Die verband tussen beloning en goeie werke word bespreek. Die volgende kom ter sprake: lewensheiliging, die bymekaarmaak van skatte in die hemel, verdrukkings, regverdigmaking deur liefde (volgens die Fariseërs), onderhouding van die gebooie en geloof as goeie werke.

1984. 15 bladsye.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 18 Geregtigheid van werke word verkeerdelik uit die loën afgelei

1. Die betekenis van 'loon volgens werke'🔗

Laat ons nou oorgaan na daardie uitsprake wat verklaar dat God elkeen volgens sy werke sal vergeld.1Voorbeelde hiervan is: "Elkeen sal ontvang wat hy in sy liggaam verrig het - of dit goed en of dit sleg was";2"Heerlikheid en eer aan die wat goed doen; verdrukking en benoudheid oor elke siel wat kwaad doen'';3"En die wat goed gedoen het, sal uitgaan na die opstanding van die lewe, maar die wat kwaad gedoen het, na die opstanding van die veroordeling'';4"Kom, geseëndes van my Vader; Ek was honger en jullehet vir Mykos gegee, Ek was dors en julle het virMy te drinke gegee", ensovoorts.5 Hieraan moet ons ook daardie uitsprake verbind wat die loon van goeie werkedie ewige leuie noem.
Voorbeelde hiervan is: "Die loon van 'n mens se hande sal aan hom vereffen word";6"Hy wat die gebod vrees, sal beloon word";7 "Verbly julle en juig;8kyk, julle loon in die hemel is grooti!'';9 "Elkeen sal sy loon  volgens sy werk ontvang" .10

Wanneer daar gesë word dat God elkeen volgens sy werke sal vergeld,11lewer dit 'n probleem op wat met geringe moeite opgelos kan word.
Hierdie uitdrukking dui tewens eerder op die volgorde van opeenvolging as op die oorsaak. Ongetwyfeld volvoer die Here ons saligheid met hierdie trappe van sy barmhartigheid wanneer Hy diegene wat Hy uitverkies het, na Hom toe roep, en diegene watHy geroep het, regverdig maak, en die wat Hy regverdig gemaak het, verheerlik.12Dié wat aan Hom behoort, neem Hy dus uit barmhartigheid alleen in die lewe op. Aangesien Hy hulle egter deur die baan van goeie werke lei om dit in besit te neem om in hulle sy werk in die volgorde wat Hy bestem het, te volvoer, is dit geen wonder as daar gesê word dat hulle volgens hulle werke bekroon word nie, omdat hulle .ongetwyfeld daardeur voorberei word om die kroon van onsterflikheid te ontvang. Ja, dit is daarom paslik wanneer gesê word dat hulle hulle eie saligheid uitwerk13 wanneer hulle oor dieewige lewe nadink en hulle op goeie werke toelê.
Elders word hulle naamlik opgedra om te werk vir die voedsel wat nie vergaan nie,14 wanneer hulle deur in Christus te glo die lewe vir hulleself verwerf. Nograns word daar later bygevoeg: "Wat die Seun van die mens julle sal gee".15Hieruit is dit duidelik dat die woord werk glad nie teenoor genade gestel word nie maar dat dit op ywerbetrekking het, en daaruit volg ook hoegenaamd nie öf dat gelowiges die bewerkers van hulle eie heil is öf dat dit uit hulle werke voortkom nie.

Hoe nou gemaak? Sodra die gelowiges 'deur hulle kennis van die evangelie en deur die verligting van die Heilige Gees in die gemeenskap van Christus opgeneem is, begin dieewige lewe reeds inhulie. En nou dat God die goeie werk in hulle begin het, moet dit ook tot op dte dag van die Here jesus volvoer word.16 Dit word voorts volvoer wanneer hulle hulle hemelse Vader in geregtigheid en heiligheid weerspieël en bewys dat hulle nie onwaardige kinders van Hom is nie.

2. Loon as erfenis🔗

Die woord loon gee ons geen rede om te redeneer dat ons goeie werke die oorsaak van ons saligheid is nie. Laat ons ten eerste van harte daarvan oortuig wees dat die koninkryk van die hemel nie die besoldiging van diensknegte is nie maar die erfenis van kinders van God17wat slegs diegene sal verwerf wat deur die Here as sy kinders aangeneem is,18 en dit om geen ander rede as vanweë hierdie aanneming nie. Die seun van die slavin sal immers nie die erfgenaam wees nie maar die seun van die vrye.19Juis in die tekste waarin die Heilige Gees die ewige heerlikheid as loon vir goeie werke beloof deur dit uitdruklik erfenis te noem, wys Hy dat dit van elders af by ons uitkom. So noem Christus ook diewerke wat Hy met die loon van die hemel vergeld wanneer Hy die uitverkorenes roep om dit in besit te neem, maar Hyvoeg terselfdertyd by dat hulle dit kragtens reg van erfenis in besit moet neem.20So beveel Paulus slawe wat hulle plig getrou doen, om loon van die Here te verwag, maar hy voeg by: van die erferus,21Ons kan sien hoe hulle as 't ware met voorgeskrewe woorde versigtig daarteen waak dat ons nie ewige geluksaligheid aan ons werke moet toeskryf nie maar aan die aanneming van God.

Waarom maak hulle dan terselfdertyd melding van goeie werke? Die vraag sal duidelik word uit een enkele Skrifvoorbeeld. Voor Isak se geboorte is saad aan Abraham beloof waarin al die nasies van die wêreld geseënd sou wees. Die vermenigvuldiging van sy saad sou gelyk wees aan die sterre van die hemel en die sand van die see en dergelikedinge.22Baie jare later omgord Abraham hom om sy seun te offer soos 'n godspraak hom beveel het. 23Nadat hy dit in gehoorsaamheid gedoen het, ontvang hy die belofte. Die Here sê: "Ek sweer by Myself, omdat jy dit gedoen het en jou enigste seun nie gespaar het nie, sal Ek jou seën en Ek sal jou saad vermeerder soos die sterre van die hemel en die sand van die see; en jou saad sal die poorte van hulle vyande inneem, en in jou saad sal al die nasies van die aarde geseën wees omdat jy my stem gehoorsaam het".24

Wat hoor ons? Het Abraham die seën verdien omdat Hy die belofte ontvang het voordat die bevel aan hom gegee is? Hier het ons ditnou inderdaad sonder enige twyfel dat die Here die goeie werke van gelowiges met dieselfde seëninge beloon wat Hy aan hulle gegee het nog voordat hulle oor goeie werke gedink het, omdat Hy dan nog geen rede behalwe sy barmhartigheid het om aan hulle goed te doen nie.

