God regeer sy kerk deur die apostoliese en pastorale ampte. Ons onderskei tussen tydelike en blywende ampte. Die volgende word bespreek: apostels, herders, biskoppe, presbiters, bedienaars en diakens. Calvyn gaan dan verder in op die roeping, bevoegdheid, karaktereienskappe, verkiesing en bevestiging van bedienaars.

1984. 19 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 4 Hoofstuk 3 Die Leraars en Bedienaars van die kerk; hulle verkiesing en pligte

1. Die manier waarop God Sy kerk regeer.🔗

Nou moet ons praat oor die orde waarmee dit die Here se wil was dat sy kerk regeer moet word.1 Hy alleen behoort in die kerk te regeer en daarin te heers; Hy alleen behoort aan die hoof daarvan te wees en daarin op die voorgrond te staan en hierdie regering behoort volgens sy Woord alleen beoefen en bestuur te word. Omdat Hy egter nie met 'n sigbare teenwoordigheid onder ons woon2 om sy wil mondeling3 En persoonlik vir ons te verklaar nie, het ons gesê dat Hy die diens van mense en as't ware plaasvervangende werk hiervoor gebruik, nie deur sy reg en eer op hulle oor te dra nie, maar slegs om deur hulle as mondstuk sy werk te doen. Dit is soos wanneer 'n vakman 'n stuk gereedskap4 gebruik om sy werk te doen. Hoewel ek dit vroeër reeds verduidelik het,5 word ek gedwing om dit weer eens te herhaal.

Hy sou dit weliswaar deur Homself sonder enige hulp of instrument, of selfs deur die engele kon doen. Maar daar is verskeie redes waarom Hy verkies om dit deur mense te doen. So verklaar Hy ten eerste sy agting jeens ons, wanneer Hy uit mense sekeres neem om as sy afvaardiging op die wêreld te dien,6 vertolkers van sy verborge wil te wees en ten slotte sy Persoon te verteenwoordig. Deur hierdie onderneming bewys Hy so dat dit geen holklinkende woorde is wanneer Hy ons oral sy tempels noem7 wanneer Hy uit die mond van mense soos vanuit 'n heiligdom uitsprake aan mense gee nie.8

Ten tweede is dit die beste en nuttigste oefening vir nederigheid wanneer Hy ons daaraan gewoond maak om sy Woord te gehoorsaam selfs al sou dit deur mense soos ons, of soms selfs deur mense met minder aansien as ons, verkondig word. As God self uit die hemel sou praat, sou dit nie verbasend wees as almal dadelik eerbiedig met hulle are en hulle verstand na sy uitsprake sou luister nie. Wie sou trouens nie sidder vir die teenwoordigheid van sy mag nie? Wie sou nie deur so 'n ontsaglike glans ontstel word nie? Maar wanneer 'n mensie uit die stof verrys en in God se Naam met ons praat, verklaar ons met die beste getuienis juis ons godsvrug en ons gehoorsaamheid jeens God as ons ons leerbaar aan sy dienskneg betoon al sou hyons in geen opsig oortref nie. Dit was dus om hierdie rede dat Hy die skat van sy hemelse wysheid in broos erdepotte verberg het9 om ons met groter sekerheid te laat ervaar hoe hoog ons dit moet ag.

Hierbenewens was niks meer geskik om wedersydse liefde te verwek as dat mense onderling deur hierdie band saamgebind word wanneer een as herder aangewys word om die res saam te onderwys nie, en die wat gebied word om sy leerlinge te wees, ontvang dan die gemeenskaplike leer uit een mond. As elkeen trouens selfgenoegsaam sou wees en hy nie hulp van iemand anders nodig gehad het nie en dit is 'n kenmerk van die hooghartigheid van die mensdom -, sou elkeen ander mense verag het en deur hulle verag word. Omdat die Here derhalwe voorsien het dat dit die stewigste band sou wees om die eenheid te behou, het Hy sy kerk daarmee saamgebind toe Hy die leer van saligheid en die ewige lewe in mense se hande gelaat het om dit deur hulle hande aan die res uit te deel. Dit was Paulus se bedoeling toe hy aan die Efesiërs geskryf het:  "Dit is een liggaam en een Gees soos julle ook in een hoop van julle roeping geroep is. Daar is een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal wat oor alles en deur alles en in ons almal is. Maar aan elkeen van ons is die genade volgens die maat van die gawe van Christus gegee".10 Daarom sê hy: "Toe Hy in die hoogte opgevaar het, het Hy gevangeskap gevange geneem en gawes aan die mense gegee. Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het om alles te vervul. En Hy het sommiges as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee om die heiliges vir hulle dienswerk toe te rus en tot opbouing van die liggaam van Christus totdat ons almal tot die eenheid van die geloof en die kennis van die Seun van God tot 'n volmaakte man en tot die maat van volwassenheid kom, sodat ons nie meer kinders is wat deur elke wind van die leer rondgedryf word nie, maar die waarheid in liefde najaag en deur alles opgroei in Hom wat ons Hoof is, naamlik Christus in wie die hele liggaam deur elke verbinding wat daaraan voorsien is, saamgevoeg en saamgebind en volgens die werking van elke deel daarvan volgens sy maat, tot die groei van die liggaam en deur die liefde tot die opbouing van homself bydra".11

2. Die apostoliese en pastorale ampte is noodsaaklik vir die voortbestaan van die kerk.🔗

Met hierdie woorde dui hy aan dat die diens van mense waarvan God gebruik maak om sy kerk te regeer, die belangrikste senuwee is waardeur die gelowiges in een liggaam aanmekaar verbind is. Hy dui inderdaad ook aan dat die kerk slegs ongedeerd behou kan word as dit deur hierdie middels onderskraag word waarin dit die Here behaag het om die saligheid te stel. Hy sê: "Christus het die hoogte in opgevaar om alles te vervul".12 Die manier van vervulling was egter dit dat Hy deur bedienaars aan wie Hy die plig opgedra en die genade gegee het om dit te verrig, sy gawes aan die kerk uitdeel en versprei. En deur die krag van sy Gees in hierdie instelling van Hom te openbaar, betoon Hy Hom so naby daaraan dat dit nie waardeloos of nutteloos mag wees nie. So word die toerusting van die heiliges volbring, so word die liggaam van Christus opgebou,13 so groei ons deur alles in Hom wat ons Hoof is,14 en so groei ons saam; so word ons almal tot eenheid in Christus gelei as die profesie onder ons kragtig is, as ons die apostels aanvaar en as ons die leer wat aan ons bedien word, nie verag nie. Iemand wat hom beywer om hierdie orde waarvan ons praat, en hierdie soort regering omver te werp, of as minder noodsaaklik uit die weg te ruim, streef dus na verdeling van die kerk, of eerder, na die verwoesting en ondergang daarvan. Want nog die lig en die hitte van die son, nog voedsel en drank is so noodsaaklik om die huidige lewe te onderhou, as wat die apostoliese en pastorale amp is om die kerk op aarde te bewaar.15

3. Die apostels is die lig van die wêreld en die sout van die aarde.🔗

Ek het daarom hierbo verduidelik16 dat God dikwels die aansien (van die ampte) met sulke lofredes waarmee Hy kon, by ons aangeprys het sodat dit die hoogste eer en waarde as iets wat alle ander dinge oortref, onder ons mag hê. God getuig dat Hy 'n sonderlinge weldaad aan mense skenk deur leraars vir hulle te verwek wanneer Hy sy profeet beveel om uit te roep dat die voete lieflik en die koms geseënd is van die wat vrede verkondig;17 en wanneer Hy die apostels die lig van die wêreld en die sout van die aarde noem.18 Hierdie amp kon ook nie voortrefliker versier word nie as toe Hy gesê het: "Wie na julle luister, luister na My, wie julle verwerp, verwerp My".19 Maar daar is nie 'n bekender stelling as in Paulus se tweede brief aan die Korintiërs wanneer hy hierdie vraagstuk as't ware doelbewus behandel nie. Hy verklaar dus dat niks in die kerk voortrefliker of heerliker is as die bediening van die evangelie nie aangesien dit die diens van die Gees en van geregtigheid en van die ewige lewe is.20 Die strekking van hierdie en soortgelyke stellings is dat hierdie manier om sy kerk te regeer en in stand te hou, wat die Here tot in ewigheid bekragtig het, nie onder ons goedkoop gemaak en uiteindelik as gevolg van minagting tot niet mag gaan nie.

