gehad het, was voorsitter daarvan. Daar word geen melding van die Roomse pous gemaak nie. As gevolg van Ambrosius se aansien het dit toe gebeur dat die setel van Milaan voortrefliker as die Roomse setel was!15

3. In die vroeë kerk was die hoogdrawende titels van die Roomse pous onbekend.🔗

Dit is nie moeilik om te oordeel wanneer en hoe die titel primaat en ander hoogdrawende titels waarmee die Roomse setel tans verbasend spog, ingesluip het nie. Cyprianus maak dikwels melding van Cornelius en beskryf hom nie met ander benamings as 'broeder', 'medebiskop' of 'kollega' nie. Maar wanneer hy aan Stefanus, Cornelius se opvolger, skryf, stel hy hom nie alleen voor as sy eie gelyke en al die ander s'n nie, maar hy berispe hom baie streng wanneer hy nou teen sy verwaandheid en dan weer teen sy onkunde beswaar maak.16 Ons weet wat die hele kerk van Afrika se opvatting na Cyprianus oor hierdie aangeleentheid was. Die konsilie van Karthago het trouens 'n verbod daarop geplaas dat iemand die prins van die priesters of eerste biskop genoem moet word, maar slegs biskop van die eerste setel.17

Maar as iemand die ouer dokumente sou ondersoek, sal hy vind dat die Roomse biskop toe tevrede was met die gewone benaming broeder.18 Solank die ware en suiwer beeld van die kerk geduur het, is al daardie hooghartige benamings waaraan die Roomse setel hom later vergryp het, in elk geval nooit gehoor nie. Niemand het geweet wat die hoogste priester en die enigste hoof van die kerk op aarde beteken het nie. Maar as die biskop van Rome vir homself so iets sou durf toe-eien, was daar heldhaftige manne wat gou sy dwaasheid sou stuit. Toe Hieronymus presbiter van Rome was, het hy nie uit kwaadwilligheid die aansien van sy kerk verkondig in soverre die omstandighede en die tydsgewrig dit toegelaat het nie. Ons merk egter hoe hy ook sy kerk tot orde bring. Hy sê: "As daar na gesag gesoek word: die wêreld is groter as 'n stad! Waarom hou jy die gewoonte van een stad aan my voor? Waarom verdedig jy 'n klein handjievol mense uit wie hooghartigheid teen die wette van die kerk ontstaan het? Waar daar ookal 'n biskop is, òf dit nou  in Rome òf in Gubbio òf in Konstantinopel òf in Reggio is, hy het dieselfde verdienste en dieselfde priesterskap. Die mag van rykdom en die nederigheid van armoede dra nie daartoe byom 'n biskop belangriker of onbelangriker te maak nie".19

4. Gregorius die Grote se houding ten opsigte van Roomse titels.🔗

Eers in die tyd van Gregorius het daar twis oor die titel universele biskop ontstaan toe die eersug van Johannes, biskop van Konstantinopel, die geleentheid daarvoor geskep het. Hy wou homself immers universele biskop maak - iets wat niemand nog ooit probeer doen het nie. In die geskil daaroor voer Gregorius nie aan dat 'n reg wat hom toekom, hom ontneem word nie, maar hy protesteer moedig dat dit 'n onheilige benaming, ja, 'n heiligskennige titel is wat 'n voorloper van die Antichris is. Hy sê: "Die hele kerk tuimel van sy status af as iemand wat universeel genoem word, val".20 Elders stel hy dit so: "Dit is iets baie treurigs om geduldig te verdra dat ons medebroeder en medebiskop op al die ander neersien en as enigste biskop bekendstaan. Maar wat dui hierdie hooghartigheid van hom anders aan as dat die tye van die Antichris alreeds naby is? Natuurlik boots hy die een na wat die geselskap van die engele verag en gepoog het om tot op die kruin van uitsonderlikheid uit te styg!21 In 'n brief aan Eulolius van Alexandrië en aan Anastasius van Antiochië skryf hy: "Geeneen van my voorgangers wou ooit hierdie onheilige woord gebruik nie omdat die naam patriarg van die res weggeneem word as een (van hulle) die aartspatriarg genoem word. Maar verre sy dit van 'n Christelike verstand om enigiets hom te wil toeeien waardeur hy die eer van sy medebroeders selfs in die geringste mate sou krenk".22 "Om met hierdie afskuwelike woord saam te stem, is niks anders as om die geloof te vernietig nie".23 "Dit is een ding om geloofseenheid te handhaaf maar 'n ander om selfverheffing te onderdruk. Sover dit my aangaan, verklaar ek met vertroue dat elkeen wat homself 'n universele priester noem; of begeer om so genoem te word, in sy selfverheffing 'n voorloper van die Antichris is omdat hy deur eersugtig te wees homself bo ander stel".24 Net so verklaar hy weer eens in 'n brief aan Anastasius van Alexandrië: "Ek het gesê dat hy nie vrede met ons kan hê tensy hy sy selfverheffing oor 'n bygelowige en hooghartige word wat die eerste afvallige uitgevind het, regstel nie. En om nou maar die onreg teen julle eer te verswyg: as een biskop universeel genoem word, tuimel die hele kerk in duie wanneer hierdie universele biskop val".25 Dat hy skryf dat hierdie eer op die sinode van Chalcedon vir Leo aangebied is,26 is van alle waarheid ontbloot omdat daar niks hiervan in die handelinge van hierdie sinode te lese is nie. En Leo self wat in baie briewe die dekreet wat daar tot eer van die setel van Konstantinopel geneem is, bestry,27 sou hierdie bewys wat die aanneemlikste van almal is, ongetwyfeld nie bulte rekening gelaat het as dit waar was dat hy die eer wat hom aangebied is, van die hand gewys het nie. Omdat hy 'n mens was wat meer as genoeg eersugtig was, sou hy nie vrywillig iets weggelaat het wat tot sy eie lof bygedra het nie. Gregorius het hom dus daarin misgis dat hy gemeen het dat hierdie titel deur die sinode van Chalcedon aan die Roomse setel oorgedra is.28 Ek swyg maar oor hoe belaglik dit is dat hy getuig dat dit uit 'n heilige sinode gekom het, maar terselfdertyd noem hy die sinode afskuwelik, onheilig, goddeloos, hooghartig en heiligskennig, ja, selfs dat dit deur die duiwel bedink en deur 'n bode van die Antichris bekendgestel is.29 En tog voeg hy by dat sy voorganger dit van die hand gewys het ten einde te voorkom dat, wanneer iets aan een (van hulle) in sy persoonlike hoedanigheid gegee sou word, alle priesters die eer wat aan hulle verskuldig is, ontneem sou word.30 Elders stel hy dit so: "Niemand wou ooit so genoem word nie, niemand het vir homself op hierdie ondeurdagte naam beslag gelê nie om te voorkom dat, as hy in die biskoplike rangorde die eer van uitsonderlikheid vir hom sou aangryp, dit sou lyk asof hy al sy medebroeders hierdie eer weier.''31

5. 'n Verduideliking van die manier waarop die Roomse setel mag oor ander kerke verkry het.🔗

Nou kom ek by die regsbevoegdheid wat die Roomse pous beweer hy onweerlegbaar oor alle kerke het. Ek weet hoe groot die rusies was wat eertyds hieroor ontstaan het. Daar was trouens geen tydperk waarin die Roomse setel nie na heerskappy oor ander kerke gestreef het nie. En dit sal hier nie ongeleë wees om ondersoek in te stel na die maniere waarop dit destyds geleidelik tot 'n sekere magsposisie uitgestyg het nie. Ek praat nou nog nie oor die grenslose oorheersing wat dit nie so lank gelede vir homself gegryp het nie want ons sal dit uitstel tot op die regte plek.32 Dit is egter die moeite werd om in 'n paar woorde aan te dui hoe en op watter maniere die Roomse setel homself verhef het om hom 'n sekere reg oor ander kerke toe te eien.

Toe die Oosterse kerke in die keisertyd van Constantius en Constans, Konstantyn die Grote se seuns, vanweë die onenigheid van Arius verdeeld en in oproer was, is Athanasius, wat destyds die belangrikste verdediger van die opregte geloof was, van sy setel verdryf. So 'n ramp het hom gedwing om na Rome te kom om met die gesag van die Roomse setel sowel die waansin van sy vyande op watter wyse ook al te onderdruk asook om die godvrugtiges in hulle swaarkry te versterk. Hy is met eerbetoon deur Julius wat toe biskop daar was, ontvang en hy het dit reggekry dat die Westerse kerke onderneem het om sy saak te verdedig.33 Aangesien die godvrugtiges derhalwe 'n groot behoefte aan hulp van buite af gehad het, en hulle bemerk het dat die beste bystand vir hulle in die kerk van Rome geleë is, het hulle met graagte soveel gesag as moontlik daarop oorgedra. In geheel het dit inderwaarheid daarop neergekom dat hulle die gemeenskap met hierdie kerk van groot belang geag het en dat hulle dit as 'n skande sou beskou om daarvan uitgesluit te word.

Later het slegte en goddelose mense ook baie daartoe bygedra want om wettige vonnisse te ontduik, het hulle hulle vir asiel hierheen gewend. As 'n presbiter dus deur sy biskop, en as 'n biskop deur die sinode van sy provinsie veroordeel is, het hulle hulle dadelik op Rome beroep en die biskoppe van Rome het hierdie appèlle met groter geneëntheid as wat hulle moes, aangeneem omdat dit gelyk het asof dit 'n buitengewone soort mag is om wyd en syd in ander se sake tussenbei te tree.34 Toe Eutyches byvoorbeeld deur Flavianus, die biskop van Konstantinopel veroordeel is, het hy by Leo gaan kla dat hy veronreg is.35 Leo het sonder aarseling net so onbesonne as skielik die verdediging van hierdie slegte saak onderneem. Hy het heftig teen Flavianus uitgevaar asof hy 'n onskuldige man veroordeel het sonder om sy saak te verhoor. En deur hierdie eersugtigheid van hom het hy veroorsaak dat die goddeloosheid van Euryches 'n tyd lank sterk was.36 Dit staan vas dat dit baie meer dikwels in Afrika gebeur het. Sodra 'n niksnut 'n gewone vonnis ondergaan het, het hy na Rome gevlug en sy mense met baie belasteringe beswadder. Die Roomse setel was egter altyd bereid om tussenbeide te tree. Hierdie goddeloosheid het die biskoppe van Afrika gedwing om 'n verbod in te stel dat niemand wat onder straf van verbanning was, oorsee mag appèlleer nie.37

6. Die perke van die eertydse mag en regsbevoegdheid van die Roomse setel.🔗

Hoe dit ook al sy, laat ons ondersoek watter reg of mag die Roomse setel destyds gehad het. Kerklike gesag word saamgevat onder die volgende vier hoofde: die bevestiging van biskoppe, uitvaardiging van konsilies, die verhoor van appèlle of die jurisdiksie, en bestrawwende vermaning of sensuur.38

Al die eertydse sinodes beveel dat biskoppe deur hulle stedelike biskoppe bevestig moes word. Hulle gelas die biskop van Rome nêrens om dit te doen nie behalwe in sy eie parriargaat.39 Die gewoonte het egter geleidelik veld gewen dat al die biskoppe van Italië na Rome gekom het om daar bevestiging te soek.40 Hiervan was die hoofstede uitgesonder omdat hulle nie toegelaat het dat hulle so verslaaf word nie. Wanneer een of ander stedelike biskop egter bevestig moes word, het die biskop van Rome een van sy presbiters daarheen gestuur om slegs daar teenwoordig te wees en nie om aan die hoof daarvan te wees nie. 'n Voorbeeld hiervan kom by Gregorius voor in die bevestiging van Constantius van Milaan na die afsterwe van Laurentius.41 Ek dink nogtans nie dat dit 'n oeroue instelling is nie. Toe hulle egter begin het om afgevaardigdes heen en weer te stuur ter wille van die eer en welwillendheid om getuies van die bevestiging te wees ten einde gemeenskaplikheid te betuig, is begin om iets wat vrywillig was, as noodsaaklik te beskou. Hoe dit ook al sy, dit staan vas dat die bevoegdheid om te bevestig eertyds nie die Roomse biskop toegekom het nie behalwe in die provinsie van sy eie patriargaat, dit is, in die buitestedelike kerke soos 'n kanon van die sinode van Nicea dit noem.42

'n Sinodale brief is saamgestuur en aan die bevestiging gekoppel, maar daarin was die biskop van Rome nie die ander se meerdere nie. Dadelik na hulle bevestiging het die patriarge gewoonlik in 'n plegtige geskrif hulle geloof onderskryf en daarmee bely dat hulle die heilige en opregte konsilies onderskryf. Nadat hulle so rekenskap van hulle geloof gegee het, het hulle mekaar onderling goedgekeur. As die biskop van Rome hierdie belydenis van die ander biskoppe sou ontvang, en dit nie gegee het nie, sou hy daardeur as hulle meerdere erken gewees het maar aangesien hy dit net so min moes gee as wat hy dit van die ander kon eis, en hy ook aan die gewone reël onderworpe was, was dit beslis 'n teken van hulle gemeenskap en nie van oorheersing nie. 'n Voorbeeld hiervan kom in 'n brief van Gregorius aan Athanasius voor43 en aan Curiacus van  Konstantmopel44 en elders tegelyk aan al die patriarge.45

7. Onderlinge vermaning en sensuur.🔗

Nou volg vermanings of sensuur. Soos die biskoppe van Rome dit eertyds teenoor ander toegepas het, was hulle op hulle beurt ook daaraan onderworpe. Irenaeus het Victor byvoorbeeld heftig tereggewys omdat hy die kerk onbesonne met vernietigende tweespalt oor 'n onbelangrike saak in beroering gebring het. Victor het daaraan gehoor gegee en nie daarteen beswaar gemaak nie.46 Daar was destyds so 'n vrymoedigheid onder die heilige biskoppe dat hulle hulle broederlike reg ook teen die Roomse owerste kon aanwend deur hom te vermaan en tereg te wys as hy gesondig het. Wanneer omstandighede dit vereis het, het hy op sy beurt die ander biskoppe op hulle plig gewys en as hulle gebreke gehad het, hulle tereggewys. Want wanneer Cyprianus Stefanus aanspoor om die biskoppe van Frankryk te vermaan, put hy die rede daarvoor nie uit hoër gesag nie maar uit die gemene reg wat priesters teenoor mekaar het. Nou vra ek jou: as Stefanus destyds hoof oor Frankryk was, sou Cyprianus mos gesê het: "Straf hulle want hulle behoort aan jou"? Hy praat egter heeltemal anders en sê: "Die broederlike gemeenskap wat ons onderling aan mekaar verbind, vereis dat ons mekaar wedersyds moet vermaan''.47 En ons sien met hoe 'n groot bitterheid hierdie man wat andersins 'n rustige geaardheid gehad het, hom vir Stefanus vertoorn wanneer hy meen dat hy te verwaand geword het.48 Ook in hierdie opsig is dit dus nog nie duidelik dat die biskop van Rome enige jurisdiksie gehad het oor diegene wat nie aan sy provinsie behoort het nie.