3. Beloning as genade🔗

En tag mislei die Here ons nie en Hy hou ons ook nie vir die gek wanneer Hysê dat Hy goeie werke beloon met 'n loon wat Hy reeds voor die goeie werke uit genade gegee het nie. Dit is immers sywil om ons in goeie werke te oefen om die uitvoering en, om dit so te stel, die genieting25van sy beloftes te oorpeins en daaroor heen te snel om ons in te span vir die saligeverwagting wat in die hemel aan ons voorgestel is.
Daarom word die vrug van die beloftes tereg aan ons goeie werke toegeskryf, omdat hulle ons tot die rypwording daarvan voer.26Die apostel het albei gedagtes pragtig uitgedruk toe hy gesê het dat die Kolossensers hulle vir liefdeswerke beywer het vanweë die hoop wat in die hemel vir hulle weggelê is, waardeur hulle vroeër die waarheid van die evangelie deur die Woord gehoor het.27Wanneer hy trouens sê dat hulle uit die evangelie geweet het dat hoop vir hulle in die hemel weggelê is, verklaar hy dat dit op Christus alleen en op geen goeie werke gesteun het nie. Petrus se stelling stem ook daarmee ooreen. Hy sê dat die godvrugtiges in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om op sy tyd geopenbaar te word.28 Wanneer Paulus sê dat die gelowiges hulle ter wille hiervan inspan, bedoel hy dat hulle hulle hele lewe moet voortsnel om dit in die hande te kry. En om te voorkom dat ons miskien die indruk sou kry dat die loon wat die Here aan ons belowe, na die maat van ons verdienste aan ons gegee word, het hy 'n gelykenis voorgehou. Daarin stel hy homselfvoor as 'n vader van 'n gesin wat almal wat hy ontmoet, in sy wingerd instuur om dit te bewerk. Hy stuur sommige van hulle sesuur; sommige sewe-uur, sommige agtuur en sommiges selfs vyfuur in die namiddag, maar teen die aand betaal hy almal dieselfde loon.29Wie ook al in die ou tyd die skrywer was van die boek Die roeping van die heidene, wat tans onder die naam van Ambrosius die ronde doen, het die inhoud hiervan kort en waar vertolk. Maar ek sal sy woorde eerder as myne gebruik.. Hy sê: "Met die rigsnoer van hierdie gelykenis het die Here die verskeidenheid van sy menigvuldige roeping bevestig wat net op sy genade betrekking het. Daarin dui diegene wat ter elfder ure tot sy wingerd toegelaat is en op gelyke voet gestel word met die wat die volle dag gewerk het, sonder twyfel op die lot van diegene wat Hy tot die lof van sy uitnemende genade aan die einde van die dag en aan die einde  van hulle lewe met sy Goddelike goedertierenheid beloon het. Daarmee betaal Hy nie die loon van hulle arbeid nie, maar Hy stort die rykdom van sy goedertierenheid oor mense uit wat Hy sonder hulle werke uitverkies het. Sy doel daarmee is dat ook diegene wat onder groot inspannning swoeg en nie meer as die laastes ontvang nie, kan weet dat hulle 'n genadegawe en nie 'n loon vir hulle werke ontvang het nie" .30

Ten slotte is dit ook merkwaardig dat in hierdie Skrifplekke waar die ewige lewe die loon van goeie werke genoem word, dit nie maar doodeenvoudig opgeneem moet word as die gemeenskap wat ons tot geluksalige onsterflikheid met God het wanneer Hy ons uit vaderlike goedgunstigheid in Christus omhels31nie, maar as die inbesitneming of genieting, soos sommige mense dit noem,32van die geluksaligheid self.
Christus se woorde lui juis ook so. "In die hiernamaals die ewige  lewe".33En op 'n ander plek: "Kom, neem die koninkryk in besit" .34
Daarom noem Paulus ook die aanneming tot kinders die openbaring van die aannemingwat in die weeropstanding sal plaasvind.35En later verklaar hy dit as die verlossing van ons Hggaam.36Soos vervreemding van God die ewige dood beteken, so word die mens andersins van die dood na die lewe oorgebring wanneer hy in genade deur God ontvang word om in die gemeenskap met Hom deel te hê en een met Hom te word. Dit geskied egter slegs deur die weldaad van aanneming. En as hulle, soos hulle gewoonte is, hardkoppig aandring op die loonvir hulle goeie werke, mag ons weer eens Petrus se verklaring aanvoer, naamlik dat die ewige lewe die loon van die geloof is.37

4. Leuiensbeüigbeid is die weg tot en nie die oorsaak van toetrede tot die hemelse koninkryk nie🔗

Ons moet dus nie dink dat die Heilige Gees met so 'n belofte die aansien van ons werke aanprys38asof ons werke so 'n loon verdien nie.
Die Skrif laat ons tewens geen gronde waarop ons voor God se aangesig kan roem nie, inteendeel, dit is ten volle daarop ingestem om ons verwaandheid teen te gaan, ons te verneder, plat te slaan en heeltemal te vergruis. So kom die Skrif ons swakheid in der waarheid te hulp, omdat hy andersins dadelik in duie sou stort en ineen sou tuimel as hy hom nie met hierdie verwagting sou onderskraag en sy afkeer in hom met hierdie troos sou verlig nie.

