Die uitverkorenes word onverdiend op grond van God se barmhartigheid geroep, en nie op grond van hul goeie werke, geloof of die sogenaamde ‘saad van die uitverkiesing’ nie. Die saligheid, die lewe, onsterflikheid en uitverkiesing moet in Christus alleen gesoek word. Hy self het meermale gesê dat geen uitverkorene verlore sal gaan nie. Hul name is immers in die boek van die lewe opgeskryf. Daarom sal hul volhard ten spyte van aanslae en vertwyfeling.

Diegene wat oënskynlik aan Christus behoort en later afvallig geword het, soos Judas, was nooit werklik een in Christus nie. In dié verband bespreek Calvyn die algemene roeping en die besondere roeping . God se oordeel oor die verworpenes is regverdig, omdat hulle dit verdien. Die feit dat sommiges wel uitverkies word, is slegs genade van God.

1984. 28 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 24 Die uitverkiesing word deur God se roeping bekragtig. Die goddeloses haal hulle egter die regverdige verderf waarvoor hulle bestem is, op die hals

1. Die roeping van die uitverkorenes is onverdiende barmhartigheid van God🔗

Maar om die onderwerp nog beter toe te lig moet ons sowel die roeping van die uitverkorenes as die verblinding en die verharding van die goddelose behandel. Oor die eerste hiervan het ek wel reeds iets gesê toe ek die dwaling van die mense weerlê het wat die indruk het dat die algemene aard van die beloftes die hele mensdom gelykstel.1En tog openbaar God sy uitverkiesing, wat Hy andersins op sigself verborge hou, nie sonder keuse uiteindelik deur sy roeping nie. Daarom mag ons dit in eintlike sin sy openbaring noem. "Want diegene wat Hy vooraf geken het, het Hy ook vooraf bestem om aan die beeld van sy Seun gelykvormig te word; en diegene wat Hy vooraf bestem het, het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, het Hy ook geregverdig om hulleeenmaal te verheerlik.''2Hoewel die Here die wat aan Hom behoort, reeds as sy kinders aangeneem het deur hulle uit te verkies, sien ons nogtans dat hulle so 'n groot seën nie in besit neem tensy hulle geroep word nie. Daarenteen, as hulle geroep is, geniet hulle reeds 'n sekere deelname in sy uitverkiesing. Daarom noem Paulus die Gees wat hulle aanneem, sowel Gees van aanneming 3as die seël en pand van die toekomstige erfenis.4 Die rede daarvoor is naamlik dat hy met sy getuienis die sekerheid van hulle toekomstige aanneming in hulle harte bevestig en beseël.

Hoewel die verkondiging van die evangelie immers uit die bron van die uitverkiesing ontspring, sou dit nogtans geen vaste bewys daarvan wees nie, omdat verworpenes ook daarin deel. God leer sy uitverkorenes egter kragdadig om hulle tot die geloof te lei. Dit het ons byvoorbeeld vroeër uit Christus se woorde aangehaal:5 "Net hy wat uit God is, het die Vader gesien en niemand anders nie".6 net so: "Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My gegee het",7nogtans sê Hyelders:
"Niemand kan na My toe kom behalwe as my Vader hom trek nie".8
Augustinus het hierdie aanhaling verstandig oorweeg. Hy sê: "As, soos die waarheid sê, elkeen kom wat dit geleer het, het elkeen wat nie kom  nie, dit inderdaad nie geleer nie. Daaruit volg dus nie dat iemand wat kan kom, ook kom nie, behalwe as hy dit wil en doen nie, maar elkeen  wat dit van die Vader geleer het, is nie alleen by magte om te kom nie maar kom ook. Hierin is daar nou die moontlikheid van vordering sowel as die gesindheid van die wil en die resultaat van die handeling.9 Elders stel hy dit nog duideliker: "Wat beteken 'Elkeen wat dit van my Vader gehoor het en dit geleer het, kom na My toe' anders as dat niemand wat dit van die Vader gehoor en geleer het, nie na Mytoe kom nie? Want elkeen wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom; en elkeen wat inderdaad nie kom nie, het dit nie van die Vader gehoor en geleer nie, want as hy dit sou gehoor en geleer het, sou hy gekom het. Hierdie skool waarin die Vader gehoor word en leer hoe ons tot die Seun kan kom, is ver verwyder van die sintuiglike van die vlees" .10'n Bietjie later sê hy: "Hierdie genade wat in die verborge aan die harte van mense gegee word, word deur geen verharde hart ontvang nie. Dit word juis daarom gegee om eers die verharding van die hart weg te neem. Wanneer die Vader derhalwe innerlik gehoor word, neem Hy die hart van klip weg en gee 'n hart van vleis.11 So maak Hy trouens kinders van die belofte en houers van sy barmhartigheid wat Hy vooraf vir die heerlikheid toeberei het. Waarom leer Hy dan nie almalom tot Christus te kom nie anders as dat Hy almal wat Hy leer, uit barmhartigheid leer en dat Hy almal wat Hy nie leer nie, volgens sy oordeel nie leer nie? Want Hy ontferm Hom oor wie Hy wil en verhard Hom teenoor wie Hy wil".12

God wys dus diegene aan wat Hyas sy kinders, uitverkies en Hy bestem Hom as hulle Vader. Verder, deur hulle te roep neem Hy hulle in sy gesin op en verenig hulle met Hom sodat hulle saam een mag wees. Wanneer die roeping aan die uitverkiesing verbind word, gee die Skrif so voldoende te kenne dat daarin niks behalwe God se genadige ontferming ge soek moet word nie. Want as ons vra wie Hy roep en waarom, is sy antwoord dat dit diegene is wat Hy uitverkies het. Wanneer dit egter by die uitverkiesing kom, blyk daar aan alle kante net sy barmhartigheid. En hier is waarlik plek vir Paulus se bekende stelling:
"Dit hang nie af van een wat wil of die een wat hardloop nie, maar van God wat barmhartig is" .13En dit is nie soos mense dit oor die algemeen aanneem wat dit tussen God se genade en die mens se wil en hardloop verdeel nie. Want hulle verduidelik dit so dat die mens se begeerte en poging op sigself van geen belang is tensy dit deur God se genade voorspoedig gemaak word nie. Hulle beweer dat, wanneer hulle deur sy seën onderskraag word, hulle elk sy rol speel in die verkryging van die saligheid.14Ek verkies om hulle drogredenasie met Augustinus se woorde eerder as met myne te weerlê. "As die apostel niks anders bedoel het as dat dit nie van hom wat wil of van hom wat hardloop  afhang tensy die Here hom uit barmhartigheid onderskraag nie, salons dit ook na die teenoorgestelde mag omdraai, naamlik dat dit nie van sy barmhartigheid alleen afhang tensy die mens se wil en hardloop dit  bystaan nie. Maar as dit openlik goddeloos is, moet ons nie twyfel dat die apostel alles aan die Here se barmhartigheid toegee en niks vir ons wil of beywering oorlaat nie.'15Daardie heilige man het tot hierdie opvatting gekom.

Ek ag die spitsvondigheidjie wat hulle aanvoer, naamlik dat Paulus dit nie sou gesê het as daar nie 'n mate van inspanning en 'n mate van wil in ons sou wees nie, nie 'n greintjie werd nie. Hy het immers geen oorweging geskenk aan wat in die mens is nie, maar aangesien hy gesien het dat sekere mense 'n gedeelte van hulle saligheid aan die beywering van die mens toeskryf, het hy hulle dwaling eenvoudig in die eerste deel van sy stelling verdoem en daarna die volle geheel van die saligheid vir God se barmhartigheid opgeëis. En wat doen die profete anders as om die genadige roeping van God gedurig te verkondig?

2. Die aard van en manier waarop die roeping uitgedeel word, toon self ook aan dat dit op God se barmhartigheid alleen berus🔗

Hierbenewens toon juis die aard en die uitdeling van die roeping self dit ook duidelik aan. Dit bestaan trouens nie alleen in die verkondiging van die Woord nie maar ook in die verligring van die Gees. Ons leer by die profeet aan wie God sy Woord aanbied. "Ek is gevind deur mense wat my nie ge soek het nie: Ek het openlik verskyn aan mense wat Mynie aangeroep het nie; aan 'n volk wat My nie aangeroep het nie, het ek gesê:
'Kyk, hier is Ek" .16En om te voorkom dat die jode sou reken dat hierdie sagmoedigheid slegs op die heidene betrekking het, herinner Hy hulle ook waarvandaan Hy hulle vader Abraham aangeneem het toe Hy hom waardig geag het om hom te begunstig,17naamlik uit die midde van die afgodediens waarin hy saam met almal wat aan hom behoort het, versonke was. Wanneer Hy hulle eerste sonder dat hulle dit verdien het, met die lig van sy Woord bestraal, bied Hy daarmee voldoende 'n duidelike bewys van sy onverdiende goedertierenheid. Hier kom God se onmeetlike goedertierenheid dus alreeds aan die lig maar nie tot saligheid vir almal nie, want 'n baie swaarder oordeel wag op die verworpenes omdat hulle hierdie bewys van God se liefde verwerp. En God neem ook die kragdadige werking van sy Gees van hulle af weg om sy heerlikheid te openbaar. Hierdie inwendige roeping is dus 'n pand van die saligheid wat nie kan faal nie. Johannes se verklaring slaan ook hierop wanneer hy sê: "Hieruit weet ons dat ons sy kinders is: uit die Gees wat Hy ons gegee het" .18Maar om te voorkom dat die vlees sou roem dat dit ten minste geantwoord het toe Hy geroep en Hom vrywillig aangebied het, verklaar Hy dat dit nie ore het om te hoor en ook nie oë om te sien behalwe as Hy dit maak nie. Hy maak dit egter nie volgens elkeen se dankbaarheid nie maar volgens sy uitverkiesing. Jy het 'n besonderse voorbeeld hiervan by Lukas waar die Iode en die heidene saam Paulus en Barnabas se preek hoor. Hoewel almal met dieselfde Woord onderwys is, word daar vertel dat diegene wat vir die ewige lewe bestem is, geglo het.19 Met watter skaamteloosheid sou ons dan ontken dat die roeping uit genade is, terwyl die uitverkiesing alleen selfs elke deel daarvan beheer?

3. 'n Weerlegging van die opvatting dat die mens 'n medewerker van God is in die bekragtiging van die uitverkiesing en dat uitverkiesing van geloof afhang🔗

Hier moet ons egter teen twee dwalings waak, want sommige mense maak van die mens 'n medewerker van God sodat hy die uitverkiesing deur sy goedkeuring bekragtig.20Volgens hulle gaan die mens se wil God se raadsplan so te bowe. Net asof die Skrif leer dat slegs die vermoë om te glo, en nie eerder die geloof self nie, ons gegun word! Hoewel hulle die genade van die Heilige Gees nie so aftakel nie, maak ander deur wie weet watter rede daartoe beïnvloed die uitverkiesing afhanklik van die geloof wat later kom - net asof die uitverkiesing twyfelagtig en selfs kragteloos is totdat dit deur die geloof bekragtig word.21Dat dit inderdaad bekragtig word sover dit ons aangaan, is glad nie duister nie.