Hy het nie alleen met sy woorde nie, maar ook met voorbeelde verklaar hoe noodsaaklik die ampte vir die kerk is. Toe Hy Cornelius met die voller lig van sy waarheid wou bestraal, het Hy 'n engel uit die hemel gestuur om hom na Petrus te neem.21 Toe Hy Paulus tot kennis van Hom wou bring en hom in sy kerk wou inlyf, praat Hy nie met hom in sy eie stem nie maar Hy stuur hom na iemand om van hom die leer van saligheid en die heiligmaking van die doop te ontvang.22 Dit gebeur nie sonder rede dat 'n engel wat God se tolk is, hom daarvan weerhou om God se wil bekend te stel nie maar beveel dat iemand ontbied moet word om dit te doen. Ook nie dat Christus, die enigste Onderwyser van die gelowiges, Paulus aan die bediening van 'n mens toewys nie - en dit dieselfde Paulus wat Hy waardig geag het om tot in die derde hemel weg te ruk en verbasende onuitspreeklike dinge aan hom te openbaar!23 Wie sou nou waag om daardie bediening te minag of as iets oorbodigs buite rekening te laat terwyl God met sulke bewyse die voordeel daarvan wou betuig?

4. Kerklike ampte volgens Efesiërs 4.🔗

Diegene wat volgens die instelling van Christus oor die regering van die kerk aangestel is, word deur Paulus ten eerste apostels, ten tweede profete, ten derde evangeliste, ten vierde herders en ten laaste leraars genoem.24 Hiervan het slegs die laaste twee 'n gewone amp in die kerk. Die Here het die ander drie in die begin van sy koninkryk opgewek en wek hulle soms nog op namate die tydsgewrig dit vereis.

Die funksie van die apostoltese amp blyk duidelik uit die volgende: "Gaan, verkondig die evangelie aan elke skepsel".25 Bepaalde grense word nie aan hulle toegewys nie maar die hele wêreld word aan hulle gegee om tot die gehoorsaaamheid aan Christus te bring, en deur die evangelie oral waar hulle kan, te versprei sy koninkryk oral op te rig. Wanneer Paulus dus sy apostelskap wil bewys, vertel hy dat hy nie een of ander stad vir Christus verkry het nie maar dat hy die evangelie wyd en syd verbrei het en dat hy nie op die fondament van 'n ander gebou het nie maar dat hy kerke geplant het waar die Naam van die Here nog nie gehoor was nie.26 Die apostels is dus gestuur om die wêreld van opstand na ware gehoorsaamheid aan God terug te lei en sy koninkryk oral deur die verkondiging van die evangelie te vestig, of, as jy dit verkies, om soos die bouers van die eerste kerk die fondamente daarvan oor die hele wêreld te lê.27

Hy noem nie almal wat vertolkers van God se wil was, profete nie28 maar slegs diegene wat deur besondere openbaring uitgemunt het. Sulke profete bestaan vandag nie, of hulle is minder opsigtelik.

Onder evangeliste verstaan ek diegene wat, hoewel hulle aansien minder as die van die apostels was, nogtans die naaste aan hulle amp was en daarom ook in hulle plek opgetree het. Onder hulle was Lukas, Timoteus, Titus en ander soos hulle. Daaronder miskien ook die sewentig dissipels wat Christus in die tweede plek na die apostels aangewys het.29

Volgens hierdie vertolking - en dit lyk vir my asof dit in ooreenstemming met sowel Paulus se woorde as sy bedoeling is - is hierdie drie ampte nie in die kerk ingestel om ewigdurend te wees nie maar dit was slegs vir die tyd waarin daar kerke opgerig moes word waar daar vroeër nie kerke was nie, of waar hulle in elk geval van Moses af na Christus oorgedra moes word.30 Ek ontken nogtans nie dat God later soms apostels, of ten minste in hulle plek evangeliste verwek het soos in ons eie tyd gebeur het nie.31 Sulke mense was immers nodig om die kerk van die verset van die Antichris af terug te bring. Ek noem die amp nietemin buitengewoon omdat dit nie in 'n behoorlik geïnstitueerde kerk plek het nie.

Hierop volg daar herders en leraars waarsonder 'n kerk nooit kan bestaan nie. Ek meen dat die verskil tussen hulle dit is dat leraars nie oor die dissipline, of vir die bediening van die sakramente, of vir vermaning of aansporing aangestel is nie maar slegs vir die vertolking van die Skrif met die oog daarop dat die leer opreg en gesond onder gelowiges behou kan word.32 Die herderlike amp vat egter al hierdie dinge in hom saam.

5. Tydelike en blywende kerklike ampte.🔗

Nou het ons in die regering van die kerk bedieningsampte wat tydelik was en ampte wat so ingestel is dat dit blywend moes bestaan. Maar as ons die evangeliste by die apostels voeg, sal ons twee pare oorhou wat in 'n sekere sin met mekaar ooreenstem. Die ooreenkoms wat ons leraars met die eertydse profete het, het herders ook met die apostels.33 Die profetiese amp was meer uitstaande vanweë die besondere gawe van openbaring waarin hulle kragtig was maar oor die algemeen het die amp van leraars dieselfde grond en volstrek een en dieselfde doel. So het daardie twaalf wat die Here gekies het om die nuwe verkondiging van die evangelie aan die wêreld bekend te stel, die res in rang en aansien oortref.34 Alle kerklike dienaars kan egter na aanleiding van die betekenis en die stam van die woord na behore ook apostels genoem word omdat hulle almal deur die Here gestuur word en hulle almal sy boodskappers is. Omdat dit egter van groot belang was dat daar seker kennis oor die sending van diegene moes bestaan wat 'n nuwe en onbekende saak moes bring, moes daardie twaalf - en Paulus het later tot hulle getal toegetree -, met 'n besondere titel anders as die res beskryf word. Paulus het weliswaar self iewers hierdie titel aan Andronikus en Junias gegee toe hy gesê het dat hulle aansien onder die apostels gehad het.35 Maar wanneer hy met juistheid wil praat, verwys hy nie anders as slegs na die apostels van die eerste rang nie. En dit is ook die algemene gebruik van die Skrif.36 Behalwe dat herders elkeen oor bepaalde kerke wat aan hulle toegewys is, regeer, het hulle dieselfde plig as die apostels. Maar laat ons nog duideliker verneem hoedanig die pligte daarvan is.

6. 'n Vergelyking tussen die ampte van die apostels en die van herders.🔗

Toe die Here die apostels uitgestuur het, het Hy, soos ek so pas gesê het,37 aan hulle opdrag gegee om die evangelie te verkondig en die wat glo, tot vergiffenis van hulle sondes te doop.38 Vroeër het Hy hulle egter beveel om die heilige tekens van sy liggaam en van sy bloed volgens sy  voorbeeld uit te deel.39 Hier is die heilige, onskendbare, ewige wet wat op diegene gelê is wat in die plek van die apostels opvolg waarvolgens hulle opdrag kry om die evangelie te verkondig en die sakramente te bedien. Hieruit lei ons af dat diegene wat enigeen hiervan verwaarloos, valslik voorhou dat hulle apostels is.