Laat elkeen gerus maar allereers nadink hoe hard dit vir hom is nie alleen om alles wat hy het, maar ook homself te laat vaar en te verloën nie. En tog is dit die eerste les waarmee Christus sy dissipels, dit is al die godvrugtiges, inwy. Verder leer Hy hulle om hulle hele lewe so onder die tug van die kruis te stel dat hulle geen begeerte koester vir of vertroue stel in die dinge van hierdie lewe nie. Kortom: Hy handel gewoonlik so met hulle dat oral waarheen hulle kyk so wyd as wat hierdie wêreld strek, niks anders as wanhoop hulle oral teëkom nie sodat Paulus kan sê dat ons droewiger as almal is as ons ons hoop slegs op hierdie wêreld ste1.39 Die Here staan hulle dus by om nie te midde van sulke groot benoudheid moedeloos te word nie en Hy vermaan hulle om hulle kop hoër op te tel en hulle blik verder te werp om die geluksaligheid te vind wat hulle nie op die wêreld kan sien nie. Hy noem hierdie geluksaligheid prys, loon of vergelding. 40Hiermee weeg Hy nie die verdienste van hulle werke af nie maar gee daarmee te kenne dat hierdie geluksaligheid vergoeding is vir hulle verdrukkings, lyding en smaad ensovoorts.41 Niks verhinder ons daarom om volgens die voorbeeld wat die Skrif stel, die ewige lewe vergelding te noem nie, omdat die Here daarin diegene wat aan Hom behoort, uit hulle inspanning in rus, uit hulle verdrukking in hierdie voorspoedige en gesogte..staat, uit hulle droefheid in blydskap, uit hulle armoede in oorvloed en uit hulle skande in heerlikheid opneem. Kortom: Hy verander al die kwaad wat hulle gely het, in beter dinge. So sal daarmee ook niks skort as ons dink dat lewensheiligheid die pad is nie, nie een wat vir ons die heerlikheid van die hemelse koninkryk toeganklik maak nie, maar die pad waarlangs die uitverkorenes deur hulle God na die openbaring van die heerlikheid gelei word. Dit is trouens God se goeie wil om diegene wat Hy geheilig het, te verheerlik42

Laatons ons net nie 'n soort korrelasie tussen verdienste en loon inbeeld soos die waaraan die Sofiste onbeskaamd verknog is nie, omdat hulle nie die doel wat ons verduidelik het, in aanmerking neem nie. 43 Hoe verwaand is dit nie as ons elders heenkyk wanneer God ons vir 'n bepaalde doel roep nie? Niks is duideliker as dat 'n beloning vir ons goeie werke aan ons beloof word om die swakheid van ons vlees te verlig en nie om ons harte met eersug op te blaas nie. Iemand wat dus die verdienste van werke hieruit aflei of 'n goeie werk en sy belonging teen mekaar opweeg, dwaal baie ver van die ware doel van God af.

5. Loon berus op vergiffenis🔗

Wanneer die Skrifdaarom sê dat God, die regverdige Regter, eendag aan die wat aan Hom behoort, die kroon van geregtigheid sal gee.44opper ek daarteen nie alleen saam met Augustinus die volgende nie: Aan wie sou die regverdige Regter die kroon besorg het as die barmhartige Vader nie die genade verleen het nie? En hoe sou geregtigheid kon bestaan het as die genade wat die goddelose regverdig maak, nie daaraan vooraf gegaan het nie? En hoe sou die skulde vereffen kon word tensy die gawes wat nie verskuldig was nie, eers gegee is?45Daarby voeg ek egter ook die volgende: Hoe sou Hy ons goeie werke geregtigheid kon toereken tensy Hy al die ongeregtigheid wat daarin is, met sy genade verberg het? Hoe sou Hy dit loonwaardig kon ag tensy Hy alles wat daarin strafwaardig is, met sy eindelose goedertierenheid uitgewis het? Want Augustinus noem die ewige lewe gewoonlik genade omdat dit aan God se genadegawes terugbesorg word wanneer dit vir goeie werke betaal word. Maar die Skrif maak ons nog nederiger en hef ons terselfdertyd weer op. Want benewens die feit dat dit ons verbied om op ons werke te roem omdat hulle genadegawes van God is, leer dit ons meteen dat ons werke altyd met sekere vuilheid besmet is, sodat hulle God nie tevrede kan stel as hulle volgens die norm van sy oordeel opgeweeg word nie. Om egter te voorkom dat ons ywer ingee, leer die Skrif ons dat ons werke God uit loutere genade behaag.

Hoewel Augustinus effens anders as ons praat, sal dit uit sy woorde in sy derde boek aan Bonifacius duidelik blyk dat hy tog in werklikheid nie soveel van ons verskil nie. Daar vergelyk hy twee mense, die een is 'n man met 'n voortreflik heilige en volmaakte lewe46en die ander 'n opregte man met eerlike lewensgewoontes maar tog nie so volmaak dat daar nie in hom nog veel te wense kan wees nie. Dan kom hy eindelik by die slotsom: "Die een wat skynbaar slegter as eersgenoemde in sy lewensgewoontes is, kom vanweë sy opregte geloof in God waaruit hy geleef het en waarvolgens hy homself in al sy oortredings aankla maar God in al sy goeie werke loof en al die skande aan homself toeskryf maar die eer aan God, terwyl hy van God sowel vergiffenis van sy sondes as liefde vir sy opregte dade ontvang, uiteindelik in die gemeenskap van Christus wanneer hy van hierdie lewe verlos is.47Waarom dan anders  vanweë sy geloof? Hoewel geloof sonder goeie werke niemand salig maak nie -want dit is 'n opregte geloof wat deur die liefde werk48 –word ons sondes tog ook daardeur vergewe omdat die regverdige uit die geloof lewe.49Werke wat skynbaar goed is, word inderdaad sonder die geloof in sondes verander" .50Hier erken hy gewis baie duidelik die standpunt wat ons so sterk voorstaan, naamlik dat die geregtigheid van ons goeie werke daarvan afhang dat dit uit genade deur God goedgekeur word.51

6. Beantwoording van diebeswaar dat ons in die hemel skatte moet versamel🔗

Die volgende aanhalings is in betekenis baie na aan die hierbo: "Maak vir julle vriende onder die Mammon van ongeregtigheid sodat hulle julle in hulle ewige tente kan ontvang wanneer julle gebrek het" ;52 "Beveel die rykes van die teenwoordige wêreld om nie hooghartig wys te wees nie en ook nie hulle hoop op onsekere rykdom te stel nie maar op die lewende God; beveel hulle om goed te doen en ryk te word in goeie werke en vir hulle 'n skat bymekaar te maak as 'n goeie fundament vir die toekoms om die ewige lewe te verkry" .53Goeie werke word tewens met die rykdom vergelyk wat ons in die geluksaligheid van die ewige lewe sal geniet.