Ons het tévore gesien dat God se verborge raadsplan, wat versteek was, hier aan die lig kom22mits jymaar onder hierdie woorde niks anders verstaan as dat iets wat onbekend was, nou bewys word en soos met 'n seël beseël word nie. Maar dit is vals om te beweer dat die uitverkiesing eers dan kragdadig word nadat ons die evangelie omhels het, en dat die uitverkiesing sy krag daaraan ontleen.23Sekerheid daaroor moet ons wel daaruit put, want as ons probeer om God se ewige beskikking binne te dring, sal daardie diep afgrond ons verswelg. Maar wanneer God die uitverkiesing aan ons bekend gemaak het, moet ons hoër opstyg om te voorkom dat die gevolg die oorsaak oorweldig. Aangesien die Skrif leer dat ons verlig is namate God ons uitverkies het, wat is dan ongerymder en wat onwaardiger as dat ons oë deur die glans hiervan so verblind word dat hulle weier om op ons saligheid ag te slaan? Intussen ontken ek nie dat ons by die Woord moet begin om seker te wees oor ons uitverkiesing nie en dat ons vertroue daarmee tevrede behoort te wees om God as ons Vader aan te roep. Want sommige mense wat begeer om bokant die wolke te sweef, handel voorbarig daarin dat hulle oor God se raadsplan, wat naby ons in ons mond en hart is,24groter sekerheid wil  verkry. Ons moet so 'n onbesonnenheid dus met die nugterheid van die geloof aan bande lê, naamlik dat God ons in sy uitwendige Woord voldoende getuienis van sy verborge genade bied, mits die kanaal waaruit hierdie water ryklik vloei vir ons om te drink, nie verhinder dat die bron die eer wat aan Hom verskuldig is, verkry nie.

4. Die begin en die einde van die ondersoek na God se uitverkiesing moet God se roeping wees🔗

Soos mense wat die krag van die uitverkiesing afhanklik maak van die geloof in die evangelie waardeur ons gevoel dat dit ook op ons van toepassing is, dus verkeerd handel, so salons die beste orde handhaaf as ons in ons soeke na sekerheid oor ons uitverkiesing aan daardie tekens wat daarop volg en wat seker getuienisse daarvan is, bly kleef. Die Satan slaan gelowiges nie met enige versoeking wat ernstiger of gevaarliker is as wanneer hy hulle met twyfel oor hulle uitverkiesing verontrus en hulle tewens met die bose begeerte om hulle ondersoek buite die (regte) pad voort te sit, versteur nie. Ek noem om buite die (regte) pad ondersoek in te stel wanneer 'n mensie poog om in die verborge skuilplekke van God se wysheid in te bars en tot die verste ewigheid in te dring om te begryp wat voor God se regbank oor hom besluit is. Want dan stort hy hom in die diepte van 'n onmeetlike draaikolk om daar verswelg te word. Dan verstrik hy hom in ontelbare strikke waaruit hy hom nie kan loswoel nie. Dan begrawe hy hom in 'n afgrond van ondeurgrondelike duisternis. Dit is imrners billik dat die stompsinnigheid van die mens se verstand so met 'n verskriklike val gestraf word wanneer hy poog om op eie stoom tot die hoogte van God se wysheid uit te styg. So 'n poging is des te dodeliker omdat ons oor die algemeen nie meer tot enigiets anders geneig is nie.

Daar is trouens uiters selde iemand wie se gemoed nie soms deur hierdie gedagte getref word nie: "Waarvandaan kom jou saligheid anders as uit God se uitverkiesing? Watter openbaring het jy verder van jou uitverkiesing?" As hierdie gedagte eenmaal by iemand posgevat het, folter dit die arme man voortdurend met verskriklike kwellinge of verbyster hom heeltemal. Ek sou in elk geval nie met 'n sekerder bewys wou bevestig met hoeveel verwrongenheid sulke mense die predestinasie voorstel as juis met die ervaring25 nie. Want die verstand kan nie met 'n verpesteliker dwaling vergiftig word as een wat die gewete van sy vrede en rus teenoor God losskeur en verwar nie. As ons dus skipbreuk vrees, moet ons versigtig vir hierdie rots oppas waarteen niemand ooit bots sonder om te vergaan nie. En al sou 'n bespreking van die predestinasie as 'n gevaarlike see beskou word, is die vaart in die ondersoeke daarvan nogtans veilig en kalm,en, voeg ek by, ook aangenaam tensy iemand hom doelbewus in gevaar wou begewe. Want soos diegene wat die ewige raadsplan van God sonder die Woord ondersoek om groter sekerheid oor hulle uitverkiesing te kry, hulle in 'n dodelike afgrond laat verswelg, so pluk diegene wat die predestinasie reg en ordelik ondersoek soos dit in die Woord saamgevat is, daaruit voortreflike vrug ter vertroosting.

Laat die weg van ondersoek dus vir ons dit wees dat ons met God se roeping 'begin en ook daarmee eindig. Dit verhinder nograns nie dat gelowiges kan voel dat die weldade wat hulle elke dag uit God se hand ontvang, uit daardie verborge aanneming kom nie. In Jesaja praat hulle byvoorbeeld soos volg: "U het wonders gedoen; u gedagtes van oudsher is waar en trou",26omdat God daarmee soos met 'n teken vir ons wil bevestig hoeveel ons van sy raadsplan te wete mag kom. Om egter te voorkom dat dit vir iemand na 'n swak bewys lyk, moet ons nadink hoeveel duidelikheid en sekerheid dit vir ons teweegbring.

Bernardus behandel hierdie onderwerp paslik want nadat hy oor die verworpenes gepraat het, sê hy: "God se voorneme staan vas, sy vredesbesluit staan vas oor die wat Hom vrees; Hy verberg hulle kwaad en beloon hulle goeie dade sodat nie alleen hulle goeie dade nie maar ook hulle kwaad vir hulle ten goede meewerk. 'Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God?'27 Tot alle geregtigheid is dit vir my voldoende dat Hy alleen my genadig is teen wie alleen ek gesondig het. Alles wat Hy besluit het om my nie toe te reken nie, is so asof dit nie bestaan het nie" .28En 'n bietjie later sê hy: "O plek van ware rus wat ek nie ten onregte 'n kamer kan noem nie, waarin God gesien word, nie versteur deur sy toorn of waarin sy aandag deur sy sorg afgetrek is nie, maar waarin bewys word dat sy wil goed en gunstig en volmaak is. So 'n gesig verskrik nie maar is gerusstellend. Dit verwek nie rustelose nuuskierigheid nie maar bring dit tot rus. Dit vermoei nie die sinne nie maar kalmeer dit. Hier rus ons waarlik. God, wat rustig is, bring alles tot rus, en om Hom in rustigheid te aanskou, beteken om rustig te wees".29

5. Die saligheid, die lewe, onsterflikheid en uitverkiesing moet in Christus alleen gesoek word🔗

As ons God se vaderlike sagmoedigheid en genadige gemoed soek, moet ons ten eerste ons oë na Christus wend in wie alleen die Vader se Gees rus.30As ons die saligheid, die lewe en die onsterflikheid van die hemelse koninkryk soek, moet ons ook nie ons toevlug tot iemand anders neem nie, want Hy alleen is die bron van die lewe sowel as die anker van die saligheid en die erfgenaam van die koninkryk van die hemel. En waarop is die uitverkiesing gerig anders as daarop dat ons deur die hemelse Vader as sy kinders aangeneem, die saligheid en die onsterflikheid deur sy guns kan bekom? Hoe jy dit ook al draai en ondersoek, jysal agterkom dat die laaste doel daarvan nogtans nie verder strek nie. Daarom word daar gesë dat God diegene wat Hyas sy kinders aangeneem het, nie in hulleself uitverkies het nie maar in sy Gesalfde (Christus) .31Hy kon hulle immers nie anders as in Hom liefhê en hulle ook nie met die erfdeel van sy koninkryk vereer as hulle nie vooraf sy deelgenote gemaak is nie. Maar as ons in Hom uitverkies is, salons in ons geen sekerheid oor ons uitverkiesing vind nie en selfs ook nie eens in God die Vader as ons Hom alleen en sonder die Seun voorstel nie.

Christus is dus die spieël waarin ons ons uitverkiesing behoort te aanskou en waarin ons dit ook sonder misleiding mag doen. Aangesien dit immers Hy is in wie se liggaam die Vader bestem het om diegene in te lyf wat Hy van ewigheid af syne wou laat wees om almal wat Hy as sy (Christus se) lede erken, as sy kinders te beskou, het ons genoegsame duidelike en vaste bewys dat ons in die Boek van die Lewe opgeskryf is as ons in Christus deel het. Verder het Hy besliste deelname in Hom aan ons geskenk toe Hy deur die verkondiging van die evangelie getuig het dat Hy deur die Vader aan ons gegee is sodat Hy met al sy seëninge ook aan ons kan behoort. Daar word gesê dat ons ons met Hom beklee, dat ons met Hom saamgroei, sodat ons mag leef omdat Hy leef. Hierdie leer word dikwels herhaal: "Die Vader het sy eniggebore Seun nie gespaar nie,32sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sou gaan nie" .33 Daar word gesê dat wie waarlik in Hom glo, van die dood in die lewe oorgegaan het34In hierdie sin noem Hy Homself die brood van die lewe,35en wie dit eet, sal in ewigheid nie sterf nie. 36Ek herhaal: Hy was ons getuie dat almal deur die hemelse Vader as sy kinders beskou word deur wie Hy in die geloof aangeneem is. As ons iets meer verlang as om onder die kinders van God en sy erfgename gereken te word, moet ons bo Christus uitstyg. As dit ons hoogste doelwit is, hoe dwaas is ons dan nie om iets buite Hom te soek wat ons reeds in Hom verkry het en in Hom alleen gevind kan word nie? Aangesien hy hierbenewens die ewige wysheid van die Vader is, sy onveranderlike waarheid en vaste raad, moet ons nie vrees dat iets wat Hy ons in sy Woord vertel, in die minste van die wil van die Vader waarna ons soek, sou verskil nie. Ja, Hy openbaar eerder daardie wil getrou aan ons soos dit van die begin afwas en altyd sal wees.

In die praktyk behoort hierdie leer ook in ons gebede te geld. Want hoewel die geloof in ons uitverkiesing ons besiel om God aan te roep, sou dit nogtans voorbarig wees om, wanneer ons gebede bedink, die uitverkiesing aan God op te dring of onder hierdie voorwaarde 'n ooreenkoms met Hom te bereik: "0 Here, as ek uitverkies is, verhoor my dan". Dit is trouens sy wil dat ons met sy beloftes tevrede moet wees en nie van elders af moet vra of 37 Hy vir ons genaakbaar sal wees nie.
Hierdi-e wysheid salons van baie strikke vrywaar as ons weet hoe om dit wat reg geskrywe is, reg toe te pas. Laat ons egter nie iets wat binne perke gehou moes word, heen en weer rondsleep nie.