8. Die bevoegdheid om 'n sinode op te roep.🔗

Sover dit die oproep van sinodes aangaan: dit was die plig van elke stedelike biskop om op vasgestelde tye 'n provinsiale sinode byeen te roep.49 Daarin het die biskop van Rome geen reg gehad nie. Alleen die keiser kon 'n universele konsilie uitroep.50 As enigeen van die biskoppe dit trouens sou probeer doen, sou diegene wat buite sy provinsie was, sy oproep nie alleen nie gehoorsaam het nie, maar daar sou onmiddellik oproer ontstaan het. Die keiser het dus aan almal gelyk 'n boodskap gestuur om teenwoordig te wees. Sokrates vertel inderdaad dat Julius heftig teen die Oosterse biskoppe geprotesteer het omdat hulle hom nie na die sinode van Antiochië opgeroep het nie aangesien dit volgens die  kanons verbode was dat enige besluit sonder medewete van die Roomse pous geneem word.51 Maar wie kan nie sien dat dit in verband met daardie besluite verstaan moet word wat die universele kerk bind nie? Verder is daar niks snaaks daarin as dit die oudheid en grootsheid van die stad (Rome) sowel as die aansien van die setel daarvan gegun word dat daar nie in die afwesigheid van die biskop van Rome 'n universele besluit oor die godsdiens geneem mag word nie, dit is, as hy inderdaad nie weier om aanwesig te wees nie. Maar wat het dit met heerskappy oor die hele kerk te doen? Ons ontken trouens nie dat (die biskop van Rome) een van die belangrikstes was nie maar ons weier om te aanvaar dat hy heerskappy oor almal gevoer het soos die Romaniste tans beweer.

9. Die bedenklike hantering van appèlle.🔗

Nou bly daar die vierde soort mag oor, naamlik die mag wat berus op appèlle. Dit is duidelik dat die oppergesag by die een na wie se regbank geappèlleer word, berus. Baie het dikwels na die Roomse pous geappèlleer en hy het self ook gepoog om die verhoor van sake vir hom toe te eien. Hy is egter altyd uitgelag wanneer hy sy perke oorskry het. Ek sal niks van die Ooste of van Griekeland sê nie,52 maar dit is bekend dat die biskoppe van Frankryk kragtig weerstand gebied het toe die indruk gewek is dat die pous die heerskappy oor hulle oorneem.53 In Afrika is daar lank daaroor getwis want toe diegene wat oorsee geappèlleer het, by die konsilie van Milevis54 waarby Augustinus teenwoordig was, uitgeban is, het die Roomse pous gepoog om dit so te bewerk dat daardie dekreet reggestel word. Hy het afgevaardigdes gestuur om aan te toon dat hierdie voorreg deur die konsilie van Nicea aan hom gegee is. Die afgevaardigdes het die handelinge van die konsilie van Nicea wat hulle uit die argiewe van hulle eie kerk gehaal het, te voorskyn gebring. Die biskoppe van Afrika het dit teengestaan en gesê dat die Roomse biskop nie geglo moet word as hy sy eie saak hanteer nie; dat hulle daarom gesante na Konstantinopel sal stuur en na ander stede in Griekeland waar eksemplare daarvan was wat minder verdag was.55 Die bevinding was dat daarin niks voorkom van die aard wat die Roomse afgevaardigdes voorgehou het nie. So is daardie dekreet wat die hoogste regsbevoegdheid van die Roomse pous weggeneem het, bekragtig.56 In hierdie saak het die skandelike skaamteloosheid van die Roomse pous self aan die lig gekom want toe hy die sinode van Sardica skelm in die plek van die sinode van Nicea ingevoeg het, is hy skandelik in sy openlike valsheid betrap.57

Maar selfs groter en skaamteloser was die goddeloosheid van diegene wat 'n fiktiewe brief by die konsilie bygevoeg het waarin die een  ander biskop van Karthago sy voorganger, Aurelius, vir sy verwaandheid verdoem omdat hy gewaag het om hom van gehoorsaamheid aan die apostoliese setel af weg te rokkel, en hy het vir homself en sy kerk 'n voorlegging gemaak en smekend om vergiffenis gevra.58 Dit is die voortreflike monumente van die ou tyd waarop die majesteit van die Roomse setel gegrond is terwyl hulle so kinderagtig onder dekmantel van die oudheid lieg dat selfs blindes dit (met 'n stok) kan voel! Hy sê: "Aurelius het homself met duiwelse brutaliteit en veragting verhef en teen Christus en die heilige Petrus gerebelleer. Daarom moet hy met die banvloek veroordeel word".59

Maar wat sê Augustinus? Wat sê soveel kerkvaders wat by die konsilie van Milevis aanwesig was? Maar waarom is dit nodig dat ons so 'n onsinnige geskrif met baie woorde moet weerlê terwyl selfs nie eens die Romaniste dit sonder groot skaamte kan ondersoek as hulle nog skaamte oor het nie. So het Gratianus, uit kwaadwilligheid of onkunde weet ek nie, toe hy na daardie dekreet verwys het "dat diegene wat oorsee appèl aanteken, die gemeenskap ontneem moet word", die uitsondering bygevoeg "tensy hulle miskien na die Roomse setel appèlleer".60 Wat moet jy met sulke ongediertes doen wat so van gesonde verstand verstoke is dat hulle die een enkele aspek van die reël uitsonder ter wille waarvan almal kan sien dat hierdie reël ingestel is? Want wanneer die konsilie oorsese appèlle verdoem, verbied dit slegs dat iemand na Rome kan appèlleer. Hierdie goeie vertolker sonder Rome van die algemene wet uit!

10. Verdere ongerymdhede in die vestiging van die oppergesag van Rome.🔗

Maar om hierdie vraagstuk vir eens en vir altyd tot 'n einde te bring – een stukkie geskiedenis sal duidelik maak wat die aard van die Roomse biskop se jurisdiksie destyds was. Donatus van Casae Nigrae het 'n klag gelê teen Caecilianus, die biskop van Karthago. Hy is verdoem ten spyte daarvan dat sy saak nie verhoor is nie. Aangesien hy trouens geweet het dat 'n komplot deur die biskoppe teen hom gesmee is, wou hy nie voor hulle verskyn nie. Daarna het die saak by keiser Konstantyn uitgekom. Aangesien hy wou hê dat die saak volgens die oordeel van die kerk besleg moes word, het hy die ondersoek daarvan aan Melciades, die biskop van Rome opgedra en enkele biskoppe uit Italië, Frankryk en Spanje as kollegas aan hom gegee.61 As dit volgens die gewone jurisdiksie van die Roomse setel was om 'n appèl in 'n kerklike saak aan te hoor, waarom laat Melciades toe dat ander assessore na die oordeel van die keiser by hom gevoeg word? Ja, waarom onderneem hy die verhoor eerder op bevel van die keiser as na aanleiding van sy ampsplig? Maar van Casae Nigrae val vanweë sy lasterlike optrede. Hy appèlleer. Constantinus dra die verhoor van sy appèl aan die biskop van Arles op. Hy sit as regter om vir die Roomse pous aan te kondig wat hy goedvind.62 As die Roomse setel die hoogste gesag sonder appèl gehad het, waarom laat Melciades toe dat so 'n uitsonderlike skande hom aangedoen word dat die biskop van Arles bo hom voorkeur geniet? En watter keiser het dit gedoen? Natuurlik Constantinus wat soos hulle roem, nie alleen al sy ywer nie maar feitlik al die ryk se bronne beskikbaar gestel het om die aansien van sy setel te vergroot.63 Ons sien dus nou hoe ver die Roomse pous destyds in alle opsigte weg was van daardie opperheerskappy wat volgens sy verklaring oor al die kerke deur Christus aan hom gegee is en waarvan. hy die leuen kwytraak dat hy dit oor al die eeue met die instemming van die hele wêreld behou het.

11. Persoonlike ambisie en vervalsing van kerkdokumente.🔗

Ek weet hoeveel briewe daar is, hoeveel reskripte en edikte waarvolgens pouse alles aan daardie setel toewys en dit ook met vertroue eis. Maar almal weet ook - selfs die wat die geringste verstand en geleerdheid het dat die merendeel daarvan so dwaas is dat dit met die eerste proe-slag maklik is om agter te kom uit watter werkswinkel dit te voorskyn gekom het. Watter mens wat by sy gesonde verstand en nugter is, sou trouens dink dat daardie pragtige vertaling wat onder Anacletus se naam in Gratianus (se werk) aangehaal word, naamlik dat Cepbas kop beteken, wel Anacletus s'n is?64 Die Romaniste misbruik vandag baie soortgelyke beuselagtighede wat Gratianus onoordeelkundig aanmekaar gelap het, teen ons om hulle setel te verdedig en te midde van so 'n groot lig vandag wil hulle nog met sulke rookskerms waarmee hulle eertyds in (‘n tyd van) duisternis met onkundiges die spot gedryf het, te koop loop.65 Maar ek wil nie bale moeite daaraan verkwis om dit te weerlë nie omdat hulle hulleself vanweë hulle uitermatige onsinnigheid weerlê.

Ek erken dat daar wel egte briewe van die eertydse pouse bestaan waarin hulle met grootse lofredes met die luister van hulle setel probeer smous soos byvoorbeeld sommige van Leo se briewe. Hoewel hy geleerd en  welsprekend was, was hy net so onmatig in sy begeerte na roem en heerskappy. Maar dit is te bevraagteken of die kerke destyds sy getuienis geloofwaardig geag het toe hy hom so verhef het. Dit is egter duidelik dat baie sy ambisie afstootlik gevind en ook sy hebsug teengestaan het. Hy dra êrens sy pligte oor Griekeland en omstreke aan die biskop van Tessalonika as sy plaasvervanger op;66 en oor Frankryk iewers aan die biskop van Arles, of enigiemand anders.67 Hy stel Hormisdas, die biskop van Sevilla, byvoorbeeld as sy plaasvervanger oor Spanje aan68 maar hy maak oral die uitsondering dat die oeroue voorregte van 'n hoofstad ongeskonde en ongedeerd moet bly.69 En tog verklaar Leo self dat een van daardie voorregte dit is dat, as daar twyfel oor 'n saak sou voorval, die hoofstad in die eerste plek daaroor geraadpleeg moet word.70 Sy plaasvervangers was dus aan hierdie voorwaarde onderworpe dat geen biskop in sy gewone jurisdiksie, of hoofstad in sy verhoor van appèlle, of provinsiale sinode in die konstituering van kerke daardeur belemmer mag word nie. Maar wat was dit anders as om van alle jurisdiksie afstand te doen, maar in te gryp om twiste te besleg slegs in soverre die reël en die aard van die kerkgemeenskap dit toelaat?

