Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 23 ‘n Weerlegging van die valse beskuldigings waarmee hierdie leer van die uitverkiesing altyd ten onregte belas is

Uitverkiesing en verwerping is albei die wil van God en kan nie sonder mekaar bestaan nie. In Sy predestinasie kom Sy genade en geregtigheid na vore – dit is ‘n billike oordeel oor sondige mense. Ons mag nie God se wil ondersoek of Hom van partydigheid beskuldig nie; Hy is regverdig – ook teenoor die verworpenes.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 22 ‘n Bevestiging van hierdie leervan die uitverkiesing aan die hand van Skrifgetuienis

God se uitverkiesing van mense is deel van sy soewereine raadsplan van ewigheid af, en berus nie op grond van Sy voorkennis van persoonlike verdienste of lidmaatskap van ‘n sekere groep mense of ‘n volk nie. Christus self het uitsprake hieroor gemaak. Dat God almal nooi maar weinig uitverkies, is nie strydig met sy aard nie. Net soos die uitverkiesing, berus die verwerping ook op God se wil.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 3 Hoofstuk 7 ‘n Samevatting van ‘n Christelike lewe; selfverloëning

Omdat ons nie aan onsself behoort nie maar aan God, moet ons lewenswyse dit weerspieël. Dit behels ‘n afsterwing van die wêreld en selfverloëning. Die Christen moet God se wil doen, sy vertroue op God alleen stel, hom aan Sy wil onderwerp en sy lewe in God se hande oorgee. Dit het die regte gesindheid van ware liefde teenoor die naaste tot gevolg.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 2 Hoofstuk 7 Die Wet is gegee nie om die volk van ouds daaraan te hou nie maar om die hoop op saligheid in Christus tot Sy koms te voed

Calvyn verstaan onder die woord wet nie slegs die tien gebooie nie, maar ook die vorm van godsdiens wat God aan Moses gegee het. Die sedewet sowel as die seremoniële wet is gegee met die oog op Christus se koms. Hy is die voleinding van die wet tot saligheid vir elkeen wat glo.

Dit is onmoontlik om die wet volkome na te kom. Slegs omdat God ons uit genade, sonder inagneming van ons werke aangryp, het die beloftes van die wet nog waarde.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 18 God gebruik die werk van die goddeloses en Hy wend hulle gemoedere op so ‘n wyse tot uitvoering van Sy oordele aan dat Hy self van elke smet rein bly

In God se voorsienigheid is daar nie ‘n verskil tussen wat Hy wil en wat Hy toelaat nie. Daar is egter wel ‘n verskil tussen God se wil en God se gebooie. Maar wat mense en Satan ook al bedink en doen – hul kan niks anders doen as wat God se raad reeds besluit het nie; hul kan slegs God gehoorsaam wees. Die skrif toon duidelik dat God se wil enkel- en eenvoudig is en dat God nie die oorsaak van die sonde is nie.

Institusie van die Christelike Godsdiens (1559) - Boek 1 Hoofstuk 17 Die rigting en doel waarop ons hierdie leer moet rig om vir ons tot nut te wees

God se voorsienigheid geld vir die hede, die verlede en die toekoms en moet deur ons met vrees en eerbied ondersoek word. Dit is egter geen verontskuldiging vir ons oortredinge nie, en sluit nie uit dat ons moet nadink oor en voorsiening maak vir die toekoms nie. God se wil is in Sy Woord geopenbaar en daarom moet ons in alle sake ons oë nét daarop rig. God se voorsienigheid vir die gelowiges is baie duidelik.