6. Hy wat die goeie werk in julle begin het, sal dit tot op die dag van Jesus Christus voleindig (Fil. 1:6)🔗

Om ons vertroue te bestendig kom hierby nog 'n ander vastheid van die uitverkiesing wat, soos ons gesê het, met ons roeping verbind word.
Daar word trouens gesê dat Christus diegene wat deur die kennis van sy Naam verlig is en wat Hy in die skoot van sy kerk opgeneern het, in sy trou en beskerming ontvang. Daar word egter ook gesê dat almal wat Hy ontvang het, deur die Vader aan Hom gegee en aan Hom toevertrou is om tot die ewige lewe bewaar te word. Wat wil ons nog hê? Christus roep hard uit dat die Vader almal wat Hy wil hê dat hulle salig moet wees, in sy bewaring oorgegee het. 38As ons dus wil weet of God Hom oor ons saligheid bekommer, moet ons vra of Hy ons aan Christus toevertrou het omdat Hy Hom as die enige Verlosser van almal wat aan Hom behoort, gestel het. As ons dan nog twyfel of ons deur Christus in sy trou en beskerming ontvang is, kom Hy ons twyfel tegemoet wanneer Hy Hom vanself as Herder aanbied en verklaar dat ons onder sy skape sal wees as ons sy stem hoor.39 Laat ons Christus dus omhels terwyl Hy uit goedertierenheid aan ons gegee is en ons tegemoet kom, en Hy salons onder sy kudde reken en ons in sy stal insluit.

Maar daar kom besorgdheid oor ons toekomstige toestand by ons Op,40want soos Paulus leer dat diegene geroep word wat tevore uitverkies is,41 so wys Christus daarop dat baie geroep is maar min uitverkies is.42Ja, Paulus self raai ons elders ook af om houtgerus te wees wanneer hy sê: "Wie goed vasstaan, moet oppas dat hy nie val nie" .43 Net sa: "Is jy ingeënt in God se volk? Moenie hoogmoedig wees nie maar vrees God; want God kan jou weer uitkap om ander in te ent" .44 Kortom: die ervaring self leer ons voldoende dat die roeping en die geloof van weinig waarde is as volharding nie daar bykom nie - en dit is iets wat nie almal te beurt val nie. Maar Christus het ons van die bekommernis daaroor gevrywaar, want die volgende beloftes sien beslis op die toekoms: "Alles wat die Vader My gegee het, sal na My toe kom, en elkeen wat na My toe kom, sal ek nie uitwerp nie" .45Net so: "Dit is die wil van my Vader wat My gestuur het, dat Ek van alles wat Hy My gegee het, niks verlore sallaat gaan nie maar dat Ek hulle op die laaste dag sal opwek".46Net so: "My skape luister na my stem en volg My. Ek ken hulle en gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in ewigheid nooit verlore gaan nie en niemand sal een van hulle uit my hand ruk nie. MyVader wat hulIe aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit my Vader se hand ruk nie" .47Wanneer Hy dan verklaar: "Elke boom wat my Vader nie geplant het nie, sal uitgeroei word" ,48 gee Hy teenoorgesteld te kenne dat diegene wat in God gewortel is, nooit van hulle saligheid losgeskeur kan word nie. Johannes se verklaring stem hiermee ooreen wanneer hy sê: "As hulle van ons was, sou hulle nie van ons weggegaan  het nie" .49.Hieruit ontstaan ook Paulus se grootse roem teen lewe en dood, teenwoordige en toekomende dinge50wat in die gawe van volharding gegrond behoort te wees. Ongetwyfeld rig hy hierdie uitspraak tot al die uitverkorenes. Elders verklaar dieselfde Paulus: "Hy wat die goeie werk in julle begin het, sal dit voleindig tot op die dag van Christus" .51So het Dawid ook toe sy geloof gewankel het,52in hierdie ondersteuning berusting gevind: "U sal die werk van u hande nie laat vaar nie" 53Daar kan inderdaad ook geen twyfel daaroor bestaan dat, wanneer Christus vir al die uitverkorenes bid, Hy vir hulle dieselfde as vir Petrus bid nie, naamlik dat hulle geloof hulle nooit mag versaak nie.54Hieruit lei ons af dat hulle buite gevaar van afvalligheid is omdat die Seun van God nie verwerp is wanneer Hy standvastigheid vir hulle godsvrug afbid nie. Wat wou Christus hê dat ons hier moet leer anders as dat ons voortdurend moet vertrou dat ons salig sal wees omdat ons eenmaal syne geword het?

7. As hulle werklik van ons was, sou hulle by ons gebly het🔗

"Maar dit gebeur elke dag dat mense wat skynbaar aan Christus behoort, weer van Hom afvallig word en ineenstort. Ja, juis daar waar Hy verklaar dat niemnd van die wat deur die Vader aan Hom gegee is, verlore gegaan het nie, sonder Hy nograns die seun van die verderf uit".55Dit is wel waar maar dit is ewe seker, sê ek, dat sulke mense nooit met so 'n vertroue van hulle hart aan Christus verknog was as waarmee die sekerheid van die uitverkiesing begrond word nie. Johannes sê: "Hulle het van ons weggegaan, maar hulle was nie van ons nie. Want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het" .56En ek ontken nie dat hulle soortgelyke tekens (van hulle uitverkiesing) as die uitverkorenes het nie maar ek staan glad nie aan hulle dieselfde begronding vir die uitverkiesing toe as wat ek gelowiges beveel om uit die evangeliewoord te put nie. Daarom moet sulke voorbeelde ons glad nie beïnvloed om nie kalm in die Here se belofte te berus wanneer Hy verklaar dat almal deur wie Hy in ware geloof ontvang word, deur die Vader aan Hom gegee is nie. En van hulle sal niemand verlore gaan nie omdat Hy hulle Bewaker en Herder is.57Ons sal weldra oor Judas praat.58Paulus raai Christene nie die eenvoudige gerusstelling af nie maar wel die vadsige en sorgelose onbesorgdheid van die vlees wat hooghartigheid, verwaandheid en minagting van ander saamsleep, ootmoed en eerbied vir God uitdoof en veroorsaak dat die genade wat hulle ontvang het, vergete is. Want Paulus praat met heidene en hy leer hulle dat hulle die Jode nie hooghartig en onmenslik moet vertrap omdat die Jade verstoot en hulle in hulle plek gestel is nie.59 Hy vereis ook vrees - maar dan nie vrees waardeur hulle platgeslaan is en wankel nie, maar die vrees wat ons leer om ootmoedig na God se genade op te sien en, soos reeds elders gesê is,60geen vermindering in die vertroue op Hom teweegbring nie.
Bowendien praat hy nie met enkelinge nie maar oor die algemeen met die sektes self. Aangesien die kerk trouens in twee verdeel is en afguns tweedrag veroorsaak het, vermaan Paulus die heidene dat hulle rede tot vrees en beskeidenheid behoort te hê omdat hulle in die plek van 'n besondere en heilige volk gestel is. En tog was daar onder hulle baie windsakke, en dit was nodig om hulle leë grootdoenerigheid in bedwang te hou. Verder het ons elders gesien61dat ons hoop die toekoms in strek en selfs verby die dood en dat niks meer met die aard  van hierdie hoop strydig is as om te twyfel oor wat die toekoms vir ons inhou nie.

8.62Die algemene en die besondere roeping🔗

Christus se verklaring dat baie geroep, maar min uitverkies is, word so heeltemal verkeerd opgeneem. Daar sal geen dubbelsinnigheid wees as ons dit wat uit die voorgaande duidelik behoort te wees, onthou nie, naamlik dat daar 'n tweevoudige. soort roeping is. Want daar is 'n algemene roeping, waarmee God almal gelyk deur die uiterlike verkondiging van die Woord na Hom toe nooi - ook diegene aan wie Hy die roeping as 'n reuk van die dood en 'n rede tot 'n swaarder verdoeming voorhou.

Die tweede is die besondere roeping wat Hy meesal slegs die gelowiges waardig ag wanneer Hy dit deur die innerlike verligting van sy Gees so bewerkstellig dat Hy die verkondigde Woord in hulle harte vestig. Hy maak soms nogtans ook diegene deelgenote daarin wat Hy slegs tydelik verlig. Daarna verlaat Hy hulle vanweë hulle ondankbaarheid en slaan hulle met groter blindheid. Aangesien die Here gesien het dat die evangelie wyd en syd versprei word, dat dit deur die meeste mense verag word en dat weinig mense dit grondig waardeer, beskryf Hy God vir ons in die persoon van 'n koning wat 'n plegtige eetmaal reël, sy heroute oral heen stuur om 'n groot skare daarheen uit te nooi. Hy kan dit egter net van 'n klein handjievol verkry omdat elkeen vir hom struikelblokke as verskoning aanvoer. Omdat hulle sy uitnodiging van die hand wys, is die gevolg dat hy uiteindelik gedwing word om enigeen van die pad af uit te nooi.63

Almal kan sien dat die gelykenis tot dusver in verband met die uitwendige roeping begryp moet word. Daarna voeg Hy by dat God soos 'n goeie gasheer optree wat by die tafels rondgaan om sy gaste vriendelik te ontvang. Maar as Hy iemand vind wat nie bruilofsklere aan het nie, sal Hy dit glad nie duld dat hy die feestelikheid van sy eetmaal deur sy vuilheid sou onteer nie.64 Ek erken dat hierdie deel verstaan moet word van mense wat met geloofsbelydenis die kerk binnekom maar hoegenaamd nie met Christus se heiligmaking beklee is nie. Sulke onterings en as 't ware kanker van sy kerk sal God nie vir altyd duld nie maar hulIe uit die kerk uitgooi soos hulle skandelike optrede verdien. Weinig van die wat geroep is, is dus uitverkies65maar nogtans nie met so 'n roeping waaruit ons sê dat gelowiges hulle uitverkiesing moet bepaal nie. Hulle deel eersgenoemde immers ook met goddelose mense, maar laasgenoemde bring die Gees van wedergeboorte66mee, wat die pand en seël van die toekomstige erfdeel is waarmee ons harte op die dag van die Here beseël word.67

Kortom: aangesien veinsers hulle net soos ware dienaars van God op hulle godsvrug beroem, verklaar Christus dat hulle uiteindelik afgegooi sal word van die plek wat hulle verkeerd beset.68 So word in die psalm gesê: "Here, wie sal woon in u tent?69"Hy wat rein hande en 'n suiwer hart het".70 Elders net so: "Dit is die geslag van die wat God soek, van die wat die aangesig van die God van Jakob soek". 71En so spoor die Gees die gelowiges ook tot verdraagsaamheid aan om nie vererg te wees dat ook Ismaeliete saam met hulle in die kerk meng nie, omdat hulle masker uiteindelik afgetrek en hulle met oneer uit die kerk gewerp sal word.

9. Judas se optrede in perspektief gestel🔗

Dieselfde rede geld ook die beswaar wat so pas ge opper is,72waar Christus sê dat niemand verlore gegaan het nie behalwe die seun van die verderf.73Dit is inderdaad 'n oneintlike spreekwyse maar glad nie duister nie want hy is nie onder Christus se skape gereken omdat hy waarlik een was nie maar omdat hy die plek van een beklee het. Dat die Here elders verklaar dat hy (Judas) saam met die apostels deur Hom uitgekies is, het slegs op die ampsbediening betrekking. Hy sê: "Ek het twaalf uitgekies en een van hulle is 'n duiwel".74Hy het hom naamlik met die oog op die apostelamp gekies. Wanneer Hy egter oor die uitverkiesing tot saligheid praat, weer Hy hom ver van die getal van die uitverkorenes af: "Ek praat nie van (julle) almal nie: Ek weet wie Ek  uitverkies het".75 As iemand die woord uitverkiesing in albei gevalle verwar, sal hy hom jammerlik verstrik. As hy dit egter onderskei, sal niks duideliker wees nie. Wanneer Gregorius dus leer dat ons slegs van ons roeping kennis dra maar dat ons oor ons uitverkiesing onseker is, is sy leer uiters sleg en verderflik. Daarom spoor hy almal aan om te vrees en te bewe, en hyvoer die volgende rede daarvoor aan: dat al sou ons weet hoedanig ons vandag is, ons nogtans nie weet hoedanig ons sal wees nie.76Hy gee hier inderdaad genoegsaame aanduiding hoe hy hom op hierdie rots te pletter geloop het. Omdat hy die uitverkiesing trouens  van die verdienste van die werke afhanklik gemaak het,77het hy meer as genoeg rede voorsien om mense se gemoedere verslae78 te maak. Hy kon hulle nie versterk nie, omdat hy hulle nie van hulleself na die vertroue in God se goedertierenheid kon oordra nie.