Maar wat van herders? Paulus praat nie slegs van homself nie maar van hulle almal wanneer hy sê: "Die mense moet ons dus beskou as dienaars van Christus en as bedienaars van die geheimenisse van God".40 Net so sê hy elders: "'n Ouderling(opsiener) moet vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is sodat hy in staat kan wees om deur die gesonde leer te vermaan en die wat dit weerspreek, te weerlê".41 Uit hierdie en soortgelyke verwysings wat oral (in die Skrif) voorkom, kan ons die afleiding maak dat daar ook in die amp van herders veral hierdie twee aspekte voorkom, naamlik die verkondiging van die evangelie en die bediening van die sakramente. Die manier van onderwysing bestaan egter nie net in openbare vergaderings nie maar het ook op persoonlike vermanings betrekking. Paulus haal die Efesiërs byvoorbeeld as getuies aan dat hy niks teruggehou het wat vir hulle voordelig was nie maar dat hy dit in die openbaar en in hulle huise verkondig het en hulle dit geleer het terwyl hy van bekering en die geloof in Christus vir die Jode sowel as vir die Grieke getuig het.42 En 'n bietjie later sê hy net so dat hy nie opgehou het om hulle elkeen met trane te vermaan nie.43

Maar dit is nogtans nie die doel van my huidige onderwysing om aan te dui wat die afsonderlike gawes van 'n goeie herder is nie maar slegs om aan te toon wat diegene wat hulleself herders noem, moet erken. Hulle is naamlik so oor die kerk aangestel om nie 'n lamsakkige nering te beoefen nie maar om die (kerk)volk met die leer van Christus tot ware godsvrug te onderrig, die heilige sakramente te bedien en die regte tug te handhaaf en te beoefen.44 Want die Here verklaar dat Hy die bloed van elkeen wat deur onkunde en agtelosigheid te gronde gaan, van die hande van almal wat as wagters in die kerk aangestel is, sal eis.45 Wat Paulus oor homself sê, het ook op hulle almal betrekking, naamlik: "Wee my as ek nie die evangelie verkondig nie, want die rentmeesterskap daarvan is aan my toevertrou.46 Kortom: alles wat die apostels vir die hele wêreld gedoen het, behoort elke herder vir die kudde waaraan hy toegewys is, te doen.

7. Die orde onder herders.🔗

Hoewel ons aan elke herder sy eie kerk toewys, ontken ons intussen egter nie dat 'n herder wat aan een kerk gebind is, ander kerke wel tot hulp kan wees nie - as daar byvoorbeeld die een of ander oproer voorkom wat sy teenwoordigheid vereis, of as sy advies oor die een of ander onduidelike aangeleentheid ingewin word. Maar hierdie beleid is noodsaaklik om die vrede in die kerk te bewaar: dat aan elkeen voorgehou word wat hy moet doen om te voorkom dat almal in 'n deurmekaarspul verval, of sonder 'n roeping in onsekerheid rondskarrel en almal sonder om daaroor na te dink in een plek bymekaarkom, en om te voorkom dat hulle hulle kerke na willekeur leeglaat omdat hulle meer oor hulle eie voordeel as oor die stigting van die kerk begaan is. Hierdie reëling behoort sover moontlik gehandhaaf te word dat elkeen met sy eie grense tevrede moet wees en nie op 'n ander se werkkring moet inbars nie. Dit is geen menslike uitvinding nie maar 'n instelling van God. Ons lees trouens dat Paulus en Barnabas in elke kerk afsonderlik in Listre, Antiochië en Ikonië ouderlinge aangestel het47 en dat Paulus Titus opgedra het om van dorp tot dorp ouderlinge aan te wys.48 So vermeld hy elders die opsieners (biskoppe) van die Filippensers49 en elders, Argippus, die bedienaar van die Kolossensers,50 en in Lukas kom daar die bekende preek van Paulus voor die ouderlinge van die kerk van Efese voor.51

Elkeen wat dus die regering en versorging van een kerk op hom neem, moet weet dat hy aan hierdie wet van sy Goddelike roeping verbind is nie asof hy, soos regsgeleerdes dit noem, bodemverknog,52 dit is asof hy daaraan verkneg en vasgeheg is en sy voete nie daarvan afkan beweeg as die openbare voordeel dit vereis nie, mits dit maar net behoorlik en ordelik geskied. Iemand wat egter tot een standplaas geroepe is, behoort nie daaraan te dink om dit te verlaat of losmaking daarvan te soek namate hy dit tot sy voordeel ag nie. Verder: as dit van belang is dat iemand na 'n ander plek oorgeplaas moet word, behoort hy dit nogtans nie op sy persoonlike besluit aan te durf nie maar hy moet openbare gesag daarvoor afwag.

8. Die betekenis van 'biskop', 'presbiter', 'herder' en 'bedienaar'.🔗

Verder, dat ek diegene wat oor die kerk regeer, sonder onderskeid biskoppe, presbiters, herders en bedienaars genoem het, het ek gedoen na aanleiding van die Skrifgebruik wat hierdie woorde onderling uitruil.53 Dit ken trouens aan almal wat die bediening van die Woord verrig, die naam biskop toe. So is Titus deur Paulus beveel om van dorp tot dorp presbiters aan te stel54 maar dadelik daarna word bygevoeg dat 'n biskop onberispelik moet wees, ensovoorts.55 Elders groet hy verskeie biskoppe in een en dieselfde kerk56 en in Handelinge word vertel dat hy die presbiters van Efese byeengeroep het57 wat hy in sy rede biskoppe noem.58

Hier moet ons daarop let dat ons tot dusver slegs die ampte in oorweging geneem het wat hulle op die bediening van die Woord toelê. In die vierde hoofstuk aan die Efesiërs maak Paulus ook nie melding van die ander ampte wat ons aangehaal het nie.59 Maar in sy brief aan die Romeine60 en in die eerste brief aan die Korintiërs61 noem hy ook ander soos magte, die gawe van genesing, uitleg, regering en die versorging van die armes. Die wat tydelik was, laat ek weg omdat dit nie die moeite werd is om daaraan tyd te verwyl nie. Twee hiervan is egter blywend, naamlik die regering en dieversorging van die armes.

Ek meen dat die (kerk-) regeerders ouer mense was wat uit die gewone mense gekies is om saam met die biskoppe die beoordeling van die sedes en die uitoefening van die tug te beheer. Want dit wat hy sê, kan jy nie anders vertolk nie, naamlik: "Laat hy wat regeer, dit met nougesetheid doen".62 Elke kerk het dus van die begin af sy eie vergadering63 gehad wat uit godvrugtige, ernstige en heilige manne gekies is. Hierdie vergadering waaroor ons later sal praat,64 het die regsbevoegdheid gehad om oortredings reg te stel. Die ervaring self bewys voorts dat sodanige orde nie beperk was tot een leeftyd nie. Hierdie regeringsamp is dus noodsaaklik vir alle tye.

9. Die diakenamp.🔗

Die versorging van die armes is aan diakens opgedra.65 Daar word nogtans in die brief aan die Romeine twee soorte geponeer. Paulus sê daar: "Laat hy wat uitdeel, dit in eenvoud doen; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid''.66 Aangesien dit seker is dat hy oor die openbare ampte van die kerk praat, moes daar dus twee onderskeie grade (in die amp) gewees het. As my oordeel my nie mislei nie, dui hy in die eerste deel van sy stelling die diakens aan wat die liefdesgawes beheer het. Maar in die tweede deel verwys hy na diakens wat hulle gewy het daaraan om die armes en siekes te versorg. Sulke mense was die weduwees wat hy in sy brief aan Timoteus vermeld.67 Vrouens kon trouens geen ander openbare (kerklike) amp beklee behalwe as hulle hulle gewy het aan die versorging van die armes nie. As ons dit aanvaar soos ons dit immers moet aanvaar -, was daar twee soorte diakens waarvan die een groep die kerk dien deur die sake van die armes te behartig en die ander deur die versorging van die armes self. Hoewel die betekenis van die woord diakonia68 egter 'n breër strekking het, noem die Skrif diegene besonderlik diakens wat die kerk aangestel het om die liefdesgawes uit te deel en die armes te versorg, en wat die kerk as openbare rentmeesters van die armkas aangewys het. Hulle ontstaan, instelling en funksie word deur Lukas in Handelinge beskryf.69 Want toe daar 'n gemor onder die Grieke ontstaan het omdat hulle weduwees in die versorging van die armes verwaarloos is, het die apostels as verskoning daarvoor gesê dat hulle nie in staat was om aan beide ampte - die verkondiging van die Woord en die bediening van die tafels - te voldoen nie. Daarom het hulle die gemeente versoek om sewe opregte manne te kies om hierdie taak aan hulle op te dra.70 Hier is dan die diakens wat die apostoliese kerk gehad het, en dit betaam ons ook om volgens die voorbeeld van hierdie kerk sulke diakens te hê.

