Gereformeerde Onderwys Enkele Aanwysers
Gereformeerde Onderwys Enkele Aanwysers
Hier volg ʼn aantal aanwysers vir wat as gereformeerde onderwys gesien kan word. Die lys kan baie langer wees.
Aspekte van Gereformeerde Onderwys is…⤒🔗
-
Roeping — roepingsgedrewe, nie prestasiegedrewe nie
-
Liefde — liefde vir God, sy Woord en gebooie, nie vir menslike instellings nie
-
Bou — gerig op die opbou en uitbou van die Christelike/reformatoriese/gereformeerde waardestelsel, lewens- en wêreldbeskouing
-
Dankbaar — dankbaar vir Christus se verlossingswerk sodat ons daadkragtig uit sy opstanding, genade en beloftes mag lewe in die wete dat die Heilige Gees ons daarin bystaan
-
Geleenthede — ook dankbaar vir die geleenthede wat God gee om ouers te help om hul doopbelofte na te kom
-
Kweek — gerig op die kweek van brandende harte, ontplooiing van kinders se talente, alles in diens van die God met Wie ons in ʼn verbond lewe
-
Dissipline — gedissiplineerd uit liefde, nie uit dwang nie
-
Christus — gerig op Christus en sy bevele, nie op Satan en die goddelose wêreld nie; in die wêreld, nie van die wêreld nie
-
Gehoorsaam — gehoorsaam aan die owerhede, maar nie as hulle ongehoorsaamheid aan God afdwing nie
-
Toerusting — daarop gerig om leerlinge vir elke goeie werk toe te rus
-
In U lig — om alle vakke in die lig van God se skepping en Woord te onderwys
-
Bou/ bewaar — gedrewe om God se skepping te onderhou en te ontplooi
-
Selfkrities — selfkrities deur altyd te kyk of God se wil wel gevolg word, ook met aspekte soos onderlinge liefde en onderwysstandaarde
-
Bewapen — verplig om leerlinge die vermoë te leer om die goddeloosheid van die wêreld raak te sien en hulle daarteen te wapen
-
Personeel — dankbaar vir die personeel wat die Here aan die skool gee om in hul daaglikse werk en lewe uit te leef waarvoor die skool staan
-
Voorbeeld — ʼn voorbeeld en getuienis vir gereformeerde onderwys in die land
-
Samewerking — om saam met ander skole gereformeerde onderwys uit te bou
-
Oproep — om almal wat die Here wil dien, op te roep om saam met ons gereformeerde onderwys vir ons kinders te soek