Hier het gelowiges nou 'n voorsmakie van dit wat ons in die begin geponeer het, naamlik dat die predestinasie, as dit behoorlik betrag word, nie veroorsaak dat die geloof aan die wankel gaan nie maar dit eerder ten beste versterk. En tag ontken ek nie dat die Gees sy waarde soms by die geringe maat van ons verstand aanpas nie, soos wanneer Hy byvoorbeeld sê: "Hulle sal nie in die geheimenis van my volk wees nie en hulle sal nie in die boek van my diensknegte opgeskryf wees nie" .79

Net asof God begin om diegene wat Hyonder die getalle van die reken wat aan Hom behoort, in die boek van die lewe op te skryf, terwyl ons weet dat, soos Christus getuig,80die name van die kinders van God van die begin af in die boek van die lewe opgeskryf is.81Maar met hierdie waarde word eenvoudig die verwerping van diegene aangedui wat skynbaar die belangrikste onder die uitverkorenes is. SAword daar in die psalm gesê: "Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskryf word nie" .82

10. Die leerstelling van die sogenaamde 'saad van die uitverkiesing' word deur die Skrif weerspreek🔗

Want die uitverkorenes word inderdaad nie dadelik van die moederskoot af en ook nie almal op dieselfde tyd nie maar na gelang God dit goedvind om sy genade aan hulle uit te deel, deur die roeping in Christus se kraal byeengebring. Voordat hulle trouens bydie hoogste Herder versamei word, dwaal hulle verspreid in die algemene woestyn rond en hulle verskil niks van ander nie behalwe dat hulle deur God se besondere barmhartigheid beskerm word sodat hulle nie in die laaste afgrond van die dood instorm niet As jy hulle dus sou betrag. sal jyAdam se nageslag sien wat na die algemene bedorwenheid van die massa ruik.

Dat hulle nie tot die uiterste en selfs wanhopige goddeloosheid gevoer word nie, gebeur nie vanweë die een of ander goedheid wat in hulle ingebore is nie maar omdat God se oog oor hulle saligheid waak en sy hand oor hulle uitgestrek is.

Want mense wat droom dat daar van hulle geboorte af die een of ander saad van die uitverkiesing inhulle harte ingeplant is deur die krag waarvan hulle altyd tot godsvrug en godvresendheid geneig is,83 word nie deur Skrifgesag enderskraag nie en deur die ervaring self weerlê.
Hulle voer wel enkele voorbeelde aan om te bewys dat die uitverkorenes ook voor hulle verligting nie vreemdelinge in die godsdiens was nie, dat Paulus onberispelik geleef het toe hy 'n Fariseër was.84Dat Kornelius deur sy aalmoese en gebede God behaag het,85en dergelike  voorbeelde. Oor Paulus gee ons hulle dit toe. Sover dit Kornelius aangaan, sê ons dat hulle aan sinsbedrog ly. Dit is trouens duidelik dat hy toe reeds verlig en wedergebore was sodat niks hom ontbreek het behalwe 'n duidelike openbaring van die evangelie nie.Maar wat sal hulle nou eintlik met daardie paar voorbeeldjies van ons afpers? Dat die uitverkorenes almal altyd die Gees van godsvrug gehad het?86 Nie meer as wanneer iemand Aristides, Socrates, Xenocrates, Scipio, Curius, Camillus87en ander se opregtheid sou bewys en daaruit tot die gevolgtrekking kom dat almal wat in die blindheid van afgodery verlaat word, hulle vir heiligheid en opregtheid beywer het nie. Ja, selfs die Skrif weerspreek hulle op meer as een plek. Die toestand van die Efesiërs voor hulle wedergeboorte soos dit deur Paulus beskryfword, toon nie 'n korreltjie van hierdie saad nie. Hy sê: "julle was dood as gevolg van die oortredings en sondes waarin julle volgens die loop van hierdie wêreld gewandel het, volgens die owerste van die lug, wat nou in die weerstrewige kinders werk; onder wie ons almal ook eenmaal verkeer het in die begeertes van ons vlees toe ons die wil van die vlees en die verstand gedoen het. En ons was van nature kinders van die toorn net soos die ander" .88Net so: "Onthou dat julle eenmaal sonder hoop was en sonder God in die wêreld" .89Net so: "Vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here: wandel dan soos kinders van die lig" .90Maar miskien bedoel hulle dat daardie woorde op die onkunde oor die ware God toegepas moet word waardeur hulle nie ontken dat (die uitverkorenes) gebind word voordat hulle uitverkies is nie. Dit sou nogtans skaamtelose laster wees, aangesien hy daaruit die afleiding maak dat hulle nie meer hoef te lieg of te steel nie.91Wat sal immers hulle antwoord op die ander aanhalings wees? Byvoorbeeld die een aan die Korintiërs, waar hy, dadelik nadat hy aangekondig het dat nog hoereerders, nog afgodedienaars, nog egbrekers, nog verwyfdes, nog homoseksuele, nog diewe, nog gieriges erfgename van die koninkryk van die hemel sal wees, byvoeg dat hulle in dieselfde vergrype verstrengel was voordat hulle Christus geken het, maar dat hulle nou deur sy bloed gewas en deur die Gees vrygemaak is.92 Net so is daar ook 'n ander uitspraak in die brief aan die Romeine: "Soos julle julle ledemate diensbaar gestel het aan die onreinheid en aan ongeregtigheid om onreg te pleeg, stel dit dan nou in diens van geregtigheid. Want watter vrug het julle daarvan gehad waarvoor julle julle nou met reg skaam?" ensovoorts.93

11. Uitverkiesing ontstaan nie uit 'saad' nie maar uit God se milddadigbeid🔗

Nou vra ek jou: Watter soort saad van die uitverkiesing het in diegene ontkiem wat hulle hele lewe op verskeie wyses besoedel is en as 't ware in slegtheid vervalle en sonder hoop is, en hulle met die onuitspreeklikste en verfoeilikste van alle oortredings besig gehou het? As hy na hulle smaak sou wou praat, moes hy aantoon hoeveel hulle aan God se weldadigheid verskuldig was waardeur hulle daarvan bewaar is om in sulke groot morsigheid te verval. So moes Petrus ook sy volgelinge tot dankbaarheid aanspoor vanweë die voortgesette saad van die uitverkiesing. Aan die ander kant vermaan hy hulle egter dat die verlede voldoende was om die luste van die heidene te voltooi.94Wat daarvan as dit by voorbeelde kom? Hoedanig was die saad van geregtigheid in Ragab, die hoer, voordat sy geglo het?95Wat was daar in Manasse toe Jerusalem met die bloed van die profete geverf is en byna daarin weggesink het?96Wat was daar in die moordenaar wat in sy laaste asemteue uiteindelik aan bekering gedink het?97Weg dus met hierdie redenasies wat nuuskierige mensies onbesonne sonder die Skrif vir hulleself uitdink. Maar laat dit wat die Skrif inhou, ons bybly: "Almal saam het soos verlore skape weggedwaal, en elkeen het op sy eie pad afgedraai" ,98dit beteken na die verderf. Die Here stel diegene wat Hy eenmaal besluit het om uit hierdie kolk van die verderf uit te ruk, tot die tyd wat vir Hom geleë is, uit. Hy bewaar hulle slegs daarvoor dat hulle in onvergeeflike laster verval.

12. God se geregtigheid teenoor verworpenes🔗

Soos God die saligheid waartoe Hy die uitverkorenes volgens sy ewige raadsplan bestem het, deur die werking van sy roeping jeens hulle volbring, so het Hy ook sy oordele jeens die verworpenes waarmee Hy sy raadsplan oor hulle voltrek. Diegene wat Hy dus vir minagting in hulle lewe en verderf in die dood geskep het om instrumente van sy toorn en voorbeelde van sy strengheid te wees, ontneem Hy nou die verrnoë om sy Woord te hoor, en dan weer verblind en verdwaas Hy hulle nog meer deur sy prediking om hulle sy doel te laat bereik.

Hoewel daar ontelbare voorbeelde van die eerste deel (van hierdie stelling) is, laat ons nogtans een kies wat duideliker en merkwaardiger as (al) die ander is. Daar het ongeveer vierduisend jaar voor Christus se koms verloop waarin Hy die lig van sy saligmakende leer vir alle volke verberg het. As iemand sou antwoord dat Hy hulle nie deelgenote in so 'n groot weldaad gemaak het nie omdat Hy hulle nie waardig geag het nie, was hulle nageslag niks waardiger nie. Behalwe die ervaring is Maleagi daarvan 'n toereikende getuie. Wanneer Hy hulle ongeloof wat met growwe godslastering vermeng was, bestraf, verkondig hy nogtans dat die Verlosser sal kom.99 Waarom word dit dan aan die nageslag eerder as aan die voorgeslag gegee? Iemand wat hier 'n hoër rede as God se verborge en onnaspeurlike raadsplan soek, sou hom net tevergeefs folter. Ons hoef ook nie te vrees dat die een of ander leerling van 'n Porphyrius 100 straffeloos aan God se geregtigheid sou knaag nie,101selfs al sou ons geen antwoord daarop gee nie. Wanneer ons immers aanvoer dat niemend te gronde gaan sonder dat hy dit verdien nie, en dat dit aan God se genadige weldadigheid te danke is dat sommige verlos word, is meer as genoeg gesê om sy heerlikheid toe te lig sonder dat ons enige ontvlugting nodig het. Die hoogste Regter baan dus 'n pad vir die predestinasie wanneer Hy diegene wat Hy eenmaal verwerp het, deelname aan sy lig ontneem en hulle in blindheid laat.

Daar bestaan enersyds daagliks bewyse van die tweede deel (van die stelling hierbo), en andersyds is daar ook baie in die Skrifte opgesluit.
Gestel 'n preek word voor honderd mense gelewer; twintig neem dit met bereidwillige geloofsgehoorsaamheid aan; die ander beskou dit van geen waarde nie of hulle lag daaroor of hulle verwerp of verfoei dit. As iemand sou antwoord dat die uiteenlopende optrede uit hulle boosheid en bedorwenheid spruit, sal dit nog niemand bevredig nie, want die ander se verstand sou deur dieselfde boosheid beset gewees het as God hulle nie uit sy goedheid reggestel het nie. Daarom salons altyd verstrik word tensy Paulus se verklaring ons te hulp kom: "Wie onderskei jou?"102Daarmee dui hy aan dat sommiges bo ander uitmunt - nie op grond van eie krag nie maar deur die genade van God alleen.