10. Die roeping van bedienaars.🔗

Aangesien alles egter nou ordelik en behoorlik in die heilige vergadering moet verloop,71 is daar niks waarin hierdie orde nougesetter gehandhaaf behoort te word as by die instelling van hierdie regering nie. Daar is trouens nêrens groter gevaar as wanneer iets onordelik verloop nie. Om dus te voorkom dat onrustige mense en oproermakers hulle onbesonne sou opdring om onderrig te gee of te regeer - iets wat andersins sou gebeur -, is uitdruklik voorsorg getref dat niemand sonder  roeping 'n openbare amp in die kerk vir homself toe-eien nie. Om dus as 'n ware dienaar van die kerk geag te word, moet iemand eers behoorlik beroep wees.72 daarna moet hy op die beroep antwoord, dit beteken dat hy die take wat hom opgelê is, moet onderneem en uitvoer. Ons kan dit baie dikwels by Paulus waarneem. Wanneer hy goedkeuring vir sy apostelskap wil verkry, verwys hy feitlik altyd na sy roeping saam met sy getrouheid in die uitvoering van sy amp.73 As so 'n groot dienaar van Christus nie waag om hom gesag toe te eien om in die kerk gehoor te word nie, behalwe omdat hy enersyds deur 'n opdrag van die Here in hierdie amp aangestel is, en hy andersyds getrou uitvoer wat hom opgedra is, hoe 'n groot verwaandheid sou dit dan nie wees as 'n sterflike mens sonder die een of die ander hiervan vir hom so 'n eer sou opeis nie? Omdat ons egter vroeër reeds die noodsaaklikheid om die amp na te kom aangeroer het, laat ons nou slegs die beroep self behandel.

11. 'n Uiterlike en 'n innerlike roeping.🔗

Die behandeling van die roeping lê op vier vlakke, naamlik dat ons moet  weet hoedanig hulle moet wees, hoe en deur wie hulle as bedienaars ingestel moet word, en volgens watter plegtigheid of seremonie hulle bevestig moet word.

Ek praat nou van die uiterlike en plegtige roeping wat op die openbare orde van die kerk gerig is en laat daardie verborge roeping74 buite rekening waarvan elke bedienaar voor God bewus is en die kerk nie as getuie het nie. Ons hart is egter 'n goeie getuie dat ons die amp wat ons aangebied word, nòg uit eersug, nòg uit hebsug, nòg uit enige selfsug, aanvaar maar uit opregte vrees vir God en uit ywer om die kerk te bou. Soos ek gesê het, is dit weliswaar vir elkeen van ons noodsaaklik as ons wil hê dat God ons bediening moet goedkeur. As iemand met 'n slegte gewete 'n beroep aanvaar, is hy nogtans nietemin behoorlik voor die kerk beroep mits sy goddeloosheid nie oop en bloot is nie. Mense sê gewoonlik dat selfs leke tot die bedieningsamp geroepe is wanneer hulle sien dat hulle bevoeg en geskik is om dit te verrig - natuurlik omdat geleerdheid met godsvrug en die ander gawes van 'n goeie herder in 'n sekere sin 'n voorbereiding daarvoor is. Want die Here rus diegene wat Hy vir so 'n belangrike amp bestem het, eers met daardie wapens toe wat vereis word om dit te vervul sodat hulle nie met leë hande en onvoorbereid kom nie. Toe Paulus in sy brief aan die Korintiërs juis oor die ampspligte wou praat, het hy daarom eers 'n uiteensetting van die gawes gegee waarin diegene behoort uit te munt wat hierdie pligte vervul.75 Maar omdat dit die eerste van die vier hoofpunte is wat ek geponeer het, laat ons dan nou daartoe oorgaan.

12. Karaktertrekke van mense wat tot die ampte verkies word.🔗

Paulus verduidelik uitvoerig in twee plekke hoedanig biskoppe wat verkies word, moet wees.76 Dit kom nogtans kortliks hierop neer: hulle moet nie gekies word tensy hulle die gesonde leer en 'n heilige lewe het nie. Hulle moet nie vanweë een of ander gebrek opspraakwekkend wees nie omdat dit hulle hulle gesag enersyds kan ontneem en die bedieningsamp andersyds in die skande kan steek.77 Dieselfde vereiste geld ook in die geval van diakens en ouderlinge.78 Ons moet altyd daarop let dat hulle opgewasse en bevoeg moet wees om die taak wat hulle opgelê word, te dra. Dit beteken dat hulle so met daardie vaardighede toegerus moet wees wat noodsaaklik is om hulle amp te vervul. Toe Christus Hom voorgeneem het om sy apostels uit te stuur, het Hy hulle byvoorbeeld met die wapens en hulpmiddels toegerus waarsonder hulle nie kon wees nie.79 En nadat Paulus 'n beeld geskets het van die goeie en ware biskop, vermaan hy Timoteus om homself nie te besoedel deur iemand wat daaraan vreemd is, te verkies nie.80

Met die woordjie hoe (hulle verkies moet word) verwys ek nie na die manier waarop hulle verkies moet word nie maar na die eerbiedige vrees wat in hulle verkiesing gehandhaaf moet word. Hieruit het die vastye en gebede ontstaan wat, soos Lukas vertel, die gelowiges aangewend het wanneer hulle presbiters aangewys het.81 Aangesien hulle trouens besef het dat hulle met die ernstigste van alle sake besig was, het hulle niks aangedurf sonder die hoogste eerbied en sorgsaamheid nie. Hulle het hulle inderdaad veral aan gebede gewy waarin hulle God om die Gees van raad en onderskeiding gevra het.82

13. Deur wie moet bedienaars gekies word?🔗

Die derde punt wat ons in die verdeling geponeer het, is: deur wie bedienaars verkies moet word. 'n Bepaalde reël hiervoor kan egter nie uit die aanstelling van die apostels afgelei word nie omdat dit in 'n sekere mate van die algemene roeping van die res verskil het. Omdat dit 'n buitengewone bedieningsampwas, en om dit met 'n groter onderskeidingsteken kenbaar te maak, moes diegene wat die amp verrig het, deur  die mond van die Here self geroep en aangestel word. Hulle was dus nie deur mense verkies nie maar, toegerus slegs met 'n opdrag van God en van Christus, het hulle hulle vir hierdie taak voorberei. Toe die apostels iemand in Judas se plek wou aanstel, was dit die rede waarom hulle nie waag om een bepaalde man vir seker te benoem nie maar hulle bring twee manne in hulle midde sodat die Here deur die lot kon verklaar watter een van hulle Hy in sy plek wou laat opvolg.83 Dit is ook hoe ons Paulus se verklaring moet opneem dat hy nie deur mense of deur 'n mens 'n apostel gemaak is nie maar deur Christus en God die Vader.84 Die eerste aspek, deur mense, het hy natuurlik met alle godvrugtige bedienaars van die Woord gedeel want niemand kon hierdie bediening na behore vervul tensy hy deur God daartoe geroep is nie. Die tweede punt was egter gevoeglik en besonderlik eie aan hom. Wanneer hy dus hierop roem, roem hy nie slegs op iets wat 'n ware en wettige herder toekom nie maar hy hou ook die kentekens van sy apostolaat aan ons voor. Aangesien daar trouens onder die Galasiërs mense was wat hulle beywer het om sy gesag te verkleineer, en hom voorgehou het as 'n gewone dissipel wat deur die eerste apostels aangestel is, was dit vir hom noodsaaklik om aan te toon dat hy hoegenaamd nie 'n ondergeskikter posisie as die ander apostels beklee het nie. Sy doel was om die aansien van sy verkondiging te beveilig omdat hy geweet het dat dit met heimlike aanvalle bedreig word. Daarom verklaar hy dat hy nie volgens die oordeel van mense soos een van die gewone biskoppe verkies is nie maar deur die mond en uitdruklike Godspraak van die Here self.

