Bron: De Reformatie. 4 bladsye.

Glo en Sien: Oor die Bybelse Film

Ben Hur

In die najaar van 1994 het die TV in Nederland drie speelfilms uitgesaai, twee waarin die lewe van die aartsvader Abraham en een waarin Jakob sentraal staan. Aan die einde van 1995 is dit herhaal en is ook ’n tweedelige film oor Josef vertoon. Dit was die begin van die speelfilm-siklus “De Bijbel” wat 21 films oor verhale uit die Ou Testament bevat. In vyf jaar se tyd sal die hele siklus op die skerm van Nederlanders se voorkamer-televisie kom. “Ons moet ‘De Bijbel’ in feite as ’n nuwe bybelvertaling sien”, het die Nederlandse Dagblad van 4 November 1994 uit die mond van die TV-stasie vermeld.

By baie Christelike boekwinkels kan u ’n ander reeks godsdienstige films koop. Dit is ouer speelfilms soos oor die Tien Gebooie, Simson en Delila, Ben Hur, en andere.

Die etiek🔗

Is die kyk na sulke films ’n vorm van Bybelstudie? Hoe moet u met u kinders daaroor praat? Of is dit verkeerd, as akteurs en aktrises (van wie ons nie eers weet of hulle in die Woord wat hulle vertolk, glo nie) die heilsgeskiedenis speel? In hierdie artikel wil ek probeer om van die films eties te beoordeel.

Ons, en ons kinders nog meer, lewe in ’n kultuur wat deur die beeldskerm beheers word. Ons sien talle films, waar vroeër meer boeke gelees is. Waar die verbeeldingskrag van die mens vroeër via die gesproke woord geprikkel is, word dit nou deur die bewegende beeld van die film gedoen. Die kerk bly die gesproke woord (die preek) gebruik en het die medium “televisie” nie in die verkondiging betrek nie. As die Bybel en die beeldbuis nou mekaar in die vorm van ’n religieuse film ontmoet, is dit ’n mooi geleentheid tot besinning.

Ons moet onthou dat “geloof” wel deeglik met “sien” te make het. Die vertelling in en die vertelling van die Bybel roep die werklikheid tot lewe. Ware verhale kom vertellend tot lewe. Dit is ’n skeppingsgawe. Buitendien verlaat die Heilige Gees nie die geïnspireerde Woord nie. Geen mens kan na die verhale luister sonder om hulle vir jouself te visualiseer nie. Maar mag die interne proses ook deur die filmmedium uitgedruk word? En mag die verfilming van die Bybelse verhaal nou ook verkondigend gebruik word?

Bybelse toneel🔗

J. Douma dui in sy boek “Christelijke levenssstijl” kortliks die tipe film aan. Hy doen dit in die hoofstuk oor ontspanning waar hy praat oor TV, bioskoop en toneel. Gereformeerde mense het deurgaans min tyd om hierdie soorte kultuuruitinge te besoek. Daar kom immers nie baie christlike kultuur op die vlak van teater- en film-produksie tot stand nie. Dit is beperk (en dan nog baie beperk) tot beeldende en musiekkuns, prosa en poësie. Teater met ’n christelike strekking is in ons wêreld beperk tot toneelstukke en musiekblyspele met ’n historiese verhaal, opgevoer deur die jeug van die skole.

simson

Met Bybelse toneel word stukke bedoel wat een van die verhale van die Bybel uitbeeld. Douma noem uit die tyd van die Hervorming die stuk oor die offer van Abraham, geskryf deur T. Theodorus Beza. Later het Joost van den Vondel sy “Jozef in Dothan” geskryf. Uit ons tyd noem Douma die musikale teaterproduksie van Adrian Snell: “The Passion”. Hy skryf: “Ik acht het niet uitgesloten dat er christenen zijn die verantwoord bybels drama kunnen bieden, dat niet alleen te lezen, maar ook te spelen valt” (p.161). Dit is baie versigtig geformuleer. Hy noem die godsdienstige film net in ’n voetnota. Dit is taamlik onbekende terrein vir ons.

Ook op ’n ander kunsvlak is Bybelverhale of temas die uitvloeisel van produkte wat elkeen sy eie waarde het. Dink aan die skilderye van Rembrandt, aan die “Passie” in die musiek, aan die romans (soos “De grote verwachting” van Rudolf van Reest, of “De tempelbouers” van H. Westerink). Die wêreld is aan ons bekend. Die van die film (en teater, laat staan nog van choreografie en dans en Christelike moontlikhede daarin) is veel minder bekend. Ons ken geen Christene wat ’n indrukwekkende stempel daarop geplaas het nie.