13. "Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie"🔗

Waarom skenk Hy dan aan sommiges genade maar gaan ander verby? Vir eersgenoemdes gee Lukas die volgende rede: "Omdat hulle vir die lewe verordineer is" .103Wat salons gevoel dan oor die ander wees anders as dat hulle voorwerpe van sy toorn tot oneer is?104Laat ons ons dus nie skaam om saam met Augustinus te sê: "God kon die wil van diegoddeloses ten goede verander omdat Hy almagtig is. Natuurlik kon Hy.
Maar waarom doen Hy dit nie? Omdat Hy nie wou nie. Maar waarom hy nie wou nie, is sy saak".105 Ons behoort trouens nie wyser te wees as wat ons moet wees nie. Dit is in elk geval baie beter as om saam met Chrysostomos die ontvlugting hiervan te soek dat Hy iemand wat gewillig is en sy hand na Hom uitstrek, na Hom toe trek,106 sodat die indruk gewek word dat die onderskeid nie op God se oordeel nie maar op die mens se goeddunke alleen gegrond is. Dit is inderdaad nie in die mens se eie beweegrede geleë om tot God te nader nie, in so 'n mate dat ook godvrugtiges en godvresende mense nog die besondere aansporing van die Gees nodig het. Lidia, die purperverkoopster, het God gevrees, en haar hart moes nogtans oopgemaak word om op Paulus se onderwysing ag te slaan en daarin te vorder.107 Dit is nie maar net van een vrou gesê nie maar dat ons kan weet dat elkeen se vordering in godsvrug die verborge werking van die Gees is.

Dit kan inderdaad nie bevraagteken word dat die Here sy Woord aan baie stuur omdat Hy hulle blindheid nog swaarder wil maak nie. Want  waarom beveel Hy dat soveel bevele aan Farao oorgedra word? Is dit omdat Hy gehoop het dat Farao deur die baie dikwels herhaalde boodskappe versag sou word? Nee, voordat Hy begin het, het Hy geweet en vooraf gesê wat gaan gebeur. Hy het vir Moses gesê: "Gaan, verduidelik my wil aan hom; maar Ek sal sy hart verhard sodat hy My nie sal gehoorsaam nie" .108 So ook wanneer Hy Esegiël opwek, vermaan Hy hom vooraf dat Hy hom na 'n opstandige en hardnekkige volk toe stuur sodat hy nie verskrik sou word as hy sien dat hy vir dowes profiteer nie.''109 So sê Hy ook aanjeremia voor dat sy onderwysing'n vuur sal wees om die volk soos stoppels te vernietig en te verstrooi.110 Die profesie van Jesaja dring selfs nog meer daarop aan, want hy word so deur die Here weggestuur: "Gaan, en sê vir die kinders van Israel: 'Hoor deur te hoor, maar julle sal nie verstaan nie; sien deur te kyk, maar julle sal nie bemerk nie. Maak die hart van hierdie volk weerstrewig en hulle ore swaar en bestryk hulle oë sodat hulle nie miskien met hulle oë sien, met hulle ore hoor en met hulle hart verstaan en hulle bekeer en gesond word nie'" .111
Kyk, Hy rig sy stem tot hulle, maar net dat hulle nog dower kan word; Hy steek 'n lig aan, maar net dat hulle nog blinder gemaak kan word; Hy gee hulle die onderwysing, maar net sodat hulle nog stompsinniger kan word; Hy bied 'n geneesmiddel aan, maar net dat hulle nie gesond mag word nie. Johannes haal hierdie profesie aan en verklaar dat die Jode nie in staat was om Christus se leer te glo nie112 omdat hierdie vloek van God op hulle gerus het.

En dit kan ook nie weerlê word dat God sy leer aan diegene wat Hy nie verlig wil hê nie, in raaisels gewikkel oordra nie, sodat hulle geen voordeel daaruit behaal anders as om in groter stompsinnigheid ingedryf te word nie. Christus getuig trouens dat die rede waarom Hy vir die apostels alleen die gelykenisse uitgelê het waarin Hy met die skare gepraat het, was omdat dit vir hulle gegun is om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken maar nie vir die skare nie.113Nou sal jy vra: "Wat bedoel die Here deur mense te onderwys terwyll-Iy daarvoor sorg dra dat dit nie deur hulle verstaan moet word nie?" Dink na waar die fout lê en hou op om vrae te stel. Want al sou daar in die Woord watter onduidelikheid wees, is daarin nogtans altyd genoeg lig om die gewete van goddelose mense te oortuig.

14. Die rede waarom die Here mense se harte verhard🔗

Daar bly nou oor dat ons moet sien waarom die Here doen wat Hy wel duidelik doen. As die antwoord hierop sou wees dat dit so gebeur omdat die mense dit as gevolg van hulle goddeloosheid, boosheid en ondankbaarheid verdien het,114dan is dit wel goed en waar gesê. Omdat die rede vir so 'n verskil egter nog nie duidelik is nie - dit is waarom sommige in hulle hardkoppigheid volhard terwyl ander hulle in gehoorsaamheid buig -, moet ons noodgedwonge tot daardie verklaring wat Paulus uit Moses se beskrywing115aangeteken het, oorgaan, naamlik dat die Here hulle van die begin af verwek het om sy Naam oor die hele aarde te toon.116Dat die verworpenes dus God se Woord nie gehoorsaam ten spyte daarvan dat dit aan hulle geopenbaar is nie, sal met reg op hulIe boosheid en bedorwenheid van hart gewerp word, mits tegelyk bygevoeg word dat die rede waarom hulle aan hierdie bedorwenheid oorgegee is, dit is dat hulle volgens God se regverdige maar ondeurgrondelike oordeel verwek is om deur hulle verdoeming sy heerlikheid te openbaar.117 Wanneer net so van die seuns van Eli vertel word dat hulle nie na sy heilsame vermanings geluister het nie omdat dit die Here se wil was om hulle om die lewe te bring.118 word nie ontken dat hulle hardkoppigheid juis uit hulle goddeloosheid gespruit het nie. Tegelyk word inderdaad ook aangedui waarom hulle in hulle hardkoppigheid gelaat is hoewel die Here hulle harte kon versag. Die rede daarvoor is dat sy onveranderlike besluit hulle eenmaal vir die verderf bestem het.

Johannes se verklaring het dieselfde strekking: "Hoewel Hy soveel wonders gedoen het, het niemand in Hom geglo nie, sodat die woorde vanjesaja vervul sou word: 'Here, wie het ons gehoor en geglo?"'119Want hoewel hy hardnekkiges nie van skuld vrywaar nie, is hy nogtans tevrede met hierdie rede, naamlik dat God se genade vir mense smaakloos is  totdat die Heilige Gees daaraan smaak gee. Ook wanneer Christus Jesaja se profesie aanhaal: "Hulle sal almal deur God geleer wees" ,120het dit nie 'n ander strekking as dat die Jode verworpenes en vreemdelinge in die kerk is nie omdat hulle onleerbaar is. Hyvoer daarvoor ook nie 'n ander rede aan as dat die belofte van God nie op hulle van toepassing is nie. Paulus bevestig dit ook wanneer hy sê dat Christus, wat vir die Jode 'n struikelblok en vir die heidene dwaasheid is, vir die wat geroep is, God se krag en wysheid is.121Want wanneer hy gesê het wat oor die algemeen gebeur wanneer die evangelie verkondig word, naamlik dat sommiges hulle daaroor erger en dat dit deur ander versmaai word, sê hy dat dit slegs onder die wat geroep is, waarde het. 'n Rukkie tevore het hy hulle wel gelowiges genoem,122 maar hy wil nie aan die genade van God wat aan die geloof voorafgaan, sy plek ontsê nie. Ja, hy voeg eerder die tweede deel as 'n verbetering by, naamlik dat diegene wat die evangelie omhels het, die lof vit hulle geloof aan die roeping van God moet toeskryf. So leer hy ook 'n rukkie later dat hulle deur God uitverkies is.123
Wanneer goddelose mense dit hoor, kla hulle dat God sy arme skepsels met ongeordende mag as 'n spel vir sywreedheid mlsbruik.124Maar ons wat weet dat alle mense op soveel klagtes voor God se regbank skuldig is dat as hulle oor duisend dinge ondervra word, hulle nie eens in een voldoening kan gee nie, bely dat die verworpenes niks ly wat nie met God se uiters regverdige oordeel ooreenstem nie. Hoewel ons die rede hiervoor nie duidelik begryp nie, moet ons nie weier125 om iets nie te weet waar God se wysheid hom die hoogte in verhef nie.

15. 'n Uitleg van Skrifverwysings wat skynbaar met hierdie leer in stryd is🔗

Maar omdat 'n paar Skrifaanhalings gewoonlik voorgehou word waarin God skynbaar ontken dat dit deur sy verordening gebeur dat die onregverdiges te gronde gaan, behalwe in soverre hulle hulle vrywillig die dood op die hals haal hoewel Hy Hom daarteen verset, moet ons daardie Skrifverwysings kortliks verduidelik en aantoon dat hulle nie met die voorgaande opvatting in stryd is nie.

Uit Esegiël word aangehaal dat God nie die dood van die sondaar wil hê nie maar eerder dat hy hom moet bekeer en leef.126"As ons dit na die hele mensdom mag uitbrei, waarom spoor Hy dan nie baie meer mense aan om hulle te bekeer terwyl hulle gemoedere baie buigsamer is om Hom te gehoorsaam as dié van hulle wat hulle al meer en meer teen sy daaglikse uitnodigings verhard nie? Volgens die getuienis van Christus sou die verkondiging en wonderwerke van die evangelie meer vrug onder die Nineviete en die Sodomiete as in judea gedra het.127Hoe gebeur dit dan dat, as dit God se wil is dat almal gered moet word, Hy nie die deur tot boetvaardigheid vir arme mense wat meer bereid is om sy genade te ontvang, oopmaak nie?"

Hier bemerk ons dat die aanhaling met geweld verdraai word as God se wil waaraan die profeet ons herinner, teenoor sy ewige raad gestel word waarvolgens Hy die uitverkorenes van die verworpenes geskei het.128 As ons nou na die opregte bedoeling van die profeet vra: hy wil slegs aan diegene wat hulle bekeer hoop op vergiffenis skep. Dit kom samevattend hierop neer: ons moet nie twyfel dat God bereid is om vergiffenis te skenk sodra 'n sondaar hom bekeer het nie. Hy wil dus eerder sy berou as sy dood hê. Die ervaring leer egter dat Hy diegene wat Hy na Hom toe nooi, so tot inkeer wil laat kom dat Hy nie almal se harte raak nie. En tog moet ons nie daarom sê dat Hy bedrieglik handel nie want hoewel die uiterlike woord slegs diegene onverskoonbaar maak wat sy stem hoor en dit nie gehoorsaam nie, word dit nogtans waarlik as getuienis van God se genade beskou waardeur Hy mense met Hom versoen. Laat ons derhalwe die profeet se raad in gedagte hou, naamlik dat die dood van 'n sondaar God nie behaag nie sodat godvrugtiges kan vertrou dat sodra hulle deur boetvaardigheid geraak is, God bereid is om hulle te vergewe, maar dat goddèlose mense ook kan voel dat hulle oortreding dubbel word omdat hulle nie op so 'n groot sagmoedigheid en bereidwilligheid van God antwoord nie. God se barmhartigheid sal berou dus altyd tegemoet gaan maar sowel al die profete as die apostels en ook Esegiël self leer duidelik aan wie boetvaardigheid gegee word.129Ten tweede word 'n aanhaling uit Paulus aangevoer, naamlik waar hy leer dat dit God se wil is dat almal salig moet word.130 Hoewel die rede hiervoor van die voorgaande verskil, het dit tog iets daarmee gemeen.
Myantwoord daarop is dit: ten eerste word dit uit die samehang duidelik hoe Hywil. Paulus verbind hierdie twee, naamlik dat Hywil dat hulle salig word en dat hulle tot kennis van die waarheid kom. As hulle bedoel dat dit deur God se ewige raadsplan vasgestel is dat hulle die leer van saligheid moet ontvang, wat beteken Moses se verklaring dan wanneer hy sê: "Watter nasie is so voortreflik dat God hulle nader soos Hy jou nader?"131Hoe het dit gebeur dat God baie volke die lig van die evangelie ontneem het terwyl ander nasies dit geniet het? Hoe het dit gebeur dat suiwere kennis van die leer van godsvrug nooit by sekere mense uitgekom het nie en dat ander skaars aan sekere vae grondbeginsels daarvan geproe het? Hieruit is dit nou voor die hand liggend om af te lei waarop Paulus mik. Hy het aan Timoteus voorgeskryf dat hy in die kerk plegtige gebede vir konings en vorste moet doen. Aangesien dit egter ietwat ongerymd sou lyk dat gebede voor God uitgestort word vir mense vir wie daar amper geen hoop meer bestaan nie - want hulle was nie alleen almal vreemd aan die liggaam van Christus nie,132maar hulle het hulle ook met al hulle kragte ingespan om sy koninkryk te onderdruk -, het hy bygevoeg alle mense salig moet word.133Daarmee dui hy hoegenaamd niks anders aan as dat Hy vir geen groep mense die weg tot hulle saligheid gesluit het nie. Ja, hy gee eerder te kenne dat Hy sy barmhartigheid so uitgestort het dat Hy wil dat niemand daarsonder sal wees nie.