14. Verkiesing deur mense. 🔗

Maar geen nugter mens sal ontken dat dit heeltemal ordelik is dat biskoppe deur mense aangewys word nie omdat daar trouens soveel Skrifgetuienisse oor hierdie onderwerp bestaan. En soos ons gesê het, weerlê Paulus se verklaring dat hy nie deur mense en ook nie deur bemiddeling van mense gestuur is nie,85 dit ook nie aangesien hy daar nie van die gewone verkiesing van bedienaars praat nie maar hy eis vir hom iets op wat besonderlik die apostels toegekom het. Hoewel die Here Paulus met sy besondere prerogatief aangewys het, het Hy intussen van die ordelikheid van die kerklike roeping gebruik gemaak. Lukas gee dit trouens so weer: "Terwyl die apostels gevas en gebid het, sê die Heilige Gees vir hulle: 'Sonder Paulus en Barnabas af vir die werk waarvoor Ek hulle gekies het'".86 Wat is die doel van hierdie afsondering en handoplegging nadat die Heilige Gees sy keuse betuig het anders as dat kerklike dissipline in die aanwysing van bedienaars deur mense gehandhaaf moet word? God kon hierdie soort orde derhalwe nie met 'n duideliker bewys goedkeur nie as toe Hy vooraf gesê het dat Hy Paulus as 'n apostel vir die heidene bestem het, maar dat dit nogtans sy wil was dat hy deur die kerk aangewys moes word. Ons kan dieselfde benadering ook in die geval van Matthias se verkiesing waarneem.87 Omdat die apostoliese amp sa belangrik was, het hulle nie gewaag om na hulle oordeel iemand vir hierdie posisie te kies nie maar hulle het twee manne in hulle midde gestel sodat die lot op een van die twee kon val. Daardeur het sy verkiesing enersyds so getuienis uit die hemel bekom en die kerk se beleid88 is andersyds hoegenaamd nie daardeur verontagsaam nie.

15. Wie moet 'n bedienaar aanwys?🔗

Die vraag is nou of 'n bedienaar deur die hele kerk of slegs deur sy kollegas en die ouderlinge wat aan die hoof van die sensuur staan of inderdaad op gesag van net een mens aangestel kan word.89 Diegene wat hierdie reg op een mens oordra, haal Paulus se verklaring aan Titus aan: "Ek het jou daarom in Kreta agtergelaat om van dorp tot dorp presbiters aan te wys".90 Net so sê hy aan Timoteus: "Moenie haastig iemand die hande oplê nie".91 Maar hulle kom bedroë daarvan af as hulle dink dat Timoteus so in Efese, of dat Titus so in Kreta regeer het dat elkeen van hulle alles volgens hulle goeddunke gereël het. Hulle was immers aangestel slegs om die kerkvolk in goeie en heilsame advies voor te gaan en nie om alleen en met uitsluiting van die res te doen wat hulle lus was om te doen nie.

Maar om te voorkom dat dit sou lyk asof ek 'n verdigsel skep, sal ek dit met 'n soortgelyke voorbeeld duidelik maak. Lukas vertel immers dat presbiters deur Paulus en Barnabas in die kerke aangewys is, maar hy merk terselfdertyd ook die manier ofwyse aan wanneer hy sê dat dit deur stemming geskied het. Hy sê: "Hulle het in elke kerk presbiters gekies deur die hande op te steek".92 Die apostels het hulle twee dus aangewys, maar soos die gewoonte van die Grieke in verkiesings was, het die hele vergadering deur hulle hande op te steek verklaar wie hulle wou hê. So sê Romeinse geskiedkundiges baie dikwels dat 'n konsul wat vergaderings belê het, nuwe amptenare gekies het - en dit om geen ander rede as dat hy die stemme ontvang en die volk in die verkiesing gelei het nie.93 Dit is beslis ook nie geloofwaardig dat Paulus Timoteus en Titus meer sou vergun as wat hy vir homself toegeëien het nie. Ons sien egter dat dit sy gewoonte was om biskoppe na aanleiding van die stemme van die (kerk)volk te kies.

Die aanhalings hierbo moet dus so verstaan word dat dit geen vermindering in die gewone reg en vryheid van die kerk teweegbring nie. Cyprianus stel dit dus goed wanneer hy aanvoer dat die feit dat die priester in die teenwoordigheid van die volk voor almal se oë verkies, en deur openbare oordeel en getuienis waardig en geskik bewys word, uit Goddelike gesag afkomstig is.94 Ons sien inderdaad dat dit in die verkiesing van die Levitiese priesters volgens die bevel van die Here gebruiklik was dat hulle voor hulle bevestiging voor die volk gebring is.95 Nog word Matthias in die vergadering van die apostels opgeneem, nog word die sewe as diakens gekies anders as ten aanskoue en met die goedkeuring van die (kerk)volk.96 "Hierdie voorbeelde," sê Cyprianus, "behoort aan te toon dat die bevestiging van 'n priester slegs in die teenwoordigheid en met die medewete van die volk behoort te geskied sodat sy bevestiging gegrond en wettig mag wees omdat dit deur almal se getuienis ondersoek is."97

Nou weet ons dus dat hierdie beroep van 'n bedienaar wettig uit die Woord van God is wanneer diegene wat vir hulle geskik lyk, met die instemming en die goedkeuring van die (kerk)volk aangewys word. Verder weet ons dat ander herders aan die hoof van die verkiesing moet staan om te voorkom dat of deur ligsinnigheid, of deur partydigheid, of deur oproerigheid deur die gemeente gesondig word.98

16. Die bevestiging van bedienaars.🔗

Nou bly daar nog die bevestigingseremonie oor waaraan ons die laaste plek in die roeping toegeken het. Dit staan trouens vas dat wanneer die apostels iemand tot die bedieningsamp toegelaat het, hulle nie van 'n ander seremonie as net van handoplegging gebruik gemaak het nie.99 Ek meen dat hierdie seremonie uit 'n gebruik van die Jode ontstaan het. Wanneer hulle wou hê dat iets geseën en gewyd moes wees, het hulle dit as't ware voor God se oë gestel deur hulle hande daarop te lê. Toe Jakob Efraim en Manasse byvoorbeeld wou seën, het hy sy hande op hulle koppe gesit.100 Ons Here het die voorbeeld ook gevolg toe Hy oor die kinders gebid het.101 Die Jode het met dieselfde betekenis, meen ek, hulle hande volgens die voorskrif van die wet op hulle offerdiere gelê.102 Die apostels het daarom deur hulle handoplegging aangetoon dat hulle iemand vir God aanbied wat hulle in die bedieningsamp inwy. Hulle het dit nogtans ook gebruik oor mense aan wie hulle die sigbare genadegawes van God se Gees verleen het.103 Hoe dit ook al sy, dit was 'n plegtige seremonie wanneer hulle iemand tot die kerklike bedieningsamp geroep het. So het hulle hulle herders en leraars, so het hulle hulle diakens bevestig.

