Die Roomse Kerk se leer in verband met die bieg en boetedoening berus op ‘n verkeerde vertolking van die Skrif. Volgens die Skrif is daar net een manier waarop sondes bely en kwytgeskeld kan word, naamlik by die Here. Dit kan in die openbaar of in privaat vir algemene of persoonlike sondes wees.