My antwoord hierop is dat ons hierdie aanhalings nooit waarlik sal begryp tensy ons ons oë wend na die doel waarop die Heilige Gees sy woorde rig nie. As dit wat Christus sê, waar is, naamlik dat ons siel is waar ons skat is,54 moet gelowiges soos kinders van hierdie wëreld wat toegespits is daarop om die dinge wat die lewe hier genotvol maak, in die hande te kry, die dinge wat hulle waarlik wil geniet, daarheen oor te dra waar hulle 'n volmaakte lewe gaan he nadat hulle geleer het dat hierdie Iewe weldra soos 'n droom sal verdwyn. Ons moet dus maak soos mense wat besluit om na 'n vaste adres te verhuis. Hulle stuur alhulle middele voor hulle uit en ontbeer dit 'n tyd lank nie te erg nie want hulIe ag hulle des te gelukkiger namate hulle meer goed het op die plek waar hulle lank gaan bly. As ons dan glo dat die hemel ons vaderland is, betaam dit ons om eerder ons rykdom daarheen oor te stuur as om dit hier te hou waar ons dit sal verloor as ons onverwags moet verhuis.

Maar hoe salons dit daarheen oorstuur? Dit sal naamlik wees as ons in die behoeftes van die armes voorsien, omdat die Here alles wat aan hulle gegee word, reken as iets wat aan Hom gegee is.Marg.55Daaruit ontstaan die pragtige belofte: "Wie aan die arme gee, leen aan die Here".56Net so: "Wie volop saai, sal volop-.. maai"57Want dit wat uit Iiefdesplig aan medebroeders bestee word, word in die hand van die Here geplaas.
Omdat Hy die troue bewaarder daarvan is, sal Hy dit eendag met oorvloedige rente teruggee. Is ons pligte dan van soveel belang by God dat hulle as 't ware soos rykdom is wat in sy hand weggebêre is? Wie sou huiwer om so te së wanneer die Skrif so dikwels en so uitdruklik daarvan getuig? Maar as iemand van die loutere goedertierenheid van God 'n sprong na die aansien van sy goeie werke wil maak, sal hy geen bystand  van hierdie getuienis kry om sy dwaling uit te bou nie. Want jy kan daaruit niks na behore aflei anders as net God se suiwere neiging om ons genadig te wees nie. Want hoewel die onderdanigheid wat ons aan Hom bewys, nie verdien om deur Hom aangesien te word nie, laat Hy nie toe dat enigeen van hulle verlore gaan nie om ons op te wek om goed te doen.

7. Beantwoording van die tweede beswaar, naamlik dat geknotges deur verdrukkings te verduur, God se koninkryk deelagtig word🔗

Maar die apostel se woorde dring nog sterker by ons aan. Wanneer hy die Tessalonisensers in hulle verdrukkings troos, leer hy dat dit hulle oorkom sodat hulle die koninkryk van God, waarvoorhulle ly, waardig geag kan word.58 Hy sê: "Want dit is reg by God om die wat julle verdruk, met verdrukking te vergeld, maar aan julle saam met ons verligting te gee wanneer die Here jesus uit die hemel geopenbaar sal word".59 Die skrywer van die brief aan die Hebreërs sê: "Want God is nie onregverdig om julle werke en die liefdeswerk wat julIe in sy Naam bewys het, te vergeet nie omdat julle die heiliges gedien het."60

My antwoord by die eerste aanhaling is soos volg: Daar word geen aansien van verdienstes aangedui nie maar wel dat dit God die Vader se wil is dat ons, wat Hy as sy kinders uitverkies het, aan Christus, sy eersgebore Seun, gelykvormig moet word.61Soos Hy eers moes ly en daarna tot die heerlikheid wat vir Hom bestem was, moes toetree.62so moet ons ook deur baie beproewings tot die koninkryk van die hemel toetree.63 Wanneer ons dus om Christus se Naam ontwil verdrukkings verduur, word as 't ware sekere merktekens op ons afgestempel waarmee God gewoonlik die skape van sy kudde merk. Ons word dus die koninkryk van die hemel waardig geag omdat ons in ons liggaam die littetekens van ons Here en Meester dra,64en dit is die tekens van die kinders van God. Die volgende verklarings het ook hierdie strekking: Ons dra die sterwe van jesus Christus in ons liggame sodat sy lewe in ons geopenbaar kan word;65ons word aan sy lyding gelykvormig om aan sy opstanding uit die dood gelyk te word66Die rede wat daar bygevoeg word,67 het nie ten doel om enige waarde van ons werke te bewys nie maar om ons hoop op die koninkryk van God te versterk. Dit is asof hy gesê het: "Soos dit met God se regverdige oordeel ooreenstem om wraak te oefen op julle vyande vir die kwellings wat hulle julle veroorsaak het, so pas dit ook dat aan julle verligting en rus van julle kweIlings gegee word".

Die tweede aanhaling leer dat dit die geregtigheid van God so betaam om nie die diens van sy kinders te vergeet nie dat dit byna te kenne gee dat God onregverdig sal wees as Hy dit wel vergeet. Die verklaring daarvan is soos volg: Om ons traagheid op te skerp het God ons verseker dat die inspanning wat ons ter ere van sy Naam onderneem het, nie tevergeefs sal wees nie. Ons moet altyd onthou dat hierdie belofte soos al die ander beloftes vir ons geen vrug sal afwerp nie tensy die genadeverbond van sy barmhartigheid, waarop die volle sekerheid van  ons saligheid berus, daaraan voorafgaan. Ons moet hierop steun en behoort vas en seker te vertrou dat dit ons dienste, hoe onwaardig hulle ook al is, nie aan 'n beloning uit God se vrygewigheid salontbreek nie.

Om ons in hierdie verwagting te sterk verklaar die apostel dat God nie onregverdig is nie maar dat Hy die belofte wat Hy eenmaal gegee het, gestand sal doen. Die geregtigheid daarin het dus eerder betreking op die waarheid van God se belofte as op die billikheid daarvan om dit wat verskuldig is, te vereffen.