Hoewel daar geen bepaalde beginsel oor die handoplegging bestaan nie, sien ons nogtans dat die apostels dit voortdurend toegepas het en daarom behoort die versigtige handhawing daarvan vir ons as beginsel te dien. En dit is beslis voordelig om enersyds die aansien van die bedieningsamp met sa 'n teken aan die (kerk)volk op te dra, en andersyds die een wat bevestig word, te vermaan dat hy nie langer aan homself behoort nie, maar dat hy tot diens aan God en die kerk toegesë is. Daarbenewens sal dit nie 'n doellose teken wees nie mits dit net tot die ware oorsprong daarvan herstel word. Want as die Gees van God niks tevergeefs in die kerk ingestel het nie, salons nie voel dat hierdie seremonie nutteloos is nie aangesien dit van Hom af uitgegaan het – mits dit nie in 'n bygelowige misbruik verander word nie.104

Ten slotte moet ons weet dat nie die hele gemeente hulle hande op hulle bedienaars gelê het nie maar slegs die herders hoewel dit nie seker is of verskeie herders hulle die hande opgelê het of nie. Dit staan egter vas dat dit in die geval van die diakens, Paulus, Barnabas en enkele ander gebeur het.105 Maar Paulus self vertel elders dat slegs hy, en nie verskeie ander nie, sy hande op Timoteus gelê het. Hy sê: "Ek vermaan jou om die genadegawe wat in jou is, deur die oplegging van my hande aan te wakker".106 Dat daar in sy ander brief van die oplegging van die presbiters se hande gepraat word,107 neem ek nie so op asof Paulus van die ouderlingevergadering praat nie maar onder hierdie woord verstaan ek die bevestiging self. Dit is asof hy gesê het: "Sorg dan dat die genade wat jy deur die handoplegging ontvang het toe ek jou 'n presbiter gemaak het, nie tevergeefs is nie".

