3 bladsye.

Die Geskiedenis van die Kategismuspreek

Frederik die Vrome🔗

Frederik die Vrome🔗

Is dit nie vreemd dat ons hier in Nederland vir die middagpreek nog steeds die Heidelbergse Kategismus gebruik nie? Daar sit egter 'n boeiende stukkie reformasiegeskiedenis daaragter. Heidelberg was in die sestiende eeu die hoofstad van die Paltz, 'n gebied aan die Middel-Rijn. In 1559 het die keurvors Frederik III daar aan bewind gekom en hy staan nie verniet in die geskiedenis bekend as Frederik die Vrome nie. Sy voorganger, Ottheinrich, het die Lutherse reformasie in die Paltz ingevoer, maar Frederik het deur 'n studie van die Heilige Skrif tot die oortuiging gekom dat die gereformeerde godsdiens, veral op die punt van die nagmaal, die egte een was.

Gereformeerde Sentrum🔗

In Heidelberg bestaan daar vanaf die middeleeue al 'n beroemde universiteit. Onder Ottheinrich het die teologiese fakulteit protestants geword in die gees van die Lutherse reformasie. Frederik het dit omgeskakel in 'n gereformeerde fakulteit. Hy laat beroemde teoloë soos Ursinus, Olevianus, Pareiïs, Zanchius en andere na die universiteit kom. Daardeur het Heidelberg 'n sentrum vir die gereformeerde protestantisme geword in 'n oorwegend Lutherse deel van Duitsland.

Vir 'n tyd lank was dit op dieselfde vlak met stede soos Zürich, Straatsburg, Lausanne en Genève. Frederik III het al sy krag ingegooi by die saak van die calvinistiese reformasie in Europa. Hy bewys gasvryheid aan die Nederlanders wat in groot getalle na sy gebied toe stroom. So ontstaan daar in die Paltz bloeiende vlugtelinggemeentes met eie predikante. Die mees bekende is Petrus Datenus, wat vanaf 1562 tot 1566 leiding gee aan die gemeente in Frankental en in 1570 selfs Frederik se hofprediker word.

Godsdienstige Verwarring🔗

Toe Frederik aan bewind kom, het daar groot godsdienstige verwarring in die Paltz geheers. Ottheinrich was Lutheraan, maar daar was ook 'n gereformeerde stroming. Buitendien was nog baie van sy onderdane as Rooms Katolieke opgevoed. Om 'n einde aan die situasie te maak, besluit Frederik om 'n kategismus te laat opstel vir oud en jonk, wat leiding kon gee aan die geestelike en kerklike lewe. In die somer van 1562 benoem hy dus 'n kommissie van hoogleraars en ander geleerdes met die opdrag om so 'n kategismus op te stel. Die belangrikste figure onder hulle was Zacharias Ursinus en Caspar Olevianus. Hulle het internasionale bekendheid verwerf.

Hoogleraars as Opstellers🔗

Ursinus in 1534 in Breslau gebore, en het 'n tydlank in Wittenberg onder Melanchton gestudeer waarna hy na Switserland gaan. In Lausanne en Genève word hy vriende met sy leermeesters Calvyn, Bullinger en later ook Bucer. In 1561 gaan hy na Heidelberg en promoveer daar as doktor in die teologie, en word in 1562 hoogleraar aan die universiteit daar. Olevianus, gebore in 1536 te Trier, het eers regte in Parys gestudeer en gaan oor na die gereformeerde godsdiens. Ook hy studeer by Calvyn en Beza. In 1560 word hy hoogleraar in Heidelberg, maar in 1562 word hy weer 'n gewone predikant. Ursinus het hom opgevolg as hoogleraar.

Kommissie-Opdrag🔗

Die kommissie wat deur Frederik benoem is, het toe hulle werk begin aan die bedoelde kategismus. As basis vir die werk gebruik hulle twee werkstukke. In die eerste plek die Summa Theologiae van Ursinus, ook genoem die Catechismus maior. Ursinus het ook 'n veel korter kategismus die lig laat sien, die Catechismus minor. Olevianus, wat 'n regte verbondsteoloog was, het 'n stuk oor die genadeverbond voorgelê. Dié stukke het die uitgangspunt gevorm. Die kommissie het ook gebruik gemaak van al die bestaande kategismusse uit die gereformeerde kategetiese tradisie. Die belangrikste daarvan is die kategismus van Calvyn, a Lasco, en dié van die Londense vlugtelinggemeente. (Prof. M.A. Goosen het in die vorige eeu by elke Sondagafdeling van die Heidelbergse Kategismus vergelykbare tekste van ander kategismusse saam gegee).

Finale Teks🔗

Uit wie se hand het die finale teks van die kategismus gekom? Dit is een van die interessantste vraagstukke uit die ontstaansgeskiedenis van die Heidelbergse Kategismus. Omdat later stukke verlore gegaan het, bly die antwoord nie duidelik nie. Een ding is egter seker: Ursinus en Olevianus het nie alleen aan die teks gewerk soos ons dit vandag ken nie. In die voorwoord, uit die pen van Frederik III, skryf hy dat die kategismus gemaak is deur die raad en toedoen van die hele teologiese fakulteit in Heidelberg, ook van alle superintendente en voornemende kerkdienaars. Frederik self het ook daaraan meegewerk.

Ursinus

Ter Perse🔗

In twee beslissende stadiums het die boekie tot stand gekom. Dit is in Desember 1562 op 'n vergadering van die kommissie vasgestel. Vervolgens is dit tydens 13 tot 18 Januarie 1563 onder hande geneem deur 'n vergadering van al die superintendente. Tydens die byeenkoms het die aanwesiges op 17 Januarie die heilige nagmaal gevier. Op Dinsdag 19 Januarie het die keurvors die finale ontwerp onderteken. Daarna is dit na die drukker Johannes Mayer gestuur en die kategismus verskyn in druk in die loop van Februarie daardie jaar. Die laaste datering is 15 November 1563 en verskyn saam met die kerkorde van die Paltz. Dié uitgawe word die textus receptus van die Kategismus: die offisiële en gangbare teks.