Augustinus se opvatting hieroor is baie bekend. Aangesien hierdie heilige man dit meer dikwels herhaal het as wat ek kan onthou, dink ek dat dit verdien dat ons dit voortdurend in die geheue oproep. Hy sê: "Die Here is getrou wat Homself ons skuldenaar gemaak het, nie deur iets van ons te ontvang nie maar deur alles aan ons te belowe".68

8. 'n Verwerping van die derde beswaar na aanleiding van 1 Kor. 13🔗

Hulle69 sleep ook die volgende uitsprake van Paulus by: "As ek al die geloof het sodat ek berge kan verskuif, maar ek het nie die liefde nie, dan is ek niks nie."70 Net so: "Nou bly geloof, hoop en liefde, maar die grootste  hiervan is die liefde".71Net so: "Bowenal moet julle mekaar liefhê want dit is die band van volmaaktheid''.72

Na aanleiding van die eerste twee hiervan verklaar die Fariseërs van ons tyd dat ons deur die liefde eerder as deur die geloof regverdig gemaak word omdat dit volgens hulle groter krag het.73

Maar hierdie skerpsinnigheid kan sonder veel moeite weerlê word. Ons het trouens elders reeds verduidelik dat dit wat in die eerste aanhaling gesë word, niks met ware geloof te doen het nie.74 Ook die tweede aanhaling vertolk ons in verband met geloof. Paulus sê dat die liefde groter as die geloof is - nie dat dit dan verdiensteliker sou wees nie maar dat dit meer vrug dra, dat dit breër strek, dat dit vir meer mense diensbaar is, dat dit altyd kragtig is, terwyl die voordeel van die geloof slegs tydelik is. As ons net na uitnemendheid kyk, moet die liefde van God tereg die eerste plek inneem, maar Paulus praat hier nie daaroor nie. Hy benadruk weliswaar hierdie een aspek, naamlik dat ons mekaar deur wedersydse liefde in Christus. moet opbou. Maar kom ons veronderstel dat die liefde in alle opsigte bo geloof uittroon. Watter mens met gesonde verstand, ja, watter mens wat by sy volle sinne is, sou daaruit die gevolgtrekking maak dat liefde meer as geloof regverdig maak? Die krag  om regverdig te maak wat binne die sfeer van die geloof is, is nie in die waarde van 'n goeie werk geleë nie. Ons regverdigmaking berus op God se barmhartigheid alleen en op Christus se verdienste, en wanneer die geloof dit aangryp, word gesê dat dit regverdig maak.

As jy ons teenstanders nou vra in watter sin hulle regverdigmaking aan die liefde toeskryf, sal hulle antwoord dat die liefde 'n plig is wat God behaag en wanneer Hy dit uit Goddelike goedertierenheid aanneem, word dit ons deur die verdienste daarvan tot geregtigheid gereken.75
Hier sien jy nou hoe pragtig hulle redenasie verloop. Ons sê dat die geloof regverdig maak, nie omdat dit vanweë eie waarde vir ons geregtigheid verdien nie maar omdat dit 'n middel is waardeur ons Christus se geregtigheid onverdiend bekom. Hulle laat God se barmhartigheid buite rekening, gaan by Christus verby (waarin die totaal van geregtigheid bestaan) en stry dat ons deur die weldaad van die liefde regverdig gemaak word omdat die liefde die geloof te bowe gaan. Dit is asof iemand redeneer dat 'n koning bekwamer is om 'n skoen te maak as 'n skoenmaker omdat hy baie voortrefliker as die skoenmaker is. Hierdie een enkele redenasie is meer as genoeg bewys daarvoor dat al die skole van die Sorbonne nie eens effens geproe het wat regverdigmaking deur die geloof beteken nie.

As die een of ander rusiemaker my nou egter in die rede val met die vraag waarom ons die woord geloofby Paulus binne so 'n kort bestek so uiteenlopend opneem, het ek 'n gewigtige rede vir hierdie vertolking.
Aangesien die gawes wat Paulus daar opnoem, in 'n sekere sin aan geloof en hoop ondergeskik is, omdat hulle op die kennis van God gemik is, sluit hy al hierdie gawes by wyse van samevatting onder die woorde geloofen hoop in. Dit is asof hy gesê het: "Profesieë, tale, die gawe van uitleg en die wetenskap het ten doel om ons tot kennis van God te bring, maar in hierdie lewe kan ons God slegs deur hoop en geloof leer ken. Wanneer ek dus van geloof en hoop melding maak, vat ek terselfdertyd al hierdie dinge daaronder saam. Daar bly dus hierdie drie: Geloof, hoop en liefde: Dit beteken dat hoe groot die verskeidenheid gawes ook al mag wees, dit alles hierin saamgebundel word. Hieronder is die liefde die belangrikste" , ensovoorts.

Uit die derde aanhaling maak hulle die volgende afleiding: "As die liefde die band van volmaaktheid is,76 is dit dus ook die band van geregtigheid wat niks anders as volmaaktheid is nie".77Ten eerste, om maar agterweë te laat dat Paulus dit daar volmaaktheid noem wanneer die lidmate van 'n behoorlik ingestelde kerk goed aan mekaar verbind is, en om ook te erken dat ons deur die liefde voor God se aangesig volmaak word - watter nuwe gedagte voer hulle tog aan? So ver dit my aangaan, sal ek altyd die beswaar opper dat ons nooit so 'n volmaaktheid bereik tensy ons ons liefdespligte ten volle nakom nie. En daaruit sal ek aflei dat alle hoop op volmaaktheid vir alle mense afgesny is, aangesien almal baie ver daarvandaan is om hulle liefdesplig te volvoer.