12. Veranderinge in die tyd van Gregorius die Grote.🔗

In Gregorius se tyd is daardie eertydse benadering reeds baie verander. Die ryk is trouens geskud en geskeur; Frankryk en Spanje het die een ramp na die ander gely en is daardeur geskok; Illirië is verwoes, Italië geteister en Afrika het as gevolg van voortdurende rampe amper te gronde gegaan. Om in so 'n groot opskudding van burgerlike regerings die geloof ten minste ongedeerd te laat bly, of in elk geval nie heeltemal te sterwe te laat kom nie, het biskoppe van oral oor hulle al hoe meer by die Roomse pous aangesluit. Die gevolg was dat die (Roomse) setel se aansien nie alleen geweldig toegeneem het nie, maar ook sy mag. Ek steur my egter nie soseer aan die redes waarom dit gebeur het nie. Dit staan vas dat die Roomse setel toe magtiger as in voorgaande tye was. En tag is dit baie belangrik dat dit nie so 'n teuellose oorheersing was dat een na willekeur heerskappy oor ander kon voer nie. Maar die Roomse setel het so 'n eerbied geniet dat dit goddelose en weerspannige biskoppe wat nie deur hulle eie kollegas aan hulle plig gehou kon word nie, deur die gesag daarvan aan bande kon lê en kon onderdruk. Gregorius getuig immers herhaaldelik met noukeurigheid dat hy die regte van ander nie minder getrou teenoor hulle handhaaf as wat hy sy eie van hulle geëis het nie.71 Hy sê: "Ook ontneem ek niemand sy reg nie al sou eersug hom aandryf. Maar my wens is om my broeders in alles te eer".72 Daar is nie 'n uitspraak in sy geskrifte waarin hy hom trotser op die luister van sy primaat beroem as die volgende nie: "Ek weet nie watter biskop hom nie aan die apostoliese setel onderwerp het wanneer hy skuldig bevind word nie." Hy voeg egter dadelik by: "Wanneer 'n fout dit nie vereis nie, is almal volgens die orde van nederigheid gelykes".73 Hy ken aan homself die reg toe om diegene wat gesondig het, te berispe. As almal egter hulle plig doen, stel hy homself aan die ander gelyk. En hy ken dit inderdaad as 'n reg aan homself toe. Die wat wou, het daarmee saamgestem; ander vir wie dit nie aangestaan het nie, kon skotvry daarteen protesteer - en dit is bekend dat die meerderheid dit ook gedoen het. Hierbenewens praat hy daar van die primaat van Bisantium wat, toe hy deur die provinsiale sinode verdoem is, die hele uitspraak verwerp het. Sy kollegas het die man se hardnekkigheid aan die keiser berig en die keiser het besluit dat Gregorius hom moes verhoor.74 Ons bemerk dus dat hy niks aangepak het waardeur hy die gewone jurisdiksie geweld sou aandoen nie, en dat hy dit wat hy wel gedoen het, slegs in opdrag van die keiser doen om ander te help.

13. Gregorius se ervaring van die administratiewe laste van die primaat.🔗

Destyds was die volle mag van die biskop van Rome dus om weerbarstige en ongetemde owerstes teen te staan wanneer 'n buitengewone raat daarvoor nodig was. Die doel daarvan was om ander biskoppe te help en nie om hulle in die wiele te ry nie. Hy eien homself dus niks meer teenoor ander toe as wat hy almal elders oor hom gun wanneer hy erken dat hy bereid is om deur almal berispe en deur almal verbeter te word nie.75 Hy gelas die biskop van Aquileia byvoorbeeld om na Rome te kom om sy saak te stel in 'n geskil oor die geloof wat tussen hom (die biskop) en ander biskoppe ontstaan het. Hy gee hierdie bevel egter nie uit eie mag aan hom nie maar omdat die keiser dit aan hom opgedra het. Hy verklaar ook dat hy nie die enigste regter sal wees nie maar beloof dat hy 'n sinode byeen sal roep om die hele aangeleentheid te besleg.76

Tog was daar tot hiertoe nog so 'n selfbeheersing dat die mag van die Roomse setel sy eie bepaalde perke gehad het wat hy nie kon oorskry nie en die biskop van Rome was net so min die hoof van ander biskoppe as wat hy aan hulle ondergeskik was. Nogtans is dit duidelik hoe ontevrede Gregorius met hierdie toedrag van sake was want hy kla kort-kort dat hy onder die skyn(kleding) van die biskopskap na die wêreld teruggebring word en dat hy meer in wêreldse sorge verwikkel is as wat hy ooit in sy lewe as leek gedien het, en dat hy in daardie ereamp deur die onrustigheid van wêreldse sake platgedruk word.77 Elders sê hy. "Sulke groot besigheidslaste druk my neer dat my gedagtes geensins op die dinge daarbo gerig kan word nie. Ek word deur baie golwe van sake getref en na rustige ontspanning, word ek getreiter deur storms van 'n woelige lewe sodat ek met reg kan sê: 'Ek het in die diepsee gekom en die storm het my laat sink'''.78 Lei nou hieruit af wat hy sou gesê het as dit in die huidige tyd sou gebeur. As hy sy herdersplig nie (ten volle) vervul het nie, het hy nogtans sy plig gedoen. Hy het hom van die burgerlike regering van die ryk onttrek en saam met ander verklaar dat hy aan die keiser onderworpe is. Hy het hom nie bemoei met sorge oor ander kerke nie behalwe as hy deur nood daartoe gedwing is. Omdat hy hom egter nie ten volle aan sy biskoppligte kon wy nie, lyk dit nogtans vir hom asof hy hom in 'n doolhof bevind.

14. Die stryd om die primaat tussen Rome en Konstantinopel.🔗

Soos reeds gesê is,79 het die biskop van Konstantinopel op daardie stadium 'n geskil oor die primaat met die biskop van Rome gehad. Want nadat die setel van die ryk in Konstantinopel gevestig is, het die ryksmajesteit dit goed gevind om te versoek dat die kerk daar ná Rome ook 'n ereposisie moes beklee. En in die begin het niks beslis meer bygedra daartoe om die primaat aan Rome te verleen as die feit dat dit toe die hoofstad van die ryk was nie. In Gratianus se werk is daar nog 'n antwoord onder pous Lucinus se naam waarin hy sê dat stede waar stedelike biskoppe en primate die leiding moet neem, nie anders van mekaar onderskei moet word as volgens die metode van die burgerlike regering wat vroeër daar was nie.80 Daar is ook 'n ander brief van pous Clemens waarin hy sê dat die patriarge ingestel is in daardie stede wat eertyds die hoof flamens81 gehad het.82 Hoewel dit niksbeduidend is, is dit tog aan die werklike toedrag van sake ontleen. Dit is trouens duidelik dat provinsies verdeel is volgens toestande wat toe gegeld het om so min verandering as moontlik aan te bring, en dat primate en stedelike biskoppe in daardie stede aangestel is wat ander stede in eer en mag oortref het. Daar is derhalwe op die konsilie van Turyn besluit dat die stede wat in die burgerlike regering die hoofstede van elke provinsie was, die hoofsetels van biskoppe moes wees. Maar as die ereposisie van die burgerlike regering van een stad na 'n ander oorgedra word, (is besluit) dat die reg van die stedelike biskop ook daarheen oorgedra moet word.83 Toe die Roomse pous Innocentius gesien het dat die eertydse aansien van sy stad begin kwyn het vanaf die stadium waarop die setel van die ryk na Konstantinopel oorgedra is, het hy uit vrees vir sy setel 'n teenoorgestelde reël ingestel. Daarin sê hy dat die kerk se hoofstede nie noodwendig verander moet word as hoofstede van die ryk verander word nie.84 Maar die gesag van 'n sinode moet met reg bo die opvatting van een mens gestel word. Dan moet ons Innocentius in sy eie saak onder verdenking hou. Hoe dit ook al sy: met sy voorsorg toon hy dat dit van die begin af so gereël is dat stedelike biskoppe volgens die uiterlike reëling van die ryk uitgeplaas moes word.

15. Die Roomse erkenning van Konstantinopel en Leo se reaksie daarop.🔗

Na aanleiding van hierdie ou instelling is op die eerste sinode van Konstantinopel besluit dat die biskop van hierdie stad die voorregte van hierdie ereposisie ná die Roomse paus sou beklee omdat dit 'n nuwe Rome was.85 Toe daar egter na lang verloop van tyd 'n soortgelyke dekreet by Chalcedon geneem is, het Leo hom heftig daarteen verset.86 Hy het homself nie alleen toegelaat om die besluit wat seshonderd of meer biskoppe geneem het, van nul en gener waarde te ag nie maar hulle met kwaai verwyte verkwalik dat hulle die eer wat hulle aan die kerk van Konstantinopel durf verleen het, ander setels ontsê het.87 Nou vra ek jou, wat anders kon die man aangehits het om die hele wêreld vir so 'n onbenulligheid in oproer te bring as louter eersug? Hy beweer dat die besluit wat die sinode van Nicea vroeër geneem het, onskendbaar behoort te wees.88 Net asof die Christelike geloof gevaar loop as een kerk bo 'n ander gestel word, of net asof die patriargate daar vir 'n ander doel as ter wille van die (kerk)organisasie onderskei is. Ons weet egter dat die (kerk)organisasie verskillende veranderinge toelaat, ja, selfs vereis, volgens die verandering van die tydsgewrig. Wat Leo voorhou, is dus onbeduidend, naamlik dat die eer wat op gesag van die sinode van Nicea aan Alexandrië gegee sou word, nie aan die setel van Konstantinopel verleen mag word nie.89 Gewone verstand sê dit trouens voor dat dit 'n besluit van so 'n aard was dat dit volgens die omstandighede van die tydsgewrig opgehef kon word. Wat daarvan dat nie een van die Oosterse afgevaardigdes daarteen protes aangeteken het terwyl dit besonderlik in hulle belang was nie? Proterlus wat hulle in Alexandrië in Dioscorus se plek aangestel het, was in elk geval teenwoordig,90 asook ander patriarge wie se eer daardeur verminder is. Dit was hulle taak om tussenbei te tree en nie Leo s'n nie omdat hy ongedeerd, op sy plek gebly het. Terwyl hulle inderdaad almal swyg, ja, terwyl hulle almal daarmee saamstem, weerstaan slegs een, die biskop van Rome, die besluit. Dit is voor die hand liggend om te oordeel wat sy motiefwas. Hy het natuurlik voorsien wat nie baie later nie gebeur het toe die glorie van Rome van ouds afgeneem het dat Konstantinopel nie met tweede plek tevrede sou wees nie en daarmee oor die primaat in konflik sou kom. Deur daarteen te protesteer het Leo egter nie bewerkstellig dat die besluit van die konsilie nie bekragtig is nie. Toe sy opvolgers dus gesien het dat hulle gebreek is, het hulle rustig van daardie hardkoppigheid afgesien want hulle het verdra dat die biskop van Konstantinopel as tweede patriarg beskou moet word.

16. Die botsing tussen Gregorius en Johannes.🔗

Maar 'n bietjie later het Johannes wat in Gregorius se tyd oor die kerk van Konstantinopel regeer het, so uitgebars dat hy beweer het dat hy die universele patriarg is.91 Ten einde nie in die heel beste saak die verdediging van sy setel te kort te doen nie, het Gregorius hom gedurig teengestaan.92 Johannes was in elk geval sowel vanweë sy hoogmoedigheid as sy waansinnigheid ondraaglik omdat hy die grense van sy bisdom aan die grense van die ryk gelyk wou stel. Nogtans eis Gregorius nie vir hom iets op wat hy 'n ander weier nie maar hy verafsku daardie verklaring - deur wie dit ook al misbruik word -, as onheilig, goddeloos en verfoeilik. Ja, hy vererg hom iewers vir Eulogius, die biskop van Alexandrië, omdat hy Gregorius met so 'n titel vereer het. Hy sê: "Kyk, deur my in die voorwoord van die brief wat u aan my gerig het, 'universele pous' te noem het u gesorg dat u 'n hooghartige benaming daarop afstempel wat ek u verbied het om te doen. Ek versoek u heiligheid om dit nie verder te doen nie want iets wat meer as wat redelikheid vereis, aan 'n ander gegee word, word van julle weggeneem. Ek ag iets nie 'n eer as ek merk dat die eer van my medebroeders daardeur verminder word nie. My eer is immers die eer van die universele kerk en die standvastige lewenskragtigheid van my medebroeders. As u heiligheid my egter 'universele pous' noem, misken hy homself iets wat hy my in geheel gun".93 Gregorius se saak was goed en eerbaar maar Johannes wat die guns van keiser Mauritius geniet het, kon nooit van sy vooropgesette houding afgewend word nie.94 Ook Curiaeus, sy opvolger, het nooit toegelaat dat hy hiervan afgeraai word nie.95

17.Die verlening van oppergesag oor die kerk deur die wêreldse owerheid.🔗

Na die moord op Mauritius is Phocas eindelik in sy plek aangewys.96 Om een of ander rede was hy baie vriendelik teenoor die Romeine waarskynlik omdat hy sonder stryd daar gekroon is -, en hy het aan Bonifacius die Derde gegee wat Gregorius hoegenaamd nie geëis het nie, naamlik dat Rome hoof oor al die kerke sou wees. Op hierdie wyse is die geskil besleg.

En tog sou hierdie weldaad van die keiser die Roomse setel nie so gebaat het as dit nie was vir ander gebeure wat daarna gevolg het nie. Griekeland en die hele Asië is immers 'n bietjie later van gemeenskap met die Roomse kerk afgesny.97 Frankryk het hom wel geëerbiedig maar hom sover hulle wou, gehoorsaam. Maar toe Pepin die regering oorgeneem het, is die kerk vir die eerste keer tot slawerny gebring.98 Want toe die Roomse pous Zacharia Pepin in sy verraad en roof bygestaan het om die wettige koning te verdryf en sy ryk as buit te roof, het hy as belonging daarvoor ontvang dat die Roomse setel jurisdiksie oor die kerke in Frankryk sou hê. En soos rowers gewoonlik hulle gemeenskaplike buit in die verdeling daarvan verskeur, so het hierdie goeie manne onderling ooreengekom dat die wêreldse en burgerlike heerskappy na die rooftag op die ware koning Pepin sou toekom en dat Zacharia hoof van al die biskoppe sou word en die geestelike mag sou besit.

