Die Erediens as Gemeenskap / Koinonia
Die Erediens as Gemeenskap / Koinonia
⤒🔗
1. 'n Nuwe verhouding en 'n nuwe gemeenskap←⤒🔗
Die ontmoeting met God en die lewende gesprek en die bemiddeling van Christus se heilsgoedere maak die gemeente bewus van die nuwe verhouding tot God of die herstelde verhouding van die gemeente tot sy Here. Hier onder die gebeure wat in die erediens afspeel, word mense nuut, word die gemeente vernuwe en word hy hom bewus van sy nuwe posisie voor God. Hierdie nuutwording en die belewing van die wonderlike gemeenskap met die Here, het konkrete konsekwensies vir die lewe van die gemeentelede onderling. Hulle word bewus van en belewe 'n nuwe gemeenskap onderling. Daar gebeur iets wat veel meer is as die som totaal van 'n aantal enkelinge wat saam is. Hier staan ons voor die wonder van die nuwe gemeenskap, die koinonia, die nuwe verhouding van die volk van God.
Die nuwe gemeenskap kom veral tot uitdrukking in die erediens. Dit is die kenmerkende karaktertrek en is 'n vreemde verskynsel tussen mense op aarde omdat dit so 'n unieke karakter het.
Hierdie nuwe gemeenskap kom nie slegs tot uitdrukking na die erediens nie, maar in die erediens. Dit is ook nie iets wat slegs by sekere elemente na vore kom nie, maar loop dwarsdeur die hele diens en moet deur elke element tot uitdrukking kom. Ons kan sê die deelname aan Christus in die erediens "die sin van die hele erediens beskrywe" (W. Stählin).
2. Die vertikale en horisontale gemeenskap←⤒🔗
Die heel besondere van hierdie gemeenskap wat in die erediens tot uitdrukking kom, is eerstens veranker in die nuwe verhouding tot God in Christus wat in die erediens tot uitdrukking en belewing kom. Dit is die vertikale gemeenskap. Hiermee hang onafskeidbaar saam die nuwe verhouding tot die medegelowige. Dit is die horisontale gemeenskap. Laasgenoemde vloei uit die eerste en verkry daaruit sy sin en betekenis. In laasgenoemde vind die eerste sy konkrete gestalte. Hierdie twee hang wesentlik saam.
Gemeenskap in hierdie dubbele sin is 'n wesentlike kenmerk van die erediens. Koinonia, soos dit veral in die erediens tot openbaring kom, beteken: "…'n veelheid van mense ontvang of het aandeel aan iets wat groter en omvattender is as hulleself, en hulle staan deur hierdie gemeenskaplike deelhê in verbinding met mekaar" (W. Stählin). Dit is om deel te hê aan "een gemeenschappelijk leven, waarvan de bron in God ligt" (E. Gordon). Koinonia is daarom meer as gemeenskap met mekaar of die kerk as 'n liggaam van persone of die som totaal van die verskillende lede. "The unity of the church is there as a datum before the koinonia. It is objectively there as the common thing in which all belonging to the fellowship participate. But koinonia is only what results fellowship-wise for the actual life of the congregation and the church" (W. Elert).
Ware koinonia is dat in die gemeente, "die rond de Messias is verenigd door de Geest, verschijnt God in deze wereld en verzamelt deze tot een eenheid. Wie de Heilige Geest ontvangt, wordt verbonden aan Christus en door Christus aan God. Maar ook wordt hij verbonden aan Israel … aan de gemeenschap der heiligen… Het is de gemeente waardoor God de wereld zal transformeren, de gemeente verzamelt rond Jezus Kyrios. En de leden van de gemeente belijden dat zij niet alleen iets gemeenschappelijks ontvangen hebben, maar ook van God uit gemeenschappelijk iets voor deze wereld mogen zijn: zijn beeld en gelijkenis" (PA Elderenbosch).