Ander uitsprake verklaar nie wat die Here in sy verborge raadsplan oor alle mense besluit het nie, maar verkondig dat vergiffenis vir alle sondaars gereed is mits hulle hulle maar bekeer om daarna te soek. Want as hulle halsstarriger daarop aandring dat daar gesê word dat Hy Hom oor almal wil ontferm, sal ek daarteen opper wat elders geskryf is, naamlik dat ons God in die hemel is waar Hy doen wat Hy wil. 134Hierdie woorde moet dus so vertolk word dat dit met 'n tweede uitspraak ooreenstem, naamlik: "Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My sal ontferm" .135 Hy wat diegene uitkies aan wie Hy barmhartigheid moet betoon, stel dit nie tot beskikking van almal nie. Maar wanneer dit duidelik blyk dat dit daar nie oor mense afsonderlik handel nie maar oor groepe mense, moet ons 'n baie lang bespreking daarvan laat vaar. Tegelyk moet ons egter daarop let dat Paulus nie verklaar wat God altyd en oral en in alle mense doen nie, maar dat hy dit vir Hom vrylaat om uiteindelik konings en vorste deelgenote in die hemelse leer te maak al sou hulle ook vanweë hulle blindheid daarteen tier.

Dit lyk vir hulle asof hulle baie kwaaier druk op ons uitoefen deur ons 'n aanhaling uit Petrus teen te werp, naamlik dat God wil dat niemand verlore moet gaan nie maar dat Hy almal tot berou wil ontvang.136 Maar daarvan voor, want onder die wil om tot boetvaardigheid te ontvang kan nie iets anders verstaan word as wat oral in die Skrif geleer word nie. Bekering is in elk geval in God se hand. Vra Hom dan of Hy almal wil bekeer wanneer Hy beloof dat Hy aan sekeres 'n hart van vleis sal gee en vir ander 'n hart van klip sal laat.137 Dit is wel waar dat, as Hy nie bereid sou wees om diegene te ontvang wat Hom om sy barmhartigheid aanroep nie, daardie hele uitspraak ineenstort: "Keer terug na Myen Ek sal na julle terugkeer" .138 Ek sê egter dat geen sterflike mens tot God nader nie tensy hyvan Godsweë voorgegaan word nie. Maar as boetvaardigheid in die mens se goeddunke was, sou Paulus nie gesê het: "As Hy miskien aan hulle berou sou gee" nie.139 Ja, as dieselfde God wat almal deur sy Woord tot berou aanspoor, die uitverkorenes nie deur die verborge prikkel van die Gees daartoe sou bring nie, sou Jeremia nie gesê het nie:  "Bekeer my, Here, en ek sal bekeer word, want toe U my bekeer het, het ek berou gehad".140

16.141 'n Weerlegging van verdere besware teen hierdie leer🔗

"Maar," sal jy sê, "as dit so is, salons weinig vertroue in die beloftes van die evangelie kan stel wat, wanneer hulle oor God se wil getuig, verklaar dat Hy iets wil wat met sy onskendbare besluit in stryd is."142 Hoegenaamd nie! Want al sou die beloftes van saligheid algemeen wees, verskil hulle nogtans in niks van die predestinasie van die verworpenes nie mits ons ons aandag op hulle uitwerking vestig. Ons weet dat die beloftes eers vir ons kragdadig is wanneer ons dit deur die geloof aanneem.
Wanneer die geloof daarenteen verydel is, is die belofte tegelyk tot niet.
As dit dan die aard van die beloftes self is, laat ons dan sien of daar 'n verskil tussen hierdie (twee) is, naamlik dat gesê word dat 'God van ewigheid af verordineer het wie Hy in liefde wil omhels en teen wie Hy sy toorn wil oefen en (ten tweede) dat Hy sonder onderskeid saligheid vir almal verkondig.143. Ek së dat hulle inderdaad uiters goed ooreenstem, want deur sy belofte so te gee, wil Hy niks anders as dat sy barmhartigheid tot almal se beskikking moet wees nie mits hulle dit maar begeer en Hom daarom vra. Dit doen slegs diegene wat Hy verlig het. Verder verlig Hy diegene wat Hy vir die saligheid bestem het. Ek herhaal: hulle het die besliste en onwrikbare waarheid van die beloftes sodat nie beweer kan word dat daar enige teenstrydigheid is tussen die ewige uitverkiesing van God en die getuienis van sy genade wat Hy die gelowiges aanbied nie.

"Maar waarom noem Hy almal?" Naamlik dat die gewetens van godvrugtiges veiliger kan rus wanneer hulle besef dat daar geen verskil tussen sondaars is nie mits die geloof maar daar aanwesig is. Verder ook dat goddelose mense hulle nie daarmee kan verontskuldig dat hulle nie 'n toevlugsoord het waarheen hulle hulle van die slawerny van die sonde kan wend nie, terwyl hulle uit ondankbaarheid die toevlugsoord wat hulle aangebied is, verwerp.

Aangesien die barmhartigheid van God derhalwe deur die evangelie aan albei hierdie groepe aangebied word, is dit die geloof, dit is die verligting van God, wat tussen godvrugtiges en goddelose mense onderskeid maak sodat eersgenoemdes die kragdadige werking van die evangelie ervaar maar laasgenoemdes geen vrug daaruit pluk nie. juis die verligting self het God se ewige uitverkiesing as reël.

Christus se klag wat hulle aanhaal, help hulle niks nie: "Jerusalem, Jerusalem, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, maar jywou nie" .144Ek erken dat Christus nie soseer as mens praat nie maar dat Hy die mense verwyt dat hulle oor al die eeue heen sy genade geweier het. Maar ons moet God se wil waarom dit hier gaan, omskryf. Dit is trouens nie duister hoe nougeset God Hom daarop toegelê het om daardie volk te behou en met hoe 'n groot hardnekkigheid hulle van begin tot einde aan hulle wyd uiteenlopende begeertes uitgelewer was en sy versameling (van die uitverkorenes) verwerp het nie. Daaruit volg egter nie dat God se raadsplan vanweë die kwaad van mense tot niet gemaak is nie.
Hierteen teken hulle die beswaar aan dat niks minder by God se aard pas as dat 'n tweevoudige wil in Hom is nie. 145Dit gee ek hulle toe mits hulle vaardige vertolkers daarvan is. Maar waarom oorweeg hulle nie soveel getuienisse waar God menslike emosies aanneem en benede sy majesteit neerdaal nie?146 Hy sê dat Hy die opstandige volk met uitgestrekte arms geroep het en dat Hy vroeg en laat gesorg het dat hulle na Hom moet terugkeer.147 As hulle dit alles op God wil toepas en die beeldspraak wil verontagsaam, sal baie oorbodige struwelinge opduik. Hierdie een enkele oplossing kan dit egter beëindig, naamlik dat iets mensliks op God oorgedra word.148Hoewel die oplossing wat ons elders aangevoer het,149meer as voldoende is, naamlik dat, hoewel God se wil vir sover dit ons sintuie aangaan, meervoudig is, Hy nograns nie nou die een ding en dan weer 'n ander wil nie maar ons sintuie na sy verskeie menigvuldige wysheid, soos Paulus dit noem,150 te verdwaas totdat dit ons gegun word om te wete te kom dat Hy iets wonderbaarliks wil wat nou skynbaar strydig met sy wil is.

Hulle speel selfs met die spitsvondige redenasie dat, aangesien God almal se Vader is, dit onregverdig is dat Hy enigeen van die hand sou wys behalwe een wat deur sy eie skuld vooraf hierdie straf verdien het. Net asof God se milddadigheid nie ook tot varke en honde strek nie. Maar as dit om die mensdom gaan, moet hulle antwoord waarom God Hom aan een volk verbind het om hulle Vader te wees 151 en waarom Hy 'n geringe aantal soos 'n blom daaruit gepluk het. Maar hulle lus om kwaad te stook verhinder daardie lasteraars om daaraan te dink dat God sy son so oor goeie en slegte mense laat opgaan152 dat die erfdeel slegs vir 'n paar weggebêre is. Aan hulle sal eenmaal gesê word: "Kom, julle geseëndes van my Vader, neem die koninkryk in besit", ensovoorts.153

Hulle opper selfs die beswaar dat God niks van die dinge wat Hy gemaak het, afgekeur het nie.154 Al sou ek hulle dit ook toegee, bly dit wat ek leer, veilig, naamlik dat die verworpenes vir God haatlik is en dit wel om die heel beste rede, naamlik omdat hulle deur sy Gees verlaat is en niks anders as rede vir hulle verdoemenis kan voortbring nie. Hierby voeg hulle155dat daar geen onderskeid tussen Jood en heiden is nie156en dat die genade van God dus sonder onderskeid aan almal voorgehou word.157Ja, dit is so, mits hulle maar toegee, soos Paulus dit beskryf, dat God na sy welbehae uit die Jode soweI as uit die heidene mense roep,158 sodat Hy aan niemand gebind is nie. Wat hulle uit 'n ander aanhaling aanvoer, word eweneens so tot niet gemaak. Dit is naamlik dat God alles onder die sonde ingesluit het om Hom oor almal te ontferm.159omdat dit sy wil is dat die sallgheid van alm al wat salig word, aan sy barmhartigheid toegeskryf moet word - al sou nie almal in hierdie weldaad deel nie.