Hoewel hierdie mag aanvanklik wankelmoedig was soos gewoonlik gebeur in die geval van 'n revolusie, is dit daarna om byna dieselfde rede deur Karel die Grote se gesag versterk. Hy het trouens self ook 'n verpligting teenoor die Roomse pous gehad omdat hy sy keiserlike amp deur die pous se partydigheid bereik het. Hoewel kerke oral vooraf reeds erg gedeformeer was, is dit nogtans bekend dat die eertydse vorm van die kerk toe uiteindelik heeltemal in Frankryk en Duitsland uitgewis is. Daar bestaan nou nog in die argiewe van die hof van Parys kort kommentare van daardie tye wat, wanneer dit om kerklike aangeleenthede gaan, ooreenkomste van sowel Pepin as van Karel die Grote met die Roomse pous vermeld.99 Hieruit kan ons aflei dat daar toe 'n verandering van die eertydse toestand (van die kerk) plaasgevind het.

18. Die tydperk hierna gekenmerk deur agteruitgang van die kerk en groei van die gesag van die pous.🔗

Toe sake sedert hierdie tyd oral by die dag slegter in verval geraak het, is die tirannie van die Roomse setel ook voortdurend versterk en het dit aangegroei gedeeltelik vanweë die biskoppe se onkunde en gedeeltelik vanweë hulle luiheid. Want hoewel een van hulle alles vir homself toegeëien het en hy al hoe meer en meer voortgegaan het om hom mateloos en strydig met die wet en wat geoorloof was, bo hulle te verhef, het die biskoppe hulle nie met die ywer waarmee hulle dit moes doen, daarop toegelê om sy willekeurigheid hok te slaan nie en hoewel dit hulle nie aan moed ontbreek het nie, was hulle tog sonder ware geleerdheid en praktiese ervaring sodat hulle glad nie opgewasse was om so 'n groot taak aan te durf nie. Ons sien dus hoedanig en hoe kwistig Rome se ontheiliging was van alles wat heilig is, asook die vernieting van die hele kerkorde in Bernardus se tyd. Hy kla dat eersugtiges, gieriges, simoniste, heiligskenniges, bywywe, bloedskandiges en dergelike gedrogte van oor die hele wêreld na Rome stroom om op apostoliese gesag kerklike ereposisies te bekom of te behou.100 Bedrog, misleiding en geweld het hoogty gevier. Hy sê dat die wyse van regspraak toe afstootlik was, en 'n skande nie alleen vir die kerk nie maar ook vir die gereg.101 Hy protesteer dat die kerk vol eergierige mense is en dat niemand meer sidder om misdade te begaan as rowers wat in spelonke die buit van reisigers onder mekaar verdeel nie.102 Hy sê: "Net 'n paar mense hou hulle oë op die mond van die wetgewer maar almal op sy hande - tog ook nie onverdiend nie. Want daardie hande doen al die pous se besigheid!103 Wat is dit wat diegene wat vir jou sê: "Bravo! Goed so!", uit die buit van die kerk koop? Die lewe van armes word op die strate van die rykes gesaai. Silwer skitter in die modder. Van alle kante af hardloop mense daarnatoe. Nie een wat armer is nie maar een wat sterker is, tel dit op of miskien een wat vinniger kan hardloop. Tog kom hierdie gewoonte, of eerder hierdie dood, nie van jou af nie. Het dit tog maar in jou tot 'n einde gekom! Te midde hiervan gaan jy as herder voort, omring deur baie en kosbare praal. Ek sou waag om te sê dat dit weivelde van die duiwels is eerder as van skape! Natuurlik het Petrus so gedoen! Natuurlik het Paulus so gespeel!104 Jou hof ontvang goeie mense eerder as om hulle so te maak. Slegte mense vind trouens geen baat daarby nie, maar goeie mense kwyn daar weg".105

Nou sou geen godvrugtige mens die misbruik van appelle waarna hy verwys, sonder groot afgryse kon lees nie.106 Ten slotte sluit hy (sy beskrywing) van die bandelose hebsugtigheid van die Roomse setel in die misbruik van sy mag soos volg af: "Ek praat van die gemor en die algemene klag van kerke. Hulle protesteer dat hulle afgemaai en uitmekaar geskeur word. Daar is geen, of net 'n paar kerke wat nie oor hierdie slae bedroef is, of dit nie vrees nie. Jy vra watter slae? Abte word van hulle biskoppe weggeneem en biskoppe van hulle aartsbiskoppe, ensovoorts. Verbasend as dit verskoon kan word! Deur so te doen bewys julle dat julle volle mag het, maar nie volle geregtigheid niet julle doen dit omdat julle die mag het, maar die vraag is of julle dit hoort te doen. Julle is aangestel om elkeen se eer en posisie te handhaaf en nie om daarop afgunstig te wees nie".107 Ek het verkies om hier na enkele van die vele voorbeelde te verwys sodat my lesers gedeeltelik kan sien hoe ernstig die kerk destyds gekwyn het, en gedeeltelik sodat hulle ook kan agterkom in hoe 'n groot droefheid en versugting hierdie teenspoed al die godvrugtiges gehad het.

19. Die huidige pouslike mag gemeet aan Gregorius se maatstaf.🔗

Maarom die Roomse pous nou maar dieselfde hoogheid en omvang van jurisdiksie te gun wat hierdie setel in die middeleeue - dit is in Leo en Gregorius se tyd - gehad het, watter betrekking het dit op die pousdom van vandag? Ek praat nog nie van syaardse heerskappy en ook nie van sy burgerlike mag waaroor ons later op die regte plek daarvoor ondersoek sal instel nie.108 Maar watter ooreenkoms het hierdie geestelike regering waarop hulle roem, met die toestand van daardie tye? Hulle beskryf die pous trouens slegs as die opperhoof van die kerk op aarde en as universele biskop van die hele wêreld.109 Maar wanneer die pouse oor hulle eie gesag praat, verklaar hulle met groot verwaandheid dat die mag om te heers in hulle hande is, en dat die noodsaaklikheid om hulle te gehoorsaam vir die res beskore is.110 Al hulle verordeninge moet byvoorbeeld geag word asof dit deur Petrus se goddelike stem bekragtig is.111 Hulle poneer dat provinsiale sinodes sonder effek is omdat die pous nie daarby teenwoordig is nie,112 en dat hulle by magte is om geestelikes uit enige kerk te bevestig,113 en diegene wat elders bevestig is, na hulle setel te ontbied.114 In die mengelmoes van Gratianus kom daar ontelbare voorbeelde van hierdie aard voor, maar ek bespreek dit nie ten einde te voorkom dat ek my lesers lastig val. Dit kom nogtans kortliks hierop neer: die hoogste jurisdiksie in alle kerklike sake, òf dit nou ook al in die beoordeling of omskrywing van leerstellige sake is,115 in wetgewing,116 òf in die bepaling van die dissipline,117 òf in die uitoefening van regspraak,118 berus by een Roomse pous.

Dit sou lank neem, en dit is ook oorbodig om die voorregte wat hulle vir hulleself toe-eien, en wat hulle reserwes noem, hier weer te gee.119 Maar die ondraaglikste van alles is dat hulle geen oordeel op die wêreld laat om hulle teuelloosheid aan bande te lê en in toom te hou as hulle van so 'n ontsaglike mag misbruik sou maak nie. Hulle sê: "Vanweë die primaat van die kerk van Rome mag niemand teen die oordeel van hierdie setel beswaar maak nie".120 Net so: "As regter mag dit nie deur die keiser, òf deur konings, òf deur die geestelikheid in geheel, òf deur die (kerk) volk beoordeel word nie".121 Dit is meer aanmatigend as genoeg dat een man hom as regter oor alle mense aangestel het en dat hy hom die oordeel van niemand laat gehoorsaam nie. Maar wat gebeur as hy 'n dwingelandy oor die volk van God beoefen? Wat as hy die koninkryk van Christus verwoes en vernietig? Wat as hy die hele kerk in oproer bring? Wat gebeur as hy sy herderlike amp in 'n rowersnes omskep? ja; al sou hy die grootste misdadiger wees, verklaar hy dat hy nie verplig is om daarvan rekenskap te gee nie. "Dit was God se wil om die sake van ander mense deur mense te laat besleg, maar Hy het die owerste van hierdie setel ongetwyfeld ge hou om self te beoordeel".122 Net so: "Die dade van ondergeskiktes word deur ons geoordeel maar ons dade slegs deur God".123

20. Die Roomse magsbasis berus op vervalsde dokumente.🔗

En ten einde sulke edikte nog meer gewig te laat dra, het hulle die name van eertydse pouse valslik vervang net asof dit die werklike toedrag van  sake was wat van die begin af so ingestel is hoewel dit sekerder as seker is dat alles wat dit meer aan die Roomse pous toeken as wat ons weergegee het dat dit deur die eertydse konsilies aan hom verleen is, iets nuuts en 'n onlangse skepping is. Ja, hulle het so 'n vlak van verwaandheid bereik dat hulle 'n skriftelike antwoord onder Anastasius, die patriarg van Konstantinopel uitgegee het waarin hy getuig dat dit volgens die reëls van ouds neergelê is dat niks in die mees afgeleë provinsies gedoen mag word wat nie vooraf na die Roomse setel verwys is nie.124 Benewens die feit dat dit duidelik die grootste onsin is, wie sou kon glo dat so 'n lofrede vir die Roomse setel van sy teenstander wat met hom om eer en aansien gewedywer het, gekom het? Maar natuurlik moes daardie Antichristusse tot so 'n vlak van waansinnigheid en blindheid verhef word sodat hulle goddeloosheid vir alle mense met gesonde verstand sigbaar kon wees as hulle maar net hulle oë wil oopmaak. Die dekretale briewe wat deur Gregorius die Negende versamei is, asook die Clementynse briewe en die Buitensporighede van Martinus adem oral nog openliker en met voller kieste die ontsaglike wreedheid en die dwingelandy soos van barbaarse konings. En tog is dit hierdie openbarings na aanleiding waarvan die Romaniste hulle pousdom gewaardeer wil hê! Hieruit het daardie pragtige beginsels wat hulle vandag oral in die pousdom as godsprake voorhou, ontstaan, byvoorbeeld dat die pous nie 'n fout kan begaan nie,125 dat die pous hoër as konsilies is,126 dat die pous die universele biskop van alle kerke is,127 en dat hy die opperhoof van die kerk op aarde is.128 Ek verswyg maar die snert wat nog baie onsinniger is waaroor die onnosel kanoniste in hulle skole babbel. Roomse teoloë stem egter nie alleen daarmee saam nie maar hulle juig dit selfs toe om hulle afgod te vlei.

 21. Getuienis uit Gregorius dui aan dat die Roomse kerk geen grond het vir die gebruik van die titel 'universele biskop' nie.🔗

Ek sal hulle nie met uiterste strengheid behandel nie. Enigiemand anders sou teen hierdie groot verwaandheid Cyprianus se uitspraak kon inbring wat hy voor biskoppe op wie se vergadering hy voorsitter was, gebesig het, naamlik: "Niemand van ons noem homself biskop van die biskoppe nie, of dryf sy kollegas met tirannieke vrees tot dwang om hom te gehoorsaam nie".129 Enigiemand sou die beswaar teen hulle kon opper dat daar 'n bietjie later in Karthago besluit is dat niemand prins van die priesters of eerste biskop genoem mag word nie.130 Uit die geskiedenis sou hy baie getuienis bymekaar kon maak, asook uit die kan ons van sinodes en baie uitsprake uit die boeke van die ou skrywers om die Roomse pous tot orde te dwing.131

Maar ek laat dit daar sodat dit nie miskien sou lyk asof ek hulle te kortaf (in 'n hoek) druk nie. Laat die beste verdedigers van die Roomse setel my egter antwoord met watter onbeskaamdheid hulle die titel universele biskop durf verdedig terwyl hulle sien dat dit soveel keer deur Gregorius met die banvloek veroordeel word. As Gregorius se getuienis krag moet hê, verklaar hulle daarmee dat hulle pous die Antichris is omdat hulle hom universeel maak. Ook die woord hoof was niks meer gebruiklik nie. Hy verklaar trouens iewers soos volg: "Petrus was die belangrikste lid van die liggaam en Johannes, Andreas en Jakobus hoofde van besondere groepe van die volk. Hulle is egter almal lidmate van die kerk onder een Hoof. Ja, die heiliges voor die wet, die heiliges onder die wet, die heiliges in genade, almal voltooi die liggaam van Christus en is as sy lidmate ingestel; en niemand wou homself ooit universeel noem nie".132

Dat die pous hom die mag om te heers aanmatig, het weinig ooreenstemming met wat Gregorius elders sê. Toe Eulogius, die biskop van Alexandrië trouens beweer het dat hy deur hom beveel is, antwoord hy soos volg: "Ek versoek jou, hou hierdie woord beveel van my af weg dat ek dit nie kan hoor nie want ek weet wie ek is en wie julle is. In julle posisie is julle my broeders, en in julle sedes my vaders. Ek het jou dus nie 'n bevel gegee nie maar gesorg dat ek aandui watter dinge voordelig gelyk het".133 Dat die pous sy jurisdiksie sonder perke so wyd uitstrek, daarin doen hy nie alleen die ander biskoppe nie maar ook elke kerk afsonderlik 'n ernstige en verskriklike onreg aan want so ruk en skeur hy hulle uitmekaar om uit die puin daarvan sy setel te bou. Dat hy hom egter van alle oordele vrystel, en soos 'n tiran wil regeer om sy wens alleen as wet te beskou, is beslis nog onwaardiger en so vreemd aan die manier(e) van die kerk dat dit glad nie verduur kan word nie. Dit druis trouens nie alleen teen die gevoel van godsvrug in nie maar ook teen die gevoel van beskaafdheid.