Die vertikale verhouding tot Christus vind sy vervulling in die openheid vir die horisontale dimensie, dus in die openheid vir die node van die hele gemeente en die broeders… Maar al hierdie horisontale lyne waarin die dienste en krag van Christus geskied, kan slegs dan die wese van die agape behou, as dit in die vertikale lyn, dus in die gemeenskap van Christus met die mense wat in die erediens geskenk word, wortel en altyd weer gevoed word (W. Hahn). Die koinonia is ten diepste gemeenskap aan die liggaam van Christus, dat ons self deel word van die gemeente, deel kry aan die liggaam van Christus. Deelname aan die gemeenskap is nie moontlik sonder deel te wees nie, die "participatio" geskied nie sonder die "incorporatio" nie (W. Stählin). Die kerk en die gelowiges moet altyd weer staan in die nuwe gemeenskap met God om te staan in die nuwe gemeenskap onderling; die kerk moet altyd die gemeenskap ontvang om dit te kan uitgee en realiseer. Waar die gemeenskap met Christus dus die kern van die koinonia is, spreek dit vanself dat gemeenskapsgroepe waar dit ontbreek, soos by humanistiese of sosiologiese groepe, 'n hoogs verskraalde gemeenskap oorhou. Dit geld ook van die gemeenskap in vrysinnige "godsdiensoefeninge", wat 'n broederskap is hoofsaaklik uit die mens en tot die mens (P. Bruining).
Die horisontale dimensie van die koinonia in die erediens strek ook verder as die hede en verenig die gelowiges oor die eeue, "…it unites the centuries … When in worship the church emerges as what it is, the whole history of salvation is secretly present from Abel to the parousia" (J.J. von Allmen).
3. 'n Diepe onderlinge eenheid←⤒🔗
Die gemeenskap van die gelowiges, veral in die erediens, moet uitdrukking wees van wat Jesus vir sy volgelinge gebid het in sy "hoëpriesterlike" gebed. "…Ek bid … dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U" en dan voeg Hy by dat hierdie besondere eenheid tot doel het: "dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het" (Johannes 17:21). Dit is 'n eenheid wat gefundeer is in 'n wonderlike eenheid wat Christus alleen kan bewerk en wat sy voorbeeld vind in die eenheid tussen Hom en sy Vader.
Mense van die mees uiteenlopende geaardhede, talente, ouderdom, staanplek in die lewe, en persoonlikhede word omvorm tot 'n ongelooflike eenheid, maar dit is die werk van God. Die gemeenskap van die heiliges is nie die werk van mense of drukgroepe nie, maar die vernuwende werk van God in Christus deur die werking van die Heilige Gees. Waar in die gewone lewe die groot lyne tussen mense loop en hulle in verskillende vlakke en kategorieë van waarde en kwalifikasies indeel, val al hierdie verskille in die erediens weg en word dit 'n nuwe eenheid. "Men are spiritual brothers, children of a common Father, equal before the living God, and equally in need of his grace," sê L.D. Reed tereg. Hierdie eenheid tussen soveel uiteenlopende mense is eintlik 'n vreemde verskynsel: "Maar het is toch een unieke zaak als die hele gemeente, jong en oud, zonder verschil in rang en stand daar bijeen is op zondagmorgen onder het Woord en rond de Tafel. Al die gekke mensen met elkaar, die op zich vaak helemaal niet passen bij elkaar, die qua opvoeding en werksituasie in soms totaal verschillende werelden leven: die zitten daar allemaal bij ekaar op de zondagmorgen vanwegen de Ene Naam" (B.J. Aalbers). Die wonder van hierdie gemeenskap van die heiliges "die zich realiseert in de wederkerige herkenning, waarbij de machtige ontdekking wordt gedaan dat ook andere in dezelfde geschiedenis met God zijn betrokken geraakt. Wij ontmoeten elkaar op eenzelfde weg, vanuit eenzelfde verleden, via een zelfde crisis der Godsontmoeting, naar eenzelfde toekomst van volkomen heil" (C. Graafland).
Om tot geloof te kom, is 'n persoonlike beslissing, maar dit is altyd om saam met al die heiliges te glo. Wie glo, kry deel aan die verlossing in Christus, maar word tegelyk deel van die kerk, die liggaam van Christus, die volk van God. "To belong to Christ is to belong to His people. To be committed to God is to be part of His family. To possess the Holy Spirit is to be linked by the Spirit to all others who are possessed by Him. One of the reasons for corporate worship is to celebrate the family nature of the people of God" (D. English). Erediens is persoonlik, maar ook gemeenskaplik. "Worship, in order to be sincere and authentic, has to be personal and so in a certain degree individual. Yet this personal worship is inherently corporate, because Christian worship cannot be offered without forgiveness through Christ and without union with Christ in his body" (S.M. Gibband).