9. 'n Weerlegging van die vierde beswaar na aanleiding van Matt. 19:17🔗

Ek wil nie graag die getuienis wat die onnosel78Sorboniste vandag onbesonne uit die Skrif pluk en die eerste die beste daarvan op ons afskiet, elkeen afsonderlik behandel nie. Sommige daarvan is trouens so  te word nie. Gevolglik sal ek 'n einde hieraan maak wanneer ek 'n verklaring van Christus waaroor hulle verbasend selftevrede is, verduidelik het. Want toe 'n regsgeleerde Hom gevra het wat hy nodig het om salig te word, het Christus hom geantwoord: "As jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie" .79 Nou sê hulle: "Wat meer wil ons hê wanneer ons juis deur die Bron van die genade gebied word om die koninkryk van God te verkry deur die gebooie te onderhou?80 Net asof dit nie duidelik is dat Christus sy antwoorde aangepas het by die mense met wie Hy gesien het dat Hy te doen het nie! Hy word hier deur 'n regsgeleerde oor die manier waarop hy geluksaligheid kon bekom, ondervra. En nie alleen oor die manier nie maar ook deur watter werke mense geluksaligheid kan bekom. Sowel die persoon van die spreker as die vraag self het die Here daartoe gelei om so te antwoord. Die regsgeleerde was bekend met en oortuig van die geregtigheid van die wet en het hom blind gestaar teen syvertroue op sywerke. Voorts het hy slegs gevra na die werke van geregtigheid waardeur die saligheid bekom kon word.

Hy word derhalwe tereg na die wet teruggestuur, waarin daar 'n volmaakte spieël van geregtigheid is.
Ons verkondig ook in klinkklare taal dat die gebooie onderhou moet word as die ewige lewe dan in goeie werke81 gesoek word. En Christene moet hierdie leer ken, want hoe sou hulle hulle toevlug tot Christus kon neem as hulle nie daarmee bekend is dat hulle van die weg van die lewe in die afgrond van die dood ingestort het nie? Hoe sou hulle egter kon begryp hoe ver hulle van die weg van die lewe afgedwaal het as hulle nie eers voorafweet hoedanig die weg is nie? Hulle word derhalwe eers dan geleer dat hulle toevlug ter verkryging van hulle saligheid in Christus is wanneer hulle bemerk hoe groot die verskil is tussen hulle lewe en God se geregtigheid wat in die onderhouding van die wet saamgesnoer word. Kortliks kom dit hierop neer: As ons ons saligheid in werke soek, moet ons die gebooie waardeur ons in die volmaakte geregtigheid onderwys word, onderhou. Maar hier moet ons nie vassteek nie, tensy ons halfpad wil beswyk. Niemand van ons is trouens by magte om die gebooie te onderhou nie. Omdat ons dus van die geregtigheid van die wet uitgesluit is, moet ons ons noodwendig tot 'n ander hulpmiddel wend, naamlik tot die geloof in Christus. Daarom roep die Here hier die regsgeleerde, van wie Hy geweet het dat hy opgeswel was van selfvertroue in sy goeie werke, na die wet terug om daaruit te leer dat hy 'n son daar is wat aan die verskriklike oordeel van die ewige dood blootgestel was. So troos Hy elders diegene wat alreeds sodanige kennis van hulleself opgedoen het, sonder vermelding van die wet met die volgende belofte van genade: "Kom na Myalmal wat vermoeid en belas is en ek sal julle verkwik en julle sal rus vir julIe siele kry". 82

10. 'n Weerlegging van 'n beswaar na aanleiding van Joh. 6:29 dat geloof ook 'n goeie werk is🔗

Nadat hulle deur hulle verdraaiing van die Skrif uitgeput is, verval hulle eindelik in spitsvondige bedrog. Hulle gebruik die drogredenasie dat geloof iewers goeie werk genoem word.83Daaruit lei hulle af dat on geloof verkeerdelik teenoor goeie werke stel.84 Net asof geloof, in soverre dit gehoorsaamheid aan God se wil beteken, op eie verdienste vir ons geregtigheid sou verwerf en nie eerder deur God se barmhartigheid te omhels Christus se geregtigheid, wat deur hierdie barmhartigheid in die verkondiging van die evangelie vir ons aangebied word, in ons harte verseël nie. My lesers sal my verskoon as ek nie my tyd mors deur sulke onsinnighede te weerlê nie. Sonder 'n aanslag van buite af verbrokkel hulle trouens voldoende as gevolg van hulle eie swakheid.

Ek wil nogtans een beswaar wat die indruk van redelikheid skep, in die verbygaan uit die weg ruim om te verhoed dat dit vir sommiges wat nie so ervare is nie, 'n probleem skep. Aangesien gesonde verstand aan ons voorsê dat dieselfde reël vir teenoorgesteldes geld en elke sonde afsonderlik ons tot ongeregtigheid gereken word, verklaar hulle dat dit gepas is dat elke goeie werk afsonderlik ook as geregtigheid geloof moet word. Diegene wat antwoord dat die mens se verdoemenis eintlik enkel uit ongeloof voortkom en nie uit besondere sondes nie,85stel my nie tevrede nie. Ek stem weliswaar met hulle saam dat ongeloof die bron en wortel van alle euwels is.86 Dit is tewens die eerste val van God af, en daarop volg daarna besondere oortredings teen die wet. In soverre hulle klaarblyklik dieselfde beginsel vir goeie en slegte werke neerlê wanneer hulle geregtigheid en ongeregtigheid waardeer - daarin word ek gedwing om van hulle te verskil. "

Geregngheid van die werke is trouens volmaakte gehoorsaamheid aan die wet. Gevolglik kan jy nie deur jou werke regverdig wees nie, tensy jy sonder ophou hierdie reguit lyn jou lewe lank volg. Die eerste keer wanneer jy daarvan afwyk, het jy in ongeregtigheid verval. Hieruit is dit duidelik dat geregtigheid ons nie vanweë een of 'n paar goeie werke te beurt val nie maar as gevolg van die gehoorsaamheld aan God se wil, wat sonder afbuiging of vermoeienis is. Maar die beginsel waarvolgens ongeregtigheid beoordeel word, verskil heeltemal hiervan. Want iemand wat gehoereer of gesteel het, is deur die een enkele oortreding die dood skuldig omdat hy teen God se majesteit gesondig het. Ons  spitsvondige beswaarmakers loop hulle daarom te pletter, omdat hulle nie op Jakobus se verklaring let nie. Hy sê: "Hy wat in een opsig sondig, is aan almal skuldig", want Hywat doodslag verbied het, het ook diefstal verbied, ensovoorts.87 Dit hoort daarom nie ongerymd te lyk wanneer ons verklaar dat die dood die regverdige loon vir elke sonde is nie, want elke sonde afsonderlik verdien die regverdige toorn en wraak van God.
Maar jyredeneer onnosel as jy uit die teenoorgestelde aflei dat die mens vanweë een enkele goeie werk met God versoen kan word, hoewel hyas gevolg van sy menigvuldige sondes God se toorn verdien.