22. Korrupsie onder die pousdom.🔗

Maar om nou nie gedwing te word om elke dingetjie afsonderlik op te volg en te ondersoek nie, doen ek weer eens 'n beroep op diegene wat vandag as die beste en getrouste verdedigers van die Roomse setel beskou wil word, of hulle hulle nie skaam om die huidige staat van die pousdom te verdedig nie. Dit is immers duidelik dat dit honderdmaal korrupter is as in die tyd van Gregorius en Bernardus hoewel dit hierdie heilige manne destyds grootliks mishaag het. Gregorius kla oral dat sy aandag buitengewoon deur vreemde besighede afgetrek word; dat hy onder die mantel van die biskopamp na die wêreld teruggebring is waar hy sulke groot bekommernisse oor die wêreld moet dien as wat hy nie kan onthou dat hy dit ooit in sy lewe as 'n leek gedien het nie, dat hy deur die woelinge van wêreldse besigheid onderdruk word sodat sy gees glad nie op die dinge daarbo gerig kan word nie;134 dat hy deur baie golwe van sake geslaan en deur die storms van 'n onstuimige lewe geteister word sodat hy met reg kan sê: "Ek het in die diepsee beland".135 Te midde van hierdie aardse besighede was hy beslis nogtans in staat om die (kerk)volk deur sy preke te leer, persoonlik te vermaan en diegene wat hy moes, te berispe, sy kerk te regeer, aan sy kollegas raad te gee, en hulle tot hulle plig aan te spoor. Hierbenewens het hy nog tyd oorgehad om te skryf - en tog kla hy oor sy teenspoed dat hy in die diepsee gedompel is. As die administrasie van daardie tyd 'n see was, wat moet ons sê van die huidige pousdom? Watter ooreenkoms is daar tussen hulle? Hier is geen preke nie, geen bekommernis oor dissipline nie, geen beywering vir die kerke nie, geen geestelike werk nie - kortom: niks anders as die wêreld nie. Tog word hierdie doolhof136 opgehemel asof niks te vinde is wat beter regeer en gereël is nie!

Watter klagtes stort Bernardus inderdaad nie uit nie, watter versugtinge slaak hy nie wanneer hy die gebreke van sy tyd aanskou nie?137 Wat dan as hy sy oë op hierdie ysterharde, of as daar so iets is, slegter as yster, tyd van ons sou kon slaan? Watter goddeloosheid is dit om iets wat al die heiliges altyd eendragtig afgekeur het, as heilig en goddelik te beskerm maar ook hulle getuienis te misbruik om die pausdom te verdedig hoewel dit vasstaan dat dit hulle heeltemal onbekend was. Ek erken nograns in verband met Bernardus se tyd dat daar destyds so 'n groot korrupsie van alle dinge was dat dit nie veel van ons eie ryd verskil het nie. Maar diegene wat uit die tydperk tussenin, dit is naamlik die tyd van Leo, Gregorius en dergelikes, die een of ander dekmantel hiervoor soek, is inderdaad van alle skaamte ontbloot. Hulle tree trouens op soos iemand wat die ou Romeinse ryk lof toeswaai om 'n monargie van die keisers te vestig. Dit beteken om die lof van vryheid te leen om hulle tirannie (daarmee) te versier!138

23. Die pous kan selfs nie eens daarop aanspraak maak dat hy 'n biskop is nie!🔗

Ten slotte: selfs al sou al die voorgaande toegewings gemaak word, ontstaan daar nogtans van nuuts af 'n nuwe skermutseling met hulle wanneer ons ontken dat daar in Rome 'n kerk is waarin hierdie sort weldade teenwoordig kan wees; en wanneer ons ontken dat daar 'n biskop is wat die voorregte van hierdie waardige pos kan dra. Gestel nou maar dat al die volgende dinge waar is - hoewel ons dit reeds uit hulle afgedwing het - dat Petrus deur Christus se stem as die hoofvan al die kerke aangestel is; dat hy hierdie eer wat aan hom verleen is, op die Roomse setel oorgedra het; dat dit deur die gesag van die eertydse kerk bekragtig  is en deur lang toepassing daarvan versterk is; dat die Roomse pous altyd die oppergesag gehad het wat eenstemmig deur almal aan hom verleen is; dat hy van alle sake en mense regter was, maar aan geeneen se oordeel onderworpe nie. Laat hulle selfs nog meer voorregte hê as hulle wil. My antwoord is nogtans kortweg dat niks daarvan enige waarde het as daar geen kerk en geen biskop in Rome is nie. Hulle moet my dit noodwendig toegee dat iets wat self nie 'n kerk is nie, nie kerke se moeder kan wees nie, en dat iemand wat self nie 'n biskop is nie, nie die prins van die biskoppe kan wees nie! Wil hulle dus die apostoliese setel in Rome hê? Laat hulle my dan die ware en wettige apostelamp wys. Wil hulle 'n hoëpriester daar hê? Laat hulle my (een) biskop daar wys. Maar hoe dan? Waar sal hulle ons enige gestalte van die kerk daar toon? Hulle noem dit weliswaar 'n kerk, en het hulle monde voortdurend daarvan vol. Die kerk word beslis aan sekere merktekens uitgeken en biskop is die naam van 'n amp. Ek praat nou nie van die (kerk)volk nie maar juis van die regering wat voortdurend sy lig in die kerk moet laat skyn. Waar is daar sulke ampsdiens as wat die instelling van Christus vereis?

Ons moet in gedagte hou wat tevore reeds oor die ampsplig van presbiters en die biskop gesê is.139 As ons die amp van kardinale aan hierdie reël toets, sal ons erken dat hulle niks minder as presbiters is nie. Ek sou inderdaad graag wou weet watter ampsplig van 'n biskop die pous hoegenaamd het. Die eerste hooftaak in die biskopamp is om die (kerk)volk in die Woord van God te onderrig. Die tweede en naaste hieraan is om die sakramente te bedien. Sy derde ampsplig is om te vermaan en aan te spoor, en diegene tereg te wys wat sondig en die (kerk)volk by die heilige dissipline te hou. Watter een hiervan doen hy? of liewer, watter een gee hy voor dat hy dit doen? Laat hulle dus sê op watter manier hulle wil hê dat hy as 'n biskop beskou moet word terwyl hy selfs nie eens in skyn enige deel van hierdie ampsplig met sy pinkie aanraak nie!

24. 'n Evaluering van die Roomse ampsvervulling.🔗

Met 'n biskop is dit nie soos met 'n koning nie. Al sou 'n koning nie die plig wat aan hom eie is, nakom nie, behou hy nietemin sy ereposisie en sy titel. Maar wanneer ons 'n biskop beoordeel, moet ons Christus se opdrag in aanmerking neem en dit behoort altyd in die kerk te geld. Laat die Romaniste dus vir my hierdie knoop ontrafel. Ek ontken dat hulle pous die prins van die biskoppe is aangesien hy nie 'n biskop is nie. HulIe moet noodwendig hierdie laaste aspek vals bewys as hulle in die eerste aspek wil seëvier. Wat daarvan dat hy niks het wat eie is aan 'n biskop nie maar eerder alles wat daarmee strydig is? Maar hier - O God, waar  moet ek tog begin? Met hulle leer of met hulle sedes? Wat moet ek sê en wat moet ek verswyg? Waar moet ek ophou? Dit sê ek egter: aangesien die wêreld vandag so oorvol van soveel verwronge en goddelose leringe is, vol van elke soort bygeloof, verblind deur soveel dwalings, en in so 'n groot afgodery versonke is, is daar nêrens enigeen hiervan wat nie uit Rome ontstaan of ten minste krag van daaraf kry nie. En daar is geen ander rede waarom pouse so verwoed teen die leer wat weer aan die opstaan is, te kere gaan, elke sening inspan om dit te onderdruk, en al die konings en keisers tot wreedheid daarteen aanvuur nie as net dat hulle merk dat hulle hele koninkryk sal begin wankel en ineenstort wanneer die evangelie van Christus eers die oorhand kry. Leo was wreed;140 Clemens bloedbevlek141 en Paulus nors.142 Maar dit was nie soseer hulle karakter wat hulle aangedryf het om die waarheid aan te val nie as hierdie een enkele rede, naamlik om hulle mag te beskerm. Aangesien hulle dus nie veilig kan wees tensy hulle Christus verdryf het nie,143 lê hulle hulle so op hierdie saak toe asof hulle vir hulle eiendom, hulle huise en haard en hulle lewe self veg. Hoe dan nou? Ons sal sekerlik nie die apostoliese setel op 'n plek wil hê waar ons niks anders as verskriklike geloofs verval bemerk nie, of hoe? Sal iemand wat die evangelie met verwoede inspanning vervolg en openlik erken dat hy die Antichris is, 'n plaasvervanger van Christus wees? Sal een wat met swaard en vuur rondgaan om alles wat Petrus gebou het, af te takel, Petrus se opvolger wees? Sal een wat die kerk van Christus die enigste ware Hoof daarvan, afsny en afkap, binne-in die kerk self verskeur en vermink, die hoof van die kerk wees? Rome was inderdaad eertyds die moeder van al die kerke maar vanaf die tyd waarop dit die setel van die Antichris geword het, het dit opgehou om te wees wat dit eens was.

25. Redes waarom die pous die Antichris genoem word.🔗

Vir sommige mense lyk dit asof ons uitermatig lasterlik en moedswillig is wanneer ons die Roomse pous die Antichris noem.144 Maar mense wat  die opvatting het, besef nie dat hulle Paulus van onbeheerstheid aankla nie terwyl ons hom napraat, of liewer, terwyl ons uit sy mond uit so praat. En om te voorkom dat iemand die beswaar sou opper dat ons Paulus se waarde wat op iets ander betrekking het, verkeerdelik teen die Roomse pous verdraai, sal ek bondig aantoon dat dit nie anders as van die pousdom verstaan kan word nie. Paulus skryf dat die Antichris in God se tempel sal sit.145 Ook wanneer die Gees elders 'n beeld (van die Antichris) in die persoon van Antiochus teken, dui Hy aan dat sy ryk in grootpraat en belastering van God geleë sal wees.146 Hieruit lei ons af dat dit 'n dwingelandy oor siele eerder as oor liggame is wat teen die geestelike koninkryk van Christus tot stand gebring word. Ten tweede lei ons af dat dit van so 'n aard is dat dit nie die Naam van Christus of die kerk uit die weg ruim nie maar Christus eerder as dekmantel misbruik en onder die titel kerk soos agter 'n masker skuil. Alle ketterye en sektes wat van die begin af bestaan het, hoort wel tot die ryk van die Antichris. Wanneer Paulus egter voorspel dat daar afvalligheid sal kom,147 gee hy met hierdie beskrywing tekenne dat daardie afstootlike setel eers dan opgerig gaan word wanneer 'n algemene afvalligheid die kerk beetgepak het ofskoon baie lidmate van die kerk hier en daar nog in ware geloofseenheid sal volhard. Wanneer hy inderdaad byvoeg dat (die Antichris) in die geheim sy ongeregtigheidswerk reeds in sy tyd begin doen het,148 en dat hy later duidelik geopenbaar sal word, verstaan ons daaruit dat hierdie ramp nie deur die toedoen van een mens veroorsaak en ook nie in een mens beëindig sal word nie. Wanneer hyvoorts die Antichris met hierdie teken brandmerk dat hy God sy eer sal ontruk om dit vir homself toe te eien,149 is dit die belangrikste aanduiding wat ons moet volg in ons soeke na die Antichris - veral wanneer sulke hooghartigheid tot openlike vernietiging van die kerk aanleiding gee. Aangesien dit derhalwe vasstaan dat die Roomse pous iets wat God alleen en Christus besonderlik toekom, skaamteloos op homself oorgedra het, moet daar geen twyfel daaroor bestaan dat hy die leier en die vaandeldraer van hierdie goddelose en afstootlike ryk is nie.

26. Die verwording wat by die Roomse setel ingetree het.🔗

Laat die Romaniste nou gaan en laat hulle die oudheid aan ons voorhou. Net asof die eer van die setel te midde van so 'n groot ommekeer van alle dinge staande kon bly waar geen setel bestaan nie! Eusebius vertel dat God die kerk wat in Jerusalem was, na Pella verskuif het om geleentheid te skep om wraak te neem.150 Iets wat ons hoor eenmaal gebeur het, kan baie dikwels gebeur. Dit is inderdaad uiters belaglik en onsinnig om die eer van die primaat so aan 'n plek te verbind dat iemand wat in werklikheid die grootste vyand van Christus is, die grootste teenstander van die evangelie, die grootste verwoester en verstrooier van die kerk, die wreedste slagter en beuel van al die heiliges, nietemin egter ook as die plaasvervanger van Christus, as Petrus se opvolger en as die belangrikste voorstander van die kerk beskou moet word bloot net omdat hy die setel beset wat eertyds die belangrikste van almal was. Ek bly maar stil oor hoe 'n groot verskil daar tussen die kansellary van die pous en 'n goedgereëlde kerkorde bestaan. Hierdie een enkele aspek kan egter alle twyfel oor hierdie vraagstuk die heel beste uit die weg ruim. Niemand met gesonde verstand sal die biskopamp in lood seëlringe insluit nie en des te minder nog in daardie hoofkantoor van al die bedrog en omseilings waarin die geestelike regering van die pous geleë is. Iemand het dit derhalwe pragtig gestel toe hy gesê het dat daardie kerk waarop geroem word dat dit die Roomse kerk is, lankal reeds in 'n (wêreldse) hof verander is en dit is wat nou alleen in Rome besoek word. Ek lê hier ook nie 'n klag teen die gebreke van die mense in Rome nie maar ek dui aan dat juis die pousdom lynreg met kerklike regering bots.