Verfilming van die Bybel🔗

In 1961 het ’n baie informatiewe boek van A. Dronkers, “De religieuze film, Een terreinverkenning” verskyn. Dit is ’n breë etiese studie van die onderwerp, geskryf met ’n (vir die teoloog) verbluffende kennis van sake van die filmwêreld. ’n Interessante gegewe is dat in 1895 die eerste (stil) film in die wêreld gemaak is, en in 1897 al die eerste verfilming van Jesus se lewe! U sien, die nuwe medium, film, is byna ’n eeu gelede direk op Bybelse temas gerig. Sedertdien is daar baie honderde dergelike films geproduseer.

Dronkers onderskei ’n aantal soorte godsdienstige films. Ek beperk my, gesien my belangstelling, tot die kategorie van Bybelse films en wat hy noem “spektakulêre Bybelse show-films”. Ek gaan films soos “Quo Vadis” verby (oor Petrus en die verwoesting van Rome, volgens die boek met dieselfde naam), “Ben Hur” (na die boek van Lew Wallace) en “The Rose” (van Lloyd C. Douglas). Hierdie indrukwekkende films (die moeite werd!) het hulle uitgangspunt in ’n fiktiewe verhaal wat in die tyd van die Nuwe Testament afspeel en waarin die hoofpersone net in aanraking met die Here Jesus of sy apostels kom. In sulke fiksie word ’n randfiguur uit die Bybel ingekleur en tot hoofkarakter gemaak. Die uitbeelding van die Bybel is hierin minder ’n probleem, behalwe by tonele van die kruisiging.

Daar spreek al ’n oordeel uit die feit dat Dronkers ’n kategorie “skouspelagtige bybelse show-films” invoer. Daarin lê ’n skerp veroordeling van films soos “The Ten Commandments”, “Samson and Delilha” opgesluit. Kenmerkend is: massaregie (baie figurante, byvoorbeeld in die slawewerk aan die bouwerke van Farao) stoer figure (die geweldenaar Simson wat klipblokke kap en optel) en goedkoop truuks om wondere weer te gee. Oor die uitbeelding van die ontmoeting van God met Moses skryf Dronkers: “De ontzagwekkende majesteit van God die zich in een brandende braam-struik aan Mozes onthult, word in deze film verkarikaturiseerd tot een stukje bengaals vuurwerk” (p.155). Ook die skryf van die kliptafels deur God self word met ’n geheimsinnige, weerligagtige vuur uitgebeeld wat nie imponeer nie. Die verderfengel, wat die eersgeborenes van Egipte doodmaak, is ’n gifgroen golf wat deur die strate vloei. Dié soort films is van geringer gehalte, uit ’n gelowige oogpunt, as die films wat die NCRV, beeldsaai.

Ter beoordeling🔗

Is die uitbeelding van Bybelse verhale en persone op sigself geoorloof? Ek meen wel. Daar is geen prinsipiële verskil tussen aan die een kant die stem waarmee ons God se Woord lees en, sprekend of singend, lewe daaraan gee en aan die ander kant die “beweging en mimiek” wat in die drama bygevoeg word nie. Douma meen dat die uitbeelding van die Bybel ook Jesus se “uitspreek van die Bergpredikasie” mag omvat. Hy trek die grens by die lyding en sterwe van die Heiland. “Men kan op het toneel het sterven van Jezus aanduiden door ernaar te verwijzen, men kan het nie spelen”. Ek sou die volgende elemente wil onderskei om tot 'n beoordeling van elke afsonderlike film te kan kom. Ons moet let op:

  1. Die Bybelgetrouheid
  2. Die wyse van uitbeelding van die goddelike
  3. Die estetiese kwaliteit
  4. Die doel waarmee ’n mens na die film kyk.

Om die bespreking nie te tegnies te maak nie, gee ek eers ’n indruk van twee van die deur die NCRV vertoonde films.

Abraham🔗

Abraham🔗

Die twee films oor die lewe van Abraham handel oor Génesis 12-13 en 14-22. Die tog van Ur van die Galdeërs na Kanaän is êrens in die woestyn van Marokko verfilm. Die band tussen die twee dele word gevorm deur die uiteengaan van Abraham en Lot, terwyl laasgenoemde by Sodom gaan woon. Hoewel baie gegewens uit die Bybel uitgebrei word om gesprekke en gebeurtenisse die nodige samehang te verleen, is die Bybelverhaal baie getrou weergegee. Dit was vir my mooi hoe Abraham met God kommunikeer deur Hom te soek en aan te roep.