Hoekom die Opgang?🔗

Hoe het dit dan gebeur dat die boekie veral in Nederland so 'n opgang gemaak het? Al vanaf die byeenkoms van Wezel in 1568 is die Heidelbergse Kategismus as behorende tot die belydenisskrifte van die Nederlandse Gereformeerde Kerk gereken. Die skakelpersoon was die vroeër genoemde Petrus Datenus. Hy het dit al in 1563 in Nederlands vertaal. Maar belangriker nog is dat hy in 1566 opnuut 'n Nederlandse vertaling die lig laat sien, in een boek saam met sy psalmberymings en enkele liturgiese formuliere. Die titel daarvan was: Die psalms van Dawid en ander lofsange, uit die Frans vertaal deur Petrum Dathenum, Heydelberghe, Michiel Chiraet, 1566. Hierdie uitgawe word die aanvaarbare Nederlandse teks.

Middagpreek🔗

Dit was in 1566. In 1571 het die eerste sinode van die Nederlandse Gereformeerde Kerke in Emden bymekaargekom, en bepaal in artikel 5 van die acta van die sinode, dat die Nederlands sprekende gemeentes die Heidelbergse Kategismus behoort te gebruik. Die volgende sinodes het op dieselfde spoor voortgegaan. Datenus se vertaling was goed ingeburger by die Nederlanders in die vlugteling-gemeentes. Hulle het die Kategismus ook saamgeneem in hulle bagasie na hulle bevryde vaderland. Die boek is vanaf die begin vrylik gebruik, nie alleen as leerboek nie, maar ook as basis vir die leerdiens in die middagpreek. Die nasionale sinode van 's-Gravenhage besluit in artikel 61 van haar acta dat die Kategismus in 'n tydperk van een jaar in die middagpreek uitgelê sou word. Die nasionale sinode van Dordrecht (1618-1619) het dit bevestig (art. 68 D.K.O.).

Bullinger, aan wie hy enkele eksemplare in Duits en Latyn stuur. Hy praat in die brief van "ons" Kategismus. In 1961 het 'n boek oor die geskiedenis van die Kategismus verskyn waarin Walter Hollweg die aandeel van Olevianus in die Kategismus probeer verklein, maar dit oortuig nie baie nie.

Uitbreidings🔗

Olevianus se aandeel blyk te meer uit die uitbreiding van die teks, wat in die tweede en derde uitgawe in 1563 aangebring word. In die eerste geval is dit uit wat tans antwoord 36 is, want die nommering is eers later aangebring. By die antwoord word toegevoeg "dat Hy ons Middelaar is". Maar veel belangriker is dat in die tweede druk die later vraag en antwoord 80 (Sondag 30) ingevoeg word: die bekende vraag en antwoord oor die verskil tussen die nagmaal van die Here en die Roomse mis.

Weggelaat🔗

In die genoemde brief van Olevianus aan Calvyn, skryf hy dat in die eerste druk van die Kategismus die verskil tussen die nagmaal en die mis weggelaat is (omissa in Latyn), wat ook vertaal kan word met: oor die hoof gesien. Maar, skryf hy, toe hy die vors daarop attent maak, het Frederik gelas dat die punt toegevoeg moes word in die tweede Duitse druk, en opgeneem word in die eerste Latynse teks.

Roomse mis

Brief aan Calvyn🔗

By 'n oorsig oor die ontstaansgeskiedenis van die Heidelbergse Kategismus val dit dadelik op dat dit ontstaan het in die sfeer van Calvyn se teologie. Beide Ursinus en Olevianus het in Genève gestudeer en was grondige kenners van Calvyn se teologie. Die sterk verbintenis van Olevianus met Calvyn kom uit in 'n brief wat hy op 3 April 1563 aan Calvyn stuur, saam met twee eksemplare van die Latynse teks van die Kategismus. Dit was geskenke aan hom en Beza. Die brief is ook 'n bewys van hoe 'n belangrike rol Olevianus speel in die totstandkoming van die Kategismus.

Vervloekte Afgodery🔗

Daarby het dit egter nie gebly nie. In die derde druk word die antwoord op die vraag oor die nagmaal en mis nog skerper. Terwyl die tweede druk praat van die mis as 'n "afgodiese leuen", word in die derde druk die mis 'n "vervloekte afgodery" genoem. In die Latynse uitgawe lui dit: exseranda idolatria. Dit is nie onmoontlik nie dat die bewoording 'n reaksie was op die vervloeking wat uitgespreek is op die Roomse konsilie van Trent in 1562 wat almal vervloek wat nie konformeer met die Roomse siening van die mis.

Krag🔗

Waarin lê die krag van die boekie, wat ds. Johannes d'Outrein in 1717 die "goue kleinood van die leer van die waarheid" noem? In die eerste plek sekerlik in die Bybelse inhoud. Elke vraag en antwoord verwys na 'n hele aantal plekke in die Skrif. In die tweede plek boei die vraag-en-antwoordspel van die leraar met sy leerlinge, wat hulle soms indringend ondervra.

Heerlike Werk🔗

In die derde plek tref ons 'n baie persoonlike element in die onderwys aan. Die "ek" en "ons" daarin lig die gereformeerde dogma uit tot 'n direkte evangelieverkondiging, wat na vierhonderd jaar nog net so aktueel is. Preek oor die Heidelbergse Kategismus is heerlike werk.