27. Die persoonlike lewe van die pouse toon dat hulle God nie vrees en die mense nie ag nie.🔗

As ons egter by die mense kom, is dit bekend genoeg wat ons bevinding oor die plaasvervangers van Christus sal wees. Natuurlik sal Julius, Leo, Clemens en Paulus pilare van die Christelike geloof wees en die voorste vertolkers van die godsdiens wat van Christus slegs weet wat hulle in die skool van Lucianus geleer het.151 Maar waarom net drie of vier pouse opnoem? Net asof daar twyfel bestaan oor watter soort godsdiens pouse en saam met hulle ook die hele vergadering van kardinale lankal reeds bely het en vandag nog bely. Die eerste aspek van die geheime teologie wat onder hulle in swang is, is naamlik dat daar geen God is nie. Die tweede is dat alles wat oor Christus geskryf is en geleer word, leuens en bedrog is. Die derde is dat die leer oor die toekomstige lewe en die laasteopstanding louter fabels is. Ek erken dat hulle nie almal so voel nie en dat net 'n paar sa praat. Dit het nogtans al lankal begin om die algemene godsdiens van die pouse te wees. Hoewel dit deeglik bekend is aan diegene wat Rome ken, sien die Roomse teoloë nogtans nie daarvan af om te roem dat deur Christus se voorreg sorg gedra is dat die pous nie kan dwaal nie omdat vir Petrus gesê is: "Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie".152 Wat, vra ek jou, wen hulle deur so skaamteloos te spot anders as dat die hele wêreld besef dat hulle so 'n uiterste vlak van goddeloosheid bereik het dat hulle nog God vrees, nog die mense eerbiedig?

28. Die dwaling van pous Johannes XXII oor die onsterflikheid van die siel.🔗

Maar kom ons veronderstel dat die goddeloosheid van die pouse wat ek genoem het, verskuil is omdat hulle dit nie in preke en ook nie in geskrifte bekendgestel het nie maar slegs aan tafel, in hulle slaapkamers of ten minste binne die mure (van hulle tuistes) aan die lig gebring het. As hulle wou hê dat die privilegie wat hulle aan ons voorhou, krag moet hê, moet hulle Johannes die Twee en twintigste van die lys van pouse skrap omdat hy openlik verklaar het dat ons siele sterflik is en saam met ons liggame tot op die dag van die wederopstanding te sterwe kom.153 En dat jy kan sien dat die hele setel saam met sy belangrikste ondersteunings heeltemal in duie gestort het: nie een van die kardinale het hierdie so 'n groot waansinnigheid teengestaan nie maar die skool van Parys het die koning van Frankryk aangepor om die vent te dwing om dit  te herroep. Die koning het sy mense verbied om met hom om te gaan as hy hom nie gou bekeer nie en hy het dit volgens gewoonte deur 'n herout laat afkondig. Onder hierdie dwang het hy sy dwaling afgesweer (soos Johannes Gerson wat toe geleef het, getuig).154

Hierdie voorbeeld veroorsaak dat ek nie meer met my teenstanders daaroor hoef te redeneer dat hulle sê dat die Roomse setel en die pouse daarvan nie in die geloof kan struikel nie omdat vir Petrus gesê is: "Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie".155 Deur so 'n afstootlike afval het hy beslis van die opregte geloof afvallig geword sodat dit vir die nageslag 'n buitengewone bewys is dat nie almal Petrusse is wat Petrus in die biskopamp gevolg het nie. Maar selfs dit is te kinderagtig om 'n antwoord nodig te hê. As hulle alles wat immers vir Petrus gesê is, na Petrus se opvolgers wil deurtrek, sal die gevolgtrekking wees dat hulle almal Satans is aangesien die Here ook vir Petrus gesê het: "Wyk agter My, Satan want jy is vir My 'n struikelblok".156 Dit sal vir ons trouens net so maklik wees om hierdie uitspraak teen hulle om te keer as wat hulle die voorgaande een teen ons opper.

29. Die bedenklike sedelike lewe van die pouse.🔗

Maar ek het nie lus om met hulle te wedywer in onsinpraat nie. Ek keer derhalwe terug na die punt waar ek afgedwaal het. Om sowel Christus as die Heilige Gees en die kerk so aan 'n plek te verbind dat wie ook al daar aan die hoof staan, selfs al sou dit die duiwel wees, hy nogtans as plaasvervanger van Christus en as hoof van die kerk beskou moet word, omdat dit eenmaal Petrus se setel was, sê ek is nie alleen goddeloos en belediging vir Christus nie maar ook uitermatig ons innig en vreemd aan gesonde verstand. Die Roomse pouse was lankal reeds òf heeltemal sonder godsdiens òf die grootste vyande van die godsdiens. Hulle word derhalwe net so min Christus se plaasvervangers op grond van die setel wat hulle beset as wat 'n afgod as God beskou moet word wanneer dit in God se tempel gesit word.157

Maar as hulle sedes aan sensuur onderwerp word, moet die pouse self vir hulle antwoord wat daar hoegenaamd is waaraan hulle as biskoppe uitgeken kan word. Ten eerste is dit biskoppe heeltemal onwaardig dat die mense in Rome so leef terwyl hulle dit nie alleen oogluikend en stilswyend toelaat nie maar selfs as't ware met stilswyende instemming goedkeuring daaraan verleen. Biskoppe se plig is immers om die (kerk)volk se losbandigheid deur streng dissipline in bedwang te hou. Maar ek sal nie so onverbiddelik teenoor hulle wees dat ek hulle met ander se oortredings belas nie. Dat hulle hulleself egter met hulle gevolg, met amper die hele vergadering kardinale, met die hele trop van hulle geestelikes prysgegee het vir elke goddeloosheid, afstootlikheid, vuilheid, vir elke soort misdaad en sonde sodat hulle gedrogte eerder as mense weergee, daarin toon hulle dat hulle glad nie biskoppe is nie. Hulle moet egter nie vrees dat ek hulle skandelike lewe verder sal onthul nie. Dit spyt my immers dat ek my met sulke afstootlike vuilheid moet besig hou en eerbare ore moet dit gespaar word. Andersyds lyk dit vir my asof ek meer bewys het as wat ek wou, naamlik dat, selfs al was Rome eertyds hoof van die kerke, dit vandag nie verdien om as die kleintoontjie van die kerk se voet gereken te word nie.

30. Die posisie van die Roomse kardinale.🔗

Sover dit die kardinale soos hulle hulle noem, aangaan, weet ek nie wat gebeur het dat hulle so skielik in so 'n groot luister te voorskyn gekom het nie. In Gregorius se tyd het hierdie titel biskoppe alleen toegekom want so dikwels as wat hy van kardinale melding maak, wys hy hulle nie aan die kerk van Rome toe nie maar aan enige ander kerk sodat 'n kardinaalpriester kort en klaar niks anders as 'n biskop is nie.158 Ek tref hierdie woord nie by skrywers van die vorige eeu aan nie. Ek sien nogtans dat hulle destyds aan die biskoppe ondergeskik was maar dat hulle hulle tans ver oortref. Die volgende stelling van Augustinus is welbekend: "Hoewel 'n biskop volgens die amptelike benamings wat lankal reeds in die kerk in gebruik was, 'n presbiter se meerdere is, is Augustinus in baie opsigte Hieronymus se mindere".159 Hierdie stelling onderskei 'n presbiter van die kerk van Rome hoegenaamd nie van ander presbiters nie maar stel hulle almal op gelyke voet met die biskoppe. Dit is in so 'n mate gehandhaaf dat, toe daar op die Konsilie van Karthago slegs twee afgevaardigdes van die Roomse setel teenwoordig was, een 'n biskop en die ander 'n presbiter, laasgenoemde in die laaste plek gestel is.160 Maar om nou nie voorbeelde wat al te oud is aan te haal nie: daar is 'n konsilie wat onder Gregorius in Rome plaasgevind het waarop die presbiters die laaste plek ingeneem en afsonderlik hulle name geteken het. Diakens het geen plek gehad om hulle name te onderteken nie.161 Hulle het in elk geval toe geen ampsplig gehad nie behalwe om die biskop in die bediening van leer en sakramente by te staan en daar aanwesig te wees nie. Maar nou het hulle lot so verander dat hulle kennisse van konings en keisers geword het. En daar kan geen twyfel daaroor bestaan dat hulle hand aan hand met hulle hoof geleidelik gegroei het totdat hulle tot die toppunt van hierdie waardige amp verhef is nie.

Ek het inderdaad besluit om dit ook met 'n paar woorde as't ware terloops aan te roer sodat my lesers beter kan begryp dat die Roomse setel soos dit vandag is, baie ver verskil van die eertydse setel onder die dekmantel waarvan hulle hierdie setel beskerm en verdedig. Maar hoe hulle ook al eertyds was, be hou hulle (tans) net 'n rookskerm en 'n leë masker daarvan omdat hulle geen ware en wettige amp in die kerk het nie, inteendeel, omdat hulle alles wat daarmee in stryd is, het, moes noodwendig met hulle gebeur wat Gregorius so dikwels skryf. Hy sê: "Al huilende sê ek, en al sugtende verklaar ek: 'Omdat die priesterorde binne-in die kerk ineengestort het, kan dit ook daarbuite nie lank bly bestaan nie'";162 of liewer, in hulle geval behoort dit wat Maleagi sê, in vervulling te gaan: "julle het die pad verlaat; en julle het in die wet 'n struikelblok vir uiters baie gemaak julle het dus die verbond met Levi verbreek, sê die Here. Kyk, daarom het Ek julle veragtelik en gering by die hele volk gemaak".163 Nou laat ek dit aan al die godvrugtiges oor om na te dink oor wat die aard van die Roomse hiërargie se toppunt is terwyl die pousgesindes met goddelose verwaandheid nie aarsel om die Woord van God wat in die hemel en op die aarde vir mense en engele eerbiedwaardig en heilig behoort te wees, aan hierdie hiërargie ondergeskik te stel nie.