Endnotes🔗

  1. ^ Marg. Matt. 16.d.27. Vgl. oe 45:482 -483. Hierdie inleiding hou verband met die inleidende stellings in înst. 3.14.14 (Afr. vert.3:994). Vgl. ook Inst. 3.16.2 (Afr. vert. 3:1015). Vir die Roomse standpum sien Cochlaeus, Phil. 3.65 fo. N2b: ubi merces tb; merlta - waar daar loon is, is daar verdienste. Vgl. verder De Castro: Quomodo toties auditur praemium, ubi protsus nullum est meritum? - Hoe is dit moontlik dat ons so dikwels die woord loon hoor, terwyl daar hoegenaamd geen verdienste is nie?: Adv. omnes Haereses 9 (1543, fo. 150).
  2. ^ Marg.2. Cor. 5.b.10. Vgl. OC 50:65.
  3. ^ Marg. Rom. 2.a.6. Vgl. ook Rom. 2:7-10 en OC 49:34 - 35.
  4. ^ Marg. Ioban. 5.e.29. Vgl. OC 47:119 e.v.
  5. ^ Marg. Matt. 25.e.34. Vgl. ook Matt. 25:35 - 36 en OC 45:686 - 689.
  6. ^ Marg. Prov. l2.c.14. (Spr. 12:14). Vgl. ook Jes. 3:11 en OC 36:87.
  7. ^ Marg. & 13.c.13. (Spr. 13:13).
  8. ^ Marg. Matth. 5.b.12. Vgl. OC 45:165 - 166.
  9. ^ Marg. Luc. 6.d23.
  10. ^ Marg.2. Cor. 3.b.8 (recte: 1 Kor. 3:8) Vgl. ook OC 49:351 - 352.
  11. ^ Marg. Rom. 2.a.6.
  12. ^ Marg. Ibidem, 8.f30. (Rom. 8:30). Vgl. oe 49:160 - 161.
  13. ^ Marg. Philip. 2.b.12. Vgl. OC 52:30 - 31.
  14. ^ Marg. Iohan. 6.c.27. Vgl. OC 47:139 e.v.
  15. ^ Vgl. Joh. 6:27.
  16. ^ Marg. Philip. 1.a. 6. Vgl. OC 52:9 - 10.
  17. ^ Marg. Ephes. l.d.18. Vgl. OC 51:156.
  18. ^ Fr. 1553: + Marg. Galat. 4.a.7. Vgl. ook Gal. 4:6 en OC 50:227 - 229.
  19. ^ Marg. Galat. 4.d.30. Vgl. OC 50:242.
  20. ^ Marg. Matt. 25.c.34.
  21. ^ Marg. colos. 3.d.24.
  22. ^ Marg. Genes. 1,5.a.5 & 17.a.l (recte: Gen. 15:5);(1539-1554: + Marg. & 18.b.20 (recte: Gen. 18:18).
    Vgl. ook Gen. 17:2 - 6; OC 23:211, 235 - 237, 257 - 258.
  23. ^ Marg. Genes. 22.a.3. Vgl. OC 23:315.
  24. ^ Marg. Ibidem, c.17. Vgl. Gen. 22:16-18 en OC 23:319.
  25. ^ 1539-1554: revelationem. Fr. l'accomplissement et iouissance (Benoit 3:300).
  26. ^ Fr. 1541 e.v.: c'est à bon droit que lefruict des promesses leur est assigné, puts qu'elles sont comme moyens pour nous conduire à la iouissance (Benoit 3:300).
  27. ^ Marg. Colos. 1.a.4. Vgl. ook Kol. 1:5 en OC 52:77 - 80.
  28. ^ Marg. 1. Petri 1.a.5. Vgl. OC 55:211.
  29. ^ Marg. Matt. 20.a.1. Vgl. ook die daaropvolgende verse en OC 45:546 - 549.
  30. ^ Marg. Lib. 1. cap. 3 (recte: 1539-1554:5). Vgl. Pseudo-Ambrosius, De oocatione gentium, 1.17, 18 (MPL 51:669 - 672).
  31. ^ Fr. 1545 e.v.: pour nous faire ses bëritiers (Benoit 3:301).
  32. ^ Vgl. Augustinus, Ep.. 52: Beatitudo nobts non erlt, nistadstt Deus quo fruamur - dit sal nie vir ons geluksaligheid wees nie tensy God daar is, sodat ons Hom kan geniet. Thomas, Summa Theol. 3 suppl. 83.1 e.v. (Marietti 4:991 e.v.).
  33. ^ Marg. Marc. 10.d. 30.
  34. ^ Marg. Matt. 25. d.34.
  35. ^ Marg. Rom. 8.d.18. Vgl. OC 49:151.
  36. ^ Vgl. Rom. 8:23.
  37. ^ Marg. 1. Pet. 1.b.9.
  38. ^ Fr. 1541 e.v.: vueille priser (Benoit 3:301).
  39. ^ Marg. 1. Cor. 15.e.19. Vgl. OC 49:543 - 545.
  40. ^ Vgl. Matt. 5:2; 6:1 e.v. en OC 45:190.
  41. ^ Fr. 1541 e.v.: que nous endurons en terre (Benoit 3:302).
  42. ^ .Marg. Rom. 8.f.30.
  43. ^ Vgl. Thomas, Summa Tbeol. 2,1.114.1 (Marietti 2:591); vgl. ook Marietti se uiteensetting n. 1 Alter divinae gratiae effeetus est meritum, die Art. Facult. Parls. 1543 art. 4 (OC 7:12) en die Konsilie van Trente sess. 6 de iustif.16 (Denzinger, Ench. nr. 809, p. 293 - 294).
  44. ^ Marg. 2. Tim. 4.b.8. Vgl. OC 52:390 - 391.