Wanneer daar verder oor en weer baie redenasies aangevoer is, moet dit ons slotsom wees: om saam met Paulus te beef voor so 'n groot diepte.
Maar as hulle moedswillige tonge mor, moet ons nie skaam kry om saam met hom uit te roep nie: "Mens, wie is jy dat jy teen God stry?"160Want Augustinus voer met waarheid aan dat mense wat God se geregtigheid na die maat van die mens se geregtigheid meet, verkeerd handel.161

Endnotes🔗

  1. ^ Vgl. Inst. 3.22.10 (Afr. vert. 3:1186) hierbo.
  2. ^ Marg. Rom. 8.f29. Vgl. ook vers 30 en OC 49:159 - 161.
  3. ^ Marg. Ibidem, c.15. Rom. 8:15. Vgl. OC 49:148 - 149.
  4. ^ Marg. Epbes. l.c.13, et alibi. Vgl. ook vers 14 e.v.; 2 Kor. 1:22; 5:5 en OC 49:24, 51:152 - 154.
  5. ^ Vgl. Inst. 3.22.10 (Afr. vert. 3:1186) hierbo.
  6. ^ Marg. Iohan. 6.e.46. Vgl. OC 47:150 - 151.
  7. ^ Marg. Ioban. 17.a.6. Vgl. OC 47:378 - 379.
  8. ^ Marg. Iohan. 6.e.44. Vgl. OC 47:149.
  9. ^ Marg. Lib. 1. De gratia Christi contra Pelag. & Coelest. cap. 14, & 31. Augustmus. De gratia Christi et de peccato originali 1.14, 15, 31 (MPL 44:367 e.v.).
  10. ^ Marg. Lib. De praedest. sanctorum cap. 8. Augustinus, De praed. sanct. 8.13 (MPL 44:970).
  11. ^ Vgl. Eseg. 11:19; 36:26 en OC 40:242 e.v.
  12. ^ Augustinus, De praed. sanct. 8.13 e.v. (MPL 44:971 e.v.).
  13. ^ Marg. Rom. 9.d.l6. Vgl. OC 49:182 - 183.
  14. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1231 e.v.).
  15. ^ 'Marg. Enchir. ad. Laurent. cap. 32. Augustinus, Ench. 32 (MPL 40:248).
  16. ^ Marg. Iesa. 65.a.1. Vgl. OC 37:416 e.v.
  17. ^ Marg. Iosue 24.a.3.
  18. ^ Marg. 1. Ioban. 5.d.24 (recte: 1 Joh. 3:24). Vgl. OC 55:345.
  19. ^ Marg. Act. 13.g.14 (recte: Hand 13:48). Vgl. OC 48:313 - 314.
  20. ^ Hierdie stelling is waarskynlik teen Pighius en dergelike pousgesindes gemik, vgl. sy Controuersia 2:37b.
  21. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com. 1543 (CR 21:451 e.v., 914 e.v.). In verband hiermee merk Bucer in sy Metapbrasis in ep. Pauli (1536:358) op: Tum non potest non inhumanum iu dicare, Deum vel permittere labi, quos solus a lapsu servare potest, et crudele poenas sumere de tapsis. qui ope eius destituti non potuerunt non la bi. Proinde iudicium rationis hic penitus reiiciendum est, et fatendum iudicia Dei esse abyssum multam, esse imperscrutabilia. Dan kan hy dit nie as onmenslik beoordeel dat God diegene wat Hy alleen van afvalligheid kan red, toelaat om afvallig te word nie en dat dit wreed is om afvalliges te straf wat van sy hulp verstoke nie in staat is om nie afvallig te word nie. Daarom moet ons die oordeel van ons rede hier heeltemal verwerp en bely dat die oordele van God 'n diep afgrond is en dat dit ondeurgrondelik is.
  22. ^ Vgl. afdeling 2 (Afr. vert. 3:1214) hierbo.
  23. ^ Vgl. Melanchthon, Loci com. 1543 (CR 21:451 e.v.).
  24. ^ Marg. Deut. 30. c.14.
  25. ^ Vgl. Inst. 3.22.1 (Afr. ven. 3:1172).
  26. ^ Marg. Iesa. 25.a.1. Vgl. OC 36:413 e.v.
  27. ^ Vgl. Rom. 8:33.
  28. ^ Vgl. Bernardus, In cantica cant. serm. 23:15 (MPL 183:892).
  29. ^ Vgl. Bernardus, In cantica cant. serm. 23.15, 16 (MPL 183:892 e.v.).
  30. ^ Marg. Matth. 3.d.17. Vgl. OC 45:127
  31. ^ Marg. Ephes. 1.a.4. Vgl. OC 51:147 - 148.
  32. ^ Marg. Rom. 8.f32. Vgl. OC 49:163.
  33. ^ Marg. Ioban. 3.b.15. Vgl. ook vers 16. Vgl. oe 47:62.
  34. ^ .Marg. Iohan. 5.d.24. Vgl. OC 47:115 - 116.
  35. ^ Marg. Iohan. 6.d.35. Vgl. OC 47:144 - 145.
  36. ^ Vgl. Joh. 6:51, 58 en OC 47:151 e.v.
  37. ^ 1561: an; ontbreek in A.
  38. ^ Marg. Iohan. 6d.37.39, & 17.a.6 & b.12. Vgl. OC 47:145 - 147,378 - 379,382 - 383.
  39. ^ Marg. Iohan. 10.a.3; 1561: + c.16 Vgl. OC 47:237, 244 - 245.
  40. ^ Fr. 1541 e.v.: Mais quelcun dira qu'il nousfaut soucier de ce qui nouspeut aduenir, et, quand nous pensons au temps futur, que nostre imbecillité nous admoneste d'estre en sollicitude (Benoit 3:457) 
  41. ^ Marg. Rom. 8.f30.
  42. ^ Marg. Mat. 22. b.l4.
  43. ^ Marg. 1. Cor. 10.c.12. Vgl. OC 49:461.
  44. ^ Marg. Rom. 11.c.20. Vgl. OC 49:222.
  45. ^ Marg. Iohan. 6.d.37.
  46. ^ Marg. e.40. (Joh, 6:40).
  47. ^ Marg. Iohan. 10.e.27. Vgl. ook verse 28 en 29 en OC 47:249 e.v..
  48. ^ Marg. Matth. 15.b.13.
  49. ^ Marg. 1. Iohan. 2. c.19. Vgl. OC 55:322 - 323
  50. ^ Marg. Rom. 8.g.38. Vgl. OC 49:168.
  51. ^ Marg. Philip. l.a.l6. Vgl. OC 52:14 - 15.
  52. ^ Fr. 1560: ..,estant esbranlé de grièves tentations (Benoit 3:458).
  53. ^ Marg. Psal. 138.b.8.
  54. ^ Marg. Luc. 22.d.32.
  55. ^ Marg.Iohan. 17.b.12. Vgl. OC 47:382 - 383.
  56. ^ Marg. 1. Iohan. 2. c.19. Vgl. OC 55:322 - 323.
  57. ^ Marg. Iohan. 3.b.16, & 6.d.39. Vgl. OC 47:63 - 66, 146 - 147.
  58. ^ Vgl. Inst. 3.24.9 (Afr. ven. 3:1224) hieronder.
  59. ^ Vgl. Rom. 11:18 e.v.
  60. ^ Vgl. Inst. 3.2.22 (Afr. ven. 3:738).
  61. ^ Vgl. Inst. 3.2.39 (Afr. vert. 3:760).
  62. ^ In A is die afdelings van hier af verkeerd genommer as 7,8,9, 11
  63. ^ Marg. Matth. 22.a.2. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 45:398 e.v.
  64. ^ Vgl. Matt. 22:11 . 13.
  65. ^ Vgl. Matt. 20:16.
  66. ^ Vgl. Tit. 3:5 en OC 52:429 - 431.
  67. ^ Marg. Ephes. l.c. 13.14. Vgl. ook 2 Kor. 1:22 en OC 51:152 . 154.
  68. ^ Vgl. Man. 22:13 en OC 45:549.
  69. ^ Marg. Psal. 15.a.l. Vgl. ook Ps. 15:2.
  70. ^ Vgl. Ps. 24:4.
  71. ^ Marg. Psal. 24.b.6.
  72. ^ Vgl. Inst. 3.24.7 (Afr. vert. 3:1222) hierbo.
  73. ^ Marg. Iohan. 17.b.12. Fr. 1541 e.v.: Judas.
  74. ^ Marg. Iohan. 6.g.70. Vgl. OC 47:163 - 164.
  75. ^ Marg. Iohan. 13.b.18. Vgl. OC 47:307.
  76. ^ Marg. Homil. 38. Vgl. Gregorius die Grote, Homil. in ev. 2.28.14 (MPL 76:1290).
  77. ^ Vgl. Gregorius, a.w. (MPL 76:1287 e.v.).
  78. ^ Fr. 1541 e.v.: à espovanter les hommes, et les mettre en deffiance (Benoit 3:461).
  79. ^ Marg. Ezech. 13.b.9. Vgl. OC 40:279. Die OAVhet vergadering en die NAVvertroulike byeenkoms vir Calvyn se geheimenis.
  80. ^ Vgl. Luk. 20:10.
  81. ^ Marg. Philip. 4.a.3. Vgl. OC 52:58 - 59.
  82. ^ Marg. Psal. 69.d.29.
  83. ^ Semen electionis. Vgl. Bucer, Enar. in ev. inMat. 4:18 (1536:308): Semper tamen sentias quoddam in electis semen Dei et ueritatis studium, etiam tum, cum veritatem oppugnant, aut certe pugnantem cum illa vitam degunt: Jy sou nogtans voel dat daar in die uitverkorenes 'n sekere saad van God en ywer vir die waarheid is - selfs dan wanneer hulle teen die waarheid stry, of gewis 'n lewe voer wat daarmee stry.
  84. ^ Marg. Philip. 3.a.5. Vgl. OC 52:45 - 46.
  85. ^ Marg. Act. 10.a.2: Vgl. OC 48:223 - 225, Calvyn se kommentaar oor Hand. 22 - 23 en Inst. 1.12.3;3.2.32; 3.17.4 (Afr. vert. 1:209; 3:751; 1025).
  86. ^ Fr. 1541 e.v.: que tous les esleus de Dieu ont eu un mesme esprit (Benoit 3:462).
  87. ^ Hulle was almal legendariese figure in die Griekse en Romeinse geskiedenis en bekend vir hulle deugsaamheid, opregtheid en dapperheid. Aristfej ides was byvoorbeeld 'n strateeg en staatsman tydens die Persiese oorloë en veral bekend om sy leierskap tydens die slag van Marathon in 490 V.e. (Kleine Pauly 1:556 e.v.) Sokrates - die bekende Griekse filosoof en grondlegger van die Attiese filosofie - is in 470 V.C. gebore en in 399 V.C. om die lewe gebring (Kleine Pauly 5:248 e.v.). Xenokrates van Atene was 'n leerling van Plato in die Akademie en geroem vir sy legendariese wysheid en geheue. Hy het op 82-jarige leeftyd in 396 V.e. gesterf (Kleine Pauly 5:1413 e.v.). Scipio was die Romeinse aanvoerder in die Tweede Puniese (Kartaagse) oorlog. Hy het Kartago in 146 V.e. verower en so die oppergesag van Rome in die Middellandse Seegebied versterk. Vandaar sy bynaam Africanus. Curius was eweneens 'n groot Romeinse bevelvoerder wat deur sy oorwinning oor die Samniete, die Sabyne en volke wat digby Latium gewoon het, in een volk saamgesnoer het. Hy het in 270 v.e. gesterf (Kleine Pauly 1:1345 e.v.). eamillus was 'n Romeinse staatsman wat eweneens grondlegger van die Romeinse beskawing was en beroemd om sy dapperheid tussen 400 en 370 V.e. (Kleine Pauly 1:1030 e.v.).