Die gemeenskap in die erediens verenig; dit bring mense wat op die mees sentrale gebeure in hulle lewe en hulle bestaan een geword het, byeen. Dit bring die gemeenskap wat nie die persoonlike beslissing en belewing en verantwoordelikheid ophef nie, maar dit alles in 'n veel grootser eenheid saamvat. "...the Church opposes whatever divides and separates ... and welcomes and gathers into its bosom all for whom Jesus Christ died, all who in Him are destined for salvation" (J.J. von Allmen). Die eenheid en gemeenskaplikheid kom op die voorgrond en daarom tree die individuele op die agtergrond. Die gemeenskaplike bring ons by 'n nuwe dimensie. "It is through corporate worship that the Christian is liberated from all morbid self-interest and aggressive self-aggrandizement and is received into a holy fellowship that spans all ages, races, nations, and conditions of men, uniting the living and the dead into one 'communion of saints'" (S.F. Brenner). Die aksent moet steeds in die erediens val op die gemeenskaplike, die korporatiewe, die gestaltegewing van die gemeente as die liggaam van Christus, "…maar een zeer speciaal met de arbeid voor en van het volk, dat is hier het volk Gods, de kerk des Here, de gemeente van Jezus Christus, die in Zijn naam vergaderd is" (K. Dijk). "Het samenkomen van de gemeente is de grondvorm van het funktioneren als het lichaam van Christus…" stel J. Firet juis. Die erediens beteken "relating to each other in the presence of God, and relating to God the company of each other" (C. Buchanan). A. Kuyper beklemtoon besonderlik dat dit nie 'n los of vrye byeenkoms is nie, maar 'n vergadering met 'n vaste ledelys en vaste reëls van byeenkoms. Dan sê hy dat by 'n vergadering altyd gedink word aan 'n kollege of korporasie waarvan die lede op 'n rol staan en só dat hulle na vaste reël deur die aangewese bestuur opgeroep kan word om saam te handel, saam te beraadslaag of saam te besluit. Aan die wortel van die gemeenskap met die klem op die korporatiewe lê die verbond van God met die mens.
Juis omdat die erediens hierdie diepe eenheid en gemeenskap tot uitdrukking bring en dat dit saamhang met die verhouding van die gemeente tot sy Here en dit erken en beleef word, is die erediens nie slegs verenigend nie, maar ook skeidend. Dit is nie maar net 'n stuk wêreld nie, maar 'n afgesonderde gemeenskap, 'n gemeenskap wat die stempel van Jesus Christus dra. Veral dan by die sakramente en die nagmaal werk die samekoms en gemeenskap skeidend. Almal wat nie hoort by hierdie besondere gemeenskap nie, voel ontuis en staan dus daarbuite.
4. Die gemeenskap van die heiliges←⤒🔗
Dit hang ten nouste met bogenoemde saam. Die woord gemeenskap, koinonia, word vertaal met communio, gemeenskap, en met congregatio, gemeente. Gemeenskap van die heiliges, communio sanctorum, kan in 'n dubbele sin verstaan word: Eerstens kan dit gesien word as communio aan die sancta, dit is die heilige genademiddele. Die Griekse Ortodokse Kerk verstaan dit as die deelname aan die "hagia", die heilige dinge, dit is die sakramente. In die tweede plek kan dit verstaan word as communio van die sancti, dit is deel aan die geheiligdes deur die werking van hierdie genademiddele. Ons sal dit in hierdie tweede betekenis moet verstaan.
By die begrip gemeenskap van die heiliges, val die klem ook eerstens op wat God in Christus deur sy Gees aan mense doen. Dit is Hy wat mense só aanraak en verander dat hulle 'n nuwe gemeenskap met Hom en met mekaar vorm. Uit en uit is dit die werk van God. Wat hierdie mense dus byeenbring, is nie allerlei menslike oorwegings of werksaamhede nie. "The compelling urgency towards corporate worship arose out of the very nature of Christian faith itself. The grace of the new covenant established by God's redeeming work in Christ was imparted to men ... as very members incorporated in the mystical body of Christ Himself" (M.H. Shepherd, jr.). Die persone wat so in hierdie nuwe gemeenskap ingelyf is, moet nou staan en wandel onder die heerskappy van Christus, en moet leef na sy Woord en wil. Daarom moet hulle die kenmerke vertoon van by Hom te behoort. God is heilig en daarom moet sy volgelinge ook in alles heilig wees — dit is die wekroep wat dwarsdeur die Ou Testament weerklink tot God se volk en wat in die Nuwe Testament met groter krag herhaal word ten opsigte van die nuwe volk van God.