  45. ^ Marg. Augustin. ad Valent. De gratia & lib. arb. Vgl. Augustinus, De grat. et lib. arb. 6.14; (MPL 44:598,890; CSEL60:502 e.v.). Eek haal ook 2 Tim. 4:8 in sy Ench. 5 fo. 26a aan en Cliehtoveus vra in sy Improbatto quorundam art. M.Lutheri:Quidsunt nis; merita? -wat is werke van geregtigheid anders as verdienste? Vgl. ook 10. Roffensis Fiseher, Con! art. 1; Coehlaeus, Pbilip. 3.10; Faber, Cur noluerit 14 ens. (OS 4:275).
  46. ^ Fr. 1545 e.v.: qu'on le tienne pour un Ange (Benoit 3:303).
  47. ^ Fr. 1545 e.v.: et ainsi en partani de ce monde il sera receu en Paradis (Benoit 3:303).
  48. ^ Fr. 1545 e.v.: d'autant qu 'elle est oiue, et besongne par cbaritê (Benoit 3:303); vgl. Gal. 5:6 en OC 50:246 - 247.
  49. ^ Marg. Habac. 2.a.4.
  50. ^ Marg. Cap. 5. Augustinus, Contra duas ep. Pelag. ad Bonif. 3.5.14 (MPL44:597 - 598; CSEL60,1:503).
  51. ^ Fr.: + c'est à dire en misêricorde, et non pas en iugement (Benoit 3:304).
  52. ^ Marg. Luc. 16.d.9. Vgl. OC 45:404 - 405. Fr. 1541 e.v.: au royaume de Dieu (Benoit 3:304).
  53. ^ Marg. 1. Tim. 6.d.l7. Vgl. ook verse 18 en 19; en Iac. Latomus, De fide et op. 1550 fo. 133a; De Castro, Adversus Haer. 1543 fo. 140 a.
  54. ^ Marg. Matth. 6.c.21. Vgl. OC 45:205.
  55. ^ Matt. 25.d.40. Vgl. OC 45:689 - 690.
  56. ^ Marg. Prov. 19.c.17 (Spr. 19:17).
  57. ^ .Marg. 2. Cor. 9.b.6. Vgl. OC 50:107 - 108.
  58. ^ Marg. 2. Thes. 1.b.5. Vgl. OC 52:142.
  59. ^ Vgl. 2. Thess. 1:6 e.v.
  60. ^ Marg. Heb. 6.b.l0. Vgl. OC 55:74 e.v. en die Konsilie van Trente ses. 6, De iustif.16. (Mansi 33:40 e.v.; Denzinger nr. 809, p. 293 - 294; Schaff, Creeds, 2:107).
  61. ^ Marg. Rom. 8.f29
  62. ^ Marg. Luc. 24.d.26. Vgl. OC 45:806.
  63. ^ Marg. Act. 14.d.22. Vgl. OC 48:331.
  64. ^ Marg. Gala. 6.d.17. Vgl. OC 50:267 -268.
  65. ^ Marg. 1. Cor. 4.c.l0 (recte: 2 Kor. 4:10). Vgl. OC 50:54 - 55.
  66. ^ Marg. Rom. 8.f29 (recte: Fil. 3:10). Vgl. OC 52:50.
  67. ^ Fr. 1541 e.v.: est adioustëe de sainct Paul, assauoir que c 'est chose iuste envers Dieu de donner repos à ceux qui auront travaillé (Benoit 3:305).
  68. ^ Marg. In Psa. 32. 109 et alibi saepe. Vgl. Augustinus, Enar. in Psal. 32 2.1.9 (MPL 36:284); In Psal. 109.1 (MPL 37:1445); In Psal. 83.16 (MPL 37:1068); Serm. 111.5; 158.2; 254.5, 6 (MPL 38:641,863, 1184).
  69. ^  Nos Pharisiens aussi allèguent ces sentences (Benoit 3:306).
  70. ^ Marg. 1. Cor. 13.a.2. Vgl. OC 49:509.
  71. ^ Marg. & d.13 (1 Kor. 13:13).
  72. ^ Marg. Coloss. 3.c.14. Vgl. OC 52:123
  73. ^ Vgl. o.a. Eek, Eneh. 5 D1b; Fiseher, Conf art. 1; De Castro, Adv. Haer. fo. 128b; Lombardus, Sent. 3.23.5 (MPL 192:811), Thomas, Summa Theol. 2,1.66.6; 113.4 (Marietti 2:293, 577).
  74. ^ Vgl. Inst. 3.2.9-13 (Afr. vert. 3:721 - 729).
  75. ^ Vgl. Duns Scotus, In sent. 1 .17.3 - 22 (000 5,2:947 e.v.), Thomas, 2,2.23 - 27 (Marietti 3:126 - 174).
  76. ^ Vgl. Kol. 3:14.
  77. ^ Vgl. Inst. 3.17.15; Duns Scotus, In sent. 1.17.3.22 (000 5,2: 1149 e.v.).
  78. ^ Fr. 1541 e.v.: accariastres (Benolt 3:308).
  79. ^ Marg. Matth. 19.c.17. Vgl. OC 45:537 - 538.
  80. ^ Vgl. Eck, Ench. 5 C7a (Battles 1978:50 e.v.), Cliehtoveus, Improbatio fo. 14a; De Castro, Adv. Haer. fo. 128a; Coehlaeus, Phil. 3.55; Sehatzgeyer, Scrutinium 2 CC5.26); OS 4:280.
  81. ^ Fr. 1541 e.v.: iustice (Benoit 3:308).
  82. ^ Marg. Maft. 11.d.29. Vgl. ook Matt. 11:28 en OC 45:320 - 322.
  83. ^ Marg. Ioban. 6.c.29. Vgl. OC 47:141.
  84. ^ Vgl. Eck, Ench. 5. D1b (Battles 1978:54).
  85. ^ Vgl. Luther se preek oor Markus 16:14 op 29 Mei 1522 (WA 10,3:141 e.v.)
  86. ^ Vgl. Luther se preek oor Markus 8:1 van 19 Julie 1523 (WA 12:637 e.v. asook WA 21:360).
  87. ^ Marg. Iacob. 2.b.l0. Vgl. ook Jak. 2:11 en OC 55:401.