  88. ^ Marg. Epbes. 2.a.1. Vgl. ook verse 2 en 3 en OC 51:160 - 163.
  89. ^ Marg. Ibidem, c.12. (Ef. 2:12). Vgl. OC 51:16
  90. ^ Marg. Ephes. 5.b.8. Vgl. oe 51:217.
  91. ^ Marg. Ephes. 4.e.28. Vgl. OC 51:210 - 211.
  92. ^ Marg. 1. Cor. 6.b.9,11. Vgl. ook vers 10 en OC 49:392 - 395.
  93. ^ Marg. Rom. 6.d.19, Vgl. ook vers 21 en OC 49:116.
  94. ^ Marg. 1. Pet. 4.a.3. Vgl. OC 55:271 - 272.
  95. ^ Marg. Iosue 2.a.1.
  96. ^ Marg. 2. Reg. 21.c.2 (recte: 2 Kon. 21:16).
  97. ^ Marg. Luc. 23.f42. Vgl. OC 45:771.
  98. ^ Marg. Iesa. 53.b.6. Vgl. oe 37:258 e.v.
  99. ^ Marg. Malach. 4.a.1.
  100. ^ Fr. 1560: + ou autre blasphémateur (Benoit 3:464).
  101. ^ Vgl. Augustinus, Ep. 102.4.22 (Ad Deogratias) . MPL 33:379; ESEL 34:563 - Hieronymus, Ep. 133.9 (Ad Ctesiphontem) CSEL 56:255.
  102. ^ Marg. 1. Cor. 4. b. 7.Vgl. OC 49:366 - 367. GAV: Want wie trek jou voor?; NAV: Wie maak jou so belangrik?
  103. ^ Marg. Act. l3.g.48. Vgl. OC 48:313 - 314.
  104. ^ Vgl. Rom. 9:21 - 22 en OC 49:186 - 188
  105. ^ Marg. Lib. 2. (recte: 11) de Gen. ad literam, cap. 10. Augustinus, De Gen. ad lito 11.10.13 (MPL34:434).
  106. ^ Marg. Homil. de convers. Pauli. Chrysostornos, De ferendis reprehensionibus et de mutatione nominum, hom. 3.6 (MPG 51:143). In die Baselse uitgawe van 1530 het dit bekend gestaan as Deferendis reprehensionibus et conversione Pauli. In sy kommentaar oor Joh. 6:44 beskryf Calvyn Chrysostornos se verklaring as 'n vals en goddelose stelling; vgl. oe 47:149 en Inst. 2.3.10 (Afr. vert. 2:423, n. 88).
  107. ^ Marg. Act. l6.c.l4. Vgl. OC 48:377 - 378.
  108. ^ Marg. Exod. 4.e.2l.
  109. ^ Marg. Ezech. 2.b.3 & l2.a.2. Vgl. OC 40:62 e.v., 254 e.v.
  110. ^ Marg. Iere. 1.b. 10. Vgl. OC 37:479 e.v.
  111. ^ Marg. Iesa. 6.c.9. Vgl. ook vers 10 en oe 36:135 - 139.
  112. ^ Marg. Iehan. 12.f39. Vgl. ook Joh. 12:40 en OC 47:297 e.v.
  113. ^ Marg. Matth. 13.b.ll.
  114. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1231 e.v.).
  115. ^ Vgl. Eks. 9:16.
  116. ^ Marg. Rom. 9.d.17. Vgl. OC 49:183 - 184.
  117. ^ In sy traktaat oor die predestinasie stel Calvyn dit so: ... contextus ipse clare demonstrat, non fuisse creatos in diem exitii imptos. nisi quia Deus suam in illis gloriam illustrare voluit. Ergo hoc axioma retinendum: Sic Deo fuisse curae salutem nostram. ut sui non oblitus, gloriam suam primo loco baberet, adeoque totum mundum hoc fine condidisse, ut gloriae suae tbeatrum fo ret: Die samehang (van Spr. 16:4) selftoon duidelik aan dat die goddelose nie vir die dag van verderf geskep is nie maar dat God sy heerlikheid in hulle wou openbaar. Ons moet dus aan hierdie aksioma vashou: dat God so oor ons saligheid besorg was dat Hy die wat aan hom behoort, nie vergeet het nie en aan sy heerlikheid voorrang gegee het -dermate dat Hy die ganse wëreld met hierdie doel geskep het dat dit 'n skouburg van sy heerlikheid sal wees (OC 8:293 - 294). Vgl. hiermee ook Bucer se opvatting in sy Metapbrases ep. Pauli (1536:359): Propter se enim Deus, et in gloriam suam fecit omnia, etiam impium ad diem malum ... Et ubique in Scripturis gloria Dominifin is esse ultionis rnalorum praedicatur. Want God het alles ter wille van Homself en tot sy heerlikheid gemaak, selfs die goddelose vir die dag van oordeel. En oral in die Skrifte word verkondig dat die heerlikheid van die Here die doel van sy wraak op die bose is.
  118. ^ Marg. 1. Sam. 2. e.25.
  119. ^ Marg. Ioban. 12.f38. Vgl. ook vers 37, Jes. 53:1 en OC 37:254 e.v.
  120. ^ Marg. Ioban. 6.e.45. Vgl. ook Jes. 54:13 en OC 47:149 -150, 37:275 e.v.
  121. ^ Marg. 1. Cor. 1.d.23. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 49:327 - 328
  122. ^ Vgl. 1 Kor. 1:21.
  123. ^ Vgl. 1 Kor. 1:27.
  124. ^ Vgl. Erasmus, De lib. arb. (OOE 9:1231 e.v.).
  125. ^ Fr. 1541 e.v.: il nous faut prendre cela patiemment, et ne refuser point d'ignorer quelque chose (Benoit 3:467).
  126. ^ Marg. Ezech. 34.c.ll (recte: Eseg. 33:11). Vgl. o.a. Pighius, De lib. arb. fo. 92a en Calvyn se verwysing na Castellio se vertolking van Eseg. 18:32 in sy Calumniae nebulonis cuiusdam (OC 9:292).
  127. ^ Marg. Matth. 13.c.23 (recte: Matt. 11:23)
  128. ^ Bernardus behandel hierdie aspek in 'n preek oor Christus se geboorte. Sy bespreking daarvan gaan uit van Rom. 9:18 en Eseg. 18:32 (MPL 182:128 e.v.)
  129. ^ Na aanleiding van die indeling in die 1561-uitgawe van die Institusie voeg die redakteurs van OC en OS hier 'n nuwe afdeling 16 in. Dat dit ongegrond is, blyk uit die Franse uitgawe van 1560, wat dieselfde patroon as die Larynse 1559-uitgawe volg; vgl. Benoit 3:468. Ons behou dus die res van hierdie afdeling as deel van afdeling 15.
  130. ^ Marg. 1. Tim. 2.a.4. Vgl. OC 52:268 - 269; Pighius, De lib. arb. 9, fo. 160b, Calvyn se klag teen Bolsec, Congrégationjaite en l'eglise de Genève, (OC 8:112) syverdediging teen Georgius Siculus in sy De aeterna Dei praedest. (OC 8:336 e.v.) en sy weerlegging van verkeerde vertolkings van hierdie Skrifgedeelte in sy Catumniae nebulonis cuiusdam (OC 9:292 e.v.); en ook Melanchthon, Loci com. 1543 (CR 21:452,915)
  131. ^ Marg. Deut. 4.b. 7.OAV:Want watter groot nasie het gode wat vir hulle sa naby is soos die Here onse God so dikwels as ons Hom aanroep? NAV:Watter groot nasie se god is so by hom soos die Here ons God by ons is elke keer as ons tot Hom bid?
  132. ^ Fr. 1541 e.v.: veu que non seulement ils estoyent hors de la compagnie des fidèles (Benoit 3:469).
  133. ^  Vgl. 1 Tim. 2:3 e.v.
  134. ^ Marg. Psal. 115.a.3.
  135. ^ Marg. Exod. 33.d.19.
  136. ^ Vgl. 2 Pet. 3:9. Die OAV het dat almal tot bekering moet kom en die NAV: Hy wil bê dat almal hulle moet bekeer in plaas van Calvyn se berou.
  137. ^ Marg. Ezech. 36f26.
  138. ^ Marg. Zach. 1.a.3. Vgl. Pighius, De lib. arb. 6, fo. 91a en Calvyn se Calumniae nebulonis cuiusdam (OC 9:292).
  139. ^ Marg. 2. Tim. 2.d.25. Vgl. OC 52:374 - 375.
  140. ^ Marg. Iere. 31.c.18. Vgl. ook vers 19.
  141. ^ In OC en OS afdeling 17.
  142. ^ Niesel meen dat Melanchthon se opvatting hier onder die loep geneem word. Vgl. sy Loci com. 1535 (CR 21:419).
  143. ^ Marg. Ibidem, (CR 21:428, 451 e.v.)
  144. ^ Marg. Matt. 23.d.37. Vgl. Pighius, De lib. arb. 9 fo. 160b.
  145. ^ Vgl. Inst. 1.17.2; 1.18.1 ·4 (Afr. vert. 1:319; 338 - 348) en ealvyn se Breuis responsie 1557 (Oe 9:262) en sy Calumniae nebulonis cuiusdam (OC 9:278).
  146. ^ Fr. 1560: + pour se conformer à nostre rudesse (Benoit 3:471).
  147. ^ Marg. Iesa. 65.a.2. Vgl. OC 37:417
  148. ^ Fr. 1560: c'est que Dieu transfëre à soypar similttude ce qui estpropre aux bommes (Benoit 3:471).
  149. ^ Vgl. Inst. 1.18.3; 3.20.43 (Afr. vert. 1:343; 3:1141 . 1143).
  150. ^ Marg. Ephes. 3.b.l0. Vgl. OC 51:182 - 183.
  151. ^ Fr. 1560: + laissant les autres derrière (Benoit 3:471).
  152. ^ Marg. Matt. 5.g.45.
  153. ^ Marg. Matt. 25. c.34.
  154. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 8.2, fo. 135ab; 9.2, fo. 163a; Calvyn, Calumniae nebulonis cuiusdam (OC 9:275). Hierin redeneer Castellio dat aangesien God diere gemaak het wat hulle kleintjies liefhet, Hy sy eie maaksel ook lief moet hë en dat Hy daarom niemand vir die verderf gemaak het nie, want toe Hy die mens geskep het, het Hy gesien dat alles wat Hy gemaak het, goed was.
  155. ^ Fr. 1560: Ils se servent aussi trop sottement de ce propos (Benoit 3:472).
  156. ^ Vgl. Rom. 10:12.
  157. ^ Vgl. Pighius, De lib. arb. 7.2, fo. 115b; 9.2, fo. 159b.
  158. ^ Marg. Rom. 9.e.24. Vgl. OC 49:188 - 189.
  159. ^ Marg. Rom. l1.d.22 (recte: Rom. 11:32). Vgl. OC 49:229 - 230; Gal. 3:22; Melanchthon, Loci com. 1535 (CR 21:420); Pighius, De lib. arb. 7.2 fo. 117b.
  160. ^ Marg. Rom. 9.d.20. Vgl. OC 49:209 - 210.
  161. ^ Marg. De praedest. & graf. cap. 2. Pseudo-Augustinus, De praedest. et grat. 2 (MPL 45:1667)