Endnotes🔗

  1. ^ Hierdie hele hoofstuk kan vrugbaar vergelyk word met Bellarminus se uiteensetting van wat hy die Membra ecclesiae militantis (die lede van die strydende kerk) noem. Vgl. sy Controversia secunda 2:202 e.v. Anders as in die Roomse kerk waar 'n sogenaamde monargie en die pouslike amp as die hoogste gesag in die aanwysing van die ampte gegeld het, stel Calvyn drie beginsels, naamlik dat God se wil, sy Woord en die omstandighede van die tyd en van die lidmate die organisasie van die kerk bepaal. In Inst. 4.4.1 skets hy die inhoud van hierdie hoofstuk so: Tot dusver het ons oor die orde om die kerk te regeer soos dit uit die suiwer Woord van God aan ons oorgedra is, gepraat. Elders sê hy. Sulke ordes word beslis nie deur die instelling van God of onderhouding van die kerk van ouds gesteun nle, dit behoort geen plek in 'n beskrywing van die geestelike regering te beklee nie omdat die kerk hierdie regering deur die mond van die Here self geheilig, ontvang het (Inst. 4.5.10). Sy uiteensetting van die ampte in sy kommentaar oor Ef. 4:11 e.v. (OC 51:196 e.v.) behoort met syverduideliking daarvan hier saamgelees te word. Hierin sê hy o.a.: etfusius dectarot ... ex ista varietate conftci in ecclesia unttatem, sicut uarii toni in mustea suavem melodiam conficiunt. ... Summa est, quod euangelium per eertos hom in es praedicatur ad id munus ordinatos, hanc oeconomiam esse qua Dominus ecclesiam suam vult gubernare, ut incolumis maneat in hoc mundo, et tandem solidam suam perfectionem obtineat. "En hy (Paulus) verklaar vollediger dat uit hierdie verskeidenheid die eenheid in die kerk tot stand gebring word soos verskillende tone in musiek 'n soet melodie teweeg bring. Dit kom kortliks hierop neer: dat die evangelie deur sekere mense verkondig word wat vir hierdie amp bestem is enm dat dit die beleid (plan) is waardeur die Here sy kerk wil regeer sodat dit ongeskonde op hierdie wêreld kan bly bestaan en uiteindelik vaste volmaaktheid kan verkry". In 'n brief aan die koning van Pole skryf hy: Weliswaar moes die wil van God as 'n ware reël en onskendbare wet vir die wettige regering (van die kerk) vir ons meer as voldoende wees ( Ep. 2057 - OC 15:332). Vgl. ook die Ordonnancesecclësiastiques (1541 . OC 10,1:16) en die Geneefse geloofsbelydenis van 1559 (OC 9:749). Twee noemenswaardige werke wat betreklik onlangs in verband met die ouderlinge en diakenamp verskyn het, is die van Elsie McKee, Elders and the plural ministry; the role of exegetical bistory in illuminating jobn Calvin 's Theology, Genève, Librairie Droz, 1988 en John Calvin on the Diaconate and liturgteat almsgiuing; Genève, Librairie Droz, 1984.
  2. ^ Marg. Matth. 26.a.11. Vgl. OC 45:695 e.v.
  3. ^ per os ipsorum. Hierdie gedagte kom ook voor by Melanchthon: En dat ons hierdie seëninge (sondevergiffenis en die Heilige Gees) kan bekom, is die bediening van die evangelie ingestel waardeur mense opgeroep word om Christus te leer ken (CRM 21:749).
  4. ^ instrumentum. Calvyn verwys dikwels na hierdie instrument, d.i. die evangeliedienaars, as 'n basuin of, in Frans, 'n trompet. Vgl. o.a. sy preek oor 1 Tim. 2:12 . 14 (OC 53:219) en sy brief aan Lord Somerset (Ep. 1085,22 Oktober 1548 . OC 13:72: goeie predikante is bonnes trompettest. Diens oan mense word hier, soos in die Kerkorde, weergegee met ministerium. Die woord dui eerder op diens as op status, aansien of waardigheid en skets die bediening in die algemeen.Munus beskryf die opdrag of taak wat beklee word soos in art. 18 KO. Officium dui op die uitoefening of vervulling van die werk wat aan 'n bepaalde arnp verbonde is soos in arts. 16,23 en 25 Ka. Funetiodui op die waarneming van 'n munus en kan met funksie weergegee word soos in art. 2 KO.
  5. ^ Vgl. Inst. 4.1.5.
  6. ^ Vgl. 2 Kor. 5:20
  7. ^ Vgl. 1 Kor. 3:16 . 17; 6:19 en 2 Kor. 6:16.
  8. ^ Marg.Lege. Aug. lib. 1. de doct. Christiana. LeesAugustinus, De doctr. Christ. prol. 6, 4.27.59 (MPL 34:17, 118).
  9. ^ Marg.2. Cor. 4.b.7. Vgl. OC 50:366 . 367.
  10. ^ Marg. Ephes. 4.a.4. Vgl. ook Ef. 4:5 - 7 en OC 51:190·203.
  11. ^ Vgl. Ef. 4:8, 10 - 16. Vgl. in verband hiermee Bellarminus, Controv. 2.3.13:134.
  12. ^ Marg. Ephes. 4.b.l0. Vgl. OC 51:195 - 196.
  13. ^ Marg. Ibidem, c.12 (Ef 4:12).
  14. ^ Vgl. Ef. 4:15.
  15. ^ Vgl. Calvyn se preek oor Deut. 10:8 - 11 (OC 27:27 - 28).
  16. ^ Vgl. Inst. 4.1.5; 4.3.1.
  17. ^ Marg. Iesa. 52. b. 7. Vgl. OC 37:247 e.v.
  18. ^ Marg. Matth. 5.b.13.14. Vgl. OC 45:167 e.v., 169.
  19. ^ Marg. Luc. 10.c.16. Vgl. OC 45:313 - 314.
  20. ^ Marg.2. Cor. 4.b.6. 2. Cor. 3.c.9. Vgl. ook 2 Kor. 3:8, 10 - 11 en OC 50:52 - 53,42.
  21. ^ Marg. Act. 10.a.3. Vgl. ook Hand. 10:4 ·6 en oe 48:225 . 228. 1543: eum ad Petrum misit; 1545 . 1561: qui ad eum Petrum misit.
  22. ^ Marg. Act. 9.a.6. Vgl. ook verse 7 - 18 en OC 48:203 - 204. ealvyn verwys na Ananias in Hand. 9:10 - 12.
  23. ^ Marg. 2. Cor. 12.a.2. Vgl. ook vers 3 . 4 en OC 50:136 - 137.
  24. ^ Marg. Ephes. 4.b.11. Vgl. OC 51:196 - 198.
  25. ^ Marg. Marc. 16.c.l5. Vgl. Pighius, Controv. 91.
  26. ^ Marg. Rom. 15.d.19, & e.20. Vgl. OC 49:278 - 279.
  27. ^ Vgl. 1 Kor. 3:10.
  28. ^ Marg. Ephes. 4.b.ll.
  29. ^ Marg. Luc. l0.a.1. Vgl. OC 45:309 - 310.
  30. ^ Fr. 1545 e.v.. ... ou bien qu 'ü fattott annoneer fesus Christ aux fuift, afin de les amener à luy comme el leur Rédempteur (Benoit 4:58)
  31. ^ Calvyn dink hier ongetwyfeld aan Luther wat hy elders aan die apostels gelykstel: eum nos babere pro insigni Cbristi apostolo, cuius maxime opera et ministerie restituta hoc tempore fuerit evangeliipuritas. ons getuig dat ons hom as 'n uitsonderlike apostel van Christus beskou deur wie se werk en diens die suiwerheid van die evangelie vandag herstel is (Defensio sanae et ortb. doctr. .. adu.calumnias Pighii 154 3- OC 6:250). Aan die ander kant het hy egter ook ernstige bedenkinge gehad oor Luther se opvattings in verband met die nagmaal. vgl. sy brief van januarte 1538 aan Bucer (Ep. 87 - OC 10,2:139 e.v.).
  32. ^ Vgl. Calvyn se Projet d'ordonnances ecclésiastiques (1541 oe 10,1:15,21- 22) en sypreek oor Luk. 1:1 - 4 (oe 46:10).
  33. ^ Fr. 1545 e.v. + pour en faire une seule espëce (Benoit 4:59).
  34. ^ Marg. Luc. 6.b.13. Galat. 1.a.l. Vgl. OC 45:159; 50:167 - 169.
  35. ^ Marg. Rom. 16.a.7. Vgl. OC 49:286
  36. ^ Marg. Matth. 10.a.1. Vgl. OC 45:273 - 274.
  37. ^ Vgl. Inst. 4.3.4 hierbo.
  38. ^ Marg. Matth. 28.c.9 (recte. Matt. 28:19). Vgl. OC 45:821 - 824.
  39. ^ Marg. Luc. 22.b.19. Vgl. ook Man. 26:26 en OC 45:704 e.v.; 710.
  40. ^ Marg. 1. Cor. 4.a.l. Vgl. OC 49:362.
  41. ^ Marg. Tit. 1.c.9, Vgl. OC 52:411 - 41
  42. ^ Marg. Act. 20.d.20. Vgl. ook Hand. 20:21 en OC 48:461 - 464.
  43. ^ Marg. Ibidem, f.31 (Hand. 20:30. Vgl. OC 48:471 - 472
  44. ^ Fr. 1545 e.v.: et qu'ils corrigent les fautes par bonnes admonitions, usans de la discipline paternelle que lesus Christ a ordonnée (Benoit 4:61).
  45. ^ Marg. Ezech. l3.d.17 (recte: Eseg. 3:17 . 18).
  46. ^ Marg. 1. Cor. 9. c.l6. Vgl. ook vers 17 en oe 49:445 - 446.
  47. ^ Marg. Act. 14.d.22. Vgl. ook vers 23 en OC 48:330 - 334.
  48. ^ Marg. Tit. 1.b.5. Vgl. OC 52:407 - 409.
  49. ^ Marg. Philip. 1.a.l. Vgl. OC 52:7 - 8.
  50. ^ Marg. colos. 4.d.17. Vgl. OC 52:129 - 130.
  51. ^ Marg. Act. 20.d.18. Vgl. ook vers 19 - 35 en OC 48:459 - 461.