Maar hoe is die stem van God wat praat, weergegewe? Helaas is dit minder geslaagd: ’n hees, fluisterende mannestem. Dit het geen indruk op my gemaak nie. Wat wel pragtig is, is die reël: die HERE is die God wat spreek, wat Hom so as waar bewys. Wat so geloof en gehoorsaamheid vra.

As Abraham aan sy vader Tera en broer Nahor moet duidelik maak waarom sy onbekende God meer is as die tradisionele gode wat hulle in beelde vereer, sê hy: “He spoke to me above the silence of all other gods”. God het tot my gespreek, bo die stilte van al die ander gode uit (van wie hy ’n beklemmende stilte ervaar het). Natuurlik is die laaste gegewens fiksie, maar dit beklemtoon mooi die werklikheid van God se spreke.

Jakob🔗

Hierdie film begin met Génesis 25:27, die verskillende karakters van die tweeling, Jakob en Esau, kom uit in hulle groei na volwassenheid. Die film eindig met Génesis 33, na Jakob se versoening met Esau en sy aankoms in die beloofde land. Isak kom net as ’n ou man (en in die Abraham film as die lang verwagte seuntjie) voor. Die stryd tussen die twee broers kom pragtig uit waarby God se verkiesing (deur die verskyning van Rebekka) verstrik raak in Rebekka se voorkeur en Jakob se bedrog. Pragtig ook hoe Jakob, toe Laban se bedrog met Lea aan die lig kom, daarin aan sy eie bedrog herinner is. Ek het wel moeite gehad met Jakob se fiktiewe verklaring van sy verlange na die land wat God aan sy vader beloof het: “I worked all these years, only to make myself worthy of it”: “Ek het al die jare gewerk net om dit te verdien”. Dit klink te veel na: die een diens is die ander diens werd.

In hierdie film kom bonatuurlike gebeurtenisse voor. In Jakob se droom te Bethel is die leer uit die hemel ’n klip trap, soos dit in dié tyd by elke tempel voorgekom het. Die trap is omgewe met lig en rook, maar daar word geen poging aangewend om die engele sigbaar te maak nie. Om iets goddeliks of geesteliks te suggereer, maar wat nie uitgebeeld word nie, word ’n “elleptiesie aanduiding” genoem.

Dit is daar, juis deurdat dit weggelaat word! Die “Engel van die HERE” is steeds as ’n gewone man, in ligte klere geklee, te sien. Dit is volgens my reg so. Maar in Jakob se geveg in Pniël word die Engel juis nie getoon nie! ’n Mens merk dat Jakob 'n geweldige pak slae kry, jy hoor sy heupgewrig kraak. Nee, jy wéét: dit is sy heup. Jy weet: hy veg met God. Juis die nié sien nie maak so ’n oomblik geslaagd.

Ragel en Lea🔗

Die tweede gebod🔗

Maar kom die Tweede Gebod nie hier ter sprake nie? Waarom aandag aan die Bybelse film gee as die kategismus duidelike taal praat? Ons moet immers tog nie wyser as God wil wees, wat sy gelowiges nie deur stom beelde, maar deur die lewende verkondiging van sy Woord wil laat onderwys!

Goed, die skrywers het nie ’n “stil” film in gedagte gehad nie. Maar is bewegende en pratende beelde wel geoorloof? Ons stel die (mondelinge) verkondiging teenoor elke “beeld”.

Die HERE God het sy volk baie nadruklik verbied om beelde van Hom te maak: want beelde is pogings om Hom sigbaar en daardeur hanteerbaar te maak. In plaas van die geloof in die “Onsienlike” kom die vashou aan die tasbare. Ook in die film moet ons hierdie grens trek: om God af te beeld kan nie en mag nie aangedurf word nie. Die afbeelding van mense uit die heilsgeskiedenis is nie die probleem nie. “God kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie. Die skepsels wel”, sê ons in Sondag 35.

Wil films God se openbaring verkondig? As dit die pretensie sou wees, dan faal die medium. Geen mens kan die Woord so verbeeldingryk visueel uitdruk dat dit gelykwaardig is aan die seggingskrag nie. Myns insiens is dit goed moontlik dat die Bybelse speelfilm ’n poging tot vertelling en illustrasie is. En geen sentimeter selluloïede verder nie. Maar as ons die beperking duidelik onder woorde bring, kan dit goed wees om die lewe en egtheid van die Bybelse verhaal na vore te bring. So is hierdie soort film bruikbaar.