Christus se Ware Menslike Natuur
Christus se Ware Menslike Natuur
ʼn Kostelike waarheid oor ons Here is dat Hy in alle opsigte soos ons is, maar sonder sonde (Heb. 4:15). Dat Hy soos ons is, beteken dat Hy, benewens sy goddelike natuur ook ons menslike natuur besit. Hy is God én mens in een persoon.
Daar is ʼn aantal belangrike waarhede wat ons beklemtoon wanneer ons oor Christus praat, maar in besonder die volgende vyf. Hy het ʼnware, volkome, sondelose en swak menslike natuur en sy menslike natuur is sentraal in die lyn van die verbond.
Elkeen van dié waarhede is van die grootste moontlike belang vir ons verlossing.
Dat Christus ʼn ware menslike natuur besit, moet beklemtoon word teenoor die leer van sommiges in die vroeë kerk en van sommige hedendaagse kultusse, dat Christus net maar in die gedaante van ʼn mens verskyn het, maar nie, soos ons, ʼn ware menslike liggaam van vlees en bloed en ʼn ware menslike siel besit nie. Sy mensheid, so word gesê, was net ʼn verskyning — iets soos die verskyning van ʼn engel in die gedaante van ʼn mens.
Die Bybel leer die werklikheid van die menslike natuur van Christus deur te As Christus nie ʼn ware menslike natuur het nie, is ons verlossing ewenwel nie ʼn ware verlossing nie. As sy menslike natuur net ʼn verskyning was, dan was sy lyding en dood, en ons verlossing, dit ook. Die werklikheid van ons verlossing hang van die menslike natuur van Christus af. Hebreërs 2: 14 en 15 sê: “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword’, en dan toon die vers waarom dit vir ons verlossing nodig is, deur by te voeg “sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel — en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was”.
Die Bybel leer die werklikheid van die menslike natuur van Christus deur te beklemtoon dat hy in alle opsigte soos ons was, selfs versoek is (Heb. 4:15) en op baie ander wyses. Die werklikheid van sy menslike natuur word geleer in die al die Skrifgedeeltes wat daaroor handel dat Hy gebore is, groot geword het, geleer het, gehoorsaam was, geëet en gedrink het, moeg geword het, geween het, gely het en gesterf het. Dit sê aan ons dat Hy werklik ʼn mens was, in alle opsigte soos ons. Met twyfel oor die werklikheid van sy smart in Getsémané, sy pyn oor Petrus se verloëning en oor Judas se verraad, en sy sielsverlatenheid aan die kruis, word nie net ons Here se trou betwyfel nie, maar ook ons verlossing deur sy lyding.
Christus is dus been van ons bene en vlees van ons vlees (Ef. 5:30), in staat om ons voor God te verteenwoordig en sy lewe as offer vir ons sonde af te lê. Hy is mens om vir die mens se sonde te betaal en ons deur Homself tot God te bring.