Hoewel 'n swaar klem geplaas word op die roeping tot 'n heilige lewenswandel en dit juis in die erediens tot openbaring moet kom, is die gemeenskap van die heiliges slegs in sy buitelyne sigbaar. Dit is inderdaad 'n heerlike werklikheid, maar 'n werklikheid wat meer geglo as gesien kan word. "In soverre as die Christelike gemeenskap een is wat geglo moet word, wat nie nagewys en sigbaar gemaak kan word nie, maar op grond van die belofte van God aanvaar moet word, is ook die gemeenskap van die Christene onderling in die kerk en gemeente een wat geglo moet word … Slegs wie van die geloofde gemeenskap van die liggaam van Christus wat Hy aan sy gemeente skenk, uitgaan, sal bewus word van die horisontale gemeenskap…" (W. Hahn).
5. Gemeenskap rondom die genademiddele←⤒🔗
Die middele waardeur die Here in sy gemeente die geloof wek, en die gewekte geloof versterk, is die genademiddele. Dit is naamlik die verkondiging van die Woord en die bediening van die sakramente. Juis rondom die regte bediening van die genademiddele groei die gemeenskap. Dit wys weer na die ware oorsprong van die gemeenskap. Ons kan die gemeenskapsbelewing en gemeenskapsherstel veral vind rondom die sakramente. Saam met W.G. Scheeres kan ons stel: "Gemeenschap wordt gebouwd daar waar ontvangen wordt, waar de liefde woont, de Heer zelf, in zijn gemeente. Daar wordt het heil verkregen. En elke vernieuwde gemeenschapsvorm moet geschikt zijn rondom die ontvangende situatie. Anders wordt het vertier of gezelligheid of kringcultus" (A.w., 102). Die verkondiging van die Woord van God verenig die gemeente en bring die ware gemeenskap tot stand. Die uitdrukking van die gemeenskap van die gelowiges kom egter die duidelikste tot uitdrukking waar die hele gemeente die nagmaal vier. Hier mag nie groot verskille of rusies wees wat die gelowiges verdeel nie. Juis hier het die kerk gevoel om die vredeskus te plaas,
6. Gemeenskap deur liefde en diens←⤒🔗
Die gemeenskap is nie slegs 'n ervaring en emosie wat weer spoedig vergaan en waarvan geen spoor oorbly nie. Dit is 'n wonderlike nuwe gemeenskap wat gekenmerk en gestempel word deur die onderlinge liefde.
Jesus het dit reeds as die besondere kenmerk voor die wêreld van die egtheid van die dissipelskap genoem: "'n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het" (Johannes 13:34, 35). Die vraag na die liefde teenoor die broeder bepaal ook of daar egte liefde teenoor God is: "As iemand sê: Ek het God lief — en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?" (1 Johannes 4:20). Onenigheid verbreek die gemeenskap (1 Korintiërs 6:1vv.). In die liefde tot God en tot die medemens word die geloof konkreet.
Die liefde weer vind sy gestalte, kry hande en voete in die diens teenoor mekaar. Die erediens is die gestaltegewing aan die gemeenskap van liefde en diens, en vanuit die erediens gaan die diens in die wêreld uit. Jesus het die volmaakte voorbeeld van liefde wat in die diens uitloop, gestel toe gesê en gedoen het: "net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie" (Matteus 12:28). Hierdie liefde wat konkreet word in die diens moet ook die Christene en hulle byeenkoms karakteriseer: "It is this quality of love in our hearts that authenticates our Christianity before the world, declares its genuineness and sets us apart from people who have never heard of Christ or, having heard of him, have rejected him" (L. Griffith).
Die gelowiges is almal toegerus met 'n hele verskeidenheid van gawes wat die Here deur sy Gees verleen. In die gewone lewe, maar ook in die erediens moet hierdie gawes gebruik word tot heil van mekaar. Elkeen is verskuldig om met die verskeidenheid en veelvormige gawes mekaar te verryk. Deur die versterking en verryking van mekaar deur die veelvormige gawes, word ook die hele gemeente opgebou in sy allerheiligste geloof (Judas v. 20). Die opbouwerk maak die erediens sterk maar dit lei ten slotte weer tot die aanbidding voor Gods troon.