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. die Konsilie van Nicea (325), canon 6 (Mansi 2:670 e.v.) en Belarminus a.w. 632 e.v.
  2. ^ Dit was nie Julius nie, maar pous Sylvester I (314 . 335) wat toe die Roomse pous was.
  3. ^ Vgl. Sozomenus, Eccle. Hist. 1.17 (MPG 67:911); Cassiodorus, Hist. tripart. 2.1 (MPL69:920 e.v.): Belarminus, Controv. 632.
  4. ^ Dit was nie Athanasius wat die voorsitter van die Konsilie van Nicea was nie, maar volgens die handtekeninge by hierdie Konsilie, Hosius, die biskop van Cordova in Spanje. Hy het teen omstreeks 356 gesterf. Vgl. Mansi 2:692.
  5. ^ Calvyn verwys hier na die derde Ekumeniese konsilie van Efese (431) (Mansi 4:1279 e.v.).
  6. ^ lbidem (Mansi 4:1299).
  7. ^ Dit was tydens die sogenaamde lowersinodevan Efese (449) Mansi 6:587 e.v.). Vgl. ook Leo I, Ep. 28, 33, 44.1 (MPL 54:755 . 782; 797 . 00; 827).
  8. ^ Vgl. Nansi 6:831 . 862; 927.
  9. ^ Vgl. Leo I, Ep. 43, 44 (MPL54:821 - 832). Eutyches wie se dwaalleer dat die menslike natuur in die Goddelike natuur van Christus geabsorbeer word, behandel is, is vrygespreek van kettery maar later by Chalcedon (451) daarvoor veroordeel. Vgl. Liberatus, Breviarium causae Nestorianorum et Eutychtanorum 12 (MPL 68:1004).
  10. ^ Vgl. Leo I, Ep.98.1 (Ep. sanctaesynodi ad Leonem); 103; 106.3 (MPL 54:951 e.v., 988; 1005; Mansi 6:579).
  11. ^ Vgl. Leo I, Ep. 89 (MPL 54:930 - 931).
  12. ^ Vgl. die Konsilie van Konstantinopel (553) (Mansi 9:655). Sommige bronne dui aan dat Eutychius, patriarg van Konsrantinopel, voorsitter van hierdie konsilie was. Hier het pous Vigilius onder druk aan die Monofisiete toegewings gemaak (Mansi 9:181,367). Vgl. ook Vigilius, Ep. 16 (MPL 69:67 e.v.): Pro damnatione trium capitulorum (MPL 69:143 - 147); Ambrosius, Ep. 51 (MPL 16:1209 1214).
  13. ^ Vgl. die Vierde Konsilie van Kanhago (418) (Mansi 3:827).
  14. ^ Marg. Aquileiense Conciliumtum. Vgl. die Konsilie van Aquileia (381) in die Gesta Conc. Aquil. by Ambrosius, Ep. 51 (MPL 16:939).
  15. ^ Rome en Spanje was nie by hierdie KonsiHe veneenwoordig nie. Vgl. .Ambroslus, Ep. 53.7 (MPL 16:1209 - 1214).
  16. ^ Marg. Lib. Epist. 2. Epist. 2, &lib. 4. Epist. 6.Vgl. Cyprianus, Ep. 44.1; 45.1; 47; 48.1; 68.1; 72.3; 75.10; 17,2 (MPL3:1204,1217,1223; CSEL3,2:597; 599; 605; 606; 744; 777; 817; 821; 826). Cyprianus se veroordeling van Stefanus kom nie in een van sy briewe voor nie, maar wel in 'n brief van Firmilianus, biskop van Cesarea en Kapadoslë, aan Cyprianus.
  17. ^ Marg. Cap. 47. Vgl. die derde Konsilie van Karthago (397) c. 26 (Mansi 3:884); Decret. Grat. 1 dist. 99, c. 3 (Friedberg 1:350 e.v.; MPL 187:471); Pseudo-Isidorus, Collect. (MPL 84:192).
  18. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 44.1, 3; 45.1, 4; 47.1; 48.1, 4 (CSEL 3,2:597; 599; 603; 606; 608).
  19. ^ Marg. In epist. ad Evagrium. Hieronymus, Ep. 146.1.2 (ad Evangelum) (MPL 22:1194; CSEL56:310 e.v.) Hieronymus së: As daar na gesag gevra word, is die gesag van die wëreld groter as 'n stad - Si auctoritas quaeritur, orbis maior est urbe. Calvyn voeg hierby: En omdat die wêreld groter is as 'n stad en die pous, en 'n konsilie groter as die pous alleen.... Et quod orbis maior est urbe et papa, concilium malus estpapa solo.Vir die verband tussen die gesag van Konsilies en die gesag van die pous, vgl. Luther, Van dem Papsttbum zu Rom ... (1520) (WA 6:300).
  20. ^ Marg.lib. 4. epist. 76.MauricioAugust. Vgl. Inst. 4.7.17, 21 e.v., Gregorius, Ep. 5.18,19,20,21; 9.68 (MPL 77:738 - 744 e.v.; 770 e.v.; 1004); Leo I, Ep. 100.3; 101.4, 5; 104.2; 105.2 (MPL 54:971 e.v., 975 e.v., 992 e.v.; 997 e.v.).
  21. ^ Marg. Constantiae August. epist. 78. eiusdem lib. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 5.21 (MPL 77:749).
  22. ^ Marg. Eiusdem lib. epist. 80. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 5.43 (MPL 77:771).
  23. ^ Marg. Aviano (recte, Sabiniano) Dia. epist. 78 eiusdem lib. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 5.19 (MPL 24 77:744). Fr. 1560 het destruire la Chrestientë (Benoit 4:125).
  24. ^ Marg. Mauricio August. epist. 194. lib. 7. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 7.33 (MPL 77:891)
  25. ^ Marg. Lib. 6 epist. 188. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 7.27 (MPL 77:883).
  26. ^ Vgl. Gregorius, Regist. ep. 5.20 (MPL 77:747).
  27. ^ Vgl. Leo I, Ep. 104.2; 105.2; 106 (MPL 54:993; 998; 1001 e.v.).
  28. ^ Marg. Lib. 4. epist. 76. ad Mauri. Eulolio (rectei Eulogio), supra. Vgl. Gregorius, Regist. ep.5.20 (MPL 77:747).
  29. ^ Marg. Et epist. 79. lib. 7. Euseb. Episc. Thessalonic. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 9.68 (MPL 77:1004).
  30. ^ Vgl. Gregorius, Regist. ep. 5.20 (MPL 77:747).
  31. ^ Vgl. Gregorius, Regist. ep. 5.18 (MPL 77:740) asook Inst. 4.7.17, 21 e.v.
  32. ^ Vgl. Inst. 4.11.10 - 15.
  33. ^ Socrates, Hist. eccl. 2.15 (MPG 67:211 e.v.).
  34. ^ Vgl. Leo I, Ep. 6.5; 10.2; 52 (MPL 54:619; 630; 845 e.v.)
  35. ^ Vgl. Leo I, Ep. 21 (MPL 54:713 e.v.).
  36. ^ Vgl. Leo I, Ep. 23 (MPL 54:731 e.v.).
  37. ^ Vgl. die Tweede Konsilie van Milevis (416), canon 22 (Mansi 4:332) (= Vierde Konsilie van Karthago (418), canon 17); die Decret. Grat. 2.2.6.35 (MPL 187:633; Friedberg 1:479); PseudoIsidorus, Colleet. (MPL 84:234). Vgl. in verband hiermee ook OC 5:640 e.v.
  38. ^ Fr. 1561: + Pour vuyder ceste matière, il est à noter que (Benoit 4:127). Calvyn behandel biskoppe en hulle gesag vanaf afdeling 11; die oproep van konsilies in afdeling 8; die verhoor van appèlle in afdeling 9 en sensuur in afdeling 7.
  39. ^ Vgl. die Konsilie van Nicea {325) canon 6 (Mansi 2:670 e.v.), die Konsilie van Antiochie (341) canon 19 (Mansi 2:1315).
  40. ^ Vgl. Eusebius, Hist. eccl. 6.43.10 (GCS 9,2:618 e.v.).
  41. ^ Marg. Lib. 2. epist. 68, & 70. Gregorius, Regist. ep. 3.29, 30, 31 (MPL 77:626 . 628).
  42. ^ Vgl. die Konsilie van Nicea (325) canon 6 (Mansi 2:670 e.v.).
  43. ^ Marg. Anast. lib. 1. epist. 25. Vgl. Gregorius, Regist. ep. 1.25 (MPL 77:468 e.v.).
  44. ^ Marg. Cyriaco, lib. 6, epist. 169. vgl. Gregorius, Regist. 7 ep. 5 (MPL 77:858)
  45. ^ Marg. Ad Patriar. lib. 1. epist. 24. Vgl. Gregorius, Regist. 1 ep. 25 (MPL 77:468 e.v.).
  46. ^ Vgl. Eusebius, Hist. eccl. 5.24.11 e.v.
  47. ^ Marg. Epist. 13. lib. 3. Cyprianus, Ep. 68 (CSEL 3,2:746).
  48. ^ Marg.Ad Pompeium contra epist. Stephani. Cyprianus, Ep. 74.1, 3, 4, 7, 8 (MPL3:1173 e.v., CSEL 3,2:799,801,802,805 e.v.). Vgl. ook Ep. 74.8 (CSEL3,2:805) waar hy pous Stephanus 'n vriend van die ketters en 'n vyand van die Christene noem.
  49. ^ Vgl. die Konsilie van Antiochië (341) canon 20 (Mansi 2:1315).
  50. ^ Fr. 1561:+ et les Evesques yestoyent appellezpar son autboritë seulement (Benoit 4:129). Volgens Eusebius het Konstantyn 'n algemene Konsilie byeengeroep. Vgl. sy De vita Constantini3.6 (MPG 20:1059); sokrates, Hist. eccl. 1.8 (MPG 67:59 e.v.), Leo I, Ep. 44.3 (MPL 54:829).
  51. ^ Marg. Tripart. hist. lib. 4. Vgl. Cassiodorus, Hist. tripart. 4.9 (MPL69:960 e.v.): Sokrates, Hist. eccl. 2.8, 15 en Valesius se aantekeninge in verband hiermee 85 (MPG 67:195 - 198; 211 - 214).
  52. ^ Vgl.die Konsilie van Chalcedon (451) canon 9 en 17 (Mansi 7:362,366) en Belarminus, a.w. 661 669.
  53. ^ Vgl. Inst. 4.7.5 en Leo I, Ep. 10.2 (MPL54:360).
  54. ^ Vgl. die Konsilie van Milevis (402/416) canon 22 (Mansi 4:332). Blykbaar is dit 'n algemene fout dat die Konsilies van Karthago (405,407 en 418) se kanons gereken word as dië van Milevis
  55. ^ Vgl. die Ep. conc. Africani (419 - die sesde Konsilie van Karthago) ad Bonifacium I (Mansi 3:830 e.v.), Pseudo-Isidorus, Collect. (MPL84:216 e.v.).
  56. ^ Vgl.die tweede Konsilie van Milevis canon 22 (Mansi 4:332). Die Sinode van Sardica (347) canon 3 en 4 (Mansi 3:7 -10) het appèl 'na ons geliefde broeder en mede-btskop, jullus van Rome' bekragtig. Pous Zosimus en Leo I het hierdie kanons voorgehou asof dit by die ekumeniese Konsilie van Nicea aangeneem is. Die pous se aanspraak daarop dat appèl slegs na Rome kon plaasvind, is in 424 volgens die Ep. conc. Africani ad Coelestinum I na aanleiding van die Sesde KonsiHevan Karthago (419) verwerp. Vgl. Mansi 4:515 e.v., Pseudo-Isidorus, collect. (MPL84:224 e.v.).
  57. ^ Vgl. die Konsilie van Sardica (347) canon 3, 5 (Mansi 3:7, 10).
  58. ^ Marg.Haec habentur 1. volum. conc. Niesel meen dat Calvyn hier na 'n uitgawe van die konsilies verwys wat deur Peter Crabbe, 'n Fransiskaan, na aanleiding van J.Merlin se uitgawe Concilia omnia ... ab apostolarum temportbus in hunc usque diem, Keulen, 1538, hersien is. Vervalsde dekrete kom hierin voor in volume 1:13 . 213 (OS 5:113 n. 1).
  59. ^ Crabbe, a.w. 1:571. Vgl. ook Benoit 4:130 n. 6.
  60. ^ Màrg.2. quaest. 4. Cap. Placuit. Vgl. die Decret. Grat. 2.2.6.35 (MPL187:633; Friedberg 1:479).
  61. ^ Marg. Aug. epist. 162. in breui. collat. contra Donat. & alibi. Augustinus, Ep. 43.2.4; 53.2.5; 88.3; 105.2.8 (MPL33:161; 198; 303; 399; CSEL34,2:87 e.v.; 155 e.v.; 408; 601); De unico baptisme 16.28 (MPL 43:610 e.v.), Breviculus coliationis cum Donatistis 3.12.24 (MPL 43:637)
  62. ^ Vgl. Augustinus, ibidem.
  63. ^ Vgl. ook Eusebius, Hist. eccl. 10.5, 21 (MPG 20:879 - 891).
  64. ^ Marg. Distin. 22. cap. Sacrosancta. VgI. die Decret. Grat. 1.22.2 MPL187:123 . 124· Friedberg 1:73 -74) asook Belarminus se verduideJiking hiervan Controv. 638 e.v.
  65. ^ Eck het die egtheld en geloofwaardigheid van die dekrete in die versameling van Gratianus in sy De primatu Petri contra Ludderum (1526) verdedig. Gratianus het hierdie vervalsde dekrete ontleen aan 'n negende eeuse Pseudo-Isidorus versameling maar dit is deur Erasmus verwerp en deur Blondel in 1620 finaal as vervalsde dekrete bewys. Vgl. ook Inst. 4.16.11. Die uitdrukking 'om rook te verkoop' kom voor in Plautus, Mostellarla 4.2.10 (LCL 3:380 e.v.).
  66. ^ Marg. Vide epist. 85. Vgl. Leo I, Ep. 14.1 (MPL 54:668 - 671).
  67. ^ Marg. Epist. 83. Leo I, Ep. 10.9 MPL 54:636).
  68. ^ Marg. Epist. 89. Leo I, Ep. 15.17 (MPL 54:692).
  69. ^ Vgl. Leo I, Ep. 14.2 (MPL 54:672).
  70. ^ Vgl. Leo I, Ep. 13.1 (MPL 54:664).
  71. ^ Marg. Ad Mediola. clerum, epis: 68. lib. 2. Gregorius, Reg. ep. 3.29 (MPL 77:627).
  72. ^ Marg. AdDominicum Cartbag. Episcopum, epist. ult. lib. 2. Gregorlus, Reg. ep. 2.47 (MPL77:588).
  73. ^ Marg. Epist. 64. lib. 7). Vgl. Gregorius, Reg. ep. 9.59 (MPL 77:996).
  74. ^ Bellarminus, Controuersiae (640 e.v.) bespreek hierdie saak breedvoerig