  52. ^ Veluti glebae addictus. Fr. 1560: non pas qu 'il soit là tellement attaché qu 'il n'en puisse tamais bouger (Benoit 4:62). As 'n debiteur volgens die klassieke Romeinse reg nie sy skuld dertig dae na opvraging kon betaal nie, is hyas addictus, onder arres beskou. Daarna het die skuldeiser hom drie opeenvolgende markdae voor die Praetor gebring en opnuut sy aanspraak herhaal. Indien die skuldenaar dan nie kon betaal nie, is hy aan die skuldeiser oorgegee en kon hy volgens die bepalings van die sg. Twaalf Tafels (van die Oud-Romeinse reg) in stukke gekap word om sy skuldeisers tevrede te stel. Aulus Gellius (Noctes Atticae 20.1.52) merk op dat daar nooit so 'n geval aangeteken is nie en dat dit waarskynlik eerder beteken het dat die skuldenaar 'n slaaf geword het en dat sy eiendom dan verkoop kon word. G/eba is 'n stuk grond of eiendom. 'n Glebae addictusis dus iemand wat op 'n stuk grond werk om sy skuld te betaal ofvolgens die middeleeuse feodale regstelsel, iemand wat vir 'n landheer op 'n bepaalde stuk grond gewerk het. Vgl. W.A.Hunter, Roman laui, London, Maxwell, 1885, p. 1034; W.W.Buckland, A Textbook of Roman law; Cambridge. C.U.P., 1950 p. 619.
  53. ^ Vir die onderlinge uitruilbaarheid van die terme 'biskop' en 'presbiter' , vgl. Inst. 4.4.4, 4.9.4 hieronder.
  54. ^ Marg. Tit. 1.b.5.
  55. ^ Vgl. Titus 1:7 en 1 Tim. 3:1 e.v.
  56. ^ Marg. Philip. 1.a.l.
  57. ^ Marg. Act. 20. d.17.
  58. ^ Vgl. Hand. 20:28
  59. ^ Vgl. Ef. 4:11 en afdeling 4 hierbo
  60. ^ Marg. Rom. 12.b.7. Vgl. ook vers 8 en OC 49:238 . 239
  61. ^ Marg. 1. Cor. 12.d.28. Vgl. OC 49:505. 507.
  62. ^ Marg. Rom. 12. b.8.
  63. ^ Fr. 1560: un conseil ou consistoire (Benoit 4:63).
  64. ^ Vgl. Inst. 4.11.6. Vir die ouderlinge (Fr. gouverneurs les Anciens) vgl. Calvyn se preek oor 1 Tim. 5:16 - 18 (OC 53:505 e.v.) en die Ordonnances ecclésiastiques (1537 - OC 10,1:10).
  65. ^ Vir die diakenamp, vgl. ealvyn se preek oor 1 Tim. 3:6 - 7 (Oe 53:290 e.v.) asook Inst. 4.19.32. In Genève is twee diakenampte onderskei, die een vir die insameling en verspreiding van die liefdesgawes onder die behoeftiges en die ander (vroulike) vir die versorging van die siekes.
  66. ^ Marg. Ibidem (Rom. 12:8).
  67. ^ Marg. 1. Tim. 5.b.l0. Vgl. ook vers 9 en OC 52:309 ·311.
  68. ^ Hoewel die woord dtakonos nie in Hand. 6 voorkom nie, is dit uit latere briewe van Paulus (o.a. Fit. 1:1 en 1 Tim 3:8 - 13) duidelik dat dit hier om 'n permanente kerklike dienswerk gaan. Calvynhet reeds in 1543 daarop gewys dat die woord diakontas breë betekenis het. Louwen Nida (Greek-Englisb Lexicon of tbe New Testament, 1988) onderskeitrouens vyf verskillende betekenisse, naamlik
    (1) diens (bv. in Openb. 2:19) in die sin van hulp aan ander;
    (2) taak of Goddeltee opdrag om diens te verrig (bv, Hand. 20:24: OAV:bediening; NAV: dienswerk) ;
    (3) voorsiening (bv. in Hand. 6:1: OAVen NAV: die daaglikse versorging) in die sin van stappe wat geneem word om in die nood van mense te voorslem
    (4) bedien, klaarmaak (bv. Luk. 10:40);
    (5) bydrae (d.i. geld wat gegee word om iemand se nood te verlig; Hand. 6:1 kan bv. so vertolk word). Vgl. Louwen Nida, 1:460, 461; 462; 521 - 522; 571; 2:59.
  69. ^ Marg. Act. 6.a.3. Vgl. OC 48:120 - 121.
  70. ^ Fr. 1560: qui eussent ceste charge (Benoit 4:63).
  71. ^ Fr. 1560: qui eussent ceste charge (Benoit 4:63).
  72. ^ Fr. 1545: + Marg. Hebr. 5.a.4.
  73. ^ Fr. 1545 . 1551: + Marg. Rom. 1(:1). Vgl. ook 1 Kor. 1:1.
  74. ^ Vir Calvyn se behandeling van die roeping van gelowiges vgl.Inst. 2.8.42; 2.8.45 (Afr. vert. 2:542 543,547); 3.6.2; 3.8.1; 3.10.3, 6; 3.14.5; 3.14.19 - 20; 3.17.5,6; 3.21.7; 3.22.4; 3.22.10; 3.24 (roeping en uitverkiesing - Afr. vert. 3:878,897,922,925 n.18, 983, 999 - 1001, 1028, 1170, 1178, 1212 e.v.), 4.3.10 - 11,14 e.v., 4.20.4, 6,17.
  75. ^ Marg. 1. Cor. 12.a.7. Vgl. ook vers 8 - 11 en OC 49:499 - 500.
  76. ^ Marg. Tit.1.b.9. 2. Tim. 3.a.l (recte: 1 Tim. 3:1). Vgl. ook Titus 1:7 - 9 en oe 52:425·426,375 - 376.
  77. ^ Vgl. 1 Tim. 3:2 . 3 en Tit. 1:7 . 8.
  78. ^ Vgl. 1 Tim. 3:8 . 13.
  79. ^ Marg. Luc. 21.c.15 & 24.g.49. Marc. 16.c.15. Act. 1.b.8.Vgl. ook Mark. 16:16· 18 en OC 45:818 e.v., 824 - 825, 48:10 - 11.
  80. ^ Marg. 1. Tim. 5.d.22. Vgl. OC 52:31
  81. ^ 1545, 1553 - 1554: + Marg. Acto. 14.d23 et alibi (Hand. 14:23 e.v.).
  82. ^ Vgl. Jes. 11:2 en OC 36:235 . 23
  83. ^ Marg. Act. l.d.23. Vgl. ook vers 24 - 26 en OC 48:22 - 24.
  84. ^ Marg. Galat. l.b.12. Vgl. ook Gal. 1:1 en OC 50:167 -169.
  85. ^ Marg. Galat. l.a.l.
  86. ^ Marg. Act. 13.a.2. Vgl. OC 48:279 - 281.
  87. ^ Marg. Act. 1.d.23.
  88. ^ Fr. 1545 e.v.: Et ainsi la police de l'Eglise auoit lieu en ceste ëlection, et nëantmoins on remettoit à Dieu de saroir lequel il auoit esleu des deux (Benoit 4:68).
  89. ^ Calvyns preek hom feitlik sonder uitsondering uit vir meerdere gesag in kerklike sake teenoor die sogenaamde canonicas electiones van die Roomse kerk. Vgl. Inst. 4.4.10 - 11; 4.20.8 en sy besware teen die Roomse leer in verband hiermee in sy De vera ecclesiae reformandae ratione - die ware wyse van kerkhervorming (OC 7:634 e.v.). Vgl. ook Bellarminus Centrov. 2.1.2:212.
  90. ^ Marg. Tit. 1.b.5.
  91. ^ Marg. 1. Tim. 5.d.22.
  92. ^ Vgl. Bellarminus, a.w., 223.
  93. ^ Konsuls is in klassieke Rome tydens die republiek ingestel na die verdrywing van die konings in 509 V.C. Om te voorkom dat 'n tirannie weer daar sou posvat, is twee konsuls vir 'n termyn van een jaar aangewys en die absolute politieke, militêre en (aanvanklik) regsfunksies van die koning aan hulle oorgedra. Hulle setel was in Rome en daar het hulle die verskillende volksvergaderings, Comitia en Senatus, byeengeroep, verkiesings beheer en bevele deur edicta uitgevaardig. Vgl. Kleine Pauly s.v. consul 1:1293 e.v. asook Hunter, a.w. p. 11 e.v.
  94. ^ Marg. Lib. 1. epist. 3. Vgl. Cyprianus, Ep. 67.4 (CSEL 3,2:738)
  95. ^ Marg. Levit. 8.a.6. Num. 20.d.26. Vgl. ook Lev. 8:4 - 5 en Num. 20:27.
  96. ^ Marg. Act. 1.e.15, & 6.a.2. Vgl. ook Hand. 6:1, 3 - 7 en OC 48:17 - 18,117 - 123.
  97. ^ Vgl. Cyprianus, Ep. 67.4 (CSEL 3,2:738).
  98. ^ Vgl. .Calvyn sekommentaar oor Hand.6:3: Dit is immers dwingelandy as 'n enkeling alleen na sy goeddunke bedienaars aanstel. Die wettige manier is dus dat diegene wat een ofander openbare amp in die kerk gaan beklee, deur algemene stemming verkies moet word.... Die middeweg tussen 'n tirannie en verwarde losbandigheid is dat geen handeling sonder instemming en goedkeuring van die (kerk)volk moet geskied nie. Herders moet hulle nogtans so beheer dat hulle gesag soos leisels is om die begeertes van die (kerk)volk tebeteuel om hulle nie tebulte tegaan nie (OC 48:120 . 121). Die beginsel is volgens die Ordonnances ecclêsiastiques (1541 en1561) ook in die praktyk toegepas. vgl. OC 10,1:17,94.
  99. ^ Vgl. Calvyn se kommentaar oor Hand. 6:6; 13:3 (OC 48:122; 281 . 282); asook sy preke oor 1Tim. 4:14 . 15 (OC 53:421) en2. Tim. 1:6 . 8 (OC 54:34)
  100. ^ Marg. Gene. 48.c.14.
  101. ^ Marg. Mat. 19.b.15
  102. ^ Vgl. Num. 8:12; 27:23; Lev. 1:4; 3:2, 8, 13; 4:4, 15, 24, 29, 33.
  103. ^ Marg. Act. 19.a.6. Vgl. OC 48:441 . 443
  104. ^ In die Ordonnances (1541) beklemtoon Calvyn dat hierdie plegtigheid liewer vermy moet word as die Roomse bygelowigheid nog daaraan kleef; vgl. OC 10,1:18.
  105. ^ Marg. Act. 6.b.6, & 13.a.3. Vgl. OC 48:122,281 -282.
  106. ^ Marg. 2. Tim. 1.b.6. Vgl. OC 52:349 - 350.
  107. ^ Marg. 1. Tim. 4.d.14. Vgl. OC 52:302 - 303.