7. Die gemeenskap en die hele gemeente←⤒🔗
Al die verskillende fasette van die gemeenskap in die erediens wys onmiskenbaar heen na die gemeente. Immers dit is die gemeente as gemeente wat aanbid en die gesamentlike aanbidding en dien van die Here bring weer die eis mee dat dit inderdaad die hele gemeente is wat hier voor Gods troon kom aanbid, en die hele gemeente wat beleef dat Hy aan die Here behoort en as 'n liggaam, 'n eenheid, dit doen. Dikwels word vergeet dat dit die gemeente is en dat daar slegs 'n gedeelte van die gemeente teenwoordig is. Dit is verlammend en belemmerend vir die ware gemeenskap en die belewing daarvan. Dikwels word nie gereken daarmee dat die hele gemeente teenwoordig moet wees nie. Baie kerke is sodanig dat die hele gemeente nie byeen kan kom nie. Anders as die gelowiges in hulle woonhuise en werkplekke, leef die gemeente nie in die kerkgebou nie, maar kom slegs om periodiek elke week as 'n reünie van die gelowiges byeen. Die besondere betekenis van die hele gemeente wat op die Sondag byeen is en kerke wat vol is met mense wat hulleself weet as die verenigde liggaam van Christus, het 'n besondere boodskap vir mekaar en vir die wêreld. Tereg wys J.L. Klink in die verband: "Een volle kerk heeft alleen al door de volte werfkracht, ondanks datgene, wat er wel of niet gezegd word. De leegte heeft een zuigkracht, is een aanvechting voor het geloof van die gemeente. Het betekent iets: de gemeente is niet in haar geheel thuisgekomen. Kan de reunie eigenlijk wel doorgaan zonder de anderen, kan er wel feestgevierd worden?... Wij geven toch s' zondags acte de présence voor deze Koning? Er is verband tussen de eer, die Hem gebracht wordt en lege en volle kerkbanken.
"En wat onszelf betref: ieder weet uit ervaring, hoe inspirerend een volle kerkdienst is. Wij voelen ons dan ook anders opgenomen in de gemeenschap dan wanneer wij als individuën eilanden vormen in een grote ruimte (Ter meerdere Ere, 1965, 19). Indien die versamelde gemeente die liggaam van Christus uitdruk, beteken dit 'n verlamming en verminking waar soveel lede sonder rede wegbly. "Separation from the fellowship meant separation from the Body of Christ. Without each one's participation, that Body was dismembered of a necessary limb, and to that extent its unity was broken and its vital force impaired" (M.H. Shepherd jr.).
As ons praat van die eenheid van die gemeente wat so nodig is vir die gemeenskap, spreek dit vanself dat dit ook die kinders insluit. Vandag word so maklik die kinders vir 'n groot deel van die diens uitgeneem en kom hulle op hulle eie byeen. Ook deur die opset van die erediens is die kinders uit die eredienste verdring. Tereg wys F. Mehrtens op ons groot inkonsekwensie ten opsigte van die kind in die erediens: "In de samenkomst van het huisgezin des Heren behoort het kind zijn volwaardige plaats te hebben. Thuis heeft het die plaats tussen zijn ouders en broer en zus, met wie hij aan een tafel de maaltijd gebruikt, waar het zijn deel krijgt uit alle schalen en deelneemt aan alle gesprekken, niet als volwassene maar wel als volwaardig lid van het gezin. Vreemd: wat wij thuis, in het 'afgeleide huisgezin' als vanzelfsprekend onderhouden, dat hebben wij in het oerbeeld van het huisgezin, in de samenkomst van de gemeente des Heren, allengs verwaarloosd. Feitelijk hebben we gezegd: Jij hoort er niet bij, want je bent nog maar een kind."
8. Die krag van die onderlinge gemeenskap←⤒🔗
Die egte en lewende gemeenskap in die erediens, het 'n geweldige krag. Dit beweeg mense na die erediens, dit hou die gemeente vas daarby, dit trek die onverskillige met 'n dringendheid. Juis vandag waar daar so 'n gebrek aan gemeenskap tussen mense is, moet die erediens juis hierdie gawe van die Here met alles tot ons beskikking beoefen. Die mense wat so maklik praat dat die erediens koud is en dat dit vervelig is en dat daar geen krag van uitgaan nie, moet weerlê word deur die groot krag wat die Here gelê het in hierdie onderlinge gemeenskap. Dit is 'n bekende feit dat hoe groter die gemeente en hoe groter die kerkgebou, hoe minder is die egte gemeenskap en hoe minder kan dit deurwerk na die enkeling in die gemeenskap.