  75. ^ Marg. Lib. 2. epist. 37. Gregorius, Reg. ep. 2.52 (MPL 77:596).
  76. ^ Marg. Epist. 16. Gregorius, Reg. ep. 1.16 (MPL 77:462).
  77. ^ Marg. Theotistae, epist. 5. lib. 1. Gregorius, Reg. ep. 1.5 (MPL 77:448).
  78. ^ Marg. Anast. Antioch. epist. 7, &25. lib 1. Gregorius, Reg. ep. 1.7; 1.25; 1.26; 1.27; 1.36 (MPL 77:453; 468;'479; 480; 490).
  79. ^ Vgl. Inst. 4.7.4 hierbo
  80. ^ Marg. Distinct. 80. Vgl. die Decr. Grat. 1.80.1 (MPL187:383 e.v., Friedberg 1:279 e.v.). Fr. 1560 het die volgende betekenisvolle byvoeging: c'est à dire qu 'on atelIement distribuë les siëges, que comme unne ville estoit supërieure à l'autre, ou inférieure quant au temporel aussi on luy assignoit son degrë de preéminence quant au rëgime sptrituel (Benoit 4:134 - 135).
  81. ^ Fr. 1560: les principaux Prestres (Benoit 4:135). Die woord flamines kom oorspronklik uit die Romeinse heidense godsdiens waar flamines as offerpriesters opgetree het in verskillende kultusvorme, o.a. as flamines Dialis. Vgl. Kleine Pauly 2:560 e.v.
  82. ^ Vgl. die Decr. Grat. 1.80.2 (MPL 187:384; Friedberg 1:280).
  83. ^ Marg. Cap. 1. Vgl. die Conc. Taurinense (401) canon 1 (Mansi 3:860).
  84. ^ Innocentius I, Ep. 24.1 (MPL 20:547 e.v.).
  85. ^ Marg. socrat. hist. trip. lib. 9. cap. 13. Item In Decret. 22. dtstinct. cap. Constanttnopol. Sokrates, Hist. eccl. 5.8 (MPG 67:579); Cassiodorus, Hist. trip. 9.13 (MPL69:1129); Deer. Grat. 1.22.3 (MPL 187:124 e.v.; Friedberg 1:75). Vgl. ook die Konsilie van Konstantinopel (381) canon 3 (Mansi 3:559).
  86. ^ Vgl. die Konsilie van Chalcedon (451) canon 28 (Mansi 7:370).
  87. ^ Vgl. Inst. 4.6.13. Vir Leo I se protes teen die 28ste kanon van die Konsilie van Chalcedon vgl. sy Ep. 104.2, 4; 105.4 (MPL54:993, 995; 1000).
  88. ^ Vgl. Leo I, Ep. 104.3; 105.3 (MPL54:995; 1000).
  89. ^ Leo I, Ibidem.
  90. ^ Vgl. Leo I, Ep. 129.3 (MPL54:1075 e.v.).
  91. ^ Vgl. Gregorius, Reg. ep. 5.20 (MPL 77:746).
  92. ^ Gregorius, Reg. ep. 1.18, 19, 20, 21,43 (MPL 77:739; 744; 746 e.v.; 749 e.v.; 771).
  93. ^ Marg. Lib. 7. epist. 30. Gregorius, Reg. epist. 8.29, 30 (MPL 77:930 e.v., 933 e.v.; CCSL 40A:552 e.v.).
  94. ^ Vgl. Gregorius, Reg. ep. 5.21 (MPL 77:749).
  95. ^ Vgl. Gregorius, Reg. ep. 5.34 (MPL 77:892 - 893).
  96. ^ Gregorius, Reg. ep. Appendix 12 (MPL77:1349). Vgl. ook Bellarminus, Controv. 653, 654.
  97. ^ Dit het in 692by die Conc. Quinisextum (Trullano 2) gebeur. Vgl. Mansi 11:921 e.v.).
  98. ^ Vgl Belarminus se breedvoerige uiteensetting hieroor, a.w. 655 . 657.
  99. ^ Calvyn kon Parys natuurlik nie besoek om hierdie inligting te verifieer nie. Daarom bestaan daar onsekerheid oor sy bronne in verband hiermee. Barth en Niesel meen dat hy van die werk van Plaryna De vita Christi et omnium ponttficum (1479) gebruik gemaak het. Die waarskynlikste bronne is die werke van die geskiedskrywer Joh. Sleidan wat jare in Parys deurgebring het en uit die Annales de France aanhaal. Sleidan het trouens in die tyd toe Calvyn in Straatsburg was aan beide sy De quatuor summis imperiis (eers in 1566 gepubIiseer) en Oratienes duae (1544) gewerk. Benoit (en Peter) kon egter nêrens in Sleidan se werke die ooreenëomste vind waarna Calvyn hier verwys nie. Calvyn kon egter ook van die werk van Robert Barnes, naamlik sy Vitae Romancrum pontificum gebruik gemaak het. Vgl. ook Inst. 4.11.13.
  100. ^ Marg. lib. 1. De conside. ad Eugenium. Vgl. Bernardus van Clairvaux, De consideratione ad Eugenium 1.4.5 (MPL 182:732).
  101. ^ Ibid. 1.10.13 (MPL 182:740).
  102. ^ Ibid. 1.10.13 (MPL 182:741).
  103. ^ Marg. Circafinem librl 4. Vgl. Bernardus, a.w. 4.2.4 (MPL 182:774).
  104. ^ Ibid. 4.2.5 (MPL 182:775)
  105. ^ Ibid. 4.4.11 (MPL 182:780).
  106. ^ Marg. Lib. 3. Bernardus, a.w. 3.2~6 - 12 (MPL 182:761 - 764).
  107. ^ Bernardus, a.w. 3.4.14 (MPL 182:766).
  108. ^ Vgl. Inst. 4.11.8 . 14, 4.20.
  109. ^ Vgl. die Decr. Grat. 1.12.2.22.2; 2.24.1.15 (MPL 187:62; 123 e.v., 1270; Friedberg 1:27,73,970).
  110. ^ Decr. Grat. 2.25.2.18 (MPL 187:1332; Friedberg 1:1016; Conc. Roman. (863) canon 5 (Mansi 15.652).
  111. ^ Decr. Grat. 1.19.2 (MPL 187:106; Friedberg 1:60).
  112. ^ Decr. Grat. 1.17.6 (MPL 187:95; Friedberg 1:52 . 53).
  113. ^ Decr. Grat. 2.9.3.20 (MPL 187:800; Friedberg 1:611).
  114. ^ Deer. Grat. 2.9.3.16 (MPL 187:799; Friedberg 1:611). Fr. 1560: + et les retirer de leurs Eglises (Benoit 4:140).
  115. ^ Decr. Grat 1.11.2,3,11; 2.24.1.15 (MPL 187:57, 60,1270; Friedberg 1:23,26,970).
  116. ^ Decr. Grat. 1.19.4, 5 (MPL 187:107; Friedberg 1:61).
  117. ^ Decr. Grat. 1.12.1 (MPL 187:61; Friedberg 1:27).
  118. ^ Decr. Graf. 2.9.3.10 (MPL 187:797; Friedberg 1:609).
  119. ^ Decr. Grat. 2.16.1.52; 2.17.4.29 (MPL 1011, 1069 e.v.; Friedberg 1:777, 822); Mansi 36:357 e.v., Denzinger, Ench. 903:318).
  120. ^ Marg. Nicolaus, cuius sententia haee in Decretis 17. quaest 3. c. Nemini. Decr. Graf. 2.17.4.30 121 (MPL 187:1071; Friedberg 1:823).
  121. ^ Marg. Innocentii 9. quaest. 3. c. Nemo. Decr. Grat. 2.9.3.13 (MPL 187:798 e.v., Friedberg 1:610).
  122. ^ Marg. Symmach. 9. quaest. 3. e. Altorum. Decr. Grat. 2.9.3.14 (MPL 187:798; Friedberg 1:610).
  123. ^ Marg.Antherius ibidem c. Facta.Vgl. die Deer. Grat.2.9.3.15 (MPL187:799; Friedberg 1:610 - 611).
  124. ^ Marg. Ibidem c. Antiquis. Decr. Grat. 2.9.3, 12 (MPL 187:798; Friedberg 1:1:610). Calvyn volg Gratianus met die benaming Anastasius in plaas van die korrekte Athanasius
  125. ^ Vgl. Gregorius, Reg. ep. 2.55 Dictatus papae (MPL 148:408). Een van die stellings wat in hierdie dokument voorkom, is: 'Die Roomse kerk het nog nooit gedwaal nie, en dit sal volgens die getuienis van die Heilige Gees (Luk. 22:31 e.v.) tot in ewigheid nooit dwaal nie'.
  126. ^ Vgl. die Bulla 'Execrabilis van Pius 11 (1460) (Denzinger, Ench. nr. 717: 267); asook die Vyfde Lateraanse Konsilie se Bulla 'Pastor aeternus'van Leo X (1516) (Mansi 32:906 e.v.; Denzinger, Ench. nr. 740:273)
  127. ^ Vgl. Gregorius die Grote, Reg. ep. 2.55a.2 (MPL 148:407).
  128. ^ Vgl. die Bulla 'Unam sanatam' van Bonifacius VIII (1302) (Denzinger Ench. 468 - 469:218 e.v.), ook opgeneem in Friedberg 2:1245 e.v. as Extravag. commun. lib. 1. tit. 8. c.l.
  129. ^ Vgl. Cyprianus, Sententiae eptscoporum de haereticis baptizandis by die eerste Konsilie van Karthago waar Cyprianus as voorsitter opgetree het (MPL 3:1092; ·CSEL 3,1:436). Calvyn se aanhaling kom uit Augustinus, De baptismo contra Donatist. 3.5 (MPL 43:141 - 142)
  130. ^ Vgl. die derde Konsilie van Karthago (397) canon 26 (Mansi 3:884); Deer. Grat. 1.99.3 (MPL 187:471; Friedberg 1:350 e.v.), Collect. Pseudo-Isidor. (MPL 84:192).
  131. ^ Fr. 1560: + en sorte qu 'on prouveroit bten qu 'il n 'auoitpas les ailles trop grandes. (Benoit 4:142).
  132. ^ Marg. Epist. 92. lib.4. ad loban. Constantinopol. Vgl. Gregorius, Ep. 5.18 (MPL 77:740).
  133. ^ Marg. Lib. 7. epist. 28. Gregorius, Ep. 8.30 (MPL 77:933).
  134. ^ Marg. Epist. 5. lib. 1. ad Theoctist. (recte: Theotist.) Vgl. Gregorius, Ep. 1.5 (MPL 77:448).
  135. ^ Marg. Epist. 7. ad Anastasturn. item 25, et alibi. Vgl. Gregorius, Ep. 1.5; 1.7; 1.25; 1.26; 1.27 (MPL 77:449; 453; 469; 479; 480).
  136. ^ Vir Calvyn se gebruik van die woord labyrintbus vgl. Inst. 1.15.12 (Afr. vert. 1:144, n. 56.)
  137. ^ Bernardus van Clairvaux, De consideratione ad Eugenium 3 (MPL 182:727 e.v.).
  138. ^ Vir soortgelyke gedagtes vgl. Inst. 4.11.5; 4.20.8.
  139. ^ Vgl. Inst. 4.3.6 - 8.
  140. ^ Calvyn verwys hier na Leo X (1513 - 1521). Vgl. CE 4:415; RPTK11:386 - 390.
  141. ^ Calvyn verwys hier na Leo X (1513 - 1521). Vgl. CE 4:415; RPTK11:386 - 390.
  142. ^ Paulus 111 (1534 . 1549). Vgl. RPTK15:31 - 39.
  143. ^ In sy raad aan Paulus 111 reduseer Calvyn die werklike verskil tussen die Rooms-Katolieke en die Protestante tot die antwoord op die vraag wie werklik die hoofvan die kerk is: Christus of die pous. Die Roomse standpunt was dat daar verskille op meer as veertig aspekte van die geloofsbelydenis voorkom. Hierop antwoord Calvyn: Die hoofaspek van al die verskille tussen ons is of Christus of die pous as die hoof van die kerk, die hoogste Ieler, wysheid, geregtigheid en enigste hoop op saligheid beskou moet word· OC 5:474. Elders noem hy die Roomse kerk 'n deformis gibbus - 'n misvormde, wanstaltige swelsel- wat die hele simmetrie van die kerk verwoes wanneer een mens homself teen die hoof daarvan verset en hom van die res van die ledemate daarvan losmaak - Com. in ep. PauLi ad Bpbesios 4:15 (OC 51:202). Vgl. ook Inst. 4.2.12; Cochlaeus, Pbilippicae 456.
  144. ^ Vgl. Belarminus se heftige weerlegging hiervan in sy breedvoerige uiteensetting van die ware Antichris in sy controv. p. 739 en veral 745 e.v.
  145. ^ Marg. 2. Thes. 2.b.4. Vgl. OC 52:198.
  146. ^ Marg. Dan. 7.g.25. Vgl. OC 41:76 . 80; Openb. 3:10; 13:5.
  147. ^ Vgl. 2 Tess. 2:3. OC 52:200 -201.
  148. ^ Vgl. 2 Tess. 2:7. 8.
  149. ^ Vgl. 2 Tess. 2:9 - 10.
  150. ^ Marg. Euseb. lib. 3. cap. 5. Eusebius, Hist. eccl. 3.5 (MPG 20:221 - 222).
  151. ^ Julius II (1503 - 1513). RPTK 9:621 - 625. Die skaat van Lucianus verwys waarskynlik na die heidense skrywer van Sarnosara van die tweede eeu n.C. wat in sy Peregrinus Proteus 'n hekeldig oor die Christene met 'n sterk satiriese sinisme gekryf het (CE 4:498).
  152. ^ Marg. Luc. 22.d.52 (recte: Luk. 22:32).
  153. ^ Belarminus haal hierdie gedeelte letterlik uit die Institusie aan om ealvyn se standpunt te weerlë . a.w. p. 841 e.v., 794 e.v.
  154. ^ Marg. Testis JohannesGerson qui tune uiuebat- 'n getuie hiervan is Johannes Gerson wat toe geleef het. Vgl.). Gerson) Sermo infesto Pascbae (in Opera Gersoni, ed. L.E. du Pin) 3:1205); en Calvyn, Psycbopannycbia, Voorwoord (OC 5:171); Brleve instructien contre .... des Anabaptistes (OC 7:127).
  155. ^ Marg. Luc. 22.d.32.
  156. ^ Marg. Matth. ·16.d.23.
  157. ^ Marg. 1. (recte. 2.) Thess. 2.a.4. Vgl. ook Belarminus, a.w. p. 762.
  158. ^ Marg. Epist. 15, & 77, & 79. Lib. 2. Epist. 6, 25 &multisaliis. Vgl. Gregorius, Ep. 1.15,77,79; 2.12, 37; 3.13, 14 (MPL 77:461, 531, 533, 548, 575, 614 e.v.).
  159. ^ Marg. Epist. 19. ad Hieronymum. Vgl. Augustinus, Ep. 82.4.33 (MPL 33:290; CSEL 34,2:385).
  160. ^ Vgl. die Vierde Konsilie van Karthago (418) (Mansi 3:699).
  161. ^ Marg. Lib. 4. regist. Vgl. Gregorius, Reg. ep. appendix 5.57 (MPL 77:790 - 792).
  162. ^ Marg.Lib. 4. epist.52 & 55. Lib. 5. Epist. 7. & alibi. VgI. Gregorius, Ep. 5.57, 58,62, 63 (MPL77:790,793, 799 e.v.).
  163. ^ Marg. Malach. 2.b.8. VgI. ook vers 9.